WH Her ald Witzenberg
VOLUME 29 NO. 1
R 10
FRIDAY, 16 JANUARY 2026
(023) 312-2144 l CERES
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig
Inbreker na ses maande nog nie aangekla nie
Donderdag 15 Januarie
Vrydag 16 Januarie
Saterdag 17 Januarie
Sondag 18 Januarie
13° 26°
12° 29°
12° 27°
11° 27°
‘n INBREKER wat ses maande gelede vinnig vasgetrek is nadat hy by ‘n huis op Ceres ingebreek het, is nog nie weens dié huisbraak aangekla nie. Die verdagte, Abraham Wildschutte (52), het egter al op ‘n mindere klagte verskyn weens die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Die saak is tot 4 Mei vir verhoor uitgestel. Die Ceres polisie en Ceres Alarms het op 9 Junie 2025 omstreeks 23:40, twee verdagtes wat met ‘n TV en huisgoedere in Vierdelaan gestap het, voorgekeer. Hulle het die gesteelde goed neergegooi en weggehardloop. Wildschutte is later gevang nadat hy by ‘n erf in Vierdelaan ingehardloop en oor ‘n hek gespring het.
CERES KOEKEDOUW DAM
80%
TULBAGH DAM
90%
WAVERENSKROON TULBAGH
66%
Lesings geneem: 2026/01/14
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Padsterftes daal in provinsie DIE afgelope Desember vakansie was daar heelwat minder sterftes op die WesKaap se paaie. Die afgelope drie weke was daar slegs ‘n paar ongelukke in die Witzenbergstreek aangemeld. Geen sterftes of ernstige beserings is aangemeld nie. Op 7 Januarie het EMS nooddienste gehelp om ‘n vragmotorbestuurder uit ‘n verfrommelde kajuit te red. Twee vragmotors het by die Tulbagh-kruising gebots. Een van die bestuurders het vasgesit en moes EMS ‘n hidroliese kake gebruik om die man te bevry. Die bestuurder het beserings aan sy bors en bene opgedoen. * Van 5-11 Januarie het 12 mense in padongelukke in die Wes-Kaap gesterf teenoor die 25 in die vorige week. Agt van die sterftes was voetgangers. ‘n Voetganger is op P.A. Hamlet dood nadat sy op Kersdag omstreeks 20:30 raakgery is. Provinsiale verkeersbeamptes het 240 padversperrings en spoedlokvalle oor die provinsie heen gehou en meer as 51 000 voertuie is voorgekeer. Meer as 15 000 verkeersboetes is uitgereik. 79 motorbestuurders is in hegtenis geneem vir bestuur onder die invloed van drank. Nog fotos in vandag se uitgawe.
2 l WITZENBERG HERALD l 16 JANUARY 2026
Kersfeesvreugde vir 900 kinders
HEINRICH Jantjies het tydens die Desember 2025 gradeplegtigheid by die Universiteit van die Wes-Kaap, sy tweede PhD-graad ontvang. Heinrich woon meer as 20 jaar op Ceres en het sy skoolloopbaan by Bredasdorp Hoërskool voltooi. Hy het sy eerste PhD-graad in landbou ekonomie by die Universiteit van Stellenbosch ontvang. Jantjies se ander kwalifikasies sluit in ‘n BTech, MTech, MCom en MBA. * Hier is hy saam met sy vrou Nadia en twee kinders, Claudia Joy en Lila Grace.
PATMOS Arbeidsbediening het Desembermaand Kersfeesvreugde en hoop aan 900 kinders in die Witzenbergstreek gebring. Hierdie betekenisvolle inisiatief, waartydens Kersfees-soetpakkies aan 900 kinders uitgedeel is en 185 speelgoed vir seuns en meisies in verskeie gemeenskappe oorhandig is, is die breinkind van Patmos Arbeidsbediening.
PATMOS Arbeidsbediening het Desembermaand Kersfeesvreugde en hoop aan 900 kinders in die Witzenbergstreek gebring. Die ware gees van Kersfees is regoor die Witzenbergstreek sigbaar uitgeleef toe honderde kinders vreugde, waardigheid en hoop ervaar het deur ’n feestelike uitreikaksie wat glimlagte op jong gesigte gebring het gedurende die Kerstyd. Hierdie betekenisvolle inisiatief, waartydens Kersfees-soetpakkies aan 900 kinders uitgedeel is en 185 speelgoed vir seuns en meisies in verskeie gemeenskappe oorhandig is, is die breinkind van Patmos Arbeidsbediening en word gekoördineer onder die toegewyde leiding van Wilhelm de Kock. Met die inisiatief kon baie kinders, wat andersins ’n bleek en vreugdelose Kersfees sou beleef het, op Kersdag die opgewondenheid ervaar om geskenke en feestelike bederfies te ontvang. Vir hierdie kinders was die pakkies en speelgoed meer as net materiële items - dit was ’n teken van omgee, insluiting en die boodskap dat hulle nie vergeet is nie. Patmos Arbeidsbediening het saamgewerk met skenkers, vrywilligers en gemeenskapsvennote om die kinders in verskillende dele van die Witzenbergstreek te bereik. Die sukses van die projek was moontlik gemaak deur die ruimhartigheid van skenkers en die toewyding van vrywilligers wat hul tyd en hulpbronne gegee het om die mees kwesbares te dien. Gemeenskapslede uit verskillende areas het hul dankbaarheid uitgespreek. ’n Ouer uit een van die landelike gemeenskappe het gesê: “Hierdie Kersfees sou vir baie van ons kinders baie moeilik gewees het. Om hul gesigte te sien ophelder toe hulle die pakkies ontvang, het ons daaraan herinner dat daar mense is wat werklik omgee vir ons gemeenskap.” Patmos wil graag die volgende donateurs en gemeenskappe bedank vir hul ruim bydraes: Arbeidsvreugd vrugte, APL kartonne, TS Vragmotors, Agri Protection, Johan en Marlene Slabbert, Vox Elektries, Hugo de Kock, Corruseal, Brainwave projects - MichaelJohn Phillips, Howard Landquip, Laastedrif boerdery, Kuda - PR Nel, De Kock boerdery, Proverte - LeRoux Ferreira, Sun Sweet Fruit, Ceres Mica, Kaap Agri en Luwandré Visagie - Champs.
PATMOS bedank Ceres Toyota vir die skenking van ‘n bakkie-kappie (canopy).
NOTICE OF SALE IN EXECUTION IN THE MAGISTRATE’S COURT FOR THE DISTRICT OF CAPE WINELANDS, HELD AT TULBAGH CASE NO. 104/2023 In the matter between: MINISTER OF AGRICULTURE, LAND REFORM AND RURAL DEVELOPMENT 1st Execution Creditor DIRECTOR-GENERAL: DEPARTMENT AGRICULTURE, LAND REFORM AND RURAL DEVELOPMENT 2nd Execution Creditor SARON COMMUNAL PROPERTY ASSOCIATION 3rd Execution Creditor DANIEL KOTZE 4th Execution Creditor LORRAINE BAKER 5th Execution Creditor THOMAS SOFAT 6th Execution Creditor BIANCA FORTUIN 7th Execution Creditor CHRISTO FRANTZ 8th Execution Creditor and DERICK W BROWN 1st Execution Debtor BAREND N F ZIMRI 2nd Execution Debtor JENEVEVE ALKASTER-HENDRICKS 3rd Execution Debtor MAGRIETA DE BRUIN 4th Execution Debtor STEVEN JOCHIMS 5th Execution Debtor CHALRINE SWANEPOEL (SCHOLTZ) 6th Execution Debtor MICHAEL P CHRISTIANS 7th Execution Debtor TAKE NOTICE that in terms of the costs order obtained in the above Honourable Court under case number 104/2023 against the said Execution Debtors and a Writ of Execution issued thereafter, the undermentioned goods will be sold in execution by the Sheriff of the Magistrate’s Court, Moorreesburg, to the highest bidder at 4 Meul Street, Moorreesburg on the 29th day of January 2026 at 10:00: GOODS: 1 x White Ford Eco Sport reg. no. CEX 7896 1 x White Toyota Quantum Mini Bus reg. no. CF 168 497 CONDITIONS OF SALE: 1. The abovementioned goods are sold voetstoots; 2. Payment for the abovementioned goods are to be made in cash. DATED AT STELLENBOSCH THIS 18TH DAY OF NOV. 2025.
CHENNELLS ALBERTYN Attorneys for 3rd to 8th Execution Creditors 44 Alexander Street, STELLENBOSCH, 7600 Tel: (021) 883-3189 E-mail: fiona@chennellsalbertyn.co.za and carol@chennellsalbertyn.co.za Ref: Fiona Bester/cvdv/11818FB
32 DEGREES SOUTH FRUIT (EDMS) BPK
Posbus 73, Koue Bokkeveld, 6836 ☎ (023) 317-1503 E-pos: admin@langrivier.co.za
PAKLYNSTELSEL: DEFEK SORTERINGS SPESIALIS 32 Degrees South Fruit (Edms) Bpk is ‘n vrugte pakstoor in die Koue Bokkeveld. Ons benodig tans die dienste van ‘n noukeurige en gefokusde individu om ons GREEFA paklyn se defek sortering optimaal te bedryf. Verantwoordelikhede: • Bedryf gerekenariseerde verpakkingslyn met gevorderde kamerategnologie; • Verfyn GREEFA-algoritmes en defekdefinisies om optimale uitpak-opbrengs te verseker; • Deurlopende regstellings op program tov valse defekte; • Data gedrewe bestuur en besluitnemingsvaardighede. Vereistes: • Uitstekende rekenaarvaardighede met vorige ondervinding in vrugteverpakking sagteware (veral “machine learning”) en/of programmering; • Kennis van vruggehalte en standaarde; • Sterk analitiese vermoëns en probleemoplossingsvaardighede; • Moet onder druk kan werk; • Vorige ervaring in vrugte verpakking. ‘n Mededingende vergoedingspakket word aangebied. Aansoeke moet ‘n CV met verwysings insluit en kan per e-pos gestuur word aan: admin@langrivier.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Januarie 2026 Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Kandidate wat geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan hul aansoek as onsuksesvol beskou.
Donkerbos Landgoed in die Koue Bokkeveld, beskik tans oor die volgende vakature:
ONTVANGSDAME / ADMINISTRATIEWE KLERK Minimum kwalifikasie vereistes: Matriek en naskoolse opleiding wat posbeskrywing ondersteun • Alle pligte van ontvangsdame en skakelbord hantering • Voorraadbeheer en bestellings van skryfbehoeftes en drukwerk • Algemene liassering • Data invoere (voorraad, lone, ens.) • Ongevallekommissaris werksaamhede • Hantering van alle personeelrekords en dissiplinêre rekordhouding • Personeel vervoer reëlings en afsprake • Kennis van FCS loonprogram sal in u guns tel • Goeie kennis van Excel en Windows Office program • Moet ook bereid wees om ander kantoorwerk te verrig indien nodig. E-pos asb. u CV na: thys@donkerbos.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 Januarie 2026
Matrieks van 2025 vaar goed DIE nasionale seniorsertifikaat-eksamen uitslae is die week amptelik bekend gemaak. Duisende matrieks van skole in die Witzenbergstreek, het Dinsdag 13 Januarie hul uitslae by die skole gaan afhaal. In 2025 het meer as 900 000 leerders die nasionale senior sertifikaat-eksamen afgelê. Met ‘n nasionale slaagsyfer van 88% het meer as 750 000 leerders suksesvol geslaag. Charlie Hofmeyr het vir die tweede agtereenvolgende jaar ‘n 100% slaagsyfer behaal met Tulbagh Hoërskool in die tweede plek met 87.7% en Wolseley Sekondêr in die derde plek met 83.5%. Ceres Sekondêr spog met ‘n slaagsyfer van 81.4%, Iingcinga Zethu Secondary skool in Nduli kon nie verlede jaar se goeie slaagsyfer herhaal nie. Die skool het vanjaar ‘n slaagsyfer van 73.9% behaal. Skurweberg Sekondêr het vanjaar ‘n slaagsyfer van 73.1% behaal en Bella Vista Hoërskool ‘n 71% slaagsyfer. Alhoewel ‘n paar skole klein afnames beleef het, word die unieke uitdagings waarmee die klas van 2025 te kampe gekry het, erken. Leerders se veerkragtigheid en vasberadenheid onder moeilike omstandighede verdien erkenning en respek. 2023 2024 2025 Charlie Hofmeyr 97.4 100 100 Hoërskool Tulbagh 68.8 76.8 87.7 Wolseley Sekondêr 75 88.2 83.5 Ceres Sekondêr 71.3 83 81.4 Iingcinga Zethu Sec. 50.3 83.6 73.9 Skurweberg Sekondêr 63.6 66.7 73.1 Bella Vista 57.2 82.7 71.0 Ander statistieke KwaZulu-Natal was vanjaar die top presteerder in die 2025 nasionale senior sertifikaat-eksamen met ‘n slaagsyfer van 90.6%. Vrystaat was kort op hul hakke met 89.33% gevolg deur Gauteng met ‘n slaagsyfer van 89.06%. Noordwes was in die vierde plek met 88.49% gevolg deur die WesKaap met ‘n slaagsyfer van 88.20%, Noord-Kaap met 87.79%, Mpumalanga met 86.55%, Limpopo met 86.15% en die Oos-Kaap met 84.17%.
16 JANUARY 2026 l WITZENBERG HERALD l 3
DIE nasionale seniorsertifikaat-eksamen uitslae is die week amptelik bekend gemaak. Duisende matrieks van skole in die Witzenbergstreek, het Dinsdag 13 Januarie hul uitslae by die skole gaan afhaal. Hier vier ‘n paar oudleerders van Charlie Hofmeyr hul matriekuitslae.
CERES Sekondêr se top matrikulante van 2025. VLNR: Rinaldo Lottering (derde), El-nique Naudé (tweede), mev. Nat Coetzee (skoolhoof), Shirley Rooi (eerste) en Jandrè Frederick (vyfde). AFWESIG: Rethabile Kharasi (vierde).
JAMALENE Jafta was verlede jaar die top presteerder van Bella Vista Hoërskool met 69,16%.
BELLA Vista Hoërskool se top presteerders. VLNR: Jamalene Jafta (69.16%), Leonida Fredericks (65,66%), Jenique Saunders (vakhoof), Lucresia Rhode (63,16%) en Mckyle de Villiers (59,5%).
4 l WITZENBERG HERALD l 16 JANUARY 2026
Moordenaar weer einde van maand in die hof
ZWELINJANI Mbola (22).
DIE man (22) wat verdink word van een van die grusaamste moorde die afgelope drie dekades op Ceres, het einde Desember in die landdroshof verskyn. Zwelinjani Mbola (22) van Nduli, wat sedert 7 Desember in aanhouding is, het verskyn op ‘n aanklag van moord en lykskending. Die staat beweer dat die beskuldigde vir Peter Joubert (43) vermoor het deur sy liggaam met ‘n skerp voorwerp op te sny. Die saak is vir ‘n maand uitgestel vir verdere ondersoek en om ‘n verwysing na ‘n distriksgeneesheer vir moontlike sielkundige waarneming te kry. Die saak is uitgestel tot 28 Januarie. Agtergrond Die polisie wou sedert die verdagte se arrestasie, nog nie veel oor hul ondersoek bekend maak nie. Twee wetstoepassers is op 7 Desember 2025 omstreeks 09:00 deur ‘n lid van die publiek genader dat ‘n onbekende man op die sypaadjie voor ‘n onderneming in
CERES (023) 316-2226 Exciting new opportunities at Ceres Superspar
CASHIERS (FULL TIME) The following requirements are needed: • Confident and honest • Ability to remain calm under pressure • A sense of responsibility • Be able to work under pressure • Must have people skills (must have previously worked with clients and must understand customer service) • Must be willing to work shifts and weekends • Fully bilingual (English & Afrikaans) • Must have matric with exceptional high marks in maths, Afrikaans and English to apply.
BAKER The following requirements are needed: • Must be able to handle and work under pressure • Excellent people skills • Must be willing to work weekends and shifts • Must be fully bilingual • Previous experience will be advantageous • Must have matric • Must have knowledge of hygiene in the workplace. Responsible for, but not limited to: • Baking of products • Produce high quality and delicious confections that meet the expectations and preferences of customers • This also involves following recipe as per production sheet, measuring ingredients, mixing, baking, molding, shaping, cleaning, stock rotation, waste control, assisting with stock take.
CONFECTIONER The following requirements are needed: • Must be able to handle and work under pressure • Excellent people’s skills • Must be willing to work weekends and shifts • Must be fully bilingual • Previous experience in this profession will be advantageous • Must have matric • Must have knowledge of hygiene in the workplace. Salaries negotiable. Should you meet all the requirements, please e-mail your full CV (ID included) and SARS documents (IRP5) to:ceres.superspar2@gmail.com For attention: Human Resources
Please DO NOT send your CV if you do not reside in Ceres or Wolseley and please DO NOT apply via Facebook. Only CV’s received via e-mail will be attended to. Closing date for applications: Friday 23 January 2026 Employment acceptance: Willing to join as soon as possible
Should you not receive any feedback by 28 January 2026, please consider your application unsuccessful.
Voortrekkerstraat sit met liggaamsdele. Die beamptes is na die toneel oorkant hulle kantore en het ‘n man gesien wat sit by die afgekapte arms van ‘n mens. Hulle het die polisie na die toneel ontbied. Mbola wat by die ledemate in die son gesit het, het laat blyk dat die res van die liggaam onder die treinspoorbrug in Voortrekkerstraat, net voor die afdraai na CFG, lê. Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle die erg geskende liggaam van ‘n man aangetref. Van sy organe het langs hom gelê. Die oorledene is later as Peter Joubert (43) van Vredebes en ‘n werknemer van Ina’s Car Wash Paradise, geïdentifiseer. Wees versigtig Inwoners word gevra om nie enige fotos/ video van die liggaam te versprei nie en respek en deernis aan die slagoffer se familie te betoon. Regstappe teen die persoon/e wat die fotos en video kort na die moord versprei het, word nie uitgesluit nie.
DIE Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) was Woensdag 14 Januarie slaggereed vir meer as 102 000 graad eens en meer as 73 000 graad-R leerlinge wat hulle in die Wes-Kaap aangemeld het vir hul eerste skooldag. Daar is ook 97 000 graad 8 leerders wat met hulle hoërskoolloopbaan begin het. KLOKSGEWYS: Vera du Toit, Vera-Mari du Toit (graad R) en Johan du Toit, Juffrou Maré Rix en AJ du Toit (graad een), Chloé Volmoer is een van die haasbek graad eentjies wat met haar skoolloopbaan by Laerskool Gericke begin het en Lethabo Nenzinane en Miviwe Ngulube hier saam met die skool se gelukbringer, Rocky (Janu Slabbert).
HUIS MAUDIE KRIEL ACVV Tehuis vir bejaardes NPO 003-083
Benodig die dienste van ‘n
STAFVERPLEEGSTER Vereistes: • Registrasiefooi aan SA verplegingsraad moet op datum wees • Handhaaf sober gewoontes • Moet saam in ‘n span kan werk • Inisiatief openbaar en leiding en bevel kan neem • Ondervinding in die behoeftes en hantering van ouer persone sal in u guns tel Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 Januarie 2026 Rig aansoek aan: Die Bestuurder: Huis Maudie Kriel Posbus 847, Ceres, 6835 Navrae: Die Bestuurder Tel: (023) 312-1950 E-pos: bestuurder.maudie@lando.co.za
PETER Joubert (43) is vermoor.
16 JANUARY 2026 l WITZENBERG HERALD l 5
Uie lê pad vol DIE afgelope drie weke was daar slegs ‘n paar ongelukke in die Witzenbergstreek aangemeld. Op Maandag 12 Januarie omstreeks 17:30 het ‘n vragmotor (foto bo) met ‘n vrag uie op, naby Slagboom in die AgterWitzenbergvallei omgeslaan. Die bestuurder is lig beseer. FOTO: Adriaan (Bikerboertjie) Farmer - Facebook.
DIE bestuurder van ‘n blou Chevrolet het op 28 Desember beheer verloor en die motor naby Kluitjieskraal buite Wolseley gerol. Die bestuurder is lig beseer.
HOE kry jy dit reg? Dit is die vraag op inwoners se lippe nadat ‘n onbekende bakkiebestuurder dit einde verlede jaar reggekry het om tot by Nedbank se voordeur te ry. Slegs skrapmerke is aan sement trappe voor die bank aangerig. Die bestuurder het ook die lamppaal voor die gebou rakelings gemis. Die fratsongeluk het Vrydag 19 Desember omstreeks 16:30 plaasgevind. Sover as wat vasgestel kan word is niemand beseer nie.
Barnard in hof ‘n OUD Ceres-inwoner wat die afgelope paar jaar gereeld met die gereg gebots het, se verhoor gaan Donderdag (vandag) in die George streekhof voortgesit word. Riaan Barnard (44) verskyn in die George streekhof op ‘n klag van aanranding van sy pa, Phillipus Barnard (82). Die voorval het tussen 4 en 5 Maart 2024 plaasgevind tydens ‘n onderonsie. Barnard het na bewering ‘n stoel onder sy pa uitgeskop, hom met sy skouer gestamp
en hom gedreig. Hy is kort daarna inhegtenis geneem en later in Mei 2024 op borgtog van R1 000 vrygelaat. Hy verskyn op 15 Januarie 2026 weer in die hof. Die polisie ondersoek nog ‘n voorval wat in Januarie 2024 plaasgevind het. Dié klagte is reeds by die aanrandingsklag gevoeg. ‘n Nuwe klag is November 2025 by George SAPD geregistreer maar Barnard is nog nie amptelik aangekla nie. Die klag is na die DOV verwys vir ‘n beslissing.
TREVOR ABRAHAMS l Uitvoerende Burgemeester l Executive Mayor
Congratulations to the Class of 2025! On behalf of the Witzenberg Municipality, I would like to congratulate the Class of 2025 on their exceptional achievement in the final exams! We wish you great success with the next chapter and all you set out to do in future. Reach for your dreams and follow your passion. The sky is the limit! All the best to the learners, teaching staff and parents with the new academic year.
TE HUUR VANAF FEBRUARIE 2026 BESIGHEIDSPERSEEL / KANTORE EN OF HUIS EN WOONSTEL Ideaal geleë op die h/v Van Riebeeck- en Phillipstraat, Ceres BESIGHEIDSPERSEEL l HUIS
WOONSTEL
• Sluit in: 1) Ontvangs, raadsaal en 4 kantore met lugversorging of alternatief 2) 4 Slaapkamerhuis en 2 slaapkamerwoonstel met aparte ingang • Addisioneel: Inverterstelsel, eie boorgat, gratis munisipale dienste • Elektrisiteit vir eie rekening • Voldoende veilige parkering met toesluit motorhuis • Huur onderhandelbaar afhangende van die termyn Vir verdere navrae skakel Naas 083-228-8585 of Albrecht 083-256-8747
Baie geluk aan die Klas van 2025! Namens die Witzenberg Munisipaliteit wil ek die Klas van 2025 gelukwens met hul besonderse prestasie in die eindeksamen! Ons wens julle alle sukses toe met die volgende hoofstuk en al jul toekomsplanne. Volg altyd jul drome en leef jul passie uit. Die geleenthede is eindeloos! Alle sterkte aan die leerders, onderwysers en ouers vir die nuwe akademiese jaar.
6 l WITZENBERG HERALD l 16 JANUARY 2026
witzenberg herald (023) 316-2021 l info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Christina Damon
PLANT AND TOOL HIRE
1941/08/08 - 2026/01/06 ROUDIENS: Do. 15 Jan. 19:00 Ceres Sekondêr Skoolsaal BEGRAFNIS: Sat. 17 Jan. Huis: 08:00 Eilandstraat 10, Ceres Kerk: 09:00 V.G.K, Ceres Graf: Owenstraat, Ceres
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
CENTRAL CERES MOTORS
Service Center & Panelbeating
• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.
NICOLA Mostert (links|s) van Laerskool Gericke het die skoolhoof toekenning vir 2025 ontvang en Eduard Joubert van Laerskool Gericke is die Dux-leerder vir 2025.
Christiaan 079-177-2490 ☎ (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274
Peres & Williams Transport (Pty) Ltd Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276.
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
Skakel
082-859-2300
AND ART FRAMING SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
STEFAN STEYN 083-227-6476
EC BUSDRYWER
VEREISTES: • Lisensie Kode 14 • 1 - 2 Jaar ondervinding as busdrywer
Skakel:
072-469-7517
DIE Wes-Kaap Kavaliers Laerskool tennisproewe het van 5-7 Desember plaasgevind. Drie leerders van Laerskool Gericke het goed gevaar. Leopoldt Verhoef eindig negende in die o/12 afdeling, Mienka du Toit eindig tweede in die o/13 afdeling en Karlien du Toit eindig 16de in die o/11 afdeling.
ONS IS DRINGEND OP SOEK NA:
• Skoolklere • Handdoeke • Breekgoed • Warm jasse • Mansklere en -skoene
Louw-Marie 083-634-8068 l louwmarieshepherd8@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres l (Ingang in Lyellstraat oorkant Ceres Cycles)
Select
LAUNDRY Whatsapp of skakel
082-821-3610 Joubertstr. 16, Ceres
Ma - Vry: 08:00 - 17:00 Vakansiedae: Gesluit
Ons tel op en lewer af op spesiale versoek* *Terme en voorwaardes geld
Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres
MECHANICAL WORKSHOP • Engine overhaul • General Services • Suspension • Brakes • and more
André du PPreez reez 082-639-2800 (023) 313-4422
crazypistonsct@gmail.com
Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke! Ma - Vry Vry: 09:00 - 16:00 Sat: 09:00 - 12:00 Sat
16 JANUARY 2026 l WITZENBERG HERALD l 7
Vyf kinders sterf
Hanse kry vyf jaar gevangenisstraf DIE bestuurder van ‘n Ford Bantam bakkie wat meer as twee jaar gelede 10 insittendes vanaf Op-die-Berg na Kaapstad vervoer het, is gevonnis. Die 42-jarige bestuurder, Adriaan (Rian) Hanse, is op 4 Augustus verlede jaar stil-stil in die Bluedowns streekhof gevonnis nadat hy op aanklagte wat wissel van strafbare manslag en dronkbestuur, tereg gestaan het.
LAERSKOOL F.D. Conradie se graad eens saam met juffrou Erin Titus (assistent) en juffrou Nita Steyn.
Besope rugbyondersteuner na byna twee jaar nog nie in die hof nie ‘n BESOPE rugbyondersteuner van Grabouw wat in Februarie 2024 op ‘n rugbyveld gejaag en mense getref het, het na byna 2 jaar nog nie in die Ceres landdroshof verskyn nie. Die 63-jarige David Bailey het op Saterdag 10 Februarie 2024 op die Lyellstraat sportgronde amok gemaak met sy VW Jetta motor en na bewering twee of drie persone raakgery. Die voorval het tydens Delicious en Safcol se eerstespanne se vriendskaplike wedstryd plaasgevind. Die wedstryd is afgelas na die voorval. Die vinnige optrede van ‘n Delicious ondersteuner het gekeer dat die besope bestuurder verder kon ry toe hy na die voertuig gehardloop, die voertuig afgesluit en die sleutel uitgepluk het.
Woedende inwoners het die man uit sy motor gepluk en aangerand maar ander inwoners het tussenbeide getree en die man vir sy eie veiligheid na ‘n kleedkamer geneem totdat die polisie opgedaag het. Die Ceres polisie is ontbied waarna hulle die man gearresteer en in die Ceres polisieselle aangehou het. Wag op uitslae en uitstaande verklarings Bailey is na die voorval aangekla maar het nog nie in die hof verskyn nie. Hy is Sondag 11 Februarie 2024 op waarskuwing vrygelaat in afwagting van die bloed/alkohol- en dwelmuitslae. Die saak is steeds nie op die hofrol geplaas nie nadat die aanklaer die dossier teruggestuur oor verdere en uitstaande verklarings.
Twee leerders kry erkenning vir hul 2025 prestasies
Kinders sterf Vyf kinders is dood toe Hanse op Sondag 9 Julie 2023 omstreeks 23:30 beheer oor die bakkie verloor en ‘n sperreling op die R300 getref het. Hanse, sy vrou Nolisa, en haar twee susters, Clarine Kyba en Jolene Kyba, het die betrokke naweek saam by die oorlede kinders se ouma op ‘n plaas in die Koue Bokkeveld-omgewing gekuier. Die kinders was ten tye van die ongeluk saam met die twee susters agterop die Bantam bakkie. Almal is met die slag van die botsing, van die bakkie afgegooi. Vonnis Hanse, wat voorheen werksaam was as ‘n vragmotorbestuurder en op borgtog van R5 000 uit was, is tot 5 jaar gevangenisstraf gevonnis.
LOONWERKER POSTE BESKIKBAAR BAMCO VERPAKKING, net buite Prince Alfred’s Hamlet, bied geleenthede vir fluks en hardwerkende persone wat daarvan sal hou om deel te wees van ’n dinamiese maatskappy.
VRUGHANTEERDERS / ALGEMENE WERKERS / PAKKER Geen ondervinding nodig VURKHYSER BESTUURDERS Meer as 2 jaar ondervinding in ‘n Verpakkings omgewing Persone wat belangstel kan hul CV’s e-pos na: ernst@bamco.co.za of by sekuriteit kom afgee Slegs kortlys kandidate sal gekontak word. Bamco volg ’n Gelyke geleenthede-beleid.
NINA du Toit van Laerskool Gericke is die 2025 Sportvrou van die Jaar en Max Malherbe, die Sportman van die Jaar.
USave-rowers volgende week in hof DIE Wolseley USave-rowers moet volgende week weer in die hof verskyn wanneer die landdros uitspraak sal lewer in een van die mans se borgaansoek. Sandico Sokhetye (31), wat later as sy makkers gearresteer is, doen aansoek vir borg. Die ander verdagtes van Ceres, Nduli en P.A. Hamlet, Ibrahim Dwaba (25), Xolisile Richard Makumsha (42), Sabata Kutana (39) en Sinethemba Funani (38) sal op 21 Januarie in die Wolseley landdroshof verskyn. Roof Die roof het 29 September 2025 omstreeks 17:55 plaasgevind toe dié mans op die USave drankwinkel toegeslaan het. Die mans het by die drankwinkel ingestap waarna een van die verdagtes, die personeel met ‘n vuurwapen gedreig het. Die mans het twee selfone gevat asook kontant en drank voordat hulle in ‘n voertuig met ‘n vervalste CT nommerplaat van die toneel weggejaag het. Wolseley speurders het leidrade opgevolg en vier mans vasgetrek en op twee vuurwapens in Nduli en op P.A. Hamlet beslag gelê. ‘n Vyfde verdagte is later vasgetrek. Gryp geldsak Dwaba, voorheen ‘n vrugtesmous op Ceres, was voor sy inhegtenisname uit op borgtog van R2 000. Hy staan tans tereg op klagtes van gewapende roof waar hy en ‘n medepligtige, Kamva Gqalaqha (24), ‘n werknemer van Pep van meer as R65 000 beroof het. Die werknemer was op pad na Standard Bank om die geld te gaan deponeer. Dié verhoor is na 11 Maart 2026 uitgestel.
SPARE PARTS SALESMAN Reid & Verwey agricultural engineers has a vacancy for a Spare Parts Controller and Salesman in Ceres. This technical salesman needs excellent knowledge of the parts used in agricultural mechanisation. They would be the bridge between our workshop engineers and mechanical workers and our clients. Responsibilities: • Running the spare parts sales department • Create and maintain industry contacts • Technical assistance to clients, this includes site visits to farms • Inventory control • Any other appropriate duties as determined by management. Requirements: • Five years’ experience in a spare parts sales environment • Earlier experience as an agricultural mechanical worker encouraged • Computer literate • Excellent communication skills • Must be able to work under pressure. If you are interested, please send your CV to: hr@redantagri.co.za Please include in your application your salary expectation as well as contactable references. Closing date for applications: 31 January 2026 If you had no feedback within 5 working days from the closing date you can assume that your application was unfortunately not successful.
Hierdie uitdagende geleentheid het by ons Romansrivier plaas ontstaan. Dit is ‘n permanente aanstelling, onderhewig aan die suksesvolle aflegging van ’n proeftydperk.
ADMIN KLERK Vereistes: • Graad 12 • Ondervinding in soortgelyke pos • Rekenaarvaardig • Moet selfstandig en akkuraat kan werk • Moet in n span kan werk en bereid wees om te leer • Vriendelik met baie goeie menseverhoudinge • Vertroulikheid ononderhandelbaar Take sluit in: • Beantwoord telefoon en ontvang besoekers • Hulp met voorbereiding vir lone • Inwin van kwotasies • Hulp met etiese en ander oudits • Rekordhouding van produksie inligting Die Maatskappy bied aangename werksomstandighede en ‘n mededingende vergoedingspakket. E-pos ‘n volledige CV so spoedig moontlik aan: recruitment@graaff-fruit.com Sluitingsdatum vir aansoeke: 23 Januarie 2026 Aanstellingsdatum: So spoedig moontlik Indien u nie binne 21 dae na die sluitingsdatum van ons hoor nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
8 l WITZENBERG HERALD l 16 JANUARY 2026
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen adver tensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Sport Witzenberg Herald
Immelman en Wesson wen klubkompetisies PIETER Immelman het Saterdag 10 Januarie die enkel stableford kompetisie met 37 punte gewen. Willie van Heerden was in die tweede plek met 36 punte gevolg deur Werner Pharo met 30 punte. Desember kompetisie David Wesson het Saterdag 20 Desember die enkel syfer plus kompetisie met ‘n telling van +6 gewen. F. Niewenhuis was tweede met +3 en C. Faroa was derde met +1.
Klubkompetisies Op 17 Januarie word ‘n beterbal stableford kompetisie aangebied, 24 en 25 Januarie is die baan gesluit vir die Ceres Ope en Ceres Junior Ope en op 31 Januarie word ‘n samespel syfer plus kompetisie aangebied. Sundowner kompetisie Die eerste Sundowner kompetisie vir 2026 is Vrydag 9 Januarie op Ceres aangebied. Rossouw van Zyl was die wenner met Johan du Toit in die tweede plek.
Wildschutt begin seisoen goed DIE eerste Sundowner kompetisie vir 2026 is Vrydag 9 Januarie op Ceres aangebied. Rossouw van Zyl (links) was die wenner met Johan du Toit in die tweede plek. Beide het 20 punte aangeteken.
NOTICE OF AMENDMENT OF ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND PUBLIC PARTICIPATION PROCESS ZEN WIND FARM, WESTERN CAPE PROVINCE (REF: 14/12/16/3/3/2/322/AM7) Applicant: FE Bonne Esperance (Pty) Ltd Project Name: Zen Wind Farm and associated infrastructure, Western Cape Project Location: Approximately 10km north west of Gouda and 4km south of Saron, Drakenstein Local Municipality, Western Cape on the following properties: • Portions 1 & 2 of the farm Bonne Esperance 83 • Portion 9 of the fram No. 88 • Portion 0 of the Nayoth 458 EA Amendment: The facility is in the final stages of development and the micro-siting to the position of three wind turbines and minor adjustments to the internal access road layout is proposed within the authorised project development area. This requires an amendment of the Environmental Authorisation conditions received on 3 November 2016, and subsequent amendments. In terms of Condition 5 of the Environmental Authorisation and Regulation 31 of the EIA Regulations of 3 November 2016, as amended, it is possible for an applicant to apply, in writing, to the competent authority for a change or deviation from the project description to be approved. Final Layout and final EMPr available for review and comment: The final facility layout, final EMPr and a motivation in support of the Application for Amendment are available for a 30-day public review from 19 January 2026 to 18 February 2026. The documents can be downloaded from Savannah Environmental’s website (https:// savannahsa.com/public-documents/energy-generation/zen-wind-farmempr/). The due date for written comment is 18 February 2026. To obtain further information, to submit a comment, and/or register on the project database, submit your name, contact information and interest in the project, in writing, to: Nicolene Venter at Savannah Environmental P.O. Box 148, Sunninghill, 2157 Tel: 011 656 3237 l Fax: 086 684 0547 Mobile: 066 282 6913 (incl. Please Call Me & WhatsApp) E-mail: publicprocess@savannahsa.com
ADRIAAN Wildschutt, internasionale langasem en oud-Ceresiet, het die afgelope naweek saam met die Suid-Afrikaanse span aan sy eerste World XC (Cross Country) byeenkoms in Tallahassee deelgeneem. Hy het die beste van die S.A.-span gevaar en in die 13de plek klaargemaak in ‘n tyd van 29:32. Die SA-span het algeheel 9de geëindig. *Adriaan gaan ook in Maart aan die Absa Run Your City 10km wedloop in Gqeberha deelneem en daarna aan die New York halfmarathon, slegs sy tweede 21km wedloop van sy loopbaan.
Ceres klop Bella Vista met 123 lopies CERES krieketklub het 2026 goed begin en Bella Vista maklik geklop om die wedstryd met 123 lopies te wen. Ceres wen die loot en teken 233/7 lopies aan in hul 50 beurte. Vir Ceres het Johan Bohlman (63), Kyle Nasson (51) en Peter Africa (20) goed gekolf. Vir Bella Vista neem Shane Juries 2/ 14 en Jason Smith 2/38. Bella Vista kon net 110 lopies in hul kolfbeurt aanteken. Sean Blaauw (27) en Dean Minnaar (24) het die beste gekolf. Vir Ceres neem Johan Bohlman 3/26, Godfrey Lukas 2/13 en Rudy Maggot 2/56. Volgende wedstryd Ceres se volgende wedstryd is Saterdag 17 Januarie teen Porterville op Porterville. Ondersteuning gevra Omdat daar nie tans ‘n speelveld vir Ceres krieketklub beskikbaar is nie, speel die klub al hul wedstryde weg. Die klub vra donasies om te help met vervoerkostes. Donateurs kan Mario Africa skakel by 065-396-4905, Cheryl Lee Africa by 071-968-1365, Heinrich Farmer by 071-933-4497 of Callie Jacobs by 083-489-2860.
CHARLIE Hofmeyr hoërskool het op 8 en 9 Januarie hulle tweede krieketfees by die skool aangebied. Die tweedespanne van Hoërskool Durbanville, Hoërskool Bellville en Hoërskool Stellenberg het aan die fees deelgeneem. Charlies het op 8 Januarie teen Stellenberg gespeel en met 85 lopies gewen. Charlies teken 318 lopies in hul 50 beurte aan. Rossouw Matthee (foto) het ‘n skitterende 174 lopies aangeteken. Stellenberg kon net 233/9 aanteken in hul kolfbeurt. Op 9 Januarie speel Charlies teen Durbanville. Charlies verloor die wedstryd met twee paaltjies. Martin du Plessis teken 59 lopies aan en Rossouw Matthee neem 4 paaltjies vir 16 lopies.