Die Matie: 1-2-17

Page 5

NUUS

1 Februarie 2017

5

PLAASLIEFDE Oud-Matie Jacobu steel harte op Boer Soek ’n Vrou

Boer Hennie kry toe boer Arno se vrou NINA FOUCHÉ

D

ie spontane babbelbek op die negende reeks van Boer Soek ’n Vrou het toe wel ’n boer

gekry. Die onbeplande verhouding tussen en Jacobu Muller en boer Hennie Lötter van Willowmore het die reeks se onsuksesvolste seisoen nóg gered. Die Matie het met Jacobu, ’n oudMatie, oor haar blitsroem gesels.

Hoe het dit gebeur dat jou en Hennie se paaie gekruis en ’n verhouding ontwikkel het? Ons het mekaar tydens die reünie ontmoet toe ek en Arno as vriende gegaan het. Hennie het my gevra om ’n coolbag vir sy nefie in Stellenbosch af te laai. Die Sondag ná die reünie het ek vir hom ’n boodskap op Facebook gestuur nadat ek dit afgelaai het en hy het toe my nommer gevra en gebel om dankie te sê. Ons het begin praat oor WhatsApp en ek het so twee weke daarna by hom gaan kuier op die plaas. Van toe af kan ons net nie mekaar uit los nie.

Wat het jou laat besluit om vir Boer Soek ’n Vrou in te skryf?

Ek het nog altyd met my ma-hulle gespot en gesê ek gaan vir Boer Soek ’n Vrou inskryf. In die Junie-vakansie het ek toe by my suster-hulle gaan kuier en my boekie begin maak en ingestuur. Ek het dit eintlik vir die joke gedoen en glad nie gedink ek sou so ver kom nie, want ek het maar ’n persoonlikheid wat nie algemeen aanvaar word nie.

Ek sê altyd mense hou van ’n koppie tee en ek is meer soos ’n glasie lemoensap.

Het die verfilming van die reeks dit moeilik gemaak om met jou studies by te bly?

Die verfilming was gelukkig ’n tydjie van die Junie-vakansie, maar die plaaskuier en die kuier by my mahulle het gebeur in my proeftydperk. Ek het minder weke gehad om my lesse aan te bied, maar die universiteit het my later toegelaat om in die kantoor te gaan werk vir ekstra ure. Dit help ook om oor die algemeen meer “oppit” te wees, so al het ek nie baie klas geloop nie, was my take altyd klaar. Dit was hectic, maar dis doenbaar.

Jy was baie kykers se gunsteling deelnemer. Het jy verwag dat jy hierdie reaksie sou ontvang? Herken mense jou in die publiek?

Dit is vir my weird as mense vir my sê ek is hulle gunsteling. Ek sê dan maar net: “Dankie, ek is my ma s’n ook!” Dis bietjie awkward, want mens aanvaar nie maklik komplimente nie. Ten minste weet ek dat wie ek was op die televisie, is wie ek is. As jy my handtekening sien sal jy heel moontlik lag, want dis nie iets om oor aan te gaan nie en jy sal definitief nie geld kry daarvoor nie.

Jy het hierdie jaar begin skoolgee by Laerskool De Hoop in Somerset-Wes. Hoe beïnvloed hierdie new found stardom jou beroep as onderwyser?

Ek dink dit maak dit bietjie makliker vir my, want meeste kinders en ouers dink hulle ken my klaar. By die oueraand het ek daar gestaan en almal het my klaar geken. Dis makliker want ek ontmoet dalk nuwe mense, maar die mense voel hulle kan gesprekke aanknoop omdat hulle my reeds “ken”. In daai opsig moet ek maar mooi dink oor wat ek doen en waar ek myself bevind, maar verder steur ek myself nie veel oor die sogenaamde fame nie.

Wat is van jou gunsteling herinneringe aan jou tyd op Stellenbosch? Wat dink jy sal jy die meeste mis?

As ek moet eerlik wees, die feit dat jy kan besluit of jy nou na daai 8 uur klas toe wil gaan of nie. Ek het nie nou die keuse nie. Nee, ek spot sommer. Ek mis Tollies en ek gaan Nubar ook mis in ’n mate. Behalwe vir dit is dit net daai lekker tye waar jy in die klas kan sit, iemand kan vir jou ’n boodskap stuur dat jy hulle in die Neelsie moet kry en jy voel nie eers skuldig dat jy jou volgende klas mis nie, want jy weet jy gaan nou people watching doen saam met iemand. Die hele “vind jouself”-vibe en die mense wat jy ontmoet wat jy weet jy eendag na jou troue toe gaan nooi, dis wat ek die meeste mis.

Hoe het jy en Hennie dit reg gekry om vir so lank julle verhouding ’n geheim te hou? Ek het baie gaan kuier in Willowmore. Ek sou sê ek het in my laaste kwartaal van universiteit net so drie dae klas toe gegaan. Daar is nie baie mense in Willowmore nie, so toe almal van

Foto: VERSKAF

BOER KRY SY VROU Hennie Lötter en Jacobu Muller. hulle weet, was dit gemaklik. Ons kon glad nie foto’s op sosiale media sit nie en as daar mense ons saam gesien het, het ons nou maar mooi vir hulle verduidelik dat ons respek het vir die reeks en ons wil dit nie vir die ander kykers ruïneer nie. Dit was moeilik, want kan jy nou dink jy is só verlief op iemand, maar julle mag nie eers ’n foto saam hê nie en julle moet in die publiek maak asof julle net vriende is. Ek dink wel dit het ons verhouding sterker gemaak.

As jy en Hennie op dieselfde tyd studente was in Stellenbosch, wat sou jou idee van ’n perfekte date op ’n studentebegroting wees? Ek sou hom vat na ’n rivier of dam toe en ’n piekniek hou. Ons sou net die sterre en mekaar se geselskap waardeer. Op ’n ander dag kon ons weer net op ’n Sondagoggend deur Stellenbosch se strate stap en stop daar waar die koffie die lekkerste ruik.

MCLAREN

Woede oor dieretoertjies in sirkusvertoning ARLEEN STONE

Janie Visser, ’n dieetkundestudent by die Universiteit Stellenbosch (US) se Tygerberg-kampus, het in Oktober as eerste prinses by die mej. Dowe Suid-Afrikakompetisie weggestap. Sy is ook as mej. Persoonlikheid gekroon. Volgens Visser het ’n onderhoud met die voormalige mej. Dowe Suid-Afrika, Vicki Fourie, haar laat besef watter groot dinge bereik kan word deur harde werk en volharding. Visser het Sense 5 verlede jaar begin, ’n projek wat hoofsaaklik praatjies by laerskole hou om geld vir die Decibel Cochlear Campaign in te samel. Decibel Cochlear Campaign doen kogliêre inplantings vir mense wat dit nie andersins kan beskostig nie. - Elodi Troskie

McLaren-sirkus het Matie-aktiviste vir diereregte laas week die harnas ingejaag. Die sirkus, wat van Donderdag tot Sondag by die Van der Stelsportgronde opgeslaan het, gebruik Bengaalse tiere, leeus, kamele, ponies, perde, bokke, donkies, luislange en poedels in hul vertonings. Die gebruik van dié diere het ’n bekgeveg op Facebook tot gevolg gehad, toe diereliefhebbers en sirkusliefhebbers mekaar aangevat het. McLaren Circus – Free the Animals, Beauty Without Cruelty, Peaceful Protest against McLaren Circus/Animal cruelty en die koopen-verkoop-groep Stellenbosch Second Hand het die sirkus van dieremishandeling beskuldig. Alicia Jooste, administrateur van die Stellenbosch Second Hand, en Duncan McLaren, broer van die sirkuseienaar David McLaren, het ook met mekaar slaags geraak.

Volgens Jooste is sy ’n diereliefhebber en –aktivis en het sy die platform en volgelinge om bewusmaking te skep. “Die diere word nie in hul natuurlike habitat gehuisves nie en is op die pad en in hokke vir meer as 90% van hulle lewens. “Hulle word gekondisioneer en met ongunstige metodes opgelei wat vir hulle traumaties is. Die grootste probleem wat ek hiermee het, is dat Stellenbosch Munisipaliteit toegelaat het dat die geleentheid na Stellenbosch gekom het,” het Jooste verduidelik. Volgens Jooste het sy talle e-posse aan die munisipaliteit gestuur, maar is daar volgehou dat die sirkus al die nodige dokumentasie gehad het en is daarom toegelaat om op te tree. “Die probleem is nie dat hulle die dokumentasie het nie, die probleem is dat die munisipaliteit toelaat dat die sirkus hier optree, wat die gebruik van diere in sirkusse bestendig,” het Jooste gesê.

Volgens David is al die toertjies wat die diere doen binne hulle natuurlike vermoë en dat hulle slegs twee keer per dag vir ’n paar minute optree. Hy meen die persone wat teen die gebruik van diere in sirkusse is, kyk nooit na die vertonings nie en weet nie presies watter toertjies sy diere uitvoer nie. “Ek gebruik positiewe metodes om my diere op te lei. Al my leeus en tiere het hulle naels en kloue. Die dierebeskermingsvereniging (DBV) besoek my gereeld,” het McLaren gesê. Van der Stel-sportgronde se Suzaan Jones het aktiviste verseker dat die nodige permitte vir die hantering van die diere ontvang is. Stellenbosch Animal Welfare Society Stellenbosch (AWSS) en Kaapstad se DBV sou glo ook ’n inspeksie van die terrein en die diere doen. Jessica Perrins, hoof van kommunikasie by die AWSS, het egter ontken dat enige van hulle personeel of Cape of Good Hope DBV se inspekteurs ooit die sirkus geïnspekteer het.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Matie: 1-2-17 by Die Matie - Issuu