Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.29 no.3 (Online Weergawe)

Page 1


Munisipaliteit die teiken van 'n kuberaanval

DIE Witzenberg munispaliteit was ‘n week gelede die teiken van ‘n georganiseerde kubermisdaad-organisasie se kuberaanval op hul rekenaarstelsels. Met die kuberaanval het internetmisdadigers probeer om toegang tot munisipale stelsels te verkry en die munisipaliteit af te pers. Alhoewel dit die eerste keer is dat die munisipaliteit die slagoffer is van kuberafpersing, kon hulle sekuriteitsprotokolle implementeer.

Berig op bladsy 3

Polisie kry man se liggaam in pas

‘n UBER bestuurder (57) van Boston, se liggaam is Woensdagoggend by die eerste uitkykpunt onderkant die Tolhuis, in Michellspas gekry.

CERES Crusaders is as die solo-wenner en algehele wenner van die Cape Winelands Kersfees korekompetisie aangewys wat Sondag 25 Januarie op die Rooikamp sportgronde aangebied is. Ses kore het aan die kompetisie deelgeneem.

DIE Saronsberg kompetisiewenner is einde Desember aangewys. Dolly Botha woon in die Koue Bokkeveld het onlangs haar lekker prys in ontvangs gaan neem by dié wynkelder op Tulbagh.

TOONBANKKLERK

Vereistes: •Graad 12 met verkoopservaring

•Geldige bestuurslisensie

•Moet goed rekenaarvaardig wees, kennis van Sage Pastel voordelig

•Moet Afrikaans en Engels gemaklik praat, lees en skryf

•Moet beskik oor goeie interpersoonlike vaardighede

•Opdragte en take moet noukeurig uitgevoer kan word

•Geskikte persoon moet goed onder druk kan werk en bereid wees om lang ure te werk.

Sluitingsdatum: 10/02/2026

Lewer of stuur CV’s aan: helene@spilhausceres.co.za

Voortrekkerstraat 150, Ceres

Indien geen terugvoering binne 14 dae na sluitingsdatum, was die aansoek onsuksesvol

NOTICE TO CREDITORS IN DECEASED ESTATE

In the Estate of:

SHARLEEN DULCE VERMEULEN

Id. no. 550814 0002 087

Date of death: 2025/02/02

Address: PLAAS 100, OUDE COMPAGNIES POST, TULBAGH Estate no: 0091092025

Creditors and Debtors in the above Estate are hereby required to file their claims with and pay their debts to the undersigned within 30 days from FRIDAY 30 JANUARY 2026

H. PRETORIUS ATTORNEYS

Attorney for Executor 20 Church Street, Tulbagh 6820

E-mail: hpretprok@gmail.com

Phone: 071-347-8321

Nuwe skooltasse vol skryfbehoeftes vir behoeftige graadeens

KAAPSE Forum het onlangs 21 skooltasse - gevul met skryfbehoeftes - aan De Keur se behoeftige graad 1 leerders op die plase De Keur, Rocklands, De Hoop en Leeurivier, geskenk. Die heel basiese items in ’n graad 1 leerder se skryfbehoeftetassie kan ’n ouer minstens R580 uit die sak jaag. Vanjaar se projek is moontlik gemaak deur die Virseker Trust, AfriForum, die Trust vir Afrikaanse Onderwys en PEP, wat beduidende afslag op die skooltasse en die inhoud daarvan, gegee het. Met die projek kan 400 skooltasse met skryfbehoeftes ter waarde van nagenoeg R600 elk aan hulpbehoewende leerders in die Wes-Kaap geskenk word. Hier oorhandig Bernard Pieters (Kaapse Forum se hoof van gemeenskapsaktivering) die tasse aan Elzanne Weber van De Keur.

Kubermisdadigers probeer munisipaliteit afpers

DIE Witzenberg munispaliteit was ‘n week gelede die teiken van ‘n georganiseerde kubermisdaadorganisasie se kuberaanval op hul rekenaarstelsels.

Met die kuberaanval het internetmisdadigers probeer om toegang tot munisipale stelsels te verkry en die munisipaliteit af te pers.

Alhoewel dit die eerste keer is dat die munisipaliteit die slagoffer is van kuberafpersing, was daar al ‘n paar besighede in die Witzenbergstreek wat slagoffers was van soortgelyke afpersing.

Verklaring

Kort na die voorval het die munisipaliteit ‘n verklaring op sosiale media geplaas rakende die aanval.

“Die munisipaliteit wil inwoners, besighede en ander belanghebbendes inlig dat die munisipaliteit op Sondag 18 Januarie aan ‘n kwaadwillige kuberaktiwiteit onderwerp is. Nadat die munisipaliteit se Inligting- en Kommunikasietegnologiespan (IKT) van die voorval bewus geword het, het hulle onmiddellik sekuriteitsprotokolle geaktiveer om moontlike skade te beperk en te bestuur. Die saak word nou ondersoek”.

Die munisipaliteit se IKT-netwerk het ontwrigtings ervaar, wat talle e-posse geraak het. Die munisipaliteit kan bevestig dat die finansiële-afdeling ten volle herstel is en dat alle stelsels normaalweg funksioneer.

“Die munisipaliteit kan munisipalerekeninge en betalingsgeskiedenisse verskaf

en alle betalings sonder onderbreking by die Ceres kantoor verwerk. Alhoewel sommige kommunikasiestelsels beïnvloed is, het alle munisipale dienste en nooddienste ten volle operasioneel gebly gedurende die voorval.

Die 24/7 noodbeheerkamer, brandweerdienste, wetstoepassing, verkeersdienste en reaksies op waterpypbarste, is nie ontwrig nie”.

Die munisipaliteit se Inligting- en Kommunikasietegnologiespan (IKT) werk nou saam met ’n eksterne diensverskaffer om hul stelsels weer ten volle te herstel. ‘n Klag van afpersing is by Ceres speurders aangemeld wat die dossier na die Valke se kubermisdaad ondersoekspan gestuur het vir verdere ondersoek.

Die munisipaliteit is bewus van die ongerief wat veroorsaak is en bedank inwoners, besighede en ander belanghebbendes vir hul geduld, begrip en samewerking. Die munisipaliteit bly daartoe verbind om die publiek ingelig te hou en om kuberveiligheidsmaatreëls te versterk om munisipalestelsels en munisipaledienste te beskerm.

Vir enige diensverwante navrae of dringende hulp, skakel die 24/7 noodbeheersentrum by (023) 492-0181/2 of (023) 316-1854.

Waarskuwing Kubermisdadigers maak staat op mense se naïwiteit en gebrekkige rekenaargeletterheid om hulle in te loop.

‘n Plaaslike IT-kenner het die week gesê dat ondernemings en organisasies met ‘n paar

eenvoudige stappe moet begin om hulself te beskerm.

•Goeie rugsteun (backups) moet in plek wees.

•Moenie verdagte e-posse van onbekende adresse oopmaak nie. Daar is gewoonlik sagteware of aanhangsels wat geaktiveer word as jy daarop kliek. Van die nuutste is spoedboetes van Enatis, banke se bedrogafdelings wat sekere inligting wil bevestig en Microsoft wat sê daar is fout met jou sagteware. As jy nie vir ‘n kompetisie ingeskryf het nie - hoe kan jy dan iets wen?

•Verander gereeld of elke ses maande wagwoorde. Moet nie wagwoorde gebruik met persoonlik inligting in nie - dit maak dit

TWEE vrugtesmouse is ernstig beseer toe ‘n trein wat sement vervoer het, hul bakkie getref het. Die ongeluk het Maandag 26 Januarie omstreeks 09:00 plaasgevind by ‘n kruising in Breederivier naby Seven Oaks tussen Wolseley en Slanghoek. ‘n Passasier wat agterop die bakkie met ‘n vrag geelperskes gesit het, is lig beseer terwyl die bestuurder en sy passasier ernstig beseer is. Die Skymed noodhelikopter het een pasiënt na Worcester gevlieg vir behandeling terwyl die ander insittende na Ceres hospitaal geneem is vir inwendige beserings.

baie maklik vir die kuberskelms om te ontsyfer. Daar is sagteware soos 1Password en LastPass om wagwoorde te stoor en jou te help om dit te onthou. Besighede en ondernemings sal in die toekoms baie meer versigtig moet wees en hul sekuriteit rakende e-posse en internettoegang verbeter en dit beter bestuur. Niemand is imuun teen aanvalle deur die kubermisdadigers nie. Hulle is uitgeslape en hoogs intelligent. Die kubermisdadigers gebruik wagwoorde met 256 karakters wat net geldig is vir 48 uur. Indien daar nie vinnig opgetree word en die inligting nie gestoor is op ‘n veilige plek nie, is daardie onderneming in erge moeilikheid.

‘n UBER bestuurder (57) van Boston, se liggaam is Woensdagoggend by die eerste uitkykpunt onderkant die Tolhuis, in Michellspas gekry. Die oorledene, wat vermoedelik verdrink het, se bekommerde familielede het na hom begin soek. Die motor se GPS opsporingsein is gevolg wat gewys het die voertuig staan vroegoggend in Michellspas. Met nadere ondersoek het die polisie ‘n voetpaadjie gevolg en na ‘n swempoel in die rivier gestap waar hulle sy liggaam in die water aangetref het. Geen misdaad word vermoed nie en die Opel motor waarmee hy gery het, is by die uitkykpunt gekry. Niks word uit voertuig vermis nie.

Saak teen USave-

rowers uitgestel

DIE saak teen vyf USave-rowers is tot volgende week uitgestel.

Die landdros in die saak moet uitspraak lewer in Sandico Sokhetye (31) se borgaansoek.

Die ander verdagtes van Ceres, Nduli en P.A. Hamlet, Ibrahim Dwaba (25), Xolisile Richard Makumsha (42), Sabata Kutana (39) en Sinethemba Funani (38) sal op 3 Februarie in die Wolseley landdroshof verskyn. Roof

Die roof het 29 September 2025 omstreeks 17:55 plaasgevind toe dié mans op die USave drankwinkel toegeslaan het.

Die mans het by die drankwinkel ingestap waarna een van die verdagtes, die personeel met ‘n vuurwapen gedreig het. Die mans het

twee selfone gevat asook kontant en drank voordat hulle in ‘n voertuig met ‘n vervalste CTnommerplaat, van die toneel weggejaag het. Wolseley speurders het gou leidrade begin opgevolg en vier mans vasgetrek en op twee vuurwapens in Nduli en op P.A. Hamlet beslag gelê. ‘n Vyfde verdagte is later vasgetrek. Gryp geldsak Dwaba, voorheen ‘n vrugtesmous op Ceres, was voor sy inhegtenisname uit op borgtog van R2 000. Hy staan tans tereg op klagtes van gewapende roof waar hy en ‘n medepligtige, Kamva Gqalaqha (24), ‘n werknemer van Pep van meer as R65 000 beroof het.

Die werknemer was op pad na Standard Bank om die geld te gaan deponeer. Dié verhoor is na 11 Maart 2026 uitgestel.

Verkragters se verhoor gaan op Tulbagh voort

MEER as vyf jaar nadat drie mans van Tulbagh ‘n 12-jarige meisie op ‘n plaas verkrag het, is hulle verhoor nog nie in die streekhof afgehandel nie.

Drie mans, Angelo Jordaan (37), Jan Booysen (34) en Abraham Claasen (37), wat sedert die verkragting in 2020 in aanhouding is, pleit onskuldig op die aanklagte teen hulle. Die staat het hul saak gesluit en al die getuies het getuig.

Tydens ‘n vorige verskyning het een van die mans, Abraham Claasen, beweer dat hy ‘n hoofbesering opgedoen het tydens ‘n ongeluk en dat dit sy brein aangetas het. Weens die rede is hy nie in staat om verhoor te word nie.

Hy kan eers in Valkenberg opgeneem word vir waarneming sodra ‘n bed vir hom beskikbaar is.

Die verhoor is tot 18 Februarie uitgestel.

Agtergrond

Die voorval het Vrydag 25 September 2020 na 20:00 op die plaas Remhoogte plaasgevind. Die 12-jarige slagoffer en ‘n 14-jarige maatjie het na die buurplaas gestap om aartappelskyfies te gaan koop toe hulle deur die drie mans agtervolg en in die bosse ingesleep is. Die 14-jarige meisie kon daarin slaag om weg te hardloop en hulp te ontbied.

Die verdagtes is Saterdag 26 September 2020 op Bergplaas in hegtenis geneem waar hulle gewoon het.

LANGRIVIER BOERDERY (EDMS) BPK

Posbus 73, Koue Bokkeveld, 6836 ☎ ☎ (023) 317-1503

E-pos: admin@langrivier.co.za

ASSISTENT PRODUKSIEBESTUURDER

Vrugte

Bogenoemde pos is vakant op Wydekloof plaas in die vrugteafdeling.

Die geskikte kandidaat sal oor die volgende eienskappe beskik: • Goeie interpersoonlike menseverhoudings • Goeie organisatoriese vermoëns en noulettend op detail • Goeie gesondheid • Vermoë om teikendatums te haal • Moet onafhanklik kan werk, maar spanspeler wees • Vyf jaar toepaslike bestuursondervinding en/of ‘n toepaslike naskoolse kwalifikasie.

Die pos behels kortliks die volgende onder toesig en beheer van die Produksiebestuurder : Verantwoordelik vir totale primêre produksiefunksie.

‘n Mededingende vergoedingspakket word aangebied.

Aansoeke kan gerig word aan:

Die Besturende Direkteur

Langrivier Boerdery (Edms) Bpk

Telefoon:(023) 317-1503

E-pos:admin@langrivier.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Januarie 2026

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Kandidate wat geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan hul aansoek as onsuksesvol beskou.

Ses nasies sporttoernooi sorg vir groot opwinding op Lindeshof

FINANSIëLE BESTUURDER

VERANTWOORDELIKHEDE, MAAR NIE BEPERK TOT:

•Totale rekeningkundige funksie & prosesse, kontrole & beheer

•Maandelikse bestuurstate & kosteberamings

•Debiteure & Krediteure

•Hantering van kontantvloei beplanning

•Boekhouding & voorbereiding van proefbalans vir finansiële state

•Byhou & opstelling van jaarlikse begrotings

•Opstel & indiening van maandelikse BTW-opgawes

•Salarisadministrasie (insluitende EMP501 rekonsiliasies)

•Vergoedingskommissaris

•Ad hoc plaasadministrasie & kantoorondersteuning

•Bystand aan direkteure met admin

AKADEMIESE VEREISTES EN ONDERVINDING:

•Toepaslike tersiêre kwalifikasie (BCom + voltooide klerkskap)

•3 - 5 Jaar ondervinding

•Kennis & ervaring van MS Office (spesifiek Excel), Xero, Farm Costing (Crest Payroll) sal in u guns tel

•Uitstekende kommunikasie- & rekenaarvaardighede

•Taak-, stelsel- & detail georiënteerd

•Moet uiters akkuraat, analities kan dink & onder druk werk

•Op hoogte bly van nuutste toepaslike wetgewing

AANSOEK (INSLUITEND CV & SALARISVERWAGTING) KAN

GESTUUR WORD NA: admin2@wadrif.com

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 16 Februarie 2026.

INDIENSNEMINGSDATUM: 1 April 2026

Slegs kortlys kandidate sal gekontak word. Werwingsprosedures voldoen aan die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (4 van 2013)(POPI).

DIE tweede rondte van Dutoit Agri se gewilde ses nasies rugby- en netbaltoernooi is Saterdag 24 Januarie op Lindeshof aangebied.

Spanne van die ses landgoedere het in uitstekende gees meegeding, met kwaliteit sport en harde kompetisie wat die dag oorheers het.

Arie Crotz van Vastrap (rugby) en Lyndle Titus van Kromfontein (netbal) is aangewys as die beste spelers van die dag.

Hoogtepunt ’n Hoogtepunt van die dag was die aankondiging dat agt vroue deur die Wynland netbalunie geïdentifiseer is vir verdere proewe - ’n besondere prestasie wat die groei en talent van vroue-sport in die groep onderstreep.

Rugby-uitslae rondte 2

Paardekloof klop Nooitgedacht 32-6, Vastrap is te sterk vir Kromfontein en wen 61-17 en Lindeshof klop Tandfontein 33-12. Netbal-uitslae:

Paardekloof 14 - Nooitgedacht 13

Kromfontein 16 - Vastrap 12

Tandfontein 17 - Lindeshof 11

Paardekloof is tans die voorlopers gevolg deur Lindeshof en Vastrap.

In die netbal-afdeling is Paardekloof boaan die punteleer gevolg deur die netbalspanne van Kromfontein en Tandfontein.

Volgende kompetisie

Die kompetisie beweeg nou na Kromfontein op 31 Januarie waar die derde rondte sal plaasvind.

Die publiek word hartlik uitgenooi om die dag saam te kom geniet. Toegang beloop R20 per volwassene en R10 per kind.

Dutoit Agri bedank alle spelers, beamptes, organiseerders en ondersteuners vir hul toegewydheid en sien uit na nog ’n dag propvol trotse sportmense en gemeenskapsgees.

DIE tweede rondte van Dutoit Agri se gewilde ses nasies rugby- en netbaltoernooi is Saterdag 24 Januarie op Lindeshof aangebied. Lyndle Titus van Kromfontein (netbal) en Arie Crotz van Vastrap (rugby), is aangewys as die beste spelers van die dag.

Baadjies se verhoor tot Julie uitgestel

‘n VROU (31) wat haar kêrel in Maart 2025 met ‘n kombuismes doodgesteek het, se verhoor is na Juliemaand uitgestel.

Andrew (Nickel) Africa (37) van Vredebes en ‘n werknemer by die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit, is dood nadat hy in sy regter bo-been en linker bors, met ‘n mes gesteek is.

Die polisie is na die moord na ‘n woning in die Vredebes ontwikkeling ontbied waar hulle Samanthea Baadjies (31) gearresteer het.

Baadjies het verlede Woensdag in die Ceres streekhof verskyn op ‘n klag van moord.

Die verhoor is na 24 Julie uitgestel. Baadjies is in Maart 2025 op borg van R2000 vrygelaat.

Ekstra leerders

meer druk plaas op oorvol skole

DIE agteruitgang van Nduli Primary, jaarlikse leerdergetalle wat toeneem en leerders wat al maande geen skoolaktiwiteite of klasse bywoon weens die situasie, het die WKOD nou geforseer om op te tree.

WKOD se verskuiwing en die plasing van dié Nduli-leerders by ander oorvol laerskole in die streek, gaan nou nog ‘n groter las plaas op die reeds oorvol skole en klasse. Die verskuiwing en plasing van die leerders is die afgelope week met teenkanting begroet met talle laerskole wat nie die ekstra leerders wil of kan inneem nie.

Ouervergaderings word van Dinsdag tot Donderdag om 19:00 by Ceres Primêr, Bella Vista Primêr en St. Marks Primêr gehou met Morrisdale Primêr se ouers wat reeds hul teenkanting geopper het.

“Ouers voel dat hul kinders die basiese reg tot kwaliteit opvoeding, in ‘n veilige omgewing het.

Skoolbeheerrade wat dié ouers verteenwoordig het dus ‘n plig om seker te maak dat kinders veilig is en dat hulle kwaliteit opvoeding kry. Die WKOD kan nie hul probleem van een gemeenskap na ‘n ander gemeenskap verskuif nie. Dit is die WKOD se plig om seker te maak dat Nduli Primary se probleme uitgesorteer word” het een groep in ‘n plasing op sosiale media gesê.

WKOD verklaring

Die WKOD het einde verlede jaar opdrag gegee sodat ‘n omvattende assessering van die skool gedoen moet word.

Geboue is geïdentifiseer wat nie meer geskik is vir onderrig en erosie op die skoolterrein hou risikos in vir leerders. Daar is ook aanbeveel dat ‘n verbeterde stormwaterbestuursplan en speelareas geïmplenteer moet word.

Terwyl sommige geboue gebruik kan word, is daar in belang van die gesondheid en veiligheid van die leerders en onderwysers, besluit om onderrig op die terrein te staak.

Om voortgesette skoolonderrig te verseker, sal leerders van Nduli Primary tydelik by alternatiewe skole in die Witzenbergstreek gehuisves word. Die plan word tans met Nduli Primary en omliggende skole onderhandel.

‘n Langertermynoplossing word nog ondersoek en daar sal eersdaags meer hieroor gekommunikeer word met gemeenskappe. Rolspelers byeen Rolspelers van WKOD, die Nduli Primary skoolbeheerliggaam en gemeenskaps-leiers is al ‘n geruime tyd in gesprek oor die probleme by die skool. ‘n Protesoptrede is ook op 16 Januarie deur die polisie en verkeersdienste buite die dorp gekeer toe ontevrede Nduli-ouers na die WKOD se Ceres kantoor wou opruk.

TRANSNET sekuriteit en die SAPD het in Oktober 2025, 72kg kabels in die Honda Fit motor gekry.

TWEE vrugtesmouse is ernstig beseer toe ‘n trein wat sement vervoer het, hul bakkie getref het. Die ongeluk het Maandag 26 Januarie omstreeks 09:00 plaasgevind by ‘n kruising in Breederivier naby Seven Oaks tussen Wolseley en Slanghoek. ‘n Passasier wat agterop die bakkie met ‘n vrag geelperskes gesit het, is lig beseer terwyl die bestuurder en sy passasier ernstig beseer is. Die Skymed noodhelikopter het een pasiënt na Worcester gevlieg vir behandeling terwyl die ander insittende na Ceres hospitaal geneem is vir inwendige beserings.

TWEE kabeldiewe en ‘n sekuriteitswag het verlede week weer in die Wolseley landdroshof verskyn.

Die drie se saak is op 22 Januarie in die Wolseley landdroshof uitgestel na 19 Februarie.

Twee van die verdagtes bly in aanhouding. Die sekuriteitswag wat kom help het, is op waarskuwing vrygelaat.

Gevang

Swak beplanning het die betrokke dag daartoe gelei dat dié drie kabeldiewe vasgetrek is nadat hulle omstreeks 06:00 tussen Tulbagh en Artois sonder brandstof langs die pad gaan staan het.

Transnet sekuriteit het die Honda Fit motor langs die pad opgemerk waar hulle 72kg kabels in die motor gekry het.

Twee mans, Seqobela Mohale (38) en Mafafa Mohloki (34) en ‘n sekuriteitsbeampte wat hulle kom help het, Mzwandile Mbangula (46), is op die toneel gearresteer. Met nadere ondersoek het die polisie gevind dat die Transnet-kabels vroeër langs die treinspoor by Voëlvleidam gesteel is.

Verdagte in hof na bejaarde vrou verkrag word

‘n BEJAARDE vrou van Wolseley is die naweek verkrag.

Volgens die polisie het die voorval Sondag 25 Januarie omstreeks 13:30 by die slagoffer (65) se dogter se huis tussen Ceres en Wolseley plaasgevind.

Die slagoffer was ten tye van die voorval alleen by die huis saam met haar kleinkinders. Die verdagte (37) het by die huis opgedaag en na een van die familielede gesoek en gesê hy sal daar wag.

Later het hy die vrou in die kombuis oorrompel en gewurg voordat

NG KERK CERESVALLEI benodig die dienste van ‘n KOSTER

Kandidate wat aan die onderstaande minimum vereistes voldoen, is welkom om aansoek te doen vir die permanente Koster pos by ons gemeente.

Minimum Vereistes: • Graad 12 • Basiese siviele en meganiese kennis en tegniese vaardighede • Vermoë om te organiseer en onafhanklik te funksioneer • Ervaring in toesighouding oor personeel • Vermoë om goeie menseverhoudinge te handhaaf • Vermoë om onder druk te kan werk en eie inisiatief aan die dag te lê • Selfgedissiplineerd wees en ‘n sterk waardestelsel handhaaf • Voorkeur sal aan ‘n lidmaat van die Nederduits Gereformeerde Kerk gegee word. Verantwoordelikhede: • Verantwoordelik vir instandhouding en skoonmaak van die terrein en onderskeie geboue • Toesighouding oor instandhoudingspersoneel • Voorbereiding met die oog op gemeente- en ander aktiwiteite wat insluit: nagmaal, doop, begrafnisse, basaar, huwelike en ander funksies • Ad hoc ontvangs en skakelbord • Administrasie: basiese rekenaaren begrotingsvaardigheid • Algemene aankope.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Februarie 2026

Stuur asseblief u aansoek na: skriba@prentjieskerk.co.za

INDIEN U NIE BINNE TWEE (2) WEKE NA DIE SLUITINGSDATUM

ENIGE TERUGVOERING ONTVANG HET NIE, KAN U AANVAAR

DAT U AANSOEK ONSUKSESVOL WAS.

hy haar verkrag het. Die kleinkinders het buite gespeel ombewus van die aanval binne die huis.

Die verdagte het die slagoffer eers gedreig voor hy op die vlug geslaan het. Die polisie het leidrade opgevolg en die man op ‘n naburige plaas vasgetrek waar hy woon.

Hy het Dinsdag 27 Januarie vlugtig in die Wolseley landdroshof verskyn. Die saak is tot 5 Februarie uitgestel. Hy bly in aanhouding.

NOODNOOD NOODNOOD NOOD

(023) 346-6000 (023) 316-2328 (023) 316-8600 (023) 316-1997

of skakel 10111

witzenbergherald

(023)316-2021linfo@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: • Mansklere en -skoene • Skoolklere • Handdoeke • Breekgoed

nuusbrokkies

Oogkundige Kontaklenspraktisyn

Contact Lens Practitioner

Optometrist

 (023) 312-3060

SKAKEL OF WHATSAPP:

072-951-2874 DE KEURSENTRUM 2, CERES 6835

Voortrekkerstraat 37

467, Ceres 6835

(023) 004-0595

Faks: 086-407-6707

Reg no: 2014/097150/07

BTW no: 4140265846

CONTACT DETAILS : Cornell Pieterse (TECHNICIAN) 060-560-1150 info@bdktech.co.za

Maryna de Villiers (SALES)

(023) 004-0595 ctsales@bdktech.co.za

CENTRAL CERES MOTORS

Service Center & Panelbeating

• Panelbeating •Servicing

•Auto Electrical

•Aircon regassing

Voortrekkerstr., Ceres

☎ (023) 312-1254

☎ (023) 312-1274

Ons installeer en versien alle elektroniese alarm- en kamerastelsels

SkakelErnest (023)316-1117

AND ART FRAMING

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS

SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN

AgnesMakonda 4 February 2026 Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300

May your birthday be filled with joy and the year to come full of blessings! Lots of love Francois,Erika,Luna,the children,grandchildrenand allofusatWitzenbergHerald

083-227-6476

SECURE YOUR PROPERTY WITH CCTV CAMERAS and ALARM SYSTEMS

www.jptek.co.zawww.jptek.co.za www.jptek.co.za ☎☎ ☎ 0231000515 0231000515 info@jptek.co.za info@jptek.co.za

Select LAUNDRY

Whatsapp of skakel 082-821-3610

Joubertstr. 16, Ceres Ma - Vry: 08:00 - 17:00 Vakansiedae: Gesluit

Ons tel op en Ons op Ons tel op en Ons op lele leww ww weraferaf eraferaf er af op op op op op spesialespesiale vv verer erer ersoek*soek* soek* *Terme en voorwaardes geld

Ceres Alarms and Guarding Bespreek hierdie spasie in rooi vir 2026 @ R194 of VOLKLEUR @ R235

Skakel (023) 316-2021

WATER TREATMENT WORKS

Jan Johannes Hanse

1967/12/29 - 2026/01/25

Begrafnis: Sat. 31 Jan.

Huis: 08:00, De Keur Landgoed Kerk: 09:00, V.G.K., Op-die-Berg Graf: De Keur Landgoed

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Eileen Edith Baron

1953/08/25 - 2026/01/24

ROUDIENS: Do. 29 Jan.

Huis: 19:00 Besterstraat 13, Ceres

BEGRAFNIS: Sat. 31 Jan. Huis: 09:00 Besterstraat 13, Ceres Kerk: 10:00 VGK, PA Hamlet Graf: Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Carolus Hartnek

1970/10/25 - 2026/01/22

ROUDIENS: Do. 29 Jan. Stoor 19:00 Buccleuch stoor

BEGRAFNIS: So. 1 Feb.

Huis: 09:00 Sterkwater, Agterwitzenberg Kerk: 10:00 Agterwitzenberg saal Graf: Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres MECHANICAL WORKSHOP

• Engine overhaul • General Services • Suspension • Brakes • and more AndréduPreez 082-639-2800 (023)313-4422 crazypistonsct@gmail.com

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276

Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke!

Louw-Marie 083-634-8068 louwmarieshepherd8@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres (Ingang in Lyellstraat oorkant Ceres Cycles)

Ma - Vry:09:00 - 16:00 Sat:GESLUIT

4 MAART 2026 @ 19:00

NG KERKSAAL PA HAMLET Kaartjies beskikbaar by NG Kerk PA Hamlet LIGTE ETE INGESLUIT BRING EIE DRANK EN GLASE

ABBA, ‘n aannemings- en maatskaplike diensorganisasie, is dringend opsoek na familie van Bokang van Ceres. Indien iemand oor enige inligting beskik, kan hulle Elzeth Conradie skakel by (021) 949-9321 of 081869-2354 rakende ‘n familie-aangeleentheid.

CERES Toerisme is tans besig om ’n 2026 Kalender vir die Witzenbergstreek saam te stel en nooi alle organisasies en organiseerders uit om hul beplande geleenthede, gesellighede en funksies aan die toerismekantoor deur te gee. Dit sluit in sportgebeurtenisse, kultuur, gemeenskap, asook markte en spesiale geleenthede. Stuur inligting na info@ ceres.org.za Dit is belangrik om die streek se datums te koördineer en sal help dat groot geleenthede nie oorvleuel en elke geleentheid dus die maksimum ondersteuning kry wat dit verdien. Enige navrae kan aan Ceres toerismeburo by (023) 316-1287 gerig word.

BELANGSTELLENDES wat ‘n pelgrimstoer na Israel wil meemaak, kan pastoor Nico Mettler skakel by 060-559-1708 of per e-pos by mettnico@gmail.com * Die toerdatum is 10 tot 17 Mei 2027

MUNISIPALE swembaddens is reeds vanaf 1 November 2025 oop. Dennebos is oop vanaf 08:00 tot 19:00 en toegang beloop R99 vir dagbesoekers. Toegang by die Eiland, Bella Vista, P.A. Hamlet, Montana en Witzenville swembaddens beloop R10 vir volwassenes en R1 per kind.

INDIEN inwoners herwinbare sakke benodig, kan hulle dit gratis in die week by die Togryers museum kom afhaal tussen 08:30 en 16:00.

IN case of emergencies, please keep the following numbers handy:

•Police Flying Squad.......... ....10111

•Ambulance Services 10177

•Cell Phone Emergency.....................112

•Disaster Risk Management Centre .............................080-911-4357 (HELP)

•Poisons Information Helpline of the Western Cape 0861-555-777

•Childline ............................................116

•Lifeline ............................(021) 461-1113

•Wilderness Search and Rescue ........................................(021) 937-0300

BROEDERS, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie. Galásiërs 6:1 Ev. Jacobs

Start 2026 by SAVING LIVES -

Make blood donation part of your new year’s resolution

If you are between 16 and 75 years old, weigh 50kg or more, are in good general health and lead a safe sexual lifestyle, you may be eligible to donate. The donation process takes only 30 minutes, but its impact can last a lifetime. To find your nearest donation clinic, visit www.wcbs.org.za or contact WCBS via WhatsApp at 060-549-7244

DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring van klein funksies en werkswinkels/opleiding. Skakel (023) 312-2045 of stuur 'n e-pos na togryersmuseum@gmail.com vir enige navrae.

DIE tweede Sundowner kompetisie vir 2026 is Vrydag 23 Januarie op Ceres aangebied. Wynand Crous was die wenner met Naas van der Merwe in die tweede plek. Beide het 19 punte aangeteken.

Blouspan wen die geesbeker

LAERSKOOL Gericke het op 22 en 23 Januarie hul jaarlikse kleureatletiekbyeenkoms aangebied. Die Blouspan het weggestap met beide die geesbeker én die atletiekbeker.

TWEE oudleerders van Morrisdale Primêr, het uitstekende prestasies behaal tydens hul eerste atletiekbyeenkoms by Hoërskool Stellenbosch. Beaulin Sigila (links) het eerste plekke in die 400 meter sowel as diskus items vir seuns o/14 behaal. Aylif Krotz (regs) het ook in die seuns o/14 afdeling meegeding en eerste plek in verspring en ‘n vierde plek in hoogspring behaal.

LAERSKOOL Gericke het op 22 en 23 Januarie hul jaarlikse kleure atletiekbyeenkoms aangebied. Dit was twee dae propvol opwinding, puik prestasies en uitstekende sportmangees.

DIE beste prestasie van die byeenkoms is deur Irma-Ann Orffer gelewer in die 1200 meter in ‘n nuwe rekordtyd.

22 en 23

MORRISDALE Primêr het Saterdag 24 Januarie hul jaarlikse kleuresport atletiekbyeenkoms aangebied. VLNR: Charonay Wilshire (o/13 - senior sportmeisie), Declan van Staden (o/13 - senior sportseun), Richie Baron (o/12 - junior sportseun) en Nokutenda Cement (o/10 - junior sportmeisie). By hulle staan Jaqcuin Muller (atletiek sameroeper).
FOTOS: Marlize de Lange Photography
LAERSKOOL Gericke het op
Januarie hul jaarlikse kleure atletiekbyeenkoms aangebied. VLNR: Wilhelm Visser (victor ludorum) en Anmari du Toit (victrix ludorum).

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

JOHAN Grobbelaar van Stellenbosch gholfklub (foto) het ‘n uitspeelstryd teen klubmaat, Tynan Vermeulen, gewen. Beide spelers het na 36 putjies gesamentlik eerste geëindig met 141 houe (-3).

Witzenberg Herald

Sport

Grobbelaar wen Ceres Ope

DIE Ceres Ope, een van die gewildstes op die Wes-Kaap gholfkalender, is Saterdag 24 Januarie op Ceres gholfbaan oor 36 putjies aangebied.

Vyf en vyftig van die Wes-Kaap se top amateurs was in aksie.

Johan Grobbelaar van Stellenbosch gholfklub het ‘n uitspeelstryd teen klubmaat, Tynan Vermeulen, gewen. Beide spelers het na 36 putjies gesamentlik eerste geëindig met 141 houe (-3). Freddie Steyn van Paarl gholfklub was in die derde plek met ‘n telling van 142 houe (-2).

Wilan van der Berg van Ceres gholfklub het die beste van die plaaslike spelers gevaar en in die agtste plek klaargemaak met 146 houe (+2). Vincent Hewit het 12de geëindig met 149 houe (+5).

Ceres Junior ope

Wilan van der Berg van Ceres gholfklub het Sondag 25 Januarie ook aan die Ceres junior ope deelgeneem. Hy het die toernooi met ‘n telling van 72 houe (gelyk aan baansyfer) gewen.

Daniël van den Berg van De Zalze gholfklub was in die tweede plek gevolg deur Max van der Toolen van Westlake gholfklub.

Daar het 55 spelers deelgeneem.

Klub kompetisies

Die volgende kompetisies word Februariemaand beplan. Op 7 Februarie word ‘n enkel syfer plus kompetisie aangebied, op 14 Februarie ‘n enkel stableford kompetisie, op 21 Februarie ‘n beterbal stableford kompetisie en op 28 Februarie weer ‘n 4 bal beterbal stableford sametelling kompetisie.

Sundowner kompetisie

Die tweede Sundowner kompetisie vir 2026 is Vrydag 23 Januarie op Ceres aangebied. Wynand Crous was die wenner met Naas van der Merwe in die tweede plek. Beide het 19 punte aangeteken.

WILAN van der Berg van Ceres gholfklub het Sondag 25 Januarie die Ceres junior ope met ‘n telling van 72 houe (gelyk aan baansyfer) gewen. Hier wens Henry Brown, komiteelid van Ceres gholfklub, Wilan geluk met sy oorwinning.

DIE belowende losskakel in die Sharks o/21 groep en oudleerder van Charlie Hofmeyr en Laerskool Gericke, Luan Gilliomee, het hom by die Blitzbokke sewesgroep aangesluit wat op pad is na Singapore. Die toernooi vind van 30 Januarie tot 1 Februarie plaas. Suid-Afrika is saam met Engeland, Spanje en Fiji in ‘n groep ingedeel. FOTO REGS: Hier is Luan op die lughawe saam met Phillip Snyman (afrigter) en spanmaat en debutant, RenaldoYoung (links). * Luan, ‘n veelsydige agterspeler, was vanjaar deel van die Sharks se o/21 span wat as kampioene gekroon is asook die SA o/19 span wat teen Ierland en Frankryk gespeel het.

MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS

Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik by die Munisipale Bestuurder se kantoor ingehandig word vir aandag Ryan van der Merwe of per e-pos gestuur word aan ryan@witzenberg.gov.za om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie.

Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be handed in at the office of the Municipal Manager, for attention Ryan van der Merwe or e-mail to ryan@witzenberg.gov.za to reach him before the indicated closure date of the case.

Aard / Nature

Eiendom / Property Erf 8127, Ceres

Ligging / Location Between Voortrekker and Phillip Street (“jukskei” grounds)

Aansoeker / Applicant Allen Goosen (084-4680914)

Application for consent use to allow a liquor store

Aansoek om vergunningsgebruik om ‘n drankwinkel toe te laat

Verw. / Ref. 15/4/1/ 1/237

Sluitingsdatum / Closure date 30 Days

Speke gaan sing vir 'n goeie doel

REËLINGS vir ‘n groot fondsinsamelingspoging vir 61MVV se gestremde veterane tydens die Cape Town Cycle Tour, vorder goed met meer as 25 fietsryers wat op 8 Maart deel gaan wees van die groep fietsryers wat Anton van Rooyen die volle 108km met ‘n spesiaal toegeruste waentjie gaan sleep. Van Rooyen het beide sy bene verloor. Pierre de Jager van Ceres lei die insamelingspoging en sal soos verlede jaar weer die waentjie aan sy fiets hak. Die ander deelnemers sal help om die waentjie tot by die eindpunt te stoot. In 2024 het drie fietsryers deelgeneem aan die projek, in 2025 het 8 fietsryers gehelp en vanjaar is daar 30 fietsryers. Die mikpunt is om R100 000 in te samel. * Terselfdertyd is daar ook ‘n BackaBuddy veldtog geregistreer vir Cordré Smith van Matroosberg om met kos-tes vir ‘n dringende hartoperasie te help. Indien inwoners ook hier ‘n afsonderlike bydrae wil maak, kan hulle https://www.backabuddy.co.za/campaign/we-ride-for-cordre besoek. Indien inwoners donasies wil gee vir gestremde veterane, kan hulle dit in 61MVV se rekening: 61 Mech Battalions Group Veterans Association, Standard Bank, takkode 006305, rekening no. 003293661 met verwysing CTCT 26 inbetaal.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook