ALICE 03 - The Gay Girl's Glossy

Page 15

KIES JOU TONG

Ek ken ‘n kat. Of ek dink ek ken haar. Sy sal van my verskil. Sy het my gekies. In die middel van ‘n opgebreekte verhouding. Met ‘in die middel’ verwys ek na die eerste drie jaar van ‘n 6 jaar en 6 maande lange verhouding. Die ses maande tel nie. Dit was die tyd toe sy ‘n paar boyfriends gehad het en ek net gewag het. Dit is in dié wagtyd wat Nushu my lewe kom voller maak het. Die betekenis van haar naam het vandag meer betekenis vir my. Min het ek toé geweet dat ek vandag ‘n aktivis vir verdruktes sou wees. Nu Shu is ‘n taal wat Chinese vroue in die Hunan provinsie in die geheim gebruik het om met mekaar te kommunikeer. Vroue was toe nie toegelaat om te leer en te kommunikeer nie. Daar word beweer dat die taal in die derde eeu A.D. ontstaan het. Nu Shu het geskrewe kontak tussen, ‘boesemvriendinne’, gefasiliteer. So het vriendinne trou gesweer aan mekaar, om vir ewig lojaal te bly. Dit het ook gehelp om hul hartseer en verlange ná hul troudag en geforseerde wegtrek, in die geheim te deel. Daar was die bekende gesegde: “Langs ‘n put sal jy nie dors word nie, en langs ‘n boesemvriendin sal jy nie wanhopig raak nie.” Nu Shu is ook gebruik om dagboek te hou oor die private gevoelens teenoor die nuwe eggenoot. Dié was salig onbewus van die vorm van taal en kommunikasie. Die taal is eers in 1960 ontdek. Tien jaar later is my halfbloed blougrys Nushu steeds spesiaal. En dit is nie net ek wat so sê nie! Madame Nushu eis spesiale behandeling. Sy kry net die beste kos. Dié soort wat mens nie kry in enige supermark nie, nee, dié wat jy ten duurste koop by spesialis winkels wat weet hoe spesiaal Nushus vir mense is. Die spesiale kos help haar ook om die ongenooide fur balls te verteer. Ek is half jaloers. Ek wens daar was vir my spesiale kos om die menslewe se fur balls te help verteer. Nou kou ek maar Rennies. Haar belangrikheid in ons lewe word bevestig wanneer ons so nou en dan weggaan vir ‘n paar dae. Dan word daar van die dienste van ‘n sorgvuldig gekeurde Nushu-oppasser gebruik gemaak. Na twee dae op haar eie, loop sy weg en gaan soek mense. Verder, het Nushu haar eie designer bed. Dit staan egter leeg. Sy lê waar sy wil. Dit is orals waar die son skyn of waar dit sag en warm is, veral op die skoot van ‘n allergiese mens. Nushu is ‘n healer, altyd gereed om my of my geliefde (of kuiergaste) se fisiese pyn te troetel met haar sagte blougrys lyf. Altyd saggies, altyd naby. Ek kan nie my lewe voorstel sonder my (s)kattekind nie. Ek ken ook ‘n hond. Maar hy sal vir jou sê, as hy kon, dat hy nie ‘n hond is nie, maar eerder ‘n wese van adelstand. Ek het hom ontmoet nog voor ek hom gesien het. So het ek, ‘n paar maande na die einde van my 6 jaar en 6 maande verhouding, vir heldersiende Peter gaan sien. Hy kon nie bevestig of daar ‘n volgende liefie, die keer buite ‘n donker kas, staan en wag nie. Ek was effe teleurgesteld. Hy het wel iets ‘gehoor’, nogal by ‘n hond uit my verlede; dat daar ‘n nuwe hondjie op my liefde wag! Nooit! Ek het hom w w w

.

a l i c e m a g a z i n e

.

c o

.

z a


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.