Die Pos 23 Desember 2016

Page 16

Bladsy 16

diepos.linmedia.co.za

DIE POS/THE POST 23 Desember, 2016

Hulle sterf

A

Gerrit Hermens (27), ’n jong pa van Bela-Bela, neem in Junie sy eie lewe. Hermens se liggaam word langs die treinspoor in die Bela-Bela-township met verskeie snymerke aangetref. Op die foto is Hermens en sy vrou, Christelle, met hul 10-maande oue dogtertjie, Masuri.

Dr. Dirk Snyman (59), ’n bekende sakeman met uitgebreide sakebelange in die Waterberg, sterf in April in ’n motorongeluk op die N4-snelweg. Snyman was ’n bekende in die wild-, vee- en mediese bedryf en het ’n groot liefde vir die Bosveld gehad. Hy was die eienaar van die bekende Itaga Lodge net buite Bela-Bela.

B

C

Dr. Patricia Hawke (64), ginekoloog van Bela-Bela, sterf in April in die St. Vincent’s-hospitaal op die dorp ná ’n hartaanval.

Ons gedagtes is ook by hulle • Abel Pienaar (76), jarelange inwoner en paneelklopper van Bela-Bela, sterf in September in die St. Vincent’s-hospitaal op die dorp aan longemfiseem. Hy word oorleef deur sy vrou, Elsie, drie kinders, nege kleinkinders en drie agterkleinkinders. • ’n Gru-ongeluk op Modimolle eis in Oktober die lewe van ’n jong man van BelaBela en twee tienersussies van Phagameng. Die 20-jarige Emil van der Walt, asook die sussies Basetsana Raboshakga (15) en Mokgadi Raboshakga (18), sterf toe ’n bakkie vermoedelik agter in Van der Walt se motorfiets vasry. Die bestuurder van die bakkie bots daarna teen ’n ander voertuig wat die sussies wat langs die pad gestap het, tref. Die voertuie slaan aan die brand. • Dr. Chris Grimbeek (88) geliefde oudonderwyser en inwoner van Warmbad Rusoord, sterf in Oktober. Hy het ’n doktorsgraad in Suid-Afrikaanse geskiedenis verwerf. Hy laat sy seun, Anton Grimbeek van Hermanus, en dogter, Jorieta Burger van Bela-Bela, en hul gesinne agter. Christus het kom lewe om vir ons te sterf. Hy het gesterf sodat ons vir ewig kan lewe! —Charles Murray Met elke mens se dood sterf ’n stukkie van my. Ons hoef dus nie te vra vir wie die begrafnisklokke lui nie. Dit lui vir my en jou. —John Donne


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Pos 23 Desember 2016 by Die Pos koerant/newspaper - Issuu