Die Pos 13 Junie 2014

Page 26

Bladsy 26

DIE POS/THE POST 13 Junie, 2014

SKOLENUUS / SCHOOL NEWS

diepos.linmedia.co.za

Skole-klets

A

Dié trompoppies van Laerskool Warmbad het op Saterdag, 17 Mei, ’n liga-kompetisie op Mokopane gewen en deurgedring na die nasionale kompetisie wat in Oktober in Kaapstad plaasvind. Maja-Lisa de Bruin, Daniela de Freitas, Tanya Dodd en Hlogi Mapheto wat deel is van die groep het onlangs hul Limpopo-kleure as trompoppies ontvang.

B

’n Groot bulletjierugbydag is op Saterdag, 24 Mei, by Forever Resorts Warmbaths aangebied. Tien skole van oraloor het deelgeneem. Op die foto hardloop Luwellen van Dyk (o.6) van Babbelbekkies Kleuterskool op Mookgophong vasberade na die doellyn. Foto: Elsabé Pienaar

Linda Hattingh wat ’n leerkrag by Hoërskool Warmbad was, gaan nou aansluit by Susan Strijdomskool op Modimolle. Hoërskool Warmbad wens haar baie sterkte toe met die nuwe pos en uitdaging. %(%(%(% Die Boompiepersoneel, leerders en ouers wens graag hul skoolhoof, Charl Weideman, baie geluk met sy verjaardag op Saterdag, 14 Junie. Mag dit vir u ’n geseënde nuwe lewensjaar wees. %(%(%(% Die personeel en leerders van Susan Strijdomskool sê baie welkom aan Linda Hatting. Ons hoop u gaan sommer baie lekker skoolhou hier by ons. %(%(%(% Die Nylies is baie trots op al die lojale Nylie-ouers van Hoërskool Nylstroom. Die waardes van ons skool begin oral deursyfer. Ons is klaar besig om die vrugte te pluk. %(%(%(% Die LUK van Hoërskool Nylstroom is baie trots op al ons Nylies met die insameling van fondse om komberse te koop vir so baie mense wat dit in die wintermaande nodig het. %(%(%(% Baie geluk aan Hoërskool Nylstroom se eerste hokkiespan met hul puik oorwinning oor Frikkie Meyer. %(%(%(% Die personeel van Klein Treetjies Kleuterskool sê baie geluk aan Tanya met haar verjaarsdag. Ons hoop jy het ’n geseënde jaar. %(%(%(% Baie geluk, klein Nylies. Julle speel kookwater-netbal en ons is baie trots op julle. %(%(%(% Mooi so Laerskool Nylstroom se langasems. Julle het puik gevaar die afgelope naweek by die landloopbyeenkoms. %(%(%(% Baie geluk aan Laerskool Nylstroom se krieketmanne wat gekies is vir die o.11 en eerste krieketspanne. Ons is trots op julle en sien uit na die krieketseisoen. %(%(%(%


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.