Die Pos 16 November 2012

Page 6

Bladsy 6

DIE POS/THE POST

diepos.linmedia.co.za

16 November, 2012

Suiweringswerke op Mookgophong byna voltooi Ena Boshoff

A

Die vergroting van die watersuiweringswerke by Mookgophong, waarvoor inwoners reeds jare wag, is uiteindelik in sig. Ná maande se gesukkel met kontrakteurs wat glo gedeeltelike werk doen en dan verdwyn, het R. Legae Construction die afgelope paar maande oorgeneem en die werk het vinnig gevorder. Legae het aan Die Pos gesê dat die projek einde Februarie voltooi moet wees, maar hy is reeds ver voor skedule. Hy het die versekering gegee dat water in Maart aanstaande jaar gesuiwer sal kan word. Daar is verlede jaar reeds met die vergroting van die suiweringswerke begin. Die werk het met tye stilgestaan, aangesien daar gesukkel is om die reuse-rots wat onder die grond

was, te verwyder. Die staalversterkings het ook baie tyd geneem. Kontrakteurs het verder glo met die munisipaliteit gestoei om kontrakteurs vooruit te betaal. Hulle het eers betaling ontvang ná afhandeling van die werk. Die vergrote suiweringswerke, ongeveer 3 km buite die dorp aangrensend aan die Spifhoenderplaas, het ’n nuwe filtreersisteem wat die rou water vinniger sal suiwer. Die sisteem sal ook sowat 2,4 megaliter per dag ekstra kan hanteer. Hierdie water is afkomstig van die Welbedachtdam, voorheen die Frikkie Geyserdam, en lewer ongeveer 33% van die dorp se water. Die boorgate in die Nyl voorsien 67% van die water. Volgens die finansiële bestuurder van die munisipaliteit, Dewald Eksteen, beloop die koste aan die vergrote suiweringswerke R5 642 365.

Die vergrote suiweringswerke op Mookgophong nader nou vinnig voltooiing en die kontrakteur is ver voor skedule.

volg Die Pos op

https://twitter.com/diepos

B

VAN STADEN MOTOR REPAIRS

ONS DIENS EN HERSTEL ALLE VOERTUIE

Goeie diens en persoonlike aandag. Kontak asb Freek of Hanli 014 717 1996 / 079 498 7911 Presidentstraat 1, Nylstroom

Verskaffers van: • Landini Trekkers • Kverneland implemente • Kongskilde implemente • Monosem Planters • Fella tolsnyers & kneusers • Gallignani balers • Nuwe & gebruikte sleepwaens • Gebruikte trekkers altyd beskikbaar • TOEGERUSTE WERKSWINKEL MET OPGELEIDE PERSONEEL Kontak ons gerus te alle tye by Warmbad Landini 25 Industriaweg Tel: (014) 736-5937. (014) 736 6558 Faks: 086 577 7126 Vir verkope kontak: Dirk 083 228 8687 Vir parte kontak: Magdarie 083 608 7158 Email : wbdlandini@pcwireless.co.za

Tessa Steyn se foto met die titel “Amarilla-lentemooi” was die wenfoto in die tema-afdeling by die Bosveld Fotografieklub se Oktober-byeenkoms. Die tema was “Lente”. Die klub kom elke tweede Dinsdag van die maand in die Marie Bergsma-saal op Modimolle byeen.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.