Rekord - Nigel & Heidelberg

Page 8

PAGE 8

NIGEL/HEIDELBERG REKORD - ONLINE EDITION www.rekord.org.za

14 FEBRUARY 2017

Aan die brand vir Jesus OSMAN’S OPTICAL OPTOMETRIST/CONTACT LENS PRACTITIONER

EYE HEALTH is too important to accept anything less than the best! Contracted to most Medical Aids NIGEL:Shop 3 A, Shoprite Centre TEL: 011 814 7000/1

267 SKAKEL 083 6198 267 6198

Bekende groep ‘The Aspire Ensemble’ vanuit die VSA gaan NG Kerk NigelSuid se gemeente besoek op 26 Februarie om 9 uur. Hierdie groep wat uit 16 jong, Amerikaanse en 2 Britse Christene bestaan gaan met koperblaasinstrumente, snaarinstrumente en lofliedere by die gemeente optree. “The Aspire Ensemble” is bekend regoor Amerika en ook in Europa. Gedurende hulle besoek aan Suid Afrika tree hulle by verskeie skole en kerke op. Hulle reis hierheen op hulle eie onkoste en daarom is die optredes ’n gebaar van welwillendheid. Kom kuier saam by NG Kerk NigelSuid te Republiekstraat 48, Noycedale, Nigel. Belangstellendes kan 011 814 3629 kantoor ure vanaf 8:30-13:00 skakel.

H2410

U stok en U staf Sedert die vroegste tye het die staf ‘n groot en belangrike rol gespeel. Omdat lang afstande per voet afgelê moes word, was die staf onontbeerlik. Dit het die stapper ondersteun maar was ‘n ware metgesel asook ‘n wapen waar dit nodig was. Dis heel moontlik die rede waarom God juis hierdie alombekende instrument gebruik het om Sy doel met die mens te illustreer. God besoek Moses in die woestyn en gee aan hom opdrag om Sy volk uit Egipte te gaan uitlei. Vir die taak wat Moses moes uitvoer terwyl hy skape opgepas het, was die staf die belangrikste. ‘n Onaansienlike stuk hout afgekap van ‘n struik iewers in die woestyn. Exodus 4:2 en 3: ‘Daarop vra die HERE vir hom: Wat is daar in jou hand? En hy antwoord: ‘n Staf. En Hy sê: Gooi dit op die grond. Toe gooi hy dit op die grond, en dit het ‘n slang geword; en Moses het daarvoor gevlug.’ Maar later is dit juis hierdie selfde staf wat telkens die teenwoordigheid en die wonders van God moes illustreer. Die staf was die instrument wat die plae gebring het, ja selfs tot in die koning se paleis. Eerstens was die staf deur God as strafgerig gebruik, maar by die Skelfsee slaan Moses die magtige waters wat meteens in ‘n droë pad verander waardeur die volk kon deurtrek. Die rots word geslaan en die volk kon drink. Die staf in die hand van Moses tydens die slag van Amalek was die teken van oorwinning. Hiena sou die staf ‘n onontbeerlike rol vir ten minste die volgende 40 jaar in die lewe van Moses en Israel speel. Telkens was die staf die bewys dat God met Sy volk was en hulle telkens uit benoudheid gered het. Ooreenstemmend hiermee besing ‘n ander herder, Dawid, die wonder van die staf in Psalm 23 vers 4. Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: U stok en U staf dié vertroos my. Vir hom moes daar ook ‘n besondere betekenis in die staf wees. Miskien het hy ‘n terugblik op sy eie lewe gehad en was daar herinneringe van gebeure waar die

TEL: 016 341 2187/8

HEIDELBERG, 23 Schoeman Str.

Betsie en Phillip herderspaar van Simfonéa 079 762 5545. Skakel ons vir gebed en berading. getroue staf werklike betekenis gehad het. 1 Sam 17:40. aarop neem hy sy staf in sy hand en soek vir hom uit die spruit vyf gladde klippe uit..met die slingervel in sy hand het hy nader gekom na die Filistyn. Dan volg die wonderbare oorwinning. Dawid erken en bely dat die staf van die Here hom vertroos selfs al sou hy deur die doodskaduwee gaan. Die bewys dat daar in die staf vele herinneringe van gemeenskap, veiligheid en teenwoordigheid van die Here in tye van benoudheid lê. Wat het u en ek vandag in ons hand? Dra ons ook getuienis van menige antwoord op ons nietige gebede. Was God se staf, Sy Woord nie ook ons vertroosting in tye van beproewing en swaarkry nie. Kan ons ook terugverwys en sê: U Woord, U staf vertroos my voortdurend? 1 Sam 14:27 :‘Maar Jonatan het die punt van die staf wat in sy hand was, uitgesteek en dit in ‘n heuningkoek gedoop en sy hand aan sy mond gebring, en sy oë het helder geword.’ Mag Sy staf, Sy woord en dit wat daarin is ons ook versterk, vertroos en ons oë helder maak om Sy wil te doen.

Kom geniet die WOORD saam met ons en daarna ‘n koppie tee! Spruytstraat 26,

HEIDELBERG


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.