Die Pos 23 Mei 2014

Page 26

Bladsy 26

DIE POS/THE POST 23 Mei, 2014

A

SKOLENUUS / SCHOOL NEWS

C

Dié seuns van Hoërskool Hans Strijdom op Mookgophong is vir die Verre Noord Bokkieweek-span gekies wat van 7-11 Julie aan die AVS Bokkieweek op Mookgophong gaan deelneem. Op die foto is Conrad Engelbrecht (o.19), Endante Venter (o.14), Jacques Pretorius (o.19) en Albertus van Deventer (o.16). Richard van der Westhuizen was afwesig.

B

Só lyk die akademiese top-presteerders by Hoërskool Hans Strijdom op Mookgophong. Dié leerders het die hoogste gemiddeld in hul onderskeie grade behaal tydens die eerste kwartaal. Voor op die foto is Anzelle Pretorius (gr.8, 83,1%), Nico Genis (gr.9, 90,6 %) en Ilse Gravett (gr.11, 92,7 %). Agter staan Ruben Pretorius (gr.10, 81,7%) en Hanru de Vos (gr.12, 91,3%). Foto: Elsabé Pienaar

diepos.linmedia.co.za

Hoërskool Hans Strijdom op Mookgophong se senior-redenaarspanne het goeie plekke behaal tydens die Limpopo-redenaarskompetisie. Daar het 26 spanne deelgeneem. Die Hansies se spanne het twee eerste- en twee tweede plekke opgeraap sowel as ’n derde- en sewende plek. Voor op die foto is Aneldi van der Merwe, Ilse Gravett, Corlia Pretorius en Zarco Scherman. Agter staan Mart-Mari Janse van Vuuren, Hanru de Vos, Stefan Pretorius en Johan Becker. Foto: Elsabé Pienaar

D

Dié o.16-rugbyspan van Hoërskool Hans Strijdom op Mookgophong hardloop sirkels om hul teenstanders. Hulle het die span van Hoërskool Frikkie Meyer op Thabazimbi met 23-20 gewen tydens ’n klipharde wedstryd. Voor is Ruben Brown, Sello Sethosa, Andries Pretorius en Bedeker Snyman. In die middel is Erich Venter, Andries du Plessis, Drikus Buys, Jaun-re Botha en Johan Bekker. Agter staan Johan Klopper, Michell Pauer, Albertus van Deventer, Wikus Zeilinga, Jan-Riekert Kruger, HP van der Walt, JD Faasen en Xavier van Tonder. Die span word deur Dirk Oosthuizen en Martin van Heerden afgerig.

E Dié hokkie-bokkies van Hoërskool Hans Strijdom op Mookgophong is bobaas. Hulle het die eerstespan van Hoërskool Frikkie Meyer op Thabazimbi met 4-2 gewen tydens ’n kragmeting op Saterdag, 17 Mei. Op die foto is Jolinda Pinto, Ilse Gravett, Arina Genis, Jodene van Wyk, Chane Rautenbach, Delene Nienaber, Karla Jansen van Rensburg, Cindy van der Westhuizen, Jessica Olivier, Mariska Marsi, Venitia Oosthuizen, Inge Jansen van Rensburg, Esmari Swanepoel en Bianca Weyers.

TaalPOS Ons gebruik die woorde ONDER MEER/WAARONDER vir dinge (Daar was baie gereedskap, waaronder tuinvurke) en ONDER WIE/ONDER ANDERE vir mense (Daar was baie bekendes, onder wie prins Charles). Ons praat eerder van PENSIOENTREKKERS as van pensioenarisse.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Pos 23 Mei 2014 by Die Pos koerant/newspaper - Issuu