Bladsy 22
DIE POS/THE POST 27 September, 2013
MATRIEKAFSKEID / MATRIC FAREWELL
diepos.linmedia.co.za / www.diepos.co.za
Nylie-matrieks op die rooi tapyt Die Nylies se matriekgroep is hierdie jaar op ’n eksotiese bootrit weggevoer. Herman Steyn was die amptelike fotograaf by dié geleentheid en het dié groep se aankoms op die rooi tapyt op kamera vasgevang.
Die skeepsbemanning kon nie hierdie veteraanmotor van Tiaan Bestbier en Chantelle Jansen van Vuuren aan boord van die skip gestoot kry nie, derhalwe het hulle hom maar na die droogdokke geneem.
B
Danie van der Walt en Chantelle van der Walt.
D
C
A
Gerhard Cronje en Angelique Bonnette
E
Armand Hoffmann en Caro Nezar.
G Hoërskool Nylstroom se matriekafskeid het op Donderdag, 19 September, plaasgevind en die matrieks was behoorlik uitgevat vir die okkasie. Op die foto voor staan Monique Dippenaar, Suandri Kotze en Kadedja Potgieter. Agter staan Marise Diamond, Karlie van den Berg, Nicole van der Klashorst, Elzet Pienaar, Jessica Reichel en Heinre Vermaak — elkeen in hul unieke pragrokke. Foto: Denise van Bergen
Die Nylies se onderhoofseun Adrian Snyman en hulle hoofdogter Heinré Vermaak.
F
Duan Pretorius en Anzelle Nezar. Anzelle se rok én hoed is deur haar kunstenaarspa, Fredrich Nezar, ontwerp.
H
Martin Rabie en Kadedja Potgieter van Hoërskool Nylstroom met hul opkoms tydens die ‘Big Brag’ op Donderdag, 19 September. Kadedja se rok is volgens die Griekse styl ontwerp en gemaak deur Lynette Venter van Little Stitches op Modimolle. Sy is die dogter van Denise van Bergen, Die Pos se joernalis op