Bloemnuus 20140404

Page 1

VRYDAG 4 APRIL 2014

”Live”

Soektog

Platinumprinses maak ’n draai

Stoffel wonder of boom nog staan

bl. 8

WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA

WWW.BLOEMNUUS.MOBI GRATIS

bl. 3

Op die spel

Wen 10 kaartjies na die skou

bl. 10

Wen met jou foto’s

Paastyd byna hier

Goeie Vrydag val vanjaar op Vrydag 18 April en Maandag 21 April is Gesins­ dag. Hier kuier die sussies Lisa (3) en Lana (6) van Deven­ ter met Beesblaas, hul reuse­ Vlaamse haas, op lowergroen gras. Dié skaars haassoort kom as hy geroep word – nes hul honde. Rochelle van Deventer is met dié foto ’n eetbewys van Rosie’s Brasse­ rie in die Windmill­ casino ryker. Stuur gerus foto’s na jens.friis@media24. com. Digitale foto’s moet groter as 1 MB wees. Daar word voorkeur gegee aan foto’s wat in Bloem­ fontein geneem is. Vorige wenfoto’s is op die webblad www.bloemnuus. co.za te sien.

Foto: Maryke Venter


2

BLOEMNUUS, VRYDAG 4 APRIL 2014

Gelukkig hoef jy nie meer slakkepos te gebruik as jy ’n brief vir Bloem­ nuus wil skryf nie. Stuur dit na jens.friis@media24.com.

Briewe ontvang S Die foto’s en berigte in die afgelope twee uitgawes van die koerant was ’n treffer (“Rosestad verjaar”, Bloemnuus, 21 en 28 Maart). Ons sal graag nog heelwat meer daarvan wil sien. – Fred S Where do you dig out all these old, beautiful photos of Bloemfontein? Bloemnews takes the readers on a time machine back into the past. – Lawrence

S Jens Friis se onderhoud met Hennie Aucamp wat onlangs oorlede is, verwys (“Om te moet groet”, Bloemnuus, 28 Maart). Dit is wonderlike leesstof. Wat ’n lekkerte sou dit nie gewees het as Bloemnuus elke week ’n skrywersprofiel of -onderhoud kon plaas nie. Een keer ’n maand sou selfs beter gewees het as niks. Saam met Bernard Odendaal se rubriek is lesers verlede week sommer heerlik bederf. – Gisela Ullyatt

S Ek geniet die historiese berigte en foto’s in Bloemnuus baie. Kan dit dalk later in boekformaat uitgegee word? – Tim Taylor

S Dankie vir die kaartjies wat ek vir die ballet deur Bloemnuus gewen het. Ek het elke oomblik geniet. – Wilna van Rensburg

Maak só op FB GAAN maak gerus ’n draai op Bloemnuus se Facebook-blad. Dit is vir almal met ’n belangstelling in dié weeklikse koerant, en ons wil graag van jou hoor. Die doel van die forum is ’n oop, veilige ruimte vir jonk en oud, daarom vra ons: S Neem jou eie privaatheid en dié van ander in ag. S Hou jou plasings skoon, moenie lasterlike kommentaar lewer nie, moenie vloek nie en vermy persoonlike aanvalle. S Hou by die onderwerp. S Die blad is nie ’n plek vir gemorspos, kettingbriewe of advertensieplasings nie en dit sal

summier verwyder word. S Let asseblief daarop dat die inhoud wat aanhangers op die blad deel nie noodwendig Bloemnuus se standpunte of menings weerspieël nie. S Ons is nie verantwoordelik vir die inhoud van webskakels of foto’s wat ander deel nie. S Bloemnuus behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder of besoekers te blokkeer. As jy kommentaar sien wat jou pla of wat jy dink onvanpas is, kan jy ons verwittig – noem waar jy die kommentaar gesien het – stuur ’n e-pos na jens.friis@ media24.com.

Dit loon om soms te stop en die mooi om jou van naderby te ervaar. Dié foto is ’n vorige herfs langs die pad tussen Trompsburg en Philippolis geneem. Foto: Jens Friis

Moenie verby skouspel jaag Bernard Odendaal

REUSAGTIGE PLANT: Hillandale mag wel ’n aftreeoord huisves, maar sy grond is nog so vrugbaar soos kan kom. Henriëtte du Plooy kon haar oë nie glo toe ’n saadjie wat sy nie geplant het nie, opkom. “Dit het bly groei en groei totdat dit etlike meters groot was.” Uit radeloosheid moes sy dit eindelik laat uithaal, maar vooraf is dié foto geneem van wat vermoedelik ’n soort karkoer is. Henriëtte is ’n oud­onderwyser van Grey­kollege en neem nou by Koot Nieman waar. Foto: Jens Friis

DAAR is, ná die swaar somerreën, meer as net plekname om jou in te verkneukel as jy van Potchefstroom af Lanseria-lughawe toe koers, soos ek al om die ander naweek moet. Maar vat eers “Thyszyndoorns”. Dis waarheen ’n afdraaibordjie wys, daar kort voordat jy by Rysmierbult kom. Was Thys besitlik-trots toe hy daardie naam vir sy plek gekies het? Bitter-spottend? Of sommer bekonkeld? Soos skrywer P.G. du Plessis dalk was toe hy sý plaas, ook in daardie distrik, “Semoer!” gedoop het. Die gras reik plek-plek tot aan die skouer. Kry die veewagters aldag hul kuddes bymekaargejaag in daardie geilte?

Tussendeur staan die “Dís mos mielies!” (soos ’n saadverspreider se spogspreuk lui) in gelid op landerye wat horison toe strek: mieliekoppe in die kieliebakke, saadpluime op die kroontjies. Eenbeenwagte op die plegtigheid van die laat-somer. Op die randakkers is kosmosblomme gespatsel en gesmeer, persrooi en wit. Hulle kry nie die lente in Mexiko – hul oorspronklike, noordelike tuiste – vergeet nie. ’n Mens sou kosmosse die Paasblomme van ons wêrelddeel kon noem. In die Nederlande is dít die volksnaam vir die narsing wat, hier kort voor Pase, met sy botterbotsels die koms van die lente en die herskapenheid aankondig. Of is dit die populiere, wat oor die volgende weke hul

rimpelgroen vir geel gaan verruil, wat dié eretitel by ons verdien? Vat maar jou kar oor ’n naweek of drie, vier, en ry die Oos-Vrystaatse kontreie na. Sambreel- of naaldvormig sal hulle staan, langs spruite of naby damme, of sommerso in die veld teen die sandsteenhoogtes of die hemelblou: asemsnakke in borrie en ougoud. “Paaspamplier” – om Laurika Rauch, wat in Boerneef se Bokkevelds die geel van die “herfspamplier by Ceres” nagesing het, krom aan te haal. Om bo-oor als te moet vlieg huis toe in die Kaap, voel soos misloop van die skouspel. S Bernard Odendaal (ATKVSkryfskool van die NoordwesUniversiteit)


BLOEMNUUS, VRYDAG 4 APRIL 2014 3

Doodsklok het gelui Die boomtuin voor die gebou van die Nasionale Afrikaanse Letter­ kundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) in Bloemfontein is binnekort iets van die verlede. Die dooie bome word een vir een ver­ wyder en afgesaag. Otto Liebenberg, kurator van Naln, het gesê se­ dert die meeste van die bome in 2008 begin vrek het, het dit ook om verkeerde redes ’n baken geword. Dit is onooglik en ’n verleent­ heid. Foto: Conrad Bornman

’n Boom se storie Stoffel Cilliers DIÉ ou bloekomboom is tog ’n storie werd. Daarom bel ek my goeie vriend, Otto Liebenberg, en vra hom: “Stáán die ou boom ná al die jare nog?” Ek praat van die boom wat serwituutsreg gehad het om op die bopunt van President Brandstraat, Bloemfontein, op hierdie mees historiese straat in die stad af te staar. Otto, kurator van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln), ry elke dag werk toe daar verby. Hy weet nie van óf die boom óf die serwituut nie. Maar Otto, wat so véél kennis van ons stad en sy geskiedenis het, kom met ’n pragtige storie vorendag: “Jy praat van ’n bloekomboom. Toe Ena van der Walt nog hier by Naln navorsing gedoen het, kom sy op ’n stuk korrespondensie af waarvolgens sir George Grey opdrag gegee het dat sade van alle soorte bloekombome in Australië aan president Jan Brand gestuur moet word. En as ek nou na die destydse grense van Bloemfontein kyk, gaan my oë oop om te sien hoe die ou president die stadsgrense met bloekombome afgebaken het.” Grey is in 1861 uit die Kaap weg na Nieu-Seeland, waar hy parlementslid en later eerste minister geword het. Jan Brand was vierde president van die Vrystaat van 1864 tot 1888. G’n wonder hulle sê sir George Grey was sy tyd 50 jaar vooruit nie. Maar ek en die ou boom: In 1961 loseer ek as ongetroude in ’n buitekamer by die susters Baer, wat op die hoek van Zastronstraat en President Brandstraat bly. ’n Vorige, kunstige

Stoffel Cilliers, ’n jare lange inwoner van Bloemfontein, het na ’n boom gaan soek wat hy uit sy jong dae ont­ hou. “Maar sy plek ken hom nie meer nie.” loseerder het die kamermure vol Boesmanskilderye uitgeverf. Agter die buitekamer toring ’n baie hoë, baie ou bloekomboom die lug in. Die twee Duitse susters, breedgeskouerde, dominerende Martha, en kleine, teruggetrokke Frieda, is natuurgenesers wat ek nooit sonder hul wit verpleegstersuniforms en outydse driehoekige sluiers sien nie. Hulle verskyn selde op straat en ontvang hul pasiënte in hul huis. Hulle is kunsliefhebbers en het een van die grootste skilderyversamelings in die stad. Waar hulle die geld kry om nuwe skilderye te koop, kry ek nooit uitgepluis nie. Veral een Otto Klar-landskap betower my. Die twee is ook baie lief vir musiek. Die Vrystaatse Strykkwartet is pas die vorige jaar gestig. Die leier en eerste violis, Jack de Wet, besoek hulle dikwels. Die susters Baer het nie

eie vervoer nie en ek moet soms saans taxi speel. Dit is vir my verbasend om te sien in watter hoë sosiale kringe hulle beweeg. Die twee het besliste standpunte oor verskeie sake. Een is die rassekwessie. Een goeie dag verhuur hulle hul huis om te kyk of hulle nie meer tuis sal wees in die Kaap met sy oorvloed kuns en kultuur nie. Ek gaan soek vir my ander losies. Nie drie maande later nie, is hulle terug. “Weet jy wat!” vertel Martha vir my met groot oë toe ek haar op straat raakloop. “Ons sal nóóit in die Kaap regkom nie! Die bruin mense ry dan daar saam met die wit mense in dieselfde bus!” Hulle het voorwaar onwrikbare standpunte. Daarom, toe hulle uiteindelik die huis aan ’n motorhandelaar verkoop, is dit met ’n serwituut: Die ou groot bloekomboom agter die buitekamer moet net so bly staan. So was dit dan ook. Die boom het baie jare daar gestaan en is net deur die reën gevoed. Totdat hy heeltemal verdroog het. Selfs toe nog was hy soos ’n eensame wag wat stilweg magteloos toekyk hoe die een trotse baken ná die ander in die trotse geskiedkundige President Brandstraat in die naam van sogenaamde vooruitgang die knie buig. Vanmiddag, ná 53 jaar, het ek die ou boom gaan soek. Nee, sy plek ken hom nie meer nie. Waar die susters Baer eens kunstenaars onthaal en mooi skilderye vertroetel het, is nou moderne geboue en baie beton. G’n boom nie. Wat sou president Jan Brand daarvan gesê het?


4

BLOEMNUUS, VRYDAG 4 APRIL 2014

Wel en wee

Die tweeling Melinda Rossouw en Marlene Hamman word vanjaar 55. Bloemnuus ontvang graag foto’s van identiese tweelinge wat ouer is as 40 jaar. Stuur foto’s na jens.friis@media24.com.

Eenders en anders

S Die volgende mense in Bloemnuus se lesersgebied is oorlede: * Jannie Meyer (gebore 1917) * Anna Maria Venter (gebore van der Merwe) (1917) * Patricia Julia Grey (1947) * James Blacklaw (Jimmy) Veitch (1928) * André Bredell (1950) * Jane Lilian Kamies (gebore Crowder) (1951) * Rudolph Jacobus (Boela) Venter (1980) * Gert Smith (1940) * Suzette Botha (1962)

S Quintin en Madelein Venter van Lilyvale, Bloemfontein, is ’n seun ryker. Evan Venter is verlede week in die Mediclinic in die stad gebore. S Die volgende personeel van EY (Bloemfontein) het die eksamen vir die Initial Test of Competence (ITC) geslaag: * Adel Loots * Tanya Venter * Samantha Wildt * Rehan Naudé * Janine van Dyk Akademiese klerke (EY by die Universiteit van die Vrystaat): * Henry Magosho (Johannesburg) * Tshegofatso Sebeela (Bloemfontein) * Barry Fichardt (Bloemfontein)

Andries en Theron van der Merwe is op 3 Januarie 1951 gebore. Op ’n gesamentlike huwelik op 17 Augustus 1974 is Andries met René (Pieter­ se) en Theron met Fia (du Toit) getroud. Albei gesinne het twee dogters.

Het jy gehoor? S Gareth Cliff, gewilde en uitgesproke 5FM-aanbieder, het sy luisteraars gegroet en dié radiostasie ná tien jaar vir groener weivelde verlaat. Dis nog onbekend wat hy nou gaan doen. S Michele en Schalk Burger, die Springbok- en Stormer-flank, is ’n babaseun, Nicol, ryker. Hul ander seun, Schalk jr., is 19 maande oud. S Marlene van Niekerk word vanjaar die tweede keer met die Hertzogprys bekroon. Die Hertzogprys is die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se prestigeprys vir Afrikaanse letterkunde en word jaarliks om die beurt vir poësie, drama en

verhalende prosa toegeken. Van Niekerk ontvang die Hertzogprys vir poësie vir haar bundel Kaar wat verlede jaar verskyn het. Van Niekerk het in 2007 ook die Hertzogprys vir prosa met haar roman Agaat gekry. S Christoff Becker, een van die sogenaamde “Waterkloof-2” wat die naweek weer met ’n selfoon in sy besit in die tronk betrap is, mag vir die volgende 31 dae geen besoekers kry of enige oproepe maak nie. Die DKD sal in die komende week ook besluit of Becker na ’n ander gevangenis oorgeplaas sal word. S Niekie van den Berg, oud-DALP, het na die VF+ oorgeloop.

S Die Suid-Afrikaanse Raad vir Sakevroue het ’n nuwe tak in Bloemfontein gestig. Alda Roux is tot voorsitter verkies, terwyl Alda Fourie en Elmarie Prinsloo die mede-ondervoorsitters sal wees. S Danie Joubert, organiseerder van ’n fietstoer ter bewusmaking van mansgesondheid, het op die ou end wel dié toer meegemaak. Bloemnuus het verlede week berig dat Danie voor die fietstoer begin het, toetse laat doen het om seker te maak hy is gereed daarvoor en moes toe hoor hy moet ’n hartoperasie ondergaan. Nog toetse is gedoen en Danie het wel toestemming gekry om die toer mee te maak, maar slegs as organiseerder. “Hy mag nie trap nie, want daar wag wel ’n hartoperasie op hom sodra hy veilig in Bloemfontein terug is,” sê sy vrou, Kitty. Die groep het Sondag uit Bloemfontein vertrek. “Hulle vorder sover vinniger as wat hulle beplan het.” Hou Bloemnuus se Facebookblad dop vir foto’s oor dié fietstoer. S Wilna van Rensburg en Santjie Maree het kaartjies op www.bloemnuus.co.za na die ballet in die Sand gewen. S Ans Coetzee het laat weet dat Athalia Uitreik op 1 April Huis Dankbaar op die hoek van Van Heerdenweg en Faurelaan geopen het. Die huis bied versorging aan 24 bejaarde en gestremde mense. Met die opening van die huis versorg Athalia nou 160 inwoners. Bloemnuus bied jaarliks die Ouma-en-Oupa-kompetisie in samewerking met Athalia aan. Bel Ans by 082-467-6471 as jy meer van Huis Dankbaar wil weet of kan help.

Bok van Blerk, die sanger, en Hanna Grobler, wat bekendheid verwerf het vir haar rol in Getroud met Rugby, is die naweek stil­stil getroud. In ’n twiet het Hanna trots verklaar dat sy nou amptelik mev. Pepler (Bok se doopnaam is Louis Andreas Pepler) heet.

S Die volgende Bloemnuus-lesers het kaartjies op www.bloemnuus.co.za na Steve Hofmeyr se konsert gewen: * Choppie Engelbrecht * Suezette Basson * Amanda Kruger * Elzaan Bartheil-Koekemoer * Sarnel Kotze * Francis Pretorius * Hannetjie Husselmann * Basil Kinghorn * Lizelle van Niekerk * Senda Edeling

Aneeka Buys, a 29­year­old mother of two, has been chosen as a semifinalist in the Mrs South Africa pageant. Her goal is to develop a Female Literacy Project, as she believes an education starts at home. S Bernard Koekemoer, die man wat ’n toilet in die Mediclinic Bloemfontein met ’n vlambare tuisgemaakte toestel aan die brand gesteek het, is ingevolge ’n pleit- en vonnisooreenkoms tot drie jaar korrektiewe toesig gevonnis. Dié pa van twee is ook tot ’n verdere vyf jaar tronkstraf gevonnis wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is. Koekemoer het skuld ingevolge ’n pleit- en vonnisooreenkoms op ’n aanklag van brandstigting voor streeklanddros P.W. da Rocha-Boltney erken. Bernard is met bipolêre gemoedsversteuring gediagnoseer. S NJ Zaayman, ’n leerling aan die Hoërskool Sentraal, is in Waverleyweg van sy fiets af gery. ’n Bakkie het sy agterwiel getref. NJ het verskeie sagteweefselwonde opgedoen en is per ambulans na die noodeenheid van die Mediclinic Bloemfontein gebring waar hy behandel en toe ontslaan is.

S Oud-inwoners van Kimberley gaan in Mei in groot getalle per motor, bus, vliegtuig en selfs motorfietse na die stad opruk wanneer ’n reünie-byeenkoms vir hulle hier gehou word. Die byeenkoms word deur Lester Burrow, self ’n oud-inwoner en nou van Kaapstad, gereël. Dit word van 9 tot 11 Mei gehou. Hy sê hy het op die idee van só ’n reünie gekom toe hy ’n paar jaar gelede ’n reünie van sy alma mater, Kimberley Boys’ High, bygewoon het. In dieselfde tyd het verskeie mense wat hy geken het en in ander skole was, by vriende in die stad gekuier. Enigeen wat aan die reünie wil deelneem of ’n moontlike perseel vir van die aktiwiteite beskikbaar wil stel, word gevra om Burrow te kontak by ljb@telkomsa.net, of by die Facebook-groep, Kimberley reunion 9-11 May, aansluit.

Chris Chameleon het by Innie Skuur opgetree. Van links is Nadia van Niekerk, Chris en Kim Catterick. Foto: Björn Coetsee


BLOEMNUUS, VRYDAG 4 APRIL 2014 5

Promotion: Free State enterPRIZE Job Creation Challenge

Win share of 75 prizes THE second annual Free State enterPRIZE Job Creation Challenge was launched on 18 March at the Windmill Casino and Entertainment Centre in Bloemfontein. This exciting competition is aimed at job creation through the development of small and medium enterprises in the Free State. The competition, which is a partnership between the International Labour Organisation (ILO)

and the Department of Economic Development, Tourism and Environmental Affairs (DETEA), the Small Enterprise Development Agency (Seda) and the Flemish International Cooperation Agency (FICA), will see contestants compete to win one of 75 prizes totalling R7,5 million. This year’s challenge will be offering a combination of financial support and technical assistan-

ce, along with business management coaching and mentorship, which will be valuable for entrepreneurs experiencing difficulties in obtaining funding. Furthermore, sponsors including Nedbank, Microsoft, Deloitte, Blue Pencil, Microsoft BizSpark, Free State Agriculture, Petco, Gramercy Millennium Group, Development Franchising, Sport for All, PVC, New Africa, UFS,

Sponsors including Nedbank, Microsoft, Deloitte, Blue Pencil, Microsoft BizSpark, Free State Agriculture, Petco, Gramercy Millennium Group, Development Franchising, Sport for All, PVC, New Africa, UFS, CUT, Inobits and ViGO will be providing tailor­made prizes to category winners.

CUT, Inobits and ViGO will be providing tailor-made prizes to category winners. Last year alone the Free State enterPRIZE Job Creation Challenge attracted in excess of 540 entrants from aspirant entrepreneurs across the Free State. One such winner is 26-year-old Bloemfontein resident Ayanda Makhanya of Genesis Africa Investment (Pty) Ltd whose business focuses on connecting tradesmen with businesses that require their skill set or services. The business idea came from her and her colleagues’ realisation that many informal artisans skilled in plumbing, tiling, painting, electricity, carpentry and general building are underpaid due to lack of exposure, lack of qualifications and lack of funding. Jens Dyring Christensen, ILO chief technical advisor, says: “One of the important means to address the very high levels of unemployment in the province is through the stimulation of entrepreneurship and innovation allowing potential and existing entrepreneurs to identify and exploit new market opportunities thereby creating more economic growth.” A series of road shows will be held throughout the Free State with the aim of assisting and informing entrepreneurs on the competition’s workings. The roadshow details are available on the Free State enterPRIZE Job Creation Challenge website. Thereafter semi-finalists will be

Jens Dyring Christensen

David Uwah selected to participate in business training sessions with adjudication taking place in the first week of June. Three finalists in each of the 25 categories will be announced at a gala dinner to be held on 19 June. To enter the competition, or for more information, visit www.enterprizejobchallenge.co.za. Entries close on 2 May.


BLOEMNUUS, VRYDAG 4 APRIL 2014

Getroud

6

Hananja Kunz en Wouter Stieger.

STUUR ’n foto van jou onlangse troue vir gratis plasing in Bloemnuus na jens.friis@media24.com. Die kleurfoto moet minstens 1 MB groot wees. Meld watter fotograaf het vir wie waar afgeneem. Nog troufoto’s is op bloemnuus.co.za te sien.

Anton Meiring en Carla Bosch.

Hennie en Isobel Viljoen.

Chantelle en Gareth Janse van Rensburg.

Foto: Gerhardus Bosch

Foto: Gerhardus Bosch

Foto: Mandie Niemann

Foto: Heinrich Louw

Nadia Swart en Adriaan Louw.

Ernst en Lucy Mentz.

Schalk en Caludette Maartens.

Foto: Gerhardus Bosch

Foto: Freddy Strauss

Foto: Lelané Klose


Getroud

BLOEMNUUS, VRYDAG 4 APRIL 2014 7

Ben en Lettie Breytenbach.

Natascha en Francois Nieuwenhuizen.

Susan en Rico Pretorius.

Foto: Christine Watson Photography

Marie­Louise en Leon Deysel.

SAVE R20

SAVE R10

R29 0

SAVE R2

HOT CROSS BUN TRAYS (10 PACK)

1.

R25

SAVE R15 SAVE R10

GO BAKING MAD THIS EASTER AT MAMBO’S BARAZZONI RANGE

Foto: Gracin Fotografie

R69

R20

R10

Foto: Alexander Henning

SAVE R20 SAVE R20

SAVE R25 R79 SAVE R25 28cm R99 SAVE R35

SAVE R10

UP TO 70% OFF ON SELECTED BAKEWARE IN-STORE 6 CUP BIG MUFFIN TRAY

R29

SAVE R15

R20

SAVE R10

SAVE R20 R69 SAVE R25 43x29cm R69 SAVE R30 38x27cm

R39

SAVE R30

SAVE R20

EDUCATIONAL

TOYS STATIONERY STORAGE CATERING OUTDOOR INDUSTRIAL CLEANING, YOU NAME IT

BLOEMFONTEIN: TEL: 051-421 0029. WESTERN CAPE: HEAD OFFICE: TEL: 021-911 5555. KENILWORTH, GREEN POINT, BELLVILLE, SOMERSET WEST. STORES ALSO IN EASTERN CAPE: PORT ELIZABETH, EAST LONDON. GAUTENG VAAL TRIANGLE: VANDERBIJLPARK. ERRORS & OMISSIONS EXCLUDED. WE RESERVE THE RIGHT TO LIMIT QUANTITIES. OFFERS VALID UNTIL 30 APRIL 2014, OR WHILST STOCKS LAST. OPENING SOON IN RETREAT. VISIT OUR WEBSITE AT: WWW.MAMBOSPLASTICS.CO.ZA

LCA_MAM_0011_200/260_BLOEMNUUS/ONSTAD

24cm


8

BLOEMNUUS, VRYDAG 4 APRIL 2014

WENNERS: Die wenners van “SkoolBLUES” in Volksblad en Makro se kompetisies is aangekondig. Van links is Bianca Prins (bemarkings­ en geleentheidskoördineerder van die Volksblad­groep), Nicolie Marx (16) van die Hoërskool Staatspresident Swart in Brandfort, Luchell Coetzee (16) van die Hoërskool Sentraal, Brendon Venter (17) van die Hoërskool Jim Fouché en Eileen Ndewere (bemarkingsbestuurder van Makro). Makro is ’n gereelde adverteerder in Bloemnuus. Foto: Conrad Bornman

Volksblad lyk Saterdae nuut VAN Saterdag af trek die Saterdag-Volksblad ’n heel nuwe baadjie aan. Die Saterdagkoerant se formaat verander op 5 April van breëbladna ponieformaat. Lesers kan soos voorheen steeds na ’n aangename leeservaring uitsien. Om jou in dié opwinding te laat deel is lekker pryse op die spel. Jy kan ’n wegbreeknaweek na die De Oude Kraal Country Estate and Spa buite Bloemfontein wen. Dié lekkerte bied bed en ontbyt in ’n suite-kamer vir twee mense vir een aand, asook ’n spa-behandelingspakket van R3 500 vir verliefde paartjies. Jy kan ook ’n geskenkbewys van R2 500 van Prominent Paints losslaan, ’n R2 000-geskenkbewys van die Loch Logan-waterfront,

eetbewyse van R500 vir drie gelukkige paartjies in die Flames Restaurant and Bar of drie vaderlandswilgerbome van R1 200 van Urth Garden Centre. Al wat jy moet doen om vir dié pryse in aanmerking te kom is om ’n SMS met ’n spesifieke sleutelwoord na 45527 te stuur. Oor die volgende vier weke gaan dié sleutelwoorde Saterdae in Volksblad gepubliseer word wat elke keer aan een van die pryse gekoppel word. Hou Volksblad dus dop om te sien wanneer watter prys op die spel is en stuur dan jou SMS met die spesifieke sleutelwoord. Elke SMS kos R1,50. Indien jy aan die SMS-kompetisie deelneem, gee jy Volksblad toestemming om jou vir bemarkingsdoeleindes te kontak.

CREATE A NATION OF READERS: The Volksblad Group has embarked on a ground­breaking initiative to collect reading material. This includes books, magazines, journals, etc. The books can be dropped off at any Volksblad or Department of Education office across the province. The initiative was launched at the Volksblad offices in Bloemfontein last week and was graced by a high­powered delegation from the Free State Department of Education, as well as senior managers at Volksblad. From the left are, front: Tate Makgoe, the Free State MEC for Education, Zandile Qwati, director­general: Education and Training (GET) at the de­ partment, and Jabulani Dlamini, Express Group editor; back: Vuyani Jumba, Via Afrika executive publisher’s representative for the Free State and Northern Cape, Johanna van Eeden, Volksblad editor, and Fanie Si­ thole, deputy director general for corporate services at the Free State Department of Education. Photo: Mlungisi Louw

Sluit jou aan by Bloemnuus se Facebook-blad – nes meer as 5 000 lede vir wie Bloemfontein en omgewing na aan die hart lê. As jy hou van Bloemnuus se gedrukte koerant, sal die koerant se Facebook-blad jou waarskynlik ook geval. Wanneer daar ’n bywerking is van www.bloemnuus.co.za laat ons jou onmiddellik op Facebook weet. Sluit jou dus aan. Boonop is dit verniet.

Dagboek Wat gebeur wanneer en waar in die groter Bloemfontein? Bloemnuus se gewilde Dagboek-blad is die plek om te kyk. Dit word ook op www.bloemnuus.co.za gelaai. As jy jou selfoon gebruik om Bloemnuus te lees, besoek bloemnuus.mobi en kyk onder “My gemeenskap” vir dagboekinskrywings. Stuur dagboekinskrywings in die onderstaande formaat (moenie volledige nuusverklarings stuur nie) na jens.friis@media24.com. Dit is gratis. Die spertyd is Dinsdag om 09:00. VRYDAG 4 APRIL S Adam Tas, Aasvoëlklub, 20:00, R120. S AfriKoesties, Johrné van Huyssteen, InnieSkuur. R80. S Kuns en kunsvlyt in vakansie, Slighty Nutty. Gr. 3- tot gr. 7-kinders word heeldag besig gehou. Twee etes per dag. R180. Herbst, 078-018-0771. S Kunsvlyt: Vakansieklasse by Oliewenhuis. R50 per klas, materiaal ingesluit. Bespreek by Yolanda Els, 051-011-0525. SATERDAG 5 APRIL S Die Cheetahs speel om 15:00 teen die Chiefs in die Vrystaatstadion. Anton Botha is die gaskunstenaar. S Byeenkoms van die Ou Presidensie- Historiese Vereniging: Staptoer om 14:30 by die Ou Presidensie, St. Georgesstraat. Die staptoer sluit St. George-katedraal en die Waenhuis-museum in. Die toerleier is Kobus du Preez. Almal is welkom. Dit kos R5 per persoon. Lambert van Rensburg, 051-422-5283 of 072-4188665. S Boekefees in Bainsvlei-biblioteek. Boerneefstraat, Langenhovenpark tussen 08:00 en 12:00. Nuwe, sowel as tweedehandse boeke. Verskeie ander uitstallers ook. S Art market at Gallery on Leviseur from 08:00 till 12:00. Kezia, 051-444-1683. S Odeion Musik Fest: Laaste aanbieding van dié 15 jaar oue kamermusiekreeks. Sewe konserte, 50 musici, talle komponiste. Odeion, 19:30. R50 (volwassenes) en R40 (leerlinge en studente). S Die Paul Roux Village-fees begin om 10:00. ’n Straatbraai sal om 18:00 gehou word, gevolg deur ’n dansparty om 19:00. Verskeie kos- en kunsstalletjies, perderitte, boeresport, ’n pretfietstrap en ’n motorskou sal aangebied word. Vir inligting skakel 083-226-3309. S Ope aand by Boyden-sterrewag. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos aan Sandra Bishop by sandra@nasmus.co.za. S Die Vrystaat-pluimveeklub hou verskeie pluimveeskoue waar tot 50 verskillende rasse vertoon sal word. Daar sal ook skoupluimvee te koop wees. Die eerste skou word vandag om

Juanita du Plessis is die Platinumprinses van Suid­Afrika en sy kom weer Bloemfontein toe. Kom swaai jou Wit Vlag, dans op Ska­Rum­ ba en sing kliphard saam met Mengelmoeskardoes. Kaartjies is reeds van R100 per persoon af by Computicket beskikbaar. Kinders onder 12 betaal slegs R80. Die konsert is op Vrydag 2 Mei om 20:00 in die Kovsiekerk. Vir verdere inligting skakel 082­481­8881. Dit word met trots aangebied deur Afrikoon Produksies.Bloemnuus is ’n me­ diaborg van die konsert. 09:00 by die Martie du Plessisskool aangebied. Op 9 en 10 Mei sal nog ’n skou op Reddersburg by die Reddersburg-Fees@Lanties gehou word. Ben Janse van Rensburg, 082-734-9028. MAANDAG 7 APRIL S Begin van tweede skoolkwartaal. S Koop ’n Huisgenoot én Volksblad by koerantverkopers in Bloemfontein teen slegs R20. TUESDAY, 8 APRIL S Rama Navami (Hindu). S Bloemfonteinse Veerpyltjieklub se weeklikse kluboefening om 19:00 by The Old Shute, Longstraat 1, Hilton. Almal is welkom. Carien Els, 072-99-231-99. S Retrospective Exhibition by Maureen Quin (Main Building of Oliewenhuis): This travelling retrospective exhibition celebrates the life work of Maureen Quin from the 1950s to the present. It is curated by Virginia Reed.

Maureen Quin explains her art: “Sculpture is my passion. It’s an extension of myself, reflecting my thoughts, my loves, hates, joys, and fears. Whether I am involved in representational wildlife studies, realistic figure studies or abstractions, I put my heart and soul into it. Each sculpture is a very exciting journey. “Starting with a vague concept, sketching it to achieve a visual form, building the armature, fleshing it out and having it cast in bronze are the elements which ultimately are, to me, the most rewarding and satisfying.” S Huishulpuitreikaksie deur die NG kerk Heuwelsig. ’n Werkersklas waar vaardighede aangeleer word. Kotie Burger, 083-461-2887. S Binnelanders: ’n Jaloerse reaksie skok Ilse, terwyl dit wil voorkom of Zadie en Naomi skielik in kompetisie is. At se optrede is nie net onverwags vir die Jonkers nie, maar kan ook hul lewe onherroeplik verander. Okkie maak ’n baie groot aankondiging. WOENSDAG 9 APRIL S Bybelse ete en Passiespel om 18:00 by NG kerk Bethlehem-Wes. Koste: R200 per persoon. Dries Kotze, 083-632-0297.

Bloemnuus en Radio Rosestad was die mediaborge van Steve Hof­ meyr se konserte in Bloemfontein wat deur Afrikoon­produksies ge­ reël is. Van links is Jens Friis (redakteur van Bloemnuus), Hofmeyr en Johan Gunter (omroeper by Radio Rosestad). Foto: Nicole van Niekerk

DONDERDAG 10 APRIL S Binnelanders: Morné se woorde krap Naomi lelik om en Naomi en Wimpie pers Gustav af wanneer Sonja Heroldt die kompetisie se reëls verduidelik. At moet die nuus oor Malan oordra en Jan se bewegings het gevolge vir Morné. Okkie en Ilse se verlede word ’n gesprekspunt en spanning loop hoog tussen Daleen en Tertius oor Nina. S Kokkedoor is terug op kykNET: #kokkedoor.


BLOEMNUUS, VRYDAG 4 APRIL 2014 9

Spontaan lyk nou só DIE gewilde Spontaan is van vanjaar af nie meer net ’n sangkompetisie nie, maar ’n algemene talentkompetisie. Enigeen wat ’n besonderse talent het, kan dus deelneem. Jy moet net 16 jaar of ouer wees. ’n Deelnemer moet alles wat hy/sy nodig het vir die optrede self verskaf. Om jou in te skryf sal jou nie ’n enkele sent kos nie. Dit is gratis. Die datum van die oudisies en die pryse wat vanjaar op die spel

INSTELLING: Volksblad se Kos­en­Kunsmark het ’n gewilde instelling in Bloemfontein oor die afgelope maande geword. Saterdag het feesgangers weer na dié gewilde mark in die Botaniese Tuin gestroom. Kyk na nog foto’s op Bloemnuus se Facebookblad. Die volgende mark vind op Saterdag 26 April plaas. Foto: Conrad Bornman

Sit skrywer pot mis? IN ’n uitgawe van die tydskrif Indwe skryf Adam Cruise oor sy besoek aan Bloemfontein om aan ’n fietswedren deel te neem. Wat dink jy van die volgende twee paragrawe wat daarin verskyn het? “The cuisine, I found, was a tad quirky. They love ‘combos’ in Bloemfontein, especially the “surf and turf” variety, like calamari and monkey gland steak, or prawn and biltong pasta. One restaurant that

truly embodied this paradoxical trend was called Kalahari Fish. “The drinks, too, are somewhat unusual. South Africans tend to be either wine or beer drinkers. Bloemfontein, though, is the shooter capital of South Africa. Again, it’s the combos like Cape Velvet and peach schnapps, Kahlúa and peppermint liquer, and Butler’s Banana, Amarula and Blue Curacao that are the most popular

among patrons, who continually throw the contents of the little glasses into the back of their throat before, during and long after the meal is done. It’s the kind of gurgling bane only Macbeth’s witches could concoct.” Stem jy saam of sit Cruise die pot lelik mis? Laat ons weet op Bloemnuus se Facebook-blad by dié inskrywing of stuur ’n e-pos na jens.friis@media24.com.

Ida Klopper (links) en Magda Johnstone is die twee Bloemfonteiners wat verlede jaar aan Kokkedoor deelgeneem het. Magda se aanlynwinkel, Kookstertjie, het pas vir haar ondersteuners oopgemaak. Foto: Conrad Bornman

Kostelike Magda bly aan die roer

KYKERS van kykNET se kosprogram Kokkedoor het die vrypostige Magda Johnstone verlede jaar leer ken as die deelnemer wat graag lag. Nadat sy die derde plek in dié kompetisie verower het en die opnames verby was, was sy egter “moeg en halfverdwaas” toe sy by haar huis in Bloemfontein gekom het. “Vir vyf weke het ons in die mooie Karoo gekook en gekos, maar toe is die lekker klaar en al wat oorbly, was om met ’n droë bek na jou eie stoof te staar,” verduidelik sy hoe sy toe gevoel het. “Dis maar ’n mistroostige prentjie, né?” Maar toe, vroeg een

lente-oggend verlede jaar, bel haar dogter, Gwen, haar wakker: “Mammie, hoekom bottel jy nie al die lekker goed wat jy maak nie? Dan kan almal wat langtand daarna op die kassie gestaar het, die geleentheid kry om dit te proe.” Magda vertel: “Sy praat en praat en ek’s naderhand uit die bed. Ek voel hoe die gogga se byt erger word. Daardie naweek begin ek kook en kook en toe ek klaar is, toe kook ek weer. Heeltemal uit die hande geruk, skoon begeesterd met my bottels. Heel oordadig!” Nou het Magda se aanlynwinkel, Kookstertjie, oopgemaak. Daar is 40 verskillende

kosprodukte beskikbaar en elkeen word met ’n paar mensehande gemaak, vertel sy opgewonde. “In my kombuis is daar nie allerhande la-da-ti-da-masjiene wat kook, blaas en stoom nie – net potte wat gesellig op die stoof prut. ’n Geselligheidjie wat in elke bottel vasgevang word.” S Gaan loer na die Kokkedoor-persoonlikheid Magda Johnstone se tuisprodukte by www.kookstertjie.co.za. S Drie gelukkige lesers wat in Suid-Afrika woon, kan elkeen ’n Kookstertjie-geskenkpak ter waarde van R1 500 elk wen. Gaan na http://huisgenoot.com/nuus/ hoe-gaan-dit-met-magdajohnstone-van-kokkedoor/.

is, sal binnekort aangekondig word. Die beoordelaars behou die reg voor om nie ’n streekwenner te kies nie as daar nie ’n geskikte kandidaat is nie. Indien jy as streekwenner aangewys word, moet jy vir die eindronde op Saterdag 12 Julie in Bloemfontein op die Vryfees op die UV-kampus in die Blêrkas wees vir die eindronde. As jy nie van Bloemfontein is nie, moet jy jou eie vervoer en verblyf reël.

Lag ’n slag JORINA CLAASSEN het die volgende “lewenslesse” ingestuur: 1. Een kind maak jou ’n ouer, twee maak jou ’n skeidsregter. 2. ’n Huwelik is ’n verhouding waarin een mens altyd reg is, en die ander een is die man. 3. Hulle sê ons moet ons belasting met ’n glimlag betaal. Ek het dit probeer, maar hulle wou geld hê. 4. Luiheid is net die gewoonte om te rus voordat jy moeg is.

5. ’n Kind groei op sy vinnigste die eerste maand nadat jy vir hom nuwe skoolklere gekoop het. 6. Ek en my vrou het ’n ooreenkoms. Ek erken ek is verkeerd, en sy stem altyd saam. 7. Mense wat nie vir hulleself kan lag nie, los hierdie plig vir ander. 8. Hulle noem dit ons moedertaal, want vaders kry selde kans om iets te sê.


10

BLOEMNUUS, VRYDAG 4 APRIL 2014

Steve hoop op oorstootdrie Jens Friis

STEVE HOFMEYR het sy kinders verbied om babas te hê in die volgende vyf jaar. Ja, só het hy op sy Bloemfonteinse konsert voor ’n gehoor van

meer as 1 000 vertel. Die storie het só gekom: “Waar is jou vrou, Steve?” wou ’n aanhanger weet toe daar tydens dié konsert geleentheid vir vrae uit die gehoor was. “Ek weet jy dink ek het nie

meer ’n vrou nie!” het dié gewilde sanger en vader van vele gespot. “As ek vyf dae of so vir konserte weggaan, gaan Janine saam, maar as ek invlieg Bloemfontein toe soos vandag, dan bly sy by die huis en kyk na die worsies!”

Steve het Janine, met wie hy onlangs getroud is, as “ ’n anker in sy lewe” beskryf en gesê “ ’n oorstootdrie” sal nie te versmaaie wees nie. Daarom het hy sy kinders verbied om in die volgende vyf

jaar babas te hê, want hy wil darem nie hê sy kinders se kinders moet ouer as sy eie wees nie. S Nes met Steve se konsert is Bloemnuus ook ’n mediaborg van Juanita du Plessis s’n. Sien bl. 8.

Promotion: Supranos Pizzeria & Nick’s Bottle Store

OPEN VIR SAKE: Die Blinds Gallery het in Pres. Reitzstraat 67, Westdene, geopen. Van links is Johan van der Merwe, Frank O’Connor, Loumari Swanepoel en Willem Beukes. Foto: Lientjie Mentz

Wen Tien kaartjies na die Bloemskou 2014 is op Bloemnuus se Facebook­ blad te wen. Dié skou vind van 24 April af plaas.

Billy Tshabalala and his busi­ ness partner, Lerato Tsipane, recently bought Nick’s Bottle Store and the Supranos Pizze­ ria at the Emily Hobhouse Square. On Saturday the liquor store will offer a range of bar­ gains and between 18:30 and 21:00 a carnival atmosphere will be in the air at the pizza restaurant. Here children will create their own pizzas, while their parents can choose to combine two pizzas in one. See the advertisement below.

Create your own pizza


BLOEMNUUS, VRYDAG 4 APRIL 2014 11

Vodacom Cup: Toyota Free State XV vs Border Lesley-Ann Erasmus As part of this year’s exciting season of the Vodacom Cup series, Toyota Free State XV takes on Border on their home ground in the Free State Stadium, Bloemfontein, tomorrow at 12:30. The Vodacom Cup will be celebrating the theme of Tjovitjo! meaning “it’s good” – which is an apt description for a tournament whose mandate is to unearth the future stars of South African rugby. Key facts about the tournament: S A total of 63 games are played in the Vodacom Cup.

S The 2014 Vodacom Cup will be played between 8 March and 17 May and will be the 17th edition of this annual domestic cup competition. S The Vodacom Cup is played between 15 South African provincial rugby union teams and one invitation team from Kenya, the Tuskers Simba XV. S These teams will be geographically divided into two sections, with eight teams in both sections. Teams will play all the teams in their section once over the course of the season, either at home or away. S Teams will receive four log points for a win and two points

for a draw. Bonus log points will be awarded to teams that score four or more tries in a game, as well as to teams that lose a match by seven points or less. Teams will be ranked by log points, then points difference (points scored less points conceded). S The top four teams in each section will qualify for the title play-offs. In the quarter finals, the teams that finish first in each section will have home advantage against the teams that finish fourth in that section and the teams that finish second in each section will have home advantage

against the teams that finish third in that section. The winners of these quarter finals will then play each other in the semi-finals, with the higher placed team having home advantage. The two semi-final winners will then meet in the final. S The Northern Section teams include Blue Bulls, Falcons, Golden Lions, Griffons, Griquas, Leopards XV, Limpopo Blue Bulls and Pumas. S The Southern Section teams include: Boland Cavaliers, Border Bull Dogs, Eastern Province Kings, Free State XV, Sharks XV, Simba XV, SWD Eagles and Western Province.

PERSOONLIKE DIENSTE FUNKSIES & KONFERENSIES 1425

BOME 1871

AFSNY EN WEGRY VAN BOME, hoërisikobome. 082 693 0234.

EIENDOMME REGSKENNISGEWINGS & TENDERS

TE KOOP 3201

HOUSES FOR SALE: Direct from owner. Bloemspruit. %Anamarie 079 745 2441.

MEENTHUISE TE HUUR 3325

LENINGS 1445

Dan Pienaar Drive: Opposite St. Andrew's. 2 bedr, each with own bathr, open-plan kitchen, lounge. From R5 000 p.m. excl. w and l. 083 659 0615 / 083 484 4029. BETREKKINGS 3600

ALGEMEEN 3680

GESOEK OM TE KOOP 1675

WANTED: 4 rims and tyres for Opel Monza. Contact 082 379 6891.

ALGEMENE & HUISDIENSTE

BOUPLANNE

PHOLOHO SCHOOL: OCCUPATIONAL THERAPIST POST. An applicable 4-year degree and registered with the HPSCA. Experience with children and mentally challenged learners will be to your advantage. For more information contact Mrs Molotsi 051 432 4024 or Mrs Pelser 072 386 3527. Closing date: 7 April 2014 (13:00).

1802

AAA-kwaliteit. INSTALLERING van: Alle plafonne en 'drywalls' (herstel van plafonne). Gratis kwot. 079 581 6654.

ALLERLEI 1845

ALLE groottes Wendy-, staalhuise en hondehokke. *Tweedehandse boumateriaal. Koop en verkoop. Krausestraat 74. %072 125 6966/051 448 8987/083 454 1763.

VERKOPE & BEMARKING 3760

5 senior and 7 junior sales positions available. Package from R9 587 to R 17 300 neg. Fuel allowance. Sales experience required. For interview call 051 522 2237.

DRANKLISENSIES 4035

Liquor Licence FORM FSLA2 NOTICE OF INTENTION TO APPLY IN TERMS OF SECTION 27 READ WITH SECTION 31 FOR REGISTRATION FREE STATE GAMBLING AND LIQUOR ACT, 2010 Notice is hereby given that Letsholo Mojanaga intends to lodge an application on 21/03/2014, particulars of which appear hereunder. 1. Municipality: Mangaung Metro Municipality 2. Full names, street and postal address of applicant and identity no. or registration no.: Letsholo Cassius Mojanaga, ID No. 690526 5765 085, Stand No. 6351 Mokwena Location, Thaba Nchu 9780. 3. Kind of registration applied for: On-Consumption Registration Tavern 4. Kind of product to be sold/manufactured: All kinds of liquor 5. Name under which business is to be conducted and full address of premises: Reoaggile Inn., Stand No. 184 Mokwena Location, Thaba Nchu 9780 6. Name of, nature of and distance to institutions of learning, similar registered premises and places of worship: No places of learning and worship nearby. Any person may, within 21 days from 21 March 2014 (date of publication in Provincial Gazette) lodge in terms of Section 33 of the Free State Gambling and Liquor Act, 2010 an objection in writing to the Free State Liquor Authority (address set out hereunder). The objection must clearly indicate the full names, identity number, residential address, postal address and telephone number, if any, and where applicable, its registration number and address of its office, of the objector. The objection must also identify the application to which it relates. The application may be inspected at the offices of the authority during their office hours. The address of the relevant Office of the Liquor Authority is: 36 First Avenue, Westdene, Bloemfontein 9301. Place: Thaba Nchu Date: 21 November 2013 Signature of applicant or person authorised to sign application.

Liquor Licence FORM FSLA2 NOTICE OF INTENTION TO APPLY IN TERMS OF SECTION 27 READ WITH SECTION 31 FOR REGISTRATION FREE STATE GAMBLING AND LIQUOR ACT, 2010 Notice is hereby given that Tsidiso Petrus Winkel intends to lodge an application on 21/03/2014, particulars of which appear hereunder. 1. Municipality: Mangaung Metro Municipality 2. Full names, street and postal address of applicant and identity no. or registration no.: Tsidiso Petrus Winkel, ID No. 470114 5571 088, Stand No. 7877 Ratlou Location, Thaba Nchu. 3. Kind of registration applied for: On-Consumption Registration Tavern 4. Kind of product to be sold/manufactured: All kinds of liquor 5. Name under which business is to be conducted and full address of premises: Lemo's Tavern, Stand No. 7877 Ratlou Location, Thaba Nchu. 6. Name of, nature of and distance to institutions of learning, similar registered premises and places of worship: No place of learning and worship nearby. Any person may, within 21 days from 21/03/2014 (date of publication in Provincial Gazette) lodge in terms of Section 33 of the Free State Gambling and Liquor Act, 2010 an objection in writing to the Free State Liquor Authority (address set out hereunder). The objection must clearly indicate the full names, identity number, residential address, postal address and telephone number, if any, and where applicable, its registration number and address of its office, of the objector. The objection must also identify the application to which it relates. The application may be inspected at the offices of the authority during their office hours. The address of the relevant Office of the Liquor Authority is: 36 First Avenue, Westdene, Bloemfontein 9301. Place: Thaba Nchu Date: 21 November 2013 Signature of applicant or person authorised to sign application.

SOEK, KOOP, VERKOOP

BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

122 CME MALAN In die boedel van wyle Catharina Maria Elizabeth Malan, identiteitsnommer: 520830 0030 081, getroud buite gemeenskap van goed, in kewe 'n hoof- administrasiebeampte woonagtig te Ryno Kriellaan 75, Universitas, Bloemfontein, datum van dood 18 Desember 2013, boedelnommer: 900/2014. Kennis word hiermee gegee aan die krediteure en debiteure in bogemelde boedel om hulle vorderings in te lewer en hul skuld te delg binne dertig (30) dae vanaf publikasie van hierdie kennisgewing by die ondergemelde adres. Gedateer te Bloemfontein op die 24ste dag van Maart 2014. NICOLAAS JACOBUS MALAN Eksekuteur P/a Van der Merwe & Sorour Eerstelaan 45 Westdene Posbus 1062 Bloemfontein 122 JD CLAASEN In the estate of the late Johanna Dorathea Claasen, identity number 180524 0018 08 6, a widow, who resided at 6 Crisp Crescent, Dan Pienaar, Bloemfontein, date of death 15 January 2014, number of estate 1675/2014. Notice is hereby given to all creditors and debtors in the above-mentioned estate to prove their claims and settle their debts at the under-mentioned address within thirty (30) days from publication of this notice. Dated at Bloemfontein this 20th day of March 2014. EXECUTOR KEITH ARNOLD SOROUR C/o Van der Merwe & Sorour 45 First Avenue Westdene Bloemfontein.

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

122 RH BENBROOK In the estate of the late Ronald Henry Benbrook, identity number 491117 5104 086, divorcee and retired businessman who resided at 54 Jim Fouche Street, Universitas, Bloemfontein, date of death 7 January 2013, number of estate: 695/2013. Notice is hereby given in accordance with Section 35(5) and 34(9) of Act 66 of 1965, as amended, that the first and final liquidation and distribution account in the above estate, will lie for inspection at the Office of the Master of the High Court Bloemfontein for a period of twenty one (21) days from date of publication of this notice. Signed at Bloemfontein this 4th day of April 2014. AA SOROUR Executor C/o Van der Merwe & Sorour PO Box 1062 Bloemfontein 9300


Adverteer in Bloemnuus Susna.Pieters@Volksblad.com 051-404-7798

Atlete skitter in Oos-Londen Rufus Botha NICOLAS THERON is sekerlik een van die fiksste dokters in Bloemfontein. Dít het hy bewys toe hy verlede naweek op die Suid-Afrikaanse driekampkampioenskapsbyeenkoms in Oos-Londen in die afdeling vir mans 45 tot 49 jaar loshande geseëvier het. Theron, ’n voormalige Springboktweekampatleet (hardloop en swem) in die senior afdeling, het op sy “oudag” aan driekamp begin deelneem. In Theron se ouderdomsgroep moet atlete eers ’n swemskof (1,5 km), fietsry (40 km) en daarna ’n hardloopskof van 10 km (alles aaneen) voltooi. Theron, wat in Oos-Londen ’n algehele tyd van 2:16:37 behaal het, het die silwermedaljewenner, Franna Vorster (Oostelike Provinsie, 2:19:50) met meer as drie minute geklop. Vorster is ’n oud-Bloemfonteiner en was as senior atleet bekend vir puik vertonings in die Suid-Afrikaanse ystermankompetisies. Ná die swemskof was dit reeds duidelik dat Vorster moeilik vir Theron sou klop. Theron was algeheel tweede uit die water in 22:16 en Vorster 85 sekondes agter Theron. In die fietsryskof was Theron (1:09:03) weer vinniger as Vorster. Vorster moes met 1:10:55 tevrede wees. Vorster (40:53) het weliswaar in

broer-kombinasie, Mizan Viljoen (Oranje) en Gean Viljoen (Willem Postma), was albei op die nasionale podium. Mizan het die titel in die afdeling vir meisies 14 tot 15 jaar in 39:41 gewen. Sy was gemaklik voor die tweede SuidAfrikaner, Gizelde Strauss (Gauteng-Noord), wat in 39:50 geëindig het. Gean het die silwermedalje in die afdeling vir seuns 12 tot 13 jaar verower. Hy was deurgaans in ’n taai stryd met die wenner, Christiaan Stroebel (Sentraal-Gauteng, 37:47), gewikkel. Anton Swanepoel het in die afdeling vir atlete met gestremdhede ’n goue medalje teruggebring Bloemfontein toe. In die wedloop vir meisies van 16 tot 17 jaar, wat deel was van Gean Viljoen (Willem Postma) het verlede na­ die proewe vir die kies week die silwermedalje in die afdeling vir van die Afrikaspan vir seuns 12 tot 13 jaar op die Suid­Afrikaanse deelname later vanjaar driekampkampioenskapsbyeenkoms in Oos­ aan die Olimpiese Spele Londen verower. vir jeugatlete, het Madelaine le Roux die hardloopskof die gaping op (Sentraal) en Jayme-Sue Vermaas Theron (41:07) met 13 sekondes (Oranje) gewys dat hulle die land verklein, maar Theron was toe se bestes in dié afdeling is deur reeds te ver voor. onderskeidelik eerste en tweede in Die Bloemfonteinse suster-en1:10:56 en 1:12:01 te eindig.

Karnaval vir kinders by rugby DIE Toyota-Cheetahs pak môre om 15:00 die Chiefs in ’n tuiswedstryd in die Super-rugbyreeks. Omdat die kragmeting in die skoolvakansie val en dit vroeg die middag afskop, het Vrystaat-Rugby dit goedgedink om bywoning van die wedstryd gratis vir kinders en leerlinge te maak. As jy dus jonger as 18 jaar is, kan jy gratis ingaan.

Daar sal springkastele en ander vermaak vir kinders by die Toyota Kiddies Tough Zone wees, asook by die Sparta- en Weberbraai-gebiede. Ná die wedstryd bly die Toyota Cheetah-spelers op die veld om hul ondersteuners te ontmoet en kinders kan dan ook op die veld baljaar. Sparta bied ondersteuners die geleentheid om self ’n vleisie in die

Weberbraai-gebied te braai. Anton Botha en Francois Bouwer sal ná die wedstryd by die Castle Deck optree. Lees meer oor Anton op Bloemnuus se Facebook-blad. Die hekke open om 12:00. In ’n voorwedstryd wat om 12:30 afskop, speel Toyota-Vrystaat XV teen Grens in ’n Vodacombeker-wedstryd. Sien berig op bladsy 11.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.