Die Cedartjie September 2016

Page 5

Posbus 478 Citrusdal, 7340 admin@pomario.co.za

Fasiliteerder: Teresa Smit 083 236 4320 Voorsitter: Jaco Brand 084 589 9255

Pomario verwelkom graag vir Jo-né Syster en Monica Mostert as voltydse klashulpe. Hierdie twee hulpe bied ook nasorg by Pomario aan. Ons is ook baie opgewonde om juf. Sybil van Wyk by ons personeel te verwelkom vir hoofsaaklik Graad 8 en 9 Wiskunde-onderrig. Juf Sybil bied ook kunsklasse by Pomario aan. Ons skool hou ’n heerlike 4x4-voertuigdag op 17 September. Na afloop van die 4x4-aktiwiteite sal daar ’n dans en ete gehou word by Koningskop.

ONDERWYS, OPSIES, STRUKTURE EN DIE TOEKOMS Sprekers : Janet Zandberg (Wes-Kaap Impakverteenwoordiger) Juran van den Heever (Solidariteit) Plek : Bydidam Datum : Maandag 19 September 2016 Tyd : 18.30 Ligte ete en soetwyntjie (kontantkroeg beskikbaar) RSVP asb. teen 15 September by admin@pomario.co.za of Teresa 0832364320. Die aand beloof om interessant te wees en antwoorde op ons vrae te verskaf. Moet dit nie misloop nie!

Enige ouers wat leerders vir 2017 wil inskryf kan inskrywingsvorms by die skool kom afhaal of dit aanvra per e-pos. Op 30 September hou ons ’n dans om afskeid te neem van matriekleerder Abrie Snyers. Die geleentheid sal by Karnemelksvlei, Lizette en Gerrit van der Merwe, gehou word. Ons nooi vriende en familie van die skool om kaartjies te koop en die spoggeleentheid met ons te kom deel. Julie : Pomario se goeie daad vir die maand! Heel Links: Pomario se hoërskoolleerders het elkeen kruideniersware geskenk vir ’n gesin.

Links: Die laerskoolleerders het ’n kombers gemaak deur elk ’n blokkie te brei. Die kombers is geskenk aan iemand wat ons graag gelukkig wou maak.

Personeel 2016: Links na regs: Donneigh Retief, Teresa Smit, Sybil Anne Van Wyk, Lerine Bothes, Jo-Né Syster, Monica Mostert, Lizanne Hattingh. Die Cedartjie

September 2016

bl. 5


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.