Bladsy 2
NUUS/NEWS
DIE POS/THE POST 26 Junie, 2015
Nóg ’n selfmoord in begraafplaas Ronél van Jaarsveld Nóg ’n man het homself vermoedelik op Dinsdag, 16 Junie, in die begraafplaas op Modimolle aan ’n boom opgehang. Die Pos het reeds etlike kere tevore berig oor mense wat dié dorp se begraafplaas kies as plek om ’n einde aan hul lewens te maak. Janna Korff (50) se liggaam is deur ’n vriend gekry. Korff, wat naby die begraafplaas gewoon het, het glo die vriend gebel en gesê dat hy selfmoord gaan pleeg, het ao. James Findlay van die Modimolle-polisie aan Die Pos gesê. Volgens Findlay word daar geen gemene spel vermoed nie. ’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word. Korff het op Woensdag, 3 Junie, sy 50ste verjaardag gevier. Hy en sy verloofde, Rina Müller, sou in Augustus getrou het. Korff, wat voorheen vir die Suid-Afrikaanse Spoorweë gewerk het, is ná ’n besering medies ongeskik verklaar en het nie gewerk nie. “Janna se hande het altyd reggestaan om met enigiets te help,” het ’n hartseer Müller aan Die Pos gesê. “Ek wil baie graag die mense wat ons met die begrafnis bygestaan het, bedank vir hul hulp. Dankie aan ons vriende en familie wat ons in hierdie moeilike tyd ondersteun het,” het Müller gesê. Verlede jaar het Charmaine van Wyk (39) en Conrad Kührau (34) hulself ook in die begraafplaas opgehang. Albei het vooraf familielede gebel om te sê wat hulle gaan
KONTANT IN U HAND VIR AL U GEBRUIKTE MEUBELS, ELEKTRIESE TOESTELLE EN WAT U HET.
Ons kom haal af by u woning. NABOOMSPRUIT/ NYLSTROOM/WARMBAD:
071 889 6206
Auction Town
A
Janna Korff (50) is op Vrydag, 19 Junie vanuit die Hervormde gemeente op Modimolle begrawe.
doen. Na aanleiding van verskeie soortgelyke gevalle in die begraafplaas die afgelope paar jaar, het die dorp se ondersteuningsraad besluit om tot die situasie toe te tree. “Die idee is om ’n bord met belangrike noodnommers naby die begraafplaas op te rig sodat mense wat met die idee van selfmoord worstel, kan besef daar is iemand wat bereid is om te luister en dat daar hulp is,” het Henriette Els van die ondersteuningsraad aan Die Pos gesê. Lize Fouché van die raad sê dat familielede van iemand wat dreig met selfmoord, dit nooit ligtelik moet opneem nie, maar vroegtydig hulp moet kry van ’n psigiater of geneesheer. Korff is op Vrydag, 19 Junie, vanuit die Hervormde-gemeente op Modimolle begrawe. Hy laat sy verloofde, sy seun, Bertie Oberholzer, en drie kleinkinders agter. • LifeLine se noodlyn is 24 uur per dag, sewe dae per week beskikbaar. Hul nommer is tel. 0861 322 322 en probleme soos selfmoordgedagtes, trauma en verhoudingsprobleme kan bespreek word. Hulle ontvang meer as 200 oproepe per dag. Die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep (Sadag) se selfmoordkrisislyn se nommer is tel. 0800 567 567 of stuur ’n SMS na tel. 31393. Nog hulpbronne is op hul webwerf by www.sadag.org beskikbaar. Pat Groenewald, ’n pastorale berader op Modimolle, sê mense wat worstel met selfmoordgedagtes kan haar bel by tel. 082 925 5514.
diepos.linmedia.co.za
Kyk uit hiervoor
Foto ter illustrasie. Marietjie Steenkamp Twee Waterbergers — ’n skoolmeisie van Mookgophong en ’n middeljarige man van Modimolle — het die afgelope week hul eie lewens geneem. Daar ís hulp vir mense wat voel dat hulle nie meer wil leef nie. Die Pos het by ’n paar kenners aangeklop vir raad. Wanneer mense dreig om hul lewens te beëindig, behoort dit altyd ernstig opgeneem te word. As jy hulp benodig of bekommerd is oor iemand wat jy ken, kan mense die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep (Sadag) skakel by tel. 080 056 7567, ’n SMS na 31393 stuur of na www.sadag.org se webblad gaan. Nicolien Welthagen, senior navorser van onderwys by die Solidariteit-navorsingsinstituut (SNI) skryf dit is nie maklik om tieners te hanteer of met hulle te kommunikeer nie, maar navorsing toon dat daar in vier uit die vyf gevalle waar tieners selfmoord pleeg, duidelike waarskuwingstekens was. Selfmoord onder tieners is ’n wesenlike probleem en die tekens moet ernstig opgeneem word. Mense kan op die volgende tekens let: • Tieners praat oor selfmoord en wonder daaroor of het ’n obsessie met die dood. • Hulle noem dat hulle hopeloos, waardeloos of hulpeloos voel. • Toon tekens van depressie, soos verandering in slaap- en eetpatrone en is minder gesteld op persoonlike higiëne. • Neem ongewone risiko’s of toon selfvernietigende gedrag. • Hulle gee nie meer om vir dit wat hulle voorheen geïnteresseer het nie of wil nie meer aan aktiwiteite deelneem wat gewoonlik vir hulle lekker was nie. • Onttrekking van die gesin en vriende. • Presteer swakker op skool en toon ’n verlies aan belangstelling en fokus. • Kla oor verveeldheid. • Reageer nie soos vroeër op prys of aanmoediging nie. Die volgende risikofaktore kan bydra tot ’n verhoogte kans vir selfmoord: • Perfeksionistiese persoonlikheidstipes; • Homoseksuele tieners; • Leergestremde tieners; • Alleenlopers; • Tieners met ’n slegte selfbeeld; • Depressiewe tieners; • Tieners wat trauma ervaar het; • Studente wat sukkel of ernstige probleme ervaar; • Tieners wat gemolesteer, mishandel of verwaarloos is; • ’n Genetiese disposisie; • Geskiedenis van gesinsgeweld, alkoholof dwelmmisbruik of egskeiding in die gesin. Wanneer ouers van die bogenoemde tekens raaksien en ook besef dat daar ander risikofaktore betrokke is, moet dit as ernstig beskou word en moet ouers poog om so gou moontlik hulp vir hul tiener te kry.