Die Pos 12 Augustus 2016

Page 13

TROETELPOS

diepos.linmedia.co.za

BoekePret

DIE POS/THE POST

Melodie Omnibus 1 (Tafelberg):

A well-nourished diet and good amounts of exercise are contributing factors to prolong your budgie’s lifespan. Photo: omlet.co.uk Justin Steyn

Keur 10 deur Ena Murray (Tafelberg): In ’n Bruidegom vir Lille moet Lille Jacques met Philippe Bidault, ’n man wat sy nie ken nie, trou om haar erfporsie te bekom. Die geldwolf Louis Pacquin vertrek saam met Lille na die Kaap, oënskynlik om haar bruidegom te help soek, maar wat is sy ware motiewe? In Die spookvrou van Santa Catalina kom die avontuurlustige Juanita de Ramiro, oftewel die “spookvrou”, teen boekanier én seerower te staan. Die dag toe sy De Gramont voor haar bemanning verneder, begin sy beheer verloor. In Bruid uit die vreemde reis Franse edelvrou Jacqueline na die suidpunt van Afrika nadat sy ’n brief van haar verdwene tweelingbroer ontvang. Maar loop sy dalk oopoë in ’n lokval wat die man wat sy van haar pa se moord verdink, vir haar gestel het?

Bladsy 13

Health tips for your budgie’s lifespan

Baie geluk aan Maria Matthee van Bela-Bela wat verlede week al vier boeke op ons Boekeblad gewen het: God se troos as jy swaar kry deur Nina Smit, Sonligdroom deur Annetjie van Tonder, Kruis en dwars deur ou Suidwes deur Piet Maritz, asook Eet reg deur Zelda Ackerman.

Melodie Omnibus 1 bevat drie liefdesverhale deur drie gewilde Melodie-skrywers — Elza Rademeyer, Dina Ackermann en Helena Hugo. Dit is lekkerleesverhale vir oud en jonk, tradisioneel in waardes, romanties, teer en vol emosionele spanning tussen die hoofkarakters.

12 Augustus, 2016

Budgie lifespan’s have been known to be predominantly short when kept as pets. According to Dr Marius du Toit from the Warmbad Dierekliniek this is mainly due to a poor diet and minimal activity when bound to a cage. He said that budgies that are captured in the wild are most likely to die within a few months when

kept as pets as they are used to open spaces and providing for their own specific needs. The Post has done some research to give the readers some tips to allow your budgie a longer, happier life. As mentioned before, a budgie’s nutritional needs are very important. A budgie’s diet consists mainly from seeds of oat and millet, carrots, strawberries, broccoli, lettuce, parsley and apples, to name a few. It

is strongly recommended that you avoid chocolate, cocoa, cabbage, peas, beans, milk products, raw potatoes, avocados and altered foods. Not only should their water be refreshed daily, but it is also advisable to add a few drops of Vitamins A, B, C, E, and F to their water bowls. Protein plays a major part in a budgie’s diet. During winter, budgies consume more energy and it is therefore needed that their diet is rich in fat and carbohydrates and millet seeds. These seeds contain as much as 60% fat and 3,5% carbohydrates. If at all possible, allow your budgie to fly outside its cage several times a week, especially in the evenings. This provides your budgie with more comfort and exercise. A budgie’s lifespan can also be determined by the sand kept in its cage. The sand inside the cage aids digestion and budgerigar parakeets swallow sand to facilitate grinding the seeds in the stomach. The easiest method is to sprinkle a layer of special sand in the seed bowl. One can also use finely-crushed eggshells, which are an extra source of calcium. — Source: budgerigarparakeets.com

Omnibus 7 deur Annelize Morgan (Tafelberg): In ’n Sluier vir Shahira word Isabelle Deneuve deur seerowers na Arabië weggevoer en as slavin aan die wrede sjeik Salem Khidr verkoop. Sy aartsvyand raap haar egter voor sy neus weg. In Melktert en kaviaar droom liedjieskrywer Emma Steyn daarvan om haar eie liedjies op die verhoog te sing en Xander Vermeulen, eienaar van ’n musiekmaatskappy, wil help. Maar haar eks, die sanger Ingo, kan alles beduiwel. In Liefde sonder hawe bring Isabeau 17 jaar van haar lewe op ’n seerowerskip deur terwyl die hoop vervaag dat sy haar jeugliefde weer sal sien. En dan verskyn seerowerjagter Armand du Bois op die toneel.

Omnibus 10 deur Louisa du Toit (Tafelberg): In Mense van die môre herleef Bina O’Connell se liefde vir Dawid, die seun van oom Kola wat haar grootgemaak het, toe Dawid met sy vrou en kind uit die Kaap terugkeer. ’n Jong predikant word Bina se vertroueling en dan daag iemand uit die verlede op. In Maak brand die lampe het Ester Hartman se nuwe baas, Denis Dalton, se meisie hom verlaat en hy bied vir Ester sy woonstel aan. In Een lang winter treur Elise Tredoux oor Flip Kammerer en wonder of hy haar versorging van die bejaarde Ophelia net as verskoning gebruik het om uit die verhouding te kom. Intussen hou sy die pot aan die kook met musieklesse. Sy worstel met onwillige leerders en alle soorte ouers en voogde, onder wie die moeilike Robin Stokes.

WEN! WEN! WEN! WEN! WEN!

Een gelukkige leser van Die Pos kan vandeesweek al vier boeke op ons Boekeblad wen: Melodie Omnibus 1, Keur 10 deur Ena Murray, Omnibus 7 deur Annelize Morgan, asook Omnibus 10 deur Louisa du Toit. Al wat lesers moet doen om in aanmerking te kom vir die prys, is om voor 15:00 op Vrydag, 12 Augustus, ’n SMS te stuur na tel. 083 654 5820 met hul naam, van en die dorp waar hul bly. Mense wat reeds vanjaar boeke gewen het, moet asseblief nie weer inskryf voor 2017 nie.

Hierdie vier maande oue opregte pitbull-terriër het op Dinsdag, 3 Augustus, in die omgewing van Berg- en Van Biljonstraat op Modimolle weggeraak. Sy naam is Max. ’n Beloning word aangebied vir die persoon wat hom by sy eienaars kan terugbesorg. Bel vir Irene by tel. 082 301 5008.

Dié tefie het hulp nodig om weer by haar eienaars uit te kom. Sy is ongeveer drie jaar oud en moontlik gesteriliseer. Sy dra ’n bruin leernekband. Sy is by die Kranskop-dierekliniek op Modimolle en wag dat haar mense haar kom haal. Vir meer inligting skakel tel. (014) 717 5996.

Troetelbrokkie Twee reunhonde van Modimolle is gratis beskikbaar aan mense wat goeie huise vir hulle kan bied. Die een is ’n swart

labradorkruising van sowat 18 maande en die ander is ’n skaaphondkruising van ongeveer twee jaar. Skakel tel. 076 7710 114. **********

Bea Emslie

Ek luister graag na voorstelle ten einde ons diens op te skerp. Sel: 083 654 5819 Faks: (014) 736-3428 e-pos: diepos@icon.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Pos 12 Augustus 2016 by Die Pos koerant/newspaper - Issuu