Witzenberg Herald Vol.28 no.9 (Online Weergawe)

Page 1


Witzenberg

Saak vir verdere ondersoek uitgestel

TWEE mans wat vier maande gelede petrol oor ‘n 17-jarige kind van Kweperfontein-plaas uitgegooi het, se saak is weer in die Ceres landdroshof uitgestel.

Die kind het verlede jaar ernstige brandwonde opgedoen nadat twee jong mans, Chriszain Malan (22) en Jedi Sias (20), pe-

Gemeenskap in rou gedompel

trol oor hom uitgegooi en hom aan die brand gesteek het. Die gru-voorval het Sondagaand 24 November omstreeks 21:00 op die plaas Eselfontein plaasgevind.

Hofverskyning

Die saak is tot 13 Mei uitgestel. Malan en Sias bly in aanhouding.

Man (37) sterf na hy met mes in

been en bors gesteek is

DIE Witzenberg gemeenskap is verlede week in rou gedompel toe ‘n lid van ‘n bekende Bella Vista familie, deur dié se meisie met ‘n kombuismes gesteek is.

Andrew (Nickel) Africa (37) van Vredebes en ‘n werknemer by die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit, het verlede Woensdag aan steekwonde aan sy regter bo-been en linker bors, gesterf.

Volgens die polisie is hulle omstreeks 23:05 na Ceres hospitaal ontbied nadat ‘n man wat met privaat vervoer na die hospitaal gebring is, aan sy beserings beswyk het. Die polisie is later na ‘n woning in die Vredebes ontwikkeling waar hulle die 30-jarige Samanthea Baadjies gearresteer het. ‘n Nadoodse ondersoek en lykskouing is

Twee motorfietsryers sterf

TWEE Kaapse motorfietsryers het Sondag buite Ceres gesterf.

Bruce Stanley Smith (58) het Sondag 9 Maart in Michellspas gesterf nadat hy omstreeks 10:10 met sy motorfiets geval het. Met die polisie en nooddienste se aankoms op die toneel was hy reeds dood. Verkeer het na die ongeluk weerskante van die bergpas opgehoop. Verkeer is omstreeks 11:30 weer toegelaat om te begin ry. Dit is onbekend wat die ongeluk veroorsaak het.

Karoo-ongeluk

‘n Tweede motorfietsryer, Riaan Botha (49) van die Strand, het Sondag 9 Maart gesterf op die R356 na Sutherland. Botha het ongeveer 85 km van Ceres naby die plaas Grootfontein, beheer oor sy motorfiets verloor nadat hy omstreeks 14:10 ‘n klipbank en slaggat op die grondpad getref het.

gedoen wat sal bepaal wanneer hy oorlede is en wat presies het sy dood veroorsaak. Baadjies, die bestuurder van ‘n wegneemete-onderneming op Ceres, het Donderdag 6 Maart vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn op ‘n klag van moord. Beweringe dat die paartjie baklei het, maak deel uit van die polisie se ondersoek. Verdere klagtes kan nog later bygevoeg word sodra die polisie se ondersoek afgehandel is. Baadjies verskyn weer op Donderdag 13 Maart vir ‘n borgaansoek.

Begrafnisreëlings

Andrew Africa is die seun van Nico Africa, jare lange inwoner van Bella Vista en aktiewe lid van Patmos. Die roudiens vind Donderdagaand om 19:00 plaas. Die begrafnisdiens vind Saterdag 15 Maart om 09:00 vanuit die Bella Vista NG gemeente.

000km R549 995

‘11 Fortuner 3.0 D4D 264 000 km R219 995

‘08 Yaris T1 AC R79 995

ANDREW (Nickel) Africa (37).
SAMANTHEA Baadjies (30).

BRANDBESTRYDERS in die Witzenbergstreek het die afgelope tyd onder moeilike weersomstandighede, talle brande in die streek gehelp blus. Pick n Pay Ceres het die brandbestryders bedank deur koeldrank en eetgoed te skenk. Hier oorhandig Rudi Swanepoel (bestuurder van PnP Ceres-tak), die skenkings aan brandweerpersoneel.

Polisie vra hulp met die identifisering van slagoffer

DIE polisie vra die gemeenskap se hulp om ‘n vrou wat gesterf het, uit te ken en haar familie op te spoor. ‘n Vrou tussen die ouderdom van 27 en 28 jaar, is Saterdag 1 Maart omstreeks 24:00 dood langs die R533 naby Remhoogteplaas in die Koue Bokkeveld gekry. Die vermoede is dat ‘n voertuig haar moontlik getref en

weggery het. Sy was geklee in ‘n wit T-hemp met ‘n driekwart blou deninbroek met geen skoene aan nie. Niemand is as vermis aangemeld nie en niemand het nog by die polisiestasie kom navraag doen nie. Indien iemand oor meer inligting beskik, kan hulle a.o. Brian Uys by die P.A. Hamlet speurders skakel by (023) 313-3133

MOOI Uitsig primêr het op 21 en 22 Februarie hul jaarlikse karnaval aangebied. Daar was ook ‘n gelukkige trekking met ‘n vleisprys wat deur Karoopoort Slaghuis op P.A. Hamlet geborg is. Hier is die wenners, Miquel Esterhuizen en sy pa, Martiens Esterhuizen, afgeneem saam en juffrou Wood (karnavalkoördineerder).

MECHANIC

Laastedrif Agri (Pty) Ltd., is an established commercial agricultural enterprise, specialising in the cultivation of fresh fruit and vegetables. Laastedrif Agri serves a range of local supermarkets as well as international markets.

Laastedrif Agri has the abovementioned position available at the production unit, Nuwerus, situated near Elandsbaai.

This position will report directly to the Farm Manager, and will mainly be responsible for the following key performance areas, namely: • Tractors • Agricultural implements • Pack store machinery • Trucks and vehicles.

Responsibilities include: • Preventive service, maintenance and repair of tractors

• Preventive maintenance on pack store implements and vehicles • Stock management pertaining to machinery, equipment and tools • Management of Occupational Health and Safety best practice • Ensuring a clean and tidy work area as well as workshop.

Essential qualifications, skills, and experience:

•N2 Mechanical, or similar qualification (qualified diesel / tractor mechanic, auto-electrical can be advantageous);

•Experience of 5 years’ or more (qualification included) in a similar position;

•Mechanical experience with tractors, as well as agricultural and pack store machinery, will be highly advantageous;

•Strong ability to plan, prioritize, and complete tasks;

•Computer proficiency (MS Office, especially Excel and Outlook);

•Productivity and cost management oriented mindset;

•Good communication and reporting skills;

•Good human and labour relations;

•Willingness to work after hours and weekends, if required;

•Valid drivers license.

Applications will be considered in terms of the Employer’s Employment Policy and Employment Equity objectives.

Please apply online at www.m3online.co.za before 09:00 on 26 March 2025

Please note that only shortlisted candidates are contacted. If you don’t hear from us within two weeks of the closing date, please assume that your application was unsuccessful.

For general enquiries, contact our team at M3 Human Capital Management on (021) 863-1444

DIE naweek van 5 en 6 Oktober 2024, het oudleerders van die destydse Fred Gaum ‘n reünie gehou wat deur leerders vanaf 1972-1981 bygewoon is. Op Saterdag 1 Maart 2025 het John Schuurman (links), ‘n oudleerder van Fred Guam en lid van die reünie-komitee, ‘n saamgestelde publikasie aan Marthinus de Villiers, lid van die museum se beheerraad, oorhandig. Die feesboek gee ‘n terugblik op die ontstaan van Fred Gaum Hoërskool, skrywes van oudleerlinge en die naweek van 5 en 6 Oktober.

DIE Ceres polisie ondersoek ‘n paar inbrake wat die afgelope tyd by besighede op Ceres plaasgevind het. Tussen 5 en 6 Maart om 05:30 het diewe die ruit van Amazing Pies in die Shopritesentrum stukkend geslaan en ‘n rekenaar en kontant gesteel. * Daar is ook die afgelope weke, drie keer by Ceres Brouerye ingebreek. Inbrekers het tussen 7 en 8 Maart tydens beurtkrag, ‘n venster gebreek en drank gesteel. Een inbreker is vasgetrek.

Gerald Beukes (27).

Gewese sewesspeler (27), sy broer en hul vriend in hof

‘n GEWESE Springbok 7’s rugbyspeler, sy broer en hul vriend het weer in die Ceres landdroshof verskyn weens ‘n messteekvoorval in Desember 2024.

Die voorval het op 7-8 Desember by ‘n privaat woning op Ceres plaasgevind. Jaiden Baron (27) Jo-Neil Baron (22) van P.A. Hamlet en Burton Zimri (21) van Ceres, het Donderdag 22 Februarie weer in die Ceres landdroshof verskyn weens ‘n aanval op Ryan Hendricks (24). Die saak is vir verdere ondersoek en konsultasie met hul regsverteenwoordiger uitgestel na 24 Maart. Hul borgtog van R3 000 elk, is ook verleng.

Voorval

Volgens die polisie het die voorvalle tussen 7-8 Desember 2024 om 02:15 en 02:55 in Rooikamp plaasgevind. ‘n Groep vriende het blykbaar vroeër die aand saam in ‘n nagklub gekuier. Hendricks en een van die Baron-broers, was nadat hulle weg is by die klub, in ‘n argument betrokke wat later op ‘n bakleiery uitgeloop het. Volgens die klagstaat by Ceres landdroshof het Jaiden Baron vir Hendricks met ‘n sleutel in die gesig gesteek. Hendriks is na ‘n vriend se woning in Rooikamp. Die Baron-broers het vriende gaan haal en na Hendricks begin soek. Hulle is na die woning in Rooikamp waar hulle Hendricks na bewering aangerand en verskeie kere met ‘n mes gesteek het. Hendricks is later na die Ceres hospitaal geneem vir behandeling.

Die polisie het Burton Zimri en Jo-Neil Baron op 8 Desember in hegtenis geneem. Jaiden Baron is vroeg op 9 Desember gearresteer voordat hy later die dag saam met sy broer en Zimri in die hof verskyn het. Jaiden Baron word aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer asook poging tot moord. Zimri en Jo-Neil word aangekla weens poging tot moord.

Polisie ondersoek voorval na man

in straat deur motor getref is

‘n JONG man van Bella Vista het twee weke gelede tragies gesterf nadat hy eers deur ‘n vrou met ‘n mes in sy skouer gesteek is en daarna deur ‘n man raakgery is.

Die tref-en-trap voorval het Vrydag 28 Februarie omstreeks 23:20 in Ysterhoutstraat, Bella Vista plaasgevind toe die bestuurder van ‘n silwerkleurige Mercedes, vir Damian Gerald Beukes (27) raakgery en toe van die toneel weggejaag het.

Bewerings dat Beukes vroeër ‘n klip deur die Mercedes, wat in die straat geparkeer was, se voorruit gegooi het, vorm deel van die polisie se ondersoek.

EMS nooddienste het die ernstige beseerde Beukes in die pad aangetref en hom

daarna met ‘n ambulans na Ceres hospitaal vervoer waar hy later aan sy beserings gesterf het.

Inligting opvolg Speurders het sedert die voorval inligting en leidrade opgevolg.

Daar is vasgestel dat die bestuurder JanJustin du Toit (31) is wat al voorheen skuldig bevind is aan strafbare manslag en dronkbestuur. Daar is ook vasgestel dat hy in Wellington wegkruip. Op Maandag 3 Maart het hy teruggekeer Ceres toe. Hy is kort hierna by Caltex deur Ceres polisie in hegtenis geneem en aangekla.

Oor hy ‘n opgeskorte vonnis het wat sedert Februarie 2024 oor sy kop hang, is hy oorge-

plaas na Wellington waar hy die res van sy korrektiewe toesig moet uitdien.

Die gemeenskap is kwaad omrede Du Toit nie agter tralies is nie en die polisie is ongelukkig dat die staatsaanklaer nie die saak op die hofrol wil plaas nie.

Daar is ook ongelukkigheid dat Du Toit na Paarl Gemkor oorgeplaas is om sy gemeenskapdiens in Wellington te doen.

Navraag hieroor is Woensdag aan die polisie sowel as korrektiewe dienste en die departement van justisie gestuur om antwoorde te gee. Teen druktyd het net die polisie gereageer.

Die begrafnisdiens vind Saterdag 15 Maart om 09:00 vanuit die Peres-saal plaas.

DAMIAN
JAIDEN Baron (27) van P.A. Hamlet en sy broer, Jo-Neil Baron (22) en Burton Zimri (21).

Pleitooreenkoms nog nie gefinaliseer nie

TWEE mans wat van die moord op ‘n sendeling en Ceres-inwoner aangekla word, se pleitooreenkoms is nog nie gefinaliseer nie. Die saak is verlede Dinsdag in die Worcester streekhof uitgestel tot 2 April. Beide mans bly in aanhouding.

Die twee mans, Banele Moyo (21) en Bongani Banda (21), word verdink en aangekla van die moord op die 59-jarige Herman Nieuwoudt van Ceres. Hulle verskyn op ‘n klagte van moord, diefstal van ‘n voertuig en die besit van ‘n gesteelde voertuig.

Skokgolwe

Dié moord het meer as 18 maande gelede skokgolwe deur die Witzenbergstreek gestuur.

Herman Nieuwoudt het op Vrydag 5 Mei 2023 net na 17:00, sy huis op Ceres verlaat om kruideniersware in die dorp te gaan koop. Die Toyota dubbelkajuit bakkie waarmee hy gery het, is die laaste keer omstreeks 18:00 op veiligheidskameras opgemerk waar dit uit Ceres in die rigting van Michellspas gery het. Saterdag 6 Mei 2023 omstreeks 08:30 het ‘n voetganger, lede van die Worcester SAPD gestop en meegedeel dat hy ‘n man se liggaam langs die pad opgemerk het.

Met nadere ondersoek het die polisie ‘n liggaam ongeveer 1 kilometer van die Wolseley/Worcester kruising by die N1 aangetref waar dit in die bosse langs ‘n rivier gelos is. Dit is later as dié van Nieuwoudt geïdentifiseer.

Nieuwoudt het gesterf weens beserings aan sy gesig asook steekwonde in sy nek en rug. Sy bakkie is later op die Eureka-plaas in die De Wet-omgewing buite Worcester gevind.

SALE IN EXECUTION - IMMOVABLE PROPERTY: CERES

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (WESTERN CAPE DIVISION, CAPE TOWN)CASE NO. 8348/2024

In the matter between: CHANGING TIDES 17 (PROPRIETARY) LIMITED N.O. Plaintiff and GERRIT MULLER First Defendant (ID NO: 750626 5124 082)

DASEREE KALIN MULLER Second Defendant (ID NO: 720406 0219 087)

IN EXECUTION OF A JUDGMENT of the High Court of South Africa (Western Cape Division, Cape Town) in the abovementioned suit, a sale, subject to a reserve price of R1 500 000.00, will be held on TUESDAY, 25 MARCH 2025 at 10:00 at the PREMISES: 4 PINE STREET, CERES

The conditions of sale which will lie for inspection at the offices of the Sheriff for the High Court, MOORREESBURG (a) REMAINDER ERF 1125 CERES, IN THE WITZENBERG MUNICIPALITY, CERES DIVISION, PROVINCE OF THE WESTERN CAPE;

(b) MEASURING 1 139 (ONE THOUSAND ONE HUNDRED AND THIRTY NINE) SQUARE METRES; (c) HELD BY DEED OF TRANSFER T53474/2012; (d) SITUATED AT 4 PINE STREET, CERES. THE PROPERTY IS ZONED: GENERAL RESIDENTIAL (NOTHING GUARANTEED)

The following information is furnished re the improvements though in this respect nothing is guaranteed:A DWELLING C0NSISTING OF BRICK WALLS, ASBESTOS SHEETING ROOF, 1 X ENTRANCE HALL, 1 X LOUNGE, 1 X KITCHEN, 1 X LAUNDRY, 4 X BEDROOMS, 2 X BATHROOMS, 1 X SEPARATE TOILET, A COVERED PATIO, 1 X DINING ROOM, AND 3 X GARAGES.

TERMS:

1.10% (TEN PER CENTUM) of the purchase price in cash on the day of sale, immediately internet bank transfer into the Sheriff’s trust account, or a bank guaranteed cheque on the day of the sale, the balance payable against registration of transfer, to be secured by a Bank or Building Society or other acceptable guarantee to be furnished within twenty one (21) days from the date of sale.

2.Auctioneer’s charges, payable on the day of sale to be calculated as follows: 6% (SIX PER CENTUM) on the proceeds of the sale up to a price of R100 000 (ONE HUNDRED THOUSAND RAND) and thereafter 3,5% (THREE AND A HALF PER CENTUM) on R100 001 to R400 000 and 1.5 per cent on the balance thereof, of the proceeds of the sale, subject to a maximum Commission of R40 000 (FORTY THOUSAND RAND) in total and a minimum of R3 000 (THREE THOUSAND RAND) (inclusive in all instances of the sheriff’s bank charges and other expenses incurred in paying the proceeds into his or her trust account), which commission shall be paid by the Purchaser.

3.The property may be taken possession of after signature of the conditions of sale, payment of the deposit and upon the balance of the purchase price being secured;

4.Should the purchaser receive possession of the property, the purchaser shall be liable for occupational rental at the rate of 1% of the purchase price per month. Pro-rata occupational rental shall be payable by the purchaser on the date of possession and thereafter monthly on or before the 1st of each month until date of registration of transfer.

5.GENERAL NOTICE: Registration as a buyer is a pre-requiste subject to specific conditions inter alia: In accordance with the Consumer Protection Act 68 of 2008

5.1FICA legislation requirements: proof of ID and residential address;

5.2Registration fee payable;

5.3Registration conditions.

DATED AT CAPE TOWN on this 12TH day of FEBRUARY 2025

STRAUSS DALY INC.

Attorneys for Plaintiff

T. STRAUSS 13th Floor, Touchstone House, 7 Breë Street, Cape Town

Tel: (021) 410-2200 l Fax: 086-5100-157 Ref: SOU106/1550

DIE twee verdagtes, Bongani Banda (links) en Banele Moyo, tydens ‘n verskyning in 2023 in die Worcester landdroshof.

FOTO: Edrea du Toit - Rapport

nuusbrokkies

DIE Togryers museum op Ceres het vanaf 1 April, drie EPWP posisies beskikbaar. Die volgende poste word tans geadverteer: audit-en digitaliseringspos, instandhoudingspos en erfenis-en toerismepos. Meer inligting oor elk epos asook sluitingsdatum kan verkry word op die Togryers museum se Facebookblad.

LIGSTRAALTJIES bied op 15 Maart 2025 hul 6de ses-aan-’n-kant kriekettoernooi en familiedag aan. Vir inskrywings stuur ‘n epos na Marlene Slabbert skool@ligstraaltjies .com

WIE kan nou die ou watertand gunsteling - Pannekoek, weerstaan? Die Togryers museum bied ‘n fondsinsameling aan op 28 Maart en verkoop lekker pannekoek. Bestellings kan nou reeds geplaas word by 0766892-885

Geen antwoord waarom dié saak so sloer nie

SEWE jaar nadat ‘n jongman op Ceres vermoor is, is die hofsaak nog nie afgehandel nie.

Die moordverhoor van Llwellyn Beukes (27) sloer nou al 7 jaar. Die verhoor gaan weer op 30 Julie in die Ceres streekhof voortgesit word.

Die transkripsie van hofrekords, ‘n prokureur wat oorlede is en min getuies wat al in die moordverhoor getuig het, is van die redes waarom dié saak so sloer.

Navrae onbeantwoord

‘n Versoek is al voorheen aan die nasionale vervolgingsgesag gerig oor hoekom die saak so lank sloer en dat die slagoffer se familie afsluiting soek en die saak wil afhandel. Die week is ‘n navraag aan die Departement van Justisie se hoof in die Wes-Kaap gestuur.

Geen antwoord is nog ontvang nie.

Moord

Jason (Pakkie) Petersen (28), ‘n oudwerknemer van Ceres Fruit Juices, is op 25 Maart 2018 omstreeks 03:30 met ‘n mes in die bors gesteek. Hy is op die toneel in Cillierstraat in die industriëlegebied op Ceres dood.

Beukes is later deur Ceres speurders gearresteer. Hy het die polisie na ‘n huis geneem waar daar op die bebloede mes beslag gelê is waar dit bo-op ‘n kas weggesteek was.

CERES SAPD het saam met die Ceres gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en departement sosiale ontwikkeling, ‘n gesamentlike geslagsgeweld bewusmakingsveldtog aangebied. Die veldtog is Sondag 9 Maart in Bella Vista (sektor 2) aangebied.

Verdun Estates bied ’n werksgeleentheid vir ’n gemotiveerde werkswinkel assistent om aan te sluit by die maatskappy.

WERKSWINKEL ASSISTENT: P.A. HAMLET

Verantwoordelikhede : • Algemene instandhouding van voertuie en plaastoerusting • Beman mobiele diens-voertuig • Netheid van werkswinkel • Gereedskap kontrole • Allokering van gebruiks artikels.

Vereistes: • 3 Jaar toepaslike ondervinding • Moet met basiese instandhouding kan aangaan sonder toesig • Ondervinding met die gebruik van krag gereedskap (sweis, grind, gasstel) • Ondervinding in die herstel van bande • Vorige ondervinding in gas- en boogsweiswerk sal in u guns tel • Sober gewoontes • Hardwerkend

• Kennis van herstel/diens van boordtrekkers, spuitpompe, algemene plaastoerusting • Moet goed in ‘n span kan werk

• Bereidwilligheid om oortyd te werk wat naweek-dienste insluit • ‘n Geldige Kode 08 bestuurderslisensie

• ‘n Graad 12 kwalifikasie sal in jou guns tel Die maatskappy bied ‘n permanente pos met mark-verwante vergoeding. Geen behuising beskikbaar.

Stuur CV met 3 kontakbare verwysings wat ondervinding kan staaf na: hr@verdun.co.za

Of handig aansoeke in by: Verdun kantoor, Van Riebeeckstraat 1, P.A. Hamlet

Navrae: Mareé Lambrechts (023) 313-3051

Sluitingsdatum vir aansoeke: Vrydag, 14 Maart 2025 Indien u aan die keuringsvereistes voldoen, sal ons jou binne twee weke na die plasing van hierdie advertensie kontak.

Saak uitgestel

BYNA drie jaar nadat ‘n Zimbabwiër ‘n Wolseley sakeman met ‘n mes aangeval en ‘n maand later ook ‘n meisie (8) op Malmesbury ontvoer en verkrag het, sloer die hofsaak voort.

Die verhoor van Lovemore Doriyo (22) het in Augustus 2024 skaars begin met die getuienis van die eerste getuie, Reint Grobler, toe word die saak uitgestel.

Die afgelope ses maande is die saak ‘n paar keer uitgestel sonder enige vordering. Dinsdag 11 Maart is die saak tot 10 April uitgestel, die keer oor die tolk nie opgedaag het nie.

Doriyo het Grobler in April 2022 voor sy besigheid na bewering met ‘n Okapi-mes aangeval. Grobler, mede-eienaar van Winterberg Mountain Inn tussen Ceres en Wolseley, is uiteindelik twaalf keer met ‘n mes gesteek en moes altesaam 13 dae in die Worcester Mediclinic deurbring.

Doriyo, wat byna drie jaar in aanhouding is, is die seun van ‘n destydse werknemer van die Groblers en het gratis saam met sy ma op die gastehuis se perseel gewoon.

Doriyo staan tereg op klagtes van poging tot moord op Wolseley asook poging tot moord van ‘n 8-jarige meisie van Malmesbury en haar verkragting en ontvoering. Die voorvalle het op 10 April en 10 Mei 2022 plaasgevind.

Agtergrond

Die Wolseley polisie het na die April-voorval by Winterberg Mountain Inn en Oestafel Bistro, vir meer as ‘n maand na Doriyo gesoek voordat hulle hom middel Mei 2022 in ‘n ernstige beseerde toestand in die Tygerberg hospitaal opgespoor het.

Doriyo is op 10 Mei 2022 deur ‘n groep van nagenoeg 100 omgekrapte inwoners van die Ilingelethu woonbuurt buite Malmesbury, aangerand en bewusteloos geslaan. Dit was blykbaar ‘n vergeldingsaanval nadat Doriyo na bewering ‘n 8-jarige meisie verkrag, probeer verwurg het en haar as gyselaar in ‘n hut aangehou het. Hy is later in die hospitaal gearresteer.

classifieds

Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

: 09:00 Peres Saal, Bella Vista Graf: Bella Vista

Select LAUNDRY

Whatsapp of skakel 082-821-3610

Kantoorspasie TE HUUR

1987/12/21 - 2025/03/05

ROUDIENSROUDIENS

Arthur J. De Bruin

1952/11/28 - 2024/03/14 1997/12/18 - 2025/03/01 ROUDIENS: Do. 13 Mrt

Today, we remember you not just as a father and husband, but as the heart of our family. Your love, guidance, and laughter still echo in our lives. We miss you deeply, but find comfort in the beautiful memories we shared. You’ll always be in our hearts.

From your loving wife, daugthers, son and grandchildren

Bondels koerante @ R40 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.

082-859-2300 CENTRAL CERES

Joubertstr. 16, Ceres Ma - Vry: 08:00 - 17:00 Vakansiedae: Gesluit Ons tel op en lewer af op spesiale versoek* *Terme en voorwaardes geld

Service Center & Panelbeating • Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

Skoonvlei Industrial

Street, Ceres Mechanical workshop

Engine overhaul

General Services

Suspension • Brakes • and more André du PAndré du P du Preezreez reezreez reez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com

te Van Eedengebou, Voortrekkerstraat, Ceres (Ou Witzenberg Herald perseel) Onmiddellik beskikbaarbeskikbaar beskikbaar Vir navrae skakel Johanni by 082-738-5671

AND ART FRAMING

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS

SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN

GROOT SPASIE MET BAIE PARKERING TE HUUR VIR: KANTOOR-, WINKEL- OF RESTAURANT

Geleë te Voortrekkerstraat, Ceres (langs Ceres Brouery, oorkant De Jagers) Vir navrae skakel Johanni by 082-738-5671

083-227-6476

Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o.

Belmont Park, Ceres. 2 Slaap-,1 badkamerhuis asook dubbelmotorhuis te koop. R2.6 miljoen. Skakel Jaco Moller by 083357-5278 c/s DM16652 14/03

Koerant-bondels te koop vir die maak van papier mâché, geskenkpapier, trek, vensters was of jou babahondjies

R40 PER BONDEL

 (023) 316-2021

Voortrekkerstraat 17D, Ceres

VryMa

VryMaVry Vry: 09:00 - 16:00

09:00 - 12:30 Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke!

ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: • Hangers • Mansskoene • Mansklere • Skoolklere en skoolskoene

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

Damian Gerald Beukes

GRAAD 11 landboubestuurspraktyk-leerders van Charlie Hofmeyr het onlangs die geleentheid gekry om by Theuniskraal Wines buite Tulbagh, meer te leer om druiwe te oes en te pars.

JAUN Visser, ‘n leerder van Charlie Hofmeyr speel tans krieket in die Maties Super League. Hy het verlede Sondag, vier T10wedstryde gespeel en is in die laaste wedstryd as man van die wedstryd gekroon toe hy 32 lopies n.u.n. van 15 balle aangeteken het.

‘n ATLEET van Laerskool F.D. Conradie, Daniël Conradie, het ‘n eerste plek behaal tydens die Wes-Kaap atletiekbyeenkoms.

Hy het deelgeneem in hoogspring, seuns o/10 en het ‘n wenhoogte van 1,34 meter gespring. Daniël neem vanaf 19-22 Maart deel aan die S.A. atletiekkampioenskappe wat in Germiston sal plaasvind.

WE ARE HIRING

KGR TRUST

SECURITY CONTROL ROOM OPERATOR

We are recruiting security control room operators for the KGR Control Room in Prince Alfred Hamlet to monitor and manage security systems.

RESPONSIBILITIES: • Monitor security systems: watch CCTV cameras and other systems for unusual activity • Respond to alarms: assess situations and take action, such as dispatching security service providers or calling the police

• Communicate: Relay information to security, law enforcement and emergency services • Record incidents: Document the time, location and nature of any security breaches

• Solve problems: Respond to security incidents quickly and effectively.

SKILLS & REQUIREMENTS: • Grade 12 • Registered with PSIRA (Grade C)

• Own transport to and from the workplace • First Aid Level 1 will be to your advantage • Be alert and observant

• Be able to concentrate for long periods (12 hour shifts)

LAASTEDRIF NGK primêr is ongelooflik trots op Ajanda Nel, wat weer in die Wes-Kaap laerskole atletiekspan opgeneem is. Hy gaan op 20 Maart in Germiston, Gauteng deelneem aan die seuns o/13 verspring en die streek op nasionale vlak verteenwoordig by die SuidAfrikaanse atletiekkampioenskappe. * Die Warmbokkeveld skoolgemeenskap is baie trots op Ajanda se merkwaardige prestasie en wens hom alle sterkte toe vir sy deelname.

‘n LEERDER en atleet van Morrisdale primêr, Aylif Krotz, het Saterdag aan die Wes-Kaap atletiekbyeenkoms vir laerskole in die Paarl deelgeneem. Aylif het ‘n brons medalje in die seuns o/12 verspring verwerf. Hy is in die Wes-Kaap atletiekspan opgeneem wat van 2022 Maart aan die S.A. kampioenskappe in Germiston gaan deelneem. * Indien die gemeenskap kan help met ‘n borgskap of donasie om die twee atlete te help, kan hulle vir mnr. Domberg skakel by 062-0528-048.

VYF leerders van Laerskool F.D. Conradie het deurgedring na die volgende rondte hokkieproewe. Die proewe vind op 16 Maart in die Paarl plaas. VLNR: Edrich Dafel, Herschell Shiba, Geo-Wayne Ambraal, Ferran Snyders en Edinn Pretorius.

• Be discreet and willing to sign a NDA • Remain calm under pressure

• React quickly • Be computer literate

• Have strong problem-solving skills • Have effective communications skills (English & Afrikaans).

PLEASE SEND APPLICATIONS WITH CV AND 3 CONTACTABLE REFERENCES TO: hr@verdun.co.za

OR HAND DELIVER BY 20/03/2025 TO: Verdun Estates, 1 Van Riebeeck Street, Prince Alfred Hamlet FOR ENQUIRIES, PLEASE PHONE: 082-960-7015

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Witzenberg Herald

Sport

Rugbyseisoen skop af

DIE eerste klubwedstryde in die Witsentraalliga het Saterdag 8 Maart begin. Ses plaaslike spanne was die naweek in aksie

Bella Vista rugbyklub het Saterdag vir Wolseley met 29-19 geklop. Die telling is nie ‘n ware weergawe van die wedstryd - Wolseley het vir ‘n groot deel van die wedstryd, botoon gevoer. Selfs die gevreesde Bella Vista agttal moes tweede viool speel in die skrums.

Woela soos die besoekers bekend staan, het rustyd welverdiend met 8-6 voorgeloop.

Die losskakel Corné du Plessis, die nuwe aanwins vanaf Ceres rugbyklub, is ‘n speler om vanjaar dop te hou. Hy het Saterdag grootliks bygedra tot sy span se oorwinning. Hy het briljant gespeel en 14 punte met sy skopvoet aangeteken.

Marvin Fredericks, nog ‘n aanwins uit Wolseley, het in die doodsnikke soos ‘n warm mes deur botter gesny om die wendrie aan te teken.

Vir Bella Vista het Ruan Manuel, Jayten-Lee Martin en Marvin Fredericks, elk drieë gedruk.

Bella Vista reis die naweek na hul bure, Delicious vir hul derbystryd.

Uitslae Ceres klop Temperance van Gouda met 66-35 en Hamlet klop Delicious oortuigend met 40-22.

DIE eerste klubwedstryde in die Witsentraalliga het Saterdag 8 Maart begin. Ses plaaslike spanne was die naweek in aksie. * Bella Vista klop Wolseley met 29-19. FOTO: Trevor Felix

DIE 47ste Cape Town Cycle Tour is Sondag 9 Maart aangebied. ‘n Groot aantal fietsryers vanuit die Witzenbergstreek was deel van die nagenoeg 28 000 fietsryers vanoor die wêreld wat aan die gewilde fietstoer deelgeneem het. Chloë Bishop van Ceres was die wenner van die vroueafdeling oor 109km in ‘n tyd van 2:47:57. Dit is ‘n besonderse prestasie aangesien Chloë skaars ‘n jaar aan fietsry deelneem. Chloë en Carina Mohr van Duitsland (links) is deel van die Versus Scott vrouespan wat vanaf Sondag 16 Maart aan die ABSA Cape Epic deelneem. * Tyler Lange het die mansafdeling in 2:25:48 gewen. Die elite vrouewenner, Pia Grünewald het die 78km wedren in ‘n tyd van 2:05:18 gewen.

PIERRE de Jager van Ceres en lid van die 61 Meg-veteranevereniging het Sondag saam met sewe vriende deelgeneem aan die Cape Town Cycle Tour ten bate van ‘n geldinsamelingsveldtog vir mense met gestremdhede en die 61 Meg-veteranevereniging. Met hul deelname aan dié wedren wou hulle ook blootstelling gee aan persone met gestremdhede wat regtig afhanklik is van fondsinsamelings om hul lewe ‘n bietjie beter te maak. De Jager het die hele 109 km ‘n spesiaal geboude waentjie agter sy fiets getrek terwyl die ander spanlede beurte gemaak het om die waentjie te stoot. Hulle het die wedren in 5 uur en 40 minute voltooi, byna 2 ure vinniger as in 2024 toe hulle vir die eerste keer deelgeneem het en vir Anton Franken, ‘n oudsoldaat wat ook sy bene verloor het, saamgery het. * Anton van Rooyen (62) van eMalahleni (voorheen Witbank), het beide sy bene verloor na ‘n mortieraanval in 1982 naby Outjo in Namibië en het aan sy eerste fietstoer deelgeneem. * Teen Dinsdag 11 Maart is daar reeds R91 953 ingesamel en naby aan die R100 000 doelwit. Mense wat nog skenkings wil maak het nog tyd tot einde Maart. Verwysing: CTCT en jou naam - 61 Mech Battallion Group, Veterans Association, Standard Bank, 006305, rekening no: 003293661.

Tulbagh Lions
BEVAN Jooste, ‘n leerder van Mooi Uitsig primêr, is ingesluit in die Witzenberg o/13 krieketspan. Witzenberg speel op Saterdag 8 Maart teen die Langebergstreek en op 15 Maart teen die Breedevalleistreek.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Witzenberg Herald Vol.28 no.9 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu