





DRIE mense is Saterdag 31 Januarie omstreeks 12:30 beseer nadat die bestuurder naby Nooitgedagcht beheer oor die voertuig verloor en dit omgeslaan en in ‘n sloot beland het. Een insittende is ernstig beseer terwyl die ander twee lig beseer is.
![]()






DRIE mense is Saterdag 31 Januarie omstreeks 12:30 beseer nadat die bestuurder naby Nooitgedagcht beheer oor die voertuig verloor en dit omgeslaan en in ‘n sloot beland het. Een insittende is ernstig beseer terwyl die ander twee lig beseer is.
VIER gewapende huisrowers word deur die polisie gesoek nadat hulle gaste op ‘n plaas buite Wolseley aangeval en beroof het.
Die voorval het Dinsdag 3 Februarie omstreeks 07:30 op die plaas Palmietvlei tussen Wolseley en Bainskloof, plaasgevind.
Die polisie is deur die G24 sekuriteitsdienste na ‘n gaste-eenheid op die plaas ontbied waar hulle gesien het dat rowers toegang tot die perseel gekry het deur ‘n kombuisvenster.
Volgens beskikbare inligting was twee bejaarde gaste van Constantia ten tye van die huisroof tuis op die plaas.
Hulle is die oggend deur vier mans aangeval en beroof van ‘n Glock vuurwapen, beursies en selfone.
Stefan Roderick Westermann (71) is tydens die roof met ‘n hamer oor die kop geslaan voordat die verdagtes met hul buit gevlug het.
Die egpaar is kort na die voorval met privaat vervoer na Worcester MediClinic geneem vir behandeling.
Westermann is later na ‘n ander hospitaal nader aan Kaapstad oorgeplaas.
DIE man (22) wat verdink word van een van die grusaamste moorde die afgelope drie dekades op Ceres, kon teen einde Januarie nog nie opgeneem word vir waarneming nie.
Zwelinjani Mbola (22) van Nduli, wat sedert 7 Desember in aanhouding is, het weer op 28 Januarie in die Ceres landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord en lykskending. Die staat beweer dat Mbola vir Peter Joubert (43) vermoor het deur sy liggaam met ‘n skerp voorwerp op te sny. Die saak is uitgestel tot 26 Februarie. Agtergrond
Twee wetstoepassers is op 7 Desember verlede jaar deur ‘n lid van die publiek genader dat ‘n onbekende man op die sypaadjie voor ‘n onderneming in Voortrekkerstraat sit met liggaamsdele. Die beamptes is na die toneel oorkant hulle kantore en het ‘n man gesien wat sit by die afgekapte arms van ‘n mens. Hulle het die polisie na die toneel ontbied. Mbola wat by die ledemate in die son gesit het, het laat blyk dat die res van die liggaam onder die treinspoorbrug in Voortrekkerstraat, lê.
Die oorledene is later as Peter Joubert (43) van Vredebes en ‘n werknemer van Ina’s Car Wash Paradise, geïdentifiseer.







‘n OUDLEERDER van Charlie Hofmeyr en ‘n gholfafrigter, Garin Hoole (27), is Sondagoggend 1 Februarie tragies dood na ‘n ongeluk met sy Ducati motorfiets. Die ongeluk het omstreeks 03:40 by die Old Oak afdraai na Stellenridge plaasgevind. Met die polisie se aankoms was paramedici reeds op die toneel maar Hoole het reeds aan sy besering beswyk. Hoole het in 2016 gematrikuleer en het by TGSE Paul Mackenzie gholf akademie gestudeer en voor sy dood by die Steenberg gholfklub gewerk. Hy het onlangs ‘n betrekking in Jakarta aanvaar om daar te gaan werk.


TAGTIG nie uit nie! Charl du Toit van Ceres en erelid, oudpresident en oudkaptein van Ceres gholfklub, het Sondag sy 80ste verjaarsdag saam met vriende en familie by die gholfklub gevier.Hy het Woensdag 4 Februarie amptelik verjaar.
VERDRINKINGS is steeds ’n ernstige probleem in Suid-Afrika, waar honderde kinders jaarliks hul lewens in water verloor.
Die NSRI bied gratis Survival Swimming-lesse in die Ceresomgewing aan, waar verskillende skole deel vorm van dié projek. Die program help kinders om kalm te bly, hul asemhaling te beheer, op hul rug te dryf en om na veiligheid te beweeg - vaardighede wat lewens kan red.
Belangrike waterveiligheidsmaatreëls wat almal altyd moet onthou:
☛ Hou altyd toesig oor kinders naby water.
☛ Moet nooit alleen gaan swem nie.
☛ Beveilig swembaddens met heinings, veiligheidshekke en of veiligheidsnette.
☛ Leer KPR en memoriseer ‘n noodnommer.
“Survival Swimming is nie net ’n vaardigheid nie, maar ’n lewensreddende noodsaaklikheid vir ons kinders en gemeenskap”. Eoudia Erasmus van NSRI wat verantwoordelik is vir die Waterveiligheidsprojek, is baie dankbaar vir vrywilligers wat haar help en die Witzenberg munisipaliteit wat hul swembaddens beskikbaar stel vir die lesse.

LEERDERS van Morrisdale Primêr saam met juffrou Manefeldt wat gereeld die kinders by swemlesse besorg en vrywilliger, a.o. Allister Boer van die Polisie se duikeenheid wat saam met die seuns in die water is.
EILEEN Baron (72), bekende inwoner van Ceres en vir meer as 20 jaar ‘n lid van Ceres toerisme, het op 24 Januarie haar kankerstryd verloor. ‘n Roudiens is verlede week vanuit die VGK P.A. Hamlet vir haar gehou en die begrafnis het op Saterdag 31 Januarie plaasgevind. Eileen se paadjie saam met Ceres Toerisme het in 2004 begin toe sy deel geword het van hul Stokperdjies in Toerisme-projek. Hieruit het haar besigheid, Baba’s Jem, ontstaan - ’n plek waar talle besoekers met haar unieke ingemaakte produkte en besonderse geurkombinasies bederf is. Haar passie vir kos, kreatiwiteit en gasvryheid het mense van naby en ver gelok. Eileen het oor jare die Ceres-omge-wing met trots verteenwoordig by verskeie plaaslike en buitelandse skoue. Sy was ook van 2006 tot 2019 ’n lojale en toegewyde bestuurslid van Ceres Toerisme. Sy was altyd bereid om ’n hand by te sit en het gereeld pryse geborg om projekte en inisiatiewe te ondersteun. “ Ceres Toerisme bedank Eileen vir haar onbaatsugtige diens, toewyding en waardevolle bydrae tot toerisme en die breër gemeenskap. Haar nalatenskap sal voortleef in die lewens wat sy geraak het en ons sal haar altyd met dankbaarheid en respek onthou”.

VERLORE AKTE
Hiermee word kennis gegee dat kragtens die bepalings van Regulasie 68 van die Registrasie van Aktes Wet, 1937, dit die voorneme is om aansoek te doen om die uitreiking van ‘n gesertifiseerde afskrif van Transportakte Nr T73163/1993, gepasseer deur MUNISIPALITEIT VAN PRINCE ALFRED’S HAMLET, ten gunste van JOHANNES CORNELIUS VAN WYK, Id. nr. 611008 5113 083 en WILHELMINA SUSANNAH VAN WYK, Id. nr. 660717 0135 087 getroud binne gemeenskap van goedere ten aansien van sekere ERF 565 PRINCE ALFRED HAMLET, in die Witzenberg Munisipaliteit, Afdeling Ceres, Provinsie Wes-Kaap, wat verlore geraak het of vernietig is.
Alle belanghebbendes wat teen die uitreiking van sodanige afskrif beswaar het, word hiermee versoek om dit skriftelik in te dien by die Registrateur van Aktes: Wes-Kaap te Kaapstad, 4de Vloer, Inligtingstoonbank, Riebeekstraat 2, Foreshore, Kaapstad, binne twee weke vanaf datum van publikasie van hierdie kennisgewing.
Gedateer te WORCESTER op 29 Januarie 2026.
SCHUR MARAIS DU PLESSIS PROKUREURS
C DU PLESSIS
Riebeeckstraat 39, Worcester, 6850
E-pos: deeds2@smdlaw.co.za
Tel. (023) 347-0807

CERES Toerisme is tans besig om ’n 2026 Kalender vir die Witzenbergstreek saam te stel en nooi alle organisasies en organiseerders uit om hul beplande geleenthede, gesellighede en funksies aan die toerismekantoor deur te gee. Dit sluit in sportgebeurtenisse, kultuur, gemeenskap- asook mark en spesiale geleenthede. Stuur inligting na info@ceres.org.za
Dit is belangrik om die streek se datums te koördineer en sal help dat groot geleenthede nie oorvleuel sodat elke geleentheid die maksimum ondersteuning kry wat dit verdien. Enige navrae kan aan die Ceres toerismeburo by (023) 316-1287 gerig word.

VERANTWOORDELIKHEDE, MAAR NIE BEPERK TOT:
•Totale rekeningkundige funksie & prosesse, kontrole & beheer
•Maandelikse bestuurstate & kosteberamings
•Debiteure & Krediteure
•Hantering van kontantvloei beplanning
•Boekhouding & voorbereiding van proefbalans vir finansiële state
•Byhou & opstelling van jaarlikse begrotings
•Opstel & indiening van maandelikse BTW-opgawes
•Salarisadministrasie (insluitende EMP501 rekonsiliasies)
•Vergoedingskommissaris
•Ad hoc plaasadministrasie & kantoorondersteuning
•Bystand aan direkteure met admin
AKADEMIESE VEREISTES EN ONDERVINDING:
•Toepaslike tersiêre kwalifikasie (BCom + voltooide klerkskap)
•3 - 5 Jaar ondervinding
•Kennis & ervaring van MS Office (spesifiek Excel), Xero, Farm Costing (Crest Payroll) sal in u guns tel
•Uitstekende kommunikasie- & rekenaarvaardighede
•Taak-, stelsel- & detail georiënteerd
•Moet uiters akkuraat, analities kan dink & onder druk werk
•Op hoogte bly van nuutste toepaslike wetgewing
AANSOEK (INSLUITEND CV & SALARISVERWAGTING) KAN
GESTUUR WORD NA: admin2@wadrif.com
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 16 Februarie 2026.
INDIENSNEMINGSDATUM: 1 April 2026
Slegs kortlys kandidate sal gekontak word. Werwingsprosedures voldoen aan die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (4 van 2013)(POPI).

DIE jaarlikse Ceres Superspar klubkampioenskappe sal vanjaar op 28 Maart plaasvind. Spelers kan inskryf vir die A-, B- of Cafdeling oor 36 putjies (houespel). Die D-afdeling sal oor 18 putjies beslis word (stableford). Koste beloop R480 vir 36 putjie en R275 vir D-afdeling spelers. Inskrywingsgeld sluit twee etes in.
HUIS Disa bied ‘n potjiekos komepisie aan op 16 Mei. Vir navrae of om in te skryf, skakel (023) 230-0245 of stuur ‘n e-pos na admin. huisdisa@acvv.org.za
BELANGSTELLENDES wat ‘n pelgrimstoer na Israel wil meemaak, kan pastoor Nico Mettler skakel by 060-559-1708 of per e-pos by mettnico@gmail.com. * Die toerdatum is 10 tot 17 Mei 2027
MUNISIPALE swembaddens is vanaf 1 November 2025 oop. Dennebos is oop vanaf 08:00 tot 19:00 en toegang beloop R99 vir dagbesoekers. Toegang by die Eiland, Bella Vista, P.A. Hamlet, Montana en Witzenville swembaddens beloop R10 vir volwassenes en R1 per kind.
DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring van klein funksies en werkswinkels/opleiding. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 312-2045 of stuur ‘n e-pos na togryersmuseum@gmail.com

‘n OUD Ceres-inwoner se verhoor gaan Meimaand in die George streekhof voortgesit word.
Riaan Barnard (44) verskyn in die George streekhof op ‘n klag van aanranding van sy pa, Phillipus Barnard (82). Die voorval het tussen 4 en 5 Maart 2024 plaasgevind tydens ‘n onderonsie.
Barnard het na bewering ‘n stoel onder sy pa uitgeskop, hom met sy skouer gestamp en hom gedreig. Hy is kort daarna inhegtenis geneem en later in Mei 2024 op borgtog van R1 000 vrygelaat.
Die verhoor gaan op 7 Mei voortgesit word.
Die polisie ondersoek nog ‘n voorval wat in Januarie 2024 plaasgevind het. Dié klagte is reeds by die aanrandingsklag gevoeg.
Nog ‘n aanrandingsklag is November 2025 by George SAPD geregistreer wat later na die DOV verwys is vir ‘n beslissing.
Witzenberg munisipaliteit

DIE Witzenberg munispaliteit se rekenaarstelsel is nog nie ten volle herstel nadat dit twee weke gelede die teiken was van ‘n georganiseerde kubermisdaadorganisasie se kuberaanval.
Daar is steeds departemente wat nie hul rekenaars mag aansit nie of wat geen e-posse ontvang nie.
Die kredietbeheerafdeling en die tegniese departement is van die departemente wat die ergste deur die aanval geraak is.
Internetmisdadigers het op Sondag 18 Januarie probeer om toegang tot munisipale stelsels te verkry en die munisipaliteit af te pers. Dit was die eerste keer dat die munisipaliteit die slagoffer is van kuberafpersing.
Nadat die munisipaliteit se Inligting- en Kommunikasietegnologiespan (IKT) van die voorval bewus geword het, het hulle onmiddellik sekuriteitsprotokolle geaktiveer om moontlike en verdere skade te beperk en te bestuur. ‘n Klag van afpersing is by Ceres speurders aangemeld wat die dossier na die Valke se kubermisdaad ondersoekspan gestuur het vir verdere ondersoek.
Vir enige diensverwante navrae of dringende hulp, skakel die 24/7 noodbeheersentrum by (023) 492-0181/2 of (023) 316-1854.
Waarskuwing
Kubermisdadigers maak staat op mense se naïwiteit en gebrekkige rekenaargeletterheid om hulle in te loop. ‘n Plaaslike IT-kenner het die week gesê dat ondernemings en organisasies met ‘n paar eenvoudige stappe moet begin om hulself te beskerm.
•Goeie rugsteun (backups) moet in plek wees.
•Moenie verdagte e-posse van onbekende adresse oopmaak nie. Daar is gewoonlik sagteware of aanhangsels wat geaktiveer word as jy daarop kliek. Van die nuutste is spoedboetes van Enatis, banke se
bedrogafdelings wat sekere inligting wil bevestig en Microsoft wat sê daar is fout met jou sagteware. As jy nie vir ‘n kompetisie ingeskryf het nie - hoe kan jy dan iets wen?
•Verander gereeld of elke ses maande wagwoorde. Moet nie wagwoorde gebruik met persoonlik inligting in nie - dit maak dit baie maklik vir die kuberskelms om te ontsyfer. Daar is sagteware soos 1Password en LastPass om wagwoorde te stooren jou te help om dit te onthou.
Verlede jaar was ‘n paar privaat ondernemings en plase in die Witzenbergstreek slagoffers van soortgelyke afpersing.

‘n OUDWERKNEMER van ‘n myn in die Noordwes provinsie wat ‘n tyd lank op Ceres gewoon het en wat oor ‘n lang tydperk meer as R1 miljoen by die myn gesteel het, het verlede Woensdag nie by die Rustenburg streekhof opgedaag nie.
Volgens ‘n hofpersoneellid is ‘n lasbrief gemagtig maar dit word oorgehou tot Alicia Gwynathon (Gwynnie) Cunningham (35) se volgende verskyning.
Die saak is tot 25 Mei uitgestel. Ondersoek
Die Valke en die SAPD handelsmisdaadeenheid, het sedert 2019 twee oudwerknemers van Sitona Mining ondersoek nadat hulle oor ‘n lang tydperk meer as R10 miljoen gesteel het. Een van die vrouens is in Februarie 2024 skuldig bevind en gevonnis op 126 aanklagte van nagenoeg R9.3 miljoen. Sy is tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis.
Die tweede persoon wat aangekla is van diefstal en bedrog van meer as R1 miljoen, is die 35-jarige Cunningham.
Sy het vir ‘n tyd op Ceres en De Doorns gewoon en gewerk maar bevind haar iewers in die Worcester-omgewing. Cunningham, wat uit is op R15 000 borgtog, moes Woensdag 28 Januarie in die streekhof op Rustenburg verskyn het.
Die streekhoflanddros wou na die November-verskyning eers uitsluitsel gekry het oor sekere aspekte om ‘n voorverhoor- en verhoordatum vas te stel.
Die saak is toe na Januarie uitgestel sodat Cunningham met ‘n prokureur of regshulp kon konsulteer.
Dit is onseker of dié konsultasies wel plaasgevind het.
Agtergrond
Cunningham is in Junie 2022 saam met Dinah Dorothea Botes (42) deur die Noordwes Valke en die SAPD se gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid gearresteer weens die diefstal van meer as R10 miljoen. Die misdade is tussen 2014 en 2019 by die Sitona mynmaatskappy naby Rustenburg gepleeg waar die vroue in die rekeninge-afdeling werksaam was.
Cunningham het na bewering dieselfde metodes as Botes gebruik om meer as R1 miljoen na haar persoonlike bankrekening oor te plaas. Sy is aangekla van diefstal en bedrog asook oortredings van die Paia-wet op die opbrengs van misdaad en die konfiskering van bates wat deur kriminele aktiwiteite verkry is.

‘n GEWESE werknemer van ‘n mynmaatskappy op Rustenburg (Noordwes), Alicia Gwynathon (Gwynnie) Cunningham (35), het verlede week nie by die Rustenburg streekhof opgedaag nie.
NS: Verlede jaar het Cunningham die Ceres landdroshof genader om ‘n teisteringsbevel teen die skrywer te probeer bekom om beriggewing oor haar hofsaak te keer. ‘n Finale uitstelversoek is deur die landdros toegestaan tot April 2026 nadat Cunningham weens persoonlike redes nie opgedaag het nie. Die voorlopige aansoek met bewerings moet egter bewys word alvorens die hof so ‘n aansoek kan oorweeg.




DIE streekhofverhoor van ‘n jong vrou wat na bewering haar vriend in 2024 vermoor het, is tot 5 Februarie uitgestel.
Ashleigh Fortuin (26) word daarvan aangekla dat sy haar vriend, Shane Scholtz (22), ‘n belowende rugbyspeler van Ceres, in Junie 2024 vermoor het.
Scholtz van die Rooikamp-woonbuurt op Ceres, is dood nadat hy na bewering deur Fortuin met ‘n mes in die nek gesteek is. Die voorval het op Saterdag 1 Junie 2024 omstreeks 23:55 plaasgevind tydens ‘n stryery tussen Scholtz en Fortuin.
Na die voorval, is Scholtz na Ceres hospitaal gehaas waar hy ure later oorlede is.

‘n VROU (62) verskyn in die Ceres landdroshof weens die moord op ‘n 51-jarige man.
Kerneels Steenkamp het verlede naweek gesterf nadat hy met ‘n mes gesteek is.
Die polise is Sondag 18 Januarie omstreeks 18:40 na die moordtoneel by die rioolplaas naby Rooikamp ontbied waar hulle Steenkamp aangetref het waar hy dood op
die grond lê. Volgens ‘n ooggetuie was daar blykbaar ‘n argument tussen Steenkamp en die beskuldigde, Hendriena Sekels (62).
Sekels is deur die polisie gearresteer.
Sy het weer Dinsdag 3 Februarie in die Ceres landdroshof verskyn.
Die saak is uitgestel tot 2 Maart vir ‘n borgaansoek.
Sekels bly in aanhouding.

Saak word uitgestel
‘n BEJAARDE vrou van Bella Vista se moordverhoor is tot 11 Maart uitgestel. Elizabeth Sagarias verskyn in die Ceres streekhof weens die moord op Denrico Jensel (25) in 2023.
Volgens die polisie het die voorval op Saterdag 18 Maart 2023 in Vygiesingel plaasgevind. Die polisie het die liggaam van Jensel in die straat gevind met ‘n oop wond in sy bors. Hy is op die toneel dood.
Sagarias is kort na die voorval gearresteer en later op R500 borg vrygelaat.
REËLINGS vir ‘n groot fondsinsamelingspoging vir 61MVV se gestremde veterane tydens die Cape Town Cycle Tour, vorder goed met meer as 30 fietsryers wat op 8 Maart deel gaan wees van die groep fietsryers wat Anton van Rooyen die volle 108km met ‘n spesiaal toegeruste waentjie gaan sleep. Van Rooyen het beide sy bene verloor. Pierre de Jager van Ceres lei die insamelingspoging en sal soos verlede jaar weer die waentjie aan sy fiets hak. Die ander deelnemers sal help om die waentjie tot by die eindpunt te stoot. In 2024 het drie fietsryers deelgeneem aan die projek, in 2025 het 8 fietsryers gehelp en vanjaar is daar meer as 30 fietsryers. Die mikpunt is om R100 000 in te samel. * Terselfdertyd is daar ook ‘n BackaBuddy veldtog geregistreer vir Cordré Smith van Matroosberg om met kostes vir ‘n dringende hartoperasie te help. Indien inwoners ook hier ‘n afsonderlike bydrae wil maak, kan hulle https://www.backabuddy.co.za/campaign/we-ride-for-cordre besoek. Inwoners kan donasies gee vir gestremde veterane en dit in 61MVV se rekening: 61 Mech Battalions Group Veterans Association, Standard Bank, 006305, rekening no. 003293661 met verwysing CTCT 26 in-betaal.
2024/2025 JAAR- EN OORSIGVERSLAG
Kennis geskied hiermee ingevolge artikel 129(3) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet No. 56 van 2003) 2024/2025 dat die finale Jaarverslag en Oorsigverslag aan die Raad voorgelê is op 28 Januarie 2026 en deur die Raad aanvaar is.
Die gemelde dokumente is elektronies ter insae by die Munisipale Kantore, Openbare Biblioteke asook op ons webtuiste: www.witzenberg.gov.za
2024/2025 ANNUAL REPORT AND -OVERSIGHT REPORT
Notice is given hereby in terms of Section 129(3) of the Local Government: Municipal Finance Management Act, 2003, (Act No.56 of 2003) that the final 2024/2025 Annual Report and -Oversight Report was tabled and were accepted by Council on 28 January 2026.
Abovementioned documents are electronically available for public inspection at the Municipal Offices, Public Libraries and on the municipal website: www.witzenberg.gov.za
INGXELO YONYAKA -NENGXELO YOHLOLO KA2024/2025
Esisaziso sikhutshwe ngokubhekiselele kwiCandelo 129 (3) looRhulumente base
Khaya: ngokoMthetho woLawulo lwezeMali kuMasipala, ka2003 (umthetho wama (56 ka2003) ukuba ingxelo yonyaka -nengxelo yohlolo ka2024/2025 ithiwe thaca etafileni yaze yamnkelwa liBhunga ngomhla wama 28 kweyoMqungu 2026. Lamaxwebhu akhankanywe ngentla akhona kwii-Ofisi zikaMasipala, kuMathala eNcwadi nakumnathazwe kaMasipala ukuze ahlatywe amadlala luluntu: www.witzenberg.gov.za
D. NASSON
MUNISIPALE BESTUURDER
MUNICIPAL MANAGER
UMLAWULII-MASIPALA
Voortrekkerstraat 50, Ceres, 6835 50 Voortrekker Street, Ceres, 6835


THE start of a new year is the perfect time to form habits that make a real difference.
That’s why the Western Cape Blood Service (WCBS) is encouraging all current donors, potential donors and those who haven’t donated in a year or more (known as lapsed donors) to begin 2026 with purpose by making blood donation part of their New Year’s resolution. Every year, thousands of patients across the province rely on donated blood. Whether it’s for surgery, cancer treatment, childbirth or trauma care, the need is constant and the demand for new donors is growing. To inspire long-term commitment, WCBS has launched its 2026 Commitment Campaign as part of this month’s theme: Share the Gift of Life
"The campaign encourages both new and existing donors to make blood donation a regular habit, rather than a once-off act. Starting the year with a commitment to donate blood is more than a resolution it’s a promise to save lives, not just once, but all year long," says Marike Carli, Public Relations Manager at WCBS. As part of the campaign, donors who commit to giving blood at least four times in 2026 will receive a limited-edition WCBS coffee plunger and mug as a token of appreciation. In 2026, WCBS aims to have at least 72 000 active blood donors across the Western Cape a target that could help save more than 216 000 lives, as one unit of blood can save up to three people. A key focus this year is on attracting 15 500 first-time donors, who are essential to building a resilient blood supply for the future. In 2025, WCBS collected 174 989 units of blood and welcomed 14 179 new donors, thanks to the generosity of communities across the province. If you are between 16 and 75 years old, weigh 50kg or more, are in good general health and lead a safe sexual lifestyle, you may be eligible to donate. The donation process takes only 30 minutes, but its impact can last a lifetime. To find your nearest donation clinic, visit www.wcbs.org.za or contact WCBS via WhatsApp at 060 549 7244

Boland Hospice have NURSING STAFF vacancies available at Worcester and Ceres
PROFESSIONAL NURSE
as a Home Based Care Coordinator in Breede Valley, Worcester from 1 April 2026
Minimum requirements:
•Registered with SA Nursing Council (SANC) as Registered Nurse
• Valid Driver’s License
Key performance areas:
•Leading a team of Health Workers in the community
•Networking with Primary Health Care
Facilities
•COPC approach and services at Wellness Hubs within the community
•Monday to Friday work-week
•Administration & Supervision duties
ENROLLED (STAFF) NURSE
as a Shift Leader at Transitional Care Facility based in Ceres from 1 April 2026
Minimum requirements:
•Registered with the SA Nursing Council (SANC) as an Enrolled Nurse
• Previous Working Experience in Palliative Care will be an advantage
Key performance areas:
•Part of an Multi-Disciplinary Team
•Running a shift of staff within a 10 bed ward
•Working according to a shift roster
Send CV and proof of SANC registration no later than 20 February 2026 to: hr@bolandhospice.org
If you have not received response within 2 weeks from closing date, your application was most likely unsuccessful. Only shortlisted candidates will be contacted.


Verantwoordelikhede:
•Skakelbord; •Administasie van bestellings; •Ondersteuning aan tegnieseen verkoopspersoneel.
Vereistes:
•Graad 12 met rekenaarvaardigheid (Sage Pastel) is verpligtend;
•Moet Afrikaans en Engels gemaklik praat, lees en skryf;
•Moet beskik oor goeie interpersoonlike vaardighede; •Opdragte en take moet noukeurig uitgevoer kan word; •Geskikte persoon moet gefokus en goed onder druk kan werk en bereid wees om ekstra ure te werk.
Sluitingsdatum: 20/02/2026
Lewer of stuur CV’s aan: helene@spilhausceres.co.za
Voortrekkerstraat 150, Ceres
Indien u geen terugvoering ontvang binne 14 dae na die sluitingsdatum, was die aansoek onsuksesvol
EEN van die mans wat ‘n werknemer van Pep in 2023 van duisende rande beroof het, is einde Desember buite Ceres doodgeskiet.
Kamva Gqalaqha (25), is skaars twee dae na sy 25ste verjaarsdag op 21 Desember verlede jaar doodgeskiet toe hy en sy meisie omstreeks 01:30 van ‘n taverne in Phumlastraat, Nduli gestap het. ‘n Paar skote is op Gqalaqha geskiet voordat twee onbekende mans van die toneel gevlug het.
Gqalaqha was sedert Julie 2024 op borgtog van R2000 uit. Die polisie ondersoek ‘n moordklag. Roof in 2023
Twee mans, Ebrahim Dwaba (25) en Gqalaqha is vinnig vasgetrek na ‘n gewapende roof op 23 November 2023. ‘n Werknemer van Pep was op pad om geld by Standard Bank op Ceres te gaan bank toe sy deur dié twee verdagtes van nagenoeg R66 000 beroof is. ‘n Gewapende man wat later as Kamva Gqalaqha geïdentifiseer is, het haar voorgekeer en beroof.
DIE saak teen ‘n man wat daarvan aangekla is dat hy ‘n man (42) voor ‘n kafee in Bella Vista doodgeskiet het, is uitgestel oor die ondersoekwerk nog nie afgehandel is nie.
Daar is ook nog getuieverklarings uitstaande.
Virgel Samson (42) is vyf maande gelede op 14 Augustus omstreeks 19:20 voor ‘n kafee in Duikerweg doodgeskiet kort nadat hy uit dié winkel na sy bakkie gestap het.
Keenan Hantam (24) staan tereg in die Ceres landdroshof nadat hy na bewering vir Samson geskiet het.
Die saak is tot 28 Mei uitgestel.
Ander sake
Hantam, wat ten tye van die Samson-moord uit op borgtog was, staan saam met twee ander mans, Edwill Johannes (30) en JeanPierre Appollis (21), tereg in die Ceres streekhof op klagtes van aanranding om ernstig te beseer en moord.
Hulle het ‘n man op 29 Maart 2024 met ‘n klip gegooi, hom geslaan en geskop en toe met ‘n mes gesteek. Die polisie het hulle kort na die moord gearresteer.
Beide Johannes en Hantam is op 22 Mei 2024 op borgtog van R2 000 vrygelaat terwyl Appollis in aanhouding bly by Worcester gevangenis.
Die saak is na 23 April 2026 vir verhoor uitgestel.
Onwettige besit van vuurwapens
Antonio Lintnaar (45) is Augustus 2025 weens die besit van dié wapens en ammunisie in hegtenis geneem. Die saak is tot 23 April 2026 uitgestel. Lintnaar is tans uit op R2 000 borg.
Na die dood van Samson het die polisie inligting opgevolg en op ‘n huis in Bella Vista toegeslaan wat as stoorplek gebruik is om vuurwapens te versteek. Daar het hulle op 5 handwapens beslag gelê wat begrawe was. ‘n Dag later is nog twee handwapens en meer as 600 rondtes ammunisie in ‘n badkamer by dieselfde adres gekry.
Misdaadintelligensie sowel as ballisties moet nog vasstel of van die wapens gesteel is en of dit met ander misdrywe verbind kan word. Die twee handwapens wat gekry is, behoort blykbaar aan ‘n plaaslike inwoner en is nie as gesteel aangemeld nie.
Dié verwikkeling vorm deel van die polisieondersoek.
Na dié roof het die mans in ‘n wit Colt bakkie weggejaag. Op die hoek van Zulch- en Cilliersstraat naby Vilco, het Gqalaqha en Dwaba teen ‘n Toyota bakkie gebots. Gqalaqha het uitgespring en weggehardloop. Die vrou wat hulle beroof het, se handsak is later in die bakkie gekry. Die polisie het die bestuurder van die bakkie, Ebrahim Dwaba, wat vrugte in Munnikstraat gesmous het, op die toneel gearresteer. Hy het ook eers probeer weghardloop maar is deur omstanders op die toneel gehou. Van die gesteelde geld is later by Gqalaqha teruggevind. USave-roof op Wolseley Dwaba, wat ten tye van die USave-roof uit was op R2 000 borg, is gearresteer kort nadat hy na bewering saam met vier ander mans die USave drankwinkel op 29 September 2025 beroof het.
Dwaba verskyn saam met Xolisile Richard Makumsha (42), Sabata Kutana (39), Sinethemba Funani (38) en Sandico Sokhetye (31) in die hof. Die mans het op 3 Februarie in die Wolseley landdroshof verskyn. Geen uitsteldatum is nog ontvang nie.


Drie mans se verkragtingsverhoor
DRIE mans wat sedert 2023 tereg gestaan het op aanklagte van verkragting van ‘n 9jarige meisie, se saak moet nou voor ‘n nuwe landdros aangehoor word.
‘n Nuwe streeklanddros moet die verhoor behartig nadat die vorige landdros, een van die mans se pleitooreenkoms en ligte straf, verwerp het. Reginald van Wyk (31), het vroeër tot ‘n 5 jaar gevangenisstraf vir die ontvoering ingestem.
Jemeal Goeieman (21) word saam met sy oom, Saul Goeieman (45) en Van Wyk aangekla van die 9-jarige meisie se verkragting in Desember 2022.
Die saak is na 13 Februarie uitgestel.
Agtergrond
Die drie mans is kort na dié voorval op 15 Desember 2022 deur lede van die Ceres
polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), gearresteer. Die voorval het omstreeks 23:45 in die Bo-Swaarmoed omgewing plaasgevind. Hulle is sedert hul arrestasie in aanhouding terwyl die saak voortduur. Hulle borgaansoek was destyds onsuksesvol.
Ander saak
Dieselfde meisie, nou 13, was in April 2025 vir die tweede keer die slagoffer van verkragting of seksuele geweld. Drie verdagtes, ‘n 59-jarige man van Nduli en twee vroue van 28 en 44 jaar oud, bly in aanhouding. Die saak is na 15 Mei 2026 uitgestel. * Volgens die strafproseswet kan dié verdagtes eers geïdentifiseer word sodra hulle gepleit het.



(023) 316-2021 l info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)




- 2026/01/26




IN FRAMING ART, CERTIFICATES








Electrical
regassing
St., Ceres ☎ (023) 312-1254
(023) 312-1274
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276.
Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie. Matt. 25:13

ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: • Mansklere en -skoene • Skoolklere • Handdoeke • Breekgoed






REVENTING cervical cancer begins long before adulthood and one of the most effective tools we have is the HPV immunisation.
From 2 February to 27 March, school health nurses from the Western Cape Department of Health and Wellness will visit public schools to offer a single dose HPV vaccine, at no cost, to Grade 5 girls aged 9 years and older.
By supporting this programme, parents and caregivers can help ensure that today’s girls grow into adults who are better protected against one of the most preventable cancers affecting women.
Why cancer prevention starts now
Cervical cancer remains one of the most common cancers in South Africa, but it is also highly preventable. Most cases are caused by the human papillomavirus (HPV). The HPV immunisation (vaccine), given in early adolescence, helps stop these infections long before they can cause harm. Immunising at this age is recommended worldwide because children have a strong immune response, making the vaccine most effective now.
Families across the Western Cape have trusted this immunisation programme since its introduction in 2014.
From the start of the HPV immunisation campaign in 2014 up to the first round of 2025, a total of 407,070 girls in public, independent/private and special schools received at least one dose.
Parents and caregivers: Our most important partners
Your permission and support are crucial in making this campaign possible.
School health nurses will only immunise young people with completed consent forms. We encourage parents to read the form, ask questions and to return the signed form to your child’s school. We understand that parents want clear, trustworthy information when making decisions for their children. Our school health teams are here to guide you every step of the way.
Rebuilding strong immunisation habits
The past few years disrupted many families’ routine healthcare following the pandemic.
This campaign helps ensure that children do not miss out on essential protection. Reaching as many girls as possible strengthens longterm community wellbeing and brings us closer to reducing cervical cancer in future generations.
What parents can do
- Look out for the HPV consent form from school.
- Review and sign it.
- Return it to your child’s school.
- Contact your clinic or school health team with any questions.
By taking this step, parents and caregivers help build a healthier future for our girls, one where cervical cancer is far less common. If you have any questions or concerns, please speak to your school health nurse or a healthcare worker at your nearest clinic.

Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke!
Louw-Marie 083-634-8068 louwmarieshepherd8@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres
DD DAMES-TAMES-T AMES-TAMES-T AMES-TOPS SLEGS R20 OPS OPS (Ingang in Lyellstraat oorkant Ceres Cycles)
Ma - Vry:09:00 - 16:00 Sat:GESLUIT






BEN Versfeld van Laerskool F.D. Conradie het op 31 Januarie aan die Weskus kwalifiserende gala op Langebaan deelgeneem. Ben het uitgeblink in die swembad en eerste plekke in die 50m vryslag, 100m vryslag en 200m vryslag behaal. Hy het ook ‘n tweede plek in die 100m borsslag behaal asook ‘n derde plek in 200m borsslag, ‘n vierde plek in die 50m borsslag en ‘n vyfde plek in die 50m vlinderslag.
DIE derde rondte van Dutoit Agri se gewilde ses nasies rugby- en netbaltoernooi is Saterdag 31 Januarie op Kromfontein aangebied. Die kompetisie het nou die halfpadmerk bereik.
Die jongste puntestand toon watter landgoedere tans die toon aangee in hierdie trotse plaaslike tradisie. Paardekloof is tans voor op die rugby punteleer te danke aan hulle kragspel, dissipline en samespel. Die speler van die wedstryd, Chile Nikani, het met sy uitstekende spel die momentum vir sy span vasgevang en hul heerskappy op die ranglys verstewig.
Aan die netbalkant is dit Kromfontein wat op die baan oorheers. Hul gestruktureerde spel en onwrikbare fokus het hulle bo-aan die punteleer geplaas.
Emmerencia Louw van Lindeshof, is aangewys as speler van die wedstryd. Sy het met haar presiese balhantering en vasberadenheid.
‘n groot rol in die uitslag gespeel.
’n Hoogtepunt van die Dutoit ses nasies rugby- en netbaltoernooi is die jaarlikse eerbewyse. Aan die einde van die seisoen word vier gesogte wisseltrofeë oorhandig: Een aan die spelers van die toernooi in elke sportkode en een aan die wenner-landgoedere in onderskeidelik netbal en rugby. Hierdie trofeë beklemtoon nie net individuele uitnemendheid nie, maar ook spanprestasie en landgoedtrots.
Die aksie hervat op 7 Februarie wanneer Nooitgedacht die volgende wedstryde aanbied.

SWEMMERS van Charlie Hofmeyr en lede van die BRAVE swemklub, het op 31 Januarie aan die Weskus kwalifiserende gala op Langebaan deelgeneem. Die swemmers verbeter hul tye merkwaardig en dié swemmers behaal top 3 plekke. VLNR: Marius Burmeister (tweede in 50m borsslag en derde in 50m vryslag), Zak Burmeister (derde plek in 100m vlinderslag), Helena Rooken-Smith (derde plek in 200m vryslag), Natasha van der Berg (afrigter), Eben de Jager (derde plek in 50m borsslag, tweede plek in 200m borsslag, derde plek in 50m vlinderslag en ‘n tweede plek in 100m borsslag) en Wilan van der Berg (derde plek in 50m borsslag, tweede plek in 200m borsslag en ‘n derde plek in 100m borsslag).





DIE derde rondte van Dutoit Agri se gewilde ses nasies rugby- en netbaltoernooi is Saterdag 31 Januarie op Kromfontein aangebied.

‘n SUNDOWNER kompetisie geborg deur Ceres Superspar, is Vrydag 30 Januarie op Ceres aangebied. Johan du Toit (foto) was die wenner met 19 punte. De Villiers Herholdt was in die tweede plek gevolg deur Connie Malherbe. Beide het 17 punte aangeteken in die 9-putjie kompetisie.
‘n Vakature is beskikbaar vir ‘n gekwalifiseerde Rekenmeester in ons Ceres (Wes-Kaap) fasiliteit. Hierdie geleentheid sal ideaal wees vir ‘n persoon wat goed in ‘n span funksioneer, ‘n positiewe ingesteldheid het, wat onder druk kan werk en opdragte akkuraat en binne tydsraamwerke kan afhandel, met die nodige rekeningkundige insig, vaardigheid en vermoë.



Aansoeke sal slegs oorweeg word indien dit ingedien word via die onderstaande skakel/QR kode: Vir verdere navrae, skakel asb. vir Sharon Olivier by (023) 004-0064 of 081-824-3112 tydens kantoorure

•B. Com graad, in finansiële en/of bestuursrekeningkunde met verkieslik voltooide klerkskap; •Werkende kennis van IFRS for SME’s, inkomstebelasting en BTW; •Rekenaarvaardig in Microsoft Office; •Google Workspace, ACCPAC, Draftworx en rekeningkundige sagteware; •Ondervinding in boerdery rekeningkundige praktyke en belasting.
•Stel daaglikse & maandelikse transaksies akkuraat & tydig te boek op die nodige sagteware; •Byhou van alle nodige registers; •Doen maandelikse en jaarlikse rekonsiliasies; •Indiening van die nodige opgawes aan SARS; •Voorbereiding en verspreiding van maandelikse / kwartaalikse en jaarlikse resultate; •Opstel van begrotings; •Voorbereiding vir jaareind oudits, insluitend opstel van finansiële state.
SLUITINGSDATUM: 15 FEBRUARIE 2026


Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.



THE 2026 Momentum Medical Scheme Tankwa Trek, presented by Biogen, is South Africa’s flagship four-day UCI stage race. It boasts S1 Union Cycliste Internationale status and a deep field of fiercely competitive age-category racers, alongside one of the most formidable elite start lists on the local cycling calendar. Such is the strength of South and Southern African mountain bikers at present, that even the attendance of the reigning European Marathon Champion does not knock the locals from the top of the favourites list. The race gets underway on Thursday, 5 February. The race is famous for the rugged and rocky terrain it covers, as well as the inclusion of the biggest climb in South African mountain biking - the Merino Monster. Measuring 20 kilometres long, from the Ceres Valley floor to the summit of the mountain, the Monster challenges with 1 000 metres of elevation gain. The final 8 kilometres average 8.8% and have often proved decisive in the battle for the overall titles. Beyond the massive climb, the trails of the Witzenberg Valley on Stage 2 are not to be underestimated, while Kaleo’s everexpanding network of singletracks provides many of the technical tests for stages 1 and 4. * PHOTO: Chloë Bishop from Ceres and Stephanie Wohlters (Graaf Fruit/De Grendel -team) form part of the top 10 Elite women teams that will be in action.

DIE pa en seun kombinasie van Carel sr. en Carel jr. Matthee, was die wenners van Ceres gholfklub se sametelling syfer plus kompetisie.
Die Matthees het met ‘n telling van +5 gewen. Christo Strydom en Michiel Herholdt was tweede met -2 gevolg deur Willie van Heerden en Anton Nieuwoudt met -5.
Bjorn Zimri en C. Faroa was in die vierde plek, ook met -5 en BJ Claasen en Simon Molaza in die vyfde plek met -6. Februarie kompetisies
Die volgende kompetisies word Februariemaand
beplan. Op 14 Februarie word ‘n enkel stableford kompetisie aangebied, op 21 Februarie ‘n beterbal stableford kompetisie en op 28 Februarie ‘n 4-bal beterbal stableford sametelling kompetisie. Op Vrydag 27 Februarie vind die jaarlikse Lions gholfdag plaas. Sundowner kompetisie
Die kompetisie geborg deur Ceres Superspar, is Vrydag 30 Januarie op Ceres aangebied. Johan du Toit was die wenner met 19 punte. De Villiers Herholdt was in die tweede plek gevolg deur Connie Malherbe.

CHARLIE Hofmeyr het onlangs hul jaarlikse Interhuis atletiekbyeenkoms aangebied. Hier is die bekerwenners afgeneem. VLNR: Ruben Giliomee (junior victor ludorum), Luhann Flores (senior victor ludorum), Daniël van Deventer (beste veldatleet), Bokang Mofokeng (wit-span verteenwoordiger met geesbeker), Helen du Toit (senior victrix ludorum en beste baanatleet), Morthon Meswanie (beste 800 meter atleet) en Mieke Eygelaar (junior victrix ludorum). * Tydens die byeenkoms is talle rekords verbeter. Ruben Giliomee verbeter die 100 meter hekkiesrekord na 14.97, Lian Visser (diskusrekord 39.58m), Daniël van Deventer (gewigstoot 15.84 meter en diskus 47.72m), Shandley Burrows (hoogspring - 2.00m), Helen du Toit (nuwe rekords opgestel in 200m - 26.87, 400m - 1:02.10 en 400m hekkies 1:07.66), Wackeim Baron (200m - 22.68) en Dirk Louw (spiesgooi - 42.96m). Die geesbeker is deur die Wit-span verower en die Blou-span het die byeenkoms gewen.

Posisie Landgoed / KlubGespeel