Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.29 no.36 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

R12

VOLUME 29 NO. 36

4-DAG WEERVOORUITSIG Donderdag 17/09/2026

Vrydag 18/09/2026

Saterdag 19/09/2026

Sondag 20/09/2026

3° 16°

3° 17°

6° 21°

10° 22°

CERES KOEKEDOUW DAM

94,9%

TULBAGH DAM

100%

WAVERENSKROON TULBAGH

63%

FRIDAY, 18 SEPTEMBER 2026

Besoek Ceres op 17 September

(023) 312-2144 l CERES

• Air conditioning • Refrigeration MICHAEL SMIT 082-265-6828 cooltech@lando.co.za

Lesing geneem: 2026/09/16

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Twee mans gevang na mislukte roof

DRIE mans, waarvan twee gewapen met 'n vuurwapen en 'n mes, het die naweek 'n besigheid op Ceres probeer beroof.

Die mans het later met leë hande laat spaander voordat twee van die verdagtes gearresteer is. Die voorval het Saterdag 12 September omstreeks 13:00 plaas­ gevind. Drie mans het die besigheid binnegestap en 'n vuurwapen op die bestuurder en eienaar van die onderneming gerig en gesê dit is 'n roof. Een van die verdagtes het net daarna die eienaar met die mes in die skouer gesteek. Beide gewapende verdagtes het kort hierna by die winkel uitgehardloop. Vasgetrek Een van die rowers, vermoedelik die messteker, is nie ver van die besigheid wat hulle probeer beroof het, vasgetrek en geboei voordat hy na die polisiestasie geneem is. Ongeveer 90 minute later is 'n tweede verdagte, vermoedelik die een met die vuurwapen, naby Morceaux plaas vasgetrek waar hy saam met ander mense gestap het. Sekuriteitsdienste, wetstoepassers en die polisie het saamgewerk om die twee verdagtes vas te trek. Die twee mans is moontlik lede van 'n sindikaat en word gesoek vir 'n besigheidsroof op Franschhoek. Mahki Mqalo (37) en Onke Kokolo (35) het 14 September vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn voordat die saak tot 21 September uitgestel is. Die winkeleinaar is na Worcester Mediclinic geneem vir behandeling en later ontslaan. Hy sterk tans goed aan.

Skedel op rivierwal gevind DIE Ceres SAPD en lede van die polisie se forensiese-afdeling is Sondag 13 September omstreeks 17:00 ontbied toe iemand 'n menslike skedel teen die rivierwal tussen Rivierkantstraat en Vierdelaan opgemerk het. Met nadere ondersoek is gevind dit is slegs 'n skedel sonder enige ander beendere. 'n Geregtelike doodsondersoek is geregistreer waarna die skedel na 'n patoloog en antropoloog gestuur sal word vir DNA toetse. * 'n Menslike skedel is in Maartmaand naby die treintonnel in Michellspas gevind. Die polisie het die skedel weggestuur vir toetse en daar is bevind dat die skedel ouer is as 100 jaar. Volgens 'n antropoloog dateer die skedel rondom die 1900's.


2 l WITZENBERG HERALD l 18 SEPTEMBER 2026

CERES Primêr leerders het Vrydag 11 September Nasionale Boekeweek afgesluit en soos hul gunsteling boekkarakters aangetrek. Daar was van prinsesse tot superhelde gewees, van snaakse karakters tot dapper avonturiers - die skool was gevul met kleur, verbeelding, kreatiwiteit en natuurlik ’n liefde vir lees! * Lees. Verbeel. Ontdek. Droom.

CERES (023) 316-2226 Exciting opportunity at Ceres Superspar

CASHIERS

ESTATE NOTICE ESTATE NUMBER: 030310/2025 In the estate of the late MARK ROBERT BARON (Id. nr: 710124 5094 080), married in community of property to ROSE-MARY CHRISTELÉNE BARON (Id. Nr: 720124 0081 080), living at 1 MARITZ STREET, CERES, 6835 and deceased at CERES, on 14 JULY 2024. Creditors and Debtors in the above estate are hereby requested to lodge their claims with - and pay their debts to the undersigned, within a period of THIRTY (30) DAYS from THURSDAY, 17 SEPTEMBER 2026.

ATTORNEY FOR EXECUTOR 2 Flamingo Street, Worcester West, 6850

KENNISGEWING AANVAARDING: 2022/2027 GOP EN BEGROTING PROSESPLAN Kennis geskied hiermee dat die volgende dokumente gedurende die Raadsvergadering op 26 Augutus 2026 goedgekeur is. • 2027/2032 GOP en Begroting Prosesplan

NOTICE ADOPTED: 2022/2027 IDP AND BUDGET PROCESS PLAN Notice is hereby given that the following documents were approved at the Council meeting held on 26 August 2026. • 2027/2032 IDP and Budget Process Plan D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER Voortrekkerstraat 50, Ceres 6835 50 Voortrekker Street, Ceres,6835

The following requirements are needed: • Previous experience as a cashier will be advantageous • Confident and honest • Ability to remain calm under pressure • A sense of responsibility • Be able to work under pressure • Must have people skills (must have previously worked with clients and must understand customer service) • Willing to work shifts and weekends • Fully bilingual (English & Afrikaans) • Must have matric with exceptionally high marks in maths and both Afrikaans and English to apply • Willing to join as soon as possible. • Preferably reside in Ceres/Wolseley Salary negotiable. Please include a copy of your CV, ID and your SARS Notice of Registration (IT150) reflecting your Tax Reference Number with your application: ceres.superspar2@gmail.com For attention: Human Resources Closing date for applications: 25 September 2026 Availability: Willing to join as soon as possible Should you not receive any feedback by Wednesday 30 September 2026 please consider your application unsuccessful.

Grasie vir ons tieners kom luister 'n bietjie ZINZONOVIC Links van Ceres skryf: MET die skrywe wil ek 'n dringende pleidooi rig aan alle ouers en familie.

Net omdat julle kinders, veral julle tieners, soms uit lyn uit trap, rebelleer, ongehoorsaam is, stout optree of dalk gruwelik optree, beteken dit nie dat daai kind sonder hoop is nie. Onthou net, dit is die heel eerste keer dat daai kind in daardie fase is van tienerskap. Dit is die eerste keer dat hy of sy deur al die veranderinge en uitdagings gaan en dalk weet die kind selfs nie eers hoe om te reageer nie. Hulle weet dalk nie hoe om dinge "reg" te doen nie, want julle is dalk te besig om hulle te kruisig vir elke fout wat hulle maak in plaas daarvan om hulle te help en te ondersteun. Dis hoekom tieners soms sê hulle haat hul ouers - omdat hulle voel hulle word nie reg gehelp nie. Hulle probeer die wêreld verstaan, terwyl hulle self nog deur al die veranderinge gaan en nie altyd weet hoe om te reageer nie. Die druk en verwagtinge kan baie swaar wees en dit kan kinders se selfbeeld en welstand beïnvloed. Soms isoleer hulle hulleself en in erg gevalle kan dit lei tot selfmoordgedagtes. Volwassenes moet onthou, hulle is nog kinders en hulle het julle nodig - nie net om te kritiseer nie, maar om te help, te ondersteun en te lei deur hierdie moeilike fase. Kom ons wees geduldig, luister en wees daar vir hulle sodat hulle die liefde en leiding kan kry wat hulle verdien en nodig het om te groei en te blom.

Please DO NOT send your CV if you do not reside in Ceres or Wolseley and please DO NOT apply via Face-book. Only CV’s received via e-mail will be attended to.

BRONAAR PLASE (EDMS) BPK Bronaar Plase (Edms) Bpk, geleë in die Koue Bokkeveld, wat bestaan uit vrugte- en groente produksie-eenhede, verlang die dienste van ‘n persoon om deel van ons span te word vir onderstaande vakature:

BESPROEIINGS SPESIALIS: GROENTE Verantwoordelikhede: • Verantwoordelik vir besproeiing van 200ha groente • Produktiwiteit verbeterings inisiatiewe • Motivering en ontwikkeling van werksmag • Daaglikse doelwitte en rekordhouding van besproeiing Vereistes: • Goeie interpersoonlike menseverhoudinge • Goeie organisasievermoë • Ondervinding in gerekenariseerde besproeiingstelsel en gewasstelsels sal die aansoek versterk • Vermoë om onafhanklik te werk • 7- 10 Jaar ondervinding in die bedryf • Moet goed in ‘n span kan funksioneer om die maatskappy se doelwitte te bereik • Sober gewoontes Bogenoemde vakature sal direk aan die Afdelingsbestuurder rapporteer en ‘n mededingende vergoedingspakket word aangebied. Stuur CV aan Madelein Gagiano by: madelein@bronaar.co.za Of gee aansoek by Bronaar kantoor in. Navrae: Steyn Marais 078-803-9320 Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 September 2026 Diensaanvaarding: 1 Desember 2026 Indien u teen 9 Oktober 2026 nog geen terugvoer gekry het nie, neem aan dat u aansoek onsuksesvol was.

Ons onderneming fokus op die ontwikkeling, finale verwerking, verpakking en bemarking van droëvrugte, neute en verwante spesialiteitsprodukte vir die Suid-Afrikaanse en internasionale kleinhandel. Die volgende loopbaangeleentheid het by ons verwerkings- en verpakkingsaanleg in die Ceres-vallei ontstaan.

SENIOR REKENMEESTER Die posbekleër vorm deel van ‘n dinamiese finansiële span en rapporteer direk aan die Finansiële Bestuurder. Werksaktiwiteite sluit o.a. in: • Opstel van maandelikse bestuurstate en verwante inligting • Opstel van jaarlikse uitgawe begrotings • Maandelikse rapportering van uitgawes teenoor begroting • Bestuur van volle krediteure funksie en krediet aansoeke • Nasien van krediteure rekonsiliasies en opstel van betalings • Inkomstebelasting en BTW berekeninge, rekonsiliasies en indienings • Nasien van maandelikse kontrolerekening rekonsiliasies en finansiële afsluitings • Kontantvloei bestuur en rente berekeninge • Voorbereiding en bestuur van jaarlikse finansiële asook BEE oudit • Nasien en goedkeuring van lone • Assisteer met kwartaallikse voorraadtellings • Opstel van die Trusts se jaarlikse finansiële state en korrespondensie met eksterne diensverskaffers vir belasting en sekretariële werk wat hiermee verband hou • Koördinering en bestuur van relevante inligting, dokumentasie en navrae • Skakeling met interne en eksterne partye soos nodig. Die volgende vaardighede is belangrik: • Om teikendatums stiptelik na te kom en goeie tydsbestuur te kan handhaaf • Om onder druk gefokus en akkuraat te kan funksioneer • Om ‘n goeie spanspeler te wees, maar ook onafhanklik te kan werk • Gevorderde MS Excel vaardighede. Kandidate wat oor ‘n BComm graad (Finansiële Rekeningkunde) en bewese werkservaring (minstens 3 tot 5 jaar) beskik, is welkom om aansoek te doen. Voltooide klerkskap, CAIPA of SAICA sal die aansoek versterk. Die vergoedingspakket sal markgerig wees. Marianne Rousseau ontvang alle navrae en aansoeke vertroulik by mrousseau@mweb.co.za tot Vrydag, 25 September 2026.


18 SEPTEMBER 2026 l WITZENBERG HERALD l 3

Drieë gedruk, selfvertroue gebou met rugbykliniek DIE Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit se landelike en maatskaplike ontwikkelingseenheid het die afgelope naweek ’n drie gedruk toe die span twee rugbyklinieke vir jong, aspirant-vrouerugby­ spelers op Ceres en Worcester aangebied het.

Die klinieke het groot belangstelling onder jong rugby­ spelers gelok wat graag hul vaardighede wou ontwikkel en meer oor die sport wou leer. “Hoewel vandag se opleiding sal help om die speelveld vir die toekoms van vroue in rugby gelyker te maak, is dit nog belangriker dat dit die selfvertroue en vaardighede van jong vroue in sport sal versterk,” het die onderburge­ meester van die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit, rdl. Margeret Sampson, gesê. “Die lesse wat vandag geleer word, sal jong vroue help

om hulself in enige sportsoort waarop hulle wil fokus te ontwikkel.” Die kliniek se afrigters het die oudrugbyspeler Wayne Julies, asook verskeie ander afrigters van die Bo­ land rugbyunie, ingesluit. Die meisies het die dag span­ deer om hul systappe, skrums, balhanteringstegnieke en ontwykingstegnieke te oefen. Hoewel sommige van die spelers aanvanklik ’n bietjie skaam was, het dit nie lank geduur voordat daar gelag is en die pret begin het nie. En hoewel die meisies aanvanklik ’n bietjie versigtig was, het hulle gou hul selfvertroue gevind en gewys dat hulle beslis ’n mededingende gees het wanneer dit by duikslae en ander tegnieke kom. Die rugbyklinieke vorm deel van die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit se voortgesette fokus op die skep van geleenthede vir jong mense om aan sport deel te neem, hul vaardighede te ontwikkel en selfvertroue te bou.

DIE nasionale departement van water en sanitasie het die week gesê dat opgaardamme se watervlakke in die Wes-Kaap stabiel gebly het ten spyte van geringe dalings in sommige damme in die vorige week. Min reën is ook die afgelope ses weke in die Wes-Kaap gemeet. Voëlvlei naby Gouda wat Kaapstad van water voorsien se vlak staan op 58,58%. Die Ceres Koekedouw­ dam is tans 94.9% vol, Tulbagh dorpsdam is 100% vol en die Waverenskroondam buite Tulbagh staan op 63%. * By ILeaf en Hortec se weerstasies in die streek is daar van 11-16 September nagenoeg 45.2 mm reën op Ceres gemeet, by Bo-Swaarmoed/ Lakenvlei is 35.6 mm gemeet en in die Koue Bokkeveld tussen 21.3 en 54.4 mm gemeet. By Romansrivier is 35.6 mm en in die Winterhoekomgewing by Tulbagh is 11mm gemeet.

Spaza winkel beroof IN 'n ander voorval die naweek is 'n spaza winkel in Nduli beroof deur drie mans van iets in die 20's.

Die voorval het Vrydagaand omstreeks 22:00 plaasgevind. Een van die verdagtes het 'n koeldrank gekoop en terwyl die werknemer gaan kleingeld haal het, het die verdagtes die veiligheids­ hek met 'n staalknipper oopgemaak. Een verdagte het 'n vuurwapen op een van die buitelanders gerig. Die ander werknemer het gevlug voordat die ander buitelander se selfoon deur die verdagtes gevat is. Hulle het toe op die vlug geslaan.

STUDENTE, internasionale universiteitsspanne en 'n groep plaaslike innoveerders neem van 10 tot 17 Sep­tember deel aan die tweejaarlikse Sasol Solar Challenge oor 2 500 kilometer. Die vloot futuristiese son­ krag-aangedrewe voertuie besoek Ceres vir die eerste keer en sal Donderdag 17 September tussen 10:30 en 15:00 by Charlie Hofmeyr Hoërskool vertoef voordat hulle na die eindpunt op Franschhoek vertrek. * Dit is 'n afstanduitdaging. Die werklike toets is nie wie eerste oor die wenstreep kom nie, maar wie 'n sonkragmotor dag na dag aan die gang kan hou oor die land se moeilikste paaie en te midde van onvoorspelbare weers­toestande. Elke motor in die groep moes van die grond af ontwerp en gebou word deur die span wat dit bestuur - dit beteken dat geen twee voertuie dieselfde is nie. Die gevolg is dat elke sonkragmotor dien as 'n bewegende ingenieursverhandeling - die fisiese manifestasie van jare se laatnagte, mislukte prototipes en hardnekkige optimisme wat saamgesmelt het in 'n voertuig wat slegs op sonlig loop. Elke dag van die uitdaging moet spanne tussen 250 en 300 km aflê. Skole word besoek en is daarop gemik om bewustheid en entoesiasme te kweek en geleenthede te skep vir leerders wat belangstel in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde.


4 l WITZENBERG HERALD l 18 SEPTEMBER 2026

AKESHIA Haywood van Laerskool Gericke, het die naweek haar netbal SA afrig­ting vlak 1 kursus suksesvol voltooi. Akeshia het uitstekende resultate behaal met 90% vir haar teorie en ’n indrukwekkende 98% vir prakties.

MORRISDALE Primêr is ongelooflik trots op Ava Rooi wat ’n tweede plek behaal het tydens die WOW Wes-Kaap spelkompetisie. Ava, ’n graad 5 leerder, gaan op 3 Oktober aan die WOW nasionale spelkompetisie deelneem by die Universiteit Stellenbosch waar sy teen die top 4 graad 5 spellers van elke provinsie in die land sal meeding. Hier is Ava saam met haar afrigter, Tasneem Manefeldt-Kirkwood, afgeneem.

TWEE tennisspelers van Laerskool F.D. Conradie, Jacobus Botha en Wilmie Murray, is ingesluit in die Kaapse Wynland tennisspan. Jacobus is opgeneem in die o/10 span en Wilmie in die o/13 span.

DAAR is meer as 40 laer- en hoërskole in die Witzenbergstreek. Almal het die geleentheid om prestasies van leerders gratis in te stuur vir publikasie in die koerant. Net 'n handjievol skole gebruik egter van die geleentheid en dit skep die persepsie en vals beeld dat net sekere skole se inligting in die koerant gebruik word. Ouers, voogde en grootouers wat wil sien dat hul skole meer gebruik maak van die diens, kan dit gerus met die skool self opneem sodat hulle dit instuur.

32 DEGREES SOUTH FRUIT (EDMS) BPK

Posbus 73, Koue Bokkeveld, 6836 ☎ (023) 317-1503 E-pos: admin@langrivier.co.za

PAKHUISBESTUURDER ’n Gevestigde pakstoor in die Koue Bokkeveld is op soek na ’n ervare Pakhuisbestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die effektiewe bestuur van die volledige pakstoor- en BA opbergingsfasiliteit. Verantwoordelikhede: • Bestuur die daaglikse verpakking, sortering, hantering en versending van vrugte volgens produksie-, kwaliteit- en markvereistes. • Bestuur verkoeling, koelkamers en BA opberging om optimale koueketting en produkgehalte te verseker. • Beheer voorraad van vrugte, verpakkingsmateriaal en pakhuisbenodigdhede, insluitend akkurate voorraadrekords en produkrotasie. • Lei en bestuur pakstoor- en pakhuispersoneel, insluitend personeelbeplanning, produktiwiteit, opleiding en dissipline. • Verseker voldoening aan kwaliteit-, voedselveiligheids-, higiëne- en veiligheidsstandaarde (BRCGS & HACCP). • Monitor produktiwiteit, verliese, kostes en bedryfsdoeltreffendheid en rapporteer aan Direksie. Vereistes: • Minimum 5 jaar toepaslike bestuurservaring in ’n vrugtepakstoor, BA opberging of soortgelyke omgewing. • Sterk mense-, voorraad- en operasionele bestuursvaardighede met kennis van alle toepaslike wetgewing. • Kennis van optiese sortering. • Kennis van vrugtehantering, verpakking en kouekettingbestuur (insl. BA opberging). • Vermoë om onder druk te werk en gedurende die seisoen langer/onreëlmatige ure te hanteer. ’n Markverwante vergoedingspakket word aan die suksesvolle kandidaat aangebied. Aansoeke moet vergesel wees van ’n CV en gestuur word aan: admin@langrivier.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 September 2026 Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Kandidate wat geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan hul aansoek as onsuksesvol beskou.

JAYTEN Jafta is onlangs gekies vir die Boland rugby o/12 B span.

SES leerders van Laerskool Koue Bokkeveld is gekies om op 3 Oktober aan die Wilson Masters deel te neem. AGTER: Luah du Toit, Ben van der Merwe, Wikus Bothma, Cassie du Toit en Zané Bothma. VOOR: Lindie van der Merwe.

LOGISTIEKE K OÖRDINEERDER KOÖRDINEERDER Ceres Koelkamers (Edms) Bpk, geleë in die Schoonvlei industriële gebied, is op soek na ’n ervare, energieke en dinamiese persoon vir bogemelde pos. Die Logistieke Koördineerder rapporteer direk aan die Operasionele Bestuurder van die afdeling. VEREISTES: • Matriek is ’n vereiste, ’n relevante tersiêre kwalifikasie sal voordelig wees; • Bewese relevante ervaring in logistiek omgewing, vrugtebedryf VERANTWOORDELIKHEDE: • Skakeling met pakhuise, bemarkers en relevante • Detail-georiënteerd, met sterk eienaarskap van take interne/eksterne partye • Moet onafhanklik kan werk, opdragte uitvoer • Volledige en akkurate versending van palette na en proaktief wees die uitvoer- en plaaslike mark volgens uitlaai• Bereid om oortyd en naweke te werk indien nodig instruksies • Bestuur en byhou van palletvoorraad op Vitrax • Uitstekende kommunikasievaardighede (Afrikaans en Engels) • Koördinering van spanlede en daaglikse • Funksioneer goed in ’n span funksionering binne die span - nie as • Sterk rekenaarvaardighede afdelingshoof nie, maar as verantwoordelike • Eie vervoer en geldige Kode 8-lisensie koördineerder wat selfstandig werk • Proaktiewe identifisering en hantering van Aansoeke sluit: 25 September 2026 operasionele knelpunte, in oorleg met die Begindatum: 15 November 2026 operasionele bestuurder

CV’s, dekbriewe en salarisverwagtinge kan gestuur word na: elana@cereskoelkamers.co.za NEEM KENNIS: SLEGS KORTLYS KANDIDATE SAL GEKONTAK WORD.

Alle wervingsprosedures word in lyn met die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting, Wet 4 van 2013, uitgevoer.


18 SEPTEMBER 2026 l WITZENBERG HERALD l 5

Saak uitgestel 'n JONG man (18) verskyn tans in die Ceres streekhof op 'n aanklag van moord.

'n GRAAD 6 leerder van Matjiesrivier NGK Primêre skool buite Ceres, Montrue Kalmeyer, is opgeneem in die Boland land­ loopspan. *Namens die leerders, personeel en beheerliggaam wil ons almal opreg bedank vir die ondersteuning en ruim bydrae aan die skool. Dankie aan Johnery Mouton, Marianne Geldenhuys en die Witzenberg munisipaliteit.

CERES parkrun is Saterdag 12 September vir die 325ste keer aangebied. Die groep stappers het gestap om mense bewus te maak oor Hydrocephalus. * Ceres Parkrun het op 14 April 2018 hul eerste byeenkoms aangebied. Belangstellendes word uitgenooi om te kom deelneem. ** Hydrocephalus is a medical condition caused by an abnormal buildup of cerebrospinal fluid (CSF) in the cavities, or ventricles, deep within the brain. This excess fluid enlarges the ventricles and puts harmful pressure on surrounding brain tissues.

Die saak teen John-Lee Mentoor is uitgestel sodat 'n voorverhoor gehou kan word om te bepaal of die staat reg is om met die verhoor te begin. Mentoor het meer as 'n jaar gelede, op Sondag 18 Mei 2025 omstreeks 02:40, saam met 'n paar vriende in Proteastraat by 'n woning in die Vredebes woonbuurt, gerook en gekuier. Die oorledene, David Januarie (40), het die oggend binne die huis musiek gespeel wat die groep jongmense wat buite gekuier en dwelms gerook het, nie aangestaan het nie. Daar het na bewering 'n rusie tussen Januarie en Mentoor ontstaan toe Januarie hom blykbaar met 'n besemstok wou slaan. Hy het Januarie toe na bewering twee keer met 'n mes gesteek voordat Januarie in die huis gehardloop en die deur gesluit het. Januarie is later in die huis dood. Gearresteer Mentoor wat minderjarig was ten tye van die misdaad, is kort na die moord deur die Ceres polisie gearresteer. 'n Lasbrief is ook al by twee geleenthede uitgereik. In beide gevalle het hy en sy voog blykbaar vergeet van sy hofdatum of net nie opgedaag by die hof nie. Die saak is tot 21 Oktober uitgestel.

CERES VLV VIER 95 JAAR

Op 8 September 2026 het die Vroue-Landbouvereniging (VLV) van Ceres hul 95’ste bestaansjaar gevier met ‘n pragtige en gesellige funksie in die sitkamer van die NGK Prince Alfred’s Hamlet. Die lokaal was kleurvol versier met blommerangskikkings en uitstallings van die handwerk van die lede wat o.a. kunswerke, fotografie, borduurwerk en naaldwerk ingesluit het. Die VLV is gestig in 1929 op Franschhoek deur mev. Jossie Ackermann. Vroue is deur moeilike tye in die geskiedenis en die doel was om ‘n organisasie te stig wat vroue sal bemagtig. Ceres-tak was bevoorreg om verskeie oud-voorsitters van hul tak te verwelkom. Die voorsitters van ander takke in hul sirkel nl. Montagu, Robertson, Bonnievale en Worcester het ook die geleentheid bygewoon. Op die wyse is daar erkenning gegee aan die ryk geskiedenis en die bydrae van verskeie vroue oor die afgelope 95 jaar by Ceres tak.

Oud-Voorsitters

Huidige bestuur

Agter: Vicki Fereira (Sirkel-president), Vera Alberts, Hannelie van Schalkwyk (huidige voorsitter), Verna Moore, Angelique Brink, Lona Lourens en Elsa Lombaard Voor: Dorothy Krige, Philda Conradie en Sisca Conradie

Agter: Tharina Steyn, Hannelie van Schalkwyk (Voorsittter), Vera Alberts, Leoni Jonhnston Voor: Nicolene Pienaar, Magda Geldenhuys, Cobie Coetzee en Mareen van der Merwe

Deur die jare het die VLV ‘n bydrae gemaak om baie dinge te vestig wat ons vandag as vanselfsprekend aanvaar: • Sykouse in verskillende groottes • Vervaldatums op produkte • Fietsrybane in beboude gebiede • Verlaging van bloedalkohol van 0.15% na 0.08% • Opritte by teerpaaie vir trollies ens • Strenger regulasies om seelewe te beskerm en • Vervaldatums op saadpakkies.

Nicolene Pienaar, Petro Kotze, Peggy Noth­ nagel en Susan Conradie geniet die feesvier­ inge saam met die res van hul VLV­vriendinne.

Rdl. Trevor Abrahams (Burgemeester: Witzenberg munisipaliteit), Zelda van Heerden (Voorsitter: Montagu­tak) & Heinie du Toit (Voorsitter: Boerevereniging) Gelukwense is oorgedra deur Rdl. Trevor Abrahams (Witzenberg munisipaliteit) wat erkenning gegee het aan die belangrike rol wat verskeie Landbou-vroue, vanuit Witzenberg omgewing, in sy lewe gespeel het. Heinie du Toit het namens die Boerevereniging gelukwense oorgedra en het klem gelê op die belangrike rol wat vrouens vervul om gemeenskappe bymekaar te hou. Laastens het Zelda van Heerden (Montagu-tak) gelukwense oorgedra namens die ander takke in die Worcester-sirkel.

Die VLV is ‘n inter-kerklike, multi-kulturele organisasie vir vroue met meer as nege miljoen lede wêreldwyd. VLV Kaapland is ‘n lid van die Wêreldbond van Plattelandse Vroue. Ceres-tak het tans 51 aktiewe lede wat op ‘n maandelikse basis vergader. Die organisasie se kernwaardes is die bou van kennis en vaardighede, gesonde gesinslewe, welwillendheid teenoor mede-landsburgers en betrokkenheid by die gemeenskap. NAVRAE: Hannelie van Schalkwyk 082-239-7076


6 l WITZENBERG HERALD l 18 SEPTEMBER 2026

WITZENBERG HERALD (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com

14 Te Koop

TE KOOP

Duo Comfort oorfone Bluetooth

R2 000

(Waarde: R2 499)

Skakel

17 Dienste aangebied CENTRAL CERES MOTORS Service Center & Panelbeating

• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing

082-721-4043

Voortrekker St., Ceres

TE KOOP

☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

7 Binnedeure vir

R1 400

Louw-Marie 083-634-8068 louwmarieshepherd8@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres

of 1 deur vir

R250

Skakel

082-468-2649

17 Dienste aangebied Boland Roll on Lawn

Verskaffing, aflewering en pak van

ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: • Beddegoed • Breekgoed • Gordyne • Handdoeke Somersklere reeds uitgepak! Dankie vir al die donasies Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke!

Oorkant Hollywood Bets (Totes) in Lyellstraat Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres

Mechanical workshop • Engine overhaul • General Services • Suspension • Brakes • and more

André du Preez 082-639-2800 (023) 313-4422

Ma - Vry: 09:00 - 16:30 Sat: Slegs oop 19 Sept. en 3 Okt.

OPE DAG: 28/11/2026 Stalletjies @ R100 per stalletjie

crazypistonsct@gmail.com

AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

082-859-2300

AND ART FRAMING SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN 083-227-6476

CHARLIES

•Locksmith •Handyman and •Mobile Carwash

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276

42 Implemente PLANT AND TOOL HIRE

At the comfort of your own home R100 Small R150 SUV

For appointments contact Charles at 072-705-5233

✔ Braai @ R100 ✔ Burgers ✔ Slap chips ✔ Koeldrank ✔ Koek ✔ Klein koekies ✔ Koeksisters ✔ Pudding tafel ✔ Kindertafel ✔ Worsrolletjies ✔ Outydse mandjies ✔ Crafts tafel ✔ Vis breyani ✔ Koffie stasie ✔ Scones / Muffins ✔ Groentepot ✔ Kerrie (kerrie buns / roti) ✔ Pannekoek

✔ Toutrek ✔ Dominoes

Stalletjies open vanaf 09:00

Mini skip rentals

2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎ (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

WENDY HOUSE FOR SALE • 12,5 sq meters (2,5m x 5m) • Two doors with flyscreens • One window • Rubber matting on floor • Ceiling material • Virtually brand new, been standing empty • For collection in Tulbagh

R22 000,00 onco Contact Averil | 083 261 2863

www.chainboland.co.za


18 SEPTEMBER 2026 l WITZENBERG HERALD l 7

TIEN tennisspelers van Laerskool Koue Bokkeveld is gekies om die Kaapse Wynland tennisspan te verteenwoordig. Hierdie spelers is na drie proewe opgeneem in die span wat vanaf 9-11 Oktober teen die Overbergen Weskus-streek speel. VLNR: Christopher du Toit, Cassie du Toit, Ben van der Merwe, Wikus Bothma, Mia Gagiano, Helené du Toit, Cara van den Heever, Zoey Carolus, Zané Bothma en Lindie van der Merwe.

SENSHI Dojo, 'n karateklub op Ceres, se karatekas het aan die Cobra-liga deelgeneem en 25 medaljes ver­ ower. Die klub het ’n indrukwekkende derde plek uit 18 Dojo’s behaal! Die groep het ses goue, sewe silwer en 12 brons medaljes verower. Onder die uitblinkers was Taylor Engelbrecht en Izak Krige, wat elk twee goue medaljes verower het terwyl verskeie karatekas podiumplekke in kata, kumite en kobudo behaal het. AGTER: Lee-Roy van der Merwe, Adriel Ndlovu, Lukas Krige, Taylor Engelbracht, Le Roux Hough, sensei Wayne Vermeulen, Vashawn Botha-Louw, Esric Cupido, Izak Krige, Ireasha Green, Layla Scott, Maisha Mars en Bellané Vermeulen. VOOR: Rhroemano Bohtiile, Lincan Mars, Ruan du Preez, Kieran Krotz, Stijn Van Zyl en Jano Hanekom. HEELVOOR: Gerrit Basjan Vermeulen. AFWESIG: Barnabas “Barnie” Magyar.

LEERDERS van Laerskool Gericke het onlangs aan die eerste rondte van die ATKV se Woorde Open Wêrelde (WOW) spelkompetisie deelgeneem. VLNR: Sophia Hofmeester (graad 1 Afrikaans - tweede), Carla-Mari Maass (graad 2 Afrikaans - tweede), Anelda Grimbeeck (graad 6 - tweede), Noah Viljoen (graad 5 Engels vierde), Lumnandi Josi (graad 7 Engels - tweede) en Ashanti Sithole (graad 7 Engels - vierde).

SES tennisspelers van die Laerskool Koue Bokkeveld het aan die Paarl Primêr se o/11 tennistoernooi deelgeneem wat plaasgevind het op 11 en 12 September. Altesaam 8 spanne het aan die toernooi deelgeneem. AGTER: Gian Gagiano, Zack le Roux en Christopher du Toit. VOOR: Bernhardt du Toit, Luka van Zyl en Christopher Wagener.

Notice of Water Use Licence Application Cape Aqua Minerale Farm nr. 194/372, Ceres, Western Cape. 60-day Period of Public Participation: 18/09/2026 - 20/11/2026 To whom it may concern:

Cape Aqua Minerale holds a Water Use License (Licence No.02/H10C/A/8189 and File No. 27/2/2/H310/5/1) for abstracting 17 570 m3/a of groundwater from a borehole on Farm 169/372. Cape Aqua plans to decommission this borehole and authorise the taking of 135 050 m3/a of groundwater from Farm 194/372 for industrial (Non-Urban) purposes, as well as for commercial use (water bottling). This Notice of the Application serves as part of the public participation process, as mandated by Section 41 of the National Water Act (No. 36 of 1998). Groundwater will be abstracted from one production borehole that was correctly yield tested according to SANS 10299-4:2003, Part 4 National Standards. The yield testing was undertaken by GEOSS South Africa (Pty) Ltd. The sustainable pumping rates have been determined based on data obtained during yield testing. The implementation of groundwater monitoring will be recommended to ensure sustainable abstraction. Supporting documentation, such as the Geohydrological Assessment Report can be made available upon request. Water use

Description

Section 21 (a)

Taking water from a water resource

Section 21 (g)

Disposing of waste in a manner that may impact a water resource of the National Wter Act (NWA) (Act No. 36 of 1998).

Volume (m3/a)

Abstraction Locality

135 050 Farm 194/372

2 835

Purpose Industrial (NonUrban) and Commercial use (Water bottling)

Washing Solar Panels

Members of the public are invited to submit any comments, questions, or concerns regarding this application to the relevant consultants before 20 November 2026 at: Aqeela Parker Abigail Oellermann WULA Consultant WULA Consultant aparker@geoss.co.za abi@geoss.co.za 021 880 1079 021 880 1079 www.geoss.co.za www.geoss.co.za


8 l WITZENBERG HERALD l 18 SEPTEMBER 2026 Die Witzenberg Her­ ald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en ge­druk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Ei­l­a nd. Geen ad­vertensie/re­­ daksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars vol­ gens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gere­ produseer word nie.

Sport Witzenberg Herald

Mars se duif wen moeilike wedvlug WEDVLUGDUIWE het verlede Vrydag vanaf Bloemfontein gevlieg.

Cameron en Wilco blink uit vir Bokke TWEE Springbokke wat die afgelope maand aan die Greatest Rivalry reeks teen die All Blacks deelgeneem het, het in die Witzenbergstreek grootgeword en skoolgegaan. Wilco Louw (links) was vanjaar een van die staatmakers in die Bokspan wat die All Blacks voos geskrum het. Wilco het op Wolseley grootgeword en was op Drostdy op skool. Cameron Hanekom (foto bo) het sy terugkeer na die Bokspan gemaak nadat hy 'n jaar lank op die kantlyn gesit het weens 'n ernstige dyspierbesering. Die losvoorspeler is in die laaste drie toetse as impakspeler in­gespan. Cameron het die naweek een van die Bokke se ses drieë gedruk in die Baltimore oorwinning van 43-28.

Dit was 'n baie moeilike vlug vir die duiwe en slegs 'n handjievol kon hul hokke later die aand voor 18:00 bereik. Cameron Mars van CPS duiweklub se duif wen die WRPU sowel as die Ceresvallei federasie vlug. Die wedvlug vanaf Kroonstad het Saterdag plaasgevind. Dit was 'n moeilike wedvlug vir die duiwe en geen duif kon die wedvlug van amper 1000 kilometer in een dag voltooi nie. Die duiwe het eers van Sondagoggend ingeklok. Marius Koopman van CPS wen die Ceresvallei federasie vlug. Saterdag 19 September vlieg die duiwe weer vanaf Beaufort Wes. Ceresvallei federasie wedvlug Bloemfontein 1. Cameron Mars - 1262.922 mpm 2. Steven Williams - 1260.913 mpm 3. Meyer en Van Wyk - 1253.420 mpm 4. Lebretton Lofts - 1252.332 mpm CHPS - Bloemfontein 1. Cyril en Ann Davids - 1205.102 mpm 2. Cyril en Ann Davids - 1107.891 mpm 3. Team Koopman ARL - 1107.725 mpm 4. Cyril en Ann Davids - 1010.065 mpm Ceresvallei federasie wedvlug Kroonstad 1. Marius Koopman - 1116.070 mpm 2. JRK Lofts - 1086.391 mpm 3. Meyer en Van Wyk - 1085.712 mpm 4. N. Jacobs - 1051.124 mpm CHPS - Kroonstad 1. Mauritius Lofts - 1022.330 mpm 2. Clarence van Wyk - 935.344 mpm 3. Mauritius Lofts - 929.596 mpm 4. Team Koopman ARL - 793.214 mpm BHPS - Bloemfontein 1. Emile Arries - 1219.056 mpm 2. Marquine Pieterse - 1152.815 mpm 3. Van Rooy Lofts - 1132.629 mpm 4. Emile Arries - 1124.988 mpm 5. Marquine Pieterse - 1104.264 mpm BHPS - Kroonstad 1. Emile Arries - 982.472 mpm 2. Marquine Pieterse - 982.458 mpm 3. ODE Lofts - 941.445 mpm 4. ODE Lofts - 928.448 mpm 5. Emile Arries - 913.162 mpm

Bennie wen klubkompetisie SATERDAG 12 September het Ceres gholf­klub 'n enkel syfer plus kompetisie aangebied.

19mm Stone

Concrete & drainage

Building Sand

Plaster & mortar

Filling Sand

Backfill & levelling

Crusher Dust

Paving & compaction

G5 Sub base

Roads & foundations

Bennie van Rensburg was die wenner met 'n telling gelyk aan voorgee (0). Dawid Wesson was tweede met -1 gevolg deur E. Niewenhuys -1, Johann van der Merwe -2 en Simon Molaza -2. Kompetisies Op Saterdag 19 September word 'n 4BBB

stableford kompetisie aangebied. Op 26 September word die President vs Klubkaptein 4BBB (preferred drive) houespel kompetisie aangebied en koste beloop R350. Die gholfklub bied ook 'n splinternuwe kompetisie aan - Hole in One Shootout - wat plaasvind tussen 18:00-19:00 op Vrydae enige een is welkom. Die gewilde Vrydag Sundowner kompetisie word ook aangebied en kostes beloop R120 per speler.

Tulbagh l Ceres l Wolseley l Gouda l Hamlet l Porterville l Hermon l Saron l Riebeek-Kasteel l Breërivier 023 2300 306 l 082-2623 4112 info@lagrangevervoer.co.za

ANMARI du Toit van Laerskool Gericke en kranige hokkiespeler, is gekies om die o/14 Rebels A-span te verteenwoordig in die Cape Town premier liga (CPL). Dit is ’n kompetisie waaraan die beste Boland- en WP-spelers deelneem. Anmari het Laerskool Gericke se naam hoog gehou en twee van haar span se 3 doele aangeteken.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.29 no.36 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu