Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.29 no.5 (Online Weergawe)

Page 1


Miljoene rande se skade aangerig

‘n LANDBOURAMP!

Drie haelstorms het Sondagmiddag na 16:00 en Sondagaand miljoene der miljoenerandeseskadeaantientalleplasese appel- en peerboorde en uie-oes in die Koue Bokkeveld aangerig.

Rowers beroof geldwag by Agri

DRIE gewapende mans het Maandag op Wolseley toegeslaan en ‘n geldwag beroof.

Die polise is kort na 08:00 in kennis gestel van ‘n gewapende rooftog by Wolseley Kaap Agri.

Met hul aankoms op die toneel het ‘n sekuriteitsbeampte van IZI Cash die polisie meegedeel dat hy omstreeks 08:30 geld by Kaap Agri opgetel het. Hy het die winkel met die kontant verlaat en na die agterkant van die sekuriteitswa gestap om die geld in te laai.

Kort hierna het hy gevoel iemand druk ‘n vuurwapen teen sy rug. Toe hy omdraai het nog ‘n man ‘n vuurwapen op hom gerig.

Die mans het die geldtrommel gegryp en na ‘n goudkleurige Toyota Etios met registrasienommer CW 44056 gehardloop wat daar naby op die vulstasieperseel geparkeer was.

Die onbekende rowers het met meer as R213 000 asook die 9mm dienspistool met 15 rondtes ammunisie van die sekuriteitsbeampte, gevlug.

Die voorval word deur Wolseley speurtak ondersoek.

‘n WOLSELEY inwoner (49) is verlede week gearresteer nadat die polisie hul kuber- en bedrogondersoek van die afgelope twee jaar, afgehandel het.

Die verdagte van Wolseley* is verlede week Woensdag skielik deur die Bellville handelsmisdaadeenheid in hegtenis geneem op klagtes van bedrog van meer as R6 miljoen. Die arrestasie volg na ‘n polisieondersoek wat reeds in Oktober 2024 begin is. Agtergrond

Die verdagte was tussen 2012 en 2024 verantwoordelik vir die algemene administrasie en betalings van ‘n wynkelder buite Wolseley. In September 2024 het die eienaar gesien ‘n groot bedrag geld (meer as R64 000) is vanuit die maatskappyrekening betaal. Dit was vir hom vreemd aangesien hy en sy broers die maatskappy einde 2023 verkoop het om ander sakegeleenthede te volg. Die maatskappy het ondersoek ingestel en diensverskaffers geskakel oor vervalste fakture. Daar is vasgestel dat die bankrekening waarin die geld inbetaal is, die rekening van die verdagte is.

Die eienaars het daarna die Hooggeregshof op 4 Desember 2024 genader om aansoek te doen vir ‘n interdik teen die vrou en haar man om hulle te keer om enige eiendomme te verkoop en hul bankrekening te vries hangende die polisieondersoek.

Die aansoek is later toegestaan.

Arrestasie

Die ondersoek is voltooi waarna die polisie verlede week besluit het om die verdagte te arresteer. Sy het na bewering twee aande in die polisieselle deurgebring voordat sy Vrydag in 'n hof verskyn het. Sy moet gereeld by die polisie op Wolseley aanmeld.

*Die verdagte se naam en foto sal gepubliseer word wanneer die polisie en/of die hof kan bevestig in watter dorp se hof sy verskyn het. Worcester, Wolseley, Tulbagh en Ceres het teen druktyd geen kennis gedra van so ‘n hofverskyning nie.

EIA PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

Availability of the Pre-Application Draft Basic Assessment Report SPV Renfields (Pty) Ltd: Proposed development of 132 kV Overhead Distribution Line - Gydo Renewable Energy Project Reference No.: RMS/SPVR9/paDBAR/02/26

Project Applicant and Proposal: SPV Renfields (Pty) Ltd proposes to develop a 132kV Overhead Distribution Line (SPVR 9) which will form part of the already authorised Ceres Renewable Energy Project which will consist of a:

•the 240 MWp Solar Photo-Voltaic Facility (SPVR 8);

•the Battery Energy Storage System (SPVR 7); and

•a 132 kV substation located within SPVR 8, which serves as the project’s Point of Connection. the proposed 132 kV overhead powerline will connect SPVR 8 to the existing Eskom Witzenberg Distribution Substation.

Project Location: The following Farms are included in the project: Portion 1 of Farm 316 (Doorn Plaat), Remainder, Farm 316 (Doorn Plaat), Portion 1 of Farm 323 (Koel Fontein), Remainder, Farm 322 (Nooitgedacht), Remainder, Farm 324 (Nooitgedacht), Remainder, Farm 430 (Long Acres), Portion 1, Farm 327 (Driefontein), Remainder, Farm 327, (Driefontein).

Notice is hereby given of a public participation process in terms of:

•the National Environmental Management Act, 1998 (Act No. 107 of 1998) (“NEMA”)

•the National Water Act (Act 36 of 1998)

•the Heritage Resources Act (Act 27 of 2004)

•Agricultural Land Act 70 of 1970 (SALA)

It is necessary to submit Applications for Environmental Authorisation, and an Integrated Water-Use License to undertake the following activities: NEMA Listed Activities (GN No. 983 & 984): Listing Notice 1: Activity 11 & 12; Listing Notice 3: Activity 12, 14

National Water Act:

WULA Application in terms of Section 21(c) and (i)

The application is subject to a Basic Assessment Process, as prescribed in the Environmental Impact Assessment Regulations, 2014 (as amended) published under NEMA. The respective application will be submitted to the Department of Forestry, Fisheries, and the Environment, (DFFE), the Department of Water and Sanitation (DW&S), Heritage Western Cape and the Department of Agriculture, Land Reform and Rural Development (DALRRD).

Opportunity to participate & availability of the Pre-Application Draft Basic Assessment Report (paDBAR): The paDBAR will be made available for public review & comment from Thursday, 12 February 2026 to Monday, 16 March 2026 at the Prince Alfred Hamlet Public Library, and electronically on the RMS website (www.rmsenviro.co.za).

If you would like to register as an Interested and/or Affected Party (I&AP) for the above listed project, please contact Larry Eichstadt, Kiara Ricketts or Marsha MacNicol of RMS.

Contact: (021) 975-7396

Larry Eichstadt (082-444-2630); Kiara Ricketts (082-771-8273)

E-mail: larry@rmsenviro.co.za; kiara@rmsenviro.co.za

Website: www.rmsenviro.co.za

Address: P.O. Box 4296, Durbanville, 7551

The paDBAR commenting period ends on Monday, 16 March 2026

Jong manne help gemeenskap

NA afloop van verlede jaar se sewes-seisoen, het die Witz Barbarians 7’s hul gemeenskap teruggee-program bekendgestel met een eenvoudige doelwit - om ‘n positiewe impak te maak en mentors te wees waarna die jongklomp kan opkyk. Harde werk kan jou bo jou omstandighede laat uitstyg. “Ons glo rugby is meer as ‘n spel - dit gaan oor diens, leierskap en om op te daag vir jou gemeenskap, veral die kinders. Die span het saam Divan Manuel skoolkinders se hare gesny, klere by Mooi Uitsig Primêr en Huis Pieter Strauss saam met Rising Stars 7’s uitgedeel en rugbyballe aan die o/13 span van Errie Moller Primêr geskenk. Die groep beplan ook om in die middel van die jaar ‘n rugbykliniek aan te bied.

SPUITOPERATEUR

VEREISTES

:

•Geletterd: Goed kan lees en skryf; •Moet akkuraat kan werk; •Bereid wees om oortyd te werk;

•Moet kan trekker bestuur; •Moet opleibaar wees vir plaagbeheer; •Sober gewoontes; •Moet verantwoordelikheid kan neem;

•Moet beskik oor goeie wiskundige vaardighede vir die verwerking van spuitbriewe.

VERANTWOORDELIKHEDE: •Spuit volgens program; •Instandhouding van trekker en spuit; •Meng van gif volgens voorskrifte; •Skoonmaak van trekker, spuit en gifstoor; •Kommunikasie met bestuur; •Vorm deel van brandbeheer span.

BOORDMONITOR

VEREISTES:

•Moet kan lees en skryf; •Moet presies en oplettend wees;

•Goeie kommunikasievaardighede; •Verantwoordelik wees; •Moet op eie kan werk; •Noulettend op detail

VERANTWOORDELIKHEDE:

•Instandhouding van lokvalle; •Lees van lokvalle; •Monitering van plae en siektes; •Daaglikse observasies; •Kommunikasie met bestuur.

Aansoeke kan per e-pos gestuur word aan: jolene@koelfontein.co.za Merk asb. duidelik die pos waarvoor u aansoek doen Of kom haal aansoekvorms af by Koelfontein Landgoed se kantoor te P.A. Hamlet.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 20 Februarie 2026 Slegs kortlys kandidate sal gekontak word.

CERES Toerisme is tans besig om ’n 2026 Kalender vir die Witzenbergstreek saam te stel en nooi alle organisasies en organiseerders uit om hul beplande geleenthede, gesellighede en funksies aan die toerismekantoor deur te gee. Dit sluit in sportgebeurtenisse en ander kultuur en spesiale geleenthede. Stuur inligting na info@ceres.org.za Dit is belangrik om die streek se datums te koördineer en sal help dat groot geleenthede nie oorvleuel sodat elke geleentheid die maksimum ondersteuning kry wat dit verdien. Enige navrae kan aan die Ceres toerismeburo by (023) 3161287 gerig word.

‘n BOLT bestuurder Stefan Roux, wat vermoedelik verdrink het, se liggaam is onlangs by die eerste uitkykpunt onderkant die Tolhuis in Michellspas gekry. Dogs and All is gevra om te help en ‘n lid het ‘n voetpaadjie gevolg en na ‘n swempoel in die rivier gestap waar Roux se liggaam in die water aangetref is. Die polisie is van die voorval in kennis gestel en ontbied. *Dogs and All (Louw Kotzé) en die speurder Vian van Wyk, word bedank vir hul hulp en ondersteuning.

DIE jaarlikse Ceres Superspar klubkampioenskappe sal vanjaar op 28 Maart plaasvind. Spelers kan inskryf vir die A-, Bof C-afdeling oor 36 putjies (houespel). Die D-afdeling sal oor 18 putjies beslis word (stableford). Koste beloop R480 vir 36 putjie en R275 vir D-afdeling spelers. Inskrywingsgeld sluit twee etes in.

HUIS Disa bied ‘n potjiekos kompetisie aan op 16 Mei. Vir navrae of om in te skryf, skakel (023) 230-0245 of stuur ‘n e-pos na admin.huisdisa@acvv.org.za

BELANGSTELLENDES wat ‘n pelgrimstoer na Israel wil meemaak, kan pastoor Nico Mettler skakel by 060-559-1708 of per e-pos by mettnico@gmail.com. *Die toerdatum is 10 tot 17 Mei 2027

MUNISIPALE swembaddens is vanaf 1 November 2025 oop. Dennebos is oop vanaf 08:00 tot 19:00 en toegang beloop R99 vir dagbesoekers. Toegang by die Eiland, Bella Vista, P.A. Hamlet, Montana en Witzenville swembaddens beloop R10 vir volwassenes en R1 per kind.

INDIEN inwoners herwinbare sakke benodig, kan hulle dit gratis in die week by die Togryers museum kom afhaal tussen 08:30 en 16:00.

DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring van klein funksies en werkswinkels/opleiding. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 312-2045 of stuur ‘n e-pos na togryersmuseum@gmail.com

IN case of emergencies, please keep the following numbers handy:

•Police Flying Squad.................. 10111

•Ambulance Services 10177

•Cell Phone Emergency................112

•Disaster Risk Management Centre 080-911-4357 (HELP)

•Poisons Information Helpline

TULBAGH speurders het onlangs ‘n identikit uitgereik van ‘n man wat gesoek word vir die moord op ‘n onderwyser van Nduli.

Haelbui verwoes appel- en peeroes

‘n LANDBOURAMP!

Drie haelstorms het Sondagmiddag na 16:00 en Sondagaand miljoene der miljoene rande se skade aan tientalle plase se appelen peerboorde en uie-oes in die Koue Bokkeveld aangerig.

Sommige boere het hul hele oes, wat skaars 24-uur later geoes sou word, verloor. Op sommige plase is meer as die helfte van die uie-oes voor die onverwagte haelstorms en reënbuie opgetrek en uitgehaal. Die uie sou dan die week na stoorkamers vervoer geword het.

Grondeienaars, plaasbestuurders en plaaswerkers moes Sondag hulpeloos toekyk hoe groot haelkorrels appels en pere asook uitgehaalde uie, stukkend slaan.

Die haelstorm het plase getref wat strek van Gydo-pas tot diep in die Koue Bokkeveld asook plase in die Tafelberg-omgewing. Daar was ook plek-plek haelskade in die Warm Bokkeveld.

Volgens Heinie du Toit, streeksbestuurder van Agri Wes-Kaap en mede-eienaar van Remhoogte boerdery, was Sondag ‘n slegte dag vir grondeienaars. Volgens Du Toit het vanjaar se oes goed gelyk voordat die hael dit verwoes het. Baie vrugte was vir die uitvoermark bestem.

Baie boorde is nou onbruikbaar en daar is boorde wat selfs volgende seisoen min of geen vrugte sal dra na die haelskade.

“Ek het die afgelope 30 jaar nog nie so baie hael gesien nie. Op Remhoogte is 90 mm reën gemeet en ongeveer 20% van die vrugte het haelskade opgedoen. Uie op ons lande wat klaar opgetrek is, het in die slag gebly en is weggespoel.” sê Heinie.

Daar is plase met 0% skade tot plase waar 100% van die oes weggeslaan is.

Skadebepaling

Boere het Maandagoggend begin om ‘n skadebepaling te doen en teen Dinsdag was dit nog te vroeg om presies te sê wat die skade in randwaarde beloop. Van die vrugte kan gepluk word om na sapaanlegte soos Ceres Fruit Processors (CFP) op Ceres gestuur te word.

Almal is dit eens, die oesskade gaan ‘n groot impak hê op almal in die Witzenbergstreek.

Reënval

Volgens die Kaapstadse kantoor van die Suid-Afrikaanse weerdiens het ‘n bolug-afsnylaetrogstelsel die hael na die omgewing gebring.

Volgens Ileaf het dit Sondag van 16:00 tot 22:00 gemiddeld 29mm in die Koue Bokkeveld gereën met plase wat selfs tussen 52 en

Identikit saamgestel

90mm reën gekry het. By ILeaf en Hortec se ander weerstasies in die streek is daar in ‘n 24-uur tydperk van Sondag tot Maandag meer as 60mm in die Warm Bokkeveld gemeet. In die Lakenvlei-omgewing (Bo-Swaarmoed) is 41.6mm gemeet, by Tandfontein is 38.5mm gemeet, by Romansrivier is 25.8mm gemeet en in die Winterhoek (Tulbagh) ‘n bietjie meer as 5mm gemeet.

Volgens een van die boere was die storm erger as wat hulle en die weervoorspellers verwag het. Dit het almal onkant gevang.

Polisie soek na

dié moordenaar

TWEE maande na die moord op ‘n Nduli onderwyser het die polisie nog geen positiewe inligting ontvang oor die moordverdagte.

Tulbagh speurders het onlangs ‘n identikit uitgereik van die man wat gesoek word vir die moord van Sphenathi (Sphe) Gqhalaqha (27).

Gqhalaqha is in die vroeë oggendure op 15 Desember 2025 vermoor by ‘n kuierplek op Tulbagh.

Volgens die polisie het die voorval omstreeks 04:45 plaasgevind.

Gqhalaqha het verskeie steekwonde in die

aanval by die kuierplek opgedoen voordat sy in die kuierplek inmekaar gesak het. Sy is na Ceres hospitaal vervoer waar sy later aan haar beserings gesterf het. Die polisie wou nie bevestig wat die rede vir die moord kon wees nie. Volgens gerugte kan die moord dalk verband hou met ‘n liefdesdriehoek.

Indien die Witzenberg gemeenskap oor enige inligting beskik, kan hulle die ondersoekbeampte, a.o. Marlon Cupido, skakel by 079-894-0101 of die speurderkantore by (023) 230-8111

VERMOOR. Sphenathi (Sphe) Gqhalaqha (27).

MORRISDALE Primêr is trots op hul groep van 40 atlete wat die naweek aan die Witzenberg atletiekbyeenkoms sal deelneem. Hierdie leerders het deur harde werk, dissipline en deursettingsvermoë hul plek in die span verdien en is gereed om die skool met trots te verteenwoordig.

CHARLIE Hofmeyr atlete het op Porterville aan ‘n atletiekbyeenkoms deelgeneem. Talle rekords het in die slag gebly en atlete het 65 medaljes waarvan 25 goues, teruggebring. Daniël van Deventer het twee o/15 rekords in gewigstoot en diskus verbeter, Chris-Will du Toit (o/17) het die verspringrekord verbeter, Shandley Burrows (o/19) het die hoogspringrekord verbeter en Helen du Toit (o/19) het die 800 meter rekord verbeter.

DIESEL WERKTUIGKUNDIGE

‘n Gevestigde Boerdery in die Koue Bokkeveld, Wes-Kaap, beskik oor bogenoemde permanente pos.

Die geskikte persoon sal moet beskik oor eie inisiatief en die vermoë hê om selfstandig en onafhanklik te kan werk. Hy sal verantwoordelikheid moet aanvaar om twee werkswinkels te bestuur.

Die posbekleër sal aan die Hoofbestuurder rapporteer

Die ideale kandidaat moet oor die volgende vereistes beskik: • Matriek • Toepaslike tersiêre kwalifikasie / diploma as ‘n Dieselwerktuigkundige • 3 - 5 Jaar ervaring • Betroubaar, eerlik, goeie tydsbestuur en goeie administratiewe vermoëns • Boerdery kan verstaan en werk kan prioritiseer • Moet beskik oor leierseienskappe asook om ‘n span te bestuur en in ‘n span te kan werk • Moet beskik oor die kundigheid t.o.v. alle veiligheidsaspekte in die raamwerk van wetgewing en die vermoë om dit te implementeer • Ondervinding in algemene herstelwerk en instandhoudingswerke • Goeie kennis van petrol- en dieselenjins • Moet kan sweis en algemene herstelwerk-take kan voltooi • Beskik oor kennis van trekkers, vragmotors, bakkies, spuitpompe, aartappeluithalers & elektronika • Moet foutopsporing gemaklik kan doen Stuur volledige CV so spoedig moontlik aan: antoinette@kbyboerdery.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Maart 2026 Indien u teen 30 April 2026 geen terugvoering ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie. Slegs kortlys kandidate sal gekontak word.

Werwingsprosedure voldoen aan die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting Nr van 2013

LAERSKOOL Gericke se jaarlikse swemgala het Donderdag 5 Februarie plaasgevind. VLNR: Isabella de Jager (victrix ludorum), Roz Malherbe en Max Malherbe. Roz en Max deel vanjaar die victor ludorum toekenning.

DIE tweekamp-atlete van Laerskool Gericke het Saterdag 7 Februarie die Boland by die Highgate Interprovinsiale byeenkoms op Oudtshoorn verteenwoordig. VLNR: Irma-Ann Orffer, Adé Orffer, Mikayla Nieuwenhuis, Avah Maralack, Hosea Maralack, Adanje du Plessis, Dandré du Plessis en Noah Brink. UITSLAE: Onder 8 meisies: Mikayla Nieuwenhuis (eerste) en Avah Maralack (7de); onder 8 seuns: Adé Orffer (vierde), Noah Brink (12de) en Dandré du Plessis (18de); onder 9 seuns: Hosea Maralack (18de) en onder 11 meisies: Irma-Ann Orffer (tweede) en Adanje du Plessis (26ste).

SENIOR ELECTRICIAN

Wolseley (Full Time)

Hiring a Senior Electrician at our Wolseley branch. The main responsibility of this position is the maintenance of all electrical installations and equipment on the plant and the installation of new equipment.

Responsibilities:

• Maintenance of all electrical installations and equipment

• Installation of new electrical equipment

• PLC fault-finding and installation

• Installation of instrumentation

• Actively promote safe working practices according to health and safety regulations.

Education and skills:

• Grade 12 or equivalent - N3

• Qualified with applicable Trade Certificate

• Knowledge of 3 phase and single-phase supply

• Knowledge of Food Safety procedures will be to the applicant’s advantage.

Experience: • A minimum of 5 years’ experience in a maintenance manufacturing environment

• Extensive experience in PLC fault-finding and installations.

Skills required:

• Initiative and drive

• Ability to progress in multi-skilled environment

• Personal and professional integrity

• Thrive under pressure

• Sound organizational skills

• Proficiency in English and Afrikaans required

• Must be prepared to work overtime and\or shifts and standby.

Closing date for applications: 25th February 2026

E-mail your full comprehensive Curriculum Vitae to: personnel@brennokem.co.za

Applicants who have not received feedback within 21 days from the closing date must please accept their application as unsuccessful.

Wees versigtig vir die nuwe gier

DIT gons die laaste tyd op sosiale media oor een van die jongste sosialemedia-giere waarin mense kunsmatige intelligensie (KI)-kletsbotte vra om ‘n karikatuur van hulle te skep op grond van dit wat die kletsbot reeds van hulle weet.

Gebruikers is egter dikwels onbewus van die moontlike kuberveiligheidskwessies wat so ‘n oënskynlik onskuldige kiekie kan oplewer.

Die proses om so ‘n karikatuur te skep is heel eenvoudig. Die tegnologie- en vermaakpublikasie, Mashable, verduidelik dat die meeste mense na ‘n KI-model soos OpenAI se ChatGPT gaan, ‘n nabyskoot-foto van hulself oplaai en dan die virale opdrag - skep ‘n karikatuur van my en my werk gegrond op alles wat jy van my weet - invoer om die prentjie te genereer.

Vir daardie spesifieke of ‘n soortgelyke opdrag om te werk moet die gebruiker ‘n geskiedenis met ChatGPT hê sodat die kletsbot ‘n beeld met hul relevante belangstellings kan skep, berig Mashable

Wanneer dit nie die geval is nie, sal gebruikers ‘n meer gedetailleerde opdrag moet gebruik waarin hulle meer inligting oor hulself met die kletsbot deel.

Gevare opduik

Dit is waar die gevare begin opduik, meen prof. Basie von Solms, ‘n navorsingsprofessor in kuberveiligheid aan die Universiteit van Johannesburg se sentrum vir kuberveiligheid.

“Ek dink dit is ‘n uiters gevaarlike speletjie, want dit is maar ‘n speletjie wat plaasvind. Maar ek dink dit is baie gevaarlik, want wat jy eintlik doen om hierdie prentjie van jouself te skep, is om vir hierdie stuk KI al jou persoonlike inligting te gee,” sê Von Solms. Hoewel mense se persoonlike inligting eintlik reeds die hele kuberruimte vol is, is dit nie noodwendig alles op een plek beskikbaar nie. ‘n Mens sal op verskillende plekke moet gaan soek om al die verskillende brokkies inligting van iemand te kry, verduidelik Von Solms.

Nou gaan sit jy en jy gee vir hierdie stuk ding alles bymekaar georden. Dan moet jy onthou: Dit is ‘n KI-program. Hy onthou dit en hy gebruik dit weer en hy leer nou weer. Volgende keer gebruik hy dit op ‘n ander plek. So jy weet nie wat met jou persoonlike inligting gaan gebeur nie. Jy gee dit en dit is ‘n feit soos ‘n koei - dit gaan iewers gestoor word,” sê hy.

“Die hele doel van hierdie KI-stelsels en van al die groot tegnologiemaatskappye is om al hoe meer inligting van jou te versamel om jou op allerhande plekke te kan konfronteer met produkte en wat ook al. En daai data word gesteel.”

Een van OpenAI se data-ontleding-verskaffers, Mixpanel, het juis November ‘n kuberaanval ervaar waarin kuberkrakers volgens Open AI “ongemagtigde toegang tot ‘n deel van hul stelsels verkry en ‘n datastelsel afgelaai het wat beperkte inligting en analitiese inligting bevat wat kliënte identifiseer.”

Die name en e-posadresse wat aan gebruikers se rekeninge gekoppel is, hul geraamde ligging gegrond op hul soekenjins, hul rekenaarbedryfstelsel en die soort soekenjin wat gebruik is, webwerwe waarheen hulle verwys is en die organisasie-ID’s of gebruiker-ID’s wat met hul rekeninge verbind word, is sodoende aan die kuberkrakers gelek.

OpenAI het wel bevestig dat sommige belangrike persoonlike inligting soos gesprekke, wagwoorde, betalingsbesonderhede of regering-ID’s nie gekompromitteer of blootgestel is nie.

“Kom ons aanvaar nou jy het hierdie prentjie van jouself deur die bot laat skep en jy het nou vir hom hierdie inligting gegee. Hierdie inligting word dalk nou op die agtergrond verkoop of dit word gekraak of gelek en kom in die hande van een of ander kubermisdadiger. Daar is soveel maniere waarop hy jou nou met ‘n slenter kan begin vang,” sê Solms.

“Al jare lank dink mense nie daaroor nie. Jy sien dit as ‘n aangename speletjie en ‘n mooi resultaat wat jy uitkry. Maar jou inligting is daarmee heen. Dit word gestoor. Dit gaan herbruik word. Dit gaan gebruik word om daai ding slimmer te maak en dis maar een van die gevolge daarvan.”

BERIG: Die Burger - Karla.vandermerwe@ media24.com. Berig word gebruik om naïewe inwoners beter in te lig oor die gevare.

DIE Tulbagh polisie vra die Witzenberg gemeenskap se hulp om ‘n vermiste persoon te help opspoor. Mzimkhulu Nelson Peter (70) van Tulbagh het op 28 April verlede jaar vermis geraak. Hy was op pad na Ceres hospitaal. Hy is na die hospitaalbesoek ontslaan maar het nooit na Tulbagh teruggekeer nie. Peter het geen familie op Tulbagh nie en sy meisie ken nie sy familie in die Oos-Kaap nie. Indien inwoners weet waar hy hom bevind of oor enige inligting beskik, kan hulle s/sers. Jacobs skakel by (023) 230-0817.

Verdagte wil nou aansoek

doen vir borg

‘n MAN (37) wat daarvan aangekla word dat hy ‘n bejaarde vrou einde Januarie verkrag het, wil nou om borg aansoek doen.

Volgens die polisie het die voorval Sondag 25 Januarie omstreeks 13:30 by die slagoffer (65) se dogter se huis tussen Ceres en Wolseley plaasgevind. Die slagoffer was ten tye van die voorval alleen by die huis saam met haar kleinkinders.

Die verdagte (37) het die vrou in die kombuis oorrompel en gewurg voordat hy haar verkrag het. Die kleinkinders het buite gespeel en was onbewus van die aanval binne die huis.

Die verdagte het die slagoffer gedreig voortdat hy op die vlug geslaan het.

Die verdagte het verlede Donderdag in die Wolseley landdroshof verskyn voordat die saak vir ‘n borgaansoek tot 16 Februarie uitgestel is. Hy bly in aanhouding.

*Volgens die strafproseswet kan die verdagte eers geïdentifiseer word sodra hy gepleit het.

Fortuin se verhoor begin in Maart

DIE streekhofverhoor van ‘n jong vrou wat na bewering haar vriend in 2024 vermoor het, is vir die soveelste keer uitgestel.

Die keer na 12 Maart vir pleit en verhoor. Ashleigh Fortuin (26) word daarvan aangekla dat sy haar vriend, Shane Scholtz (22), ‘n jong rugbyspeler van Ceres, in Junie 2024 vermoor het.

Scholtz van die Rooikamp-woonbuurt op Ceres, is dood nadat hy na bewering deur Fortuin met ‘n mes in die nek gesteek is.

Die voorval het op Saterdag 1 Junie 2024 omstreeks 23:55 plaasgevind tydens ‘n stryery tussen Scholtz en Fortuin.

Na die voorval, is Scholtz na Ceres hospitaal gehaas waar hy ure later oorlede is.

Witzenberg Properties (Pty) Ltd bestaan uit boerdery-eenhede wat geleë is in Ceres omgewing en nooi belangstellendes wat kwalifiseer om aansoek te doen vir die volgende geleenthede:

VERPLEEGKUNDIGE

Ons benodig die dienste van ‘n Geregistreerde Verpleegkundige met ‘n passie vir die welstand en gesondheid van mense om verpleegkundige dienste by ons plaasklinieke te bied. Verdere voorvereistes behels : • ‘n Toepaslike primêre gesondheidsorg of gelykwaardige kwalifikasie • ‘n Medisyne dispenseringlisensie sal voordelig wees • Geregistreer by SANC as verpleegkundige • ‘n Minimum van vyf jaar toepaslike ondervinding in primêre gesondheidsorg • Kennis van relevante wetgewing, Departement van Gesondheid se beleid en die area se gesondheidsprobleme • Kennis van wetlike bepalings met betrekking tot beroepsbeserings en siektes in die werkplek • Die vermoë om siektetoestande betyds en korrek te diagnoseer en effektiewe en doeltreffende verpleegsorg toe te pas • Uitstekende interpersoonlike en kommunikasievaardighede • Beskik oor die vermoë om op eie inisiatief en onafhanklik te funksioneer • ’n Geldige (Kode B/EB) bestuurslisensie, bereidwilligheid om te reis en eie vervoer • Basiese rekenaarvaardighede in MS Word, Excel, Outlook. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelikheid aanvaar vir: • Algemene bestuur van die plaasklinieke, volgens Maatskappy beleide en Departement van Gesondheid voorskrifte • Die bestel van en beheer oor medisyne voorraad • Skakeling en kommunikasie met dokters en plaasbestuur • Toepassing van primêre gesondheid • Beplan en hanteer gesondheid voorkoming aktiwiteite in die gemeenskap • Rekordhouding en opstel van verslae • Bevordering van Beroepsgesondheid en -veiligheid • Hantering van noodgevalle na-ure.

MENSLIKE HULPBRON ASSISTENT

Hierdie is ‘n opwindende geleentheid vir ‘n kandidaat wat oor Menslike Hulpbron ervaring in ‘n arbeids intensiewe en dinamiese werkomgewing beskik. Die suksesvolle kandidaat sal operasionele ondersteuning aan die Menslike Hulpbronne afdeling bied, met fokus op daaglikse Menslike Hulpbron ondersteuning aan bestuur en werknemers. Die kandidaat sal verantwoordelikheid aanvaar vir: • Werwing en keuring van personeel • Administrasie van werknemer rekords en diensvoorwaardes • Hanteer pensioenfonds en begrafnisskema administrasie • Bestuur van dissiplinêre prosesse en werknemer verhoudinge • Koördinering van opleiding en ontwikkeling • Toesig oor Maatskappy behuising rekords • Instandhouding van prestasiebestuur stelsel • Werknemers welstand • Hanteer maandelikse VIP salaris betalings • Verlof administrasie • Koördineer etiese oudit rekords • Neem van notules tydens vergaderings • Algemene administratiewe ondersteuning binne die menslike hulpbron funksie. Verdere voorvereistes behels: • Toepaslike graad of diploma in Menslike Hulpbronbestuur • ‘n Minimum van vyf jaar toepaslike ondervinding as Menslike Hulpbron Beampte verkieslik in die landbou-omgewing • Grondige kennis van relevante wetgewing • Rekenaarvaardigheid spesifiek met verwysing tot MS Outlook, MS Excel, MS Word, VIP en FCS • ’n Geldige (Kode B/EB) bestuurslisensie en bereidwilligheid om te reis • Vermoë om onafhanklik sonder voortdurende toesighouding te funksioneer • Hoë vlak van integriteit, professionaliteit en akkuraatheid • Kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels. Om aansoek te doen stuur jou CV, bewys van kwalifikasies, asook ‘n aanduiding van verwagte vergoedingspakket na werwing@witzen.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 22 Februarie 2026

Meld asseblief die posisie waarvoor jou aansoek oorweeg moet word. Slegs kortlys kandidate sal gekontak word. Beskou jou aansoek as onsuksesvol as jy een maand na die sluitingsdatum nie gekontak is nie.

Polisie soek vir Cloete

TULBAGH speurders het ‘n maand gelede die gemeenskap se hulp gevra om Damion Anthony Cloete (43) op te spoor. Nog geen nuwe inligting waar hy hom bevind is ontvang nie. Die polisie soek Cloete in verband met ‘n huishoudelike geweld klag op Tulbagh wat twee jaar gelede - in Julie 2024 - plaasgevind het. Indien iemand weet waar Cloete hom bevind, kan hulle a.o. Marlon Cupido skakel by 079-894-0101 of die speurderkantore by (023) 2308111.

NOTICE OF DRAFT WITZENBERG MUNICIPAL SPATIAL DEVELOPMENT FRAMEWORK

Witzenberg Municipality is currently preparing a Municipal Spatial Development Framework (MSDF) in terms of Sections 28(3) and 29 of the Municipal Systems Act, 2000 (Act32 of 2000), Section 20 of the Spatial Planning and Land Use Management Act, 2013 (Act 16 of 2013), chapter 3 of the Western Cape Land Use Planning Act, 2014 (Act 3 of 2014) and in terms of the Witzenberg Land Use Planning By-Law, 2015.

A MSDF is a long-term planning document which spatially indicates potential growth and development paths (medium to long term) of a municipality. It integrates and coordinates the spatial implications in a meaningful strategic plan having regard to strategic sector plans (engineering, transport, economic, housing, community services).

The DRAFT Witzenberg Municipal Spatial Development Framework (MSDF) has now been compiled and the Council of Witzenberg Municipality herewith gives notice that the document is available to review and comment. Interested and affected parties are herewith invited to submit comments on the DRAFT Witzenberg Municipal SDF during a 60 days advertising period.

Comments must be submitted in writing to the Senior Manager: Town Planning and Building Control, Witzenberg Municipality, P.O. Box 44, Ceres, 6835 OR email to htaljaard@witzenberg.gov.za on or before 14 March 2026. Please use reference 15/4/P in all correspondence.

The DRAFT report is available for viewing at all public libraries and online at the following link: https://www.witzenberg.gov.za/resource-categor y/spatialdevelopment-framework

The report and plans will also be available for public viewing at the venues on the dates shown in the table below. Consultants will be available to answer questions and take comments.

PLACE

DATE DAYTIME

Nyukintaba Community Hall23 February 2026Monday11:00 - 15:00 (Op-die-Berg)

P.A. Hamlet Town Hall24 February 2026Tuesday11:00 - 15:00

Wolseley Council Chambers25 February 2026Wednesday11:00 - 15:00

Tulbagh Council Chambers26 February 2026Thursday11:00 - 15:00

Ceres Town Hall 2 March 2026Monday11:00 - 15:00

Contact person:Hennie Taljaard (023) 316-8554 htaljaard@witzenberg.gov.za

D. NASSON

MUNICIPAL MANAGER

50 Voortrekker Street, Ceres, 6835

(023) 316-2021 l info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Boland Roll on Lawn

Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS

“ROLL ON LAWN” Skakel

082-859-2300

Select LAUNDRY

Whatsapp of skakel

082-821-3610

Joubertstr. 16, Ceres

Ma - Vry: 08:00 - 17:00

Vakansiedae: Gesluit

Ons tel op en lewer af op spesiale versoek* *Terme en voorwaardes geld

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.

• Engine overhaul • General Services

Suspension • Brakes • and more André du PAndré du P André du PAndré du PPreezreez reezreez reez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com

ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: • Mansklere en -skoene

Skoolklere

Handdoeke

Breekgoed

DD DD DAMES-TAMES-T AMES-TAMES-T AMES-TOPSOPS OPSOPS SLEGS R20 SLEGS R20 R20

Laerskool Koue Bokkeveld kies nuwe leiers

LAERSKOOL Koue Bokkeveld het onlangs hul leerderleiers vir 2026 aangewys. VLNR: Ben van der Merwe, Wikus Bothma, Jean Dreyer (hoofseun), Zoey Carolus (hoofmeisie), Junishia Muller en Mia Gagiano. * Mag julle met trots julle medeleerders lei en altyd die skool se leuse: Net die Beste, uitleef en nastreef.

Om 'n verskil in iemand anders se lewe te maak hoef jy nie briljant, beeldskoon, ryk of perfek te wees nie. JY MOET NET GENOEG OMGEE JY GENOEG OMGEE JY MOET NET GENOEG OMGEE JY GENOEG OMGEE JY OMGEE...

Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke!

Louw-Marie 083-634-8068 louwmarieshepherd8@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres

(Ingang in Lyellstraat oorkant Ceres Cycles)

Ma - Vry:09:00 - 16:00

Saterdag: GESLUIT

Kaartjies beskikbaar

Daar is nie 'n kits oplossing vir lang bankrye nie

ELKE Saterdag sien ons die lang rye in die dorp en vra “wat gaan aan?”. Dikwels is die kommentare nie vleiend nie en amper altyd oorvereenvoudig.

Daar is tans meer as 33 000 werkers op plase in die Witzenbergstreek werksaam. Ceres is ‘n ekonomiese groeipunt. Die streek is ‘n magneet vir mense uit dele van Suidelike Afrika waar daar geen werk is nie.

Mense wat hier hard werk kan tot dubbel die minimum loon (net onder R30 per uur) verdien en stuur gereeld goeie geld huis toe. Oes-tyd is gewoonlik van Januarie tot April want dan word vrugte ryp en dan is die dorp op sy besigste.

Is dit goed of sleg?

Die hele dorp se ekonomie is gebou op landbouprodukte en dit wat op boord/grondvlak staangemaak word. Dit is hoe die industriële landbou-uitvoerbedryf werk. Daarsonder sou ons werke in pakstore, fabrieke, winkels en dienste nie bestaan nie.

Vat die “inkommers” ons werk? Plaaslike plukspanne neem af om verskeie redes.

Die inkomste van sommige plaaslike mense neem wel toe weens “passiewe” inkomste bv. verhuring van huise en erwe en die uitbreiding van verwerkingsaanlegte en -dienste. Alhoewel ‘n enorme hoeveelheid geld Oos-Kaap en Lesotho toe gaan, word baie ook op Ceres spandeer - vra net die winkels!

Oor die algemeen is gedrag in die dorp aanvaarbaar. Daar is ‘n element van kuier of gesinsuitstappie waar mense bekendes op die dorp ontmoet. Dit is dalk anders as in die “ou dae” en besiger, maar wangedrag is nie algemeen nie.

Wat wel ‘n probleem is, is die tekort aan toilette en ook hulle verspreiding. Die strooi van rommel is erg en die munisipaliteit doen ‘n reuse werk om die middedorp oor naweke op te ruim. Misdaad in die breë gemeenskap is ook ‘n probleem en kan gekoppel word aan mense wat mekaar nie ken nie. Tog is die hoogste statistiek nog altyd geweld tussen bekendes.

Hoekom is die bankrye so lank?

Capitec is die grootste bank (om verskeie redes) en het reeds in 2023 meer as 55 000 kliënte op Ceres gehad. In Desember 2025 het 22 000 kliënte die Capitecapp aangeskaf. 5 500 nuwe spaar rekeninge is reeds in 2026 oopgemaak waarin mense hulle geld oordra om veilig te hou om later huistoe te neem aan die einde van die seisoen.

Die getalle is oorweldigend. 55000 verdeel deur 9 OTM’s = meer as 6 000 per OTM. Capitec spits hom toe op die laer inkomste mark. Hulle het ook drie nuwe OTM’s aangebring tussen 2023 en 2025; hulle het elke besige dag 15 konsultante binne wat mense help en twee “Bank Better Champs” wat help by die OTM’s. Binne hanteer hulle rofweg 600 navrae per Saterdag

TWEE tennisspelers van Laerskool Gericke, Mienka du Toit en Leopoldt

Verhoef is opgeneem in die Kavalier tennisspan wat van 28 Februarie tot 1 Maart aan die Synergy Cup gaan deelneem. Mienka is opgeneem in die meisies o/13 span wat in die A-afdeling speel terwyl Leopoldt die o/12 seuns wat in die B-afdeling speel, verteenwoordig. Leopoldt is nou eers o/ 11 - ’n besonderse prestasie.

waarvan heelwat geldoorplasings is en ander hulp met die bank-app soek. Hulle werk hard om mense te kry om die app te gebruik. Hulle kan ‘n IT verslag trek wat wys watter transaksies by die OTM’s plaasvind en dit is ‘n verskeidenheid. Die Spark OTM’s kan deur alle banke se kliënte gebruik word, maar as iets daar verkeerd gaan, neem dit baie langer om die probleme op te los. Mense verkies dus om hul eie bank se OTM te gebruik.

Hoekom trek mense al die kontant?

Kontant bly die veiligste. Mense kan sien wat hulle het en kan begroot.

Phishing-oproepe bly ‘n groot kopseer (Capitec word die meeste geteiken) en as daar R0 in jou bank is, kan jy met vrymoedigheid die foon neersit. ‘n Nuwe kopseer is aanlyn-aankope waar mense in die skelms se strik trap vir die groot verskeidenheid produkte wat kamstig beskikbaar is.

Daar is ook hordes skelm spaar- en polis-opsies wat aan mense aangebied word. Dit is verwarrend.

Hoe slim die skelms is, is skokkend. As jou kontant in jou sak is kan jy die skelms makliker ignoreer. Jou geld word ook beskerm teen verskeie soorte aftrekkings. Verlore kaarte is ook ‘n massiewe probleem en daar word sommige weke tot 1000 nuwe kaarte gedruk (en soms kom die oues weer te voorskyn!).

As jou geld egter in jou kaart is en jou kaart is weg, is jy verlore. Almal ken iemand wat geld verloor het. Wantroue in banke is hoog. Baie mense het ook nie slim selfone nie en die app werk dus nie op ouer fone nie. Boonop is alles in die tweede of derde taal van die kliënt.

Waar anders kan plaaswerkers kontant kry?

Dit is ‘n groot kwessie. Plase het oorgegaan na bankbetalings weens die veiligheidsrisikos en deesdae is daar orals te min kontant. Selfs die plaaswinkels wat nog bestaan gebruik kaarte. “Cash-back” programme by winkels klink na ‘n slim plan maar dit kan nie vir almal werk nie. Daar is min opsies.

Kan daar nie beter verspreiding wees nie?

Dit klink na ‘n logiese voorstel dat die streek verdeel word sodat almal nie gelyk betaal word en Saterdae af is nie. Die opsie is al heelwat bespreek maar die probleem kom in met die dienste op die dorp. Dit beteken dat al die dorp se besighede elke Saterdag moet werk om die vrugte te ontvang. Dit is ook nie billik nie. Soms word die voorstel gemaak dat kliënte in die week moet inkom. Dit beteken ‘n verlies van ‘n dag se loon.

Oplossings?

Die oplossings is nie maklik nie. Uiteenlopende mense sal moet saam gesels. Stap een is waarskynlik beter navorsing. Kommentaar is welkom!

Artikel geskryf deur Joy van Biljon van Ceres wat dekades in die landbou- en opleidingsbedryf gewerk het.

Paardekloof die gasheer vir finale

DIE vierde rondte van Dutoit Agri se gewilde ses nasies rugby- en netbaltoernooi is Saterdag 7 Februarie op Nooitgedacht aangebied.

’n Dag waar spangees, trots en gesonde mededinging met duidelike plesier hand-aan-hand stap. Ten spyte van die sterk winde, was die gehalte van sport van die hoogste standaard. Spelers het onverskrokke vasgebyt en gehardloop en toeskouers het hul spanne met dieselfde ywer aangemoedig as tydens ’n Curriebeker-eindstryd.

Die wind het wel hier en daar ’n rigting verander - veral op die netbalbane waar dit ’n ekstra uitdaging geword het - maar nie eens die natuur kon keer dat ondersteuners se opwinding oorheers word nie.

Die toernooi bring ses spanne van verskillende Dutoit Landgoedere bymekaar - elk met hul eie kenmerkende kultuur, kleure en ondersteuners. Wedstryde was hard, fisiek en by tye naelbyters.

Wat egter veral opvallend was, is hoe sportmangees dwarsdeur die dag gevier is. Selfs in die kompeterende oomblikke is hande geskud en spanne wat erkenning vir mekaar gegee het vir goeie spel.

Tellings vir die dag was as volg:

RUGBY

Vastrap24Lindeshof10 Paardekloof13Kromfontein7 Nooitgedacht20 Tandfontein5

NETBAL

Vastrap12Lindeshof11 Kromfontein16Paardekloof8 Tandfontein33 Nooitgedacht8

Die laaste wedstryde is gespeel voor ’n entoesiastiese gehoor wat tot die einde toe hul spanne ondersteun het. Toe die son oor Nooitgedacht sak, het dit duidelik geword dat die toernooi veel meer as net sport is - dit is ’n geleentheid waar kollegas vriende word, waar jong spelers hul talent wys en waar die Dutoit-gemeenskap saam bou aan tradisies wat jaar na jaar sterker word.

Alhoewel daar uiteindelik wenners gekroon is, was die ware oorwinning dié van samehorigheid, trots en ’n dag se sport van uitstaande gehalte - ’n bewys dat, maak nie saak hoe die wind waai nie, die gees van die ses nasies nooit ingeboet word nie. Die finale wedstryde vind Saterdag 14 Februarie plaas op Paardekloof. Ondersteuners word gevra om dit te kom bywoon.

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Witzenberg Herald

Sport

Johan du Toit wen klubkompetisie

JOHAN du Toit het Saterdag 7 Februarie die enkel syfer plus kompetisie met ‘n telling van +3 gewen. Harry Hewitt was tweede met -2 gevolg deur Wynand Crous en Peter Versfeld met tellings van -1. Februarie kompetisies Die volgende kompetisies word Februariemaand beplan. Op 14 Februarie word ‘n enkel stableford kompetisie aangebied, op 21 Februarie ‘n beterbal stableford kompetisie en op 28 Februarie ‘n 4 bal beter-

bal stableford sametelling kompetisie.

Op Vrydag 27 Februarie vind die jaarlikse Lions gholfdag plaas en op 6 Maart word ‘n naggholf-kompetisie aangebied. Koste beloop R1200 per vierbal wat twee balle insluit. Sundowner kompetisie ‘n Sundowner kompetisie geborg deur Ceres Superspar, is Vrydag 6 Februarie op Ceres aangebied. Wynand Crous (foto links) was die wenner met 20 punte met Johan Smit in die tweede plek met 17 punte. Klubkampioenskappe

Die jaarlikse Ceres klubkampioenskappe sal vanjaar op 28 Maart plaasvind. Spelers kan inskryf vir die A, B- of C-afdeling oor 36 putjies (houespel). Die D-afdeling sal oor 18 putjies beslis word (stableford). Koste beloop R480 vir 36 putjie en R275 vir D-afdeling spelers. Inskrywingsgeld sluit twee etes in.

DIE oudleerder van Charlie Hofmeyr en Laerskool Gericke, Luan Gilliomee, was die afgelope twee toernooie deel van die Blitzbokke se sewesgroep in Singapore en in Perth. Die afgelope naweek het Luan sy kans in Perth aangegryp en in ‘n groep wedstryd en in die finaal teen Fidji as ‘n plaasvervanger opgedraf. Hy het teen Spanjé in sy eerste volwaardige wedstryd gespeel en ‘n drie gedruk in die oorwinning van 33-14. Luan het drie duikslae in die finaal gemaak waarvan die laaste een ‘n besliste drie gekeer het toe hy ‘n Fidjiaan om enkels beetgekry en by die kantlyn uitgeboender het.

Tankwa Trek, Suid-Afrika se vlagskip vierdaagse UCI-skofwedren, het van 5-8 Februarie op Kaleo in die Koue Bokkeveld plaasgevind. Die bergfietswedren is vir die 13de keer aangebied en is baie gewild vir die ruwe en rotsagtige terrein. Die grootste klim in Suid-Afrikaanse bergfietsry - die Merino Monster wat meer as 20 kilometer lank is - toets ook fietsryers se vernuf. Jakob Hartmann en Andreas Seewald (foto bo) het die 4-dag byeenkoms gewen met Johan van Zyl en Wessel Botha in die tweede plek en Travis Stedman en Jaedon Terlouw in die derde plek. Die vroue-afdeling is deur Greta Seiwald en Sara Cortinovis gewen. Vera Looser en Samantha Sanders was meer as 13 minute later in die tweede plek gevolg deur Cherise Willeit en Ila Stow.

FOTO: Shift Media Co.

DIE 2026 Momentum Tankwa Trek, SuidAfrika se vlagskip vierdaagse UCI-skofwedren, het van 5-8 Februarie op Kaleo in die Koue Bokkeveld plaasgevind. Chloë Bishop van Ceres was deel van die Graaff Fruit De Grendel fietsryspan wat in die vroue-afdeling in aksie was. Chloë het die wedren se laaste skof alleen voltooi nadat haar spanmaat, Steph Wohlters, erge krampe gekry en haar aan die wedren moes onttrek. Sy was 18de en algeheel 118de.

DIE 2026 Momentum

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook