Bladsy 2
DIE POS/THE POST
diepos.linmedia.co.za
17 Augustus, 2012
Twee mans in hof oor brand op Mabalingwe Ingrid Pepler
A
Mnr. Nico Grobler probeer die vlamme blus op sy plaas, Nooitgedacht, in die Alma-omgewing. Dié brand het die afgelope naweek gewoed. Foto: Herman Steyn
Twee Kongolese mans wat verlede week in die Mabalingwe-natuurreservaat in hegtenis geneem is in verband met die reuse-brand wat by die Vodacom-toring begin het, het op Woensdag,15 Augustus, weer in die BelaBela-landdroshof verskyn. Die brand het miljoene rande se skade in die Bela-Bela-omgewing aangerig. Huise is erg beskadig en wild is doodgebrand terwyl die brand bykans 18 uur lank voortgewoed het. Die vakansiehuis van mnr. Louis Boshoff en sy vrou Irene van Droogekloof is heeltemal in puin gelê. Die beskuldigdes staan tereg op ’n aanklag ingevolge die Brandwet omdat hulle glo ’n brand op die perseel begin het sonder dat hulle die eienaar se toestemming gehad het om dit te doen. Ten tyde van die voorval was die
beskuldigdes glo besig met kontrakteurswerk. Hulle werk glo vir ’n elektriese kontrakteursmaatskappy in Pretoria. Teen saktyd Woensdag, 15 Augustus, het die saak nog nie voorgekom nie. Die twee mans is op Maandag, 6 Augustus, deur werknemers van Mabalingwe aangekeer en is daarna aan die Bela-Bela-polisie oorhandig. Die polisie het hulle daarna in hegtenis geneem. Mabalingwe se personeel het alles in hul vermoë gedoen om die eiendom op die Droogekloof-kleinhoewes so lank as moontlik teen die brand te beskerm. Hulle het ook die hulp van naburige plase asook Working on Fire (WoF) ingeroep. Die Bela-Bela Brandbeskermingsvereniging het op Dinsdag, 14 Augustus, op ’n vergadering sy lede ingelig oor die noodsaaklikheid van goeie kommunikasie tydens so ’n brand. Volgens die polisie het Boshoff vandeesweek ook ’n klag van brandstigting ingedien.
Familie soek inligting ná vrou se dood op hoofweg Ingrid Pepler Die familie van ’n 33-jarige vrou wat drie weke gelede in ’n tref en trap-ongeluk net buite Mookgophong gesterf het, is dringend op soek na inligting oor haar dood. Me. Elize Momberg van Mpumalanga het vandeesweek ’n beroep op Die Pos se lesers gedoen om haar te help om die raaisel om haar sussie se dood te help oplos. Me. René Greyling (33) is vroegoggend op Saterdag, 28 Julie, dood nadat sy op die R101pad tussen Mookgophong en Mokopane vermoedelik reg van voor deur ’n swart Mercedes Benz-motor getref is. Die bestuurder van
die motor het nie ná die ongeluk gestop nie maar het van die ongelukstoneel weggejaag, het Momberg aan Die Pos gesê. “Wat ons bekommer is dat dit vir ons lyk asof die polisie nie vorder met die ondersoek nie. My sussie is dood en ons wil weet wat gebeur het. Daar is soveel vrae oor haar dood. Ons glo ons sal antwoorde kry as die ondersoek deeglik gedoen word,” het Momberg gesê. Bewysstukke wat op die ongelukstoneel gevind is wat van die motor se buffer en die linkerkantse spieëltjie afkomstig is, dui daarop dat dit ’n swart Mercedes Benz-motor is wat haar getref het. Dit moes ’n geweldige slag gewees het en daar moes redelik
B
skade aan die motor gewees het, het Momberg gesê. Volgens Momberg wil die familie ook dringend kontak maak met die onbekende man wat Greyling se lewelose liggaam in die middel van die pad sien lê het en die polisie ontbied het. “Ek sal hom graag namens die familie persoonlik wil bedank vir sy hulp en omgee want hy het klaarblyklik ook gesorg dat geen voertuie oor haar ry nie.” Greyling is reeds verlede week uit die Gereformeerde Kerk Middelburg-Noord begrawe. Sy laat haar man Martin en twee dogtertjies, Elanya (7) en Denelle (4) agter. Enigiemand wat inligting het oor die ongeluk kan me. Momberg bel by tel. 083 521 9916 of e-pos stuur na elizem@yanka.co.za
Me. René Greyling (33), wie se familie inligting soek oor haar dood.
Polisie keer 71 mense aan Danie Visser “Vir die publiek klink dit vreeslik erg, maar dit is byna elke week se storie.” Só sê adj. off. James Findlay, woordvoerder van die SAPD op Modimolle, nadat 71 mense in net een week in hegtenis geneem
VEILING Saterdag, 1 September 2012 om 10:00 te Nelson Mandela Str. 37
NABOOMSPRUIT U bring dit, ons verkoop dit slegs 10% kommissie
KONTAK WIMPIE BOTHA Auction Town 071 889 6206 of (014) 743-3222
is. Volgens Findlay het die polisie op Modimolle hul dienste die afgelope paar maande opgeskerp en behoorlik gemaai onder die booswigte. Omdat baie probleme ontstaan by drank, het die SAPD eers begin toeslaan op onwettige kuierplekke op Modimolle en in Phagameng. Van daar af het die misdaadsyfer teen ’n drastiese tempo begin daal, het Findley gesê. Die meeste mense is aangekeer in verband met klagtes wat handel oor wettige, gelisensieerde kuierplekke, wat reëls oortree, soos byvoorbeeld om drank aan minderjariges te verkoop. Sestien eienaars van kuierplekke is aangekeer en beboet. Van die kuierplekke is toegemaak of die dranklisensies is ingetrek. Die tweede algemeenste oortreding was teen onwettige immigrante. Almal van hulle sal volgens Findley gedeporteer word. Twaalf mense is aangekeer weens verkeersoortredings. Dit sluit twee polisiemanne in wat glo aangekeer is op klagtes van dronkbestuur. “Die misdaadsyfer is besig om te daal — die syfers begin werklik al beter lyk,” het Findlay gesê. The biggest mistake is to follow fashion. Of course we all want to be ‘in fashion’ but it’s the individual dresser with the ‘it’ factor that turns heads. — Marianne Fassler, Award-winning South African designer