WH Her ald Witzenberg
4-DAG WEERVOORUITSIG Donderdag
Vrydag
24 September 25 September
13° 30°
FRIDAY, 25 SEPTEMBER 2026
R12
VOLUME 29 NO. 37
Saterdag
Sondag
26 September
27 September
12° 21°
9° 24°
15° 26°
CERES KOEKEDOUW DAM
94%
082-577-2234 admin@jrt.co.za
1969 Aardbewing word herdenk DINSDAG 29 September, merk die 57 jaar herdenking van die verwoestende aardbewing wat Ceres, Koue Bokkeveld en Tulbagh getref het. Ter nagedagtenis daarvan word kerke en ander instansies aangemoedig om hul klokke net na 22:00 uit dankbaarheid vir ‘n paar minute te lui
TULBAGH DAM
100%
WAVERENSKROON TULBAGH
64,6%
Lesing geneem: 2026/09/23
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Man in straat geskiet 'n MAN is Sondagoggend in Bella Vista doodgeskiet waar hy saam met ander mense gestap het. Volgens die polisie is Willem James Sondag 20 September geskiet waar hy saam met twee ander mense gestap het. Die skietvoorval het omstreeks 01:37 plaasgevind. James, oorspronklik van die Kaap, was blykbaar op pad na sy huis toe, toe die skieter van voor aangestap kom en hom verskeie kere geskiet het. Die ander twee persone het op die vlug geslaan. James het die laaste paar jaar in Bella Vista gewoon. Ondersoek Speurders het sedert die skietvoorval onverpoos gewerk en leidrade opgevolg. 'n Verdagte is Woensdag 23 September gearresteer en sal moontlik Vrydag in die hof verskyn. Die rede vir die skietery vorm deel van die polisie se ondersoek.
Voorbeeld van 'n hommeltuig in aksie.
Inbreker vasgetrek DIE Wolseley plaaswag en die polisie het met die hulp van privaat hommeltuie met termiese kameras daarin geslaag om 'n inbreker vas te trek. Volgens die polisie het 'n groep van vier mans op 12 September op 'n plaas buite Wolseley probeer inbreek toe die huisgesin uitstedig was. Met een van die gesinslede se terugkeer is die inbrekers op heterdaad betrap. Vier verdagtes het te voet gevlug waarna die plaaswag, sekuriteit en polisie van die voorval in kennis gestel is. Hommeltuie is ingespan en dit het een van die mans gevolg voordat hy later vasgetrek is. Die verdagte van Namibië, Aloisi Sthuu weni, het verlede Maandag 14 September in die hof verskyn voordat die saak uitgestel is
vir verdere ondersoek en adresbevestiging. Die verdagte moet weer Maandag 28 September in die Wolseley landdroshof verskyn. Gerugte doen tans die rondte dat die ver dagte deel vorm van die groep inbrekers wat die afgelope tyd by talle inbrake op gaste plase buite Wolseley betrokke was. Die ondersoek is nog in die begin stadium en is dit nog heeltemal te vroeg om gevolgtrekkings te maak. Die polisie se ondersoek duur voort en hulle wou nie kommentaar op enige gerugte lewer nie. Ander voorvalle Vier ander gevalle is die afgelope maande aangemeld waar mans met klapmusse op, mense op plase oorval en beroof het. Gaste op een plaas is in Februarie en Maart in twee Dinsdagaand-aanvalle beroof en beseer. Op 4 Augustus is 'n 55-jarige
vrou aangeval waar sy saam met haar hond alleen by hul woning op die plaas was en op 30 Augustus is 'n egpaar van 75 en 66 jaar beseer toe inbrekers die man met 'n mes gesteek het. Teen die einde van 2024 was twee vroue van 77 en 81 jaar oud ook slagoffers van aanvalle nadat 3-4 mans met klapmusse op, toegang tot hul plaashuise gekry en ondermeer juwele, 'n skootrekenaar en 'n telefoon gesteel het. Verskerpte optredes Die Wolseley plaaswag, sekuriteitsdienste en die polisie het na die aanvalle begin om twee termiese hommeltuie in te span om hulle te help om 'n uitgestrekte gebied te fynkam. Die aanvalle het sy tol op die plaaslike toerismebedryf begin eis sonder dat enige verdagtes vasgetrek is.
ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 24 - 27 SEPTEMBER 2026 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS AND OMISSIONS EXCL. CERES SUPERSPAR (023) 316-2226
Nescafé Gold coffee 200g or refill pouch 220g (excl. Decaf)
Russian + Chips
SUPERSPAR TOPS: BUSINESS HOURS: BUSINESS HOURS: Mon - Fri 09:00 - 19:00 Mon - Sun 07:00 - 19:00 Sat 09:00 - 17:00
2500
Whole Lamb rib or riblets
16999
12999
11999
14999
Pork neck chops bulk Koo Baked beans in Tomato Sauce 400g
109
3000
99
Bulk Kalahari Boerewors
Pynappels
10999
44
99
p/kg
Tomatoes 750g
24
each
1999 each
BUY 2 FOR
3000
Spar Corned meat 300g
p/kg
1kg Stork Country spread
99 each
2699 Ultramel Custard 1kg
Curry bread
Spar Rusks ass. 450g/ 500g
4499
34999
Weet-Bix 900g
BUY 2 FOR
2999
21999
p/kg
p/kg
Sweetcorn 4’s
Bell’s Whiskey 750ml
each
SERVING SUGGESTION
Rump steak
Baby Soft Toilet Tissue 18’s 2-ply
Jameson Irish Whiskey 750ml
5299
BUY 2 FOR
5500
Spar UHT Milk. Full Cream, Low Fat and Fat Free 6 x 1L each
Castle Lite Original or Draught cans 6 x 500ml
9499 2 FOR
17500 NIE TE K OOP AAN PERSONE ONDER OUDERDOM KOOP VAN 18 JAAR. GENIET VERANTWOORDELIK VERANTWOORDELIK..
2 l WITZENBERG HERALD l 25 SEPTEMBER 2026
FOOD4GOOD sopkombuis op Tulbagh het saam met die Tulbagh Lionsklub en ander gemeenskapslede bymekaargekom vir 'n vullisopruimingsprojek. Burgemeester Trevor Abrahams het saamgeloop en gehelp vullis optel. Almal het saamgewerk en gehelp om Tulbagh 'n beter plek te maak.
ESTELVENE Besuidenhoud is die afgelope 25 jaar werksaam by Bokveld Motors op P.A. Hamlet. * Die bestuur bedank haar vir haar getroue diens en spreek hul waardering uit vir die 25 jaar se vriendelikheid, toewyding en lojaliteit teenoor die onderneming.
19mm Stone Building Sand
Concrete & drainage
Filling Sand
Backfill & levelling
Crusher Dust
Paving & compaction
G5 Sub base
Roads & foundations
Plaster & mortar
HEALTHCARE workers at Ceres clinics were given an opportunity to focus on their own wellbeing during a Women’s Wellness Day hosted for Department of Health staff serving the local community. The initiative, a partnership between Perdekraal East Wind Farm and the Department of Health, extends the focus on women’s health beyond Women’s Month and supports the wellbeing of those providing essential healthcare services to local residents. “Women’s Month may be over, but our appreciation for the women who serve our community continues. The nurses at our Ceres clinics care for others every day, often under pressure, and we wanted to give them an opportunity to focus on their own wellbeing. We value our partnership with the Department of Health and look forward to continuing to support the people who serve our community".
ESTELLE Visagie (58) was vir 36 jaar werksaam by Bella Vista Primêr. Sy het in 1990 as administratiewebeampte by die skool begin werk. Sy was voor haar afsterwe op 15 September, die finansiële-beampte by die skool. Haar afsterwe laat 'n groot leemte. Die skoolbestuurder en leerders gun haar die ewige rus. "Ons betoon ons opregte medelye aan haar ouers, broers en susters asook haar man en kinders. Sy sal voortleef in ons harte. * Die begrafnisdiens vind Sondag 27 September om 10:00 plaas vanuit die Berea Christensentrum.
Tulbagh l Ceres l Wolseley l Gouda l Hamlet l Porterville l Hermon l Saron l Riebeek-Kasteel l Breërivier
023 2300 306 l 082-2623 4112 info@lagrangevervoer.co.za
MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE (WITZENBERG GRONDGEBRUIKBEPLANNING VERORDENING PN 289/2015) WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS (WITZENBERG LAND USE PLANNING BY-LAW PN 289/2015) Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik by die Munisipale Bestuurder, vir aandag Ryan van der Merwe gerig word by Posbus 44, Ceres, 6835 of Voortrekkerstraat 50, of gestuur word na ryan@witzenberg.gov.za om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie. Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing to the Municipal Manager, for attention Ryan van der Merwe, P.O. Box 44, Ceres, 6835 or at 50 Voortrekker Street, or e-mail to ryan@witzenberg.gov.za to reach him before the indicated closure date of the case. Eiendom / Property
Ligging / Location
Aansoeker / Applicant
Aard / Nature
Verw. / Ref.
Sluitingsdatum / Closure date
Erf 5042, Ceres
15 Carson Street, Ceres
Thinus Wilken (084-6202103)
Application for departure for the encroachment of the side building line and removal of title deed registrations. Afwyking vir die oorskryding van die kantboulyn en opheffing van titelakte beperkings.
15/4/1/ 1/244
30 Days from the date of publication
25 SEPTEMBER 2026 l WITZENBERG HERALD l 3
EEN van die rowers, vermoedelik die messteker, lê op 'n sypaad jie, nie ver van die besigheid wat hulle probeer roof het nie. Sekuriteitsdienste, wetstoepassers en die polisie het saamge werk om twee verdagtes vas te trek.
Saak uitgestel
Vonnis
DRIE gewapende mans wat twee weke gelede 'n onderneming op Ceres wou beroof, se borgaansoek is na Oktober maand uitgestel.
Gwayishe kry 17 jaar vonnis na moord op jeugwerker
Die mans, waarvan twee gewapen was met 'n vuurwapen en 'n mes, het Saterdag 12 September met leë hande laat spaander voordat twee van die verdagtes gearresteer is. Plaaslike sekuriteitsdienste, wetstoepass ers en die polisie het saamgewerk om die verdagtes vas te trek. Na die roof is die winkeleinaar na Worcester Mediclinic geneem vir behandeling en later ontslaan. Vasgetrek Die voorval het omstreeks 13:00 plaasgevind. Drie mans het die besigheid binnegestap en 'n vuurwapen op die bestuur der en eienaar van die onderneming gerig en gesê dit is 'n roof. Een van die verdagtes het net daarna die eienaar met die mes in die skouer gesteek. Een van die rowers, vermoedelik die messteker, is nie ver van die besigheid wat hulle probeer beroof het, vasgetrek en geboei voordat hy na die polisiestasie geneem is. Ongeveer 90 minute later is 'n tweede verdagte, vermoedelik die een met die vuurwapen, naby Morceaux plaas vasgetrek waar hy saam met ander mense gestap het. Die mans is moontlik lede van 'n sindikaat en word gesoek vir 'n besigheidsroof op Franschhoek. Mahki Mqalo (37) en Onke Kokolo (35) het Maandag 21 September weer in die Ceres landdroshof verskyn voordat die saak tot 27 Oktober vir 'n borgaansoek uitgestel is.
DIE moordenaar van 'n sag geaarde jeug- en welsyn werker van Tulbagh, is ver lede week in die Tulbagh streekhof gevonnis.
SIYAMTHANDA Dastile (29), was 'n jeug- en welsynwerker op Tulbagh.
Albert Gwayishe (53) wat die afgelope drie jaar in aanhouding was en tereggestaan het weens die moord op Siyamthanda Dastile (29), is 15 jaar gevan genisstraf opgelê vir die moord. Hy is 'n verdere 2 jaar gevang enisstraf opgelê vir die diefstal van 'n selfoon en horlosie op 23 Julie 2023. Beide vonnisse sal same lopend uitgedien word. Agtergrond Dastile het in die Ceres hospi taal gesterf nadat hy beroof is en twee keer met 'n skerp voorwerp gesteek is.
Jong vrou van Wolseley kry borg na moord op haar vriend 'n JONG vrou wat na bewering haar vriend vermoor het, is op borg vrygelaat. Cay-Lee Davids (22) van Wolseley het verlede Donderdag weer in die Wolseley hof verskyn voordat sy op borg van R2 000 vrygelaat is. Sy het 'n klein baba by die huis. Die saak is uitgestel na 29 Oktober. Agtergrond Volgens inligting het 'n groep mense op 3 September by 'n woonhuis in Daliastraat saamgekuier en partytjie gehou. Omstreeks 23:13 het 'n vrou aan die deur geklop waarna Jeromeo Steenkamp (25) na buite is om met sy meisie te gaan praat. Blykbaar was daar toe 'n stryery buite die huis voordat Steenkamp (regs) deur Davids met 'n mes in die nek gesteek is. Sy is later deur GPF-lede inhegtenis geneem en na die polisiestasie geneem waar sy van moord aangekla is.
Borgaansoek eers later 'n MAN (44) se borgtogaansoek is Dinsdag weer uitgestel.
Hy is op 18 Maart 2026 weens verkragting en aanrand ing in hegtenis geneem en het op 19 Maart vir die eerste keer in die Ceres landdroshof verskyn. Sedertdien is die saak al 'n paar keer uitgestel.
Hy moet weer op 9 Oktober in die hof verskyn. Die voorvalle het in Desember 2025 en Maart 2026 plaasgevind waar die man sy vriendin vasgebind, aanger and en verkrag het. * Volgens die strafproseswet kan dié man eers geïdentifiseer word sodra hy op die seksuele klagtes teen hom gepleit het.
✔ Braai @ R100 ✔ Burgers ✔ Slap chips ✔ Koeldrank ✔ Koek ✔ Klein koekies ✔ Koeksisters ✔ Pudding tafel ✔ Kindertafel ✔ Worsrolletjies ✔ Outydse mandjies ✔ Crafts tafel ✔ Vis breyani ✔ Koffie stasie ✔ Scones / Muffins ✔ Groentepot ✔ Kerrie (kerrie buns / roti) ✔ Pannekoek
✔ Toutrek ✔ Dominoes
Stalletjies open vanaf 09:00
4 l WITZENBERG HERALD l 25 SEPTEMBER 2026
VIER produkte - vyf oorwinnings - een trotse span! Die True Roots-span en Laastedrif se baba-beet, kerrie-wortelslaai en soetsuur-beetslaai het onlangs toekennings by die SA Preserveerkampioenskap gewen. Die baba-beet en drieboonslaai het ook dubbelgoud by die SA Food & Beverage toekennings verower.
LEDE van die SAPD se sosiale misdaadvoorkoming en sigbare polisie (VISPOL) het onlangs Vrouemaand gevier en 'n geselligheid vir polisievroue en polisiepersoneel in die Witzenbergstreek by Opstal aangebied. Vyf polisiestasies; Ceres, Wolseley, Tulbagh, P.A. Hamlet en Saron het die geleentheid bygewoon.
- VAKANTE BETREKKING -
PAKSTOORBESTUURDER (VRUGTE) De Keur Verpakking, ‘n gevestigde vrugte verpakkingsmaatskappy, geleë in Ceres, is op soek na ‘n energieke en dinamiese pakstoorbestuurder om permanent by hul span aan te sluit. VERANTWOORDELIKHEDE: • Die samestelling, bestuur en monitering van die pakstoorbegroting. • Die effektiewe bestuur, leiding en ontwikkeling van werknemers. • Die bestuur van verlof, prestasie, opleiding en arbeidsbehoeftes binne die pakstoor. • Die bestuur van daaglikse en weeklikse produksie-uitsette en produksieteikens. • Toesig oor interne gehaltebeheer en die instandhouding van ’n effektiewe kwaliteitbeheerstelsel. • Gereelde skakeling met vrugte-inspekteurs, insluitend PPECB. • Die identifisering en aanspreek van probleemareas en afkeurings. • Die beheer, afsluiting en verspreiding van akkurate pakverslae. • Die ontwikkeling, aanpassing, implementering en instandhouding van produksiebeheerstelsels. • Koördinering van onverpakte vrugtevoorraad en die onttrekking van vrugte uit koelkamers. • Deurlopende kommunikasie met bemarkers, produsente en ander belanghebbendes. • Verantwoordelikheid vir oudits in die pakhuis. • Die oop- en toemaak van BA-kamers en bestuur van SmartFresh. • Beplanning en vooruitskatting met verslagdoening aan die Direkteur: Verpakking. • Om op hoogte te bly van pakstoor-tegnologie, toepaslike regulasies, veral BRC, en verpakkingsmateriaal. VEREISTES: • Uitstekende geskrewe en verbale kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels. • Uitstekende rekenaarvaardighede. • Sterk bestuurs-, beplannings- en administratiewe vaardighede. • Goeie probleemoplossings- en analitiese vermoëns. • Uitstekende organisatoriese vaardighede en akkuraatheid. • Die vermoë om verskeie take gelyktydig te hanteer en effektief onder druk te funksioneer. • Goeie menseverhoudinge en konflikhanteringsvaardighede. • ’n Aanpasbare en innoverende ingesteldheid. • Integriteit, eerlikheid, lojaliteit, vertroulikheid en betroubaarheid. ONDERVINDING EN OPLEIDING: • 5 - 8 Jaar ondervinding in ’n soortgelyke pos. • Toepaslike tersiêre kwalifikasie. Markverwante vergoeding sal aan hierdie pos gekoppel word. Verpligte deelname aan die maatskappy se voorsorgfondsskema en mediese planne is ’n voorvereiste vir aanstelling. SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 11 Oktober 2026 AANSTELLINGSDATUM: vanaf 4 Januarie 2027 Indien jy oor die vereiste kwalifikasie, ervaring en bestuursvermoë beskik en gereed is om ’n sleutelrol binne ’n dinamiese verpakkingsomgewing te vervul, nooi ons jou uit om aansoek te doen. Stuur asseblief u CV met vermelding van u huidige vergoedingspakket, ‘n afskrif van u ID en drie verwysings aan: Johan du Plessis by recruitment@dekeur.co.za
LEDE van die SAPD se sosiale misdaadvoorkoming en sigbare polisie (VISPOL) het onlangs Vrouemaand gevier. Hier is die reëlingskomitee afgeneem. VLNR: Sers. JoAnn November-Botes (P.A. Hamlet), kst. Darryl-Ann Manuels (Tulbagh), sers. Lizna van Wyk (Ceres) en a.o. Julien Theunissen (Saron). AFWESIG: Sers. Jacoba Welkom (Wolseley).
BELLA Vista Primêr se o/11 rugbyspan het op 5 September aan 'n o/11 rugbytoernooi in Belhar deelgeneem. Hulle het 'n derde plek behaal en die skild ontvang vir die span van die dag wat die meeste punte aangeteken het.
DE KEUR VERPAKKING IS ‘N GELYKE GELEENTHEDE WERKGEWER CHARLIE Hofmeyr se nuwe leerlingraad vir 2027 is: Cecilia Conradie, Louis Reynolds, Ignatius van der Merwe, Joshua Selders, Randall Muller, Pieter Bassett, Charl du Toit, Izelle Groenewald, Livvi van Jaarsveld, Olivia Lima, Eve Richter, Allegra Lima, Elizabeth Goosen en Jamey-Ruth Swartz. * Mag die jong leiers die jaar aanpak met selfvertroue, integriteit en ’n opregte begeerte om ’n verskil te maak.
25 SEPTEMBER 2026 l WITZENBERG HERALD l 5
VIER leerders van Laerskool F.D. Conradie gaan tydens die skoolvakansie aan die SA jeugskou in Limpopo deelneem. Die jeugskou vind plaas van 28 September tot 1 Oktober.VLNR: Micah Giliomee, Lizzy Schreuder, Liam Giliomee, Lucia Hewitt en Jacobus Botha.
COLAN Geldenhuys het Dinsdag 22 September 'n spesiale fotosessie gereël wat saamgeval het met sy matriekafskeid. Hy het fotos laat neem op spesiale plekke vir hom wat fotos by H.M.Beets bewaarskool, Laerskool Gericke en Charlie Hofmeyr Hoërskool ingesluit het asook fotos by St. Matthews Angli kaanse kerk en 'n emosionele besoek aan sy pa, John Winston Geldenhuys, se graf. FOTO: Trevor Felix
LAERSKOOL Gericke se o/12 rugbyspan het onlangs aan die HJS se Brenthurst o/12 rugbydag in die Paarl deelgeneem. Gericke wen twee van hul drie wedstryde en sluit daarmee ’n besonderse rugbyseisoen op ’n hoogtepunt af. * Dankie aan die afrigters, ouers en spelers vir julle harde werk, ondersteuning en toewyding deur die seisoen.
Skoon begin by my, jou, ons DAAR is nie iets soos “weg” nie.
"Alles wat ons weggooi, moet êrens heen gaan en die Kaapse Wynland distriksmuni sipaliteit (KWDM) saam met vyf plaaslike munisipaliteite, moedig inwoners aan om anders te dink oor wat met afval gebeur nadat dit ons hande verlaat". Die distriksmunisipaliteit se bewusma kingsveldtog oor afval is daarop gemik om almal aan te moedig om meer te verminder, te hergebruik, te herbenut en te herwin, sodat slegs afval wat nie herwin of herbenut kan word nie, na stortingsterreine gestuur word. “Ons toekoms hang af van hoe ons vandag optree,” sê die uitvoerende burgemeester van die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit, agbare (Dr) Elna von Schlicht. Klein veranderinge kan ’n groot verskil maak Die vermindering van afval begin by ons huis, skool en werk. Baie munisipaliteite ver skaf deursigtige sakke vir herwinbare materiaal soos papier, plastiek, blikkies en glas. Hierdie materiaal word ingesamel en na materiaalherwinningsfasiliteite (MERF) geneem, waar dit gesorteer en voorberei word vir herwinning. Herwinningsprogramme verskil regoor die streek. Sommige gebiede het reeds geves tigde programme, terwyl ander steeds hul inisiatiewe uitbrei en versterk. Die veldtog het ten doel om inwoners te help om: • Te verstaan dat dit makliker is as wat ons dink om afval te verminder; • Te leer wat herwin kan word en waarom herwinning belangrik is; • Die hoeveelheid afval wat na stortingster reine gaan te verminder; • Groter begrip en respek tussen inwoners en afvalherwinnaars te bevorder; en • Sommige van die mites en wanopvattings rondom afval en herwinning uit die weg te ruim. Inwoners kan hul plaaslike munisipaliteit se afvalbestuurspan skakel om meer uit te vind oor herwinningsdienste en -inisiatiewe in hul gebied. Daar is ook herwinningsondernemings
en gemeenskapsinisiatiewe waar inwoners hul herwinbare materiaal kan besorg - en sommige betaal selfs vir sekere materiaal. En onthou: slegs skoon items kan herwin word. Spoel blikkies, glashouers, melkbottels, jogurthouers en ander herwinbare items uit voordat dit vir herwinning uitgeplaas word. Belangriker nog, onthou dat daar ’n ander persoon aan die ander kant van jou afval is. Slegs skoon plastiek, blik ens. kan herwin word. So spoel dit eers uit voodat dit in die
herwinningsak gesit word. Twee kompetisies en R5 000 se koopbewyse is op die spel! As deel van die veldtog het twee kompe tisies afgeskop op 10 September. Graad 9 leerders van skole regoor die Kaapse Wynlandstreek kan vir ons wys hoe hulle hul afval herwin deur dit in die regte vullisdrom te plaas. Vyf leerders staan elk ’n kans om ’n R500 koopbewys te wen. Skoon ruimtes = mooi plekke
Volwassenes kan ook deelneem. Wys vir ons jou skoon ruimte - of dit jou kantoor, klaskamer, tuin, straat, winkel of besigheid is en staan ’n kans om een van vyf R500 koopbewyse te wen. Want enige skoon plek kan ’n mooi plek wees! Hou die Kaapse Wyn land distriksmunisipaliteit se Facebook-blad dop vir kompetisiebesonderhede en verdere inligting. Saam kan ons anders oor ons afval dink, ons gewoontes verander en help om ’n skoner streek vir almal te skep.
Help to keep the Cape Winelands District clean by recycling!
It’s a quick, free, and effective way to make a positive contribution.
SEPARATE
SEPARATE
recycling material into the clear bag
non-recyclable waste into the wheelie bin
Your municipality provides a collection system where bags and bins are collected once a week.
CLEAN STARTS WITH ME Cut out and put on fridge
www.capewinelands.gov.za
6 l WITZENBERG HERALD l 25 September 2026
WITZENBERG HERALD NOOD
(023) 316-2021 info@witzenbergherald.com
(023) 316-8600
6
(023) 316-1997
Piet Swarts
Sterfgevalle
1959/05/24 - 2026/09/17 Begrafnis: Sat. 26 Sep. Huis: 09:00, Riviersingel 474, Op-die-Berg
Contact Lens Practitioner Optometrist
(023) 312-3060 SKAKEL OF WHATSAPP: 072-951-2874 DE KEURSENTRUM 2, CERES 6835
Voortrekkerstraat 37 467, Ceres 6835
(023) 004-0595 Faks: 086-407-6707 Reg no: 2014/097150/07 BTW no: 4140265846
CONTACT DETAILS:
Cornell Pieterse (TECHNICIAN)
060-560-1150 info@bdktech.co.za
Maryna de Villiers (SALES)
(023) 004-0595 ctsales@bdktech.co.za
AND ART FRAMING SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
STEFAN STEYN 083-227-6476
SECURE YOUR PROPERTY WITH
CCTV CAMERAS and ALARM SYSTEMS
www.jptek.co.za ☎ 023 1000 515 info@jptek.co.za
AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
Skakel
082-859-2300
14 Te Koop
WATER TREATMENT WORKS
September 2026 1 Sept. 2026
7 Sept. 2026
14 Sept. 2026
21 Sept. 2026
TE KOOP
Kerk: 10:00, V.G.K. Op-die-Berg Graf: Op-die-Berg
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
14 Te Koop
TE KOOP
Duo Comfort oorfone Bluetooth
R2 000
Onderhandelbaar
Skakel
082-721-4043
R1 400 of 1 deur vir
R250
17 Dienste aangebied
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276
•Locksmith •Handyman and •Mobile Carwash
42 Implemente
Skakel
082-468-2649
CHARLIES At the comfort of your own home
PLANT AND TOOL HIRE
R100 Small R150 SUV
For appointments contact Charles at 072-705-5233
Mini skip rentals
2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎ (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
nuusbrokkies
Die Engel van die Here trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit. Psalms 34:8
7 Binnedeure vir
of skakel 10111
Oogkundige Kontaklenspraktisyn
Boland Roll on Lawn
Weekly microbiological compliance: e.Coli (CFU/100ml) - Sans 241: 2015 limit = 0
Verskaffing, aflewering en pak van
(023) 346-6000 (023) 316-2328
17 Dienste aangebied
Ev. Jacobs
ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: • Beddegoed • Breekgoed • Gordyne • Handdoeke Somersklere reeds uitgepak! Dankie vir al die donasies Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke! Louw-Marie 083-634-8068 louwmarieshepherd8@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres
Oorkant Hollywood Bets (Totes) in Lyellstraat
Ma - Vry: 09:00 - 16:30 Sat: Slegs oop 3 Oktober
SALE! OPE DAG: 28/11/2026 Stalletjies @ R100 per stalletjie
Gordyne R30 / item Vroueklere 50% af *Slegs kontant
10 Oktober is Wêreld Geestesgesondheidsdag en die Togryers mu seum nooi die gemeenskap uit om Sondag 11 Oktober saam te kom stap na Koekedouwdam. Die stap is 'n bewusmaking van geestesgesondheid. Skakel 063-176-1829 om jou plek te bespreek. DIE Witzenberg Sen trum vir Volwass e Onderwys (AET) doen ‘n beroep op kandidate wat die Mei/ Junie 2026 matriek eksamen afgelê het om hulle uitslae by die kantoor te kom afhaal. Nuwe registrasies vir die Mei/Junie 2027 matriekeksamen het op 1 September begin. Matriekklasse sal op 5 Oktober begin. Vir verdere inligting skakel mnr. F. Slinger by 078-155-0398.
nuusbrokkies
Select CENTRAL CERES MOTORS Service Center & Panelbeating
• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing
Voortrekkerstr., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274
Ceres Alarms and Guarding
Ons installeer en versien alle elektroniese alarm- en kamerastelsels Skakel Ernest (023) 316-1117
LAUNDRY Whatsapp of skakel
082-821-3610 Joubertstr. 16, Ceres Ma - Vry: 08:00 - 17:00
Vakansiedae: Gesluit
Ons tel op en lewer af op spesiale versoek*
*Terme en voorwaardes geld
Bespreek hierdie spasie in rooi vir 2026
@ R194 of VOLKLEUR @ R235 Skakel
(023) 316-2021
WENDY HOUSE FOR SALE • 12,5 sq meters (2,5m x 5m) • Two doors with flyscreens • One window • Rubber matting on floor • Ceiling material • Virtually brand new, been standing empty • For collection in Tulbagh
R22 000,00 onco Contact Averil | 083 261 2863
www.chainboland.co.za
25 SEPTEMBER 2026 l WITZENBERG HERALD l 7
KARATEKAS van Sensei Dojo, 'n karateklub op Ceres, het onlangs hul jaarlikse gradering suksesvol afgelê. Hier is die senior groep afgeneem met hul sertifikate. AGTER: Sensei Wayne, Adriel Ndlovu, Lukas Krige, Taylor Engelbrecht, Alicea Hough en senpai Mia Laubscher (senior mentor). VOOR: Bellané Vermeulen, Maisha Mars en Izak Krige. HEEL VOOR: Roman Hough.
CASSIE du Toit, 'n graad 6 leerder van Laerskool Koue Bokkeveld, is in die Boland o/12 B rugbyspan opgeneem wat van 24 tot 26 September aan die Interprovinsiale Kustoernooi deelneem. Boland speel teen WP, OP en SWD.
LAERSKOOL Gericke se o/11 sewesspan het onlangs aan die RSD Sewesdag op Stellenbosch deelgeneem. Altesaam twintig o/11 spanne het aan die toernooi deelgeneem. Gericke het besonder goed gevaar en daarin geslaag om deur te dring tot die beker-halfeindstryd. Hulle het teen Panorama verloor waarna Panorama voortgegaan en ook die toernooi gewen het. * Dankie aan elke ouer vir julle borgskappe, ondersteuning en aanmoediging deur die dag.
Verhoor vertraag - hof wag vir verslag oor breinbesering DIE verhoor van drie mans wat van ver kragting aangekla word, se verhoor word vertraag oor een verdagte se bewering dat hy 'n breinbesering opgedoen het. Die Tulbagh streekhof wag nog vir 'n verslag van Valkenberg psigiatriese hospitaal nadat Abraham Claasen (38) tydens een van sy talle verskynings in die saak, beweer het dat hy 'n hoofbesering opgedoen het tydens 'n ongeluk en dat dit sy brein aangetas het. Weens dié rede is hy blykbaar nie in staat om verhoor te word nie. Die verhoor is tot 14 Oktober uitgestel in afwagting van die verslag. Agtergrond
Drie mans, Angelo Jordaan (38), Jan Booysen (35) en Abraham Claasen, pleit onskuldig op die aanklagte teen hulle. Hulle word daarvan aangekla dat hulle 'n 12-jarige meisie in September 2020 op 'n plaas verkrag het. Die voorval het Vrydag 25 September omstreeks 20:00 op die plaas Remhoogte plaasgevind. Die 12-jarige slagoffer en 'n 14-jarige maatjie het na die buurplaas gestap om aartappelskyfies te gaan koop toe hulle deur die drie mans agtervolg en in die bosse ingesleep is. Die 14-jarige meisie kon daarin slaag om weg te hardloop en hulp te ontbied. Die verdagtes is die volgende dag op Bergplaas in hegtenis geneem waar hulle gewoon het.
TWEE junior gholfspelers van Ceres gholfklub is gekies om Boland te verteenwoordig. Marko en Wiehan Swart is opgeneem in die o/13 span wat vanaf 28-30 September aan die Nomads SA o/13 toernooi op Goose Valley op Plettenbergbaai deelneem.* Spelers het die week hul kleure ontvang tydens 'n Boland funksie. STERKWATER BOERDERY ENVIROAFRICA CC NEMA PUBLIC PARTICIPATION PROCESS THE PROPOSED ENLARGEMENT OF LANGRUG-BOONSTE NR1 DAM, ALSO KNOWN AS HELPMEKAAR DAM, CONSTRUCTION OF A NEW BUFFER DAM AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE, ON PORTION 5 OF FARM RIETRIVIER 202, CERES, WESTERN CAPE Notice is hereby given of the application for environmental authorisation, as well as the availability of the Draft Environmental Impact Report (EIR) for public participation. The public participation process is being conducted in terms of the National Environmental Management Act, 1998 (Act No. 107 of 1998) (“NEMA”), Environmental Impact Assessment (“EIA”) Regulations of 2014 (as amended). The proposed enlargement of Langrug-Boonste Nr1 dam, also known as Helpmekaar Dam, and the construction of a new buffer dam and associated infrastructure includes activities listed in terms of the NEMA EIA Regulations 2014. EnviroAfrica cc has been appointed by Sterkwater Boerdery (Pty) Ltd to undertake the new NEMA application process for Environmental Authorisation. Application for environmental authorisation to undertake the following activities*: Government Notice R327 (Listing Notice 1): Activity No. 09, 12, 19, 27, 48, 66 Government Notice R325 (Listing Notice 2): Activity No. 15, 16 Government Notice R324 (Listing Notice 3): Activity No. 12, 14, 23 *Please note that should the listed activities above change or additional activities be identified during the course of the NEMA Application process, registered I&APs will be notified of any changes. Project Description & Location: The proposed development entails the enlargement of Langrug-Boonste Nr1 dam, also known as Helpmekaar dam, from a storage capacity of about 390 000m³ to a total capacity of 800 000m³, and the construction of a new buffer dam and its accompanying approximately 2km connecting pipeline. An additional 410 000m³ surface water will be extracted directly from the upper tributaries of the Leeu River. The site is located on Portion 5 of Farm Rietriver No. 202, Ceres, approximately 10km north of Die Dorp op die Berg along the R303. Public Participation: Interested and Affected Parties (“I&APs”) are hereby notified that the Draft Environmental Impact Report is available for viewing and comment on the website of EnviroAfrica, i.e., https://enviroafrica.co.za/public-projects/ I&APs must register and provide comment to EnviroAfrica on the project via written correspondence addressed to bianca@enviroafrica.co.za or Postnet Suite 341, Private Bag X29, Somerset West, 7129, Tel: 021 851 1616. The closing date for comment is 30 October 2026 in terms of the environmental aspects (NEMA Application). Please note that only Registered I&APs will be notified of the availability of reports and other written submissions made (or to be made) to the Department by the applicant, and be entitled to comment on these reports and submissions; will be notified of the outcome of the application, the reasons for the decision, and that an appeal may be lodged against a decision; and will be notified of the applicant’s intention to appeal the decision, and where and for what period the appeal submission will be available for inspection. By registering as an I&AP, you hereby give EnviroAfrica cc the permission to circulate your name and contact details to the relevant stakeholders as stated, per statutory requirements, in line with the Protection of Personal Information (POPI) Act No. 4 of 2013 (as amended), unless otherwise informed, in writing to us. Note: A full list of registered I&APs, as well as all correspondence with I&APs, will be submitted to the competent authority.
8 l WITZENBERG HERALD l 25 SEPTEMBER 2026 Die Witzenberg Her ald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eila nd. Geen advertensie/re daksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars vol gens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gere produseer word nie.
Sport Witzenberg Herald
Peter en Harry wen klubkompetisie SATERDAG 19 September is 'n 4BBB stableford kompetisie by Ceres gholfklub aangebied.
LEERDERS van Laerskool Gericke het op 18 September aan 'n pret muurbaltoernooi in die Paarl deelgeneem. VLNR: Hoseah Maralack (8 punte), Judah Maralack (8 punte), Cari du Plessis (10 punte), Toit du Plessis (4 punte), Ben-Lukas Viljoen (1 punt ), Frederik Jordaan (4 punte) en Leo van Jaarsveld (8 punte).
KARATEKAS van Sensei Dojo, 'n karateklub op Ceres, het onlangs hul jaarlikse gradering suksesvol afgelê. Elke nuwe gordel is ’n simbool van harde werk, dissipline, deursettingsvermoë en groei. Hier is die be ginners groep afgeneem met hul sertifikate. AGTER: Vashawn Botha-Louw, Barnabas Barnie Mgyar, Esric Cupido, Lee Roy van der Merwe, Ireasha Green, Layla Scott en sensei Wayne. VOOR: Kayli Cupido, Stijn van Zyl, Kieran Krotz, Jano Hanekom, Ruan du Preez en Lincan Mars.
Peter Versfeld en Harry Hewitt was die wenners met 43 punte. Willie van Heerden en Anton Nieuwoudt was in die tweede plek met 41 punte gevolg deur Danie Goosen en Bennie van Rensburg met 38 punte. Uitgestel Die President vs Klubkaptein kompetisie (4BBB preferred drive) houespel kompetisie wat Saterdag 26 September sou plaasvind, is uitgestel na 10 Oktober. Kompetisies Saterdag 3 Oktober word 'n enkel syfer plus kompetisie aangebied, op 10 Oktober die President vs Klubkaptein kom petisie 4BBB (preferred drive)
houespel, op 17 Oktober 'n enkel progressiewe stableford kompetisie, op 24 Oktober die jaarlikse Dutoit gholfdag (enkel stableford) en op 31 Oktober word 'n enkel houespel kom petisie aangebied. Die gholfklub bied ook 'n splinternuwe kompetisie aan - Hole in One Shootout - wat plaasvind tussen 18:00-19:00 op Vrydae - enige een is wel kom. Die gewilde Vrydag Sun downer kompetisie word ook aangebied en kostes beloop R120 per speler. Sundowner Gunther Greffrath het Vry dag 18 September die Ceres Superspar Sundowner kom petisie gewen. Hannes Laub scher was in die tweede plek. Martin van Jaarsveld was die wenner van die naaste-aandie-pen kompetisie.
GUNTHER Greffrath het Vrydag 18 September die Ceres Superspar Sundowner kompetisie gewen.
Arries se duiwe haal eerste 3 plekke SATERDAG se wedvlug vanaf Beaufort Wes is na Sondag geskuif weens gure weer wat voorspel was.
Meyer en Van Wyk van CPS het uitstekend gevaar en hulle wen die Ceresvallei federasie wedvlug. Saterdag 26 September vlieg die duiwe vanaf Hopetown in die Noord-Kaap. BHPS - Beaufort Wes 2 1. Emile Arries - 1397.538 mpm 2. Emile Arries - 1397.139 mpm 3. Emile Arries - 1397.039 mpm 4. Van Rooy Loft - 1393.161 mpm 5. Roberto van Wyk - 1392.563 mpm Ceresvallei federasie wedvlug Beaufort Wes 2 1. Meyer en Van Wyk - 1401.566 mpm 2. Steven Williams - 1400.941 mpm 3. Team Koopman ARL 1400.109 mpm 4. Team Koopman ARL 1400.109 mpm 5 JRK Lofts - 1399.628 mpm CHPS - Beaufort Wes 2 1. Team Koopman ARL 1400.109 mpm 2. Team Koopman ARL 1400.109 mpm 3. Neil en Abdul - 1399.363 mpm 4. Neil en Abdul - 1398.965 mpm 5. Cyril en Ann Davids - 1391.957 mpm