Die Pos 3 November 2017

Page 26

Bladsy 26

DIE POS/THE POST 3 November, 2017

NUUS/NEWS

www.diepos.co.za

Wie om te bel as aanvallers toeslaan X Andries Heyde Andries vanvan derder Heyde Sedert die kommandostelsel jare gelede amptelik ontbind is, het buurtwagte die leisels oorgeneem en speel hulle ’n belangrike rol in misdaadvoorkoming. Janes Boshoff, voorsitter van die AfriForum-tak op Bela-Bela en lid van die gemeenskapspolisiëringsforum Sektor 1 (GPF), het in samewerking met Die Pos, ’n kaart en kontaknommers saamgestel vir inwoners van die Bela-Belaomgewing. Volgens Boshoff is daar tans 13 buurtwagte en veiligheidsgroepe in die omgewing. Dit sluit die buurtwagte van die Drooggekloofomgewing, Vogelstruispan,

Elandsfontein, Klein-Karibaomgewing, Eersbewoond, Bospoort, Roodepoort, Noodhulp, Turffontein, Settlers, Roodekuil/ Turfbult/Langkuil (RTL) en Radium, asook die Bela-Bela Crime Support (BBCS) in. Talle van hierdie buurtwaglede is ook met die GPF geaffilieer en skakel gereeld met die polisie. Die kontakpersone vir elke buurtwag is as volg: Charl du Plessis (Elandsfontein) tel. 078 457 1650, Emden Els (Radium) tel. 082 925 1065, Allan van Rooyen (Vogelstruispan) tel. 082 333 6613, Deon Beukes (Eersbewoond/GPF sektor 1) tel. 083 308 9502, At Odendaal (Roodepoort) tel. 072 174 1474, Corrie Nelson (Turffontein) tel. 082 574 3811, Wernich Mostert

(BBCS) tel. 082 486 8417, Hannelie Roodt (Drooggekloof) tel. 082 956 5321, Natasja Kemp (Bospoort) tel. 078 777 7176, Frik Cloete (Noodhulp) tel. 082 951 6278, Kobus Germishuys (Klein-Kariba) tel. 081 249 4978, Chris Esterhuizen (RTL) tel. 082 807 7933 en Maritz Grobler (Settlers) tel. 082 492 3261.

A

Dié kaart dui al die buurtwagte in die Bela-Bela-omgewing aan. Mense word aangeraai om met die buurtwag in hul onmiddellike omgewing kontak te maak om ’n aktiewe rol in misdaadvoorkoming te speel.

Veiligheid kom teen ’n prys Die Heritage Protection Group (HPG) is ’n niewinsgewende organisasie. Dié spesialiseenheid wat uit deurwinterde oudpolisiemanne bestaan, reageer op ernstige geweldsmisdade in Limpopo. Die woorde “HPG” en “plaasaanval” is al sinoniem. Volgens Steven Vermaak, een van die direkteure, het HPG vanaf 2015 tot in Januarie vanjaar 148 aanvalle hanteer en 242 mense in hegtenis geneem. Goeie ondersoekwerk lei daartoe dat misdadigers lang vonnisse kry en talle aanvallers wat hulle vasgetrek het, sit lewenslank agter tralies. Vanaf Januarie vanjaar tot op

hede het hulle 37 aanvalle hanteer en 87 mense in hegtenis geneem. Die organisasie steun egter op donasies om hul werk te verrig. Volgens Vermaak veil hulle items wat geskenk is op en maak staat op gereelde donasies. Hulle kyk ook na die installasies van effektiewe alarmstelsels op plase, wat slegs deur ’n toegewyde span geïnstalleer sal word. “Ons wil sakelui bewus maak daarvan dat ons ’n artikel 21maatskappy is en dat hulle 10% van hul skenkings van belasting kan afskryf,” het Vermaak gesê. Vir meer inligting, bel vir Vermaak by tel. 082 316 7760.

FARM QUOTES Agriculture for an honorable and highminded man, is the best of all occupations or arts by which men procure the means of living. — Xenophon It is obvious that the greatest and most important service that is required of our agriculture under existing conditions is an enlarged production of the staple food crops. — David F. Houston

Internetgebruikers kan ook Die Pos se webtuiste besoek deur hierdie QR-kode te skandeer met ’n selfoon.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.