Die Pos 19 September 2014

Page 14

Bladsy 14

DIE POS/THE POST 19 September, 2014

Pret en plesier by basaar op Vaalwater

VROUE/WOMEN

diepos.linmedia.co.za

Settlers-vroue ervaar weefkuns

Kenner praat oor tuinvoëls

Maliza van Coller, Christie Verster en Marie van der Westhuizen kuier saam tydens die Hervormde Kerk Vaalwater se basaar.

Marlene Vermaak Die Hervormde Kerk Vaalwater het die naweek van 29-31 Augustus hul jaarlikse basaar in die boomryke Bosveldrus-karavaanpark gehou. Volgens ds. Johan van Greunen was die basaar weer ’n reuse-sukses. “Daar was die geurigste lekkernye, vleis en ander eetgoed te koop. Henri van Vuuren, ’n sanger van Modimolle, het die toeskouers met sy wonderlike stem vermaak en ook die gehoor aan die sing gekry.”

Die kerk het vanjaar besluit om ’n fietswedren aan te pak. Dié fietswedren, die “Spice Gold Cycling Road Classic”, het by die basaar se terrein begin en geëindig. Trudie Plomp was die hooforganiseerder van die wedren en ’n groot aantal fietsryers het deelgeneem. Die dag is met ’n potjiekoskompetisie afgesluit. “Ek wil namens die Hervormde Kerk almal bedank wat op een of ander manier ’n bydrae gelewer het sodat hierdie geleentheid só ’n groot sukses kon wees,” het Van Greunen gesê.

Lise Jansen van Vuuren van die Vroue Landbou-unie van Settlers demonstreer hoe om “Peg Loom-weef” te doen terwyl ander VLU-lede toekyk. Die Vroue Landbou-unie van Settlers het ’n baie interessante nuwe kunsvorm aangeleer. Een van die VLU-lede, Lise Jansen van Vuuren, het op Dinsdag, 2 September, ’n demonstrasie oor “ Peg Loomweef” gehou. “Enige afvalmateriaal, wol of tou kan in dié kunsvorm gebruik word om verskillende gebruiksartikels soos matte, plekmatjies

of muurbehangsels te maak. Verskillende materiale kan gebruik word om ’n mooi tekstuur te kry. “Die apparaat wat gebruik word, kan tuis gemaak word deur ’n ry gaatjies in ’n dik plank te boor en stokkies daarin te druk. Die weefproses kan dan begin met enige afvalmateriaal waarop jy jou hande kan lê,” het Jansen van Vuuren gesê.

Tel/faks: (014) 717-3635 Nelson Mandelarylaan 88, Nylstroom (Langs Foshini)

E-pos: manie.hall@hotmail.com Facebook: M M Trofee Nylstroom

John van der Walt van die Modimollevoëlklub spreek lede van die VLU Olientak toe. Agter hom staan Pienie Stavast en Flossie Oosthuizen (VLU-lede). Denise van Bergen Die VLU Olien-tak het meer geleer oor tuinvoëls tydens hul maandvergadering op Woensdag, 10 September, by Koro Creek. John Van der Walt, ’n voëlkenner van Modimolle, het die vergadering toegespreek oor “voëls in ons tuine”. Hy het ’n skyfie-vertoning aangebied om vir lede die verskillende tipe voëls wat in ons omgewing voorkom, uit te wys. Riekie Bosch, skakelbeampte van die VLU Olien-tak, het aan Die Pos gesê dat dit ’n baie interessante aand was en dat hulle baie nuwe dinge geleer het, soos dat voëls in verskillende streke bly, wat bepaal word deur die spesifieke voël se behoeftes. Klimaat en die beskikbaarheid van broeiplek speel ’n groot rol hierin. Volgens Van der Walt bepaal voëls die seisoene met behulp van die son. Hy het gesê dat voëls van rustigheid hou en gewoonlik lawaaierige omgewings vermy. Dit is hoekom soveel voëls gesien kan word op plekke met goeie plantegroei, digte struike, hoë bome en volop water. Voëls bou hul neste in rankers, in bome of onder bosse, en leef van bessies, sade, insekte en wurms. Die VLU Olien-tak vergader weer op Woensdag, 22 Oktober.

Bea Emslie

CREA TIVE CREATIVE HAIR Nylstene Businesspark, Nylstroom. Salon  014 717 3610

Spesiale aanbiedinge KOM BEDERF JOUSELF NOU!

Hair Stylists

• Spesiale pryse op Hairtec haarverlengings • Verskaffers van haarprodukte

Ek luister graag na voorstelle ten einde ons diens op te skerp. Sel: 083 654 5819 Faks: (014) 736-3428 e-pos: diepos@icon.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.