Die Pos 18 Januarie 2013

Page 27

diepos.linmedia.co.za

Drie geslagte Cloetes

Dit was bittersoet herinneringe vir die Cloetes van Bela-Bela toe die skole vanjaar in Januarie geopen het. Henk en Rita Cloete, jarelange inwoners van die dorp, se twee seuns, albei oud-Warries,

se twee dogtertjies is albei vanjaar vir die eerste keer skool toe. Henru was in 1985 ’n graad eentjie en JeeDee in 1991. Ouma Rita, wat self op die laerskoolbanke by die Warries deurgebring het, was boonop van 1976 tot 1993 ’n gr. 1-juffrou by dié skool. Die laaste paar jaar daarvan was sy departementshoof van die junior afdeling by die skool. Haar ma, Christien Wentzel (ouma Tokkie), was ook in dié tyd sekretaresse by die laerskool — ’n pos wat sy vir 26 jaar beklee het. Henru en sy vrou, Cecilea Cloete, se klein Anchen het vanjaar by juf. Jeanne van Staden se klas vir gr. 1 aangemeld, en Jee-Dee en Leandra se klein Desiré by juf. Mariana Potgieter. Om alles te kroon sit Desiré in dieselfde klas waar ouma Rita al die jare die septer geswaai het. Volgens Rita het haar ouers in 1962 van Alberton af na die ou Warmbad toe getrek toe sy in gr. 2 was. Die gesin het toe in ’n woonstel bo die huidige poskantoor gebly. Hulle het twaalf keer na ander blyplekke op die dorp getrek, maar sy het altyd ’n Warrie gebly. In dié tyd was Laerskool Warmbad se hoofingang in De Beerstraat, vertel Rita. Die klein geboutjie wat deesdae vir ’n naskoolsentrum gebruik word, was toe die hoof se kantoor. Later is die saal en biblioteek gebou en van die ouer geboue is platgeslaan. Dit was vir haar ’n emosionele ervaring om haar twee kleindogters vanjaar by Laerskool Warmbad te gaan inskryf, vertel sy. “Hier loop ek kinders raak vir wie ek skoolgehou het, wat húlle kinders kom inskryf. Waar loop die tyd tog heen?”

Chanika Pretorius geniet haar eerste dag by die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool op Mookgophong. Foto: Elsabé Pienaar

Clarize Boardman se eerste dag by die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool op Mookgophong was propvol pret. Foto: Elsabé Pienaar

Vir die Cloetes van Bela-Bela was daar vanjaar groot vreugde toe die skool geopen het. Op die foto staan Jee-Dee Cloete saam met klein Desiré, ouma Rita Cloete, en Henru Cloete met klein Anchen. Foto: Herman Steyn

Isebel de Beer glimlag breed vir die kamera tydens haar eerste dag by die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool op Mookgophong. Foto: Elsabé Pienaar

DIE POS/THE POST

18 Januarie, 2013

Bladsy 27

Leerder van Bela-Bela maak weer naam

Rudi van Rooyen, ’n oud-leerder van die Eden Christen-skool op Bela-Bela, ontvang ’n toekenning van sy onderwyser, Frik Brümmer (regs), omdat hy sy gr.12 deur Delta Education en sy eerste teologie-jaar suksesvol voltooi het. Ook op die foto is Ockert van den Berg, sakeman van Bela-Bela. Connie Labuschagne ’n Oud-leerder van die Eden Christen-skool op Bela-Bela het groot naam gemaak. Rudi (Rudolph) van Rooyen, seun van Ben en Annemarie Kroukamp van BelaBela, is bekend vir sy akademiese prestasies en het onder meer in gr.2 by die Nazarene Privaatskool op Tzaneen ’n graad “gespring” danksy sy buitengewone akademiese vermoëns. Hy het ook ’n akademiese toekenning ontvang nadat hy sy laerskoolloopbaan in net ses jaar voltooi het. Hy het sy hele skoolloopbaan in 11 jaar voltooi. Rudi (18) het in Desember verlede jaar ’n toekenning ontvang vir die voltooiing van gr.12 deur Delta Education en omdat

Sonstraal Skool vir Buitengewone Onderwys Olienhoutstraat 13 Modimolle Tel/Faks 014 717 4331

Heerlike Beskuit *Diabeet *Growwe lekkerte * “Oats Crunchies” * Energiestafies * Lemoenrepies * Tjokkies *Ouma Boersma-sade *Klapperkarringmelk *All Bran *Semelklapperroom *Muesli *Karringmelk *Anyskarringmelk

Afsetpunte Modimolle *Sonstraal Skool * Total Steers * Bergsig * Biltongvallei *Eden Bloemiste * Brakanjan Kleuterskool *Bakoond Tuisnywerheid *Megasave *Nylrivier Motors *IetsiOmTeBraai Warmbad * Klein Kariba * De Zeemeeuhuis * Lekkerbekkie Tuisnywerheid * Peet se Padstal Naboomspruit *OK Foods

Bel en Bestel! of Loop en Koop!

hy sy eerste jaar van sy teologiekursus by die Gamaliël Bybelkollege suksesvol voltooi het. Die Gamaliël Bybelkollege is die algemene opleidingsentrum van die Lede in Christus Kerk. Rudi het vir goud gegaan met sy teologiekursus en ’n allemintige 12 onderskeidings verwerf. Hy het sover twee onderskeidings in die 2012-matriekeksamen behaal en wag nog vir punte vir twee van sy vakke. Volgens Rudi moet die Here al die lof kry vir sy prestasies. “Daar is baie geleenthede vir ons almal. Ons moet net toelaat dat die Here ons lei.” Rudi beplan om die volgende drie jaar al sy aandag aan sy teologiestudies te gee en is baie opgewonde oor die toekoms.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.