Bladsy 16
diepos.linmedia.co.za
5 Oktober, 2012
DIE POS/THE POST
Blomskoonheid gedy van vlei tot tuin Ena Boshoff
a b Mnr. Gustav en me. Yvonne Erlank van Modimolle is op Vrydag, 5 Oktober, 55jaar getroud. Dié egpaar bly al vir 12 jaar op Modimolle. Mnr. Erlank het op Woensdag, 13 Junie, sy 80ste verjaardag gevier en me. Erlank op Maandag, 11Junie, haar 75ste. Hulle het ses dogters, een seun, 21 kleinkinders en drie agterkleinkinders.
Varkore is op hul gelukkigste in water. Foto: Herman Steyn
Een van die gunstelinge van bruidsruikers deur die eeue heen is sekerlik die skone wit varkoor (zantedeschia aethiopica) wat nie net in ons tuine groei nie, maar ook in massas in vleie. Hierdie spierwit lelies is ’n simbool van kuisheid, reinheid en onskuld. In die warmer dele van die land is hulle immergroen maar in kouer dele is hulle dormant in die winter. Vroeg-lente is varkore gewoonlik in blom en kan ’n mens hul skoonheid bewonder. Die plante moet baie water kry. Inteendeel, die wit varkore verkies om in water te staan soos in moerasse — dan floreer hulle. Die plante is ook baie lief vir mis as voeding. Daar is agt spesies varkore. Die geel varkoor (Z pentlandii), ook bekend as die Mapoglelie, verkies om in vol son te groei en kom in rotsriwwe in die ooste van Mpumalanga voor. Dit blom in November en Desember en die heldergeel bloeiskede met ’n diep-pers of swart kol by die basis maak daarvan een van ons mooiste varkore. Die rooi- of pers varkoor (Z rehmannii) se blom is kleiner maar is kleurvol en gedy in die somer.
Hulle kom inheems voor in grasvelde en op rotsagtige heuwelhange in die Vrystaat, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Swaziland. Kleure wissel van ligpienk, perserig, rooierig, effens groen en soms wit. Blomknoppe verskyn van September tot Februarie. Hulle vaar goed in vol son of ligte skadu. Die nuwe hibriede het die allermooiste veelkleurige blomme en is nou by kwekerye beskikbaar. Daar is kleure in wynrooi tot amper swart, goudgeel, appelkoos, sagte pienk, cerise en rooi. Hulle is uit spesies geteel wat in die somer blom, is dormant in die winter en hou anders as die gewone aronskelk meer van die vol son. Knolle kan in die lente geplant word. Daarna kan ’n deklaag van kompos of stukkies bas ongeveer 3cm dik oor hulle gegooi word om die grond klam te hou. Gooi gereeld nat en gee elke twee weke ’n voedsel vir die bolle. Hierdie gekleurde hibriede vaar baie goed in potte waar hul groeitoestande beter beheer kan word. Hulle sal oggendson verkies en koelte in die middag. Hierdie plante raak rustend in die laat herfs wanneer die bolle nie meer water moet kry nie of uitgehaal en gebere kan word tot planttyd in Augustus.
Kansa bring gesondheidsveldtog na Bela-Bela
CREA TIVE CREATIVE HAIR Nylstene Businesspark, Nylstroom. Salon 014 717 3610
Gedurende ’n vroue-gesondheidsveldtog hou die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) ’n papsmeerkliniek vir vroue in die BelaBela-omgewing om die risiko van servikale en vaginale kanker uit te skakel. Dié kliniek vind op Donderdag, 18 Oktober, vanaf 09:00 tot 15:00 plaas by die N.G. Kerk WarmbadWes se kerksaal op die hoek van Oosthuizen- en Parkstrate. Bela-Bela is deel van Waterberg Kansa en hul personeel bied graag hul dienste aan die publiek. Saam met dié projek op Donderdag, 18 Oktober, beplan Kansa ook ’n Koppie vir Kansa, beter bekend as CUPPA. Koffie en tee sal heeldag by die saal bedien word deur die Kansa Vrywilligers van Bela-Bela. Almal is welkom en donasies sal waardeer word. Tydens dié geleentheid sal ook meer inligting oor Kansa en kanker beskikbaar gestel word. Vroue wat belangstel om dié
Hair Stylists
Spesiale aanbiedinge KOM BEDERF JOUSELF NOU! • Spesiale pryse op Hairtec haarverlengings • Verskaffers van haarprodukte
Nylstroom Boet Venter vir alle NAAIMASJIEN HERSTELWERK R250 vir 'n diens. Ons slyp alle omkaplemme
072 496 5998
kliniek by te woon, moet asseblief nie later as Woensdag, 17 Oktober, by me. Petra van Staden ’n afspraak maak nie. Bel haar by tel. (014) 736 3547 of by tel. 073 301 1696. Ná die papsmeer sal daar ook ’n borsondersoek gedoen kan word en beide ondersoeke kos slegs R120. Die Kansa-personeel sal ook beskikbaar wees om ’n siftingstoets te doen vir die vroeë opsporing van prostaatkanker. Die kostes hiervoor beloop R60 en word gedoen deur die vinger te prik en die bloedmonster te ontleed, alles binne vyf minute. ’n Verhoogde telling sal na ’n dokter verwys word. Verdagte moesies kan ook gratis deur die verloop van die dag ondersoek word. Vir enige navrae, bel me. Anda Bornman by tel. 083 439 2096 of tel. (014) 740 0126 of bel me. Wilna van den Heever, Kansa se gesondheidskoördineerder, by tel. 082 493 1884.