LEERDERS van Morrisdale Primêr en verskeie voorskoolse groepe soos Vrolike Vinkies, word weekliks aan die NSRI Survival Swimming-program blootgestel. Die leerders se entoesiasme is aansteeklik. Hulle leer nie net om waterveilig te wees nie, maar ook verskeie lewensbelangrike vaardighede. Die program bied aan kinders, wat nie die geleentheid het om swemafrigting te kry nie, gratis blootstelling tot waterveiligheid en selfvertroue. Daarbenewens verbeter dit hul koördinasie, fisiese gesondheid en leer dit kinders om verantwoordelik te wees en mekaar te ondersteun. Vir enige navrae oor die program, kan belangstellendes vir Eoudia Erasmus skakel by 074321-5322
Diewe vlug met plaas se lone
Diewe vlug met plaas se lone
Polisiehelikopter help met soektog
VIER gewapende mans het verlede week ‘n plaas in die Koue Bokkeveld van duisende rande se lone beroof. Volgens die polisie het vier gewapende mans Vrydag 20 Februarie omstreeks 10:40 op die plaas Klein Winkelhaak toegeslaan. Die verdagtes het met lonegeld van meer as R350 000 gevlug. Die polisie se ondersoek duur voort. Lees berig op bladsy 3
Heuningkwas of .....HARDEKWAS
Francois Snyman
Sit jou fietsryhelm op
DIE afgelope paar maande het elektriese skopfietse in gewildheid toegeneem.
Maar dit is egter nie die gewildheid wat toegeneem het nie. Die spoed waarmee die fietsies ry het erg toegeneem en is lekker blitsig op die pad. Die Kaapstad munisipaliteit het die afgelope tyd baie klagtes gekry van besoekers wat met die fietsies op die Seepunt promenade langs die see tussen drawwers en stappers jaag.
Maar ook hier op Ceres is daar talle kinders wat teen ‘n spoed met die fietsies in die woonbuurt se strate jaag. Nie een van hulle dra ‘n fietsryhelm of beskermende klere nie. Van hulle laai selfs ‘n passasier op en kyk nie links of regs nie.
Kinders sal altyd die grense beproef en ons almal het die een of ander tyd ‘n bietjie waaghalsig opgetree met ons skaatsplanke, fietse of motorfietse. Dit is deel van kindwees en om op die platteland groot te word. Maar ons moes altyd ‘n valhelm of fietsryhelm gedra het.
Deesdae se ouers wil egter geen grense/perke vir hul kinders stel nie - hoe minder, hoe beter. Vir party ouers is dit die in-ding om komkommer-koel te wees as die kinders nie ‘n fietsryhelm dra nie.
Twee kinders het ‘n week gelede heeltyd omgekyk en amper teen ‘n sypaadjie se randsteen vasgery. Gelukkig het hulle nie geval nie. Nou die dag het ‘n ander kind op ‘n fiets nie gekyk waar hy ry nie en moes ‘n motoris skielik rem waarna ‘n ander voertuig agter in hom vasgery het.
Wanneer gaan ouers verantwoordelikheid neem, vergeet van om cool of in te wees en hul kinders se veiligheid eerste begin stel? Eers as die kinders baie seerkry of in die hospitaal lê?
LOST OR DESTROYED DEED
Notice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer No. T4286/2002.
Passed by:
LIEZEL MEYER
Identity Number: 720125 0082 085
Married out of community of property
In favour of:
JOHANNA SOPHIA CATHARINA LE ROUX
Identity number: 290922 0025 084
Unmarried in respect of certain: Erf 1800, Tulbagh, situated in the Witzenberg Municipality, Division Tulbagh, Province of the Western Cape which has been lost or destroyed.
All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds Cape Town, Floor 4, Information Desk, 2 Riebeeck Street, Foreshore, Cape Town within two weeks after the date of the publication of this notice.
DATED at TULBAGH on 17 FEBRUARY 2026
APPLICANT: JOHANNA SOPHIA CATHARINA LE ROUX c/o Bezuidenhout Incorporated 45 Church Street, Tulbagh, 6820
TALENTE virre Toekoms is ‘n organisasie wat ’n passie deel vir kuns, gemeenskapsontwikkeling en die skep van geleenthede vir plaaslike talent. Die organisasie is gestig deur Meggan-Lee Johnstone en Raynique Baron en het ontstaan uit ’n begeerte om hoop en kreatiwiteit in kleiner gemeenskappe soos Ceres aan te wakker en om jongmense aan te moedig om hul drome na te jaag met dans, sang en toneelspel. Die eerste Talente virre Toekoms is einde November 2025 aangebied. Talente virre Toekoms se rolverdeling het onlangs die Suidooster-stel en ateljee besoek, die stelle gesien, en eerstehands ervaar hoe ’n professionele televisieproduksie werk. Vir meeste was dit hul eerste keer in ’n groot produksie-ateljee, ’n werklik inspirerende en motiverende ervaring. Die groep het ook verskeie akteurs ontmoet, onder andere Jill Levenberg, Craig Adriaanse, Daniël Coetzee en Char Carrie. “As ’n plaaslike inisiatief wat fokus op die ontwikkeling van talent in die Witzenbergstreek, glo ons die tipe blootstelling is nie net opwindend nie, maar ook belangrik vir die gemeenskap om te sien wat moontlik is wanneer jongmense geleenthede kry”. *Talente virre Toekoms se mentors sluit van Suid-Afrika se bekendes soos Dean Smith (Suidooster), William Adams (Skemergrond) en Meggan-lee Johnstone (Blood & Water en Arendsvlei), in. Die mentors lei deelnemers op met behulp van die kreatiewe proses, help om hul talent te slyp en leer hulle waardevolle lewenslesse oor dissipline, samewerking en selfvertroue. ** Talente virre Toekoms bedank Andrew Jaeger van Tulbagh vir sy ondersteuning asook vir J.E. Swartz vervoer vir die vervoer.
Oliver Reis Perold, gaan inskryf by Rijks Privaatskool. Die skool, met sy 101 leerders en 15 personeellede, het in 2025 hul 20ste bestaansjaar herdenk. Oliver se ouma,
IVAN Perold van Tulbagh was jare gelede een van die eerste leerders van Rijks Privaatskool buite Tulbagh. Hy het vanjaar sy seun,
Elsabè, was ook die eerste graad R juffrou by die skool.
DIE pre-graad R klas van die Laerskool Koue Bokkveld is nou vyf dae per week oop. Hulle tema vir die jaar is eekhorings - hier spog die klassie met hulle nuwe hempies.
Twee mans wreed vermoor
TWEE Sotho mans is die naweek op Wolseley vermoor in wat as ‘n vigilante-voorval beskryf word.
Die polisie is Saterdagoggend na Pinevalley woonbuurt ontbied en het binne ‘n uur op die liggame van twee mans afgekom wat wreed aangeval en vermoor is.
Die liggaam van ‘n onbekende man is Saterdag 21 Februarie omstreeks 06:30 op ‘n grondpad tussen die plakkerskamp en Kluitjieskraal gekry.
Met die polisie se aankoms op die toneel was daar ‘n groep mense wat daar naby saamgedrom het. Die onbekende man is dood nadat hy vermoedelik in ‘n boendoehofvoorval aan die brand gesteek is.
Omstanders op die toneel het aan die polisie gesê hulle hoor dat die oorledene en ‘n vriend na bewering
vroeër betrokke was by ‘n verkragtingsvoorval. Die mans is deur ‘n groep mense gejaag en aangeval.
Geen inligting oor die beweerde verkragting kon egter deur polisie bevestig of gekry word nie.
Tweede moord
Die liggaam van ‘n tweede man is omstreeks 07:25 nie ver van die eerste moordtoneel gevind.
Die oorledene het diep panga kapwonde op sy kop en arms gehad. Sy suster het hom uitgeken as Thabiso Teletsi, ‘n Lesotho burger wat daar naby gewoon het.
Die polisie ondersoek die voorval en of die twee mans se dood met mekaar verbind kan word.
Inwoners met inligting of ooggetuies kan die polisie skakel by (023) 231-8000
hy vermoedelik in ‘n boendoehof-voorval aan die brand gesteek is.
Motor
‘n SEUNTJIE van 3 jaar oud is Saterdag-middag op P.A. Hamlet deur ‘n Lesotho taxi omgery. Die voorval het net voor 17:00 plaasgevind. ‘n Ma, haar dogter en seuntjie het uit ‘n supermark gekom toe die seuntjie blykbaar oor Hamlet-weg hardloop na waar sy pa geparkeer het. Die taxi het hom toe getref. EMS personeel het hom op die toneel gestabiliseer voordat hy met beserings na die Tygerberg hospitaal geneem is.
Polisie soek rowers wat plaas beroof
VIER gewapende mans het verlede week ‘n plaas in die Koue Bokkeveld van duisende rande se lonegeld beroof.
Volgens die polisie het vier gewapende mans Vrydag 20 Februarie omstreeks 10:40 op die plaas Klein Winkelhaak toegeslaan. Plaaswerkers was besig om uie te verpak en uit te sorteer by ‘n stoor op die plaas toe die mans te voet daar opdaag.
Die mans het werkers in die stoor en twee kantoorwerkers met vuurwapens gedreig.
Drie werkers kon daarin slaag om weg te hardloop en te gaan wegkruip. Die oorblywende personeel in die stoor en kantoor is met kabelbinders vasgebind.
Die verdagtes het in die kantoor rondgekrap voordat hulle ‘n sak met kontant asook ‘n paar selfone gegryp het.
Hulle is daarna na die eienaar se Toyota voertuig waar hulle ‘n ander sak met lonegeld in gevat het. Kort hierna het die vorige eienaar by die plaas opgedaag waarna die vier verdagtes die berge in gevlug het.
Groot soektog
Die polisie is ontbied na die plaas wat op pad na die Cederberge, diep in die Koue Bokkeveld geleë is. ‘n Polisiehelikopter is ontbied om polisielede van Ceres en P.A. Hamlet asook die polisie se honde-eenheid van Worcester en Paarl in hul soektog na die verdagtes by te staan.
Die polisie het die week ander leidrade opgevolg en ‘n identikit van een van die verdagtes saamgestel nadat die naweek se soektog na die verdagtes en talle padblokkades niks opgelewer het nie.
Volgens ‘n betroubare bron lyk dit of die roof baie goed beplan is en dat die verdagtes reeds verlede Donderdag die plaas begin dophou het. Die verdagtes het ook in die berge geskuil na die roof en kon moontlik eers Saterdag te voet die omgewing verlaat het.
Identikit saamgestel
Twee van die verdagtes se gesigte was met klapmusse bedek en die ander twee verdagtes het hoede of pette gedra.
Die polisie het die week ‘n kort beskrywing van een van die mans uitgereik.
Die man is donker van kleur, skraal gebou en is ongeveer 1.6 meter lank. Hy het ‘n bloukleurige Uzzi pet gedra met ‘n swart baadjie, swart T-hemp, denim broek en All Star tekkies. ‘n Paar van sy boonste tande het ‘n silver dop opgehad.
Indien iemand oor enige inligting beskik, kan hulle die ondersoekbeamptes s/sers. Willemse by 079-893-9861 of kapt. Gerrit van Schalkwyk by 082-778-7371 skakel. Die polisiestasie kan ook geskakel word by (023) 313-3133. Die verdagtes het met lonegeld van meer as R350 000 gevlug. Die polisie se ondersoek duur voort.
DIE polisie het die week ‘n kort beskrywing van een van die mans uitgereik.
Hof se tyd word gemors
‘n MINDERJARIGE seun (17) van Ceres wat sedert Mei 2025 teregstaan op ‘n klag van moord in die Ceres landdroshof, se saak is weer uitgestel.
Dit nadat ‘n tweede lasbrief vir hom en sy voog oorgehou is aangesien hulle nie opdaag vir die saak nie. Die vorige keer het hulle twee dae na die tyd by die staatsaanklaer aangemeld.
Die saak is nou tot 9 Maart uitgestel. Agtergrond
Die verdagte het Sondag 18 Mei 2025 omstreeks 02:40 saam met ‘n paar vriende in Proteastraat by ‘n woning in die Vredebes woonbuurt, gerook en gekuier.
Die oorledene, David Januarie (40), het die Sondagoggend binne die huis musiek gespeel wat die groep jongmense wat buite gekuier en dwelms gerook het, blykbaar nie aangestaan het nie. Daar het na bewering ‘n rusie tussen Januarie en die minderjarige ontstaan toe Januarie hom blykbaar met ‘n besemstok wou slaan.
Die verdagte het Januarie toe na bewering twee keer met ‘n mes gesteek voordat Januarie in die huis gehardloop en die deur gesluit het.
Januarie is later in die huis dood en die verdagte is deur die Ceres polisie op die toneel gearresteer.
MET die polisie se aankoms op die toneel was daar ‘n groep mense wat daar naby saamgedrom het. ‘n Onbekende man is dood nadat
MONTROUGE Primêre skool buite Tulbagh wil die Gouda Wind Energy Facility bedank vir die ruimhartige skenking van kunsgras aan die skool. Leerders kan nou lekker speel op die grasgroen oppervlak. Die windplaas maak jaarliks ruimhartige skenkings aan die skool.
DIE personeel van Bella Vista Primêr het op 23 Februarie wit klere aangetrek om hul ondersteuning te toon vir die Drome voor Doeke-veldtog. Deur saam in wit geklee te wees bevestig die personeel hul verbintenis tot omgee, eenheid en positiewe verandering in die gemeenskap.
32 Degrees South Fruit (Edms) Bpk, ín toonaangewende vrugtepakstoor in die Koue Bokkeveld, het ín geleentheid beskikbaar vir ín Verkoelingstegnikus / BA Operateur.
Verantwoordelikhede sluit in:
Bestuur van BA-kamers en kratstelsel
Bestuur & onderhoud van alle aspekte van verkoeling / herverkoeling
Instandhouding van:
oWerkswinkel & pakhuismasjinerie
oVurkhysers & toesig oor operateurs oBranddamme, pompe en gepaardgaande inspeksies
oGeboue & Generator (daagliks)
Rekordhouding en ondersteuning met BRC-vereistes
Vereistes:
Sterk meganiese en elektriese kennis
Probleemoplossing en tegniese vaardigheid
Basiese verkoelingservaring
Goeie menseverhoudings en spanwerk
Betroubaarheid, lojaliteit en bereidwilligheid
Moontlikheid van lang ure
Rekenaarvaardigheid
ín Markverwante vergoedingspakket, wat behuising en ín werksvoertuig insluit, word aan die suksesvolle kandidaat aangebied.
Aansoeke moet vergesel wees van ín CV en gestuur word aan: admin@langrivier.co.za
Sluitingsdatum vir aansoeke: 13 Maart 2026
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Kandidate wat geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan hul aansoek as onsuksesvol beskou.
MONTROUGE Primêr is trots op Riniqua Heyns (regs) wat Saterdag haar Boland klere verwerf het. Sy gaan op 7 Maart op Stellenbosch aan die Wes-Kaap atletiekbyeenkoms deelneem. By haar staan die skool se sportkoördineerder, Zenobia Mars.
DIE drie atlete van Laerskool F.D. Conradie het eerste plekke behaal by die Boland atletiekkampioenskappe. Hulle gaan op 7 Maart deelneem aan die Wes-Kaap atletiekbyeenkoms op Coetzenburg. VLNR: Daniël Conradie (hoogspring), Adver van der Ross (verspring) en Jacobus Botha (gewigstoot).
Gericke het Maandag 23 Februarie hul nuwe prefekte aangewys.Die skool dra hul gelukwense oor aan elkeen van die nuwe prefekte. VOOR: Janinke du Toit, Faith Smith, Phia du Plessis, Anmari du Toit, Jané Scholtz, Mienka du Toit, Lauren Manus, Leandi van der Westhuizen, Evah Mepomie en Ané Potgieter. AGTER: GJ Theunissen, Mason Hendriks, Roz Malherbe, Ben Viljoen, Arno van Zyl, Luhan Sadie, Janu Slabbert, Christiaan du Toit, Joah Verhoef en Noah Swanson.
ONDERDELE VERKOOPSPERSOON
Vereistes: 3 Jaar ondervinding in landbou onderdele Trekker kennis asook kennis van Rovic Leers produk-reeks sal in u guns tel Rekenaarvaardigheid is ën vereiste
Kreatiewe denker met nuwe idees.
Weskus Meganisasie is ën filiaal van die Rovic Agri-groep en bied die volgende voordele aan die suksesvolle kandidaat : Kompeterende vaste pakket Mediese- en Pensioenfonds.
Rig asb. alle aansoeke aan: ceres@weskusmeg.co.za
Sluitingsdatum vir aansoeke: 20 Maart 2026
MARLIZEY van Zyl van die Laerskool Koue Bokkeveld het onlangs die rekord vir meisies o/11 in geswigstoot verbeter. Sy is in die Boland atletiekspan opgeneem.
LAERSKOOL
Verdagte se beweerde breinbesering vertraag verhoor
EEN verdagte se bewerings dat hy ‘n breinbesering opgedoen het, is besig om ‘n verkragtingsverhoor verder te vertraag.
Die mans, Angelo Jordaan (37), Jan Booysen (34) en Abraham Claasen (37), pleit onskuldig op die aanklagte teen hulle. Hulle word daarvan aangekla dat hulle ‘n 12-jarige meisie op ‘n plaas verkrag het. Al drie is al van 2020 in aanhouding weens dié verkragting.
Bewerings
Tydens ‘n vorige verskyning het een van die mans, Abraham Claasen, beweer dat hy ‘n hoofbesering opgedoen het tydens ‘n ongeluk en dat dit sy brein aangetas het. Weens die rede is hy nie in staat om verhoor te word nie. Hy kan eers in Valkenberg opgeneem word vir waarneming sodra ‘n bed vir hom beskikbaar is. Volgens hofstukke is hy nommer 29 op die waglys vir ‘n bed in Valkenberg. Die verhoor is tot 18 Maart uitgestel.
Agtergrond
Die voorval het Vrydag 25 September 2020 na 20:00 op die plaas Remhoogte plaasgevind. Die 12-jarige slagoffer en ‘n 14-jarige maatjie het na die buurplaas gestap om aartappelskyfies te gaan koop toe hulle deur die drie mans agtervolg en in die bosse ingesleep is. Die 14-jarige meisie kon daarin slaag om weg te hardloop en hulp te ontbied.
Die verdagtes is Saterdag 26 September 2020 op Bergplaas in hegtenis geneem waar hulle gewoon het.
CHARL Viljoen van Wolseley het Woensdag sy ten volle elektriese BYD (Build Your Dreams) Dolfin Surf kom wys nadat hy onlangs die voertuig geregistreer het. Sover as wat vasgestel kan word is dit die eerste elektriese voertuig in streek wat hier geregistreer is. Hy het sy eie herlaaistasie by sy woonhuis.
word uitgenooi
boekbekendstelling by Togryers museum
ONTDEK die Koue Bokkeveld se ryk geskiedenis soos neergepen deur prof. JH van der Merwe, skrywer van Houdenbek 200. Sluit by ons aan op 19 Maart van 18:00-20:00 vir die bekendstelling van die nuwe boek, ‘n boek wat die landskap, mense en stories van die streek op ‘n nuwe manier verken. Kom geniet ‘n gesellige aand van refleksie oor ons gedeelde geskiedenis by die Togryers museum op Ceres.
Noodhelikopter kom haal siek pasiÎnt op Ceres
DIE Air Mercy Services (AMS) helikopter het Saterdag omstreeks 12:30 by die Ceres hospitaal kom land om ‘n pasiënt op te laai. Die manlike pasiënt is oorgeplaas na Tygerberg hospitaal vir behandeling. Geen verdere inligting was teen druktyd beskikbaar nie.
Verkragtingsverhoor begin in Worcester voor nuwe landdros
DRIE mans wat sedert 2023 tereg gestaan het op aanklagte van verkragting van ‘n 9-jarige meisie, se verkragtingsverhoor gaan voor ‘n nuwe landdros op Worcester aangehoor word.
Die nuwe streeklanddros moet die verhoor behartig nadat een van die mans se pleitooreenkoms en ligte straf op Ceres verwerp is.
Reginald van Wyk (31) het vroeër tot ‘n 5 jaar gevangenisstraf vir die ontvoering ingestem.
Jemeal Goeieman (21) word saam met sy oom, Saul Goeieman (46) en Van Wyk aangekla van die 9-jarige meisie se verkragting in Desember 2022.
Die saak is na 19 Maart uitgestel.
Agtergrond
Die drie mans is kort na dié voorval op 15 Desember
2022 deur lede van die Ceres polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), gearresteer. Die voorval het omstreeks 23:45 in die Bo-Swaarmoed omgewing plaasgevind. Hulle is sedert hul arrestasie in aanhouding terwyl die saak voortduur. Hulle borgaansoek was destyds onsuksesvol.
Ander saak
Dieselfde meisie, nou 13, was in April 2025 vir die tweede keer die slagoffer van verkragting of seksuele geweld. Drie verdagtes, ‘n 59-jarige man van Nduli en twee vroue van 28 en 44 jaar oud, bly in aanhouding. Die saak is na 15 Mei 2026 uitgestel.
* Volgens die strafproseswet kan dié verdagtes eers geïdentifiseer word sodra hulle gepleit het.
witzenberg herald
(023) 316-2021 l info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Vakansiedae: Gesluit Ons tel op en Ons op Ons tel op en Ons op lew w wer af er er op op op spesiale v ver er er soek* *Terme en voorwaardes geld AND ART FRAMING
Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres MECHANICAL WORKSHOP Engine overhaul General Services Suspension Brakes and more AndrÈ du P du P Preez reez reez reez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.
Graag ontvang ons aansoeke vir bogenoemde voltydse pos. (MAANDAG - VRYDAG)
Vereistes : Netjies, verantwoordelik en hardwerkend Afrikaanssprekend Aangename persoonlikheid met sober gewoontes Gesond & jonk van gees (tussen 40 en 50 jarige ouderdom) Eie vervoer tot by werkplek in Ceres dorp Verwysings noodsaaklik
Sluitingsdatum vir aansoeke: 13 Maart ë26
Aansoeke & navrae: Skakel Nicole (023) 312-3136
D DAMES-T AMES-T AMES-TOPS SLEGS R20 OPS SLEGS R20 OPS Louw-Marie 083-634-8068 louwmarieshepherd8@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres (Lyellstraat, oorkant Ceres Cycles) Ma - Vry: 09:00 - 16:00 Sat: GESLUIT
Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke!
DANIEL de Bruyn van Tulbagh en Hester Stuurman van Worcester het op 14 Februarie op Worcester in die huwelik getree. Die paartjie gaan op Worcester woon. Daniël werk sedert 1997 as ‘n afleweraar van die Witzenberg Herald.
nuusbrokkies
DIE Vriende van die Togryers museum nooi inwoners uit om deel te wees van hul eerste uitstappie vir die jaar op Sondag 15 Maart om 14:00. Vier geestelike instellings word besoek: St. Mary’s Katolieke kerk, St. Andrews Anglikaanse kerk, die Moskee en die AME kerk. Kom luister na die insiggewende ontstaansgeskiedenis van hierdie denominasies. Die toer begin by die Katolieke kerk. Besprekings is noodsaaklik. Belangstellendes kan bespreek by (023) 312-2045 of 076-689-2885.
MOOI Uitsig Primêr bied vanjaar hul jaarlikse karnaval aan op 20-21 Maart
SANITARY Drive Campaign Ceres is a community driven initiative dedicated to help local girls and women in need, being a reminder to them to know how valuable they are, how we as a community can stand together in hope, love and kindness to others. This organisation supports schoolgirls, children’s homes, old age homes, hospitals and other small communities around the Witzenberg area. Our work goes beyond giving: we rebuild self-love, health, fitness, and education around the menstruation cycle to
MEET our accomplished team of biokineticists at Sweetspot Gymnasium, proudly serving the Ceres community with excellence in rehabilitative and preventive healthcare. FLTR: Victor Hendrikz (Owner), Ethan Cameron (Intern Biokineticist), Seth Lee-Shew (Intern Biokineticist) and Jarryd (Head Biokineticist).
ON 21 February, Ethan Cameron and Seth LeeShew, attended the Life Through Movement Regional Conference hosted by the Biokinetics Association of South Africa for the Western Cape. The event brought together biokineticists, specialist doctors, professors, and students for a day of professional development, networking, and knowledge sharing. The conference focused on updated developments within the biokinetics scope of practice, with guest speakers presenting current clinical approaches, research updates and practical strategies to improve patient care. A key highlight was the regional prize giving ceremony, where Cameron and Lee-Shew jointly received the Western Cape Emerging Student of the Year Award. The award recognizes excellence in clinical practice, professional conduct and meaningful community outreach, reflecting their commitment to serving others through movement and rehabilitation. The experience strengthened their passion for the profession and reinforced the value of continuous learning in advancing healthcare within the Western Cape and across South Africa. Both biokineticists are completing their mandatory one year internship at the SweetSpot gym in Ceres.
Sweetspot welcomes two new biokineticists
FOR nearly three decades, our clinical practice has remained committed to elevating health standards in Ceres and surrounding areas - continuing to grow from strength to strength through evidence-based care and a passion for human movement.
Biokinetics is a scientifically grounded healthcare profession focused on the prescription of individualized exercise as medicine.
“We work across all life stagesfrom injury rehabilitation and chronic disease management to performance enhancement and preventive care. Our approach empowers individuals to restore functionality, reduce pain, and build resilient, painfree movement patterns that support lifelong wellness”.
Based at Sweetspot Gymnasium, we are proud to be a trusted partner in the health journeys of people from all walks of life - helping our community move better, live stronger, and thrive every day.
MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE (WITZENBERG GRONDGEBRUIKBEPLANNING VERORDENING PN 289/2015) WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS (WITZENBERG LAND USE PLANNING BY-LAW PN 289/2015) Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder vir aandag Ryan van der Merwe gerig word by Posbus 44, Ceres, 6835 of Voortrekkerstraat 50, of gestuur word na ryan@witzenberg.gov.za om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie. Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager for attention Ryan van der Merwe, P.O. Box 44, Ceres, 6835 or at 50 Voortrekker Street, or e-mail it to ryan@witzenberg.gov.za, to reach him before the indicated closure date of the case.
Eiendom / Property
Remainder
Erf 7671 and Remainder
Erf 2894, Ceres
Ligging / Location
Old Belmont Hotel, Porter Street
Aansoeker / Applicant
MLH
Architects and Planners 021 4243210
schoolgirls. Please help with sanitary products - for more information contact Lana-Dee Faroö on 072-685-3223
CERES Toerisme is tans besig om ’n 2026 Kalender vir die Witzenbergstreek saam te stel en nooi alle organisasies en organiseerders uit om hul beplande geleenthede, gesellighede en funksies aan die toerismekantoor deur te gee. Dit sluit in sportgebeurtenisse en ander kultuur en spesiale geleenthede. Stuur inligting na info@ceres.org.za. Dit is belangrik om die streek se datums te koördineer en sal help dat groot geleenthede nie oorvleuel nie sodat elke geleentheid die
maksimum ondersteuning kry wat dit verdien. Enige navrae kan aan die Ceres toerismeburo by (023) 316-1287 gerig word.
HUIS Disa bied ‘n potjiekos kompetisie aan op 16 Mei. Vir navrae of om in te skryf, skakel (023) 230-0245 of stuur ‘n e-pos na admin.huisdisa@acvv.org.za
BELANGSTELLENDES wat ‘n pelgrimstoer na Israel wil meemaak, kan pastoor Nico Mettler skakel by 060-559-1708 of per e-pos by mettnico@gmail.com. * Die toerdatum is 10 tot 17 Mei 2027
JADE HILL FARMING PTY LTDENVIROAFRICA CC
NEMA PUBLIC PARTICIPATION PROCESS
THE PROPOSED CONSTRUCTION OF THE NEW JADE HILLS DAM ON PORTION 26 OF THE FARM STINKFONTEIN NO. 383, CERES
Notice is hereby given of the intention to submit a NEMA application and the public participation process, in terms of the National Environmental Management Act, 1998 (Act No. 107 of 1998), as amended (“NEMA”), Environmental Impact Assessment Regulations 2014. The proposed Jade Hills dam includes activities listed in terms of the NEMA EIA Regulations 2014.
EnviroAfrica cc has been appointed by Jade Farming (Pty) Ltd. to undertake the NEMA application process for Environmental Authorisation.
Application for environmental authorization to undertake the following activities* in terms of NEMA EIA Regulations 2014:
Government Notice R327 (Listing Notice 1): Activity No. 12, 19 and 27
Government Notice R325 (Listing Notice 2): Activity No. 16
Government Notice R324 (Listing Notice 3): Activity No. 12, 14
*Please note that the listed activities above may change during the course of the NEMA Application process. Registered I&APs will be notified of any changes.
Project Description & Location: The proposed development entails the construction of a new dam for the storing of winter water for summer irrigation on Portion 26 of Farm Stinkfontein No. 383, Ceres, known as Jade Hills. The site is located approximately 5km east of Ceres, off the Ezelfontein Road. The dam will be located on existing agricultural land.
Site co-ordinates: 33° 22' 31.67“S, 19° 22' 13.15“E
The proposed dam will have a final total capacity of ±110 000m3, a maximum wall height of ±12.5m, a total surface area of ±2.3ha. A pipeline of approximately 700m with a diameter of 150mm is proposed from the Jade Hills Delivery Point. Water to flow via gravity to the dam.
Public Participation: Interested and Affected Parties (I&APs) are hereby notified of the application and invited to register (in writing) and/or provide initial comments and identify any issues, concerns or opportunities relating to this project to the contact details provided below, on or before 02 April 2026. In order to register or submit a comment, I&APs should refer to the project name, and provide their name, address & contact details (indicating your preferred method of notification) and an indication of any direct business, financial, personal, or other interest which they have in the application.
Aard / Nature
Application for rezoning, consolidation, subdivision, approval of site development plan and departure to permit a group housing scheme comprising of 51 erven. Hersonering, konsolidasie, onderverdeling, goedkeuring van terreinontwikkelingsplan en afwyking vir die doeleindes van ‘n groepsbehuisingskema wat uit 51 erwe bestaan
Verw. / Ref. 15/4/1/ 1/20 Sluitingsdatum / Closure date
Please note that only Registered I&APs will be notified of the availability of reports and other written submissions made (or to be made) to the Department by the applicant, and be entitled to comment on these reports and submissions; will be notified of the outcome of the application, the reasons for the decision, and that an appeal may be lodged against a decision; and will be notified of the applicant’s intention to appeal the decision, and where and for what period the appeal submission will be available for inspection.
30 Mrt. 2026
Consultant : EnviroAfrica cc / Tel: 021 8511616 / Postnet Suite 341, Private Bag X29, Somerset West, 7129 / E-mail: bianca@enviroafrica.co.za
By registering as an I&AP, you hereby give EnviroAfrica cc the permission to circulate your name and contact details to the relevant stakeholders as stated, per statutory requirements, in line with the Protection of Personal Information (POPI) Act No. 4 of 2013 (as amended), unless otherwise informed, in writing to us.
Note: A full list of registered I&APs, as well as all correspondence with I&APs, will be submitted to the competent authority.
DIE leerders van Laerskool Koue Bokkeveld is in die Witzenberg krieketspan opgeneem. VLNR: Wikus Bothma, Jean Dreyer, Kyle Muller, Daniél du Toit en Ben van der Merwe.
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Witzenberg Herald
Sport
WOLSELEY krieketklub moes Saterdag hard werk om Piketberg in ‘n promosie wedstryd naelskraap met 5 lopies te klop. Wolseley is ingestuur om eerste te kolf. Hulle het ‘n stewige 197/9 in 50 boulbeurte aangeteken met Sheraldo Poole (67), Rashied September (28) en Enrick Tromp met 27 lopies wat goeie bydraes gelewer het. Vir Piketberg neem Meraldo Somers 4/31 en Requin Lesch 2/47. Piketberg antwoord met 192 almal uit. Vir Wolseley neem Jacques Esau 4/30 en Wilbur Pietersen 2/37. Teen die einde van die kolfbeurt neem Rashied September (2/30) die laaste twee paaltjies. Saterdag 28 Februarie pak Wolseley vir Tulbagh in hulle laaste wedstryd.
Du Toit's wen klubkompetisie
LOUIS du Toit sr. en Louis du Toit jr. het Saterdag die beterbal stableford kompetisie met 46 punte gewen.
Werner Pharo en Willie Baron was in die tweede plek met 44 punte gevolg deur Ruman Odendal en Vaughan Koster en Gavin Brewer en Bennie van Rensburg, onderskeidelik in die derde en vierde plekke met 43 punte.
Kompetisies
Die volgende kompetisies word Februarie- en Maartmaand beplan. Op 28 Februarie word ‘n 4 bal beterbal stableford sametelling kompetisie aangebied. Vrydag 27 Februarie vind die jaarlikse Lions gholfdag plaas en op 6 Maart word ‘n naggholf-kompetisie aangebied.
Lede moet daarop let dat daar geen Sundowner kompetisies aangebied word op 27 Februarie en 6 Maart nie. Die volgende Ceres Superspar Sundowner word op 13 Maart aangebied.
Die jaarlikse Ceres klubkampioenskappe sal vanjaar op 28 Maart plaasvind. Spelers kan inskryf vir die A-, B- of C-afdeling oor 36 putjies (houespel).
Die D-afdeling sal oor 18 putjies beslis word (stableford). Koste beloop R480 vir 36 putjie en R275 vir D-afdeling spelers. Inskrywingsgeld sluit twee etes in.
Ceres verloor T20-wedstryd
CERES krieketklub het die naweek teen Riebeeck Warriors in T20 wedstryd vasgeval op Riebeeck-Wes.
Ceres word eerste ingestuur om te gaan kolf en teken 135/9 aan in hul 20 beurte. Francois Lottering (27), Danvell Sauls (34), Rudy Maggot (23) en Edwano Lintnaar (22) teken die meeste lopies aan. Vir Riebeeck Warriors neem Hansie Appollis 2/28, Josh Swartz 2/28 en Winston Oewies 2/14. Riebeeck Warriors teken 141/4 aan met Charles Kuyler (55) en Noel Abrahams (39) wat die meeste lopies aanteken. Ceres se beste bouler was Grant Lukas met 2/31. Ceres se volgende wedstryd is teen Saron op Wolseley sportgronde.
BELLA Vista Primêr het Saterdag 31 Januarie hul jaarlikse kleure atletiekbyeenkoms aangebied. VLNR: Leynique Mars (victrix ludorum) en Michiano Prins (victor ludorum).
DIE leerders van Bella Vista Primêr het Saterdag 21 Februarie aan die Boland atletiekbyeenkoms in die Paarl deelneem.
HETTE-MARI Botha van Laerskool F.D. Conradie het ‘n tweede plek behaal in tweekamp vir o/9 meisies. Sy neem op 21 Maart op Oudtshoorn deel aan die S.A. kampioenskappe.