PAGE 2
NIGEL/HEIDELBERG REKORD - ONLINE EDITION www.rekord.org.za
28 March 2017
Fenominale bybel fundie JJC Kruger & Vennote Springs Parkland Kliniek Spesialiste Spreekkamer 011 812 4172
H2406
Drie Riviere - Vereeniging Umgenistraat 54, H/v Bashee Straat Drie Riviere, Vereeniging (By River Square kruising 016 423 3553
GEHOORSENTRUM
Why pay more to advertise your business? Read REKORD ONLINE @ www.rekord.org.za This is what it will cost you for full colour
Dr Lemmer du Plessis is ‘n fenominale Bybelkenner en het ‘n uitstekende Woordbediening. Dr Lemmer is ‘n bekende skrywer, teoloog, reisiger en TV persoonlikheid. Dr Lemmer het Simfonéa gemeente verlede week besoek en verskeie onderwerpe onder andere ‘Die opstanding, en Die troonsaal’ meer in fyn besonderhede bespreek. Hy gesels in diepte oor die eindtye en die bruilofsmaal. Daar is ook tyd om jou vrae te beantwoord. Dr Lemmer is ook bekend daarvoor dat hy die grootste gedeelte van die Bybel gememoriseer het! Sy preke en studies is baie insiggewend. Enige persoon wat die Bybel meer in diepte wil verken moet sy reeks lesings beslis nie misloop nie! Van sy boeke en dvd’s was beskikbaar. In ‘n Atlas van die Hemel benader Dr. Lemmer du Plessis hierdie interessante saak uit ‘n ander hoek. Hy gebruik uitsluitlik die Bybel as bron van inligting oor die hemel. Hierdie boek is dus nie op fabel of fantasie gegrond nie. Nogtans bevind die leser hom in ‘n ander wêreld wanneer hy met ‘n Atlas van die Hemel op toer gaan. Hy lees oor tyd en ewigheid, oor hemelse boeke en hemelse diere, oor ‘n hemelse parlement en ‘n hemelse tabernakel. Hy lees oor die troonsaal van God en oor die nuwe Jerusalem. Hy lees oor die dodevaart en die hemelvaart van Jesus. Vrae oor verassing en selfmoord word beantwoord. Hy vertel waarom God ‘n hel gemaak het. Hierdie is ‘n boek wat nie neergesit kan word voor dit nie van voor tot agter deurgelees is nie. Die besoek was voorwaar ‘n groot openbaring vir meeste van die besoekers. Talle inwoners wat onseker was oor sekere vrae het beslis die antwoord oortuigend uit God se Woord die waarheid gekry. Die byeenkomste is afgesluit met heerlike verversings en saam kuier rondom die woord van die Here. Dr Lemmer het tydens sy besoek by Picanha Gastehuis in Heidelberg tuisgegaan en dit was voorwaar ‘n aangename ondervinding om so in die hartjie van Heidelberg te kon tuisgaan.
5cm x 6cm (5x2)...........R350 10cm x 6cm (10x2) .......... R650 10cm x 9cm (10x3) .......... R950 15cm x 9cm (15x3) ........ R1450 Quarter Page (20x4) ...... R2600 SIGN A CONTRACT AND PAY LESS!
Betsie en Phillip van Rhyn, herderspaar van Simfonéa Gemeente op Heidelberg, hier saam met Dr Lemmer du Plessis wat die gemeente kom verryk het met sy insiggewende kennis van God se suiwer woord vanuit die 1953 vertaling.
Cherise 072 283 4135
Hester 079 493 0075
Kom geniet die WOORD saam met ons en daarna ‘n koppie tee! Spruytstraat 26,
HEIDELBERG