DIE Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit (KWDM) se brandweerdienste is op 14 Februarie na twee afsonderlike brandvoorvalle buite Tulbagh en Kluitjieskraal, uitgeroep. Brandweervoertuie en -spanne van KWDM se brandweerstasies in Worcester, Stellenbosch, Paarl en op Ceres en Robertson, tesame met grondpersoneel van die NCC, is na beide voorvalle ontplooi. Brande is gou onder beheer gebring.
‘n MAN het Dinsdag gesterf nadat hy voor ‘n kitskosonderneming inmekaar gesak het. Volgens beperkte inligting het die man van Wolseley met sy gesondheid gesukkel en was hy na 10:00 binne die kitskosplek toe hy uitstap en op die sypaadjie sterf. Die polisie was gou op die toneel en die liggaam is bedek. Die polisie het geen dossier geopen nie omrede dit ‘n natuurlike sterfte was.
Vrou (49) in hof na miljoene verdwyn
‘n WOLSELEY inwoner (49) is vroeër die maand gearresteer nadat die polisie hul kuber- en bedrogondersoek van die afgelope twee jaar, afgehandel het.
Louise van Bosch (49) van Wolseley is deur die Bellville handelsmisdaadeenheid in hegtenis geneem op klagtes van bedrog van meer as R6 miljoen. Die arrestasie volg na ‘n polisieondersoek wat reeds in Oktober 2024 begin is.
Agtergrond
Van Bosch was tussen 2012 en 2024 verantwoordelik vir die algemene administrasie en betalings van Lateganskop-wynkelder buite Wolseley.
In September 2024 het die eienaar gesien ‘n groot bedrag geld (meer as R64 000) is vanuit die maatskappyrekening betaal. Dit was vir hom vreemd aangesien hy en sy broers die maatskappy einde 2023 verkoop het om ander sakegeleenthede te volg.
Die maatskappy het ondersoek ingestel en diensverskaffers geskakel oor vervalste fakture. Daar is vasgestel dat die bankrekening waarin die geld inbetaal is, ‘n rekening van Louise is.
Die eienaars het daarna die Hooggeregshof op 4 Desember 2024 genader om aansoek te doen vir ‘n interdik om Van Bosch en haar man te keer om hul eiendomme te verkoop en hul bankrekening te bevries hangende die polisieondersoek. Die aansoek is later toegestaan.
Arrestasie
Van Bosch het twee aande in die polisieselle deurgebring voordat sy Vrydag 6 Februarie in die Worcester landdroshof verskyn het.
Sy is op R10 000 borgtog vrygelaat en moet in die week by die polisie op Wolseley aanmeld. Die saak is tot 24 Maart uitgestel wanneer sy in die streekhof moet verskyn.
DIE voetpaadjie tussen Loversbridge en Hugostraat-bruggie is verleng tot by die Ceres hospitaal. Die voetpaadjie is beslis ‘n aanwins vir die dorp se stappers en voetgangers. Inwoners hoop dat dié voetpaadjie agter die hospitaal langs die Dwarsrivier verleng kan word. Plaveisel kan voor die hospitaalhek gebruik word waar ekstra voertuie stop.
EXTENDED PUBLIC WORKS PROGRAMME AUDIT AND DIGITIZATION POST
TOGRYERS MUSEUM
Togryers Museum, hereby invites prospective candidates (between 21 - 35) with suitable qualifications, to apply for an EPWP work opportunity on a contract basis at the Museum for a period 1 APRIL 2026 until 31 MARCH 2027
STIPEND: R162 per day
ENQUIRIES: Bertdene Laubscher (023) 312-2045
CLOSING DATE: 28 FEBRUARY
Candidates are requested to submit the Z83 application form, a CV and a certified copy of their Grade 12 certificate and ID in a sealed envelope to the museum on or before the closing date. NO ONLINE APPLICATIONS
REQUIREMENTS:
• Senior Certificate (Gr. 12)
• Applicants must be between the age of 21 - 35 years
• EXTENSIVE KNOWLEDGE of EXCEL and MS WORD
• Good written and communication skills in 2 of the 3 official languages of the Western Cape
• Accuracy and attention to detail a requirement
KEY PERFORMING AREAS:
• Provide assistance to the Museum Manager and the governing body of the Ceres Togryers museum
• Completion of accurate audit of museum collection of objects, on display and in storage
• Report writing
• Cross-checking the inventory with the accession registers
• Data-capturing: complete the cataloging of the collection
• Digitization of collection, incl. scanning and photographing of objects
• Maintain storerooms
The Togryers museum reserves the right not to make an appointment. Shortlisted candidates will be required to avail themselves at a time and date to be set by the Museum for interviews. Communication will be limited to shortlisted candidates
NSRI se Survival Swimming-program bevorder waterveiligheid om verantwoordelik te wees en mekaar te ondersteun. Met hierdie program wil die NSRI nie net kinders se vaardighede ontwikkel nie, maar ook waterveiligheid in die gemeenskap bevorder en ouers bewus maak van die belangrikheid om altyd veilig te wees naby water.
LEERDERS van Morrisdale Primêr en verskeie voorskoolse groepe soos Vrolike Vinkies, word weekliks aan die NSRI Survival Swimming-program blootgestel. Die leerders se entoesiasme is aansteeklik. Hulle leer nie net om waterveilig te wees nie, maar ook verskeie lewensbelangrike vaardighede. Die program bied aan kinders, wat nie die geleentheid het om swemafrigting te kry nie, gratis blootstelling tot waterveiligheid en selfvertroue. Daarbenewens verbeter dit hul koördinasie, fisiese gesondheid en leer dit kinders
“Dankie aan Witzenberg munisipaliteit wat die swembaddens in die oggende beskikbaar stel vir dié program”. Vir enige navrae oor die program, kan belangstellendes vir Eoudia Erasmus skakel by 074-321-5322
KIETIEKAT kleuterskool op P.A. Hamlet het verlede Vrydag Valentynsdag gevier. FOTO BO: Zoe Malela (amper 1) het haar eerste Valentynsdag gevier.
WESTERN Cape Commisioner for Children (WCCC) hosts Community Child Rights feedback workshops in Witzenberg municipality from 16-20 February. “On the first day of the workshops, we brought together adult stake-holders from the Health and Wellness department, education sector, Witzenberg Municipality and representatives from child protection service providers, including Badisa Tulbagh and Steinthal Children's home. A monitoring visit to the Steinthal Child and Youth Care Centre followed this and we concluded the workshop by engaging with children from local schools in the area”.
Vier skoolkinders
lig beseer
VIER skoliere is verlede week lig beseer toe die skoolbus waarin hulle passasiers was teen ‘n Toyota Corolla gebots het. Die ongeluk het verlede Donderdag na 08:00 oorkant Royal Kafee plaasgevind. Die Corolla, met ‘n ma en haar 4-jarige seuntjie in, is van agter getref waar hulle wou indraai na ‘n plaaskleuterskool op die plaas Delniet. Die polisie ondersoek nou ‘n saak van roekelose en/of nalatige bestuur teen beide bestuurders.
Pleitooreenkoms moontlik, verhoor uitgestel
DIE verhoor van die drie mans wat verdink word van die moord byna drie jaar gelede op ‘n bejaarde vrou in die Ceres-Karoo, is uitgestel.
Die landdros wat ‘n moontlike pleitooreenkoms moes aanhoor, was nie beskikbaar nie en die saak is tot 17 Maart uitgestel.
Die drie mans, Willem Olivier (51), Kelvin Vlok (24) en Curswin Jiemies (20) moes 16 Februarie in die Ceres streekhof verskyn het. Die verdagtes wil ‘n pleitooreenkoms met die staat aangaan.
Agtergrond
Die drie mans, een ‘n oudplaaswerker op die plaas Papekuil, is in 2023 na ‘n uitgebreide soektog deur speurders van Ceres vasgetrek na die moord op Christina Johanna Walters (74).
Walters is op Vrydag 3 Maart 2023 tussen 18:00 en 24:00 vermoor. Haar liggaam is ongeveer 30 meter van die plaashuis, met ‘n skietwond in die kop aangetref.
Haar arms en hande was met ‘n belt en draad voor haar lyf vasgemaak. ‘n Bebloede baksteen, waarmee sy vermoedelik geslaan en aangerand is, is ook op die toneel gekry. ‘n Ou haelgeweer het langs haar liggaam gelê. Olivier is Saterdag 4 Maart 2023 ongeveer 3 kilometer verder op die buurplaas Klein Papekuil, waar hy saam met sy vrou woon, gearresteer. Twee familielede, Vlok en Jiemies, wat by Olivier op die plaas gekuier het ten tye van die moord, is Sondag 5 Maart 2023 by hul ouma op die plaas Nwardouw naby die Tankwa padstal gearresteer. Hulle het hulself aan die polisie oorgegee. Die plaas is meer as 40 km van die moordtoneel.
Wapens gekry
Die mans het na die moord met onder andere ‘n .38 rewolwer, 9mm pistool en .303-jaggeweer gevlug. Hulle het ook kruideniersware en drank gesteel.
Die wapens is later deur speurders op twee plekke in die Karoo gevind.
Nuwe vulliskompakteerder aangekoop
DIE Witzenberg munisipaliteit het begin Februarie ‘n nuwe vulliskompakteerder aangeskaf om hul afvalbestuur te versterk en brandrisiko’s by die vullisstortingsterrein te verminder. Die munisipaliteit is verheug om die nuwe doelgeboude vulliskompakteerder te gebruik. Dit is ‘n belegging wat aangewend sal word om afvalbestuursbedrywighede by die P.A. Hamlet-vullisterrein te verbeter en vorm deel van die munisipaliteit se voortgesette verbintenis tot omgewingsveiligheid, voldoening en langtermyn-terreinstabiliteit. Die vulliskompakteerder is spesiaal ontwerp om munisipale vaste-afval saam te pers om die volume daarvan te verminder. AGTER: Oswald Gatyene (senior bestuurder:werkswinkel), Jaco Steyn (direkteur tegniese dienste), rdl. John Federicks en rdl. Jacob Rooi. VOOR: Burgemeester Trevor Abrahams, Frank Visagie (superintendent vaste-afval), Juandrey Saunders (superintendent vaste-afval) en David Nasson (munisipale bestuurder).
RIETFONTEIN Primêr is trots op hul atlete wat Saterdag 14 Februarie aan die Witzenberg atletiekbyeenkoms deelgeneem het. Hier staan die atlete saam met Eileen Krotz (skoolhoof), Chuma Dayeli, Den van Wyk, Jamian Daniëls, Kayrin-Lee Snyers, Derick Jacobs (opvoeder), Ayahluma Ndaba, Jordan-Leigh Moses, Luzaan Hanse en Deidré Mars (opvoeder).
CHARLIE Hofmeyr atlete het uitstekende prestasies behaal tydens die Witzenberg atletiekbyeenkoms. VLNR: Heinz Rautenbach (beste prestasie o/15 seuns), Chris-Will du Toit (beste prestasie o/17 seuns en victor ludorum), Orli du Toit (beste prestasie o/17 meisies en victrix ludorum) en Mieke Eygelaar (beste prestasie o/14 meisies).
DRIE atlete van Montrouge Primêr, Thatohatsi Pitso, Irlin Kotzé en Riniqua Heyns, is in die Witzenbergspan opgeneem wat Saterdag 21 Februarie aan die Boland atletiekbyeenkoms in die Paarl gaan deelneem.
DIE groep atlete van Mooi Uitsig Primêr is opgeneem in die Witzenberg atletiekspan wat Saterdag 21 Februarie aan die Boland atletiekbyeenkoms in die Paarl gaan deelneem.
DIE groep leerders van Laerskool F.D. Conradie is opgeneem in die Witzenberg atletiekspan wat Saterdag 21 Februarie aan die Boland atletiekbyeenkoms in die Paarl gaan deelneem.
MORRISDALE Primêr wens hul atlete sterkte toe wat op 21 Februarie die Witzenbergstreek sal verteenwoordig by die Boland atletiekbyeenkoms wat in Paarl plaasvind. “Doen julle beste en hou die Morrisdale-vlag hoog!”
Munisipaliteit se rekenaarstelsel lamgelê deur kuberaanval
MEER as ‘n maand nadat die Witzenberg munispaliteit se rekenaarstelsels deur ‘n georganiseerde kubermisdaadorganisasie lamgelê is, vorder die data-herstelproses stadig en planmatig.
Volgens die munisipaliteit is die stelsel meer as 70% herstel.
“Ons is bly om te meld dat dienste wat die publiek raak, ten volle herstel is en normaalweg funksioneer. Intern werk die munisipaliteit hard om administratiewe personeel se stelsels ook aanlyn te bring. Ons top prioriteit was om te verseker dat inwoners nie toegang tot noodsaaklike en belangrike dienste verloor nie. Die Witzenberg-gemeenskap word bedank vir hul geduld, begrip en volgehoue ondersteuning tydens die krisis”.
RIETFONTEIN Primêr is trots op Ayahluma Ndaba. Hy is opgeneem in die Witzenberg streekspan wat op Dal Josafat (Boland byeenkoms) gaan deelneem. Hier is hy afgeneem saam met Eileen Krotz (skoolhoof).
Agtergrond
Internetmisdadigers het Sondag 18 Januarie probeer om toegang tot munisipale stelsels te verkry en die munisipaliteit af te pers. Dit was die eerste keer dat die munisipaliteit die slagoffer is van kuberafpersing. Nadat die munisipaliteit se Inligting- en Kommunikasietegnologiespan (IKT) van die voorval bewus geword het, het hulle onmiddellik sekuriteitsprotokolle geaktiveer om verdere skade te beperk en te bestuur. ‘n Klag van afpersing is aangemeld wat na die Valke se kubermisdaad ondersoekspan gestuur is vir verdere ondersoek.
Vir enige diensverwante navrae of dringende hulp, skakel die 24/7 noodbeheersentrum by (023) 492-0181/2 of (023) 3161854.
Waarskuwing
Kubermisdadigers maak staat op mense se naïwiteit en gebrekkige rekenaargeletterheid om hulle in te loop. ‘n Plaaslike ITkenner het vroeër gesê dat ondernemings en organisasies hulself moet beskerm met ‘n paar eenvoudige stappe soos goeie rugsteun (backups), gereeld of elke ses maande wagwoorde verander en sagteware soos 1Password en LastPass aanskaf om wagwoorde te stoor en jou te help om dit te onthou.
Snaakse kiekie en tydverdryf
Die afgelope weke gons dit op sosiale media oor een van die jongste sosialemediagiere waarin mense kunsmatige intelligensie (KI)-kletsbotte vra om ‘n karikatuur van hulle te skep op grond van dit wat die kletsbot reeds van hulle weet of persoonlike inligting wat vrywillig aan die kletsbot gegee word. Gebruikers is baie naiëf en dikwels onbewus van die moontlike kuberveiligheidskwessies en gevare wat so ‘n oënskynlik onskuldige kiekie kan oplewer.
BEN Versfeld van Laerskool F.D. Conradie het die naweek aan die Winelands senior liga gala op Stellenbosch deelgeneem. Hy behaal ‘n derde plek in die 100m borsslag. Ben swem ook vlak-3 kwalifiserende tye en sal Aprilmaand aan die vlak-3 kampioenskappe in Oos-London deelneem.
‘n LEERDER van Laerskool F.D. Conradie, Zoë Martens, het die naweek aan die Heidelberg Skou, onder die afdeling fotografie, deelgeneem. Sy behaal ‘n algehele tweede plek.
TWEE krieketspelers van Laerskool F.D. Conradie, Daniël Wolfaardt en Adrian Mars, is in die Witzenberg o/13 krieketspan opgeneem. Hulle dring deur na die volgende rondte krieketproewe wat op 28 Februarie aangebied word.
MAINTENANCE & REPAIRS SUPERVISOR
Blueberry production unit Wolseley, Western Cape Employer: Strathbreede No.2 (Pty) Ltd
Strathbreede is seeking a candidate to oversee and coordinate all maintenance activities on the farm. The candidate must ensure all maintenance tasks are planned, executed and reported properly. The candidate must be able to troubleshoot, assess problems, be capable to fix minor issues and manage follow-through. This role requires initiative, discipline, planning ability and structured reporting.
KEY RESPONSIBILITIES:
• Oversee repair and preventative maintenance of tractors, vehicles, spray equipment, pumps and machinery • Manage fleet service schedules, licensing, logbooks, daily reports and compliance • Implement structured preventative maintenance systems to reduce downtime
• Oversee maintenance of irrigation systems and minor troubleshooting • Maintain farm buildings, housing, fencing, roads, net structures and drainage • Manage workshop stock control and procurement processes • Supervise and develop the maintenance team • Allocate weekly work plans and ensure disciplined execution • Enforce health & safety standards and driver compliance • Identify risk areas and implement mitigation processes within the department • Manage and optimise the maintenance budget • Provide structured weekly and daily reporting to management • Operate effectively under seasonal pressure and ensure tasks are completed timeously.
REQUIREMENTS : • Min. 3 years’ experience on a farm or similar operational environment • Practical mechanical understanding & troubleshooting ability • Experience supervising & managing staff • Organised, disciplined & proactive
• Strong planning & follow-through capability • Basic computer literacy (E-mail, Excel, Word) • Valid driver’s license • Willingness to work overtime during peak agricultural periods
• Formal trade qualification is advantageous but not required.
WHAT WE OFFER:
• Market-related salary based on experience • Structured and professional working environment
• Opportunity to take ownership of the maintenance function
• Stable operation located close to town.
Please submit a detailed CV with contactable references and a copy of your ID to: hr@strathbreedefarm.com
Closing date for applications: 27 February 2026
GAWIE de Wet, ‘n leerder van Charlie Hofmeyr, het die naweek aan die Blue Lagoon driekamp op Langebaan deelgeneem. Die kompetisie bestaan uit 2 km swem, 80 km fietsry en 16 km draf.
(023) 316-2021 l info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300
CENTRAL CERES MOTORS
• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical
•Aircon regassing Voortrekker St., Ceres
☎ (023) 312-1254
☎ (023) 312-1274
nuusbrokkies
DIE Vriende van die Togryers Museum nooi belangstellendes uit om Sondag 15 Maart om 14:00 saam met lede van die vereniging, op ‘n besoek te gaan aan religieuse instellings in die dorp. Die St. Mary’s Katolieke Kerk, St. Andrews Anglikaanse kerk, die Moskee en die AME kerk sal besoek word. Kom leer meer oor die instellings se geskiedenis. Belangstellendes kan bespreek by (023) 312-2045 of 076-689-2885.
MOOI Uitsig Primêr bied vanjaar hul jaarlikse karnaval aan op 20 - 21 Maart
SANITARY Drive Campaign Ceres is a community driven initiative dedicated to help local girls and women in need, being a reminder to them to know how valuable they are, how we as a community can stand together in hope, love and kindness to others. This organisation supports schoolgirls, children’s homes, old age homes, hospitals and other small communities around the Witzenberg area. Our work goes beyond giving: we rebuild self-love, health, fitness, and education around the menstruation cycle to schoolgirls. Please help with sanitary products - for more information contact Lana-Dee Faroö on 072-685-3223
DIE jaarlikse Ceres Superspar klubkampioenskappe sal vanjaar op 28 Maart plaasvind. Koste beloop R480 vir 36 putjies en R275 vir D-afdeling spelers. Inskrywingsgeld sluit twee etes in.
HUIS Disa bied ‘n potjiekos kompetisie aan op 16 Mei. Vir navrae of om in te skryf, skakel (023) 230-0245 of stuur ‘n e-pos na admin. huisdisa@acvv.org.za
BELANGSTELLENDES wat ‘n pelgrimstoer na Israel wil meemaak, kan pastoor Nico Mettler skakel by 060-559-1708 of per e-pos by mettnico@gmail.com. * Die toerdatum is 10 tot 17 Mei 2027
THE Executive Mayor of the Cape Winelands District, Ald. (Dr) Elna von Schlicht recently addressed the top achieving matriculants of 2025. This anticipated event, now in its 10th year celebration, recognises the hard work, dedication and commitment that learners have shown, not only through their final year at school, but throughout their education. Seen here are a few local achievers from the Witzenberg.
Onderwysers ondersteun projek
VERLEDE week het onderwysers van Mooi Uitsig Primêr wit klere aangetrek ter ondersteuning van die #DromeVoorDoeke beweging. “Ons glo daaraan dat elke kind die geleentheid verdien om hul drome na te jaag en hul volle potensiaal te bereik voordat hulle die verantwoordelikhede van ouerskap aanpak. Saam skep ons bewusmaking en bou ons aan ’n blinker toekoms vir ons jeug”.
AND ART FRAMING
Mansklere en -skoene
SUPPLY AND INSTALL
TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS
SPECIALISES IN FRAMING
CERTIFICATES AND MIRRORS
STEFAN STEYN
Skoolklere
083-227-6476
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276
Louw-Marie 083-634-8068 louwmarieshepherd8@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke!
(Ingang in Lyellstraat oorkant Ceres Cycles) Ma - Vry: 09:00 - 16:00 Sat: GESLUIT
PAARDEKLOOF het die rugbytoernooi gewen.
KROMFONTEIN het die netbaltoernooi gewen.
Paardekloof en Kromfontein Dutoit Ses Nasies rugby- en netbalkampioene
DIE jaarlikse Dutoit Ses Nasies rugby- en netbaltoernooi het weer bewys hoekom dit een van die hoogtepunte op die plaaslike sportkalender is.
Met sowat 2 500 entoesiastiese ondersteuners het Paardekloof se sportvelde geleef van opwinding, spangees en topklas prestasies. In die rugbyafdeling het Paardekloof uiteindelik hul hande op die trofee gelê na ’n reeks kragmetings wat talent, harde werk en vernuf ten toon gestel het.
Sandiso Ngxitho is aangewys as die rugbyspeler van die toernooi vir sy uitmuntende bydrae in die reeks. Verskeie rugbyspelers uit die Ses Nasies is gekies vir die Koue Bokkeveld Barbarians-span wat binnekort teen Bella Vista gaan uitdraf - ’n wedstryd
waarna ondersteuners reeds met groot verwagting uitsien.
In die netbalafdeling het Kromfontein as die 2026 kampioene uit die stryd getree.
Anna-Marie Esterhuizen is aangewys as die netbalspeler van die toernooi en beste verdediger, terwyl Anna Smith met ’n indrukwekkende 78% doelpersentasie as beste doel aangewys is. Esmerelda Muller se uitstekende spel het haar die titel van beste senterbaan-speler besorg.
Die atmosfeer deur die dag was gevul met trots, kameraadskap en die goeie gees waarvoor die Dutoit Ses Nasies bekend is.
Die organiseerders wil hul dank uitspreek teenoor almal wat die toernooi ondersteun en daaraan deelgeneem het - dit was ’n groot sukses.
(tweede met 19 punte), Michael Bergman (eerste met 20 punte) en W. Smit (derde met 18 punte).
DEVANDO Scholtz van Fairfield Primêr het die naweek aan die Witzenberg atletiekbyeenkoms deelgeneem. Hy het uitstekend presteer in die 100 meter. Hy gaan die naweek aan die Boland atletiekbyeenkoms deelneem.
TWEE Charlie tennisspelers gaan Boland verteenwoordig. Charl du Toit is opgeneem in die o/19 B Bolandspan en Anmarie Steenkamp is gekies om die o/15 A Bolandspan te verteenwoordig.
RE-ADVERTISEMENT
NOTICE OF DRAFT WITZENBERG MUNICIPAL SPATIAL DEVELOPMENT FRAMEWORK
Witzenberg Municipality is currently preparing a Municipal Spatial Development Framework (MSDF) in terms of Sections 28(3) and 29 of the Municipal Systems Act, 2000 (Act32 of 2000), Section 20 of the Spatial Planning and Land Use Management Act, 2013 (Act 16 of 2013), chapter 3 of the Western Cape Land Use Planning Act, 2014 (Act 3 of 2014) and in terms of the Witzenberg Land Use Planning By-Law, 2015.
A MSDF is a long-term planning document which spatially indicates potential growth and development paths (medium to long term) of a municipality. It integrates and co-ordinates the spatial implications in a meaningful strategic plan having regard to strategic sector plans (engineering, transport, economic, housing, community services).
The DRAFT Witzenberg Municipal Spatial Development Framework (MSDF) has now been compiled, and the Council of Witzenberg Municipality herewith gives notice that the document is available to review and comment. Interested and affected parties are herewith invited to submit comments on the DRAFT Witzenberg Municipal SDF during a 60-day advertising period.
Comments must be submitted in writing to the Senior Manager: Town Planning and Building Control, Witzenberg Municipality, P.O. Box 44, Ceres, 6835 OR email to htaljaard@witzenberg.gov.za on or before 21 April 2026. Please use reference 15/4/P in all correspondence.
The DRAFT report is available online at the following link: https:// www.witzenberg.gov.za/resource-categor y/spatial-development-framework
The report and plans will also be available for public viewing at the venues on the dates shown in the table below. Consultants will be available to answer questions and take comments.
PLACE
DATE DAYTIME
Nyukintaba Community Hall23 February 2026Monday11:00 - 15:00 (Op-die-Berg)
P.A. Hamlet Town Hall24 February 2026Tuesday11:00 - 15:00
Wolseley Council Chambers25 February 2026Wednesday11:00 - 15:00
Tulbagh Council Chambers26 February 2026Thursday11:00 - 15:00
‘n SUNDOWNER kompetisie geborg deur Ceres Superspar, is Vrydag 13 Februarie op Ceres aangebied. VLNR: Neil Janse van Rensburg
DIE leerders van Bella Vista Primêr het Saterdag 14 Februarie aan die Witzenberg atletiekbyeenkoms op die Bella Vista sportgronde deelgeneem. 17 van die skool se atlete gaan Saterdag 21 Februarie aan die Boland atletiekbyeenkoms in die Paarl deelneem.
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Witzenberg Herald
Sport
Rugbyseisoen begin met vriendskaplike wedstryde
CERES rugbyklub het Saterdag 14 Februarie ‘n vriendskaplike wedstryd teen La Plaisante van Wolseley gespeel en maklik met 91-6 gewen. Ceres speel Saterdag 21 Februarie weg teen Robertson Rangers. VLNR: Nazeem Jooste, Jan-Ras van der Linde (Ceres kaptein), Arial Davids (La Plaisant kaptein), Riaan Potgieter, Kevin Swartz, Trevor Abrahams (Ceres ere-president) en Maxwell Andrews. * Bella Vista speel Saterdag 21 Februarie hul laaste vriendskaplike wedstryd teen Koue Bokkeveld Barbarians.
DIE oudleerder van Charlie Hofmeyr en Laerskool Gericke, Luan Gilliomee, was einde verlede jaar deel van die o/19 Akademiespan en vanjaar deel van die Blitzbokke se sewesgroep in Singapore en in Perth. Sy goeie spelpeil is beloon toe hy vir die Junior Springbokke (o/ 20) span gekies is wat ‘n paar wedstryde teen Georgië speel. Die span het Woensdag 18 Februarie hul eerste wedstryd teen Lelo Saracens gespeel. Hulle pak Georgië se o/20’s op 22 en 27 Februarie. * Die span het voor hulle vertrek twee vriendskaplike wedstryde teen UCT Ikeys en Maties gespeel en maklik met 95-27 en 41-22 gewen.
Spelers kan nou inskryf vir klubkampioenskappe
CAREL Matthee het Saterdag 14 Februarie die enkel stableford kompetisie met 37 punte gewen.
BJ Claasen was tweede met 34 punte, gevolg deur Rossouw van Zyl met 34 punte en Henk Rossouw met 33 punte. Februarie kompetisies
Die volgende kompetisies word Februariemaand beplan. Op 21 Februarie word ‘n beterbal stableford kompetisie aangebied en
op 28 Februarie ‘n 4 bal beterbal stableford sametelling kompetisie.
Op Vrydag 27 Februarie vind die jaarlikse Lions gholfdag plaas en op 6 Maart word ‘n naggholf-kompetisie aangebied. Koste beloop R1200 per vierbal wat twee balle insluit. Kompetisie ‘n Sundowner kompetisie is Vrydag 13 Februarie aangebied. Michael Bergman was eerste met 20 punte, gevolg deur Neil Janse
van Rensburg met 19 punte en Wynand Smit met 18 punte.
Klubkampioenskappe
Die jaarlikse Ceres klubkampioenskappe sal vanjaar op 28 Maart plaasvind. Spelers kan inskryf vir die A-, B- of C-afdeling oor 36 putjies (houespel). Die D-afdeling sal oor 18 putjies beslis word (stableford). Koste beloop R480 vir 36 putjie en R275 vir D-afdeling spelers. Inskrywingsgeld sluit twee etes in.
EDUAN Muller, oudleerder van Ceres Sekondêr en ‘n leerling perdry-jokkie, het onlangs sy debuut gemaak by die Hollywoodbets Durbanville resiesbaan.
CERES krieketklub het die naweek vir Gouda in ‘n T20-wedstryd geklop.
Die wedstryd is op Wolseley se veld gespeel wat dié seisoen dien as Ceres se tuisveld.
Ceres verloor die loot en word ingestuur om eerste te gaan kolf. Ceres teken 125/4 aan met Francois Lottering (48), Bertram Fortuin (33) en Edwano Lintnaar (23) wat die beste met die kolf vaar. Vir Gouda neem Jos Claassen 2/21.
Gouda vaar nie te goed in hul kolfbeurt nie en kan net 94/9 aanteken. Johan Jacobs vaar die beste met die kolf en teken 26 lopies aan.
Ceres se boulers was akkuraat met Edwano Lintnaar wat 5/16 neem en Rudy Maggot 2/12.