Die Pos 15 Januarie 2016

Page 6

Bladsy 6

NUUS/NEWS

DIE POS/THE POST 15 Januarie, 2016

diepos.linmedia.co.za

Warrie-skoolhoof se naam ‘vrou en wenner’ Bea Emslie Santie Gildenhuys is, sover vasgestel kan word, die eerste vroulike skoolhoof by ’n Afrikaanse ou model C-hoërskool in Limpopo. Vanaf Januarie 2016 neem sy die stoel in as waarnemende hoof by Hoërskool Warmbad met nie net 30 jaar ondervinding in die onderwysberoep agter haar naam nie, maar ook ’n CV wat enige beheerliggaam twee keer sal laat kyk. Die onderwysbloed loop dik deur dié dinamiese vrou se are. Haar oupagrootjie is in die 1890’s al die pad van Nederland af gesekondeer om te kom help om onderwyssake aan die suidpunt van Afrika op koers te kry. Gildenhuys se pa was ook ’n skoolhoof, haar ma was ’n onderwyser en haar dogter het in 2015 haar eerste treë in die onderwysberoep gegee. Gildenhuys het aan Hoërskool Hans Strijdom gematrikuleer waar sy hoofmeisie was. Sy het BA-tale aan Kovsies studeer en daarna haar onderwysdiploma by die destydse RAU voltooi. Sy het haar onderwysloopbaan by Hoërskool Tuine in Pretoria begin en ná twee jaar is sy aangestel by Hoërskool Ben Viljoen op Tzaneen waar sy op 27-jarige ouderdom tot

A

Santie Gildenhuys aan die gesels tydens ’n onderhoud met Die Pos. Sy is as waarnemende hoof by Hoërskool Warmbad aangestel. Foto: Herman Steyn departementshoof bevorder is. Vyf jaar later het sy by Hoërskool Nylstroom ingeval, waar sy 21 jaar lank haar

passie in die onderwys uitgeleef het. By die Nylies het sy dikwels die leisels help vashou waar sy buiten haar pligte as departementshoof ook as adjunkhoof waargeneem het en die afgelope twee jaar interne adjunkhoof was. Sy was verder die Nylies se kultuurkoördineerder en mentor vir die jong Nylie-onderwysers. Dié vrou weet wat dit beteken om voor te loop en haar hoofskap by die Warries is ’n uitdaging wat sy met “nederigheid aanvaar”. Sy was die afgelope paar jaar hoofnasiener vir matriekvraestelle in Limpopo in Engels huistaal (eerste taal), asook Engels addisionele taal. Die afgelope Desember het sy 324 nasieners bestuur. Sy is verder provinsiale bestuurslid van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), sy dien op die ATKV se nasionale beoordelaarspaneel vir redenaars en sy het so tussen haar besige skedule ’n M-graad in “general linguastics” aan die Universiteit van Stellenbosch behaal. Leierskap staan vir Gildenhuys op vyf pilare: verhoudings, objektiwiteit, die vermoë om die geheelbeeld te sien, deursigtigheid en kalmte. Sy het baie respek vir leiers van die manlike geslag, maar glo dat ’n vrou ’n ander dimensie van leierskap na die tafel bring. “Hulle luister fyner, hulle verstaan die

menslike wisselwerking en fokus makliker op die geheelbeeld,” sé sy. Akademie is en bly vir Gildenhuys die heel belangrikste bestanddeel in enige skoolresep. Sport, kultuur en sosiale ontwikkeling is egter, in toevoegings van dieselfde hoeveelhede, vir haar onontbeerlike bybestanddele om die koekbeslag bymekaar te hou en behoorlik in die oond te laat rys. Sy is ’n vurige rugbyvrou en haar kennis van gholf is indrukwekkend. Sy ryg die gholfspelers se name uit en beskryf die speltegniek en hoogtepunte tydens onlangse gholftoernooie soos ’n wafferse sportkommentator. Sy verstaan die uitdagings wat plattelandse skole die hoof moet bied, maar glo steeds onwrikbaar in dié skole se potensiaal om leerders in realistiese omstandighede vir die Suid-Afrikaanse samelewing voor te berei. Haar droom vir die Warries is dat Hoërskool Warmbad hulle sal vorm om as gelukkige, gebalanseerde mense die grootmenswêreld aan te durf. Dat hulle aan alles sal deelneem en ook moet kan “geniet”, want “sometimes it is about the experience and not the fishing.” * Sy volg Spikkels die Wet op wat na Hoërskool Hans Strijdom op Mookgophong oorgeplaas is.

Municipal spokesperson resigned

B

The BelaBela municipal spokesperson, Matome Sebelebele has resigned from his post. Photo supplied

The spokesperson for the Bela-Bela municipality, Matome Sebelebele, has resigned. The town’s Mayor, Lucas Nhlapo, confirmed this during a telephonic interview amidst circulating rumours of Sebelebele’s resignation. Nhlapo said that Sebelebele tendered his resignation in December and stated that he had accepted a new post elsewhere. Nhlapo said that a meeting with Sebelebele is yet to be conducted before more information could be divulged. He further stated that Sebelebele and the municipality remain on good terms after his ten years of service to the municipality. “It is unfortunate that Sebelebele has decided to leave after serving the municipality for such a long time. We wish him well in his future plans,” he said. Although no advertisement has been placed to replace Sebelebele, Nhlapo said that Bea Emslie they will do so toward the end of Ek luister graag January. na voorstelle ten Nhlapo said that all einde ons diens communication from the media and other op te skerp. public entities to the Municipality will be Sel: 083 654 5819 dealt with by his Faks: (014) 736-3428 office until further e-pos: diepos@icon.co.za notice. Sebelebele could not be reached for comment.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Pos 15 Januarie 2016 by Die Pos koerant/newspaper - Issuu