Die Pos 10 November 2017

Page 11

VROUE/WOMEN

www.diepos.co.za

DIE POS/THE POST

10 November, 2017

Bladsy 11

Wees slim en soek vroeg vir kanker

B

C

Corietha en Jurie Müller is op Saterdag, 26 Augustus, op Mookgophong getroud. Die onthaal is in ’n lemoenstoor buite die dorp op ’n eg Boere-Meksikaanse manier gevier. Corietha is Gerhard en Marietjie Steenkamp van Mookgophong se dogter en Jurie is Thys en Cornelia Müller van Lephalale se seun. Die egpaar bly op Mookgophong waar Corietha Die Kat Kom Weer-kunskafee bedryf en Jurie raamwerk doen. Foto: Mense met Gesigte

A

Ria Strydom van Lephalale het op Dinsdag, 17 September, ’n eetbare kantversiersel vir koeke-kursus vir die Vroue Landbouunie (VLU) se Soetdoringstreek in die Settlers-boeresaal aangebied. Die Settlers VLU het die dag gereël en Strydom het ’n pragtige demonstrasie gelewer wat almal baie geniet het.

Die Vroue Landbou-unie (VLU) se Nylstroom-tak het tydens hul jongste maandvergadering gefokus op die rol wat die media in die samelewing speel. Keina Swart (middel), redakteur van Die Pos, was die gasspreker tydens die vergadering. Links is Sus Pienaar, sameroeper van die vergadering, en regs is Maureen Neethling, een van die gaste. Die vergadering is by die Abraham Kriel-kinderhuis op Modimolle gehou.

Wilna van den Heever van Kansa Waterberg besoek Bela-Bela op Donderdag, 16 November, om papsmere, borsondersoeke en velontledings te doen. Die ondersoeke vind van 08:00 tot 16:00 by die kerksaal van die NG Gemeente Warmbad-Wes plaas. Die papsmere word met wegdoenbare toerusting gedoen en na Lancetlaboratorium gestuur vir ontleding. Die koste vir ’n papsmeer en borsondersoek is R260 en uitslae sal binne ’n week beskikbaar wees. Sy bring ook die FotoFinder-masjien om moesies te ontleed en melanoom (velkanker) vroegtydig op te spoor. Die koste beloop R120 vir die eerste drie moesies en daarna word ’n verdere R30 gehef. Sy sal verkieslik die velontledings die middag vanaf 14:00 doen. Afsprake is noodsaaklik. Bel vir Ansie le Roux by tel. 072 031 5384 vir ’n afspraak. Vir enige navrae is Wilna van den Heever telefonies beskikbaar by tel. 082 493 1884.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.