6
DAG & NAG
Dag & Nag Bietjie Liefde by die Dam
L
Liefde by die Dam is terug in die Kaap vir die tweede keer. Dominique Fuchs praat oor wat verwag kan word hierdie jaar.
iefde by die Dam 2.0 maak op 16 November weer ’n verskyning in die Kaap by Meerendal Wynplaas. Die show is vernoem na Valiant Swart se trefferliedjie en moet magical wees, want verlede jaar het iemand propose op die verhoog. The Voice SA-wenner, Tasché Burger, gaan vir die eerste keer hier optree saam met ander bekendes soos Die Heuwels Fantaties, Francois van Coke, Early B, Majozi en Loki Rothman. Die legendariese Arno Carstens gaan ook vir die eerste keer optree by die Liefde by die Dam-reeks en gaan meestal liedjies van sy album Die Aandblom 13 en ’n paar van sy wêreldbekende liedjies speel. Schalk Bezuidenhout, die geliefde komediant, sal die event interessant hou deur die gasheer te wees. Bezuidenhout het ook gesê dat mens meer liefde kan gee vir ander: “deur te reply! Niks wys ’n gebrek aan liefde soos geen antwoord op WhatsApp nie, of dit nou jou meisie of jou ma is. Die mense met die koudste harte in hierdie wêreld is die mense wat jou boodskap lees en jou los met twee blou ticks en ’n gebroke hart.” Lukraaketaar, ’n akoestiese musiekduo wat na 11 jaar weer terug
is op Suid-Afrika se musiek-scene, gaan ook te siene wees. Dié duo bestaan uit die gesoute Pierre Greeff, geliefde voorsanger van Die Heuwels Fantasties, en Alwyn Kotzé. Nes vele ander musiekgroepe het hul reis in die geliefde Bos begin. Pierre Greeff, een van die organiseerders van Liefde by die Dam sê: “Meerendal met die wynlande en berge as prentjiemooi agtergrond is die ideale venue vir ons Kaapse konsert. Hierdie jaar maak ons meer spasie vir konsertgangers en daar sal ook meer kroeg-fasiliteite wees. Kom kuier saam!” Soos die meeste jongmense hoop ek van harte dat daar minder ouer garde by hierdie jaar se Liefde by die Dam sal wees nadat ek laasjaar een van my hoërskoolonderwysers raakgeloop het. Verlede jaar was ’n stowwerige affêre met sand wat óral vasgesit het. Liefde by die Dam is effens misleidend, want ’n mens kan nie daarin swem om van die sanderigheid ontslae te raak nie. Berei jouself voor op die afgryslike Kaapse wind, afgryslike duur drankpryse, ’n afgryslike verkeersopeenhoping, maar een moerse jol. Maak gereed vir “Dagdronk”,
DAARSY BOYS Francois van Coke verlede jaar by Liefde by die Dam. Foto: Verskaf want by Liefde by die Dam is dit nie net ’n liedjie in die agtergrond nie, maar ’n realiteit vir lede van die gehoor. Geen vloeistowwe mag ingeneem word nie en kaartjies is steeds beskikbaar op Howler teen
R195. Dit begin om 9:00 en sal 18:00 eindig. Die event is kontantloos en geld kan voor die tyd op ’n Howler-armbandjie gelaai word. Vir die kosvrate sal daar ’n verskeidenheid kostrokke beskikbaar wees om hul cravings te demp.
Liefde Wen samel na die afloop van die konsert komberse in vir minderbevoorregtes. Greeff sê: “Ons help graag ander, bring jou kombers en los dit na die konsert. Liefde Wen sal seker maak dit kry die regte huis.”
How to get your scare on this Halloween CHRISTOPHER JOUBERT
LET this be your guide to some of the best Halloween festivities to get you ready for scary season in Stellenbosch. Halloween season has already begun in Stellenbosch with festivities such as the Pulp Cinema Club’s screening of Carrie and dress-up party on 17 October. Also, last Friday Happy Oak hosted the Halloween Edition of Drakefest. If you have not been able to attend any of these functions then fear not, because there will be a large variety of Halloween festivities tailored to you.
The Monsters Ball takes place this Friday at Aandklas and is the annual monstrous dress-up event with a R1000 cash prize to the best dressed person. There are going to be some scary drink specials spilling around the bar and some creepy décor for what is promised to be one of the craziest Halloween parties on offer at Stellenbosch. The University of Stellenbosch Wine Culture Society (USWCS) will be hosting their closing function at the Neelsie on 25 October. The party is called Terror in the Woods and will be “the culmination of every dark twisted fairytale that was never meant to be a Disney hit, but rather the original Brothers’ Grimm vision”.
Tickets are currently on sale, with R50 for members, R100 for non-members and R120 at the door. This will include unlimited wine, the USWCS infamous punch and some pizza! The Halloween Forest Night Run at Muratie Wine Farm is on Thursday 31 October. This is for those whom are willing to brave the dark forest and run either a five or ten kilometre single track with a prize for the best Halloween costume. The evening will be a lot of fun for anyone with an interest in running and who enjoys Halloween festivities. For those wanting to get out of town for the night, the Hey Joe Brewing Company will be throw-
ing a Halloween party on 1 November at La Brasserie farm in Franschhoek. With tunes supplied by DJ Charl van Zyl and prizes for the best dressed, this event is going to be a lot of fun. Also, The Hey Joe Brewing Company will give you a free beer if you dress up. And free beer is the best type of beer out there! Cape Town is also hosting a number of Halloween parties all around town. With events at Wonderland Club this Friday, Evol on 1 November, Mercury Live on 2 November and plenty more. This Halloween promises to be a party!