Die Pos 21 Junie 2013

Page 19

diepos.linmedia.co.za / www.diepos.co.za

Dié leerders van Laerskool Eugene N. Marais is die top akademiese presteerders in gr.4 vir die eerste kwartaal. Voor op die foto is Charisse O’Callaghan, Elizca Becker, Wilmari Hoffman, Anneke Engelbrecht, Macayla Treurnich en Ané Niemandt. Agter is Arno Nel, Xander Bester, Yulin Africa, Reinard du Plooy, Cameron Ferguson, Heima Pretorius, Leon du Plessis, Elizna de Beer en Neil Lourens. Foto: Elsabé Pienaar

Die hemel van Heivisj deur Benny Lindelauf (Protea Boekhuis): Nederland, 1938. Fing Boon se droom stort in duie. In plaas van verder studeer om onderwyseres te word, moet sy by die Sigaarkeiser gaan werk. As oppasser — of eerder “betaalde vriendin” — vir die Sigaarkeiser se eienaardige niggie Liesl, voel sy al meer opstandig oor haar lot. Boonop kan haar sussies Muulke en Jes haar ontevredenheid glad nie kleinkry nie. Wat hulle betref, is Fing se bed tog te gerieflik opgemaak. Maar dan breek die Tweede Wêreldoorlog uit, en

Liesl is in groot gevaar. Die enigste een wat haar kan help, is Fing. Die boek is vir tieners (12-16) en is vertaal deur Daniël Hugo.

DIE POS/THE POST

21 Junie, 2013

A

B

Bleek Planeet deur Dolf van Niekerk (Protea Boekhuis): Reeds in die eerste gedig van Bleek Planeet word die leser gekonfronteer met die belangrikste tema van dié digbundel: Tussen die vallende herfsblare in sy tuin word die digter bewus van “die aarde se beskeie plekkie in die niet” en sien hy ’n visioen van geel lug, verskroeide landskappe en verskrompelde woude op ’n geel planeet. Hierdie is Dolf van Niekerk se vyfde digbundel. Hy is ’n bekende en geliefde skrywer van veral prosawerke soos Die son struikel, Skrik kom huis toe en Die

Haasvanger, waarvoor hy talle pryse ingepalm het. Dié bundel is vir almal wat lief is vir poësie, maar ook vir almal wat bekommerd is oor omgewingskwessies in Suid-Afrika.

Kom in, dit vries daar buite deur Alfred Schaffer (Protea Boekhuis): In hierdie bundel vertaal Daniël Hugo gedigte uit die vyf bundels van die Nederlandse digter Alfred Schaffer, asook enkele ongepubliseerde gedigte. Schaffer se surrealistiese verse leen hulle nie tot maklike interpretasie nie. Dit is dikwels haas onmoontlik om die situasies te kontekstualiseer, of selfs net om te besluit of hier sprake van die werklike wêreld of eerder van drome en verbeelde gebeure is. Schaffer het ’n doktorsgraad aan die Universiteit van Kaapstad verwerf, en skryf vir Die Burger en Beeld oor Nederlandse gedigte. Hy is

Albert van der Merwe van Settlers het in Mei aan die 29ste Japan Shotokan Karate Association (JSKA) se Suid-Afrikaanse karatekampioenskap deelgeneem. Daar was vanjaar meer as 500 inskrywings. Albert het goue medaljes in kumite en kata opgeraap. Hy is ’n student van sensei Soon Pretorius.

C tans dosent by die departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch en is meermale in Nederland vir sy poësie bekroon. Hierdie bundel is vir die fynproewer-leser.

Baie geluk aan Talita Newman van Bela-Bela wat verlede week die boeke op ons Boekeblad gewen het: Voetspore: Agulhas tot Alexandrië, deur Johan Badenhorst, Ratels, deur Leon van Nierop en Christine Le Roux-omnibus 5, deur Christine le Roux.

WEN! WEN! WEN! Een gelukkige leser van Die Pos kan vandeesweek al drie die boeke op dié blad wen: Die hemel van Heivisj, deur Benny Lindelauf, Bleek Planeet, deur Dolf van Niekerk en Kom in, dit vries daar buite, deur Alfred Schaffer. Al wat lesers moet doen om in aanmerking te kom vir die prys, is om hul volle naam en van, asook die dorp waar hul woon, voor Vrydag, 21 Junie, om vieruur te SMS na tel. 083 654 5820.

Bert Pretorius, seun van Thinus en Jeanne Pretorius van Modimolle, het sy graad in teologie (BTh) aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Hy is tans besig met nagraadse studie.

D Oud-Hansie Mariska Labuschagne het op Vrydag, 12 April, gegradueer en haar BSc-graad in mediese wetenskap aan die Universiteit van Pretoria ontvang.

COMPETENT FINANCIAL CONSULTANTS (COMPFIN) NYLSTROOM

Ek help graag met: 1. Belastingopgawes 2. Finansiële bestuur/boekhouding 3. Besigheidsplanne Kroepstraat 80 (Sanlam) Kontak Gideon 079 889 4951 (AGA (SA) geregistreer by SAICA)

e-pos: gideon@pcwireless.co.za

Bladsy 19


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Pos 21 Junie 2013 by Die Pos koerant/newspaper - Issuu