Die Pos 2 Augustus 2013

Page 4

Bladsy 4

DIE POS/THE POST

diepos.linmedia.co.za / www.diepos.co.za

2 Augustus, 2013

Vernielde diere word uitgesit A B

Ingehok en honger. Altesame nege honde is in die Bela-Bela-polisiekantoor se voertuigagterplaas aangehou nadat vermeende wilddiewe hulle glo gebruik het om onwettig wild te jag.

Die temafoto-afdeling van die Warmbad Fotografieklub se Meiklubbyeenkoms is deur Hennie Ludik met die foto “Zebula-lugskou” gewen. Die Warmbad Fotografieklub vergader elke eerste Dinsdag van die maand by die AP-kerksaal op Bela-Bela.

Andries van der Heyde

C

Stukkend, honger en dors. Só het een van die nege honde gelyk wat glo deur agt vermeende wilddiewe gebruik is om onwettig wild te jag by Swala Lodge op die Springbokvlakte.

Die polisie se veediefstaleenheid op Modimolle het op Woensdag, 24 Julie, agt vermeende onwettige jagters by Swala Lodge op die Springbokvlakte aangekeer. Die mans het glo nege honde gehad wat hulle gebruik het om wild onwettig te jag. Die Bela-Bela-polisie het die mans in aanhouding geplaas en die honde toegesluit in die polisie se voertuig-agterplaas. Die honde was volgens die polisie net vel en been en baie getraumatiseerd. Die meeste van hulle het beserings op hul lywe gehad, wat hulle vermoedelik opgedoen het tydens die jagtog. Die polisie het gesê die mans het

die honde uitgehonger om hulle aan te hits vir die jagtogte. Bela-Bela Superspar het hondekos verskaf aan die polisie om die honde te voer. Die sak hondekos het nie lank gehou nie, omdat die diere so ongelooflik honger was. Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) se tak op Mokopane het die honde die volgende aand kom haal en gesê die honde moet ongelukkig uitgesit word weens die feit dat hulle swak is en moontlik nie sal oorleef nie. Die DBV het die polisie aangeraai om die agt mans in aanhouding aan te kla van dieremishandeling ook. Ao. Rassie Erasmus, wat die ondersoek gelei het, het aan Die Pos gesê die mans het op Vrydag, 26 Julie, vlugtig in die Bela-Bela-streekhof verskyn op aanklagte van betreding met die doel om wild te steel. Die saak is uitgestel tot Donderdag, 1 Augustus, wan-neer die mans se borgaansoek voortgaan.

As jy nooit hoop nie, sal jy nooit ontdek wat anderkant jou hoop lê nie. — Clemens van Alexandrië By all means marry. If you get a good wife, you’ll be happy. If you get a bad one, you’ll become a philosopher. — Socrates

Meubelvervoer in Naboom 071 889 6206


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.