Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.29 no.8 (Online Weergawe)

Page 1


TWEE kabeldiewe en ‘n sekuriteitswag

moet oor drie weke weer in die Wolseley landdroshof verskyn.

Twee van die verdagtes, Seqobela Mohale (38) en Mafafa Mohloki (34), bly in aanhouding. Die sekuriteitswag wat kom help het, Mzwandile Mbangula (46), is op waarsku-

wing vrygelaat. Die drie se saak is tot 25 Maart uitgestel.

Gevang

Swak beplanning het op 2 Oktober 2025 daartoe gelei dat dié kabeldiewe vasgetrek is nadat hulle omstreeks 06:00 tussen Tulbagh en Artois sonder brandstof langs die pad gaan staan het.

DIE vragmotor van Donkerbos met ‘n vrag pere op, het Willem se Toyota bakkie getref voordat dit omgeslaan het.

Drie kabeldiewe weer in die landdroshof

Transnet sekuriteit het die Honda Fit motor langs die pad opgemerk waar hulle later 72kg kabels in die motor gekry het. Die mans is op die toneel gearresteer.

Met nadere ondersoek het die polisie gevind dat die Transnet-kabels vroeër langs die treinspoor by Voëlvleidam gesteel is.

Bestuurder dood na vragmotor sy bakkie tref

‘n BEKENDE inwoner van die Koue Bokkeveld, Willem Reynolds (51), het verlede Vrydag tragies gesterf toe ‘n vragmotor van Donkerbos sy Toyota bakkie getref het. Die kop-aan-kop botsing het omstreeks 15:20 naby Rocklands plaasgevind. Volgens voorlopige inligting van die polisie was die vragmotor en twee taxis, een van Op-die-Berg en een van Lesotho, onderweg in P.A. Hamlet se rigting. Die Lesotho-taxi het na bewering skielik gestop waarna die Op-die-Berg taxi ook vinnig probeer stop het. Die Donkerbos vragmotor het eers die taxi voor hom se sleepwa getref voordat die vragmotor in die regterbaan beland het en die bakkie van Willem Reynolds van die Bokkenfontein-plaas getref het. Die polisie en EMS nooddienste is na die toneel om bystand te lewer. Die ernstig beseerde Reynolds was ‘n tyd lank in die bakkie se wrak vasgekeer en moes met noodtoerusting uit die bakkie gehaal word. Hy is eers na Ceres hospitaal vervoer voordat hy na Christiaan Barnard hospitaal oorgeplaas is waar hy later aan sy beserings beswyk het. Hy was alleen in die bakkie. Die polisie ondersoek ‘n klag van strafbare manslag en het beide taxis se besonderhede op die toneel afgeneem. Begrafnisreëlings

Willem Jacobus Reynolds, een van vier seuns van wyle Percy Reynolds, het op die plaas Heldersig in die Koue Bokkeveld grootgeword. Hy begin sy skoolloopbaan by Boy Muller Primêr en matrikuleer later aan Charlie Hofmeyr Hoërskool. Hy voltooi sy studies by Worcester Kollege en Elsenburg, voordat hy in 1995 begin boer. Willem was mal oor sport en jag en hy was ook ‘n groot natuurliefhebber. Hy word oorleef deur sy vrou Marlize, hul twee dogters, Amanda en Hanneke, sy drie broers en sy ma, Annemarie, wat nog op Bokkenfontein woon. Die begrafnisdiens vind Saterdag 7 Maart plaas vanuit die Op-die-Berg gemeente.

DIE wrak van die Toyota bakkie met die taxi se sleepwa in die agtergrond.

Share Your Spark: WCBS calls on donors to inspire others

THIS March, the Western Cape Blood Service (WCBS) is encouraging the public to share their spark - not just by donating blood, but by sharing the personal stories that inspire others to join the lifesaving mission.

As part of its first-trimester campaign theme, Share, WCBS is focusing on the power of storytelling, peer influence, and community motivation.

Word of mouth remains one of the most effective and trusted forms of marketing, reinforcing the impact of personal stories in motivating others to act. With thousands of patients relying on blood transfusions every day, the need for blood remains constant. WCBS believes that when one donor shares their story, it can create a ripple effect that inspires many more to give.

“For some donating blood is personal. For others, it’s a simple way of giving back. When donors share their reason for donating, it becomes powerful,” says Marike Carli, Public Relations Manager at WCBS.

“This month, we’re asking donors to share their ‘why’ - whether it’s in honour of a loved one, a New Year’s resolution, or simply because they care. Their stories inspire others, and together, we spark a movement of generosity.”

Throughout March, WCBS will spotlight real donor stories across its digital platforms to encourage participation.

How to Share Your Story: Donate blood at your closest blood donation clinic and share your story via WhatsApp to 0605497244. Share it on socials, tag us at The Western Cape Blood Service #shareyoursparkWCBS

Whether you’re a regular blood donor or considering it for the first time, this is your moment, your story, your spark, your blood - it all matters. If you are between 16 and 75 years old, weigh 50kg or more, and are in good general health, and lead a safe sexual lifestyle, you may be eligible to donate blood. The process takes just 30 minutes, and you may donate every 56 days.

Donors are encouraged to eat a good meal within 3-4 hours before donating and increase their fluid intake before and after donation. Do something remarkable. Share your spark and inspire others to donate blood.

CERES Sekondêr se 2026 Matriekraad is onlangs aangewys. Vanjaar se hoofseun is Greame George en hoofmeisie, Lowell Sass, met Zenande Tshambu (onderhoofseun) en Sibulele Hinana (onderhoofmeisie).

JOHANNES Wolfaardt lived years marked by poor choices, broken trust and strained relationships. He carried regret and shame and those burdens shaped his decisions and his view of himself. He reached a point where he faced the damage he caused and accepted responsibility. He turned toward faith and committed his life to change. He rebuilt discipline, sought forgiveness from those he hurt, and restored bonds step by step. His story shows the cost of wrong paths and the strength required to leave them. Today he speaks to audiences about truth, repentance, and renewal. He stands as proof that a man who confronts his past with honesty and faith gains a new direction, a clear purpose, and the courage to live with integrity.

DIE organiseerders van die 6.7 kilometer4Madiba pretloop is opgewonde om dié geleentheid vir die tweede keer op 18 Julie in Bella Vista aan te bied. Die beplanningskomitee vir die Mandeladag-vieringe. VLNR: Rudowaan du Toit (Togryers museum), Paul Marman (DSD), Neal Stacey (2Feet4TB), Sue-Allan Brandt (Year Beyond), Bertdene Laubscher (Togryers museumbestuurder), Kevin McDonald (ADT) en Shirley Wagener (Ceres Toerisme).

NOTICE

IN THE ESTATE OF:

PETRUS MATTHEWS

Id. no. 620415 5227 087

OF: 7 Petunia Street, Gouda, 6821

MASTERíS REF. NO.: 011628/2022

The First and Final Liquidation and Distribution account in the abovementioned deceased estate shall be open for inspection for a period of twenty one days from Friday 6 March 2026 at the office of the Master of the High Court, Cape Town and at the office of the Magistrate at Tulbagh.

DATED and SIGNED at TULBAGH on this 20th day of FEBRUARY 2026

BEZUIDENHOUT INC.

Attorney for Executor

The Parsonage, 45 Church Street, Tulbagh, 6820 (Ref: LC/JC0151)

NOTICE

IN THE ESTATE OF:

GLADYS FATIMA MATTHEWS

Id. no. 630912 0199 087

OF: 7 Petunia Street, Gouda, 6821

MASTERíS REF. NO.: 020890/2022

The First and Final Liquidation and Distribution account in the abovementioned deceased estate shall be open for inspection for a period of twenty one days from Friday 6 March 2026 at the office of the Master of the High Court, Cape Town and at the office of the Magistrate at Tulbagh.

DATED and SIGNED at TULBAGH on this 20th day of FEBRUARY 2026

BEZUIDENHOUT INC.

Attorney for Executor

The Parsonage, 45 Church Street, Tulbagh, 6820 (Ref: LC/JC0150)

nuusbrokkies

DIE Vriende van die Togryers museum nooi inwoners uit om deel te wees van hul eerste uitstappie vir die jaar op Sondag 15 Maart om 14:00. Vier geestelike instellings word besoek: St. Mary’s Katolieke kerk, St. Andrews Anglikaanse kerk, die Moskee en die AME kerk. Kom luister na die insiggewende ontstaansgeskiedenis van hierdie denominasies. Begin van toer is by die Katolieke kerk. Besprekings is noodsaaklik. Belangstellendes kan bespreek by (023) 312-2045 of 076-689-2885.

MOOI Uitsig Primêr bied vanjaar hul jaarlikse karnaval aan op 20 - 21 Maart

SANITARY Drive Campaign Ceres is a community driven initiative dedicated to help local girls and women in need, being a reminder to them to know how valuable they are, how we as a community can stand together in hope, love and kindness to others. This organisation supports schoolgirls, children’s homes, old age homes, hospitals and other small communities around the Witzenberg area. Our work goes beyond giving: we rebuild self-love, health, fitness, and education around the menstruation cycle to schoolgirls. Please help with sanitary products - for more information contact Lana-Dee Faroö on 072-685-3223

CERES Toerisme is tans besig om ’n 2026 Kalender vir die Witzenbergstreek saam te stel en nooi alle organisasies en organiseerders uit om hul beplande geleenthede, gesellighede en funksies aan die toerismekantoor deur te gee. Dit sluit in sportgebeurtenisse en ander kultuur en spesiale geleenthede. Stuur inligting na info@ceres.org.za. Dit is belangrik om die streek se datums te koördineer en sal help dat groot geleenthede nie oorvleuel nie sodat elke geleentheid die maksimum ondersteuning kry wat dit verdien. Enige navrae kan aan die Ceres toerismeburo by (023) 316-1287 gerig word.

HUIS Disa bied ‘n potjiekos kompetisie aan op 16 Mei. Vir navrae of om in te skryf, skakel (023) 230-0245.

Banda wil nou

pleit na Moya gevonnis is

BONGANI Banda (22), een van die mans wat aangekla word van moord op ‘n sendeling en Ceres-inwoner, wil nou ook ‘n pleitooreenkoms met die staat aangaan.

Sy mede-beskuldigde, Banele Moya (22), het einde verlede jaar skuld beken op klagtes van roof met verswarende omstandighede, diefstal van ‘n motorvoertuig en die moord op Herman Nieuwoudt (59).

Die pleitooreenkoms is deur die hof en familie aanvaar. Saak uitgestel

Banda se verhoor is Dinsdag in die Worcester streekhof uitgestel na 29 April sodat ‘n pleitooreenkoms gefinaliseer kan word.

BONGANI Banda tydens ‘n verskyning in 2023 in die Worcester landdroshof.

FOTO: Edrea du Toit - Rapport.

Agtergrond

Dié moord het byna drie jaar gelede skokgolwe deur die Witzenbergstreek gestuur.

Herman Nieuwoudt het op Vrydag 5 Mei 2023 net na 17:00, sy huis op Ceres verlaat om kruideniersware in die dorp te gaan koop.

Die Toyota dubbelkajuit bakkie waarmee hy gery het, is die laaste keer omstreeks 18:00 op veiligheidskameras opgemerk waar dit uit Ceres in die rigting van Michellspas gery het. Saterdag 6 Mei 2023 omstreeks 08:30 het ‘n voetganger lede van die Worcester SAPD gestop en meegedeel dat hy ‘n man se liggaam, wat later as dié van Herman Nieuwoudt uitgeken is, langs die pad opgemerk het.

Vonnis

In die pleitooreenkoms van Moya meld die streekhof dat dit ernstige oortredings is en dat die aanval met erge geweld gepleeg is.

Die gesteelde goedere is egter nooit teruggevind nie en die aanval en roof was vooraf beplan.

Moya is op die eerste klag van roof met verswarende omstandighede tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis waarvan 5 jaar vir 5 jaar opgeskort is. Op die tweede klag van moord is hy 25 jaar gevangenisstraf opgelê. Vyf jaar hiervan is vir 5 jaar opgeskort en op die derde klag van diefstal van ‘n motorvoertuig is Moya tot 5 jaar gevangenisstraf gevonnis.

Die hof het beveel dat die vonnisse van klagte 1 en 3 (15 jaar effektief) samelopend met die vonnis vir die moord (20 jaar effektief) uitgedien sal word. Moya sal 20 jaar agter tralies deurbring.

TULBAGH SAPD vra die gemeenskap se hulp om ‘n vermiste persoon op te spoor. Martha Swart (58) van Weltevrede-plaas het Saterdag 28 Februarie buite Tulbagh vermis geraak. Sy het omstreeks 20:00 op die plaas Groenkloof gaan kuier en later die plaas te voet verlaat. Sy is sedertdien nog nie weer gesien nie. Soek- en reddingspanne is ontplooi en is tans besig om Tulbagh-area te fynkam. Indien iemand oor enige inligting beskik, kan hulle die ondersoekbeampte sers. Jacobs skakel by (023) 230-8100.

‘n MAN (44) van Blackheath, Kaapstad wat in die week op Ceres gewoon het, is Woensdag omstreeks 11:15 dood. Hy het vermoedelik weens ‘n hartaanval gesterf agter die stuur van sy bakkie. Die bakkie het by die verkeerslig oorkant die polisiestasie op die sypaadjie tot stilstand gekom. Polisielede sowel as die EMS personeel was gou op die toneel.

Saak teen drie rowers vir verdere ondersoek uitgestel

DIE saak teen drie USave-rowers is weer op Wolseley uitgestel.

Die roof het op 29 September 2025 omstreeks 17:55 plaasgevind toe dié mans op die USave drankwinkel toegeslaan het. Die mans het by die drankwinkel ingestap waarna een van die verdagtes die personeel met ‘n vuurwapen gedreig het. Die mans het twee selfone gevat asook kontant en drank voordat hulle in ‘n voertuig met ‘n vervalste CT-nommerplaat, van die toneel weggejaag het. Wolseley speurders het gou leidrade begin opvolg en vier mans vasgetrek. Daar is op twee vuurwapens in Nduli en op P.A. Hamlet beslag gelê. ‘n Vyfde verdagte is later vasgetrek.

Hofverskyning

Die verdagtes van Ceres, Nduli en P.A. Hamlet, Sabata Kutana (39), Ibrahim Dwaba (26), Xolisile Richard Makumsha (42), Sinethemba Funani (38) en Sandico Sokhetye (31), is kort na die roof gearresteer.

Die klagtes teen Kutana (beskuldigde no. 1) en Sokhetye (beskuldigde no. 5) is deur die staat teruggetrek. Hulle is onderskeidelik op 8 Desember verlede jaar en 5

Februarie vrygelaat.

Makumsha (beskuldigde no.3) wat blykbaar voorheen vir die Witzenberg munisipalitiet gewerk het, is verlede week (24 Februarie) op borg van R5 000 vrygelaat. Dwaba en Funani bly in aanhouding en het hul borgaansoek laat vaar. Die drie mans moet weer op 9 April in die Wolseley landdroshof verskyn.

Nuwe verwikkelings

Dwaba, voorheen ‘n vrugtesmous op Ceres, was voor sy inhegtenisname uit op borgtog van R2 000. Hy staan tans tereg op klagtes van gewapende roof waar hy en ‘n medepligtige, Kamva Gqalaqha (25), ‘n werknemer van Pep van meer as R65 000 beroof het. Die werknemer was op pad na Standard Bank om die geld te gaan deponeer. Gqalaqha is einde verlede jaar, skaars twee dae na sy 25ste verjaarsdag, op 21 Desember doodgeskiet toe hy en sy meisie omstreeks 01:30 van ‘n taverne in Phumlastraat, Nduli gestap het. ‘n Paar skote is op Gqalaqha geskiet voordat twee onbekende mans van die toneel gevlug het. Gqalaqha was van Julie 2024 tot en met sy dood, op borgtog van R2000 uit. Dié verhoor teen Dwaba gaan blykbaar op 11 Maart begin.

TWEE tennisspelers van Laerskool Koue Bokkeveld, Daniël du Toit en Helené du Toit, het die naweek die Wes-Kaap Kavaliers tennisspan in die Synergy Cup teen WP verteenwoordig. Die toernooi het in Kaapstad plaasgevind en spelers het kragte gemeet in enkels, dubbels en gemengde dubbels.

DIT is altyd lekker om Laerskool Robertson in die Koue Bokkeveld te ontvang. Op Donderdag 26 Februarie het die twee skole weer kragte gemeet op die tennisbaan. Na afloop van die wedstryde is daar lekker saam gekuier.

32 DEGREES SOUTH FRUIT (EDMS) BPK

Posbus 73, Koue Bokkeveld, 6836 ☎ ☎ ☎ ☎ (023) 317-1503

E-pos: admin@langrivier.co.za

VERKOELINGSTEGNIKUS / BA OPERATEUR

32 Degrees South Fruit (Edms) Bpk, ín toonaangewende vrugtepakstoor in die Koue Bokkeveld, het ín geleentheid beskikbaar vir ín Verkoelingstegnikus / BA Operateur.

Verantwoordelikhede sluit in :

Bestuur van BA-kamers en kratstelsel

Bestuur & onderhoud van alle aspekte van verkoeling / herverkoeling

Instandhouding van:

oWerkswinkel & pakhuismasjinerie oVurkhysers & toesig oor operateurs oBranddamme, pompe en gepaardgaande inspeksies oGeboue & Generator (daagliks)

Rekordhouding en ondersteuning met BRC-vereistes

Vereistes:

Sterk meganiese en elektriese kennis

Probleemoplossing en tegniese vaardigheid

Basiese verkoelingservaring

Goeie menseverhoudings en spanwerk

Betroubaarheid, lojaliteit en bereidwilligheid

Moontlikheid van lang ure

Rekenaarvaardigheid

ín Markverwante vergoedingspakket, wat behuising en ín werksvoertuig insluit, word aan die suksesvolle kandidaat aangebied.

Aansoeke moet vergesel wees van ín CV en gestuur word aan: admin@langrivier.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 13 Maart 2026

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Kandidate wat geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan hul aansoek as onsuksesvol beskou.

BOLAND Dragons het op 28 Februarie hul eerste Karate en Kobudo liga aangebied. Plaaslike karatekas het uitstekend gevaar en goeie prestasies gelewer. AGTER: Mia Laubscher (twee goue medaljes), Retief Spence (silwer), Adriel Ndlovu, Le Roux Hough, Lukas Krige (twee goue medaljes, ‘n 1 silwer en eerste in die top 10) en Tylor Engelbrecht (twee silwer). VOOR: Ruan de Preez, Roman Hough (brons), Izak Krige (drie brons), Kieran Krotz, Ireasha Green (silwer en brons) en Bellane Vermeulen (goud en silwer). * Die Senshi3-span van Retief Spence, Tylor Engelbrecht en Lukas Krige het ook ’n silwermedalje verower vir Rotation Fighting. Die karateklub het vyf goue medaljes sowel as 6 silwer- en 6 bronsmedaljes huis toe gebring.

deelgeneem. F.D.Conradie wen al vier die bekers vir o/11 krieket, o/13 krieket asook seuns en meisie eerste tennisspanne. Laerskool F.D.Conradie wen ook die atletiekbeker.

BRONAAR PLASE (EDMS) BPK

Bronaar Plase (Edms) Bpk, geleÎ in die Koue Bokkeveld, wat bestaan uit vrugte- en groente produksie eenhede, verlang die dienste van ën persoon as deel van ons span te word vir onderstaande vakature:

BEWAARSKOOLHOOF

Verantwoordelikhede : Die doel van die pos is om die Bewaarskool doeltreffend te bestuur.

Vereistes: Opstel en bestuur van kostebegrotings Motivering en ontwikkeling van werksmag Goeie interpersoonlike menseverhoudings VermoÎ om teiken datums te behaal Goeie organisasie vermoÎ VermoÎ om onafhanklik te werk 5 Jaar ondervinding in die bedryf Moet goed in ën span kan funksioneer Moet lief wees vir kinders en hulle behoefte ten alle tye eerste stel Graad 12 of soortgelyke sertifikaat Engels en Afrikaans magtig ECD Level 5 sal die aansoek versterk.

Bogenoemde vakature sal direk aan die Menslike Hulpbronne Bestuurder rapporteer en ën mededingende vergoedingspakket word aangebied.

Stuur CV aan Madelein Gagiano by: madelein@bronaar.co.za

Navrae : (023) 317-0729

Sluitingsdatum vir aansoeke:27 Maart 2026

Diensaanvaarding:1 Junie 2026

Indien u teen 11 April 2026 nog geen terugvoer gekry het nie, neem aan dat u aansoek onsuksesvol was.

byeenkoms deelgeneem en

en silwer vir kata.

LAERSKOOL F.D. Conradie het aan hul eerste somer interskolebyeenkoms teen Topolino Privaatskool van Langebaan
TWEE leerders van Laerskool F.D.Conradie, Izak Krige en Bellané Vermeulen, het die naweek aan die Boland Dragons Liga 1
uitstekend gevaar. Izak het brons medaljes verwerf in kumite, lang-wapen en kort-wapen terwyl Bellané goud verwerf het vir kumite

Rugbyspelers ernstig beseer

DRIE rugbyspelers van Tulbagh rugbyklub is Sondagoggend ernstig in ‘n fratsongeluk beseer.

Volgens beskikbare inligting het ‘n Ford Fiesta op 1 Maart omstreeks 06:00 onklaar geraak op ‘n draai tussen Skilpadrug en Eikelaan-plaas buite Tulbagh.

Insittendes van die Ford Fiesta het hulp ontbied. Drie mans van 21, 23 en 25 jaar oud is beseer nadat die bestuurder van die Renault Clio wat kom help het, onverklaarbaar teen die Ford gebots het.

Die beseerdes is omstreeks 06:40 na Ceres hospitaal vir behandeling geneem. Volgens die rugbyklub se Facebook-blad is Jaheim Kock ernstig beseer en na die

Tygerberg hospitaal oorgeplaas waar hy ‘n operasie moet ondergaan. Thurston Jurgens is uit die hospitaal ontslaan en sterk tans tuis aan. Die derde persoon, net bekend as Emile, was Maandag nog in die Ceres hospitaal. Twee ander mans wat ook op die toneel was, is nie beseer nie. Tulbagh polisie ondersoek ‘n saak van roekelose en/of nalatige bestuur. Hoe die ongeluk plaasgevind het, vorm deel van die polisie se ondersoek. Verklarings sal afgeneem word sodra die mans uit die hospitaal ontslaan is. Indien iemand enige ander inligting het kan hulle die ondersoekbeampte, kst. Morris skakel by (023) 2308100

Baron (28) en Jo-Neil Baron (23) van P.A.

Na 14 maande het daar

nog niks gebeur nie

NA 14 maande het daar nog niks gebeur in die saak teen ‘n gewese sewesrugbyspeler, sy broer en hul vriend wat van poging tot moord aangekla is nie.

Die saak is Maandag in die Ceres landdroshof tot 10 Julie uitgestel sodat die drie mans ‘n prokureur kan aanstel en die prokureur op rekord by die hof kan kom. Hul borgtog van R2 000 elk, is verleng.

Voorval

Die klagtes teen Jaiden Baron (28) en JoNeil Baron (23) van P.A. Hamlet en Burton Zimri (22) van Ceres, hou verband met ‘n bakleiery en ‘n messteek-voorval op 7 - 8 Desember 2024

Die eerste voorval het blykbaar in ‘n straat naby ‘n nagklub plaasgevind en die ander een by ‘n privaat woning in Ceres se middedorp.

‘n Groep vriende het blykbaar die betrokke aand saam in ‘n nagklub gekuier.

Ryan Hendricks (die klaer) en Jaiden Baron was nadat hulle weg is by die nagklub, na bewering in ‘n argument betrokke wat later in die straat op ‘n bakleiery uitgeloop het.

Volgens die klagstaat het Jaiden Baron vir Hendricks met ‘n sleutel in die gesig gesteek.

Hendriks is na die voorval na ‘n vriend se woning in die middedorp. Jaiden het na bewering sy broer, Jo-Neil, en vriende in Rooikamp gaan haal en na Hendricks begin soek. Hulle is na ‘n woning in Fabriekstraat waar hulle Hendricks na bewering aangerand en verskeie kere met ‘n mes gesteek het. Hendricks is later na die Ceres hospitaal geneem vir behandeling. In hegtenis geneem

Die polisie het Zimri en Jo-Neil Baron op 8 Desember 2024 in hegtenis geneem.

Jaiden Baron is vroeg op 9 Desember 2024 gearresteer nadat hy na bewering by iemand se woning weggekruip het. Hy het later die dag saam met sy broer en Zimri vir die eerste keer in die landdroshof verskyn.

Jaiden Baron word aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer asook poging tot moord.

Burton Zimri en Jo-Neil Baron wat by ‘n groot landbou-onderneming buite Ceres werk, word aangekla weens poging tot moord.

DRIE verdagtes is vasgetrek. VLNR: Llwellyn Nel (34), Justin Charles (34) en Raynaldo van Neel (32).

Diefstalsaak weer op hofrol nadat dit vroeÎr afgehaal is

DIE diefstalsaak teen drie mans wat in September 2024 ‘n Troxler-masjien van R250 000 uit een van Roadmac se voertuie gesteel het, is weer op die Ceres landdroshofrol teruggeplaas.

Die saak is vroeër weens uitstaande ondersoekwerk tydelik afgehaal. Die mans moet weer op 21 Julie in die hof verskyn.

Duur masjien

Die Troxler-masjien word deur padingenieurs gebruik om teerdigtheid te meet en bevat radio-aktiewe materiaal. Die drie verdagtes het nadat hulle die masjien gesteel het, dit opgekap en later vir ‘n skamele R64 aan ‘n ongeregistreerde skroothandelaar verkoop.

Nadat dit aan die ongeregistreerde skroothandelaar op P.A. Hamlet verkoop is, is die skrootmetaal na ‘n geregistreerde handelaar op Paarl voordat dit by ‘n handelaar in Epping beland het waar die polisie dit vinnig gekry het.

Twee verdagtes, Llwellyn Nel (34), ook bekend as Tubby en Justin Charles (34), ook

bekend

as Jussie Ai, is in Fase 6 buite P.A. Hamlet gearresteer. Die polisie het ‘n paar dae later ‘n derde verdagte, Raynaldo van Neel (32), gearresteer nadat hy vroeër weggehardloop het.
JAIDEN
Hamlet

(023) 316-2021 l info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

1980/01/10

Bergpredikasie

SHUTTERS

SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276.

Protect the Western Cape against FMD

Share Your Spark: WCBS calls on donors to inspire others

THIS March, the Western Cape Blood Service (WCBS) is encouraging the public to share their spark - not just by donating blood, but by sharing the personal stories that inspire others to join the lifesaving mission.

As part of its first-trimester campaign theme, Share, WCBS is focusing on the power of storytelling, peer influence, and community motivation.

Word of mouth remains one of the most effective and trusted forms of marketing, reinforcing the impact of personal stories in motivating others to act. With thousands of patients relying on blood transfusions every day, the need for blood remains constant. WCBS believes that when one donor shares their story, it can create a ripple effect that inspires many more to give.

“For some donating blood is personal. For others, it’s a simple way of giving back. When donors share their reason for donating, it becomes powerful,” says Marike Carli, Public Relations Manager at WCBS.

“This month, we’re asking donors to share their ‘why’ - whether it’s in honour of a loved one, a New Year’s resolution, or simply because they care. Their stories inspire others, and together, we spark a movement of generosity.”

Throughout March, WCBS will spotlight real donor stories across its digital platforms to encourage participation.

How to Share Your Story: Donate blood at your closest blood donation clinic and share your story via WhatsApp to 060-549-7244. Share it on socials, tag us at The Western Cape Blood Service #shareyoursparkWCBS

Whether you’re a regular blood donor or considering it for the first time, this is your moment, your story, your spark, your blood - it all matters. If you are between 16 and 75 years old, weigh 50kg or more, and are in good general health, and lead a safe sexual lifestyle, you may be eligible to donate blood. The process takes just 30 minutes, and you may donate every 56 days.

Donors are encouraged to eat a good meal within 3 - 4 hours before donating and increase their fluid intake before and after donation. Do something remarkable.

THE Western Cape Government has welcomed President Cyril Ramaphosa’s announcement during the 2026 State of the Nation Address that Foot and Mouth Disease (FMD) has been classified as a national disaster, enabling a strengthened, coordinated national effort to combat one of the most severe livestock disease outbreaks in years.

Western Cape Minister of Agriculture, Economic Development and Tourism, Dr. Ivan Meyer, commended the President for recognising the devastating economic and agricultural impacts of the ongoing FMD outbreak, including herd losses, export restrictions, and pressure on livestock farmers.

ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: ï Warm klere en kinderklere ï Jasse Wintersklere word uitgepak op 1 April.

Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke!

Louw-Marie 083-634-8068 louwmarieshepherd8@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres

(Ingang in Lyellstraat oorkant Ceres Cycles)

Ma - Vry:09:00 - 16:00

“South Africa has been battling FMD since 2019 and experience has shown that a centralised, one-size-fits-all model slows down disease response. Allowing provinces to procure vaccines - supported by national guidelines - will improve response times, strengthen accountability and drive innovation through local partnerships,” said Minister Meyer.

Dr. Meyer further highlighted the Western Cape’s preparedness through its 21 Point FMD Response Plan, which has already guided containment efforts, enabling the province to:

• Successfully resolve the initial Gouda outbreak

• Implement virtual livestock auctions to reduce animal movement

• Strengthen biosecurity measures at farms and auction sites

• Improve surveillance, testing, and early warning systems

• He reiterated the need for rapid declaration of disease management areas during outbreaks to minimise spread, protect farming communities, and reduce market disruption.

Vaccinations have already begun, with a further tranche set to commence this week in various parts of the province.

Western Cape Minister of Local Government, Environmental Affairs and Development Planning, Anton Bredell, also welcomed the national disaster classification of FMD, calling it an essential tool to safeguard the Western Cape’s livestock sector, valued at R13.5/billion, and the thousands of jobs it supports.

“We are actively protecting our provincial borders and monitoring entry points for cattle. Any movement of livestock without the required permits poses a direct risk to the entire province. We will be firm and decisive in enforcing compliance,” Bredell said.

Both Ministers emphasised that combining national coordination with provincial agility and expertise is essential to protect farmers, rural jobs, and South Africa’s livestock economy.

“Every delay in FMD containment threatens farmers’ livelihoods, food security, and rural jobs. By combining national coordination with provincial readiness and expertise, we can protect the agricultural economy and rebuild confidence in our livestock industry,” said Dr Meyer.

The Western Cape Government reaffirmed its readiness to support and strengthen national interventions, contribute provincial expertise, and ensure a transparent rollout of vaccines through participation in the national FMD task team.

Drie junior spelers vir Boland gekies

DRIE junior gholfspelers van Ceres gholfklub is gekies om Boland te verteenwoordig. Wilan van der Berg (foto bo) is opgeneem in die o/19 span. Wiehan en Marko Swart (foto links) is opgeneem in die o/13 span.

VIER atlete van Wolseley Sekondêr het goed gevaar tydens die Boland atletiekkampioenskappe wat onlangs in die Paarl aangebied is. Die vier atlete is in die Bolandspan opgeneem. VLNR: Grandall Fredericks (o/19 - eerste in die 5000 meter), Akeen Titus (o/15 - derde in die spiesgooi), Malcolm Swartz (o/15 - tweede in die 1500 meter hindernis) en Jade-Lee de Wee (o/19 - tweede in die 3000 meter hindernis). Hulle neem op 13 en 14 Maart deel aan die Wes-Kaap atletiekkampioenskappe wat in Stellenbosch aangebied word.

Program bevorder waterveiligheid

LEERDERS van primêre skole en verskeie voorskoolse groepe word weekliks aan die NSRI Survival Swimming-program blootgestel.

Die leerders se entoesiasme is aansteeklik. Hulle leer nie net om waterveilig te wees nie, maar ook verskeie lewensbelangrike vaardighede.

Die program bied aan kinders, wat nie die geleentheid het om swemafrigting te kry nie, gratis blootstelling tot waterveiligheid en selfvertroue. Daarbenewens verbeter dit hul koördinasie, fisiese gesondheid en leer dit kinders om verantwoordelik te wees en mekaar te ondersteun.

Met hierdie program wil die NSRI nie net kinders se vaardighede ontwikkel nie, maar ook waterveiligheid in die gemeenskap bevorder en ouers bewus maak van die belangrikheid om altyd veilig te wees naby water.

“Dankie aan Witzenberg munisipaliteit wat die swembaddens in die oggende beskikbaar stel vir dié program”.

Vir enige navrae oor die program, kan belangstellendes vir Eoudia Erasmus skakel by 074-321-5322

Protecting children through immunisation as meningococcal cases monitored in the Western Cape

THE Western Cape Department of Health and Wellness is closely monitoring meningococcal meningitis cases in the Western Cape, as part of its ongoing public health surveillance.

A total of 11 confirmed meningococcal disease cases (including 1 death) has been confirmed for the period 1 January - 22 February 2026.

Eight cases were recorded in Cape Town Metro district, two cases in Cape Winelands and one case in the Overberg District. The majority of reported cases were below the age of one year. These cases are sporadic and do not constitute an outbreak.

The Department is also managing a measles and diphtheria outbreak because of declining childhood immunisation rates and population immunity gaps in the province.

“We are monitoring disease surveillance data to identify trends, clusters, outbreaks and areas that must be prioritised for target vaccination or outreach.

Meningococcal meningitis

Meningococcal meningitis is caused by the bacterium Neisseria meningitidis. The disease is severe but is uncommon. It spreads through fine droplets released during speaking, coughing or sneezing. Anyone can become infected, especially in situations of overcrowding or close contact such as schools, crèches, hostels and student residences.

Common signs and symptoms include:

- Sudden onset of fever

- Intense headache

- Nausea and vomiting

- Stiff neck

- Irritability

- Sensitivity to light

- A rash with small, dark red discolorations on the body

Meningitis is a dangerous disease and can be fatal. Parents should seek immediate medical attention if they or their child develop these symptoms. Meningococcal disease is endemic to South Africa, occurring all year round, with a peak from June to October

Infants are the most affected, followed by the 15 -24-year age category.

KENNISGEWING

2025/2026 AANSUIWERINGSBEGROTING + SDBIP

Tydens ën raadsvergadering gehou op 25 Februarie 2026 is ën Aansuiweringsbegroting en gewysigde SDBIP vir 2025/2026 aan die Raad voorgelÍ en goedgekeur. Die Aansuiweringsbegroting en gewysigde SDBIP is ter insae beskikbaar by alle Munisipale Kantore en Openbare Biblioteke asook op ons webtuiste: www.witzenberg.gov.za

D. NASSON: MUNISIPALE BESTUURDER Witzenberg Munisipaliteit Voortrekkerstraat 50, Ceres 6835

NOTICE

2025/2026 ADJUSTMENT BUDGET + SDBIP

During a council meeting held on 25 February 2026 an Adjustment Budget and reviewed SDBIP for 2025/2026 was tabled and approved by Council.

The Adjustment Budget and reviewed SDBIP can be viewed at all municipal offices and public libraries and is available on our website: www.witzenberg.gov.za

D. NASSON: MUNICIPAL MANAGER Witzenberg Municipality 50 Voortrekker Street, Ceres, 6835

ISAZISO

UHLAHLOLWABIWOMALI OLUHLENGAHLENGISIWEYO LUKA- 2025/2026 + SDBIP Kwintlanganiso yeBhunga ibibanjwe ngomhla wama 25 kweyoMdumba 2026. Olu hlengahlengiso luye lwathiwa thaca phambi kweBhunga kwaye luye lwavunywa liBhunga, ukuhlomla kuhlahlolwabiwomali oluhlengahlengisiweyo luyafumaneka kuzo zonke i-Ofisi zikaMasipala nakuMathala eencwadi, nakumnatazwe kaMasipala: www.witzenberg.gov.za

D. NASSON: UMLAWULI-MASIPALA uMasipala waseWitzenberg 50 Voortrekker Street, Ceres,6835

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

Liga begin die naweek

DIE 2026 rugbyseisoen begin die naweek met talle spanne wat betrokke is in derbywedstryde. Saterdag 7 Maart begin Bella Vista rugbyklub die Witsentraalliga van die Grootuitdaag-kompetisie met ‘n wedstryd teen Ceres rugbyklub. Die dag beloof baie opwinding en ‘n harde wedstryd tussen die twee buurklubs. Bella Vista se ander drie wedstryde is teen Delicious, Wolseley en Tulbagh. Hamlet speel hul eerste wedstryd teen Villagers Newton terwyl Wolseley en Delicious kragte meet. * Hier is Delicious in aksie tydens hul laaste vriendskaplike wedstryd teen Alberts rugbyklub. Delious het die wedstryd met 38-22 gewen.

Lood en Bennie wen klubkompetisie

LOOD Prins en Bennie van Rensburg het Saterdag die beterbal stableford sametelling kompetisie met 67 punte gewen.

Willie van Heerden en Anton Nieuwoudt was in die tweede plek met 66 punte gevolg deur Saxtus van Rensburg en Johann van der Merwe met 43 punte.

Kompetisies

Die volgende kompetisies word vir Maartmaand beplan. Op 6 Maart word ‘n nag gholf kompetisie aangebied, op 7 Maart ‘n enkel progressiewe stableford kompetisie, op 14 Maart 4BBB stableford en 21 Maart ‘n en-

kel houespel kompetisie. Die jaarlikse Ceres klubkampioenskappe sal vanjaar op 28 Maart plaasvind. Spelers kan inskryf vir die A-, B- of C-afdeling oor 36 putjies (houespel). Die D-afdeling sal oor 18 putjies beslis word (stableford). Koste beloop R480 vir 36 putjie en R275 vir D-afdeling spelers. Inskrywingsgeld sluit twee etes in.

Sundowner kompetisies

Die volgende Ceres Superspar Sundowner word op 13 en 20 Maart aangebied. Daar sal geen Sundowner kompetisie wees op 27 Maart.

WOLSELEY krieketklub het die naweek hul derde agtereenvolgende oorwinning behaal deur Tulbagh in ‘n Promosieliga-Wes wedstryd op hul tuisveld maklik met 80 lopies te klop. Wolseley het die loot gewen en besluit om eerste te gaan kolf. Hulle het ‘n stewige 212 lopies op die telbord geplaas. Duran Mclune (44), Cyril January (32) en Jose Erasmus met 29 lopies het goed gekolf. Vir Tulbagh neem Devon Baadjies 3/35, Anthony Cupido 3/ 42 en Arlo Carnow 2/33. Tulbagh antwoord met 132 lopies. Denzil Manuel (31), Craig Louw (23) en Devon Baadjies met (17) het die beste vir Tulbagh met die kolf gevaar. Vir Wolseley neem Cyril January 5/20, Jacques Esau 3/ 22 en Devinirio van Neel 2/33. * Saterdag 7 Maart speel Wolseley in die finaal van die T20 klubkompetisie teen Darling op Darling.

PHILIP du Plessis, oudleerder van Charlie Hofmeyr Hoërskool, is gekies vir die FNB Noord-Wes Universiteit (NWU) Eagles Young Guns Varsity Cup rugbyspan. Die span het Dinsdag 3 Maart in die Fanie du Toit stadium teen UCT (Ikeys) se Young Guns gespeel. Ikeys het die wedstryd 4031 gewen.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.29 no.8 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu