4-Da4-Da gwgw gwgw g weereer eereer eer vv vv vooroor ooroor oor
Donderdag
Vista-kruising naby Thusongsentrum waar Elicheen (Ella) Maasdorp (36) op 12 Maart raakgery is . Daar is reeds talle versoeke aan die Witzenberg munisipaliteit en WesKaap provinsie gerig om aandag aan die gevaarlike kruising te skenk en 'n verkeerslig of voetgangerbrug daar op te rig.
Daar is die afgelope tyd talle versoeke aan die Witzenberg munisipaliteit en Wes-Kaap provinsie gerig om aandag aan die gevaarlike kruising te skenk en 'n verkeerslig of voetgangerbrug daar op te rig. 'n Petisie is begin waarin daar gevra word dat dringende stappe gedoen moet word om die Ceres/Hamletpad en Bella Vista kruisings te beveilig vir leerlinge en fabriekswerkers. Mense wat die petisie wil steun, kan 'n e-pos stuur aan Jacob Rooi - jrooi@witzenberg. gov.za. Voorstelle is welkom sê rdl. Rooi, wat al sedert Oktober 2024 veg om die spoedbeperking laer te maak tussen die twee kruisings.
Ma herstel goed nadat sy deur bakkie getref is
DIE ma van 'n drieling wat skaars drie maande oud is, maak goeie vordering in die Tygerberg hospitaal nadat sy twee weke gelede deur 'n bakkie by die Bella Vista-kruising omgery is.
Elicheen (Ella) Maasdorp (36) is Donderdag 12 Maart ernstig beseer toe sy omstreeks 15:10 by die Bella Vista-kruising op die R303 deur 'n Nissan NP200 bakkie raakgery is. Maasdorp was vroeër die dag saam met 'n ouer dogter by die Thusongsentrum in Bella Vista om haar 3 maande oue drieling vir 'n
kindertoelae te registreer.
Toe hulle klaar is, het hulle die pad probeer oorsteek waar 'n minibus taxi langs die pad vir hulle gewag het om hulle na P.A. Hamlet te neem waar hulle woon. Hulle het blykbaar halfpad op die geelstrepe gewag toe Maasdorp deur die bakkie getref is. Nadat sy deur EMS-lede op die toneel gestabiliseer is, is sy na Ceres hospitaal vervoer voordat sy na Tygerberg hospitaal oorgeplaas is.
Maasdorp, wat oorgeplaas is na 'n gewone saal, het reeds twee operasies ondergaan. Sy sou verlede Vrydag geopereer word maar
dit is later gekanselleer.
Die dokters gaan haar enkel sowel as heup in een operasie probeer herstel.
Volgens 'n familielid is die operasie Dinsdagmiddag gedoen.
Skenkings
Die drieling, Gilbert, Gilmore en Gilwin, word met die hulp van hul ouma, Anna-Maria Sas, hul ma se suster en drie ouer sussies van 21, 14 en 7 jaar oud, versorg.
Dit gaan goed met die drieling en daar is ook 'n groot baba-kampbed geskenk waarin al drie kan slaap.
Doeke, melk, bottels en vars produkte is altyd welkom en kan goed gebruik word. Die familie waardeer almal se hulp en ondersteuning en het reeds ruim skenkings vir die babas ontvang.
Indien mense nog wil help, kan hulle met Andrea per Whatsapp skakel by 072-7676966 of Kalisma (suster) by 072-092-5152 Skenkings kan ook by Witzenberg Herald se kantore in die Harmonie-gebou (oorkant Charlie Hofmeyr se hokkieveld) afgegee word.
DIE jaarlikse Tulbagh Lionsklub Blinde Navigasie-tydren het Saterdag 21 Maart op Tulbagh plaasgevind en het weer groot belangstelling uitgelok. Hierdie unieke motorsportgeleentheid, aangebied met erkenning van Motorsport Suid-Afrika as een van die hoofborge, behels spanne waar ’n siggestremde navigeerder en ’n siende bestuurder saamwerk om ’n tydroete suksesvol te voltooi. Die inisiatief het ten doel gehad om 87 geïdentifiseerde individue in die gemeenskap te borg vir oogtoetse en brille, asook om bewusmaking vir persone met siggestremdhede te bevorder. Die wenners was Skylar Tancrel en Ronan Sanderson gevolg deur Frankford Williams en Holger Doepke in die tweede plek en Conrad Bresler en Rudi Geldenhuys in die derde plek.
Ek weier om stil te blyek weier om in vrees te leef
'n MA van Ceres skryf:
EK skryf hierdie brief nie net as ’n landsburger nie, maar as ’n bekommerde ouer, as ’n mens wat in vrees leef en as iemand wat begin twyfel of geregtigheid werklik bestaan.
My onsteltenis, vrees en intimidasie het sy oorsprong nadat 'n senior politieke ampsdraer ongegronde dreigemente teenoor my gemaak het.
Die persoon is veronderstel om die publiek te dien maar het besluit om eerder my en my minderjarige dogter direk te dreig.
Sy woorde wat hy gebruik het was nie net kwaadwillig nie, dit was donker, dreigend en van ’n seksuele aard - iets wat geen ouer ooit behoort te hoor nie.
Hoe is dit moontlik dat iemand in 'n magsposisie sulke dinge kan kwytraak? Hoe is dit reg dat ’n senior politieke ampsdraer sy mag misbruik om vrees in te boesem?
Ons word geleer om die wet te respekteer. Ons word geleer om na leiers op te sien. Maar wat gebeur wanneer daardie leiers self gevrees word? Wat doen ’n gewone inwoner wanneer die persoon wat veronderstel is om geregtigheid te verteenwoordig, self 'n onreg pleeg? Waarheen draai ’n ouer wanneer hul kind se veiligheid bedreig word deur iemand met invloed en mag?
Hierdie is nie net my storie nie - dit is ’n vraagstuk oor die morele stand van ons samelewing. Hoeveel ander stemme bly stil uit vrees? Hoeveel mense word geïntimideer en vernietig agter geslote deure deur dié wat hul posisies misbruik? En hoe lank gaan ons as gemeenskap daaroor stilbly?
Ek begin twyfel of geregtigheid werklik bestaan - is daar een stel wette vir die gewone mens, en ’n ander stel wette vir diegene in magsposisies? Is dit reg dat iemand mense lukraak kan dreig sonder enige gevolge? Wie beskerm die publiek teen sulke oortreders wat veronderstel is om van beter te weet?
Ek weier om stil te bly - ek weier om in vrees te leef terwyl mag misbruik word. Geen mens en veral geen kind, behoort ooit as ’n teiken van dreigemente gebruik te word nie.
Mag hierdie brief nie net gelees word nie, maar ook gehoor word.
Holger Doepke, Conrad Bresler, Rudi Geldenhuys en Hanneli van Eeden (organiseerder van Tulbagh Lionsklub). * Tulbagh Lionsklub spreek hul opregte dank uit teenoor die organiseerders, borge, deelnemers, vrywilligers en ondersteuners wat tot die sukses van die dag bygedra het.
Heuningkwas of HARDEKWAS
Francois Snyman
Strawwe is skokkend en pateties
DIT is hoogtyd dat die belaglike en patetiese vonnisse wat deesdae in die landdros- en streekhowe opgelê word, end moet kry.
Landdroste en staatsaanklaers is veronderstel om landswette toe te pas. Hulle moet dit begin doen eerder as om hul hofrolle te probeer leër maak. Die laaste tyd was daar 'n paar misdadigers wat lig daarvan afgekom het.
Die afgelope paar maande was daar twee gevalle waar mense vermoor is net sodat die hof die klag teen hulle kan verander na strafbare manslag. Een persoon het 'n 5 jaar opgeskorte vonnis gekry terwyl die ander een 'n 8 jaar opgeskorte vonnis gekry het.
Dit is belaglik en maak 'n bespotting van die regstelsel.
Net sodat justisie hul sake kan verminder, hofrolle skoon kan kry en beter lyk by hul hoofde in ander dorpe en stede.
'n Jaar gelede is 'n moordenaar vrygespreek op die klagtes teen hom nadat hy in Februarie 2023 sy saambly vrou op 'n plaas met 'n piksteel doodgeslaan het voor hul drie kinders.
Waar is die geregtigheid daarin? Waar is die politici en gemeenskapaktiviste wat eerder hul tyd aan sulke meriete-sake kan spandeer?
Dit is tyd dat rolspelers hul prioriteite in oënskou moet neem en besluit wat is die doel van hul beroepe.
OUPA Thomas Beukes het Saterdag 14
Maart sy 93ste verjaarsdag gevier.
Polisie volg leidrade op na gaste beroof is op plaas
WOLSELEY speurders is die afgelope week druk besig om leidrade op te volg nadat vier gemaskerde mans op 'n gasteplaas buite Wolseley toegeslaan en die gaste aangerand en beroof het. Dit is die tweede keer in 6 weke dat dié gasteplaas se gaste tydens 'n huisroof aangerand en beroof is. Die voorvalle gaan die eienaars nou noop om hul sekuriteit op dié gasteplaas te hersien en te verbeter. 'n Pasgetroude paartjie het saam familielede op die vrugte- en bessieplaas Palmietvlei in een van hul gaste-eenhede oornag. Die paartjie sou die volgende dag op hul
wittebrood vertrek het.
Die groep van agt het tussen 20:30 en 21:00 by die vuur gesit en kuier toe hulle oorval is. Vier onbekende verdagtes gewapen met messe en 'n tipe staalpyp, het Dinsdag 17 Maart die groep mense aangerand, later vasgebind en die huis se deure van buite gesluit voordat hulle te voet met ondermeer selfone, Ipads, Ipods en juweliersware gevlug het.
Beseer
Twee persone het gesig- en hoofbeserings opgedoen, een persoon se arm is gebreek nadat hulle vermoedelik met 'n staalpyp geslaan is. Een persoon het 'n meswond aan
Saak word weer uitgestel
'n MAN (37) wat daarvan aangekla word dat hy in Januariemaand 'n bejaarde vrou verkrag het, se saak is weer uitgestel.
Die polisie se ondersoek is nog nie afgehandel nie. Die saak is na 23 April uitgestel. Hy bly in aanhouding.
Die voorval het Sondag 25 Januarie omstreeks 13:30 by die slagoffer (65) se dogter se huis tussen Ceres en Wolseley plaasgevind. Die slagoffer was ten tye van die voorval alleen by die huis saam met haar kleinkinders. Die verdagte (37) het die vrou in die kombuis oorrompel en gewurg voordat hy haar verkrag het. Die kleinkinders het buite gespeel en was onbewus van die aanval binne die huis. Die verdagte het die slagoffer gedreig voortdat hy op die vlug geslaan het.
*Volgens die strafproseswet kan die verdagte eers geïdentifiseer word sodra hy gepleit het.
Vrou (26) kry opgeskorte vonnis vir moord
'n VROU wat haar mansvriend in 2024 vermoor het, is verlede week in die Ceres streekhof gevonnis.
Ashleigh Fortuin (26) is daarvan aangekla dat sy haar vriend, Shane Scholtz (22), 'n jong rugbyspeler van Ceres, in Junie 2024 met 'n mes gesteek het. Hy het 'n paar uur later in die hospitaal gesterf. Scholtz van die Rooikamp-woonbuurt op Ceres, is dood nadat hy deur Fortuin met 'n mes in die nek gesteek is. Die voorval het byna twee jaar gelede, op Saterdag 1 Junie 2024 omstreeks 23:55 plaasgevind na 'n stryery tussen Scholtz en Fortuin. Na die voorval is Scholtz na Ceres hospitaal gehaas waar hy ure later oorlede is.
Vonnis uitspraak
Fortuin is in Oktober 2025 onskuldig bevind aan moord maar skuldig aan 'n alternatiewe klag van strafbare manslag. Streeklanddros Maseti het verlede Woensdag 18 Maart haar 'n vonnis van 8 jaar gevangenisstraf opgelê wat ingeheel opgeskort is vir 5 jaar. Sy is 'n verdere 36 maande korrektiewe toesig opgelê. Sy hoef dus volgens die vonnisoplegging nie enige gevangenisstraf uit te dien nie.
haar arm opgedoen.
Die gaste was op pad na Ceres hospitaal toe hulle 'n sekuriteitsonderneming langs die pad gekry en van die voorval in kennis gestel het. Hulle is later na Worcester MediClinic vir behandeling.
Ondersoek
Met die polisie se aankoms het die agterdeur van die gaste-eenheid oopgestaan en daar was bloed op die stoep. Verklarings van 'n paar gaste moet nog deur die ondersoekbeampte verkry word en 'n finale lys van items wat gesteel of vermis word.
Of die twee voorvalle met mekaar verband
hou, vorm nou deel van die polisie-ondersoek. 'n Stel Ipod oorfone is naby Vergesig plaas gekry en dit lyk of die verdagtes in die rigting van Pine Valley gevlug het.
Vorige huisroof en aanval
Vier gewapende huisrowers het op 3 Februarie twee gaste op dieselfde plaas aangeval en beroof.
Die voorval het omstreeks 07:30 plaasgevind. Die gaste is beroof van 'n Glock vuurwapen, beursies en selfone.
Een persoon is tydens die roof met 'n hamer oor die kop geslaan voordat die verdagtes met hul buit gevlug het.
DROME soos om weer te kan werk en om meer onafhanklik te wees het verlede week by Worcester hospitaal herleef toe verskillende rolspelers saamgespan het om katarakoperasies van 16 tot 21 Maart te doen. Die Wes-Kaapse departement van gesondheid en welstand en ‘n magdom ander vennote het saamgespan om hierdie operasies te bied aan pasiënte van die Langeberg, Breedevallei en die Witzenberg. Gert Opperman (foto) van Tulbagh was een van die eerstes wie geopereer is op 16 Maart en sê weens die katarakoperasie wat hy benodig het, was daar baie druk op sy huishouding. “Ek het gewoonlik vragmotors gery, maar ek kon later nie meer nie. Ek wil graag weer my PDP kry,” het hy voor die operasie gesê. Elizabeth Manus van Ceres het ook dié oggend gekom vir ‘n katarakoperasie en gesê sy wil graag weer onafhanklik wees. Weens die impak van die katarak, gaan sy selde winkels toe.
Saak na streekhof
TWEE mans wat meer as 'n jaar gelede petrol oor 'n jongman van Kweperfontein-plaas uitgegooi het, se saak is weer in die Ceres streekhof uitgestel.
Die slagoffer (18), wat minderjarig was ten tye van die voorval, het einde 2024 ernstige brandwonde opgedoen nadat twee mans, Chriszain Malan (22) en Jedi Sias
(21), petrol oor hom uitgegooi en hom aan die brand gesteek het.
Die gru-voorval het Sondagaand 24 November 2024 omstreeks 21:00 op die plaas Eselfontein plaasgevind. Hofverskyning
Malan en Sias bly in aanhouding.
Die saak is vir verhoor na 11 Mei uitgestel.
LAERSKOOL Koue Bokkeveld se graad R leerders het onlangs speel-speel meer geleer van konstruksie.
DIE twee leerders van Laerskool F.D. Conradie, Daniël Conradie en Jacobus Botha, het ook op 21 Maart aan die S.A. nasionale atletiekkampioenskappe in die Groenpunt atletiek stadion deelgeneem. Daniël (links) het 'n silwer medalje verower vir seuns o/11 hoogspring en Jacobus was 8ste in die seuns o/10 gewigstoot.
MOOI Uitsig Primêr het op 14 Maart aan Laerskool Darling se sportdag deelgeneem. Hier die onder 13 netbalspelers saam met hul afrigters, Tiffany Pharo en Lizelle Juries, afgeneem.
ADVER van de Ross, 'n leerder van Laerskool F.D. Conradie, het op 21 Maart aan die S.A. nasionale atletiekkampioenskappe in die Groenpunt atletiek stadion deelgeneem en 'n brons medalje verower in die meisies o/10 verspring. Sy is nou die derde beste verspringer in die land.
HETTE-MARI Botha het op 21 Maart aan die S.A. nasionale atletiekkampioenskappe in die Groenpunt atletiek stadion deelgeneem. Sy het 'n 9de plek in die meisies o/9 tweekamp behaal.
NUWE generasie muurbalspelers. Die junior muurbalspelers het onlangs aan hul eerste Boland Ope in die Strand deelgeneem. Almal is tans leerders van Laerskool Gericke en het in die o/11 afdeling gespeel. Cari du Plessis was tweede in die meisies-afdeling en het 'n silwer medalje verower. VLNR: Cari du Plessis, Toit du Plessis, Sian Myburgh, Leo van Jaarsveld en Judah Maralak.
•Ensure accurate and timely setup of
•Must have knowledge of cold chain merchandising and storage of perishable products and continuous monitoring of stock and movement of primary products
•Monitor and dispose of obsolete and excess products
•Must be honest, hard working and work under pressure
•Knowledge of cleanliness and food hygiene
•Stock shelves and build displays
•Properly rotate stock
•Back room inventory organization
•Must be willing to work weekends and shifts
•Must be fully bilingual
•Preferably reside in Ceres / Wolseley
•Must have knowledge of merchandising
•Must have matric (Grade 12 Certificate)
Salary negotiable.
Should you meet all the requirements, please e-mail your full CV (ID included) to: ceres.superspar2@gmail.com
For attention: Human Resources
Closing date for applications: Thursday, 02/04/2026
Employment acceptance: As soon as possible
Should
Begin 2018
Verkragter bly hofsaak ontwrig
'n VEROORDEELDE verkragter (37) van Ceres, wat sy hofsaak al vir jare bly ontwrig, se verhoor is met 'n maand uitgestel.
Warren van Wyk word van die verkragting en ontvoering van 'n jong meisie in 2018 aangekla. Die verhoor is verlede Vrydag tot 24 April in absentia uitgestel in die Ceres streekhof nadat Van Wyk weer nie sy samewerking aan die hof wou gee nie.
Ontwrig hofsaak al vir jare
Die ontwrigtende gedrag van Van Wyk duur al die afgelope 8 jaar. Sedert sy arrestasie in 2018, het hy het al paar keer van regslui (regshulp) verander, geweier om met sy regsverteenwoordiger te praat, gekla en gevra dat die hoftolk verwyder word, sy verdediging self behartig en ondermeer daarop aangedring dat verklarings in getikte vorm aan hom verskaf word.
In 2022 weier die hof sy versoek om die tolk te vervang en in 2023 kla hy weer oor 'n staatsaanklaer. In April 2023 weier hy om 'n psigiater se vrae te beantwoord.
In Julie 2023 reik die hof 'n bevel uit dat Van Wyk vir geestelike waarneming na Valkenberg gestuur moet word. Hy het daarna 'n tyd lank vir 'n bed gewag voordat hy van Augustus tot September 2024 vir waarneming opgeneem is.
In dié verslag word gemeld dat Van Wyk 'n lang geskiedenis het van dagga-, tik- en mandrax-misbruik asook alkoholmisbruik wat al op skool begin het. Hy het die skool in graad 7 verlaat.
Op 19 September 2024 bevind die paneel van drie lede dat Van Wyk nie enige geestesafwyking het nie en dat hy verhoor kan word.
Die verhoor het eers in 2025 begin.
Agtergrond
Die verkragting het op Vrydag 7 September 2018 omstreeks 18:30 plaasgevind. Van Wyk, gewapen met 'n mes, het die 10-jarige meisie na nabygeleë bosse op die plaas Achtertuin geneem waar hy haar verkrag het. Hy is gou daarna vasgetrek en het op Maandag 10 September 2018 vir die eerste keer in die Ceres landdroshof verskyn.
Tronkstraf uitgedien
Van Wyk is 'n paar jaar gelede skuldig bevind aan verkragting waarvoor hy 'n 8 jaar vonnis opgelê is. Twee jaar daarvan is opgeskort vir 5 jaar op voorwaarde dat hy nie weer 'n soortgelyke misdryf sal pleeg nie.
Hy is in 2017 vrygelaat nadat hy ses jaar van die vonnis uitgedien het. Hy het tot en met die tweede verkragting by sy ma op die plaas gewoon.
OPERASIONELE ADMINISTRATEUR
Doornkraal is ‘n plaas in die Witzenberg Vallei (Ceres) geleë. ‘n Vakature het ontstaan vir ‘n toegewyde persoon om dienste te lewer as Operasionele Administrateur. Die posbekleër sal aan die Operasionele Bestuurder rapporteer.
Noodsaaklike Pligte :
• Loonadministrasie van Pakhuis Personeel
• Bestuur van Pakhuis Sagteware Stelsels (Vitrax, Appsource)
• Algemene administrasie in die Pakhuis, wat insluit rekordhouding van HACCP, BRC, Veiligheid& Gesondheid, en ander oudit-nakomingsdokumentasie
• Ten minste drie jaar ondervinding in ‘n landbou / Pakhuis omgewing
Sluitingsdatum vir aansoeke: 10 April 2026
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
CV kan gerig word aan: hr@dkagri.co.za
WHAT began as a small, faith-driven home catering business in Ceres has grown into a thriving community enterprise that not only serves quality meals but also creates meaningful employment for local residents. Magula Appetizing Food, founded by Nobomvu Mizpha Magula (photo), was established with a vision to serve the community, while creating meaningful job opportunities for young people and community members with disabilities. Like many small enterprises, the business faced barriers to growth, including limited resources and a lack of formal business training. The business has since moved from a survival venture to a profitable one capable of catering to large church and community events. With support from Perdekraal East Wind Farm, Magula received funding to purchase essential catering equipment, enabling the business to operate more efficiently and professionally. Before the funding, the Wind Farm also provided Magula with hands-on training and mentorship in core business fundamentals, providing marketing skills as well as administrative and accounting expertise.
Moordenaar (22) kan verhoor word
DIE man (22) wat verdink word van een van die grusaamste moorde die afgelope drie dekades op Ceres, kan verhoor word.
Zwelinjani Mbola (22) van Nduli is kort na die moord deur die hof vir geestelike waarneming na Valkenberg hospitaal verwys. Hy het sedert Desembermaand vir 'n bed gewag voor hy vir waarneming opgeneem is.
Die verslag het bevind dat Mbola nie enige geestesafwyking het nie en dat hy verhoor kan word.
Mbola wat sedert 7 Desember in aanhouding is, het einde Februarie in die Ceres landdroshof verskyn op 'n aanklag van moord en lykskending. Die staat beweer dat Mbola vir Peter Joubert (43) vermoor het deur sy liggaam met 'n skerp voorwerp op te sny.
Die saak is uitgestel tot 9 April
Twee wetstoepassers is op 7 Desember 2025 deur 'n lid van die publiek genader dat 'n onbekende man op die sypaadjie voor 'n onderneming in Voortrekkerstraat sit met liggaamsdele.
Die beamptes is na die toneel oorkant hulle kantore en het 'n man gesien wat sit by die afgekapte arms van 'n mens. Hulle het die polisie na die toneel ontbied. Mbola wat by die ledemate in die son gesit het, het laat blyk dat die res van die liggaam onder die treinspoorbrug in Voortrekkerstraat, net voor die afdraai na CFG, lê. Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle die erg geskende liggaam van 'n man aangetref. Van sy organe het langs hom gelê.
Die oorledene is later as Peter Joubert (43) van Vredebes en 'n werknemer van Ina's Car Wash Paradise, geïdentifiseer.
Maryna de Villiers (SALES) (023) 004-0595 ctsales@bdktech.co.za
(023) 316-2021 l info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Petrus Jacobs
1963/01/27 - 2026/03/22
Boland Roll on Lawn Verskaffing,
DIE Biblioteekdienste van die Witzenberg munisipaliteit bied weer hul boetevrye periode aan wat strek vanaf 16 Maart - 16 April. Lesers kry die geleentheid om alle boeke of enige ander biblioteek materiaal wat lank uitstaande is, terug te bring sonder dat enige boetes gehef sal word.
BELANGSTELLENDES wat ‘n pelgrimstoer na Israel wil meemaak, kan pastoor Nico Mettler skakel by 060-559-1708 of per e-pos by mettnico@gmail.com. * Die toerdatum is 10 tot 17 Mei 2027
HUIS Disa bied ‘n potjiekos kompetisie aan op 16 Mei. Vir navrae of om in te skryf, skakel (023) 230-0245 of stuur ‘n e-pos na admin.huisdisa@acvv.org.za
(023)
ROUDIENS: Do. 26 Maart
Huis: 19:00 Plaas Cascade, P.A. Hamlet
BEGRAFNIS: Sat. 28 Maart
Huis: 10:00 Plaas Cascade, P.A. Hamlet
AND ART FRAMING
Kerk: 11:00 Plaas Cascade, P.A. Hamlet Graf: Bella Vista
SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
STEFAN STEYN
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
CERES Toyota en Puma Garage wens vir Carel Smith geluk met sy ongelooflike prys van ’n R20 000 brandstof-koopbewys wat hy gewen het. Carel het aan die Puma Big Win Energy kompetisie deelgeneem. Hier wens Ricardo Shepherd (bestuurder van Puma Garage) vir Carel (regs) geluk met sy groot prys.
083-227-6476
SECURE YOUR PROPERTY WITH CCTV CAMERAS and ALARM SYSTEMS
Johanna Adriana Theron
1961/06/06 - 2026/03/22
ROUDIENS: Do. 26 Maart Kerk: 19:00 V.G.K, Ceres
BEGRAFNIS: Sat. 28 Maart Huis: 08:00 Lyell Straat 15, Ceres Kerk: 09:00 V.G.K, Ceres Graf: Bella Vista
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.
soek*soek* *Terme en voorwaardes geld
Ceres Alarms and Guarding Bespreek hierdie
Ons installeer en versien alle elektroniese alarm- en kamerastelsels
Skakel Ernest (023) 316-1117
ONS IS DRINGEND OP SOEK NA : • Warm klere en kinderklere • Jasse Wintersklere word uitgepak op 1 April.
Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke!
Louw-Marie 083-634-8068
louwmarieshepherd8@gmail.com
Murchisonstraat 4, Ceres
Ma - Vry:09:00-16:00
1932/12/28 - 2026/03/17
BEGRAFNISDIENS: Saterdag 28 Maart
Saal:10:00 Gemeenskapsaal, P.A. Hamlet Graf: Bella Vista Syster van Wyk 081-742-6706 n/u: 082-5753-181
• and more André du PAndréP André du PAndréP du Preezreez reezreez reez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com
079-177-2490 ☎☎ (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83 PLANT AND PLANT AND TOOL HIRE HIRE DEON ADAMS BEWAARSKOOL
Kubota
borg
Darlingstraat, Bella Vista ☎ (023) 315-5011
Beskik oor die volgende betrekking: E.CE.C E.C.D.D .D.D .D.. .. . ASSISTENT
Tydelike kontrakpos: 3 maande
Vereistes: • Opregte liefde om met kleuters te werk • Geduld, betroubaar en ‘n professionele beeld uitleef • E.C.D kwalifikasie NQF L4/N5 sal voorkeur geniet • Vermoë om effektief in ‘n span te werk. Verantwoordelikhede: • Handhawing van ‘n veilige, skoon en stimulerende leer omgewing • Implementering van leerprogramme en roetine. Belangstellende kandidate kan CV by die kleuterskool inhandig of e-pos na dadamsbewaarskool@vinet.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Maart 2026
Onderhoude vind plaas op: 3 April 2026 Slegs gekeurde kandidate sal gekontak word
truie
CERES rugbyklub wil Phillip Fabricius van Kubota en oudspeler van die klub, wat elke jaar ‘n stel truie aan die eerstespan skenk, bedank vir die borgskap. VLNR: Heini du Toit (president), Phillip Fabricius, Nazeem Jooste, Henry Minnaar (wedstrydsekretaris), Shelton Cobern (kaptein) en Trevor Abrahams (ere-president).
JOHN Baron, wat sedert 2015 werksaam is by Ceres speurders, is op 1 Maart vanjaar na die rang van adjudant offisier bevorder. Hy verlaat die speurtak aan die einde van die maand om op 1 April ‘n nuwe pos te aanvaar by die Valke se batebeslagleggingseenheid (DPCI). * Baron het 1 Oktober 2000 in die polisie op Ceres begin voordat hy in 2001 na P.A. Hamlet polisiestasie oorgeplaas is. In 2004 het hy by P.A. Hamlet speurtak begin en tot 2014 daar gewerk. Hy was daarna vir ‘n jaar lank werksaam as kandidaat-prokureur voordat hy in 2015 by Ceres speurtak begin werk het.
BYBELVERS VIR DIE WEEK
En Pilatus sê vir die owerpriesters en die skare: Ek vind geen skuld in hierdie man nie.
Lukas 23:4
Ev. Jacobs
CHLOë Bishop van Ceres en Epic spanmaat Nicolette Griffioen van die De Grendel en Graaff Fruit span (heel regs op podium), het vanjaar vir die eerste keer saam aan die Cape Epic deelgeneem en uitstekend gevaar met 'n algehele elfde plek in die Elite vroue-afdeling. Hulle was ook derde in die ABSA African afdeling. Hulle het die taai wedren in 27 uur en 52 minute voltooi. Die Cape Epic is deur Candice Lill en Alessandra Keller gewen. *Chloë is 'n oudleerder van Charlie Hofmeyr en minder as twee jaar kompeterend deel aan fietsry.
KARATEKAS van Senshi Dojo karateklub op Ceres, het onlangs aan die MASA-WUKF Western Cape Provinsiale kampioenskap deelgeneem en uitstekende resultate behaal. Die span is vergesel van sensei Wayne Vermeulen. AGTER: Retief Spence (long weapons vierde, short weapons vierde, kumite 6de en kata 13de), Bellané Vermeulen (kata en kumite - twee silwer medaljes en long weapons 'n brons medalje), Adriel Ndlovu (kumite silwer, kata brons en long weapons 'n 8ste plek) en Ruan du Preez (kumite 4de en kata 7de). VOOR: Taylor Engelbracht (goud in long weapons, kata goud en kumite goud. Hy was ook die Dojo student van die dag), Izak Krige (kumite 4de, kata 4de, long weapons 4de en short weapons 8ste), Lukas Krige (long weapons silwer, short weapons silwer, kata brons en kumite 4de).
BLINK rugbytoekoms wag. Luan Gilliomee (regs), 'n oudleerder van Charlie Hofmeyr en Laerskool Gericke, het Saterdag 21 Maart sy eerste senior wedstryd vir die Sharks gespeel. Luan het uitgeblink op heelagter en ook 'n drie gedruk in die 45-0 oorwinning oor Munster van Ierland. Hier is hy afgeneem saam met Makazole Mapimpi wat Saterdag sy 100ste wedstryd vir die Sharks gespeel en twee drieë gedruk het. * Luan was einde verlede jaar deel van die o/19 Akademiespan en vanjaar deel van die Blitsbokke se sewesgroep in Singapore en in Perth. Sy goeie spelpeil is beloon toe hy vir die Junior Springbokke (o/20) span gekies is wat 'n paar wedstryde teen Georgië gespeel het.
Betrekking
Donkerbos Landgoed beskik tans oor die volgende vakature: VRAGMOTOR DRYWER
Die geskikte kandidaat sal:
• Beskik oor ‘n Kode 14-lisensie
• Geldige PDP
• Sober gewoontes
• Bereid wees om oortyd te werk
• Betroubaar en verantwoordelik
Stuur CV na: elmarie@donkerbos.co.za
Sluitingsdatum vir aansoeke: 10 April 2026
LIGSTRAALTJIES het Saterdag 14 Maart hul jaarlikse Ses-aan'n-kant krieket- en familiedag aangebied. Die Masekinders-span het die dag gewen met Trojans in die tweede plek. Ander toekennings: Beste gees - 69's en beste uitrusting - Hardehout. Corné Bosch (links) is aangewys as die beste kolwer en Marais Schutte (regs) as die beste bouler.
Donkerbos Landgoed, ’n Vrugte- en groente produksie besigheid in KoueBokkeveld is op soek na ‘n HOOFBESTUURDER vir sy totale Vrugte produksie-afdeling; asook ’n PRODUKSIE BESTUURDER VRUGTE vir van sy eenhede. Die 2 vakante poste vereis tipies
‘n hoë vlak van produksie kundigheid, leierskap en operasionele doeltreffendheid.
VRUGTEBESTUURDERS (2 X POSTE)
KERNVEREISTES EN VERANTWOORDELIKHEDE:
• Neem van verantwoordelikheid vir die bestuur van alle produksie verwante aktiwiteite - plant tot oes
• Strategiese beplanning en optimalisering van alle hulpbronne
• Verseker voldoening aan gehaltestandaarde en sertifiserings
• Bestuur en opstel van begrotings, finansiële verslaggewing en kostebeheer
• Mentorskap en opleiding van personeel en toesighouers
• ’n Deurlopende dryf om produktiwiteit te verbeter
KWALIFIKASIES & ERVARING:
• ‘n Toepaslike tersiêre kwalifikasie in Landbou of Landboubestuur
• Bewese ervaring in die vrugtebedryf (appels, pere en steenvrugte) is noodsaaklik
• Sterk leierskap- en goeie menseverhoudinge is ’n voorvereiste E-pos asb. u CV na: inus@donkerbos.co.za
Sluitingsdatum vir aansoeke: 25 April 2026
MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE INGEVOLGE ARTIKEL 15(2) VAN DIE WITZENBERG GRONDGEBRUIK BEPLANNING VERORDENING WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS IN TERMS OF SECTION 15(2) OF THE WITZENBERG LAND USE PLANNING BY-LAW
Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres, 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie.
Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres, 6835 or 50 Voortrekker Street, to reach him before the indicated closure date of the case.
Eiendom / Property
Erf 52, Wolseley
Ligging / Location
Solomonstraat 12 / 12
Solomon Street, Wolseley
Aansoeker / Applicant
Wolseley Property Investments CC Melt Loubser (082 871 2695)
Aard / Nature
Hersonering vanaf Enkel
Residensieel I tot Industrieel II / Rezoning from Single Residential I to Industrial II
Sluitingsdatum / Closure date
30/04/2026
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Ei l and. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
'n SUNDOWNER kompetisie geborg deur Ceres Superspar, is Vrydag 20 Maart op Ceres aangebied. Jodey Kayer (regs) was die wenner met 20 punte met Pieter du Toit in die tweede plek, ook met 20 punte.
Neil wen kompetisie
'n ENKEL houespel kompetisie is Saterdag 21 Maart op Ceres gholfbaan aangebied.
Neil Janse van Rensburg was die wenner met 71 houe. Wynand Claasen was tweede met Carel Matthee sr. in die derde plek. Beide het 71 houe gespeel. Willie van Heerden was vierde met 72 houe.
Die houespel kompetisies word nou kwartaaliks aangebied. Die eerste drie plekke dring deur na die finaal in Novembermaand. Kompetisies
Die jaarlikse Ceres klubkampioenskappe vind Saterdag 28 Maart plaasvind.
Spelers sal in die A, B of Cafdeling oor 36 putjies (houespel) meeding terwyl spelers in die Dafdeling aan 'n stableford kompetisie oor 18 putjies sal deelneem.
Slyder Cup
Die Slyder Cup, 'n kompetsie wat met beterbal stableford, enkelspel en foursomes formate beslis is tussen spelers van Ceres en die Kaap, is ook die naweek afgehandel.
Die Kaap het maklik met 14 en 'n half teenoor 5 en 'n half gewen.
Sport
Hamlet terug op wenpad
NA twee naelskraapse nederlae aan die begin van die seisoen het Hamlet rugbyklub die naweek 'n goeie oorwinning oor Evergreens van die Paarl behaal.
Hamlet behaal hul eerste oorwinning van die seisoen toe hulle Saterdag vir Evergreens maklik met 4929 klop. Hamlet het agt drieë in die wedstryd gedruk.
Puntemakers
Eltino van Wyk (foto regs) het die naweek kookwater rugby gespeel en drie keer agter sy teenstanders se doellyn gaan kuier.
Marvin Fredericks, Joneil Baron, Lionel Wanza, Devon Sass en Angelo Daniels het ook elkeen 'n drie gedruk.
Ander uitslae
Delicious het Villagers Newton met 2212 geklop, Bella Vista het Wolseley maklik met 288 geklop, Tulbagh het met 1738 verloor teen Hillcrest, Newtons het Ceres hulle derde nederlaag van die seisoen laat ly met 'n oorwinning van 3929 en Roses United het naelskraap met 2017 teen Young Blues gewen.
Die naweek vind die vierde rondte plaas. Wolseley reis na Villagers Newton vir hul wedstryd, Bella Vista en Tulbagh gaan sake uitspook, Delicious is gasheer vir Newtons, Ceres speel teen Evergreens, Hillcrest speel teen Young Blues en Hamlet pak Roses United op hul tuisveld.
MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE INGEVOLGE ARTIKEL 15(2) VAN DIE WITZENBERG GRONDGEBRUIK BEPLANNING VERORDENING WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS IN TERMS OF SECTION 15(2) OF THE WITZENBERG LAND USE PLANNING BY-LAW Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres, 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie. Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres, 6835 or 50 Voortrekker Street, to reach him before the indicated closure date of the case.
Hersonering vanaf Enkel Residensieel II na Gemeenskap Sone II (Plek van aanbidding) / Rezoning from Single Residential II to Community Zone II (Place of worship)
Sluitingsdatum / Closure date 30/04/2026
SHANIDINE Bezuidenhout (23), boorling van P.A. Hamlet en ondersteuner van Hamlet rugbyklub, het die naweek haar debuut vir die S.A. vroue sewes rugbyspan teen Kenia gemaak. Shanidine is 'n belowende sport vrou en het in 2024 vir Maties Varsity netbal gespeel. In 2025 maak sy die skuif na die Maties vroue rugbyspan wat ook as Varsity kampioene gekroon was. In 2025 word sy ook vir Maties 7's span gekies en was ook die Maties vroue sewespeler van die jaar. Haar harde werk van die afgelope paar jaar maak dat sy opgeroep word tot die Sevens2 en SA sewesgroep.
'n ATLEET van Laerskool Gericke, Irma-Ann Orffer, het die naweek 'n skitterende vierde plek in die 1200 meter vir o/10 meisies behaal by die S.A. atletiekkampioenskappe. Wat ’n ongelooflike prestasie!
MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE INGEVOLGE ARTIKEL 15(2) VAN DIE WITZENBERG GRONDGEBRUIK BEPLANNING VERORDENING WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS IN TERMS OF SECTION 15(2) OF THE WITZENBERG LAND USE PLANNING BY-LAW
Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres, 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie.
Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres, 6835 or 50 Voortrekker Street, to reach him before the indicated closure date of the case.
Eiendom / Property
Plaas
Remhoogte
Nr.212 / Farm
Remhoogte No.212, Ceres RD
Ligging / Location
Remhoogte, Die Dorp Op Die Berg
Aansoeker / Applicant
Ceres Remhoogte Beherend (Pty) Ltd
Heinie du Toit (083 229 9132)
Aard / Nature
Onderverdeling en hersonering (Gemeenskapssone IV en Oopruimtesone I) / Subdivision and rezoning (Community Zone IV and Open Space I)