








![]()

















TWEE moordenaars van 'n bejaarde vrou (74) gaan vir 'n paar dekades agter tralies moet bly nadat hulle verlede week op Ceres 'n swaar vonnis opgelê is.
'n Medepligtige wat deel was van die moord maar ten tye van die aanval 'n minderjarige was, het 'n swaar vonnis vrygespring.
Die drie mans, Willem Olivier (52), Kelvin Vlok (24) en die minderjarige wat in Meimaand 21jaar oud word, is verlede Donderdag 26 Maart deur streeklanddros Maseti gevonnis nadat 'n pleitooreenkoms met die staat bereik en dit aanvaar is.
Olivier en Vlok is 42 jaar gevangenisstraf opgelê vir hul aandeel in die sinnelose moord.
Beide mans, wat ook familie is van mekaar, is skuldig bevind en tot 42 jaar effektiewe tronkstraf gevonnis op klagtes van roof met verswarende omstandighede, moord, die on wettige besit van 'n vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie.
besit van ammunisie is ook aan hom opgelê.
Die vonnis sal samelopend met die ander uitgedien word. Hy het die swaarder gevangenisstraf net-net vrygespring en moet dus 15 jaar effektiewe gevangenisstraf uitdien.
Agtergrond Christina Johanna Walters (74) van die plaas Papekuil in die Ceres Karoo, is drie jaar gelede op Vrydag 3 Maart 2023 tussen 18:00 en 24:00 vermoor.
Haar liggaam is ongeveer 30 meter van die plaashuis, met 'n skietwond in die kop aangetref.
Haar arms en hande was met 'n belt en draad voor haar lyf vasgemaak. 'n Bebloede baksteen, waarmee Walters vermoedelik geslaan en aangerand is, is ook op die toneel gekry. 'n Ou haelgeweer het langs haar liggaam gelê.

Beide is 12 jaar gevangenisstraf opgelê vir roof met verswarende omstandighede, 30 jaar gevangenisstraf vir die moord, 10 jaar vir die onwettige besit van 'n vuurwapen en 10 jaar vir die onwettige besit van ammunisie.
Die derde man (20) was minderjarig ten tye van die aanval en is afsonderlik in terme van die Kinderwet van 75 van 2008 gevonnis. Hy is 10 jaar gevangenisstraf opgelê vir roof met verswarende omstandighede en 20 jaar gevangenisstraf vir die moord. Vyf jaar is ingeheel opgeskort vir 5 jaar.
'n Verdere 5 jaar gevangenisstraf vir die onwettige besit van 'n vuurwapen en 5 jaar vir die onwettige





Olivier, 'n oudplaaswerker op die plaas Papekuil, is na 'n uitgebreide soektog deur speurders van Ceres vasgetrek en is die volgende dag ongeveer 3 kilometer verder op die buurplaas Klein Papekuil, waar hy saam met sy vrou gewoon het, gearresteer.
Twee familielede, Vlok en die minderjarige wat by Olivier op die plaas gekuier het ten tye van die moord, is Sondag 5 Maart 2023 by hul ouma op die plaas Nwardouw naby die Tankwa padstal gearresteer. Hulle het hulself aan die polisie oorgegee. Die plaas is meer as 40 km van die moordtoneel.
Die drie mans het na die moord met onder andere 'n .38 rewolwer, 'n 9mm pistool en 'n .303-jaggeweer gevlug. Hulle het ook kruideniersware en drank uit die plaashuis gesteel. Die wapens is later deur speurders op twee plekke in die Karoo gevind.









































Cybertech IT is looking for a Junior IT Technician
Key Requirements & Skills:
• Education: National Senior Certificate (Matric) or equivalent. Relevant IT certifications (e.g. CompTIA A+, N+, or other technical diplomas) are often preferred.
• Technical Skills: Basic knowledge of Windows OS, MS Office suite, printer setup, and hardware maintenance (laptops/desktops). Wireless networks will be an advantage.
• Experience: 2 years or more experience in IT support, helpdesk, or internships.
• Soft Skills: Strong troubleshooting, problem-solving abilities, and good communication skills.
Other: A valid driver’s license is frequently required for on-site support.
Closing date for applications: 27 April 2026
Send CV to: admin@cybertechit.org

DIE Biblioteekdienste van die Witzenberg munisipaliteit bied weer hul boetevrye periode aan wat strek vanaf 16 Maart - 16 April. Lesers kry die geleentheid om alle boeke of enige ander biblioteek materiaal wat lank uitstaande is, terug te bring sonder dat enige boetes gehef sal word.
HUIS Disa bied 'n potjiekos kompetisie aan op 16 Mei. Vir navrae of om in te skryf, skakel (023) 230-0245 of stuur 'n e-pos
DIE warm weer van die afgelope maand het vir groot opgewondenheid gesorg tydens die NSRI se Survival Swimming-program. Kinders het dit terdeë geniet om in die water af te koel, terwyl hulle terselfdertyd belangrike oorlewingsvaardighede aanleer. Die program fokus daarop om kinders vertroud te maak met water en hulle te leer hoe om hulself te help indien hulle onverwags in die water beland. Deur speelse oefeninge en praktiese lesse bou die kinders selfvertroue en leer hulle noodsaaklike waterveiligheidsvaardighede. Dit is werklik bemoedigend om te sien hoe vinnig die kinders vorder en ook die water baie geniet. Van kleins af word hul geleer dat water baie lekker kan wees, maar ook baie gevaarlik kan wees. Volwasse toesig is baie belangrik wanneer kinders naby water is. Vir enige navrae skakel Eoudia Erasmus by 074-321-5322.
na admin.huisdisa@acvv.org.za
BELANGSTELLENDES wat 'n pelgrimstoer na Israel wil meemaak, kan pastoor Nico Mettler skakel by 060-559-1708 of per e-pos by mettnico@gmail. com. * Die toerdatum is 10 tot 17 Mei 2027.
SANITARY Drive Campaign Ceres is a community driven initiative dedicated to help local girls and women in need. Please help with sanitary products - for more information contact Lana-Dee Faroö on 072-685-3223.
HUIS Disa bied 'n potjiekos kompetisie aan op 16 Mei.



THE Western Cape Blood Service (WCBS) is urgently appealing to all blood donors to come forward and donate blood as soon as possible.
The service has seen a decline in all blood groups and currently has only a 2-day supply of O-negative blood, while a minimum of 5 days is required to ensure a sustainable blood supply for all communities in the Western Cape. For the past few weeks, O-negative blood stock has been under severe pressure, with a concerning decline now being seen across other blood groups. This is especially critical ahead of the upcoming Easter weekend, a period that typically sees an increase in accidents and emergencies, while fewer regular donors are available to give blood.
“O-negative blood is often used in life-threatening emergencies when there is no time to determine a patient’s blood type. We are calling on all blood donors to donate blood this week to help restore our blood stocks to a healthy level,” says Marike Carli, Public Relations Manager at WCBS. If you are between 16 and 75, weigh 50kg or more, are in good general health, and lead a safe sexual lifestyle, you should be able to donate. A blood donation takes only 30 minutes.
“If you have been thinking about becoming a blood donor, now would be a great time to start donating,” added Carli. “Whether you are an existing donor or donating for the first time, your donation could save a life when it matters most.” To find your closest blood donation clinic, visit www.wcbs.org.za or contact WCBS via WhatsApp at 060 549 7244

Yolanda Swart skryf: Ons geliefde hond, Rosie, het Dinsdagmiddag ná die donderweer vermis geraak. Nadat ons haar deur die nag tevergeefs gesoek het, het ons onmiddellik begin om plakkate op sosiale media en in winkels te versprei. Die gemeenskappe van Wolseley en Ceres het op ’n ongelooflike manier saamgestaan. Teen Donderdag het byna almal van Rosie se verdwyning geweet, maar mense het nie net geweet nie - hulle het aktief gehelp soek. Groepe het saam in beboste areas en ander plekke gaan soek, mense het gereeld navraag gedoen oor opdaterings en niemand het moed opgegee nie. Plaaslike kerke en selfs vreemdelinge het vir Rosie se veilige terugkeer gebid. Rosie is uiteindelik Saterdagmiddag deur die eienaars van Orchard Stay gevind. Hul gaste het van die oggend af na haar omgesien en gou besef sy is nie ’n rondloperhond nie. Nadat haar foto op ’n WhatsApp-groep gedeel is, is sy onmiddellik herken en ons is dadelik gekontak. Rosie was oorstelp van blydskap om ons weer te sien en veilig terug by die huis te wees. Ons harte loop oor van dankbaarheid teenoor elke persoon wat gedeel, gesoek, gebid en gehelp het. Julle liefde, omgee en ondersteuning het vir ons onbeskryflik baie beteken. Dankie dat julle gehelp het om ons Rosie veilig huis toe te bring.
MOTORISTE wat die afgelope 2 weke die daaglikse stygende oliepryse, die aanval op Iran en die sluiting van die Straat van Hormoes angstig dopgehou het, het laat Dinsdagmiddag gehoor met hoeveel rand diesel en petrolpryse gaan styg.
Vuisvoos gebruikers en motoriste, veral die wat met dieselvoertuie ry, moes vanaf Woensdag 1 April hul hande diep in hul sak steek nadat diesel met R7.37 en petrol met R3.06 gestyg het.
Enigste positiewe nuus
Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het 'n paar uur voor die nuwe pryse aangekondig is, gesê die regering het besluit om die brandstofheffing met R3 te sny vir Aprilmaand. Die regering sal verdere besprekings hê oor wat in Mei en Junie gaan gebeur. Lande soos Australië het verlede week reeds besluit om hul prysstygings te absorbeer en op die korttermyn te subsideer.
As die regering nie dié verlaging aangekondig het nie, sou die petrolskok soveel groter gewees het. Met die R3verlaging bespaar motoriste met 'n 45liter petroltenk R135 terwyl dieselvoertuie met 'n 80liter tenk rondom R240 bespaar wanneer 'n tenk volgemaak word.
Die slegte nuus is dat verbruikers wie se motors oor 'n 45liter tenk beskik meer as R1000 gaan opdok om vol te maak terwyl dit meer as R2 100 gaan kos om 'n dieselvoertuig met 'n 80liter tenk vol te maak.
Belangrike inligting
Motoriste het die afgelope weke verskillende vulstasies se kennisgewingborde dopgehou vir moontlike vroeë stygings wat betref ongereguleerde brandstof soos diesel.
Die skerp stying van wêreldwye oliepryse is te danke aan die VSA en Israel se aanval op Iran en die impak daarvan op wêreldwye gebruikers. Dit het veroorsaak dat brandstofpryse wêreldwyd die hoogte ingeskiet het.
Skeepsverkeer in die Straat van Hormoes langs Iran se kus, is ook erg deur die vyan
digheid en oorenweer aanvalle ontwrig.
Die Straat is 'n belangrike deurgang vir ongeveer 20% van die wêreld se ruolievoorraad.
In 'n artikel wat Maandag 30 Maart in die Burger gepubliseer was, het die Mededingingskommissie dit baie duidelik gemaak dat vervolging die voorland is van ondernemings wat hul pryse verhoog voordat nuwe brandstofpryse Woensdag 1 April in werking getree het.
Die waarskuwing kom nadat Total Energies landswyd dieselpryse verhoog het, etlike dae voordat die departement van minerale en petroleumbronne amptelike syfers aangekondig het.
Total Energies het verlede week vulstasies aangeraai om hul dieselpryse stelselmatig tot R28 per liter te verhoog. Die besluit het hewige kritiek van gebruikers ontlok waarna die prys afwaarts aangepas is todat die nuwe pryse bekend gemaak is.
In SuidAfrika geld daar volgens die Mededingingskommissie duidelike standaarde waarby sakeondernemings moet hou:
Hulle mag nie pryse verhoog voordat die verwagte styging in brandstofpryse van krag word nie. In die geval 1 April.
Ondernemings wat deur brandstofprysverhogings geraak word, mag slegs hul pryse verhoog in verhouding tot die brandstofprysstygings wat hulle ervaar.
Baie handelaars het Maandag ekstra brandstof en diesel aangekoop om Woensdag teen die nuwe pryse te verkoop.
Die impak van dié dieselprysskok sal vir 'n tyd lank deur die WesKaap landboubedryf asook transportbedryf gevoel word. Vuisvoos gebruikers sal in die komende weke baie meer opdok vir hul groente, vrugte en busen taxivervoer.
Plaaslike dieselpryse
Op Ceres het die meeste vulstasies besluit om voorgeskrewe riglyne en regulasies te volg om nie hul dieselprys vroegtydig in Maart aan te pas nie. Net een vulstasie op Ceres het vroeg in die week stilstil hul dieselprys

Geseënde Paasfees!
Mag hierdie vreugdevolle seisoen jou inspireer om jou geloof in God en Sy goddelike wysheid en genade te vernuwe. Reis veilig. Blessed Easter!
May this joyful season inspire you to renew your faith in God and His divine wisdom and mercy. Have a safe journey. Ipasika Emyoli!
Yanga elilixa lonyaka limyoli kangakanana lingantumekela ukholo lwakho kuMdali, nobunkunkqele kunye neenceba zakhe. Ubenohamba olukhuselekilyo.

Abrahams
tot R23.26 verhoog.
Voor die prysverhogings het almal op Ceres R19.77 (volgens wet) vir petrol gevra.
Voor die stygings het Shell R19.87 per liter vir diesel gevra, Engen R20.81, Astron R23.26, Astron Ceres Toyota R20.58, Puma R19.30 en Agrimark R19.37.
Wisselende pryse is algemeen wat betref ongereguleerde brandstof soos diesel, vliegtuigbrandstof en oliegegronde produkte soos stikstofkunsmis en plastiek.
Engen het Maandag 'n tyd lank nie petrolvoorraad gehad nie. Puma se dieseltenks is sedert verlede Vrydag leeg en teen Dinsdagoggend het hul petrolvoorraad opge
raak. Woensdagoggend was daar nog geen aflewerings en Astron Voortrekkerstraat was na Dinsdag se stormloop ook Woensdagoggend leeg.
Raffinaderye het die afgelope week net klein hoeveelhede (minder as 50% van normale aankope) na handelaars op plattelandse dorpe gestuur.
Nuwe pryse
Na die prysverhogings gaan almal op Ceres R22.79 en R22.80 vir 95oktaan petrol moet opdok. Na die stygings vra Shell R27.34 per liter vir diesel, Engen R28.28, Astron Voortrekkestraat R30.73, Astron Ceres Toyota R27.05, Puma R26.78 en Agrimark R26.85.

WITZENBERG verkeersdienste het Maandag 30 Maart hul jaarlikse Paasfees veiligheidsprojek op Ceres geloods. Die projek behels 'n hoë sigbaarheid tydens die Paasnaweek, algemene padveiligheid, die uitdeel van pamflette en te fokus op bestuurdersveantwoordelikhede. Die verkeersdienste sal in die tydperk streng optree teen spoedoortreders, padwaardigheid van voertuie, sitplekgordelgebruik en voetgangerveiligheid. Die Witzenberg munisipaliteit vra padgebruikers om geduldig te wees en om veilig te bestuur op die provinsie se paaie. Die Witzenberg verkeersdienste het Dinsdag 31 Maart padveiligheidsdemonstrasies by Petra Gedenk skool, La Plaissant en Erie Moller primêr op Wolseley aangebied.





Hoe het dit so vinnig gevlieg?
10 Jaar se koffie 10 Jaar se koffie
As ‘n mens jou werk geniet, voel dit mos nie soos werk nie.
Tremor het soos ‘n tweede huis geraak vir baie mense.
•‘n Plek waar koshuiskinders kan huiswerk doen, ‘n broodjie eet en hul ma dit maar môre eers kan kom betaal;
•‘n Plek waar jy die rokkie wat jou dogter geleen het kan kom los vir die ander ma om dit weer te kom haal;
•‘n Plek waar jy jou beursie kan vergeet en dit maar net weer daar kan kom haal;
•‘n Plek om iets te vier en om iemand na aan jou te troos;
•‘n Plek waar jy by die ruit uitkyk en sien hoe iemand ‘n ou tannie oor die pad help;
•‘n Plek om gifprogramme te vergelyk en nuwe landbou konneksies te vorm;
•‘n Plek waar almal welkom is.
Na 15 ton koffiebone en 91 000 liter melk oor die laaste dekade, wil ek vandag ‘n groot dankie sê. DANKIE CERES. Julle is goed vir ons. Dit is te danke aan julle dat Tremor al my verwagtinge oortref het. Julle maak ons werk lekker. Elke glimlag en grappie is spesiaal.
‘n Spesiale dank aan my werknemers! “Julle is al soos susters en ons kan saam oorlog toe gaan. Sonder julle sou dinge nie dieselfde wees nie.”
'n WOLSELEY inwoner wat in Februariemaand gearresteer is nadat die polisie hul kuber- en bedrogondersoek van twee jaar afgehandel het, het verlede week weer in die hof verskyn.
Louise van Bosch (49) van Wolseley is deur die Bellville handelsmisdaadeenheid in hegtenis geneem op klagtes van bedrog van meer as R6 miljoen. Die arrestasie volg na 'n polisieondersoek wat reeds in Oktober 2024 begin is. Agtergrond
Van Bosch was tussen 2012 en 2024 verantwoordelik vir die algemene administrasie en betalings van Lateganskop-wynkelder buite Wolseley.
In September 2024 het die eienaar gesien 'n groot bedrag geld (meer as R64 000) is vanuit die maatskappyrekening betaal. Dit was vir hom vreemd aangesien hy en sy broers die maatskappy einde 2023 verkoop het om ander sakegeleenthede te volg.
Die maatskappy het ondersoek ingestel en diensverskaffers geskakel oor vervalste fakture. Daar is vasgestel dat die bankrekening waarin die geld inbetaal is, 'n rekening van Van Bosch is.
Die eienaars het daarna die Hooggeregshof op 4 Desember 2024 genader om aansoek te doen vir 'n interdik om Van Bosch en haar man te keer om hul eiendomme te verkoop en hul bankrekening te bevries hangende die polisieondersoek. Die aansoek is later toegestaan.
Arrestasie
Van Bosch het na haar arrestasie twee aande in die polisieselle deurgebring voordat sy vir die eerste keer op 6 Februarie in die Worcester landdroshof verskyn het. Sy is op R10 000 borgtog vrygelaat en moet gereeld by die polisie op Wolseley aanmeld.
Die saak is tot 27 Mei uitgestel vir verdere besonderhede.
'n JONG man wat twee weke gelede 18 jaar oud geword het, verskyn tans in die Ceres streekhof op 'n aanklag van moord.
Die verdagte het byna 'n jaar gelede, op Sondag 18 Mei 2025 omstreeks 02:40, saam met 'n paar vriende in Proteastraat by 'n woning in die Vredebes woonbuurt, gerook en gekuier.
Die oorledene, David Januarie (40),
het die oggend binne die huis musiek gespeel wat die groep jongmense wat buite gekuier en dwelms gerook het, nie aangestaan het nie. Daar het na bewering 'n rusie tussen Januarie en die aangeklaagde ontstaan toe Januarie hom blykbaar met 'n besemstok wou slaan.
Hy het Januarie toe na bewering twee keer met 'n mes gesteek voordat Januarie in die huis gehardloop en
die deur gesluit het. Januarie is later in die huis dood.
Die verdagte wat minderjarig was ten tye van die misdaad, is kort na die moord deur die Ceres polisie gearresteer.
'n Lasbrief is al by twee geleenthede uitgereik. In beide gevalle het die verdagte en sy voog blykbaar vergeet van sy hofdatum.
Kennis geskied hiermee dat ingevolge die Raad se Strategiese Proses Plan, daar nou met ‘n rondte publieke deelname vergaderings begin sal word om die 2026/2027 Konsep GOP en Begroting voor te hou. Openbare vergaderings sal in die verskeie dorpe vanaf 8 April tot 16 April 2026 plaasvind. Lede van die publiek word hiermee hartlik uitgenooi en sterk aangemoedig om met die Raad en Amptenare te vergader sodat daar saam oor ons toekoms besin kan word.
Die vergaderings vind soos volg plaas:
Woensdag8 April18:00Nduli1 & 12Nduli Gemeenskapsaal
Donderdag9 April18:00Tulbagh7 & 11Witzenville Gemeenskapsaal
Maandag13 April14:00Ceres3 & 5Ceres Stadsaal
Maandag13 April18:00Bella Vista4 & 6Bella Vista Gemeenskapsaal
Dinsdag14 April18:00Wolseley2 & 7Montana Gemeenskapsaal
Woensdag15 April18:00P.A. Hamlet4 & 10Kliprug Gemeenskapsaal
Donderdag16 April18:00Op-die-Berg8 & 9Nyukintaba Gemeenskapsaal
Notice is hereby given that in terms of Council’s Strategic Process Plan, there will now be embarked upon a round of public participation meetings in order to present the 2026/2027 Draft IDP and Budget.
Public meetings will be hosted in the different towns from 8 April to 16 April 2026. Members of the public are cordially invited and strongly encouraged to meet with Council and Officials in order to plan collectively for our future. The meetings will take place as follows:
Wednesday8 April18:00Nduli1 & 12Nduli Community Hall
Thursday9 April18:00Tulbagh7 & 11Witzenville Community Hall
Monday13 April14:00Ceres3 & 5Ceres Town Hall
Monday13 April18:00Bella Vista4 & 6Bella Vista Community Hall
Tuesday14 April18:00Wolseley2 & 7Montana Community Hall
Wednesday15 April18:00P.A. Hamlet4 & 10Kliprug Community Hall
Thursday16 April18:00Op-die-Berg8 & 9Nyukintaba Community Hall
DAVID NASSON
MUNISIPALE BESTUURDER
MUNICIPAL MANAGER
VERW/REF NR: 02/02/1


A striking apple with a naturally red centre is returning to South African shelves this April, offering retailers and consumers a glimpse into the future of fruit innovation. Following a successful soft retail trial last season, Kissabel® apples, grown locally by Dutoit, will be available in limited quantities from 16 April at select retailers while stocks last. At first glance, Kissabel® may resemble a traditional apple, but slice it open and the surprise is revealed - a naturally vibrant pink-to-red flesh that transforms the everyday apple into something visually extraordinary. Beyond its striking appearance, Kissabel® delivers a distinctive eating experience. Developed through the international IFORED breeding programme and now being trialled in orchards around the world, the apple represents a new generation of varieties bred not only for performance in the orchard, but also for flavour, texture and visual appeal. For now, the apples remain a limited seasonal release, adding to the sense of discovery around this emerging variety. * With more than 120 years of farming heritage, Dutoit is one of South Africa’s most respected fresh produce growers. The business specialises in premium fruit and vegetables for local and international markets and remains committed to innovation, sustainability and agricultural excellence.
Dutoit Agri nooi geskikte kandidate om aansoek te doen vir die pos van Krediteure Klerk by ons finansiële kantoor in Ceres, Wes-Kaap. Hierdie rol vorm deel van ‘n dinamiese finansiële span en rapporteer direk aan die Finansiële Bestuurder.
Die sleutel verantwoordelikhede sluit onder andere die volgende in:
• Volledige krediteure funksie
• Skakeling met verskaffers en administratiewe kantore op landgoedere
• Ander diverse administratiewe take soos benodig
Die ideale kandidaat beskik oor:
• ‘n Toepaslike naskoolse diploma of graad in finansies of administrasie
• Bogemiddelde Excel vaardighede met ervaring in Microsoft Business Central wat die aansoek sal versterk
• Goeie rekenaarvaardighede in veral Microsoft programme
• Ten minste 5 jaar se ondervinding as ‘n krediteure of finansiële klerk
• Uitstekende interpersoonlike vaardighede
• Fyn oog vir detail en bogemiddelde akkuraatheid
• Sterk tydbestuur en self-organisasie
Ons bied ‘n mededingende vergoedingspakket, wat lidmaatskap tot ‘n aftree en mediese fonds insluit.
Sluitingsdatum is 10 April 2026
Diensaanvaarding sal so gou moontlik maar ideaal gesproke nie later as 1 Junie 2026 wees nie.
Aansoeke kan aanlyn ingedien word op Dutoit se webwerf: https://www.dutoit.com/about/careers/

DIE Witzenberg munisipaliteit is tans besig met die beplanning om 'n nuwe minibus taxi-fasiliteit op twee oop erwe tussen Vos- en Oranjestraat te bou.
Die munisipaliteit beplan om die nuwe fasiliteit te bou oorkant die huidige Bella Vista taxi staanplek wat die afgelope dekades op 'n privaat erf op die hoek van Vos en Oranjestraat bedryf word.
'n Aansoek om befondsing van die nasionale regering is ook deur die munispaliteit ingedien.
Agtergrond van die projek
Daar is twee geregistreerde minibustaxiverenigings wat op Ceres bedryf word nl: Ceres Distrikte Taxivereniging (CEDTA) en CODETA (Nduli). CODETA gebruik die Nduli minibustaxistaanplek in Voortrekkerweg langs Ceres Toyota. CEDTA bedryf Bella Vista taxistaanplek in Oranjestraat.
Beide lewer dienste na meer bestemmings as net Nduli en Bella Vista. Die taxis gebruik ook parkeerplekke in die dorp.
Die Bella Vista taxistaanplek is jare gelede met die toestemming van die vorige grondeienaar daar gevestig. Die perseel is intussen aan 'n nuwe grondeienaar verkoop wat reeds verlede jaar begin het om die erf te herontwikkel en 'n nuwe winkelsentrum daar te vestig.
Die ontwikkelaar wil die reëling vir die bedryf van 'n minibustaxidienste beëindig maar wil nie dié gedeelte aan die munisipaliteit verkoop nie en wil dit as parkeerplekke gebruik.
Die munisipaliteit moet dus nou 'n nuwe taxistaanplek vir die CEDTA op die twee erwe aan die oorkant van die pad bou.
Die munisipaliteit het al in 2017 aangedui dat die twee erwe; erf 1129 en erf 1127, goedgekeur is as die voorkeurterrein vir die ontwikkeling van 'n nuwe taxifasiliteit.
Die munisipaliteit het onlangs erf 1127 verkry en die erf is tans onderhewig aan hersonering.
Die nuwe staanplek moet dieselfde voorkoms en gevoel hê as die bestaande fasiliteit in Voortrekkerweg.

VOORBEELD van 'n taxistaanplek.
Kennis geskied hiermee ingevolge artikel 28(2)(a) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet No. 56 van 2003) en regulasie 23(3) van die Munisipale Begrotingsen Verslagdoeningsregulasies 2008, dat die Raad by Item R.15.2 van 26 Maart 2026, ’n Aansuiweringsbegroting goedgekeur het vir ’n toename in befondsing vir die 2025/2026 finansiële jaar. Ingevolge artikel 21(A) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet No. 32 van 2000), gelees saam met regulasie 26 van die Munisipale Begrotings- en Verslagdoeningsregulasies 2008, lê die gemelde Raadsbesluit en alle ander tersaaklike dokumentasie ter insae by die ondergemelde kantore van die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit gedurende gewone kantoorure en is ook beskikbaar op die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit se webwerf by www.capewinelands.gov.za:
• Stellenbosch (Du Toitstraat 29): Mnr. C.J.M. Arangie
• Worcester (Trappesstraat 51): Me. R.F.V. Carelse
• Paarl (Hoofstraat 194): Me. M. Marang
• Ceres (Munnikstraat 27): Me. C. Louw
• Robertson (Van Reenenstraat 40): Mnr. J. van Zyl
H.F. PRINS MUNISIPALE BESTUURDER Kaapse Wynland
Distriksmunisipaliteit
Alexanderstraat 46 Stellenbosch 7600
BUDGET INCREASE IN FUNDING FOR THE 2025/2026 FINANCIAL YEAR
Notice is hereby given in terms of section 28(2)(a) of the Local Government: Municipal Finance Management Act, 2003 (Act No. 56 of 2003) and regulation 23(3) of the Municipal Budget and Reporting Regulations, 2008, respectively, that Council at

'n WEEK gelede het die Witzenberg munispaliteit begin om 'n ou vervalle gebou op dié oop erf te sloop en die bourommel te verwyder ter voorbereiding van 'n nuwe taxi staanplek wat op die erf beplan word.
Kaapse Wynland K distriKsmunisipaliteit d
2024/2025 JAARVERSLAG
KONSEP- 2026/2027 GOP WYSIGING VAN DIE 2022/2023 TOT 2026/2027 GEÏNTEGREERDE ONTWIKKELINGSPLAN (GOP) KONSEP- 2026/2027 TOT 2028/2029 VEELJARIGE MEDIUMTERMYNINKOMSTE- EN UITGAWERAAMWERK (MTIUR) KONSEP- 2026/2027 DIENSLEWERINGEN BEGROTINGSIMPLEMENTERINGSPLAN (DLBIP)
Kennisgewing geskied hiermee ingevolge artikels 22(a), 121 en 129(3) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet No. 56 van 2003) en regulasie 3(4)(b) van die Plaaslike Regering: Munisipale Beplanning- en Prestasiebestuursregulasies, 2001, saamgelees met artikel 21(A) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet No. 32 van 2000), dat die Raad onder Item R.15.1 van 26 Maart 2026 die konsep- 2026/2027 GOP Wysiging van die 2022/2023 tot 2026/2027 Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP), die konsep- 2026/2027 tot 2028/2029 Veeljarige Mediumtermyninkomste- en Uitgaweraamwerk (MTIUR) vir die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KWDM), asook die konsep2026/2027 Dienslewering- en Begrotingsimplementeringsplan (DLBIP) goedgekeur het. Kennisgewing geskied verder hiermee ingevolge artikel 21A van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet No. 32 van 2000) saamgelees met artikel 127(5)(a) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet No. 56 van 2003) dat die 2024/2025 Jaarverslag op 26 Maart 2026 onder Item R.15.3 aan die Raad voorgelê is. Die konsep- 2026/2027 GOP Wysiging van die 2022/2023 tot 2026/2027 Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP), die konsep2026/2027 tot 2028/2029 Veeljarige Mediumtermyninkomste- en Uitgaweraamwerk (MTIUR), die konsep- 2026/2027 Diensleweringen Begrotingsimplementeringsplan (DLBIP) asook die 2024/2025 Jaarverslag is ter insae beskikbaar by die ondergemelde kantore van die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KWDM), asook op die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KWDM) se webwerf by www.capewinelands.gov.za:
• Du Toitstraat 29, Stellenbosch (Mnr. C.J.M. Arangie)
• Trappesstraat 51, Worcester (Me. R.F.V. Carelse)
• Hoofstraat 194, Paarl (Me. M. Marang)
• Munnikstraat 27, Ceres (Me. C. Louw)
• Van Reenenstraat 40, Robertson (Mnr. J. van Zyl) Openbare vertoë, insette en kommentaar oor die konsep2026/2027 GOP Wysiging van die 2022/2023 tot 2026/2027 Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP), die konsep- 2026/2027 tot 2028/2029 Veeljarige Mediumtermyninkomste- en Uitgaweraamwerk (MTIUR), en die konsep- 2026/2027 Dienslewering- en Begrotingsimplementeringsplan (DLBIP) wat op 28 Mei 2026 vir goedkeuring deur die Raad oorweeg sal word, moet die Kantoor van die Munisipale Bestuurder voor 12:00 op Vrydag, 24 April 2026 bereik.
Enige persoon wat nie kan lees of skryf nie, persone met gestremdhede en mense uit benadeelde groep wat nie in staat is om skriftelike kommentaar te lewer oor die konsep- 2026/2027 GOP Wysiging van die 2022/2023 tot 2026/2027 Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP), die konsep- 2026/2027 tot 2028/2029 Veeljarige Mediumtermyninkomste-en-Uitgaweraamwerk (MTIUR), en die konsep- 2026/2027 Dienslewering- en Begrotingsimplementeringsplan (DLBIP) kan die hulp van bogemelde persone aanvra om hulle insette of kommentaar aan te teken en aan die Distriksmunisipaliteit voor te lê.
Navrae kan gerig word aan: Die Munisipale Bestuurder, Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit, Posbus 100, Stellenbosch 7599, telefoon 0861 265 263, of per e-pos: admin@capewinelands.gov.za
H.F. PRINS
MUNISIPALE BESTUURDER


Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit Alexanderstraat 46 Stellenbosch 7600

Cape Winelands
TO 2028/2029
in the Council at Item C.15.3 of 26 March 2026. The draft 2026/2027 IDP amendment of the 2022/2023 to 2026/2027 Integrated Development Plan (IDP), the draft 2026/2027 to 2028/2029 Multi-year Medium-Term Revenue and Expenditure Framework (MTREF), the draft 2026/2027 Service Delivery and Budget Implementation Plan (SDBIP) as well as the 2024/2025 Annual Report are available for inspection at the below-mentioned offices of the Cape Winelands District Municipality (CWDM) as well as on the Cape Winelands District Municipality (CWDM) website at www.capewinelands.gov.za:
• 29 Du Toit Street, Stellenbosch (Mr. C.J.M. Arangie)
• 51 Trappes Street, Worcester (Ms. R.F.V. Carelse)
• 194 Main Street, Paarl (Ms. M. Marang)
• 27 Munnik Street, Ceres (Ms. C. Louw)
• 40 Van Reenen Street, Robertson (Mr. J van Zyl) Public representations, inputs and comments on the draft 2026/2027 IDP amendment of the 2022/2023 to 2026/2027, Integrated Development Plan (IDP), the draft 2026/2027 to 2028/2029 Multi-year Medium-Term Revenue and Expenditure Framework (MTREF), and the draft 2026/2027 Service Delivery and Budget Implementation Plan (SDBIP) that will be considered for approval by the Council on 28 May 2026, must reach the Office of the Municipal Manager before 12:00 on Friday, 24 April 2026.
Any person who cannot read or write,



(023) 316-2021 l info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)



1950/02/23 - 2026/03/29
HERINNERINGSDIENS
Vrydag 3 April
Huis Maudie Kriel: 10:30 Privaat verassing
081-742-6706 n/u: 082-5753-181 Anna Maria Magdalena Alberts


Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300







Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276















VIER leerders van Laerskool F.D. Conradie, Jaydee Kruger, Adrian Mars, Layla du Plessis en Rayleeq Africa, het deurgedring na die tweede rondte van die IPT hokkieproewe wat op 7 April by Paarl Gimnasium plaasvind.
TWEE leerders van Laerskool F.D. Conradie, Adrian Mars en Eliah Meyer, is opgeneem in die Witzenberg rugbyspan wat op 8 en 9 Mei aan die Boland proewe gaan deelneem.

2026/2027 - KONSEP BEGROTING EN HERSIENING VAN GOP EN SDBIP
Kennis geskied hiermee ingevolge artikel 22 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet No. 56 van 2003) en artikel 75(A)(3) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet No. 32 van 2000), dat die volgende konsep dokumente aan die Raad voorgelê is op 31 Maart 2026 en nou ter insae lê vir publieke kommentaar en insette tot 30 April 2026
2026/2027 - Konsep: Begroting en hersiening van die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan en die Dienslewering- en Begroting Implementeringsplan
Skriftelike kommentaar kan gerig word aan: Die Munisipale Bestuurder, Witzenberg Munisipaliteit, Posbus 44, Ceres, 6835 en/of per e-pos: admin@witzenberg.gov.za Bogenoemde dokumentasie is elektronies beskikbaar vir publieke kommentaar by Munisipale Kantore, Openbare Biblioteke en webtuiste: www.witzenberg.gov.za NOTICE
2026/2027 - DRAFT BUDGET AND REVIEW OF IDP AND SDBIP
Notice is hereby given in terms of Section 22 of the Local Government: Municipal Finance Management Act, 2003, (Act No. 56 of 2003) and Section 75(A) (3) of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act Nr. 32 of 2000) respectively: That the following draft documents were tabled to Council on 31 March 2026 and are available for public inspection and inputs until 30 April 2026 2026/2027 - Draft: Budget and Review of the Integrated Development Plan and the Service Delivery and Budget Implementation Plan
In writing, please direct your comments to: The Municipal Manager, Witzenberg Municipality, P.O. Box 44, Ceres, 6835 and/or e-mail to: admin@witzenberg.gov.za
The aforementioned documents are available electronically for public inspection at the Municipal O f fices, Public Libraries, an d on the municipal w ebsite at: www.witzenberg.gov.za
2026/2027 - UHLAHLOLWABIWOMALI OLUNGAGQITY-WANGA NOKUPHONONONGWA KWE-IDP KUNYE SDBIP
Esisaziso sikhutshwe ngokwecandelo 22 kaRhulumente wengingqi:uMthetho obizwa nge (Municipal Finance act, ka2003 unombolo 56) necandelo 75(A) (3) likaRhulumente weNgingqi: uMthetho owaziwa njenge (Municipal Systems Act ka 2000 unombolo 32). Onke lamaxwebhu alandelayo angagqitywanga aye athwa thaca kwiBhunga leDolophu ngomhla we 31 March 2026 kwaye ayafumaneka ukuze uluntu luwaphicothe lufake nezimvo zalo uyakuma ngomhla we 30 April 2026 2026/2027 - Olungagqitywanga: uhlahlolwabiwomali neziCwangciso zoPhuhliso loLuntu kunye nezicwangciso zokunikezelwa kweeNkonzo noHlahlolwabiwomali Ngembalelwano, uyacelwa ufake isiphakamiso ku:Malwuli-Masipala, wase-Witzenberg, P.O. Box 44, Ceres, 6835 kunye/okanye ku: admin@witzenberg.gov.za Lama xwebhu ayafumaneka kuzo zonke ii-Ofisi zikaMasipala nakuMathala eencwadi, nakwi website kaMasipala www.witzenberg.gov.za
D.NASSON
MUNISIPALE BESTUURDER
MUNICIPAL MANAGER
UMLAWULI-MASIPALA


LUCA du Preez van Charlie Hofmeyr het Saterdag 21 Maart aan Kaapjag se intertakskietkompetisie op Darling deelgeneem. Die kompetisie bring deelnemers van al 11 Kaapjagtakke bymekaar, met skuts wat van sover as Calvinia, Vredendal en Laingsburg reis om deel te neem.
* Luca het in die Junior-afdeling 'n algehele tweede plek behaal. Wat sy prestasie nog meer besonders maak, is dat sy telling presies dieselfde as dié van die wenner was. Met ‘n gelykop-telling word die wenner egter bepaal deur watter teiken gemis word en dit het uiteindelik die dag se uitslag bepaal.

HELEN du Toit van Charlie Hofmeyr het onlangs aan die ASA S.A. Jeug Junior en o/23 atletiekkampioenskappe in Germiston deelgeneem. In haar uitdunrondte verower sy ‘n eersteplek met ‘n tyd van 55.30 sekondes, in die semi-finale hardloop sy ‘n uitstekende tyd van 55.88 sekondes en dring deur na die finale rondte waar sy ‘n sesde plek behaal met ‘n tyd van 55.80 sekondes.


POSVLAK: Middel Bestuursvlak
AFDELING: Leeuwrivier
FISIESE ADRES : Leeuwrivier, Koue Bokkeveld, Ceres
TIPE A ANSTELLING: Permanent, onderhewig aan die suksesvolle aflegging van drie maande proeftydperk
DOEL VAN POS: Kontrole oor alle vrugte herlewingsboerdery produksieprosesse en koste effektiewe bestuur van die betrokke afdeling.
VERANTWOORDELIKHEDE:
• Ontwikkel en implementeer snoei- en uitdunbeleide volgens kultivar en tydraamwerke • Monitor boorddata en spuitprogramme weekliks• Beplan en skeduleer besproeiing • Vestig nuwe boorde en aanplantings • Doen weeklikse produksiebeplanning (oes en toerusting) • Uitvoer van herlewingsboerdery praktyke • Toesig oor algehele kwaliteitbeheer • Monitor en kontroleer vrugte vir kneusplekke • Doen sap-analises en implementeer regstellings • Stel begrotings op en bestuur dit • Verskaf maandelikse terugvoer aan bestuur • Verseker deursigtigheid van allokasies • Bepaal koste per hektaar per aktiwiteit • Verseker winsgewende oesskattings • Plaas bestellings via die Sentrale Aankoper • Voltooi rekwisisies en verseker goedkeuring • Beheer produkstore en handhaaf standaarde • Werwing van werknemers in samewerking met MH • Bepaal mannekragbehoeftes en arbeidsmag per seisoen • Pas dissipline toe saam met MH Bestuurder • Koördineer lone en verifieër loonlyste • Reël en bepaal opleidingsbehoeftes • Voltooi dokumentasie vir akkreditasie • Handhaaf prosedures vir oudits • Bestuur en onderhou data op die Keyphase-stelsel • Koördineer plaas sekuriteit • Hou gereelde vergaderings met produksie-assistente VAARDIGHEDE:
• Leierskapvaardighede • Organisasievermoëns • Kommunikasievaardighede en goeie menseverhoudings • Probleemoplossing • Administratiewe vaardighede ONDERVINDING EN OPLEIDING:
• Minimum 5 jaar ondervinding as ‘n vrugte produksiebestuurder • Kennis van snoei, uitdun, oes, jongboomvorming (appels en pere) • Nasionale Diploma in Landboubestuur of ander soortgelyke tersiêre kwalifikasie sal in die kandidaat se guns tel VERGOEDING & VERWYSINGS : Verskaf ten minste 3 verwysings. Markverwante vergoeding en byvoordele sal aan hierdie pos gekoppel word sowel as verpligte deelname aan die maatskappy se voorsorgfondsskema en mediese planne is ‘n voorvereiste vir die aanstelling.
SLUITINGSDATUM VIR A ANSOEKE : 24 April 2026
AANSTELLINGSDATUM: 1 Augustus 2026
Stuur CV en huidige salarispakket aan Johan du Plessis na: Johan du Plessis by recruitment@dekeur.co.za



Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Ei l and. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

NA die naweek se vierde rondte wedstryde is Bella Vista die enigste span wat sover al vier hul wedstryde kon wen terwyl Ceres en Hamlet nog net een oorwinning in hul vier kragmetings kon behaal.
Bella Vista het die naweek maklik met Tulbagh afgereken en die wedstryd met 548 gewen.
Hamlet het vasgeval teen Roses United en met 3140 verloor.
Die wedstryd het goeie hardlooprugby opgelewer met altesaam 11 drieë wat gedruk was. Albei spanne het die wedstryd met goeie gees en sportmangees gespeel.
Vir Hamlet het die kaptein, JoNeil Baron, uitgestaan en is hy beloon met 'n driekuns van drieë. Hamlet se tweedespan het met 1426 verloor met die derdespan wat met 1512 gewen het.
Ceres rugbyklub het Saterdag hul eerste
oorwinning van die 2026 seisoen behaal met 'n 4525 oorwinning oor Evergreen Paarl.
Ceres moet nie te veel in die oorwinning lees nie aangesien Evergreen met 'n verswakte span 'n sterbelaaide Ceres gepak het.
Ceres kan wel op die oorwinning voortbou en hul seisoen weer op dreef kry.
Ander uitslae
Delicious het met 3235 teen Newtons verloor, Villagers Newton het Wolseley met 3011 geklop en Hillcrest het Young Blues met 2416 geklop.
Geen wedstryde
Geen wedstryde vind die naweek plaas nie.
Die liga hervat weer op Saterdag 11 April.
Ceres moet Roses United in Wellington gaan pak, Evergreens speel tuis teen Delicious, Bella Vista pak Villagers Newton, Wolseley en Newtons speel teen mekaar, Hamlet is gasheer vir Hillcrest en Young Blues speel teen Tulbagh.

HAMLET het die naweek vasgeval teen Roses United en met 31-40 verloor.
FOTO: Trevor Felix



LEROUX Ferreira is Saterdag 28 Maart vir die sewende keer as die Ceres klubkampioen gekroon.
Hy het sy eerste kampioenskap in 2004 gewen voordat hy van 202024 vir 5 jaar agtereenvolgens die klubkampioen was.
Leroux het die kampioenskap met 'n telling van 146 houe (73 en 73) afgesluit met verlede jaar se kampioen, Vince Hewitt, in die tweede plek met 152 (75 en 77) houe.
Die Bafdeling is vanjaar deur Wynand Smit gewen met 152 houe met Michael Bergman in die tweede plek met 166 houe.
Die Cafdeling is deur Wynand Crous gewen met 181 houe met Vissie Visser in die tweede plek met 186 houe.
Die Dafdeling is deur Harry Hewitt met 35 punte gewen met Henry Brown in die tweede plek met 34 punte.
In die naaste aan die pen kompetisie was Jodey Kayer die naaste aan die vlaggie op no.3, Wiehan Swart was die naaste op 5 of 14 en Johan du Toit was die naaste aan die pen op no.16.
Die Ceres klubkampioenskappe vind jaarliks plaas waar spelers in die A, Bof Cafdeling oor 36 putjies (houespel) meeding terwyl spelers in die Dafdeling aan 'n stableford kompetisie oor 18 putjies deelneem.


Kompetisies
Die volgende kompetisies word beplan. Saterdag 4 April bied Ceres gholfklub 'n enkel proggresiewe stableford kompetisie aan, op 11 April 'n beterbal stableford kompetisie, op 18 April 'n samespel syfer plus kompetisie en op 20 April 'n enkel stableford kompetisie.
