Bladsy 34
DIE POS/THE POST
A ’n Groot gholfdag is onlangs ten bate van Mookgophong se skole gehou. Op die foto oorhandig mnr. Kevin Traviss (regs) van Spif Hoenders op Mookgophong die tjek aan die hoof van Laerskool Eugene N. Marais, mnr. Charl Weideman. Heel links is mnr. Leon Botha van Spif Hoenders. Foto: Elsabé Pienaar
20 Julie, 2012
C Dié gr.7-leerders van Laerskool Eugene N. Marais op Mookgophong het tydens die laaste week van die tweede termyn dié vulkane wat ’n vulkaniese aksie moes toon, vir die vak menslike weten-skappe (MSW) gemaak. Voor op die foto is Ruan Cronjé, Tienkies Kekana, Shannen Easton en Engela van der Schyff. Agter is Stephan Griessel, Hernus Weideman en Chanté Botha. Foto: Elsabé Pienaar
B D Gr.7-leerders Nicola Pinto en Wilmari Potgieter van Laerskool Eugene N. Marais op Mookgophong wys hoe botter saggemaak moet word tydens ’n braai by die skool. Foto: Elsabé Pienaar
Die gr.7’s van Laerskool Eugene N. Marais op Mookgophong het dié interessante vulkane wat ’n vulkaniese aksie moes toon, vir die vak menslike wetenskappe (MSW) gemaak tydens die laaste week van die tweede termyn. Voor op die foto is Marilie du Toit, Nolene Booyse, Nika Pienaar, Charlize Barnard en Mariné Visser. Agter is Hano Fourie, Anthiea Lloyd Geyer en Belinda Richards. Foto: Elsabé Pienaar
diepos.linmedia.co.za
Hansie-revue gaan die voete laat jeuk Hoërskool Hans Strijdom op Mookgophong se revue, Ritme, gaan die voete laat jeuk. Dié dinamiese revue-optrede vind op Donderdag, 26 Julie, plaas en die galaaand op Vrydag, 27 Julie, om 19:00 by Hoërskool Hans Strijdom se saal. Kaartjies vir die Donderdag beloop R50 vir volwassenes en R20 vir kinders. Vir die gala-aand is die kaartjies R80 per persoon of R700 vir ’n tafel van tien persone. ’n Spesiale optrede vir al die kleuterskole en die ouetehuis vind op Woensdagoggend, 25 Julie, plaas. Kaartjies is by Hoërskool Hans Strijdom se administratiewe kantoor beskikbaar. Vir besprekings of navrae bel Charmaine by tel. (014) 743 2151.
TaalPOS Tot ’n paar jaar gelede het “aanspreek” in Afrikaans beteken om iemand te vermaan, byvoorbeeld, die bestuurder het die werker oor sy laksheid aangespreek. Deesdae word aanspreek hoofsaaklik gebruik in die betekenis van “aandag gee aan” (soos “address” in Engels). Dit lyk asof daar in Afrikaans ’n behoefte is aan ’n korter uitdrukking as “om aandag aan die saak te gee” en dit is waarskynlik waarom “aanspreek” reeds ingeburger het. Miskien moet dit nou maar burgerreg kry. Moet tog net nie “addresseer” nie. — Henk Kruger, Bosveldsig, Modimol
COMPETENT FINANCIAL CONSULTANTS (COMPFIN) NYLSTROOM
Ek help graag met: 1. Belastingopgawes 2. Finansiële bestuur/boekhouding 3. Besigheidsplanne Kroepstraat 80 (Sanlam) Kontak Gideon 079 889 4951 (AGA (SA) geregistreer by SAICA)
e-pos: gideon@pcwireless.co.za