Bloemnuus 07 06 2013

Page 1

VRYDAG 7 JUNIE 2013

Kan jy sing?

Cheetahs word Bokke bl. 12

Spontaan se oudisies vind Donderdag plaas bl. 3

In anderland

WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS

Ons bly in Tanzanië bl. 4

Troukoors heers

TROUFOKUS BINNE: Bll. 6 tot 8 is propvol nuus en raad vir jou mooiste dag. Hier stap Nicolené en Stef Krüger saam met hul gevolg langs een van Bloemfontein se mooiste strate, die boomomsoomde pres. Brandstraat. Foto: Gerhard Steenkamp


2

BLOEMNUUS, VRYDAG 7 JUNIE 2013

Moord: Vervolgde word held Die beskuldigde, Stephanus Louis van Wyk, staan in die stampvol hofsaal tussen twee polisiemanne voor in die beskuldigingsbank. Hannes Haasbroek SO te sê daagliks word Suid-Afrika geruk deur moordsake soos dit in die media weergegee word. Soms van verbygaande aard, soms in die blywende kollig soos dié van die Steenkamp-plaasmoord en van Oscar Pretorius wat binnekort weer die land gaan boei. Tans is die Quewin Coetzee-moordsaak warm nuus in Bloemfontein. Die Van Wyk-saak van 1930 is een van die merkwaardigste en boeiendste moordsake in die vroeë regsgeskiedenis van Bloemfontein. Die verhoor het van 21 tot 25 Oktober plaasgevind en die getuienis, sowel as die opsomming van die regter, het 652 getikte foliobladsye beslaan. Die hofsaal was daagliks stampvol nuuskieriges wat manmoedig die bedompige saal getrotseer het om die verhoor met gespanne aandag te volg. “Maar,” het Die Volksblad op 24 Oktober 1930 tereg opgemerk, “die hygende menigte het eerder gehyg na sensasie as na vars lug en die sensasie blykbaar gekry, want min het die sitting tydens die dag verlaat.”

Gebeure Die ingewikkelde gebeure waarop die saak berus het, kan kortliks soos volg uit die hoek van die verdediging uiteengesit word. Die beskuldigde in die saak, Stephanus Louis van Wyk, was ’n geldskieter en boukontrakteur van Johannesburg wat op sy ouers se plaas, Waterval, in die distrik Trompsburg grootgeword het. In 1929 is Van Wyk aan bedrog skuldig gevind en gevangenisstraf opgelê. Voor hy tronk toe is, het hy glo Bloemfontein besoek en vergesel van sy vrou se susterskind, Johan Frederik Moller, op Waterval, wat toe aan sy swaer behoort het, £3 000 in ’n ou erdvarkgat gaan begrawe sodat die staat nie beslag daarop kon lê nie. Toe hy teen middel-Julie 1930 vrygelaat is, het hy en Moller weer ’n besoek aan die plaas gebring om dit op te grawe – met noodlottige gevolge. Tydens die grawery, so beweer Van Wyk, het hy per ongeluk vir Moller, wat agter hom op die rand van die gat gesit het, met ’n pik in die rug gekap. Moller het vervaard orent gespring en agteroor in die gat getuimel. Van Wyk het verskrik die pik gelos en

Van Wyk (regs) en sy regsverteenwoordiger, adv. F.P. de Wet, in ernstige luim tydens die hofsaak.

Foto’s: Vrystaatse Provinsiale Argiefbewaarplek

tevergeefs probeer om Moller te stuit. Moller het tragies gesterf toe hy met sy kop in die pik val. Geestelike skok, tydelike geheueverlies en wantroue in die regstelsel het meegebring dat Van Wyk eers ná ’n vlugtog na Johannesburg, ’n sielestryd van etlike dae en nadat Moller se lyk met ’n gebarste skedel reeds deur die speurders in die gat gevind is, hom aan die polisie oorgegee het. Van Wyk het dus onskuldig aan moord gepleit. Alles leuens en verdigsels, het die Kroon (staat) beweer. Die beskuldigde het ’n intense wrok teenoor die oorledene gekoester omdat hy hom finansieel sou ingeloop het. Van Wyk het Moller met voorbedagte rade op ’n vrugtelose soektog na geld geneem ten einde hom koelbloedig te vermoor in ’n gat wat Moller miskien self gegrawe het. Die £3 000 is inderdaad nooit teruggevind nie. Skuldig? Bogenoemde is hoofsaaklik die hooftrekke van die gebeure, hoewel daar vanselfsprekend ander kleiner voorvalle was wat die saak heelwat ingewikkelder gemaak het. Hoe ook al, mediese getuienis het daarop gedui dat die kraak in die skedel van so ’n aard was dat dit net sowel deur ’n blote ongeluk toegedien kon gewees het as met die opset om te vermoor. Aangesien daar dus duidelik twyfel was oor wat presies gebeur het, het die jurie weinig van ’n keuse gehad as om Van Wyk onskuldig aan moord te bevind. Verbasend genoeg het Van Wyk gedurende die hofsitting ’n soort van heldefiguur by die publiek geword. Die wyse waarop hy getuienis gelewer het – kalm, bedaard en met ’n forse stem, tesame met sy groot figuur en goedversorgde voorkoms, het die indruk by die publiek gelaat dat hy as verontregte nie sou toelaat dat hy deur die onsimpatieke aanvalle van die wetstoepassers fyngemaal word

Die beskuldigde, Van Wyk, tydens die ondersoek na Moller se dood. nie. “Vervolgde word held van honderde,” het Die Volksblad in ’n opskrif toegegee. Toe die jurie sy eenparige uitspraak lewer, het die menigte hofgangers se opgekropte opgewondenheid en spanning oor die saak in onbeteuelde luidrugtigheid oorgespoel. Die pers kon nie anders nie as om dit te vergelyk met die geesdrif wat die bekendmaking van verkiesingsuitslae kenmerk. Hierdie saak sou nie gou in Bloemfontein vergeet word nie.

Ironies genoeg het Van Wyk blykbaar in die 1940’s ’n boer van Carolina, ene Tucker, by wie hy ’n voorman was, vermoor. Vir hierdie daad is hy tereggestel. Die vraag kan vanselfsprekend gevra word of hy nie tog aan moord op Moller skuldig was nie. ) Hannes Haasbroek, historikus van die Nasionale Museum, is besig om al sy verhale en stories oor Bloemfontein se verlede wat met die jare verskyn het, soos die een hierbo, in ’n bundel saam te vat.


BLOEMNUUS, VRYDAG 7 JUNIE 2013 3

Kom sing Donderdag HET jy ’n stem wat net wag om ontdek te word? Dan moet jy jou beslis vir Bloemnuus se Spontaan 2013-kompetisie inskryf. Die oudisie vir dié sang-kompetisie vind op 13 Junie van 17:00 af in die opleidingslokaal van Volksblad plaas. PRYSE Die volgende groot pryse kan in vanjaar se Spontaan-kompetisie gewen word: * SpecSavers: Agt Infinity-sonbrille en agt koopbewyse van R250 elk. Die algehele waarde is R5 200. * Z PR Communications and Public Relations Consultants: ’n Publisiteits- en bemarkingskontrak van R5 000 vir elke finalis, insluitend ’n konsultasie met die Z

PR-span, ’n professionele CV, die ontwerp van ’n CD-omslag en besigheidskaartjies, die ontwerp en skryf van ’n professionele profiel, die skep van ’n Facebook-profiel en vyf nuusverklarings. Die algehele waarde vir al die finaliste is R40 000. * Atlantis-gastehuis: Verblyf van R4 100. Die wenner, naaswenner en derdeplekwenner kry elkeen drie nagte se verblyf vir twee mense, ontbyt ingesluit. * PCB Productions: ’n Fotografiesessie vir die wenner, naaswenner en derdeplekwenner van R2 100. * Absa: ’n Geskenkpak van R500 vir elke finalis. * PwC gee vir die wenner R1 000 kontant, naaswenner R700 kontant en derdeplek-

Oudisies ook hier

BUITEN die Spontaan-oudisie vir Bloemnuus op Donderdag 13 Junie om 17:00 in Volksblad se opleidingslokaal by Nelson Mandelarylaan 79 vind oudisies ook hier plaas: * Bethlehem (Vrystaat): Donderdag 6 Junie om 14:00 in die Frontier Inn and Casino (Coachman’s Saloon). * Welkom (Vista): Donderdag 13 Junie om 13:00 in die Metro-teaters in Stateway. * Bloemfontein (Ons Stad): Saterdag 15 Junie om 09:00 in Volksblad se opleidingslokaal by Nelson Man-

Geluk! BLOEMNUUS het die afgelope dae ’n klomp pryse weggegee. Die wenners is: * Jean-Marie Bester: De Oude Kraal Country Estate & Spa. * Dubbelkaartjies vir Spectacular, Spectacular op die Vryfees: Riaan Nel, Coralie Fourie, Hardus Botha, Manie Gottschalk, Linda Luyt, Hanneke van Emmenis, Jannette Cronjé, Charlotte Foord, Brink Kern. * Geraldine Wilmot: Still Standing (boek). * Rolene de Wit: Bianca se nuwe CD. * Colette Cohen: Burgermonument van die Anglo-Boereoorlog in die Vrystaat (boek). * Tiaan Trollip, Stienie Botha: CD’s. * Wikus Scheepers: Die Rebellie (boek). * Venesa Leeuw: Die Swart Kat (boek). * Jorina Claassen: Die Suid-Afrikaanse Vrykorps van DuitsSuidwes-Afrika (boek). * Esmeralda Theunissen: Round the Nguni fires (boek). * Jaki du Plooy: First Atlas of Bird Distribution in the Orange Free State (boek)..

delarylaan 79. * Kroonstad (Kroonnuus): Dindag 18 Junie om 14:00 in Tafelronde 42 se klubhuis langs Kroonpark. * Kuruman (Kalahari Bulletin): Donderdag 20 Junie. Die tyd en plek sal later aangekondig word. * Kimberley (Noordkaap): Vrydag 21 Junie om 14:00 in die Diamond Pavilion Mall. * Bloemfontein (Express): Saterdag 22 Junie om 09:00 in Volksblad se opleidingslokaal by Nelson Mandelarylaan 79 .

wenner R300 kontant – ’n algehele prysgeld van R2 000. REËLS * Jy moet op 1 Julie 16 jaar of ouer wees om deel te kan neem. * Vir die streekkompetisies in Bloemfontein, Kroonstad, Welkom en Kimberley en op Kuruman en Bethlehem moet deelnemers enige liedjie van hul keuse sing. * Slegs kunstenaars wat kontemporêre musiek sing, sal in aanmerking geneem word. * Jy moet jouself begelei. * Slegs soliste. * Jy moet self die klankbane (backtracks) en ander toerusting vir die streek-oudisies verskaf. Spontaan verskaf die klank vir die eindronde. * Die wenner van elke streekkompetisie sal net ná die uitdunronde aangekondig word. * Die beoordelaars behou die reg om nie ’n streekwenner te kies nie indien ’n gepaste kandidaat nie vir die streek beskikbaar is nie. * Indien jy as streekwenner aangewys word, moet jy vir die eindronde in Bloemfontein vyf liedjies gereed kry. * Jy moet jou eie klankbane of begeleiding vir die eindronde verskaf. * Die eindronde is op Saterdag 13 Julie in Bloemfontein en indien jy een van die finaliste is, moet jy jou eie vervoer en verblyf (indien nodig) reël. * Registrasie vooraf is nie nodig nie. Daag net by die oudisie op en registreer jou daar deur R20 te betaal.


4

BLOEMNUUS, VRYDAG 7 JUNIE 2013

Afrika bekoor

SUMARIE DU PLESSIS, ’n oudBloemfonteiner en oud-advertensiekonsultant van Media24, en haar gesin woon in Dar es Salaam, Tanzanië, en het Theonie Kok vertel hoe sy daagliks verstom staan oor Afrika se skoonheid.

Ons mense in die vreemde

Hoekom Tanzanië? Ons is sedert Desember in Tanzanië weens Michael se werk in Oos-Afrika. Ons woon in Dar es Salaam. Wat doen jy daar? Ek is heeltyds ma, en soos die meeste mammas met skoolgaande kinders is ek besig met hul aktiwiteite en opvoedkundige verpligtinge. Dit is kosbaar om Michael vir middagete langs die see te ontmoet en as gesin saans te ontspan nadat die dagtake afgehandel is. Het jy maklik aangepas? Ek glo ons het makliker aangepas as ons vriende uit Eerstewêreld-lande omdat ons Afrika in al haar glorie, asook weemoed, ken. Hoe ervaar jy die weer? Die humiditeit is baie hoog en die temperatuur is iets om aan gewoond te raak. Ons is nou in die moeson-tyd en die gemiddelde reënval is 1 100 mm per jaar. Dit word nooit koud nie – net verskillende grade van warm. Hoe leef julle jul kultuur daar uit? Hier woon nagenoeg 60 000 Suid-Afrikaners en die Suid-Afrikaanse konsulaat het op Vryheidsdag ’n dinee vir Suid-Afrikaners aangebied. Ons braai saam met ons Saffa-vriende, kyk rugby en “ver-Suid-Afrikaans” oorsese produkte. Hoe ontspan julle? Ons bring soveel tyd moontlik langs die see deur en gaan op uitstappies om die kinders se persepsie oor die natuur en ander kulture te verbreed.

Nie vir sissies OM die verkeer gewoond te raak was die grootste aanpassing. Ek het al in Johannesburg, New York, Polokwane en op Paul Roux bestuur, maar niks kon my voorberei op die verkeer wat ek hier moet trotseer nie. Daar word op enige deel van die pad of skouer be-

Hoe tree Tanzaniërs teenoor julle op? Die inwoners is deeglik bewus van die groot bydrae wat buitelanders tot die ekonomie en bruto binnelandse produk (BBP) lewer en uiteraard word mense wat anders “praat” ekstra gasvry behandel. Hulle is vriendelik en al verstaan hulle jou nie, probeer hulle behulpsaam wees. Hoe verskil die Tanzaniërs van Suid-Afrikaners? Volgens my is ons almal kinders van Afrika. Hier is talle buitelanders en die mense van Tanzanië, veral die Masai, is baie tradisievas. Hoe verskil hul waardes van ons waardes? My eerlike opinie is dat die mense na mekaar omsien en diversiteit aanvaar en respekteer. Is kommunikasie moeilik? Soms is dit nodig om jou basiese Swahili nader te trek, danksy woordeboek-apps, maar ons praat meestal Engels. stuur in enige rigting waarin die verkeer in daardie stadium vloei. Weens die weerstoestande is dit ook nie vreemd as die pad onder water is nie en juis daarom is die meeste voertuie viertrekvoertuie. Jy gebruik elke denkbare K53taktiek om die verkeer om jou te monitor en met drie kinders jonger as agt in die voertuig is dit beslis ’n uitdaging.

Masai by die Ngorongoro-krater in Tanzanië. Sumarie vertel die mense van Tanzanië, veral die Masai, is ongelooflik tradisievas. Die Masai staan in volle drag as veiligheidswagte om byna elke perseel. Maatskappye huur hulle om eiendom op te pas vanweë hul ingebore talent en bekwaamheid om te jag (veg) en te beskerm. Foto: Michael Enslin

Interessante en vreemde gebruike? Ons verwonder ons aan die mense se ondernemingsgees. Hulle sal houtwerk-werkwinkels langs die pad onder bome bedryf van waar hulle die mooiste produkte uit hout vervaardig. Wat mis jy van Bloemfontein? Familie en vriende se samesyn, die reuk van vleisbraaivure op ’n Saterdagmiddag, kerkklokke wat beier en Christelike eredienste, rugby op die Vrystaat-stadion en kuiers om die koffietafel met melktert. Raad vir ander? Luister na mense wat reeds in die betrokke land woon en werk. Gebruik die medisyne soos voorgeskryf en kom die voorsorgmaatreëls na. Gee vir die konsulaat jou besonderhede en bly op die hoogte van nuus. Onthou te alle tye jy is ’n gas in ’n vreemde land. Ons leer baie deur die oë van ons kinders – hulle sien detail raak wat ons as grootmense miskyk. Geniet elke ondervinding. * ’n Galery met nog foto’s is by www.bloemnuus.co.za te sien.

Gihan (5), Sumarie, Joshua (8), Mayli (2) en Michael by die Double Tree Hilton in Dar es Salaam. Tanzanië is die tuiste van Kilimandjaro, die Ngorongoro-krater, die Serengeti, die Victoria-meer, asook Zanzibar.


BLOEMNUUS, VRYDAG 7 JUNIE 2013 5

Oase DIE volgende aanhalings bly Jorina Claassen, ’n Bloemnuus-leser, oor die jare heen by: Wie iemand anders teen ’n opdraand uithelp, kom self bo uit. – Henry J.M. Nouwen Never ruin an apology with an excuse. – Unknown Forgiveness is giving up the hope that the past could be any different. – Oprah Winfrey

Koor pak nuwe genre Marnie van Wyk

www.bloemnuus.co.za

LIEFHEBBERS van musiek kan hulle die Saterdag vir ’n besonderse ervaring met die bywoning van die popkantate-aanbieding Holy Moses deur die cantando@bloem-koor onder leiding van Bouwer van Rooyen regmaak. Met die aanbieding verken die koor die eerste keer die genre van jazz-musiek én choreografie. Dié koor is in 2009 deur Bouwer van Rooyen gestig en bestaan uit 40 lede. Van die talle hoogtepunte in sy vyf-jarige bestaan was die uitvoering van Haydn se Nelson-mis, toere na die Oos-Kaap en Namibië en sy deelname aan ’n feeskonsert ter herdenking aan die 40-jarige bestaan van Fanie Smit se Loof die Here op RSG. Sy het ook vanjaar aan die Passiespel op Lady Grey deelgeneem. Volgens Bouwer sluit die koor se re-

pertorium verskeie Engels – en andertalige werke – in wat Bouwer van ’n Afrikaanse teks voorsien sodat dit toeganklik vir Afrikaanse gehore is. Bouwer is ’n boorling van Port Elizabeth wat reeds sedert sy skooldae ’n groot passie vir musiek het. Hy bespeel alle klawerinstrumente waarvan die pyporrel sy gunsteling is. Hy het die cantando@bloem-koor gestig om te voorsien in die behoefte aan ’n vierstemmige koor vir volwassenes. “Bloemfontein het ’n baie lewendige koorkultuur en konserte word goed bygewoon.” Die koor word begelei deur AnnaMarie Venter. Volgens Bouwer was die voorbereiding van Holy Moses ’n uitdaging, aangesien dit die eerste keer is dat die koor die jazz-genre saam met choreografie aangepak het. “Die choregrafie maak die aanbie-

ding van die werk aanskouliker en toegankliker as net die musiek.” Petro Muller, ’n bekende in dramakringe, het hom in dié verband bygestaan. Heinrich Lategan doen die perkussie en Corneil Muller is die sangsolis. Bouwer meen die uitdaging van koorwerk is om altyd ’n repertorium te identifiseer wat by sowel die gehoor as die koor aanklank sal vind. Hy sê ’n koorleier moet nie in ’n gemaksone verval nie, maar oop wees vir nuwe neigings en tegnieke. “Die menslike stem is die natuurlikste instrument en dit is ’n uitdaging aan ’n koordirigent om daardie instrument in groepverband op sy beste te laat spreek. Daar is dus ’n goeie kombinasie van uitdagings en plesier betrokke.” * Holy Moses, Saterdag 8 Junie, Musicon-saal, Westdene. Kaartjies by die deur teen R50 te kry.

Wees geduldig . . . alles gebeur op sy tyd. Die windpomp gaan soek nie die wind nie. – Onbekend Imagination has no age, and dreams are forever . . . – Tinkerbell Hoe kan ons die sout van die aarde wees solank ons ander oor hul foute peper? – Onbekend Goodness speaks in a whisper, evil shouts! – Unknown

Skinder en jou medemens afkraak, is soos musiek in die duiwel se ore. Hoekom wil jy sy DJ wees? – Onbekend Die teëspoed sif die vriende uit wat die voorspoed geoes het. – C.J. Langenhoven In die algemeen is sarkasme die taal van die duiwel; daarom het ek dit lankal verdoem. – Thomas Carlyle Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ek help jou. – Jesaja 41:13

1/24

2/23

­1/17

NW­5

NW­10

SW­10


6

BLOEMNUUS, VRYDAG 7 JUNIE 2013

Troufokus Melize en Etienne Bruwer

Foto: Michiel Heyns

Inge Strydom Hoe lank is julle al getroud? November sal dit vyf jaar wees. Wat was vir jou die spesiaalste oomblik van jou troue? Om in die kerk se paadjie af te stap na Etienne toe. Sou jy iets anders doen? Ek sou ’n beter fotograaf wou gehad het wat meer kreatief was met ons foto’s. Enigiets snaaks op jou groot dag? Net voordat die troukar ons vir die foto’s kom haal het, wou ons ’n glasie sjampanje drink. My strooimeisies kon nie die bottel oop kry nie, toe probeer ek dit met ’n mes oopsny, sny my vinger raak – en mors bloed op my spierwit trourok . . . Ek het met ’n pleister om my vinger voor die dominee gestaan. Watter wenk sal jy vir voornemende bruide vir hul groot dag gee? Moenie so erg stres nie, dit is ’n baie lekker tyd in jou lewe. Go with the flow! Jou wenk vir die huwelik vir voornemende troupaartjies? Niemand het gesê dit sal net maklik wees nie. Wie het vir jou die beste diens van jou troue gelewer? Beslis my ontwerper. Ek was nie een oomblik oor my rok bekommerd nie. Op watter liedjie het julle die dansvloer geopen? Lionel Richie en Diana Ross – Endless Love. As jy al ’n strooimeisie was, wat was jou ervaring? Dit was lekker om daar te wees vir my vriendinne op hul baie spesiale dag.

Nicolene en Philip van den Heever

Nicola en PJ Britz

Theonie en Dave Kok

Madré en Shane Marais

Hoe lank is julle al getroud? Ses jaar. Wat was vir jou die spesiaalste oomblik van jou troue? Om die dansvloer met my man te open. Sou jy iets anders doen? Ek sou niks verander nie. Enigiets vreemd op jou groot dag? Op ons troudag was daar ’n reënboog in die lug en ek glo dit is van Bo gestuur as seën op ons huwelik. Watter wenk sal jy vir voornemende bruide vir hul groot dag gee? Beplan ses maande vooruit en onthou, dit is net een dag; fokus eerder op die res van jul lewe saam. Wenk oor die huwelik vir voornemende troupaartjies? Onthou, die wittebrood moet nooit ophou nie. Wie het vir jou die beste diens van jou troue gelewer? My familie.Wat hulle alles vermag het, was fantasties. Op watter liedjie het julle die dansvloer geopen? Truly, Madly, Deeply – Savage Garden As jy al ’n strooimeisie was, wat was jou ervaring? Ek was ses jaar oud en het soos ’n feëprinses gevoel in die mooiste rooi rokkie en wou dit nie uittrek nie. Die snaaksste was om vir foto’s te poseer saam die strooijonkertjie wat net so rooi soos my rok gebloos het om langs my te staan.

Hoe lank is julle getroud? Die 19de Junie sal ons drie jaar getroud wees. Wat was vir jou die spesiaalste oomblik van jou troue? Toe ek en PJ mekaar vir die eerste keer in die kerk gesien het. Sou jy iets anders doen? Dink my troue was super! Sal môre weer trou as ek kon. Enige iets snaaks op jou grootdag? In die middel van ons diens het ’n klein seuntjie kliphard “Amen” gesê. Die mense het hulle doodgelag. Jou wenk aan voornemende bruide vir hul groot dag? Moenie vaskyk in ander mense se mooi prentjietroue nie. Skep jou eie unieke prentjie. Wenk oor die huwelik vir voornemende troupaartjies? Wees altyd lief vir mekaar en julle moet die grootste repspek vir mekaar hê. Sit ’n wag voor jou mond. Wie het vir jou die beste diens van jou troue gelewer? My wonderlike ma en almal wat met ons troue gehelp het. Vriende en familie het ingespring en gehelp. Ons het alles self gedoen en dit was groot werk, maar beslis die moeite werd. Op watter liedjie het julle die dansvloer geopen? Time van Nickleback. As jy al ’n strooimeisie was, wat was jou ervaring? Ek was nog net ’n blommemeisie toe ek klein was.

Hoe lank is julle getroud? Ons is op 3 Desember twee jaar getroud. Wat was vir jou die spesiaalste oomblik van jou troue? Die hele dag! Sou jy iets anders doen? Ek sou meer foto’s saam met my gaste wou neem. Enige iets snaaks op jou grootdag? Die krag het afgegaan, maar van my gaste het oorgevat en begin sing. Jou wenk aan voornemende bruide vir hul groot dag? Beplan alles deeglik en doen dit betyds – so maak jy dit vir jouself baie minder stresvol. Geniet die dag en onthou net jy gaan waarskynlik weet as iets nie volgens plan verloop nie. Wenk oor die huwelik vir voornemende troupaartjies? Respekteer mekaar, wees geduldig en waardeer wat jy het. Wie het vir jou die beste diens van jou hele troue gelewer? Ons is by Monte Bello getroud en ons onthaal is daar gehou. Danksy Michael Hetzel was alles perfek en ek kry nou nog komplimente oor die lekker kos – niks was uit plek nie. Eloise van Rensburg het ook uit haar pad gegaan om ons gemaklik te laat voel en het die mooiste foto’s geneem. Op watter liedjie het julle die dansvloer geopen? Soos Bloed van Theuns Jordaan.

HOE lank is julle al getroud? Ons is pas twee jaar getroud. Wat was vir jou die spesiaalste oomblik op jou troue? Toe ek Shane voor die kansel ontmoet, hy my hand vat en ek weet die groot oomblik het eindelik aangebreek. Sou jy iets anders doen? Ons was gelukkig dat alles soos verwag afgeloop het. Daar het egter baie kos oorgebly, hoewel almal genoeg gekry het – ek sou dít dalk beter beplan. Enigiets snaaks? Die enigste probleempie was die troukoek het twee dae voor die troue begin “smelt”. Dit was ’n tradisionele vrugtekoek en omdat dit van ver na Bloemfontein vervoer is, het dit seker ’n bietjie te warm geword en die marsepein het van die koek weggetrek. Shane se ouma en my ma het die situasie met ’n bietjie lint en vindingrykheid gered. Watter wenk sal jy vir voornemende bruide vir hul groot dag kan gee? Heelwat spanning kan vermy word deur te delegeer. Beplan soveel as wat jy kan self, maar deel verantwoordelikhede aan soveel (betroubare) mense uit as wat bereid is om te help; dit is ook vir familielede en vriende lekker om betrek te word. Moet jou hierna nie bekommer nie. As jy dinge goed beplan het, is dit nou onder beheer. Wenk oor die huwelik vir voornemende troupaartjies? Moet nooit mekaar probeer verander nie – dit wat jy en jou lewensmaat leer, juis uit hoe julle van mekaar verskil, is te kosbaar om mis te loop. Wie het vir jou die beste diens vir jou troue gelewer? Ek was baie beïndruk met die verskaffer van ons blomme, die Waldorfblommemark. Op watter liedjie het julle die dansbaan geopen? Because it’s love van Dolly Parton en Kenny Rogers. As jy al ’n blommemeisie was, wat was die ervaring? Ek was onlangs op my beste vriendin se troue ’n strooimeisie. Die lekkerste was om die spesiale oomblikke met die bruid en die res van die gevolg te deel – daardie dingetjies wat agter die skerm gebeur.

Foto: Diamond Wedding Planners

Foto: Annie Fotografie

Foto: Eloise van Rensburg

Foto: The Image Shop

Stuur jou foto’s As jy onlangs getroud is, stuur jou mooiste troufoto (nie swartwit-foto nie) na jens.friis@media24.com. Dit sal jou niks kos nie. Belangrik: Die foto moet tussen 1 MB en 6 MB groot wees. Wie is op die foto? Waar is dit geneem? Wie is die fotograaf? Kyk na nog troufoto’s by www.bloemnuus.co.za.


BLOEMNUUS, VRYDAG 7 JUNIE 2013 7

Blomme moet by jou tema pas Inge Strydom BLOMME was nog altyd sinoniem met die liefde en veral ook met troues. Die bruid en haar blommemeisies se handruikers (asook die bruidegom en sy gevolg se skouerruikers) is deesdae nog meer in die kollig. Op ’n onlangse troue moes selfs die blommemeisies se skoene en handruikers dieselfde skakering pers wees. Jy kan met min baie doen en Chané Nel van Rosepark Floral Design, wat gereeld blomme vir troues doen, deel ’n paar interessanthede oor blomme vir voornemende bruide. Wat is die gewildste blomme waarmee jy vir troues werk? Daar is ’n groot vraag na Lisianthus (maanrose) onder bruide. Maanrose vertoon sag en romanties en het unieke kleurvariëteite, selfs purperpers. Moes jy al blomme vir ’n bruid invoer? Ja, ons het bokse vol orgideë op aanvraag van die Kaap laat invlieg weens ’n tekort op die Johannesburgse mark. Die lugdiens se diens was uitstekend, die koste daaraan verbonde was egter hoër vanweë die eksklusiewe diens. Wat is die nuutste neigings en kleure vir troues met blomme en dekor? Bruide verkies om hul troue se tema te verpersoonlik, en pret is aan die orde van dié spesiale dag. Plekke wat interessant geleë is, word in venues omskep. Voornemende bruidspaartjies kan nie verkeerd wees met ’n neutrale palet met aardse ondertone en baie kontrasterende teksture nie. Die nuutste neiging vir troublomme is meer

unieke soorte blomme, in kleiner hoeveelhede. Blomsoorte word gegroepeer en in verskillende hoogtes op onthaaltafels geplaas. Besonderse vase is in die kollig. ’n Algemene neiging is dat bruide ’n tema kies wat spreek van styl en eenvoud, met hul eie unieke idees. Wat is jou beste blomme-wenk vir voornemende bruide? Hou in gedagte watter blomme in seisoen is tydens jul troudatum. Lugversorging in jul venue is belangrik as ’n bruidspaar verkies om in die warm somermaande te trou. Laat jul verskaffers ’n volledige proeftafel by die venue met blomme opstel met die soort beligting wat julle gaan gebruik. Sekere blomme “verloor” kleur in die aand, donkerpers kan soms swart vertoon. Enige blom wat jy dink ’n mens eerder nie moet gebruik nie? Nee, nie sommer nie. Solank die blom(me) wat jy kies wel by die tema van jou troue pas – rose vir klassieke/vintagetroues, orgideë vir minimalistiese/stylvolle temas of proteas vir ’n aardse gevoel. Watter blomme is die bekostigbaarste vir bruide? Om geld te spaar moet bruide seker maak hul troudag is nie naby of op ’n blommedag soos Valentynsdag, Moedersdag, Lentedag of Sekretaressedag nie. Die prys van blomme kan selfs verdriedubbel. ’n Eksklusiewe blom kan met ’n unieke ontwerp treffend vertoon word, dan is massas blomme nie nodig nie. Enige interessante bestellings waarmee jy nou besig is? Een van ons kliënte wil skouer- en polsruikers bestel vir ’n troue op Mauritius. Foto: Gerhard Steenkamp

Troukoek kies nie perde koop Inge Strydom VOLGENS Kaya Hunt van Trou Inspirasie (www.trouinspirasie.co.za) moet jy die volgende in gedagte hou wanneer jy op ’n troukoek besluit: ) Onderneem ’n proesessie voordat jy finaal op ’n bakker besluit. Die prentjies in portefeuljes is mooi, maar die smaak is dalk heel anders. ) Maak seker die afleweringsdiens is by die prys van die koek ingesluit, asook die opstel

daarvan in die onthaalsaal. ) Neem ’n voorbeeld van jou uitnodiging saam na die koekontwerper, asook enige ander foto’s, prentjies en inspirasie wat hom of haar ’n idee kan gee van wat jy in gedagte het. ) Dink mooi voordat jy sommer ’n tante, niggie of buurvrou vra om die koek te bak. Selfs al is sy oor die algemeen ’n voorslagbakker is dit ’n gewigtige taak wat selfs die beroemdste sjef kan laat toeslaan en ’n foutjie laat begaan.

Kiki Jordaan met ’n birdcage van The Wedding Shoppe. Foto: Verskaf

Rond só af

Foto: Gerhard Steenkamp

MARIANNE SCHWELLA van The Wedding Shoppe meen die keuse van ’n sluier, birdcage of fascinators is baie belangrik vir die eindelike afronding van ’n bruid se voorkoms. Dit word gewoonlik vir heel laaste gehou – sodra die bruid seker is wat sy met haar hare wil doen. Die beste raad is om wanneer jou trourok gereed is die verskillendekeuses saam met jou rok aan te pas en so te besluit wat die beste lyk. Dié afronding moet jou droomrok komplimenteer en ’n sagte voorkoms verseker. Die nuutste neiging onder bruide is nie noodwendig meer die tradisionele, lang sluier nie, maar birdcage-sluiers en fascinators wat ’n vars en meer vintage voorkoms gee. Wat jy eindelik kies, hang alles van jou rok af.


8

BLOEMNUUS, VRYDAG 7 JUNIE 2013

Readers on FB S Danica Soldo: Thank you for all the comments, good and bad. People can comment whatever they like. That is the point of art, it is meant to evoke some kind of emotion, not always good. So I guess I can safely say the transformation from wedding photographer to artist is complete. I can’t help but feel very warm in my heart right now. I by no means expect that everyone has the same taste in art, or in life partners, that is what makes people unique. But respect for people’s choices and tastes is just common decency, something which I also know many people have very little of.

From the left are, front: Candice, Moses and Ifediba Igbo; back: Chanelle Van den Heever, Nicky Van den Heever, Natasja Tait, John Van den Heever, Sandra De La Hunt and Vivian De La Hunt.

‘Chemistry’

Photo: Danica Soldo from Eye Candy Photography House

Madré Marais

A COUPLE’S wedding day is the ultimate celebration of love, dedication and the start of a future together. The photos of the wedding day often tell this story, and more – it can give a glimpse of the story behind the day. One such photo in particular captured Bloemnews readers’ imagination: that of Candice and Moses Igbo. Candice shares their story: “My husband and I met in town, Elizabeth Street to be exact. Two of his businesses are there and I was working in the Middestad Centre. One afternoon while I waited for my lift to come, he approached me. From that day on our conversations grew into such a good chemistry. We met

in passing again a while later, exchanged numbers and the rest is history, as they say. “Our families have blended very well together right from the start. Some of my friends tried to give us their two cents’ worth, but we weren’t interested in gaining their ‘approval’ – we were happy.” All relationships have their challenges, but even the cultural differences were never a problem for Moses and Candice. “It is an on-going learning experience for us. Both sides of the family are very eager to learn more about each other’s language, food, culture and outlook on life. We both come from Catholic families so there are no major differences.”

“Moses and I have a strong, close relationship and have a good understanding of each other.We have two kids, boys, Ifediba, who is six years, and Uzoeghelu, who is five months old. Our kids are our joy. We have quite a few businesses, Old Fashioned Fish & Chips and a salon and boutique, among others. “He motivates me to be the best I can be. I am very proud of him and have a lot of respect for him as he is driven, hard-working, dedicated and very resilient. “Our wedding day was on 28 October 2012, which is also is my husband’s birthday. It was held at Ilanga Estate. Our photographer, Danica Soldo from Eye Candy Photography House, was phenomenal.”

S Riette Lackey: The love story of two people, beautifully captured in a single image. Gorgeous! S Geraldine Sewkumar: I’m in a multicultural relationship and my life is awesome. We are no different to any other couple. This picture is so beautiful and you guys make an awesome couple. You are a real inspiration to the few who are scared to take on a good life. Yeah! S Marike Els: This may be an odd comment, but his chocolate brown skin and slightly tinted suit and her milky white skin and snow white dress, along with her blonde hair, just makes such a lovely colour combination. Just from an artistic perspective, I love those colours together . . . Is that why the photographer chose that wall with the little green accents from the overhanging tree? Lovely. S Mariette Craig Fritz: Dit is werklik ’n pragtige foto. Ek wens meer bruidspare wil sulke stylvolle foto’s met ’n effense kunstige flair laat neem.

The photo that got everyone talking. Photo: Danica Soldo, Eye Candy Photography House

S Etienne Sims: Yuck. S Jan Sempels: No comment. S Lizette Bradfield: Is “no comment” not a thought? When you write an exam and you don’t know the answer, do you leave it blank or do you write: “I hereby declare that I don’t know the answer”? What a pure photo. Congrats to Moses and Candice. May you have a blessed marriage. @Ettiene Sims and @Jan Sempels: “Who is your daddy? It would be nice to see a layout of both your family trees.” S Lizette Bradfield: Which makes me think: Are you commenting on the photo or the couple? Take a good look at my photo. It was also done by ECPH. Either way, you are infringing rights with your comments. Careful boys. I’m done for now. S Alice Hendriks Boshoff: Technically and artistically spoken it’s a magnificent photo. Their facial expressions do not make me happy. S BitterBoer Kotze: Wickedly cool pic. Love it! S Leandré Theys: I think this is so beautiful! I’ve got tears in my eyes. S Gerhardus Lourens Fella: Nice pic! Good to see a wedding pic that’s something different.

Vingerleklekker! KOM ERVAAR DIE PLAASLEWE: WEGBREEK OP PLAAS! 80 km noord van Bfn. N1.Selfsorg. R540, slaapplek vir 4. R720, slaapplek vir 6 10. Kinders o/12 gratis. Stap,visvang,voëls kyk, skyf-skiet. 072 126 3631.

SPRINGKASTELE en

WATERWURMS

Sokkerkasteel, Spiderman, Barbie, Krokodil, Shrek, Gladiators, Tropical Island, Barney, skuimput. Aktiwiteitskastele. Kastele met glybane

HOË GLYBANE. BOOT, 3-IN-EEN.

SKAKEL RINA by 051-4461361

CASH FOR GOLD We pawn Kruger Rands, diamonds and Rolex watches 9ct R130/g 18ct R260/g 082 345 6711

Bou van kombuise, kamerkaste, TV-eenhede en nog vele meer...

• Verskaf/insit van gelamineerde houtvloere. • Skaaf en draai van nuwe hout. • Kaste word ontwerp met rekenaar gebaseerde sagteware. • Knotty pine-plafonne. Sarel: 082 822 1096 E-pos: woodyman@mweb.co.za

AAA-kwaliteit- INSTALLERING van alle plafonne en 'dry walls' (herstel van plafonne), matte ('carpet tiles' en volvloermatte), gelamineerde vloere, gratis kwot.(079 581 6654.

TUIN- en huishoudelike vullisverwydering vanaf R230 per vrag. Skakel Thys 072 391 3781.

HARTENBOS: Puik selfsorgwoonstel. Stap na strand. Skottel-TV, onderdakbraai op patio. Baie gewild. Slaapplek vir 1 tot 6. Beste tarief, heeljaar. 044 695 0219/ 082 641 4092.

SLEEPWAENS TE HUUR/TRAILER HIRE. SKAKEL/CALL: 081 270 1381 OR 051 433 7803.

Panorama Park 20: 2 slaapkamers, volbadkamer, toesluitmotorhuis, tuin voor en agter. Beskikbaar 1 Julie 2013. R3 800 p.m. Annemie 051 506 2551.

Pellissier: 1 slk, badk, kombuis, garage. Onmiddellik beskikbaar: 082 353 9151

BRIDGING CASH

Woonstel te huur: onmiddelik beskikbaar, Genl De Wet. 071 101 6648.

while waiting for

PENSION/ PACKAGE PAYOUT (lump sum only) CASH SAME DAY

086 1101 388 083 6700 788

DOEN ADMIN-WERK VAN JOU HUIS AF.

SMS naam/adres vir volledige inligting na

(071 511 6597.

Gevestigde gordyn- maatskappy benodig die dienste van installeerder met geldige rybewys. Moet tegnies aangelê wees. 051 436 0746 / 082 557 4966 Gevestigde gordyn- maatskappy benodig die dienste van gekwalifiseerde naaldwerksters, toesighouers, snyers, masjienwerkers. Ondervinding van industriele masjiene. 051 436 0746. Vacant sales positions available in Bloemfontein and Thaba Nchu. Starting package: R10 250 p.m. Travel allowance. Sales experience an advantage. For interview call 051 522 2237 during office hours: 08:00 - 15:30 or fax shortened CV to 086 562 8461.

DRAFT ORDER

JJ van Zyl/ss/MJ0115 In the Magistrates Court for the district of Bloemfontein, held at Bloemfontein, in the application number: 30492/2012 for: MIDLANDS LOGISTICS BK Applicant and ABINGONI TRADING 137 BK H/A PAPER AND PLASTIC RECYCLE Respondent It is ordered that (By agreement) 1. That the Respondent be placed under provisional liquidation 2. That the Order Nisi be issued in terms whereof the Respondent and any other interested party requested to deliver reasons why, if any, before the Honourable court on 21/06/2013 or as soon as thereafter as the matter can be heard, why the Liquidation Order not to be made final. 3. That the estate of the Respondent under provisional liquidation be placed in the hands of the Master of the

Free State High Court, Bloemfontein, until such time as a liquidator gets appointed 4. This order must be served on: 4.1 On the Respondent 4.2 Any registered trade union, if any, as far as the Sheriff can determine represent the employees of the Respondent 4.3 Employees, if any, alternatively are placed on the notice boards, alternatively on the main entrance of the premises of the Respondent. 4.4 South African Revenue Services 5. That the costs of this application be costs in the administration of the estate of the Respondent By Order of the Court MAGISTRATE Magistrates Court Bloemfontein

122 MC BRITZ KENNISGEWING AAN KREDITEURE IN BESTORWE BOEDELS

Alle persone met vorderinge teen ondervermelde boedel moet dit binne 30 dae vanaf datum van publikasie hiervan by die ondergetekende Eksekuteur inlewer. Boedelnr: 3737/2013 Meesterskantoor: Bloemfontein Van: Britz Voorname: Marthinus Christoffel Geboortedatum: 21 Mei 1928 Identiteitsnr: 280521 5054 081 Laaste adres: Westphallstraat 29, Universitas, Bloemfontein Datum van oorlye: 5 April 2013 Naam en adres van Eksekuteur: E Horn, Van der Merwe & Sorour, Posbus 1062, Bloemfontein, 9300 E HORN Eksekuteur Van der Merwe & Sorour Posbus 1062 Bloemfontein 9300

Reza van Rooyen

KOM ons wees maar eerlik met mekaar: Die meeste troues is eintlik dieselfde. Resepmatig, sou ek sê, en net so as dit by die spyskaart kom. Jy kan weet pampoenpoffers, hoenderpastei en skaapboud is jou voorland. Voeg daarby Jan Ellis, ’n stukkie kaaskoek of ’n kolwyntjie (wat eintlik deel van die troukoek was) en jy beskryf die meeste troues se kos. Stef en Nicolene Krüger was egter allesbehalwe resepmatig. Deel van hul spyskaart was die Kolonel se geheime resep. Ja, die hoofgereg op dié huweliksfees was Kentucky Fried Chicken. Twee stukkies hoender (drie as jy ’n man is), tjips, koolslaai en ’n broodjie. Sommerso in die boks. Ek het geweet wat kom, maar jy kon die verrassing op baie van die gaste se gesigte sien toe ’n bruin kardoes voor hulle neergesit word. Trou-Kentucky, watwou! En wie hou nou nie van Kentucky nie? As dit beteken dit kan jou bankbestuurder ook ’n sug van verligting

Gaste smul aan die KFC.

laat slaak, hoekom nie? Natuurlik moet enige ete met soetigheid afgerond word en dit is eerder die kinders om my se gesiggies wat my sal bybly as die roomys self. Jy ken mos daardie irriterende deuntjie wat op ’n Sondag jou middagslapie versteur: daardie deuntjie wat net een betekenis kan hê. Wel, die oomblik toe die roomyskarretjie se deuntjie van êrens buite opklink en die kinders besef wat hulle hoor, was daar geen keer nie. ’n Driejarige meisietjie het my een kyk gegee en gesê: “Kom, ek wil roomys hê, roomys met nuts.” Só, ja, in jou grênd mooi-moois en jou spykerhakke, het jy en die ander gaste net een doel voor oë gehad: om vir pienk draairoomys op ’n horinkie in die ry te gaan staan. ’n Troue wat gekenmerk is deur hartjies (letterlik oral) en superhelde, KFC en draairoomyse. ’n Troue wat boekdele spreek oor die twee mense wat ’n belofte voor God afgelê het. ’n Troue wat nie ’n resep gevolg het nie, maar wel vir ewig onthou sal word. Dít is hoe ’n troue moet wees.

Foto: Leana Coetzee


BLOEMNUUS, VRYDAG 7 JUNIE 2013 9

Wen met Vrystaatse blokraai VOLTOOI die blokkiesraaisel en gebruik die omkringde letters om die versteekte woord of naam te ontsyfer. Die oplossing verskyn in volgende week se uitgawe. Leidraad: Baie gewilde Vrystaatse weekblad. Drie lesers kan elk ’n stel van XWord se twee splinternuwe AfriBlokkies-boeke wen. Maak só: Stuur ’n SMS na 45527 gevolg deur die versteekte woord of

naam. Die kompetisie begin vandag om 07:00 en eindig Maandag om 11:00. ’n SMS kos R1,50. As jy ’n SMS stuur, gee jy Bloemnuus volgens wet toestemming om jou vir bemarkingsdoeleindes te kontak. DWARS 1 Medisyne (afk) (3) 4 Rektor van die Vrystaatse Universiteit, prof. Jonathan __ (6) 7 Stande (5) 8 Ons land (3)

Verskaf deur: XWord.co.za

9 Aanneem (3) 11 Vrystaatse premier Ace (9) 12 Filmsterre Longoria of Mendes (3) 14 Nie droog nie (3) 15 Sakeman en rolprentmagnaat, Boet __ (7) 20 Skriftelike beloftes om te betaal (6) 22 Witagtige, smeltbare metaal (3) 23 Regeringstelsel (6) 24 Drotské (4) 25 Dramatiese verhaal in die vorm van ’n musiekspel (5) 28 Beroep (3) 30 Bekoorlikheid (6) 31 Groot winkel in Bloemfontein wat deur ses broers besit word (8) 32 Pieter du Randt se bynaam (2) 33 Deel van ’n kamera wat van glas gemaak is (4) AF 1 Krieketkaptein in die Vrystaat, __ van Wyk (5) 2 Toneelspel (5) 3 Ons eie krieketspan! (7) 4 Bloemnuus se redakteur, __ Friis (4) 5 Land anderkant Australië, __ Seeland (4) 6 Marais of Terre’Blanche (6) 10 Iemand wat iemand anders met geweld wegneem (11) 13 Stof met lap verwyder (3) 16 Suid-Afrikaanse dramaturg wat in 2012 oorlede is, __ de Wet (4) 17 Walskoning of rugbykaptein (7) 18 Kompanjie (afk) (3) 19 Kledingstukke of kledingstof nouer gemaak (8) 20 U2 se hoofsanger en internasionale held van behoeftiges (4) 21 Gebiede in ’n stad (4) 24 Landbouskou wat sinoniem met Bothaville geword het (5) 26 Stelskoppers in rugby mik hiernatoe (4) 27 Jan __ en sy maat (3) 29 Aansteeklike siekte (3)

Raai, raai, riepa Albé Grobbelaar DIE maatskappy XWord, die grootste verskaffer van ’n verskeidenheid Afrikaanse blok(kies)raaisels en woordspeletjies in Suid-Afrika, het pas die eerste twee titels in ’n nuwe reeks blokkiesraaiboeke onder die titel AfriBlokkies uitgegee. Die twee boeke, AfriBlokkies Blokraaisels, met Bobby van Jaarsveld op die voorblad, en AfriBlokkies Blokkiesraaisels, waarop Bobby se ewe gewilde suster, Karlien, pryk, is in boekwinkels en supermarkte beskikbaar. Die raaisels wat oor die afgelope nagenoeg 20 jaar deur XWord se span kundige opstellers saamgestel is, het bekend geword vanweë die uiteenlopende leidrade wat ingespan word.

Dit kan wissel van doodgewone taalkwessies en sinonieme, soos “tweedrag” as leidraad vir “twis”, tot by wyer algemenekennis-leidrade. Hier kan iets soos “Casablanca se Rick Blaine” verwys na Humphrey Bogart, of “VSApresident wat slawerny afgeskaf het” na Abraham Lincoln. Die AfriBlokkies-reeks wemel van uiteenlopende kopkrappers vir die blokkiesraai-entoesias. In elkeen van die eerste twee uitgawes van die AfriBlokkiesreeks is daar meer as 4 000 leidrade wat ure se genot behoort te verskaf. En as dit nie genoeg is nie, kyk gerus na XWord se nuwe webwerf by http://www.xword.co.za/ waar daar nou die eerste keer nog Afrikaanse blok(kies)raaisels op die internet beskikbaar is.


BLOEMNUUS, VRYDAG 7 JUNIE 2013

‘Bloemnuus’ spog nou met sy eie mobi site Nico Gous en Ria Smith

DIE afgelope paar maande word Bloemnuus nie meer net in gedrukte formaat uitgereik nie, maar ook op die web, Facebook en Twitter. Van vandag af spog Bloemnuus ook met ’n mobi site. Wat beteken dit presies?

Lees Bloemnuus nou op jou selfoon.

Mobi site? Alle plaaslike media verbonde aan Volksblad kry eersdaags ’n mobi site en Bloemnuus is die eerste. Die mobi site, kort vir “mobile site”, is spesifiek vir jou selfoon geskep. Wanneer jy nou Bloemnuus met jou selfoon aanlyn besoek, is die teks te klein, of hoe? Wat jy sien, is die webwerf geskep vir jou rekenaarskerm wat hom nou op daardie skermpie van jou selfoon pro-

beer indruk. Mobi sites pas egter ons inhoud aan vir jou selfoon se skerm en bied jou die beste leeservaring. Jy hoef dus nie in die toekoms meer in te zoem of jou bril te verstel nie. Jou gemeenskap en sy nuus sal pasklaar wees vir jou, in jou sak.

Hoe maak ek? * Maak jou foon se webblaaier oop. * Tik in bloemnuus.mobi * Voila! Wen Carmello’s (sien advertensie hierby) gee ’n R200-eetbewys weg wat ’n gelukki-

University of South Africa

Unisa Learner Support Services at your Doorstep The Bloemfontein Regional Service Centre has about 7 000 students and is committed to providing excellent services to help them succeed with their studies. This is part of the Vice-Chancellor and Principal, Prof Mandla Makhanya’s focus point during his 5-year tenure at the helm of the university. The regional centres serve as an extension of Unisa providing a menu of services intended to give support to students. The provision of these services in turn motivates students and this plays an important role in encouraging students to enrol and study at Unisa. We strive to provide students with the following services: • Application • Registration • Student funding (student loans and bursaries) • Counselling services (career, academic and personal) • Tutorial services

• Access to computers (myLife, myUnisa and signature courses) • e-Library services • Electronic and manual submission of assignments • Examinations

• Academic literacy (reading and writing and quantitative literacy) For more information contact:

Website: www.unisa.ac.za/midlands

Supervisor: Student Administration: Mr Sampi Morapedi

Like us on

Unisa Midlands Region

Tel. no.: +27 51 411 0440 E-mail: bloemfon@unisa.ac.za

Learn without limits.

ge leser kan wen. Om te wen moet jy deur ons mobi site inskryf. 1. As jy nog nie op www.bloemnuus.co.za of ons mobi site geregistreer is nie, moet jy eers registreer. 2. Volg die stappe van registrasie en vul die bevestigingskode in wat na jou selnommer gestuur word. 3. Meld dan aan. 4. Kliek op die kompetisielyn wat op die mobi site verskyn. 5. Antwoord die twee kompetisievrae. 6. Kliek op “skryf in”. 7. Jou inskrywing vir die kompetisie is gemaak.

http://bloemnuus.mobi

/10008630JB/E

10

university of south africa


BLOEMNUUS, VRYDAG 7 JUNIE 2013 11

Dagboek VRYDAG 7 JUNIE S Die Bloemfontein-veerpyltjieklub hou ’n sosiale ope spel vir enigeen wat wil deelneem. Pryse te wen. Die klub het onlangs na die Old Shute Pub & Grill, Langstraat 1, Hilton, verskuif. Lede oefen Dinsdae om 19:00. Veilige parkeerplek is beskikbaar. Bel Pieter Fourie by 071-876-6226. S Familiedag van 12:00 tot 22:00 op die UV-joolkol. Zumba-dansklasse en praatjies aangebied. Die dag sluit met ’n Zumba Glow in the Dark Party (19:00 tot 21:00) af. Kaartjies kos R50. Bel Belinda Viljoen by 082759-5161. S O La La (cabaret show) at 21:00 in Diamond Lil’s, Windmill Casino. Entry is free. S Jonien Olivier sing op die Musgrave-mark. Bel Theresa by 082-8754852. SATERDAG 8 JUNIE S The Piano Show, ’n verskeidenheidskonsert, met die pianis Anton Esterhuyse en die Musiek-akademie se studente om 20:00 in Innie Skuur. Ná verlede jaar se suksesvolle produksies saam met Arco Musica en later Sarah Theron beloof dit om ’n heerlike musikale ervaring met eie, plaaslike talent te wees. Skakel 071672-3004. S Holy Moses, ’n popkantate geskryf deur Chris Hazell, word om 18:30 in die Musiconsaal, Westdene, aangebied. Vir besonderhede sien bl. 5. S World Oceans Day. S Die Kiepersol-tuinbouklub kom om 09:00 by Pretty Gardens byeen. Die onderwerp is Kreatiewe idees vir die somertuin. Nuwe plante word ook bekend gestel. Leer hoe om ’n hangmandjie vir son of koelte te pak. Bring jou eie stoel saam. Bel Prof. Tiney Krause by 082-883-1834. S Skoonmaakaksie van Universitas en Gardenia van 08:45 tot 12:00. Kom byeen by die NG kerk Universitas-Wes (De Bruinstraat) en oorkant Rolina Stores (Jasmynlaan). Vullissakke word verskaf. Bel Hennie van Niekerk by 082-416-9623. S Die Vrystaat-tak van die Geneologiese Genootskap van Suid-Afrika hou sy maandelikse byeenkoms in die argief. ’n Graf en ’n begraafplaas het nie vir almal dieselfde betekenis nie, maar dit is ’n belangrike bron van inligting vir mense wat in familiesake belang stel. Peter Moss en John Schwartz kom spesiaal van Johannesburg af om oor die Begraafplaasprojek te kom gesels waarvan Peter en sy vrou, Beverley, die datakoördineerders is. Die projek strek oor 30 jaar en bestaan uit transkripsies van grafstene en grafsteenfoto’s. Peter bespreek die omvang van die projek en hoe die data verwerk word. Hy gee wenke oor hoe om die foto’s te neem, watter inligting belangrik is en gee ’n demonstrasie van die projek se DVD en hoe om op die internet die inligting te vind. Die praatjie begin om 09:00. Toegang kos R20. Bel Marietjie van Zyl by 082-4065975.

SATERDAG 8 JUNIE: Gerrie Pretorius bring sy Goue Oues na die Windmill-konferensiesentrum om 20:00. Kaartjies is teen R80 te koop by Marche Rouge. Skakel 051-410-2000. S BirdLife-Vrystaat hou ’n wandeling by Sewe Damme. Bel Fanie Buys by 072-672-4989. S Openbare vergadering om 15:00. Clive Solomon-kompleks, Heidedal. DA Mangaung se raadslede gee terugvoer oor die begroting, IDP, dienslewering en ander munisipale aangeleenthede. Kontak Maryke Marais by maryke@da.fs.org.za. S WildsKOSfees by De Oude Kraal Country Estate & Spa. Honderde mense word verwag op dié gewilde eet- en kuierfees suid van Bloemfontein. Skakel 051-564-0636. S Ontmoet Arco Musica om 10:30 by Pretty Gardens, Langenhovenpark. Gratis bekendstellingskonsert wat as ’n aptytwekker vir die glansproduksie Arco en Vriende Go Vintage op 12 Julie in die Sand du Plesis-teater dien. Die Arco Musica-orkes en bekendes soos Caroline Haasbroek en Pieter Möller gaan daar optree. S Trinity Methodist Church, Charles Street, Bloemfontein, will be holding a Mini Fete and Tea at the church at 09:30. Various items will be for sale and also a lot to eat and drink. A lucky draw with a sheep as prize will take place. Call Lee-Anne on 082335-5322. MAANDAG 10 JUNIE S Oranje Meisies Pre-primêr vier

om 10:00 sy 20ste verjaardag in die sportlokaal. Bel Annalie Loots by 073144-1616. TUESDAY, 11 JUNE S SAPS Parkweg: CPF Sector 4-meeting for all residents of Fauna at 18:00 at the NG church, Blesbok Street. Call WO Charmaine van Noord on 051-507-6046.

DONDERDAG 13 JUNIE S Spontaan-sangkompetisie se oudisie vind om 17:00 in die opleidingslokaal van Volksblad plaas. Vir meer besonderhede sien bl. 3.

VRYDAG 7 JUNIE: Elvis Blue tree om 19:30 in Innie Skuur, Langenhovenpark, op. Kaartjies is teen R120 by Kiki Corner (Langenhovenpark), Izami-bloemiste (Baysvillage) en Music Inc (Northridge Mall) te koop. Vir verdere besonderhede skakel 079-387-3614.

Sluk gerus dié bitter pil Gert Griessel SIDE EFFECTS – Met Jude Law, Rooney Mara, Catherine Zeta-Jones en Channing Tatum. Regie deur Steven Soderbergh. IS die sluk van ’n pil altyd die beste oplossing vir ons probleme? Dít is een van die kwessies wat in Side Effects, ’n puik riller deur Steven Soderbergh, een van Hollywood se interessantste regisseurs, verken word. Ná ’n selfmoordpoging word Emily Taylor (Rooney Mara) deur psigiater dr. Jonathan Banks (Jude Law) ’n reeks antidepressante voorgeskryf. Die newe-effekte van die medikasie wat Emily neem, kan egter deur niemand voorsien word nie en sal skokkende gevolge vir Emily se verhouding met haar man, Martin (Channing Tatum),

Fliek met Gert hê. Met die verloop van gebeure kom al hoe meer kinkels by, totdat Emily se vorige sielkundige, dr. Victoria Siebert (Catherine Zeta-Jones), ook betrek word. Side Effects is ’n smaaklike konkoksie vir kykers op soek na ’n vermaaklike sielkundige riller, met interessante karakters wat oortuigend deur puik hoofspelers vertolk word. Niks is werklik soos dit aanvanklik voorkom nie en die storielyn boei kykers se aandag deeglik deur hulle deurlopend op hul tone te hou. ’n Rolprent wat aanvanklik as ’n karakter-gedrewe drama voorkom, draai vinnig af op verskeie vreemde en onverwagte paadjies. Hoewel ’n mens op ’n nadere le-

WOENSDAG 12 JUNIE S Aurora se jaarvergadering om 17:00. Kontak Santie Froneman by info@auroracentre.co.za. S Die Stigting vir Artritis van Suid-Afrika (Bloemfontein-tak) nooi die publiek en gesondheidsdeskundiges na ’n praatjie: Fibromialgie – die logiese benadering tot pyn en hantering daarvan. Drs. Johan van Rensburg (rumatoloog) en Christa du Toit (pyndeskundige) lei om 17:50 die bespreking in die CJC Nel-lesingsaal van die Universitas-hospitaal. Bel Corrie Bruwer by 082-921-4234.

sing sou kan sê dat die rolprent die risiko van ongeloofwaardigheid in die laaste bedryf loop, pla dit min aangesien dit sulke uitmuntende vermaak verskaf. Die visuele styl van Side Effects bly lank by ’n mens spook en is ’n uitstekende voorbeeld van hoe die beelde wat die regisseur skep die tema van die verhaal ondersteun. Die wêreld word deur ’n waas uitgebeeld en die kyker voel deurlopend ongemaklik en ontsenu deur die vreemde perspektiewe en ligbronne wat effens te helder voorkom. Die alledaagse wêreld kry ’n vreemde, dreigende skyn en weerspieël dat, vir al die karakters, niks in hul lewe werklik is soos dit voorkom nie. Side Effects word sterk aanbeveel as ’n vermaaklike, uitdagende riller en ’n teenmiddel vir onoorspronklike, resepmatige lokettreffers.

FRIDAY, 14 JUNE S Makro wine tasting at SA Armour Museum, Tempe, at 18:30. Wine tasting is free, but you have to pay for your meal (R100). Call Alta on 051-1011050 or Chantel on 051-101-1043. S Richard van der Westhuizen sing om 19:30 in Innie Skuur, Langenhovenpark. Kaartjies te kry by Kiki Corner (Langenhovenpark), Izamibloemiste (Baysvillage) en Music Inc (Northridge Mall). Bel 079-387- 3614. S Jay & Lianie op Schoemanspark.

Bel Maureen by 072-954-4876. SATERDAG 15 JUNIE S Bloemfontein Game Klub hou van 11:00 tot 16:00 die 26ste Prestige Game-skou op die Bloemfonteinskouterrein. Met meer as 400 bantamen groothoender-inskrywings is die skou beslis een van die hoogtepunte op die pluimveekalender in die Vrystaat. Die meeste inskrywings is ouEngelse veghoenders met meer as 30 kleure op die skou. Die publiek kan die skoudiere van 11:00 tot 16:00 besigtig. Bel Sjoert van Ee by 082-4333299. SATERDAG 22 JUNIE S ’n Oggend vol vermaak wag tussen 09:00 en 13:00 by die Southern Centre in Fichardtpark. Kom ontmoet Smurfie, ’n kindervertoning word aangebied. Pryse te wen as jy die meeste serpe in een uur kan brei. Kontak Jolandie Myburg by blackwhite@ mweb.co.za om jou in te inskryf. Verder is daar ook ’n Money or the Box Show – alle klante kan strokies vir Junie in bokse gooi en finaliste sal getrek word wat op die dag kan meeding. Die hoogtepunt is ’n Trolley Run in die sentrum waar die wenner 60 minute kry om R3 000 te bestee. S Stuur Dagboek-bydraes na jens. friis@media24.com.

Chicken and veg soup Bruce McKay Ingredients: 5 medium chicken breasts 600 g mixed vegetables, chopped (onions, leeks, carrots, celery, spinach, courgette) 80 g butter 200 g potatoes, chopped 2 F tot 3 F vegetable/chicken stock, warm 1 bay leaf 1 loaf ciabatta Salt and pepper to taste Melt the butter in a pot and gently sauté the mixed vegetables until translucent. Add the whole chicken breast. Gradually add the stock stirring continuously. Once boiling, add the potatoes, and simmer for about 45 minutes. Remove the chicken and allow the chicken to cool. With a stick blender, liquidise the soup until desired consistency is reached. Cut the chicken into fine pieces and add to the soup. Bring to the boil and correct the

Cooking Bruce

with

Photo: Bruce McKay

seasoning. Serve with ciabatta bread separately. Winter has arrived and it is seems to be a true Free State winter. Enjoy this soup with a bottle of syrah. Until next week . . . Keep it cooking.


12

BLOEMNUUS, VRYDAG 7 JUNIE 2013

Comrades toets Bfn se bestes Rufus Botha MAAK jy ’n draai by die uitslae op die Comrades-ultramarathon se webtuiste (www.comrades.com) het Bloemfonteinse atlete van die drie klubs wat die meeste padwedlope in die Rosestad aanbied, nie berge versit nie, maar skaflik vertoon in Sondag se wedloop (87 km) wat van Durban na Pietermaritzburg beslis is. Skaflik, bedoelende dat die drie Bloemfontein-klubs, Nedbank

Die voormalige wenner van die Comrades-ultramarathon se veterane-afdeling, Johan Burger (Nedbank Bloemfontein Achilles), het vanjaar sy 27ste Comrades-ultramarathon (87 km) voltooi. Hy het in 9:52:57 oor die eindstreep gedraf. Foto: Johan Roux

Bloemfontein Achilles (37), Pentagon Pistols (27) en Bloemfontein Striders (9), saam 73 atlete opgelewer het wat die 2013-weergawe van die Comrades onder die afsnytyd van 12 uur voltooi het. Atlete wat tussen 11 en 12 uur klaarmaak, wen die Vic Claphamkopermedalje, terwyl atlete wat die wedloop tussen 9 en 11 uur voltooi met ’n bronsmedalje huiswaarts keer. Die Bill Rowanmedalje word toegeken aan atlete wat tussen 7 uur en 30 minute en 9 uur oor die eindstreep draf en die gesogte silwermedalje gaan aan alle atlete wat tussen 6 uur en 7 uur en 30 minute klaarmaak. Volgens die Comrades-webtuiste was Nedbank Bloemfontein Achilles se Thanda Mthembu (7:11:56) die enigste lid van die genoemde drie klubs wat silwer kon verwerf. Esther Palmer (40 tot 49 jaar) het 9:58:49 aangeteken om Pentagon Pistols se eerste atleet oor die eindstreep te wees en sodoende was sy ook die eerste vrou onder die genoemde klubs. Bloemfontein Striders se eerste atleet was Frikkie Janse van Rensburg wat ’n Bill Rowan-medalje vir sy 8:49:21 ontvang het. Pistols het geen Bill Rowan-medalje-atlete opgelewer nie en Achilles het drie van dié medaljes gewen. Achilles het boonop 17 bronsmedaljes verower teenoor Pistols se 6 en Striders se 3. Johan Burger (Bloemfontein Achilles) het die meeste Comrades-wedlope voltooi van die genoemde 73 atlete en het sy 27ste Comrades in 9:52:57 (50 tot 59 jaar) voltooi. Burger is ’n voormalige veterane- (40 tot 49 jaar) wenner van die Comrades en was voorheen twee keer in die algeheel 15de plek. Sy beste tyd is net oor 5:51.00. Daar was heelparty Bloemfonteiners in die Suid-Afrikaanse Weermagspan (Vrystaat), maar die Comrades-webwerf dui nie aan wie van dié atlete in die Rosestad bly nie. Die Bloemfonteiner Gideon van Zyl van die genoemde weermagklub (SANDF – FS) het die onderskeiding behaal om sy 21 ste Comrades in ’n goeie 08:23:54 te voltooi.

Os se ‘leerlinge’ presteer

Raymond van der Walt on his bike. In the background is the Sasol Library of the University of the Free State.

Heading to the top on two wheels Lynne Landman RAYMOND VAN DER WALT (16), a pupil of the Fichardtpark High School in Bloemfontein, has been selected as May’s Bloemnews SuperSport Let’s Play Sports Star of the Month for his achievements in cycling. Raymond has a number of cycling achievements under his belt. In 2012 he received full Free State colours in mountain-biking and half-colours in road cycling. In May Raymond took part in the Free State Championships that were held in Bloemfontein and won the road championships. He proceeded to take part in the South African Championships in Oudtshoorn where he won the u.16 South African Championship. After this amazing achievement, he also took part in the Nelspruit cycling tour where

he won the second stage, and had the honour of wearing the green jersey. Raymond is currently preparing for the European cycling race that will be taking place from 20 June to 28 July. His motto is: “Life is like riding a bicycle, to keep your balance you must keep moving, live life to the fullest and give your best every day”. * Send your Let’s Play Sports Star nomination for school learners between the ages of 6 and 18 today (nominations received before the 20th of each month will be included in that month’s selection). You can email your nomination to supersport@zpr.co.za or fax to 086-552-4922. For more information please contact Lynne or Juanré at Z PR on 051-430-3027.

SES Toyota-Cheetahs is in die Springbokspan vir die komende toetse-reeks teen Skotland, Samoa en Italië ingesluit. Hulle is Willie le Roux, Lourens Adriaanse, Pieter Labuschagne en Trevor Nyakane, almal nuwelinge, asook Adriaan Strauss en Coenie Oosthuizen. En watter groter pluimpie kon Os du Randt, voorspeler-afrigter van die Toyota-Cheetahs, nie gekry het nie as dat vier van die agt voorrymanne in die Springbok-groep spelers uit Sentraal-Suid-Afrika – Adriaanse, Nyakane, Strauss en Oosthuizen – ingesluit is. Die Haaie se voorry van Tendai Mtawarira, Bismarck en Jannie du Plessis, asook die Bulhaker, Chiliboy Ralepelle, is die ander voorrymanne. Die Toyota-Cheetahs se skitterende, kragtige skrumwerk Saterdagaand teen die Bulle het gewis die deurslag in Heyneke Meyer, die Bok-afrigter, se groot vertroue in Os du Randt se “leerlinge” gegee. Hier is ’n paar interessante feite oor die Springbok-groep wat aangewys is: * Sewe van die 34 Springbokke is, of was, lid van die UV-rugbyklub. Die Kovsies het nou reeds 72 Springbokke opgelewer. * Agt van die 34 Springbokke speel vir die Vrystaat-Cheetahs, of het voorheen vir die Vrystaters uitgedraf. Met die twee nuwe Springbokke – Trevor Nyakane en Pieter Labuschagne – het die Vrystaat reeds 79 Springbokke sedert Boetie McHardy (1912-’13) opgelewer. * Agt van die Springbokke was op Grey op skool, en saam met Morné Steyn (Sand du Plessis) beteken dit dat nege van dié Springbokke in Bloemfontein skolerugby gespeel het. Paul Roos (3), Paarl-Gim (2) en Monument (2) kom die naaste hieraan. Altesame 23 skole het die 34 Springbokke opgelewer. * Agttien van die Bokke het Saterdag in Bloemfontein gespeel (12 vir die Bulle en 6 vir die Toyota-Cheetahs). Die Haaie (8), Stormers (6), Bath (1) en Ulster (1) het die ander Bokke gelewer.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.