The bulletin newspaper 16 february 2018

Page 9

16 February 2018

SPORT SCHOOL

Oosterland bedank borge Hoërskool Oosterland het Donderdagaand ‘n besonderse funksie gehou om hul borge en ondersteuners te bedank en ook ‘n paar van die skool se toekomsplanne bekend gemaak. Borge het die geleentheid gehad om die skool se orkes in aksie te sien voor die funksie amptelik met skriflesing en gebed geopen is. “Oosterland is vanjaar 30 jaar oud en ons is baie trots op wat ons reeds bereik het. Hier het ongelooflike groei en ontwikkeling plaasgevind,” het Billy Fick, beheerliggaamvoorsitter, gesê. “Die skool kyk na die totale kind en nie net na die individu nie en dit is ‘n goeie belegging om ‘n borg vir dié skool te wees. Buiten vir die borg se eie voordeel, maak dit ook deure vir die kinders oop,” het hy gesê. Die skool bars uit sy nate en in ‘n poging om geen leerder te benadeel nie, beoog die skool om nog

klaskamers te bou en hul orkes en ander aktiwiteite uit te brei. Liné de Vries, bemarkingsbeampte vir die skool, het nie net aan borge gewys wat hul reeds doen nie, maar ook wat hul vir die toekoms beoog. “Ons is in die bevoorregte posisie om persoonlik betrokke te wees by ons kinders. Ons het julle ondersteuning en geldelike bystand nodig, of dit nou R50 of R500 is. Ons wil hê ons kinders moet aanhou groei,” het Liné gesê. Westvaal Isuzu het ook ‘n nuwe bakkie aan die skool geskenk Die formaliteite is afgesluit met heerlike vingeretes, sap en wyn wat gaste die geleentheid gebied het om mekaar van nader te leer ken. Oosterland bedank graag die volgende borge: Fidelity Sekuriteit (Secunda), Seef Secunda, LLL Construction, Perfektum en Westvaal Secunda.

SERVICES

To Advertise Call Elzette Botes en André Schwab van Fidelity sekuriteit

Elzette Botes en Billy Fick van Seef

Hannelie: 082 789 2529

Opwinding heers by atletiek Laerskool Kruinpark het Woensdag die Hoëveldgroep Atletiekbyeenkoms op Secunda Stadion aangebied. Ses laerskole het dié vriendskaplike byeenkoms bygewoon waaronder Laerskool Goedehoop, Laerskool Kruinpark, Laerskool Oranjegloed, Laerskool Marietjie van Niekerk, Laerskool Standerton en Laerskool Pionier (Volksrust). Daar was ‘n

017 631 1903 • 017 631 1845

totaal van 84 items wat in 7 fases plaasgevind het. ‘n Slagspreuk wat op hul toegangspamflet te sien was, was bemoedigend op baie vlakke. Dié slagspreuk lui: “Sukses in die lewe word behaal wanneer jy doodeenvoudig weier om op te gee, met ‘n doel so sterk dat hindernisse, mislukkings en verlies slegs dien as motivering.”

Marlize van Rooyen, hoofdogter van Marietjie van Niekerk, het oor die hekkies gevlieg toe sy teen ander o/13 dogters deelgeneem het.

9

To advertise call: 017 631 1903 017 631 1845 or Hannelie 082 789 2529


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.