Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.29 no.34 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

4-DAG WEERVOORUITSIG Donderdag Vrydag 3 September 4 September

0° 17°

1° 19°

FRIDAY, 4 SEPTEMBER 2026

R12

VOLUME 29 NO. 34

Saterdag 5 September

Sondag 6 September

2° 24°

6° 28°

CERES KOEKEDOUW DAM

96,4%

'n SEUNTJIE (3) het Maandag 1 Septem­ ber tragies gesterf.

65%

Volgens die polisie ondersoek hulle 'n klag van strafbare manslag nadat 'n bakkie die kind in Obiquasingel omgery het.

WAVERENSKROON TULBAGH

Lesing geneem: 2026/09/02

A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider

MASTHEAD Financial Planning Neels Boshoff (Financial Planner) 082-335-8331 l nboshoff@mastheadfp.co.za Anna-Marié Boshoff (Financial Planner) 082-376-6498 l aboshoff@mastheadfp.co.za

Seuntjie (3) sterf op Tulbagh na bakkie hom tref

100%

TULBAGH DAM

www.mastheadfp.co.za

Die voorval het omstreeks 18:15 gebeur toe die seuntjie tussen die informele huise uitgekom en voor die Toyota Hilux bakkie in­gehardloop het. Hy is op die toneel dood.

Skakel ons vir alle staalkonstruksies info@elcostaal.co.za 081 051 0961

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Veearts beseer toe olifant haar omstamp 'n VEEARTS van Ceres is verlede week ernstig beseer op Aquila terwyl sy 'n olifant behandel het. Die voorval het verlede Donderdagoggend op die Aquila wildreservaat tussen Ceres en Touwsrivier plaasgevind. Dr. Nel-Mari Gibson van Sneeu­kop dierehospitaal was besig met 'n roetine-ondersoek van een van die olifante wat verdoof is, toe die olifant onverklaarbaar

'n VEEARTS van Ceres, dr. Nel-Mari Gibson, is verlede week ernstig beseer.

geskrik het. Dr. Gibson was na wat verneem word die naaste aan die olifant en is omgestamp en ernstig beseer. Sy is op die toneel behandel en gestabiliseer voordat Air Mercy Services (AMS) se noodheli­ kopter ontbied is om haar na die Christiaan Barnard hospitaal in Kaapstad te vervoer. Gibson, wat 18 jaar werksaam was by Ceres dierehospitaal voor­ dat sy einde 2025 haar eie praktyk geopen het, was Dinsdag 1 September nog in die intensiewe sorgeenheid met gebreekte ribbes en 'n snywond aan haar bo-been. Haar asemhaling word bemoeilik weens die ribbebesering. Die Gibsons is dankbaar dat Nel-Mari die voorval oorleef het en is dankbaar vir die gemeenskap se ondersteuning. Verskeie navrae aan Aquila wildreservaat was teen Woensdag onbeantwoord. 'n Woordvoerder het wel vroeër aan Die Burger gesê dat dit nog nie duidelik is wat presies ge­beur het nie maar dat Aquila die voorval as 'n ongeluk beskou wat tydens 'n veeartsprosedure plaasgevind het. Daar was ook geen rede om die olifant van kant te maak nie.

DIE graad R klas van Laerskool Koue Bokkeveld het onlangs 'n vroeë Lentedag-uitstappie onderneem om na die mooi blomme op Sandrivier in die Koue Bokkeveld te gaan kyk. By die kleintjies is Gerrida du Plessis, Pieter de Bruyn (skoolhoof), Elton Jiemies en Riana Isaacs.

Beloning uitgeloof na vierde aanval op gasteplaas VIER verdagtes het Sondagaand op 'n Wolseley gasteplaas toegeslaan en 'n besoeker ernstig beseer voordat hulle met gesteelde goedere gevlug het. Dit is vermoedelik dieselfde groep mans wat verantwoordelik is vir drie ander aanvalle in die streek. 'n Beloning van R10 000 word nou aangebied. Berig op bladsy 3.

Porterstraat (023) 312-3411 Besigheidsure: Ma. - Vr.: 08:00 - 17:00 Sat.: 08:00 - 11:30 Landbou Onderdele (Edms) Bpk t/a Ceres Landbou Midas

LENTEDAG 4 SEPTEMBER 2026 VERSKAFFERS VANAF 08:00 - 13:00

Buy a 50W FLASH FLOODLIGHT for only R150 and stand a chance to win a SOLAR LED PATIO LIGHT WITH BLUETOOTH SPEAKER worth R2 200

Nou beskikbaar by Ceres Midas (023) 312-3143 l (n/u) 082-416-2416 l Vosstraat 87, Ceres l petro@landbouonderdele.co.za

Complete an entry from at the cashier with your details. Competition ends 5 September 2026

TERME EN VOORWAARDES GELD. GEEN SMOUSE. PRYSE IS BTW ING.


2 l WITZENBERG HERALD l 4 SEPTEMBER 2026

Skedel aan museum geskenk DIE menslike skedel wat Maartmaand by die treintonnel in Michellspas gevind is, is aan 'n museum geskenk.

Die ontdekking van die skedel is gemaak terwyl Transnet vroeër vanjaar met toetse besig was

om die spoorlyn moontlik weer oop te stel. Die spoorlyn was vir byna drie jaar gesluit na erge stormskade. Voordat die spoor oop­ gestel kon word, het rots­ stortings in Meimaand weer 'n deel van die spoorlyn verwoes. Ondersoek Die Ceres polisie is ontbied waar die skedel by die tonnelhek langs die gholfbaan gekry is. 'n Stapper het die skedel iewers opgetel en by die hek wat gesluit was, gelos. Die polisie het die skedel weg­ gestuur en daar is bevind dat die skedel ouer is as 100 jaar. Volgens 'n antropoloog dateer die skedel rondom die 1900's. Die stapper wat die skedel opgetel en daar neergesit het, is nooit opgespoor nie en geen misdaad word vermoed nie.

Rowers loop hul rieme styf VIER rowers wat op Clanwilliam by 'n huisroof op 'n plaas betrokke was, het hul rieme op Tulbagh styfgeloop.

Wetstoepassingsagentskappe in die streek was verlede week op 'n gereedheidsgrondslag nadat vier mans op 23 Augustus op 'n plaaswoning buite Clanwilliam toegeslaan en onder andere juwe­ liersware, selfone en 'n verkyker in die rooftog gebuit het voordat hulle in 'n wit Ford Ranger bakkie gevlug het. Volgens die polisie het die mans omstreeks 20:30 toegang tot die woning gekry en die inwoners vasgebind. Tulbagh polisie het die bakkie op die R46 tussen Wolseley en Tul­ bagh opgemerk en tot stilstand gedwing. Vier mans is gearresteer. Die polisie het die gesteelde goedere asook 'n ongelisensieërde 9mm handwapen, 15 rondtes ammunisie en 4 magasyne in die bakkie gekry. Hofverskyning Die vier mans, Phaphama Bembe (42), Thamsata Mcetywa (58), Ndamiso Mzauzina (40) en Edwill Sihiba (40) het op 25 Augustus vlugtig in die hof verskyn waarna die saak vir borginligting na 3 September uitgestel is.

Geen vordering in dié moordverhoor MEER as vyf jaar na die opspraakwekkende Jain-moord op Wolseley, is die verhoor vir die soveelste keer uitgestel.

WITZENBERG munisipaliteit het Maandag 31 Augustus die nuut-ontwikkelde Bella Vista tennisbane aan die gemeenskap oorhandig. Die belegging van meer as R950 000 deur die Wes-Kaapse regering in plaaslike sportinfrastruktuur sal inwoners van Bella Vista aanspoor met die veeldoelige bane - dit gaan oor die skep van geleenthede en aktiewe gemeenskappe. Hier is die burgemeester, rdl. Trevor Abrahams afgeneem saam met die Wes-Kaap minister van kultuursake en sport, Ricardo Mackenzie, en ander rolspelers.

Gwayishe skuldig aan moord op jeugwerker DIE moordenaar van 'n saggeaarde jeug- en welsynwerker van Tulbagh, is verlede week in die Tulbagh streekhof skuldig bevind aan moord.

ACVV JAARVERGADERING 17 September 2026 15:00 Huis Maudie Kriel Skakel Celesté Boer by (023) 316-1505 indien u die vergadering wil bywoon

CERES VLV

(Ceres Vrouelandbou Vereniging) Ons is een van die oudste takke in Suid Afrika (gestig in 1931). Ons vier vanjaar ons

95ste verjaardag. Hierdie verjaardag vier ons op Dinsdag, 8 September om 10:00 by P.A. Hamlet se kerksaal. Oud-presidente en hooggeplaastes van Ceres, sowel as verteenwoordigers van ander takke soos Montagu, Robertson, Bonnievale en Worcester gaan dit bywoon. Ons glo in die krag van Vroue wat ‘n positiewe bydrae in ons gemeenskap lewer. Vir meer inligting, skakel

Hannelie van Schalkwyk 083-236-7076

Albert Gwayishe (53) het die afgelope drie jaar tereggestaan weens die moord op Siyamthanda Dastile (29) en die diefstal op 23 Julie 2023 van 'n selfoon en horlosie van Dastile. Dastile is later in die Ceres hospitaal dood nadat hy twee keer met 'n skerp voorwerp gesteek is. Die saak is tot 16 September uitgestel vir vonnisoplegging.

BRONAAR PLASE (EDMS) BPK

Bronaar Plase (Edms) Bpk, geleë in die Koue Bokkeveld, wat bestaan uit vrugte en groente produksie eenhede, verlang die dienste van ‘n persoon as deel van ons span te word vir onderstaande vakature:

DIESELWERKTUIGKUNDIGE Die aangewese kandidaat moet ‘n gemotiveerde persoon wees wat goeie menseverhoudinge kan handhaaf, onder druk en onafhanklik en baie noukeurig kan werk, asook eie inisiatief aan die dag kan lê. Verantwoordelikhede: • Instandhouding van trekkers, spuitpompe en verskeidenheid implemente • Algemene herstel- en dienswerk • Nagaan en invul van dienskaarte • Bestuur van werkslading Vereistes: • Kennis van John Deere en Landini trekkers en spuitpompe • Motivering en ontwikkeling van ondergeskiktes • Goeie interpersoonlike menseverhoudings • Vermoë om teiken datums te behaal • Goeie organisasievermoë • Vermoë om onafhanklik te werk • 5 jaar ondervinding in die bedryf sal die aansoek versterk • Moet goed in ‘n span kan funksioneer Bogenoemde vakature sal direk aan die Werkswinkel Bestuurder rapporteer en ‘n mededingende vergoedingspakket word aangebied. Stuur CV aan Madelein Gagiano by: madelein@bronaar.co.za Navrae: Andro du Preez 082-859-9623 Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 September 2026 Diensaanvaarding: 1 November 2026 Indien u teen 25 September 2026 nog geen terugvoer gekry het nie, neem aan dat u aansoek onsuksesvol was.

Die verhoor sal nou moontlik eers op 21 Oktober in die Wol­ seley streekhof begin - meer as vyf jaar nadat Reneé Jain (51) van Kaapstad in Maart 2021 buite Wolseley vermoor is. In vorige hofstukke het die oud­ polisieman en oudhofordonans, Maurice Arries (47), aangedui dat hy 'n pleitooreenkoms met die staat wil aangaan. Arries verskyn saam met Fred­ dy Lottering (39), Nolan Visagie (28) en Anthony Schippers (25) op aanklagte wat wissel van huisbraak met die doel om te roof, roof met verswarende om­ standighede, sameswering om te roof en moord te pleeg, moord, aanranding, die besit van onge­ lisensieerde vuurwapens en am­ munisie en aanklagte ingevolge die Wet op die Voorkoming van georganiseerde misdaad. Moord Inbrekers het op 26 Maart 2021 by die vakansiewoning van Jain

ingebreek. Reneé Jain was die betrokke aand alleen by die huis in die De Vierde Liefde privaat natuurreservaat tussen Wolseley en Bainskloof. Sy is dood nadat sy deur dié verdagtes in die huis oorval, gewurg en vermoor is. Visagie en Schippers is meer as 'n jaar na die moord in Mei 2022 deur die ondersoekspan in hegtenis geneem na 'n gesamen­ tlike polisie-optrede. Maurice is in Desember 2022 op Piketberg gearresteer en Frederick (Fred­ dy) Lottering, is in Junie 2023 as verdagte in die saak bygevoeg. Lottering dien tans tronkstraf uit in 'n ander saak. Arries is uit op borgtog van R10 000 terwyl die ander drie mans in aanhouding bly. Bekommernis Die gemeenskap neem met bekommernis kennis van die groot aantal hofsake wat altyd uitgestel word en lyk dit asof die strafregstelsel meer in die guns van oortreders is as om die regte van die gemeenskap op te weeg wat onder geweldsmisdade ly.


4 SEPTEMBER 2026 l WITZENBERG HERALD l 3

Klapmus-bende bly polisie ontwyk VIER verdagtes het Sondagaand op 'n Wolseley gaste­plaas toegeslaan en 'n besoeker ernstig beseer voordat hulle met gesteelde goedere gevlug het.

Vier mans met klapmusse op, vermoedelik dieselfde groep mans wat verantwoordelik is vir drie ander aanvalle in die streek, het Sondag 30 Augustus omstreeks 23:10 'n deur van 'n wooneenheid van Sky Cottages oop­gebreek en die bejaarde gaste wat daar oornag het, oorval en beroof. Volgens die polisie het die egpaar van 75 en 66 jaar oud geslaap toe die mans hulle oorval het. Die klapmus-bende gewapen met messe en skroewedraaiers, het die 75-jarige man ernstig beseer deur hom met 'n mes te steek. Die inbrekers het daarna die egpaar vasgebind met 'n opgesnyde handdoek voordat hulle met gesteelde goed te voet gevlug het. Soektog Die Wolseley plaaswag en die polisie se hulp is ingeroep en 'n grootskaalse soektog is omstreeks 04:00 na die mans begin. Niemand is egter vasgetrek nie. Indien die gemeenskap oor enige inligting beskik, kan hulle s/sers. Klerk skakel by 079-894-0195 of (023) 231-8000. Verskerpte optredes Die Wolseley plaaswag, sekuriteitsdienste en die po­ lisie het onlangs begin om twee termiese hommeltuie in te span om hulle te help om 'n uitgestrekte gebied te fynkam vir die verdagtes wat die streek die afgelope paar maande teister. Die aanvalle het sy tol op die plaaslike toerismebedryf begin eis sonder dat enige verdagtes vasgetrek is. Inwoners wat buite die dorp woon, leef sedertdien in vrees.

Die klapmus-bende gebruik die donkerte om hul mis­ drywe te pleeg en om te voet van die toneel te vlug en dan tussen die vrugteboorde te verdwyn. Hulle sien en hoor voertuie wat na hulle soek, maar kan maklik in die boord of beboste gebied wegkruip en wag totdat 'n soekgeselskap weg is. Hulle gebruik ook nie voertuie wat op sekuriteitskameras opgetel kan word nie en slaan lukraak toe en volg geen vasgestelde patroon nie. Onlangse gevalle In die mees onlangse voorval het vier verdagtes 'n 55-jarige vrou aangeval waar sy saam met haar hond alleen by hul woning op die plaas was terwyl haar man in Duitsland was vir sake. Die voorval het op 4 Augustus omstreeks 20:00 plaasgevind. Vier mans het haar aangeval en sy is ernstig beseer. Nadat 'n Deense hond die aanvallers gebyt en verjaag het, is die slagoffer met kopbeserings en snywonde met 'n ambulans na Worcester MediClinic vervoer. Die hond is met 'n mes gesteek en later deur 'n veearts op Tulbagh behandel. Op 'n naburige plaas is gaste wat daar oornag het, in Februarie en Maart vanjaar in twee Dinsdagaand-aanvalle beroof en beseer. Ook in die twee aanvalle was dit vier mans met klapmusse op wat betrokke was. Die verdagtes het ook te voet in die rigting van Pine Valley gevlug voordat hul spoor verloor is. Teen die einde van 2024, was twee vroue van 77 en 81 jaar oud, ook slagoffers van aanvalle nadat 3-4 mans met klapmusse op, toegang tot hul plaashuise gekry en ondermeer juwele, 'n skootrekenaar en 'n telefoon gesteel het. Die een voorval het op 29 Oktober 2024 omstreeks 21:00 op 'n plaas buite Wolseley plaasgevind en die tweede voorval op 9 Desember 2024 omstreeks 22:30.

Jong meisie se verkragtingsaak sloer voort 'n JONG meisie (13) van Ceres wie twee keer die slagoffer van verkragting was, se twee hofsake in die Ceres en Worcester streekhof sloer voort.

EEN van die ergste storms in byna 60 jaar het die Witzenbergstreek van 11-13 Mei getref en lamgelê. In 48 uur het tussen 100 mm en 400 mm reën oor die Witzenbergstreek uitgesak en Ceres Koekedouwdam het binne 'n week oorgeloop. Nou drie maande later het die Wes-Kaap departement van infrastruktuur fondse beskikbaar gestel sodat Michellspas en die R43 verby Olive Rock herstel kan word. Dié R43 pad is steeds gesluit en motoriste moet Wolseley omry na Worcester en 'n stop-en-ry is nog in plek waar 'n mod­der­storting in Michellspas plaasgevind het. Die voorgestelde werke behels onder andere die verwydering van vloedrommel, die herstel en bou van ondersteuningstrukture, 'n keerwal en die herteer van die padoppervlakte. Die kontrak van meer as R42 miljoen sal na verwagting op 1 Desember 2026 voltooi wees. FOTO: Pieter du Toit

Die meisie was in April 2025 vir die tweede keer die slagoffer van verkragting of seksuele geweld. Drie verdagtes, 'n 60-jarige man van Nduli en twee vroue van 28 en 44 jaar oud, bly in aanhouding. Hulle moet weer op 14 September in die Ceres streekhof verskyn. * Volgens die strafproseswet kan dié man en twee vroue eers geïdentifiseer word sodra hulle gepleit het. Eerste verkragting Die eerste verkragting het einde 2022 plaasgevind toe sy skaars 9 jaar oud was. Drie mans, Jemeal Goeieman (22), sy oom, Saul Goeieman (46) en Reginald van Wyk (32) word van die verkragting aangekla. Die saak is 'n tyd gelede na die Worcester streekhof oorgeplaas. Die voor-verhoor het Dinsdag 1 September begin om te bepaal of die staat reg is om met die nuwe verhoor te begin. Die saak is uitgestel tot 1 Oktober nadat een van die beskuldigdes, Reginald van Wyk, aangedui het dat hy aansoek wil doen om borg. Die mans is kort na dié voorval op 15 Desember 2022 deur lede van die Ceres polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), gearresteer. Die voorval het omstreeks 23:45 in die Bo-Swaarmoed omgewing plaasgevind. Hulle is sedert hul arrestasie in aanhouding.


4 l WITZENBERG HERALD l 4 SEPTEMBER 2026

LAERSKOOL Gericke se o/12 hokkiespanne het verlede week aan die Future Charlie Fees deelgeneem. Die meisiespan het ’n uitstekende tweede plek behaal terwyl die seunsspan 'n eerste plek behaal en die goue beker huistoe gebring het. * Baie geluk aan Aldo van den Heever wat as seuns-hokkiespeler van die dag aangewys is. TWEE gimnaste van Ceres Gimnastiekklub het van 20-21 Augustus aan die WAG Wes-Kaap gimnastiekkompetisie deelgeneem. Ankia Slabbert (vlak 5 - 7 tot 10 jaar) het 'n silwer medalje verower in spronge en 'n vierde plek algeheel. Irma-Anne Orffer (foto links) en Olivia Viljoen (vlak 4 - ouderdomsgroep 10 jaar) het ook deelgeneem. * Ankia (foto regs) en Irma-Anne het gekwalifiseer om aan die nasionale gimnastiekkampioenskap deel te neem wat van 25–27 September in Tshwane plaasvind.

MOOI Uitsig Primêr se o/12 sewes rugbyspan het Vrydag 28 Augustus aan die jaarlikse Charlie's Future feeswedstryde deelgeneem. Hier is die span met hul afrigters.

DIE graad 4-7 leerders van Laerskool F.D. Conradie het by die Eisteddfod aan die Engelse voordrag deelgeneem. AGTER: Lizzy Schreuder, Hayley Keyser, Ben Versfeld en Bellané Vermeulen. VOOR: Lucia Hewitt, Batya Hofmeester en Zané Weber. * Drie leerders, Batya Hofmeester, Hayley Keyser en Ben Versfeld, spog met cum laude toekennings.

LAERSKOOL Gericke is trots op twee leerders en fotograwe wat op nasionale vlak deur die Photographic Society of South Africa (PSSA) se jeugafdeling vereer is. Jana Claassen (onder) is aangewys as nasionale kategorie-wenner met die tema: The Perfect Reflection, met haar foto "Water Woud". Janu Groenewald (foto bo) is aangewys as nasionale kategorie-wenner in die Open Colour-afdeling met sy foto "Leave Me Here". Hierdie prestasies getuig van kreatiwiteit, talent en passie vir fotografie.

Jeugfotograwe presteer KARLI Snyman van Laerskool Gericke en ywerige fotograaf, word gelukgewens met die verwerwing van ’n sertifikaat van uitnemendheid van die Photographic Society of South Africa (PSSA). Karli se foto’s is deur die junior kleurpaneel beoordeel en die toekenning is ’n besondere erkenning van die gehalte van haar fotos. Wat hierdie prestasie nóg meer besonders maak, is dat Karli die enigste laerskoolleerder is wat dié sertifikaat ontvang het - al die ander ontvangers is hoërskoolleerders!


4 SEPTEMBER 2026 l WITZENBERG HERALD l 5

Polisiemanne weer in 2027 in die hof TWEE polisiemanne verbonde aan Wolseley SAPD, wat in 2024 weens dwelmverwante misdrywe gearresteer is, se verhoor gaan volgende jaar voortgesit word. Die saak is na 20 Januarie 2027 uitgestel vir verdere verhoor. Beide polisiemanne se borg van R2 000 elk is verleng. Die twee lede, sers. Petshwa en konstabel

Lintnaar, is Saterdag 15 Junie 2024 deur die Wes-Kaap SAPD se anti-korrupsie-eenheid gearresteer kort nadat hulle aan diens gekom het. Petshwa en Lintnaar verskyn op klagtes van diefstal, korrupsie en regsverydeling. Die twee lede het na bewering mandrax tablette by 'n man afgevat en dit later weer aan 'n dwelmsmous verkoop.

Moordenaar (23) se verhoor na Hooggeregshof Voor-verhoor gaan nou later voort oorgeplaas

WITZENBERG munisipaliteit het die week twee nuwe 10 ton vullisverwyderingsvragmotors ter waarde van meer as R6.3 miljoen in ontvangs geneem. Die vragmotors is aangeskaf met MIG befondsing en sal dienslewering in die streek baie verbeter.

DIE vier mans wat daarvan aangekla word dat hulle 'n Tulbagh inwoner in sy erf vermoor het, sal nou Oktober-maand verder in 'n voor-verhoor* verskyn.

Landdros Pieter Klazen het die saak na 7 Oktober uitgestel. Agtergrond Vier verdagtes van Tulbagh, Steven Witbooi (30), Ricardo Witness (29), Junaid Samso (25) en Abriano Morris (21), is kort na die moord vasgetrek. 'n Bejaarde inwoner van Tulbagh, Karl Lauks (73), is op Maandag 2 Junie 2025 dood in sy motor gevind. Lauks, wat alleen gewoon het, is moontlik in die vroeë oggendure vermoor nadat hy dié Sondagaand van 'n plaaslike kuierplek teruggekeer het. Sy liggaam is later die oggend ontdek. Lauks het in sy maroen Smart-motor, wat in

die oprit van sy huis in Retiefstraat geparkeer was, gelê. Die polisie is na die toneel ontbied waar hulle Lauks aangetref het met 'n serp wat in sy mond gedruk is. Hy het vermoedelik versmoor. Die polisie het na die moord vingerafdrukke op die toneel geneem en op bewysstukke beslag gelê wat vir DNS analise weggestuur is. *In 'n voor-verhoor kry partye in die saak die kans om te vergader om verrigtinge te struktureer, geskilpunte te verfyn, bewyse uit te ruil en skikkings te ondersoek, wat dik­wels 'n formele voor-verhoorkonferensie en die indiening van dokumente insluit. 'n Voor-verhoor bevorder doeltreffendheid en verminder verhoortyd en -koste deur geskille te skik of bewyse te finaliseer.

DIE man (23) wat aangekla is van een van die grusaamste moorde die afgelope 30 jaar op Ceres, se saak is na die Kaapstad Hooggeregshof oorgeplaas.

Zwelinjani Mbola van Nduli wat sedert 7 Desember 2025 in aanhouding is, word aangekla van moord en lykskending. Die staat beweer dat Mbola vir Peter Joubert (43) vermoor het deur sy liggaam met 'n skerp voorwerp, vermoedelik 'n bottelkop, op te sny. Die saak is uitgestel tot 23 Oktober wanneer Mbola vir die eerste keer in die Hooggeregshof sal verskyn. Agtergrond Wetstoepassers is op 7 Desember 2025 deur 'n lid van die publiek genader dat 'n

onbekende man op die sypaadjie voor 'n onderneming in Voortrekkerstraat sit met liggaamsdele by hom. Die beamptes is na die toneel oorkant hulle kantore en het 'n man gesien wat sit by die afgekapte arms van 'n mens. Hulle het die polisie na die toneel ontbied. Mbola wat by die ledemate in die son gesit het, het laat blyk dat die res van die liggaam onder die treinspoorbrug in Voortrekkerstraat, net voor die afdraai na CFG, lê. Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle die erg geskende liggaam van 'n man aangetref. Van sy organe het langs hom gelê. Die oorledene is later as Peter Joubert (43) van Vredebes en 'n werknemer van Ina's Car Wash Paradise, geïdentifiseer.

RAISING TEENAGERS IS A JOURNEY WITH TWISTS AND TURNS – BUT YOU’RE NOT ALONE.

DIE huis in Retiefstraat.

Onwettige immigrant sal in streekhof verhoor word 'n ONWETTIGE immigrant van Malawië wat voor sy inhegtenisname op Gouda gewoon het, se verhoor is in die Tulbagh streekhof uitgestel omrede 'n tolk nie verlede week beskikbaar was nie.

Paul Chembuye (42) staan tereg weens die dood van 'n babameisie in 2025 wie in sy sorg gelaat is. Die baba van 15 maande is op 17 Mei 2025 dood.

Na die baba se dood is 'n geregtelike doods­ ondersoek geloods waarna die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) besluit het om hom aan te kla. Chembuye is in Junie 2025 gearresteer terwyl hy in aanhouding was vir immi­grasieoortredings. Die saak is na 21 Oktober uitgestel.

Twee mans met roof op Gouda verbind TWEE van die vyf mans wat twee weke gelede 'n besigheid op Lambertsbaai be­roof het, word nou verbind met 'n roof op Gouda.

Vyf mans het na die roof gevlug maar is later in die Piketberg-omgewing vasgetrek. Twee van die verdagtes word nou positief met die roof op Gouda verbind. Die twee mans, Sibongile Sibeko (31) en Mbulelo Ntozini (42), het verlede Donderdag in die Tulbagh landdroshof verskyn waarna

die saak na 6 Oktober uitgestel is vir verdere ondersoek. Die twee word saam met hul drie ander makkers op Vanrynsdorp aangehou. Gouda roof Die roof op Gouda het op Maandag 10 Au­ gustus plaasgevind. Mans gewapen met 'n vuurwapen en messe het omstreeks 20:10 op 'n winkeleienaar van Best Choice toegeslaan en hom in die winkel vasgebind en beroof. Die verdagtes het met sigarette, lugtyd en R2000 kontant gevlug.

LET’S TALK OFFERS HONEST CONVERSATIONS AND

PRACTICAL TIPS FROM EXPERTS FOR COMMON CHALLENGES, FROM SCREEN TIME TO TOUGH TALKS. GET THE REAL SUPPORT YOU NEED TO NAVIGATE THESE YEARS. TUNE INTO RADIO ZIBONELE, ey Vall FM, Houtstok, EDEN OR BUSH EVERY THURSDAY BETWEEN 9 AND 12 TO LISTEN IN. Videos with additional advice are available on YouTube. Scan here to watch the videos.

JOIN THE CONVERSATION. STRENGTHEN YOUR FAMILY.

Brought to you by the

WCG VPU 001a/E


6 l WITZENBERG HERALD l 4 SEPTEMBER 2026

WITZENBERG HERALD

17 Dienste aangebied

Weekly microbiological compliance: e.Coli (CFU/100ml) - Sans 241: 2015 limit = 0 August - September 2026

WATER TREATMENT WORKS

18 August

25 August

1 September

(023) 316-2021 info@witzenbergherald.com

7 In Memoriam Marco Johnson

17 Dienste aangebied AND ART FRAMING

1988/09/05 - 2010/12/11 Dit is jou 16de verjaarsdag weg van ons. Die verlange en vermisting is groot. Wil jou graag ‘n drukkie gee, maar weet God sal dit namens ons doen. Sal jou altyd liefhê. Altyd liefde Daddy, Mammie & MJ

14 Te Koop

TE KOOP

Duo Comfort oorfone

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN 083-227-6476

CENTRAL CERES MOTORS Service Center & Panelbeating

• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing Voortrekker St., Ceres

(Waarde: R2 499)

☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

Skakel

42 Implemente PLANT AND TOOL HIRE

Bluetooth

R2 000

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276

Die omgeewinkel sal oop wees op Saterdag, 5 September

ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: • Oefenklere • Mansklere • Skoene Somersklere reeds uitgepak! Dankie vir al die donasies Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke! Louw-Marie 083-634-8068 louwmarieshepherd8@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres

Oorkant Hollywood Bets (Totes) in Lyellstraat

Ma - Vry: 09:00 - 16:30 l Sat: GESLUIT Mini skip rentals

2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎ (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

082-721-4043

TE KOOP 7 Binnedeure vir

R1 400 of 1 deur vir

R250

Skakel

082-468-2649

17 Dienste aangebied Boland Roll on Lawn

Verskaffing, aflewering en pak van

AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

082-859-2300

Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres

Mechanical workshop • Engine overhaul • General Services • Suspension • Brakes • and more

André du Preez 082-639-2800 (023) 313-4422

crazypistonsct@gmail.com

CHARLIES

•Locksmith •Handyman and •Mobile Carwash

At the comfort of your own home R100 Small R150 SUV

For appointments contact Charles at 072-705-5233

WENDY HOUSE FOR SALE • 12,5 sq meters (2,5m x 5m) • Two doors with flyscreens • One window • Rubber matting on floor • Ceiling material • Virtually brand new, been standing empty • For collection in Tulbagh

R22 000,00 onco Contact Averil | 083 261 2863

www.chainboland.co.za


4 SEPTEMBER 2026 l WITZENBERG HERALD l 7

WITZENBERG Waterweek het verlede Vrydag 28 Augustus afgeskop met 'n rivierskoonmaakdag in Egoli Park in Rietvalleistraat.

LAERSKOOL F.D. Conradie het die naweek na Langebaan gereis vir die jaarlikse interskole wedstryde teen Topolino. Hier hou Josua Huddlestone en Wilmie Murray die kultuurbeker vas wat F.D. Conradie gewen het. Die skool het ook die sport-trofee verower. By hulle staan die skoolhoof, Deon (Lappies) Labuschagne.

ARCHIE van Biljon (ATKV) het onlangs vir Neal Stacey (regs) van 2Feet4TB en organiseerder van die Mandeladag kombersfondsinsameling, geskakel vir hulp nadat ’n lid van hul Mannekamp se huis in 'n brand verwoes is. Ekstra komberse is toe aan die huisbewoners geskenk.

DIE plaaslike dramagroep Ceres KIA (Kunstenaars In Aksie) het in Juliemaand aan die DCAS Dramafees deelgeneem en met hul produksie: Wat is in dié Mac N Cheese? tot die eindronde deurgedring. Die toneelstuk is deur 3hr9s Entertainment vervaardig en sal volgende jaar tydens die eindronde opgevoer word. Die groep bedank Perdekraal-Oos windplaas en Efficient Excellence vir hul ondersteuning. VLNR: Matthew Davids, Ashwill Erasmus, Sakichea Williams, Wayne Pienaar, Dixon Daniels en Bredwyn van Wyk.

KENNISGEWING 2026/2027 AANSUIWERINGSBEGROTING 2026 - 2032 BEGROTINGSPROSESPLAN Tydens raadsvergaderings gehou op 24 en 26 Augustus 2026 is die volgende items aan die raad voorgelê en aanvaar: 1. 2026/2027 Aansuiweringsbegroting 2. 2027 - 2032 Begrotings Prosesplan

NERINE Koopman, oudleerder van Laerskool Gericke wat in 2013 reeds haar liefde en talent vir netbal gewys het, was vanjaar deel gewees van die Kaapstad A-netbalspan wat goud verower het tydens die 2026 SPAR Nasionale netbalkampioenskappe. *Nerine is in voorste ry, vierde van regs.

Bogenoemde dokumente is ter insae beskikbaar by alle Munisipale Kantore en Openbare Biblioteke asook op ons webtuiste: www.witzenberg.gov.za D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER Witzenberg Munisipaliteit Voortrekkerstraat 50, Ceres 6835

NOTICE 2026/2027 ADJUSTMENT BUDGET 2026 - 2032 BUDGET PROCESS PLAN During Council meetings held on 24 and 26 August 2026, the following items were presented to and approved by the Council: 1. 2026/2027 Adjustment Budget 2. 2027 - 2032 Budget Process Plan The above-mentioned documents are available for public inspection at all Municipal Offices and Public Libraries, as well as on our website at: www.witzenberg.gov.za

DRIE swemmers van Laerskool Gericke, Isabella de Jager (vol-erekleure), Roz Malherbe en Max Malherbe (beide half-erekleure), het onlangs hul Cape Winelands Aquatics distrik ouderdomsgroep vol- en halferekleure sertifikate ontvang.

D. NASSON: MUNICIPAL MANAGER Witzenberg Municipality 50 Voortrekker Street, Ceres, 6835

ISAZISO UHLAHLO-LWABIWO-MALI OLUHLAZIYIWEYO LUKA-2026/2027 2026/2032 ISICWANGCISO SENKQUBO YOHLAHLO-LWABIWO-MALI Ngexesha leentlanganiso zeBhunga ebezibanjwe ngomhla wama-24 nowama-26 Agasti 2026, ezi zinto zilandelayo zazisiwe kwiBhunga zaze zamkelwa: 1. UHlahlo-lwabiwo-mali oluHlaziyiweyo luka-2026/2027 2. IsiCwangciso seNkqubo yoHla hlo-lwabiwo-mali sika-2027–2032 La maxwebhu akhankanywe ngasentla ayafumaneka ukuze ahlolwe luluntu kuzo zonke ii-Ofisi zikaMasipala nakumaThala eeNcwadi zoLuntu, kwakunye nakuMnatwazwe wethu othi: www.witzenberg.gov.za

DRIE bruin gordel karatekas van Lakenvleiplaas buite Ceres, het 'n selfverdedigingskursus vir 60 jong vroue op Franschhoek aangebied. Die kursus het onder leiding van sensei Ezelle Louw, wat al die afgelope 7 jaar aan karate deelneem onder leiding van Renshi Andries Douglas (5de dan), plaasgevind. Die drie studente, Whaldene Cupido, Charnel-Mari Scheffers en Mariska Jimmes, is al jare deel van die dissiplineprogram. Die inisiatief het ten doel om jong vroue met praktiese selfverdedigingsvaardighede toe te rus, hul selfvertroue te versterk en bewusmaking oor persoonlike veiligheid te bevorder. Gedurende die kursus is deelnemers ook geleer hoe om gevaarlike situasies te herken, hulself te beskerm en basiese selfverdedigingstegnieke veilig en doeltreffend toe te pas. * Die selfverdedigingskursus vorm deel van Vrouemaand-aktiwiteite wat daarop gemik is om vroue en jong meisies te ondersteun, te bemagtig en veiliger gemeenskappe te help bou. Vir navrae oor die program skakel Ezelle by 083-3768-989 of stuur 'n e-pos na renshiandries@gmail.com

D. NASSON: UMLAWULI-MASIPALA uMasipala waseWitzenberg 50 Voortrekker Street, Ceres,6835


8 l WITZENBERG HERALD l 4 SEPTEMBER 2026 Die Witzenberg Her­ ald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en ge­druk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Ei­l­a nd. Geen ad­vertensie/re­­ daksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars vol­ gens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gere­ produseer word nie.

Sport Witzenberg Herald

Bella Vista kan nog kwalifiseer vir plek in Top 12

Emile Arries se duif wen WEDVLUGDUIWE het Saterdag 29 Au­ gustus vanaf Prieska in die Noord-Kaap gevlieg.

Dit was dan ook WRPU unie se jaaroud veiling-wedvlug. Emile Arries van BHPS en Team Koopman ARL van CHPS duiweklub het uitstekend gevaar. Emile Arries wen die WRPU unie vlug asook die Ceresvallei federasie. Weens gure weer wat Vrydag en Saterdag vir die binneland voorspel word, is die wed­ vlugte van Kroonstad en Bloemfontein tot volgende week uitgestel. Saterdag vlieg duiwe 'n kort wedvlug vanaf Leeu Gamka. Ceresvallei federasie wedvlug Prieska

TALLE klubs het die naweek hul laaste wedstryd van die seisoen gespeel en die 2026 rugbyseisoen is vir die meeste klubs klaar.

Net Bella Vista het 'n goeie kans om vir vanjaar se Top 12 te kwalifiseer. Hulle wag net vir die uitslag van Saterdag se wedstryd tussen Newtons en Evergreens. Newtons moet met 'n reuse telling wen om met 'n beter punteverskil as Bella Vista te eindig.

Naweek uitslae Delicious het Saterdag hul seisoen op 'n hoë noot afgesluit met 'n wegoorwinning van 20-13 oor Hamlet. Ceres het naelskraap met 32-28 teen Wolseley gewen, Bella Vista het op hul tuisveld met Hillcrest afgereken en met 33-26 gewen, Tulbagh het Evergreens met 21-18 geklop en Roses United het Newtons met 28-19 geklop. Uitspeelwedstryde Relegasie uitspeelwedstryde vind volgende naweek op die Lyellstraat sportgronde plaas.

1. Emile Arries - 2. Team Koopman ARL 3. Meyer en Van Wyk 4. JRK Lofts - 5. JRK Lofts - CHPS - Prieska 1. Team Koopman ARL 2. Cyril en Ann Davids 3. Cyril en Ann Davids 4. Neil en Abdul - 5. Team Koopman ARL BHPS - Prieska 1. Emile Arries - 2. Emile Arries - 3. Sunny Loft - 4. Ode Lofts - 5. Ode Lofts -

1558.824 mpm 1558.775 mpm 1516.788 mpm 1489.396 mpm 1476.378 mpm 1558.775 mpm 1446.715 mpm 1311.021 mpm 1309.328 mpm 1253.031 mpm 1558.824 mpm 1475.442 mpm 1467.088 mpm 1467.037 mpm 1440.884 mpm

MARLIN Baron van Hamlet rugbyklub kyk sy strafskop agterna. Delicious het Sa­ter­dag hul seisoen op 'n hoë noot afgesluit met 'n wegoorwinning van 20-13 oor Hamlet.

CHARLIE Hofmeyr se o/14A rugbyspan het vanjaar ’n buitengewone prestasie behaal deur die seisoen onoorwonne af te sluit. Hulle het al 15 hul wedstryde gewen en 718 punte aangeteken. Hulle het die seisoen slegs 135 punte afgestaan.

PADEL Ceres het die afgelope paar weke 'n Herfs-liga vir mans aangebied. Nege span­ne het aan die strawwe kompetisie deelgeneem met die finaal wat Maandag 24 Augustus afgehandel is. Gerrie Snyman en Phillip Dicey was die wenners (7/6, 2/6 en 7/6) met Jarryd Thomas en Charl (Tippie) du Toit die naaswenners. VLNR: Jarryd Thomas, Gerrie Snyman, Phillip Dicey en Charl (Tippie) du Toit. * Die Lente-liga begin eersdaags en spelers word genooi om in te skryf.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook