WH Her ald Witzenberg
FRIDAY, 11 SEPTEMBER 2026
R12
VOLUME 29 NO. 35
4-DAG WEERVOORUITSIG 9° 27°
7° 26°
9° 27°
from
NEW
Donderdag Vrydag Saterdag Sondag 10 September 11 September 12 September 13 September
7° 17°
CERES KOEKEDOUW DAM
95,2%
TULBAGH DAM
100%
WAVERENSKROON TULBAGH
63%
(023) 316-2463
Lesing geneem: 2026/09/09
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Agt keer lewenslank GEEN berou.
'n Veroordeelde verkragter wat meer as drie jaar gelede op Ceres gearresteer was weens die gewelddadige verkragting van twee vroue in 2023, het na al die jare steeds geen berou getoon toe hy verlede week een van die swaarste vonnisse in die Ceres streekhof se geskiedenis opgelê is nie. Altman Clint Sampson (46), ook bekend as Slams, is op 2 September agt lewenslange vonnisse deur streeklanddros Maseti opgelê. Vyf ander klagtes se vonnis moet samelopend met die lewenslange vonnisse uitgedien word. Geweldaddige verkragtings Twee vroue, nou 28 en 47 jaar oud, was in Julie en Augustus 2023, die slagoffers van verkragting en aanrandings. Sampson, wat 'n lang misdaadgeskiedenis het en in Bella Vista gewoon het, het met tye as tuinier gewerk voordat hy op 30 Julie 2023 gearresteer is.
Hy het beide vroue verkrag, beide met sy vuiste geslaan en met 'n mes gesteek en hulle ook met geweld gedreig en geïntimideer. Een van die vroue het hy ook ontvoer met die doel om haar ernstig aan te rand. 'n Derde vrou, nou 34 jaar oud, is in Augustus 2021 oorval maar sy kon later ontsnap nadat iemand aan haar deur kom klop het. Vonnis Sampson is agt keer lewenslange gevangenisstraf opgelê vir die agt klagtes van verkragting. Hy is ook tot 11 jaar gevangenisstraf gevonnis op drie klagtes van aanranding om ernstig te beseer, 12 maande gevangenisstraf op een klag van aanranding en vyf jaar gevangenisstraf vir die ontvoering. Die vonnis van 17 jaar moet samelopend met die lewenslange gevangenisstraf uitgedien word. Die tyd wat Sampson in aanhouding was voor die vonnis is ook in berekening gebring vir vonnis doeleindes. Sy besonderhede moet ook in die register vir seksuele oortreders opgeteken word. Hy sal sy vonnis in die Worcester gevangenis uitdien.
Toon geen berou ALTMAN Sampson (46), ook bekend as Slams, is op 2 September agt lewenslange vonnisse vir verkragting opgelê.
DIE sake is deur Ceres se gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele eenheid (GKS) ondersoek. VLNR: kst. Tiwana, a.o. Hopley, kapt. Jenny van Wyk (waarnemende bevelvoerder tydens die oortredings), a.o. AJ van Rooy en sers. Des Prins.
Puma Ceres - SPECIAL Diesel price valid until 30/09/2026
EFFEKTIEWE PRYS: R30.15/L
2 l WITZENBERG HERALD l 11 SEPTEMBER 2026
Veearts herstel goed na olifant haar omstamp 'n VEEARTS van Ceres wat twee weke gelede ernstig beseer is op Aquila ter wyl sy 'n olifant behandel het, gaan moontlik die week uit die Christiaan Barnard hospitaal se intensiewe sorg eenheid verskuif word. Haar herstel vorder goed en sy kan moontlik oor 'n week ontslaan word.
DIE Nduli gemeenskap het Dinsdag 8 September ingespring en deelgeneem aan Wêreld Skoonmaakdag. Wykskomiteelede het saam met amptenare van die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit, lede van Ceres’ly Clean Ceres’ly Green en personeellede van die Witzenberg munisipaliteit aan die skoonmaksie deelgeneem.
DIE Togryers museum se beheerraad het hul dank uitgespreek teenoor die Ceres Lionsklub vir hul jaarlikse kerrie en rys fonds insamelingprojek vir die museum. ‘n Rekord bedrag van R18 600 is ingesamel wat ‘n groot verskil gaan maak aan die museum se fondse. Dankie aan elkeen wat die projek ondersteun het.
en 'n snywond aan haar bo-been opgedoen. Onbeantwoord Navrae aan Aquila wildreservaat was na twee weke steeds onbeantwoord. 'n Woordvoerder het wel vroeër aan Die Burger gesê dat dit nog nie duidelik is wat presies gebeur het nie maar dat Aquila die voorval as 'n ongeluk beskou.
Die voorval het op 27 Augustus op die Aquila wildreservaat tussen Ceres en Touws rivier plaasgevind terwyl dr. Gibson van Sneeukop dierehospitaal besig was met 'n roetine ondersoek van 'n verdoofde olifant. Dr. Gibson was na wat verneem word die naaste aan die olifant en is omgestamp en ernstig beseer. Sy is op die toneel behandel en gestabi liseer voordat Air Mercy Services (AMS) se noodhelikopter ontbied is om haar na die Christiaan Barnard hospitaal in Kaapstad te vervoer. Gibson, wat 18 jaar werksaam was by Ce res dierehospitaal voordat sy einde 2025 haar eie praktyk geopen het, het gebreekte ribbes
WITZENBERG PALS het op 27 Augustus hul algemene jaarvergadering gehou wat deur 125 lede, vennote en belanghebbendes bygewoon is. Tydens die geleentheid is daar teruggekyk na die pad wat reeds ge stap is, maar veral ook om met nuwe doelgerigtheid vorentoe te kyk. Witzenberg PALS het oor die jare gegroei deur mense oor grense heen bymekaar te bring en ruimte te skep vir samewerking binne 'n land bougemeenskap wat voortdurend verander. Johann Kotzé (uitvoerende hoof van Agri SA) en Frazer Barry (musikant, verhoogkunstenaar en radio-aanbieder) was die gassprekers by die geleentheid wat vanuit verskillende invalshoeke bygedra het tot 'n gesprek oor landbou, gemeenskap, leierskap en die waarde van samewerking.
Retail - Store Manager Choice Clothing is seeking a Store Manager to manage their Ceres branch. The successful candidate will need to have a proven track record of at least 3 years retail management experience, as well as the following competencies: • Manage the store and staff compliment • Ensure that turnover figures are met as well as managing stock losses • Planning and organizing of store and stock requirements • Minimum of a Grade 12 qualification. All interested candidates must submit a brief CV for attention of Sabri Abrahams to: sabria@choiceclothing.co.za Please be advised that applications for the above position will close on 30 September 2026, at close of business. Please consider your application as unsuccessful should you not hear from us within two weeks after the closing date.
ACVV JAARVERGADERING KUNJE BOERDERY HET TANS ’N GELEENTHEID BESKIKBAAR VIR ’N GEDREWE, DINAMIESE EN ENERGIEKE PERSOON OM BY ONS SPAN AAN TE SLUIT.
LOGISTIEK & BEMARKINGSBESTUURDER VEREISTES • Matriek • Toepaslike tersiëre kwalifikasies/ondervinding sal in aansoeker se guns tel • Goeie menseverhoudinge handhaaf • Rekenaarvaardig: goeie kennis van Paltrack (of soortgelyke program) en Excel sal in aansoeker se guns tel • Goeie administratiewe- en organisatoriese vaardighede • Vermoë om onder druk te werk en sperdatums te hanteer • Selfstandig, verantwoordelik en selfgemotiveerd. • Goeie probleemoplossingsvaardighede • Kennis van die vrugtebedryf en/of logistiek • Vlot in Afrikaans en Engels
PLIGTE • Bemarking van binnelandse vrugte • Kommunikasie en skakeling met kliënte en verskaffers • Datavaslegging en instandhouding van akkurate rekords • Logistiek en vervoer reëlings
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: MAANDAG 21 SEPTEMBER 2026 CV’S KAN GESTUUR WORD AAN: leoni@kunje.co.za DIENSAANVAARDING: OKTOBER 2026 INDIEN U GEEN TERUGVOERING BINNE TWEE WEKE NA DIE SLUITINGSDATUM ONTVANG NIE, KAN U AANVAAR DAT U AANSOEK ONSUKSESVOL WAS.
17 September 2026 15:00 Huis Maudie Kriel Skakel Celesté Boer by (023) 316-1505 indien u die vergadering wil bywoon
19mm Stone Building Sand
Concrete & drainage
Filling Sand
Backfill & levelling
Crusher Dust
Paving & compaction
G5 Sub base
Roads & foundations
Plaster & mortar
Tulbagh l Ceres l Wolseley l Gouda l Hamlet l Porterville l Hermon l Saron l Riebeek-Kasteel l Breërivier
023 2300 306 l 082-2623 4112 info@lagrangevervoer.co.za
11 SEPTEMBER 2026 l WITZENBERG HERALD l 3
Een dood, een in hospitaal na messtekery op plaas EEN persoon is dood en 'n ander een beseer nadat hulle die naweek mekaar tydens 'n onderonsie met messe gesteek het.
Die voorval het Sondag 6 Septem ber omstreeks 22:00 op die plaas Vastrap in die Koue Bokkeveld plaas gevind nadat twee mans in 'n stryery
oor 'n meisie betrokke was. Die 26-jarige Athi Saula is dood nadat hy met 'n mes in die bors, rug en beide arms gesteek is. Owan Kroza (23) is ook beseer en later in die hospitaal opgeneem nadat hy in die bors gesteek is. Saula het weggestrompel en onder
'n boom inmekaar gesak en gesterf. Die beseerde Kroza het na 'n ander vertrek gehardloop en die mes daar gaan wegsteek. Kroza is van moord aangekla en het in die Ceres landdroshof verskyn. Die saak is tot 14 September uitgestel vir verdere ondersoek.
Saak uitgestel vir borgaansoek 'n MAN (44) se borgtogaansoek is die week weer in die Ceres landdroshof uitgestel. VERMOOR: Jeromeo Steenkamp (25).
VERDAGTE: Cay-Lee Davids (22).
Bly in aanhouding
Klubspeler se meisie in hof
Hy is op 18 Maart 2026 weens verkragting en aanranding in hegtenis geneem en het op 19 Maart vir die eerste keer in die hof verskyn. Sedertdien is die sake al paar keer uitgestel. Hy moet weer op 22 September in die hof verskyn. Die voorvalle het in Desember 2025 en Maart 2026 plaasgevind waar die man sy vriendin vasgebind, aangerand en verkrag het. * Volgens die strafproseswet kan dié man eers geïdentifiseer word sodra hy op die seksuele klagtes teen hom gepleit het.
DIE Witzenberg munisipaliteit en 'n kontrakteur is tans besig om die laagwaterbruggie by Morrisdale Primêr (Pretoriusstraat) met eie fondse te herstel teen nagenoeg R2 miljoen. Die projek is byna voltooi.
'n PARTYTJIE het verlede week skielik tot 'n einde gekom toe een van die gaste buite 'n huis vermoor is. Volgens inligting het 'n groep mense verlede Donderdag 3 September by 'n woonhuis in Daliastraat saamgekuier en partytjie gehou. Omstreeks 23:13 het 'n vrou aan die deur geklop waarna Jeromeo Steenkamp (25) na buite is om met sy meisie, Cay-Lee Davids (22), te gaan praat. Blykbaar was daar toe 'n stryery buite die huis voordat Steenkamp na bewering deur Davids met 'n mes in die nek gesteek is. Davids is later deur GPF-lede inhegtenis geneem en na die poli siestasie geneem waar sy van moord aangekla is. Hofverskyning Davids het Maandag vlugtig in die Tulbagh landdros verskyn omrede die landdros siek was. Die saak is uitgestel na Dinsdag 8 September toe sy in die Wolseley hof verskyn het. Die saak is uitgestel na 17 September. Davids bly in aanhouding. Begrafnisreëlings Jeromeo Steenkamp, 'n rugbyspeler van Wolseley rugbyklub, het op die toneel gesterf. "Dit is met groot hartseer en ongeloof dat Wolseley rugbyklub afskeid neem van ’n jong rugbyspeler en spanmaat wat verlede week op ’n tragiese en ondenkbare wyse uit ons midde weggeneem is. Die klub, bestuur, afrigters en veral sy spanmaats is diep geraak en gebroke oor hierdie groot verlies. Dit is moeilik om te aanvaar dat ’n jong lewe, vol drome, energie en 'n liefde vir sport, so skielik van ons weggeneem is". Geen begrafnisreëlings was Dinsdag beskikbaar nie.
TWEE kinders van 5 en 7 jaar oud is lig beseer toe die Mazda bakkie waarin hulle saam met Jacob Philander van die plaas Welgemeen gery het, by 'n laagwaterbruggie van die pad gery het. Die bestuurder het na bewering beheer verloor naby Slagboom in die Agter-Witzenbergvallei. Die ongeluk het Sondagaand 6 September omstreeks 21:12 plaasgevind.
4 l WITZENBERG HERALD l 11 SEPTEMBER 2026
MORRISDALE Primêr se o/12 sewesrugbyspan het die Skild verower tydens die Future Charlie Festival. * Jay-niquin Rooi is aangewys is as die beste Morrisdale speler.
Laerskool Gericke se fotografieklub presteer DIE Wes-Kaap Fotografie Forum het verlede naweek 'n suksesvolle fotografiekongres en interklub-kompetisie op Tulbagh aangebied. Al dertien fotografieklubs in die Wes-Kaap, asook ses skoolklubs, het die geleentheid bygewoon. Ané Sauer van Charlie Hofmeyr Hoërskool, saam met Stefan Botha van Hermanus Hoërskool, het sertifikate ontvang as die beste skoliere in die Wes-Kaap in die nasionale kompetisie. In die klubkompetisie het Laerskool Gericke met die louere weggestap as die beste fotografieklub vir 2026 met Charlie Hofmeyr Hoërskool in die tweede plek. Hier ontvang Catherine Clark en Karli Snyman die sertifikaat namens die skool van Quintus Heine, voorsitter van die Wes-Kaap Fotografie Forum. * Laerskool Gericke se fotografieklub is maar net 6 maande oud.
MORRISDALE Primêr se o/12 netbalspan het onlangs die Future Charlie Festival se netbalkompetisie gewen. * Alnique van Rooi is aangewys as die speler van die dag.
Clean starts with me Clean starts with me, you, us
There is no away. Every single thing that you throw away has to go somewhere. Stop. Let’s think for a moment about where that somewhere is, and whose responsibility it is. Even when you are responsible and put all your rubbish in a bin, it is not really away, is it? It is collected and has to go, well, somewhere. That somewhere is the landfill site. It is still not gone. And it is still not away. It is simply elsewhere. Perhaps it has left your mind, but it has not left your space. The Cape Winelands District Municipa lity together with the local municipalities, has embarked on an awareness campaign aimed at a cleaner Cape Winelands District. “We all need to rethink our habits when it comes to waste. Our future depends on how we behave today.” Shares the Executive Mayor of the Cape Winelands District, Ald (Dr) Elna von Schlicht. Every local municipality is responsible for the collection and removal of household waste. To help us reduce the amount of waste sent to landfill sites, many municipalities have been distributing clear bags to households for them to place recyclable waste in. These bags are collected and taken to Material Recovery Facilities (MRFs), where recyclable items are sorted and prepared for sale to recycling companies. The level of recycling varies across the Cape Winelands. Some areas have well-developed recycling programmes, while others are continuing to expand and strengthen their waste management and recycling initiatives. The objective of the campaign is to: - Teach us all that reducing our waste is easier than we think; - Show us how to recycle, and why it is so important that we start waste reduction and recycling in our homes, places of work and
schools; - Encourage understanding and respect between residents and waste reclaimers; - Ultimately ensure that only waste which absolutely cannot be recycled, repurposed or reused is sent to landfill; and - Clear up myths and misunderstandings we may have about waste and how to manage it. Did you know that you can contact your local municipality and speak to its waste management team to find out more about waste management in your area? Most areas have a variety of recycling businesses and initiatives. If you prefer not to put your glass, tins, plastic and paper in your clear bag for municipal collection, you can find out where to take your recyclables. You may even get some money back! Always remember that there is another person on the other side of your waste. Only clean items can be recycled, so rinse out tins, glass containers, milk bottles, yoghurt containers and other recyclables before putting them out for recycling. Competitions Keep an eye out for our two competitions, which open on 10 September. The first competition is open to Grade 9 learners from schools in the Cape Winelands. To enter, and stand a chance of winning one of five R500 vouchers, learners need to show how they Pause, Pocket and Place their waste in the right bin. Grown-ups also have an opportunity to win one of five R500 vouchers. All they need to do is show that clean spaces = beautiful places. Any clean place can be a beautiful space! Share your clean office, classroom, garden, road, shop or business with us. Clean starts with me, you, us. For more information, have a look at the advert in the Witzenberg Herald and visit Cape Winelands DM on Facebook to keep up to date with all the happenings.
11 SEPTEMBER 2026 l WITZENBERG HERALD l 5
OTM-diewe se saak word weer uitgestel DRIE inwoners van Wolseley moet in aanhouding bly nadat hulle saam met twee ander verdagtes in Juliemaand betrokke was by die diefstal van 'n OTM-houer met banknote in. Twee verdagtes is vroeër op borg vrygelaat. Die vyf verdagtes; Christopher Smit (33), Mario Julies (32), Donovan de Bruin (42), Mikyle Geduld (18) en Ribano Fortuin (34) het weer op 3 September in die Wolseley hof vir die diefstal verskyn. De Bruin, Geduld en Fortuin bly in aanhouding. Smit en Julies is uit op R500 borgtog.
Die vyf se saak is tot 21 September uit gestel vir verdere ondersoek. Agtergrond Die mans het Donderdag 16 Julie om streeks 08:27 gesien die deur van 'n OTM masjien en die kluisdeur in Kosmosstraat, Wolseley staan oop. Hulle het 'n geldtrommel gegryp en met nagenoeg R56 000 op die vlug geslaan. Sekuriteitsdienste het vroeër die winkel besoek en die geld in die OTM gelaai. Wie die OTM en kluisdeur oopgelos het, vorm deel van die polisie se ondersoek.
Die diewe het die geldtrommel oopgebreek waarna almal vol groen ink gespuit is. Besit van gesteelde goedere 'n Vrou (43) wat aangekla word daarvan dat sy gesteelde geld van 'n OTM in haar besit gehad het, se saak is onlangs uitgestel vir verdere ondersoek. Lindsay Malan is gewaarsku en moet ook op 21 September in die Wolseley landdros hof verskyn. Malan was blykbaar nie deel van die oor spronklike OTM-diefstal nie en is op 17 Julie saam met 'n ander vrou inhegtenis geneem.
Louis Hanekom van Koue Bokkeveld sterf
DIE Swart-tweeling van Laerskool Ger icke, Wiehan en Marko, is gekies om die Boland gholfspan by die Nomads SA onder 13 toernooi te verteenwoordig. Die kampioenskap vind van 28–30 September by Goose Valley gholfklub by Plettenberg baai plaas.
TWEE Gericke-vroue het onlangs welverdiende prestasies gelewer. Celeste Opper man (regs) het haar Edu-Buildit Institution ECD kwalifikasie verwerf. Farieda Douries (links) van Goodie Corner het ’n belangrike mylpaal bereik deur haar eerste besigheid te registreer. Saam met haar bekwame span bederf Laerskool Gericke by die snoepie met heerlike én gesonde eetgoed. Agter hierdie sukses lê baie harde werk, beplanning, deursettingsvermoë en passie. * "Die twee vroue is 'n voorbeeld van vrouebemagtiging van kennis en vaardighede wat uitgebou word tot drome wat in ondernemings omskep word. Wanneer vroue die geleentheid kry om te groei, hul talente te ontwikkel en hul eie paaie te baan, word nie net individue bemagtig nie, maar hele gemeenskappe".
NOTICES KENNISGEWINGS Kaapse Wynland
Cape Winelands distriCt muniCipality
distriKsmunisipaliteit
KENNISGEWING
NOTICE
AANSUIWERINGSBEGROTING TOENAME IN BEFONDSING VIR DIE 2026/2027-FINANSIËLE JAAR
ADJUSTMENTS BUDGET INCREASE IN FUNDING FOR THE 2026/2027 FINANCIAL YEAR
Kennis geskied hiermee ingevolge artikel 28(2)(b) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet No. 56 van 2003) en regulasie 23(3) van die Munisipale Begrotings- en Verslagdoeningsregulasies 2008, dat die Raad by Item R.15.12 van 27 Augustus 2026, ’n Aansuiweringsbegroting goedgekeur het vir ’n toename in befondsing vir die 2026/2027finansiële jaar.
Notice is hereby given in terms of section 28(2)(b) of the Local Government: Municipal Finance Management Act, 2003 (Act No. 56 of 2003) (MFMA) and regulation 23(3) of the Municipal Budget and Reporting Regulations, 2008, respectively, that Council at Item C.15.12 of 27 August 2026, approved an Adjustments Budget for an increase in funding received for the 2026/2027 financial year.
Ingevolge artikel 21(A) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet No. 32 van 2000), gelees saam met regulasie 26 van die Munisipale Begrotings- en Verslagdoeningsregulasies 2008, lê die gemelde Raadsbesluit en alle ander tersaaklike dokumentasie ter insae by die ondergemelde kantore van die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit gedurende gewone kantoorure en is ook beskikbaar op die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit se webwerf by www.capewinelands.gov.za:
In terms of section 21(A) of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act No. 32 of 2000), read with regulation 26 of the Municipal Budget and Reporting Regulations 2008, the said Council resolution and all other relevant documents may be inspected at the under-mentioned offices of the Cape Winelands District Municipality during normal office hours and is also available on the Cape Winelands District Municipality’s website at www.capewinelands.gov.za:
• • • • •
• • • • •
Stellenbosch (Du Toitstraat 29): Mnr. C.J.M. Arangie Worcester (Trappesstraat 51): Me. R.F.V. Carelse Paarl (Hoofstraat 194): Me. M. Marang Ceres (Munnikstraat 27): Me. C. Louw Robertson (Van Reenenstraat 40): Me. M. Geyer
H.F. PRINS MUNISIPALE BESTUURDER Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit Alexanderstraat 46 Stellenbosch 7600 ayandamanga.co.za 157398
KAAPSE WYNLAND DISTRIKS M U N I S I PA L I T E I T • M U N I C I PA L I T Y • U M A S I PA L A
Stellenbosch (29 du Toit Street): Mr. C.J.M. Arangie Worcester (51 Trappes Street): Ms. R.F.V. Carelse Paarl (194 Main Street): Ms. M. Marang Ceres (27 Munnik Street): Ms. C. Louw Robertson (40 Van Reenen Street): Ms. M. Geyer
H.F. PRINS MUNICIPAL MANAGER Cape Winelands District Municipality 46 Alexander Street Stellenbosch 7600
Kaapse Wynland distriKsmunisipaliteit
Cape Winelands distriCt muniCipality
KENNISGEWING
NOTICE
PROSES VIR OPENBARE DEELNAME: 6DE GENERASIE GEÏNTEGREERDE ONTWIKKELINGSPLAN (GOP), PRESTASIEBESTUURSTELSEL (PBS) EN MEDIUMTERMYN INKOMSTE- EN UITGAWERAAMWERK (MTIUR) VIR DIE 2027/2028-, 2028/2029- EN 2029/2030-FINANSIËLE JARE
PROCESS FOR PUBLIC PARTICIPATION: 6TH GENERATION INTEGRATED DEVELOPMENT PLAN (IDP), PERFORMANCE MANAGEMENT SYSTEM (PMS) AND MEDIUM-TERM REVENUE AND EXPENDITURE FRAMEWORK (MTREF) FOR THE 2027/2028, 2028/2029 AND 2029/2030 FINANCIAL YEARS
Kennis geskied hiermee ingevolge artikel 21(1) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet No. 56 van 2003) (MFMA) dat die Raad by sy vergadering gehou op 27 Augustus 2026 onder Item R.15.6 die konsep Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit se Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP)en Begrotingstydraamwerk vir 2026/2027 goedgekeur het ten einde die 6de Generasie Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP), Prestasiebestuurstelsel (PBS) en Mediumtermyn Inkomste- en Uitgaweraamwerk (MTIUR) vir die 2027/2028-, 2028/2029- en 2029/2030-finansiële jare saam te stel.
Notice is hereby given in terms section 21(1) of the Local Government: Municipal Finance Management Act, 2003 (Act No. 56 of 2003) (MFMA), that Council at Item C.15.6 at its meeting held on 27 August 2026 approved the draft Cape Winelands District Municipality 2026/2027 Integrated Development Plan/Budget Time Schedule in order to compile the 6th Generation Integrated Development Plan (IDP), Performance Management System (PMS) and Medium-Term Revenue and Expenditure Framework (MTREF) for the 2027/2028, 2028/2029 and 2029/2030 financial years.
Navrae kan gerig word aan: Me NJ Fortuin, Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit, Posbus 100, Stellenbosch 7599 (tel. 021 888 5178, e-pos: idp@capewinelands.gov.za).
Enquiries can be directed to: Ms NJ Fortuin, Cape Winelands District Municipality, PO Box 100, Stellenbosch 7599 (tel. 021 888 5178, e-mail: idp@capewinelands.gov.za).
Ingevolge artikel 21A van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet No. 32 van 2000) is die genoemde Raadsbesluit en alle ander tersaaklike dokumente beskikbaar op die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit se webwerf by www.capewinelands.gov.za.
In terms of section 21A of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act No. 32 of 2000), the said Council resolution and all other relevant documents are available on the Cape Winelands District Municipality’s website at www.capewinelands.gov.za.
H.F. PRINS MUNISIPALE BESTUURDER Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit Alexanderstraat 46 Stellenbosch 7600
H.F. PRINS MUNICIPAL MANAGER Cape Winelands District Municipality 46 Alexander Street Stellenbosch 7600
CAPE WINELANDS DISTRICT
M U N I C I PA L I T Y • M U N I S I PA L I T E I T • U M A S I PA L A
LOUIS Christiaan Hanekom sr. van Kunje boerdery is op Sondag 6 September oor lede, slegs ‘n paar dae na hy sy 90ste verjaarsdag gevier het op 30 Augustus. Hy was 'n groot steunpilaar op die plaas, in die Koue Bokkeveld en in die breër gemeenskap. Hy sal gemis word deur sy kinders, kleinkinders en agterkleinkin ders, asook almal met wie hy gewerk en wie se lewens hy aangeraak het. Hy was sy hele leeftyd betrokke by die boerdery. Die begrafnisdiens vind plaas op Saterdag op 12 September om 10:30 vanuit die NG Op-die-Berg gemeente.
ayandamanga.co.za 157397
KAAPSE WYNLAND DISTRIKS M U N I S I PA L I T E I T • M U N I C I PA L I T Y • U M A S I PA L A
CAPE WINELANDS DISTRICT
M U N I C I PA L I T Y • M U N I S I PA L I T E I T • U M A S I PA L A
6 l WITZENBERG HERALD l 11 SEPTEMBER 2026
WITZENBERG HERALD (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com
6 Sterfgevalle Maria Elizabeth Lakay
14 Te Koop
TE KOOP
7 Binnedeure vir
R1 400
1939/05/21 - 2026/09/07 Begrafnis: Sat. 12 Sept. Huis: 11:00, Reid Straat 40, P.A. Hamlet Kerk: 12:00, Ou Apostoliese Kerk, Bella Vista
Graf: P.A. Hamlet
Gert Jantjies
Begrafnis: Sat. 12 September
Saal: 10:00, Witzenberg Vallei Saal, Agterwitzenberg Graf: Plaas Welgemeen
Skakel
17 Dienste aangebied Boland Roll on Lawn
AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
Skakel
082-859-2300
AND ART FRAMING SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS
1992/06/29 - 2026/09/05
Begrafnis: Sat. 12 September
Saal: 10:00, Plaas Leeukuil, Koue Bokkeveld Graf: Op-die-Berg
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
14 Te Koop
TE KOOP
Duo Comfort oorfone Bluetooth
R2 000
(Waarde: R2 499)
Skakel
082-721-4043
CENTRAL CERES MOTORS Service Center & Panelbeating
• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing Voortrekker St., Ceres
☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274
Weekly microbiological compliance: e.Coli (CFU/100ml) - Sans 241: 2015 limit = 0 WATER TREATMENT WORKS
Augustus - September 2026 18 Aug. 2026
25 Aug. 2026
1 Sept. 2026
7 Sept. 2026
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276
39 Kantoorspasie
TE HUUR Ruim kantoorspasie
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
Deon Jan Johannes Snyers
THE Western Cape Department of Health and Wellness confirms that there is currently an outbreak of measles in the Cape Winelands area. Measles is a serious disease that can lead to health complications if your child is not immunised. Booster immunisations against measles are available at clinics and at special outreaches. “Children are very vulnerable. Please use the opportunities of special outreaches to get immunisation sooner rather than later.
R250
Verskaffing, aflewering en pak van 1948/01/12 - 2026/08/28
Measles spreads quickly: Get booster immunisation
of 1 deur vir
082-468-2649 081-742-6706 n/u: 082-5753-181
17 Dienste aangebied
Van Eedengebou, Voortrekkerstraat, Ceres Onmiddellik beskikbaar Vir navrae skakel Johanni by 082-738-5671
SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
42 Implemente
STEFAN STEYN 083-227-6476
PLANT AND TOOL HIRE
Select
LAUNDRY Whatsapp of skakel
082-821-3610 Joubertstr. 16, Ceres Ma - Vry: 08:00 - 17:00 Vakansiedae: Gesluit
Ons tel op en lewer af op spesiale versoek*
*Terme en voorwaardes geld
Mini skip rentals
2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎ (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: • Beddegoed • Breekgoed • Gordyne • Handdoeke Somersklere reeds uitgepak! Dankie vir al die donasies Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke! Louw-Marie 083-634-8068 louwmarieshepherd8@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres
Oorkant Hollywood Bets (Totes) in Lyellstraat
Ma - Vry: 09:00 - 16:30 Sat: Slegs oop 19 Sept. en 3 Okt.
OPE DAG: 28/09/2026 Stalletjies @ R100 per stalletjie
CHARLIES
•Locksmith •Handyman and •Mobile Carwash
At the comfort of your own home R100 Small R150 SUV
For appointments contact Charles at 072-705-5233
Want as iemand meen dat hy iets is, terwyl hy niks is nie, mislei hy homself. Galásiërs 6:3
WENDY HOUSE FOR SALE • 12,5 sq meters (2,5m x 5m) • Two doors with flyscreens • One window • Rubber matting on floor • Ceiling material • Virtually brand new, been standing empty • For collection in Tulbagh
R22 000,00 onco Contact Averil | 083 261 2863
www.chainboland.co.za
11 SEPTEMBER 2026 l WITZENBERG HERALD l 7
Kleuters bly oor ekstra komberse NEAL Stacey van 2Feet4TB en organiseerder van die Mandeladag kombersfondsinsameling, het onlangs komberse aan Tiny Tots op Wolseley en Sonstraaltjies op Ceres geskenk.
32 DEGREES SOUTH FRUIT (EDMS) BPK
Posbus 73, Koue Bokkeveld, 6836 ☎ (023) 317-1503 E-pos: admin@langrivier.co.za
PAKHUISBESTUURDER ’n Gevestigde pakstoor in die Koue Bokkeveld is op soek na ’n ervare Pakhuisbestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die effektiewe bestuur van die volledige pakstoor- en BA opbergingsfasiliteit.
LAERSKOOL Gericke se o/12 seuns en meisies hokkiespelers het op 4 September aan die Fast 5 hokkietoernooi by Paarl Gimnasium deelgeneem. Met die toernooi het hulle ook die hokkieseisoen afgesluit.
nuusbrokkies DIE Witzenberg Sentrum vir Volwasse Onderwys (AET) doen ‘n beroep op kandidate wat die Mei/Junie 2026 matriekeksamen afgelê het om hulle uitslae by die kantoor te kom afhaal. Nuwe registrasies vir die Mei/ Junie 2027 matriekeksamen het op 1 September begin. Persone wat nie matriek voltooi het nie of wie hul punte van matriekvakke wil verbeter, is welkom om te registreer. Matriekklasse sal op 5 Oktober begin. Vir verdere inligting skakel mnr. F. Slinger by 078-155-0398. EDUCATION Outreach is ‘n NGO wat hom beywer vir die ondersteuning en nasorg van leerders in skole. Die organisasie is opsoek na energieke en passievolle persone wat 'n liefde het om leerders te help in die Witzenberg gemeenskap. Belangstellendes kan die hoof van die organisasie, Isak Hendriks, skakel by 079-081-7053. DIE Togryers museum se konferensie fasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring.
Verantwoordelikhede: • Bestuur die daaglikse verpakking, sortering, hantering en versending van vrugte volgens produksie-, kwaliteit- en markvereistes. • Bestuur verkoeling, koelkamers en BA opberging om optimale koueketting en produkgehalte te verseker. • Beheer voorraad van vrugte, verpakkingsmateriaal en pakhuisbenodigdhede, insluitend akkurate voorraadrekords en produkrotasie. • Lei en bestuur pakstoor- en pakhuispersoneel, insluitend personeelbeplanning, produktiwiteit, opleiding en dissipline. • Verseker voldoening aan kwaliteit-, voedselveiligheids-, higiëne- en veiligheidsstandaarde (BRC & HACCP). • Monitor produktiwiteit, verliese, kostes en bedryfsdoeltreffendheid en rapporteer aan Direksie. Vereistes: • Minimum 5 jaar toepaslike bestuurservaring in ’n vrugtepakstoor, BA opberging of soortgelyke omgewing. • Sterk mense-, voorraad- en operasionele bestuursvaardighede met kennis van alle toepaslike wetgewing. • Kennis van optiese sortering. • Kennis van vrugtehantering, verpakking en kouekettingbestuur (insl. BA opberging). • Vermoë om onder druk te werk en gedurende die seisoen langer/onreëlmatige ure te hanteer. ’n Markverwante vergoedingspakket word aan die suksesvolle kandidaat aangebied. Aansoeke moet vergesel wees van ’n CV en gestuur word aan: admin@langrivier.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 September 2026 Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Kandidate wat geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan hul aansoek as onsuksesvol beskou.
8 l WITZENBERG HERALD l 11 SEPTEMBER 2026 Die Witzenberg Her ald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eila nd. Geen advertensie/re daksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars vol gens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gere produseer word nie.
Sport Witzenberg Herald
Marquine se duif vaar goed WEDVLUGDUIWE het Saterdag 5 September weer vanaf Leeu Gamka gevlieg.
LAERSKOOL Koue Bokkeveld se eerste tennisspan het aan die jaarlikse Courtrai tennistoernooi deelgeneem. Die seuns het vyfde geëindig en die meisies het 'n goeie derde plek behaal. Twaalf meisie- en 12 seunsspanne het aan die toernooi deelgeneem.
Aaron haal span
'n Sterk Suidooster het wedvlugduiwe gehelp om 'n hoë spoed te handhaaf. Marquine Pieterse het uitstekend gevaar en wen die WRPU asook Ceresvallei federasie vlugte. Die naweek vlieg duiwe reeds Vrydag vanaf Kroonstad in 'n ultra-wedvlug en Saterdag vanaf Bloemfontein. Dit is die twee hoogtepunte vir duiweboere en net die duiwe met goeie uithouver moeë en deursettingsvermoeë sal hul hokke haal. Ceresvallei federasie wedvlug Leeu Gamka 3 1. Marquine Pieterse - 1656.927 mpm 2. Nathan Jacobs - 1648.422 mpm 3. Mauritius Lofts - 1632.611 mpm 4. Roberto van Wyk - 1616.159 mpm 5. Meyer en Van Wyk - 1613.567 mpm CHPS - Leeu Gamka 3 1. Mauritius Lofts - 1632.611 mpm 2. Cyril en Ann Davids - 1610.097 mpm 3. Cyril en Ann Davids - 1537.502 mpm 4. Cyril en Ann Davids - 1535.511 mpm 5. Neil en Abdul - 1535.150 mpm BHPS - Prieska 1. Marquine Pieterse - 1656.927 mpm 2. Roberto van Wyk - 1616.159 mpm 3. Marquine Pieterse - 1606.391 mpm 4. ODE Lofts - 1604.176 mpm 5. Marquine Pieterse - 1595.189 mpm
'n OUDLEERDER van Charlie Hofmeyr en die Universiteit van die WesKaap (UWC), Aaron Swartz (MX 2022), is onlangs gekies om Suid-Afrika by die FISU World University Championship in sewesrugby te verteenwoordig wat op Stellenbosch beslis is. Die SA span het die toernooi gewen.
HENDRY Swart, 'n leerder van Laerskool Gericke, het die naweek aan die laaste WesKaap skole fietsryliga by Bloemendal deelgeneem. Hy het uitstekend gevaar en ’n agtste plek in die wedren behaal. Hendry het die 2026-seisoen op ’n hoogtepunt afgesluit met ’n algehele 5de plek in die reeks uit ’n indrukwekkende 105 deelnemers.
Nuwe kompetisie skop Vrydag af SATERDAG 5 September het Ceres gholfklub 'n enkel houespel kompetisie aangebied.
Charl du Toit sr. was die wenner met 71 houe. Pieter Immelman was tweede met 72 houe gevolg deur Vince Hewitt en Ben Viviers, beide met 73 houe. Ander uitslae Saterdag 29 Augustus is 'n enkel stableford kompetisie aangebied. Charl du Toit sr. was die wenner met 40 punte. Lood Prins was tweede met 39 punte gevolg deur Simon Molaza met 36 punte en Pieter Immelman met 33 punte. Kompetisies Op Saterdag 12 September vind 'n enkel syfer plus kompetisie plaas, op 19 Septem ber 'n 4BBB stableford kompetisie en op 26 September 'n enkel stableford kompetisie. Spelers kan op die Clubmaster app be spreek. Op Vrydag 11 September bied die gholfklub 'n splinternuwe kompetisie: Hole in One Shootout aan wat plaasvind tussen 18:0019:00 op Vrydae - enige een welkom.
Die gewilde Vrydag Sundowner kompetisie word ook hervat en kostes beloop R120 per speler.