Die Pos 27 Maart 2013

Page 15

diepos.linmedia.co.za

DIE POS/THE POST

28 Maart, 2013

Plaaslike skrywer wen prys A

Modimolle se skrywer, Anna Penzhorn (Anni Niewenhuis). Inlas: Tango, wat ’n gesamentlike eerste plek in Malan Media se Donker Sjokolade-liefdesverhaalwedstryd gewen het. Denise van Bergen Modimolle spog met een van die beste liefdesverhaal-skrywers in die land. Anni Niewenhuis, wat onder die skuilnaam Anna Penzhorn skryf, is einde verlede jaar as gesamentlike wenner aangewys in Malan Media se Donker Sjokolade-liefdesverhaalwedstryd vir haar boek Tango. Sy het op uitnodiging deelgeneem aan die wedstryd. Sy het ook al twee Lapa-liefdesromantoekennings (in 2001 en 2004) ontvang. In 2008 het sy ’n liefdesverhaal genaamd Vlindersoene geskryf,

wat heel toevallig verband hou met die onlangse herontdekte vlinderspesie, Lepidochrysops hypopoli wat mense geglo het in die 1980’s uitgesterf. Vlindersoene handel oor ’n man wat hierdie spesie probeer herontdek. ’n Uittreksel uit die boek lui: “Hy vertel met ’n seker stem van ’n vlinderspesie wat in Suid-Afrika uitgesterf het. Dis hierdie spesie wat hy wou herontdek. Maar pleks daarvan ontdek hy toe ’n nuwe spesie wat verwant is aan die rare, uitgestorwe Lepidochrysops hypopolia. Hierdie nuwe spesie se populêre naam, het hy besluit, is Simoné.” “Ek kon dit nie glo toe ek die artikel oor die vlinders in die koe-

rant lees nie,” sê Niewenhuis toe Die Pos haar vra wat haar reaksie daarop was. Sy moes die artikel blykbaar ’n paar keer oor lees, net om seker te maak sy verbeel haar nie. “Die toeval was net te groot,” sê sy. Niewenhuis is ’n gebore Vrystater, maar woon al vir ongeveer 14 jaar op Modimolle. As jongste kind het sy baie gelees as ontvlugting. Vandag bied sy vir haar lesers dieselfde kans op ontvlugting deur haar boeke. Haar eerste boek, Waar die Kiewiet roep is in 1977 uitgegee. “’n Skrywer moet ’n passie hê vir mense met gebreke, humor en deugde,” sê sy. ’n Goeie storielyn is volgens haar nie genoeg nie. Die sensuele onderstroming moet ’n leser ná die lees van ’n boek bybly. Haar nuutste liefdesverhaal, Fees van versoening, het vroeër vanjaar verskyn, met Malan Media as uitgewer. Dit is haar 36ste boek. Die verhaal handel oor ’n joernalis by ’n glanstydskrif wat opdrag ontvang om ’n onderhoud met ’n man te voer wie se familie in ’n jarelange vete betrokke is met hare. Hulle raak verlief op mekaar, maar sy besef dat sy sal moet kies tussen hom en haar familie, aangesien hulle gekant is teen die verhouding, en met rede. Die storie vertel van ’n meisie wat nie die verlede van ander afgeskud kan kry nie, wat leer om die onregverdigheid daarvan te aanvaar en te bly hoop, en om aan die liefde vas te hou. Dit speel af in ’n 100 jaar oue kasteel, maar die geslagte wat daar gebly het en steeds bly, is die belangrikste bestanddeel. Die storie fokus op die verwikkelde gevolge van familiegeheime en hoe ons dikwels die mense naaste aan ons die swakste ken. Niewenhuis se boeke is beskikbaar by CNA, Exclusive Books, Graffiti en Kalahari.com(.) Een gelukkige leser van Die Pos het die geleentheid om Fees van versoening te wen. Al wat lesers moet doen om in aanmerking te kom vir die prys, is om hul volle naam en van, asook die dorp waar hul woon, voor Donderdag, 28 Maart, om vieruur te SMS na tel. 083 654 5820.

Bladsy 15

Interkerklike Paasoptog

B

Bela-Bela se groot interkerklike Paasoptog vind môre (Vrydag, 29 Maart) plaas. Musiek en lofprysing sal vanaf 08:50 by Forever Resorts se feesterrein in Groblerstraat plaasvind, waarna die optog om 09:30 sal begin en tot ongeveer 11:30 sal duur. Die tema vir vanjaar se optog is “Jesus het oorwin”. Vir enige navrae, bel Elma van den Berg by tel. 082 928 5327 of tel. (014) 736-3440.

PADONGELUKFONDSEISE Is u ernstig beseer in ’n motorongeluk? Is u geliefde/ broodwinner dood?

Adele Marais:

083 233 9454


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.