Witzenberg Herald Vol.28 no.8 (Online Weergawe)

Page 1


Witzenberg

Vrou (25) daag nie by landdroshof op nie

‘n LASBRIEF is uitgereik nadat ‘n 25-jarige vrou wat van moord aangekla word, nie by die hof vir haar verhoor opgedaag het nie. Die lasbrief word oorgehou tot die volgende verskyningsdatum op 12 Maart. Ashleigh Fortuin word aangekla dat sy haar vriend, Shane Scholtz (22), in Junie 2024 op Ceres vermoor het.

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003

Scholtz van die Rooikamp-woonbuurt op Ceres, is dood nadat hy na bewering deur Fortuin met ‘n mes in die nek gesteek is. Die voorval het Saterdag 1 Junie 2024 omstreeks 23:55 plaasgevind tydens ‘n beweerde stryery tussen Scholtz en Fortuin. Na die voorval, is Scholtz na Ceres hospitaal gehaas waar hy ure later oorlede is.

te Van Eedengebou, Voortrekkerstraat, Ceres (Ou Witzenberg Herald perseel) ONMIDDELLIK BESKIKBAAR Vir navrae skakel Johanni by 082-738-5671

GROOT SPASIE MET BAIE PARKERING TE HUUR VIR: KANTOOR-, WINKELOF RESTAURANT Geleë te Voortrekkerstraat, Ceres (langs Ceres Brouery, oorkant De Jagers) Vir navrae skakel Johanni by 082-738-5671

Nuwe ontwikkelings kom op Ceres

DRIE winkelsentrum-ontwikkelaars was die afgelope jaar of twee in onderhandelings met die Witzenberg munisipaliteit gewikkel om nuwe inkopiesentrums op te rig of te omskep in ‘n nuwe winkelsentrum.

Ceres Junction sentrum Bemcorp (Red Caviar Holdings) het onlangs die perseel gekoop waar Ceres Mica, Jet, Wellsave en Bella Vista taxistaanplek gehuisves is. Werksaamhede het einde Januarie 2025 afgeskop en byna alles is reeds gesloop. Blykbaar gaan die Ceres Junction sentrum teen November weer oopmaak. Dit is nie bekend watter nuwe winkels daar gaan open nie en watter van die bestaande winkels gaan terugkeer nie.

Ceres Mall New Africa Developments, die ontwikkelaar van die beoogde Ceres Mall, het einde verlede jaar gesê hulle wil eers alle onderhandelings, vereistes en gesprekke met rolspelers, die plaaslike munisipale owerheid en moontlike huurders afhandel en finaliseer voordat daar meer inligting oor die beplande projek verskaf sal word.

Die beoogde winkelsentrum met nagenoeg 50-60 winkels, kom op die stuk grond by die Eselfontein-afdraai.

Ceres leefstylsentrum

Die beplande Ceres leefstylsentrum (nagenoeg 13 winkels), is ‘n kleiner ontwikkeling op die jukskei-erf agter die Ceres rolbalklub.

Daniël Nunes, ‘n plaaslike sakeman en gebou-eienaar, het einde Oktober 2024 gesê hy glo dat die beplande leefstyl-winkelsentrum ‘n positiewe impak vir die dorp inhou, desondanks die besware wat teen die projek ingedien was. ‘n Hersoneringsaansoek van Nunesprop en besware teen die ontwikkeling, het op 27 Februarie voor die Witzenberg beplanningstribunaal gedien.

Die aansoek is voorlopig goedgekeur met ‘n lang lys voorwaardes wat insluit dat ‘n gewysigde ontwikkelingsplan ingedien en goedgekeur moet word wat voorsiening maak vir 4 parkeerplekke per 100 vierkante meter op die perseel (232 parkeerplekke i.p.v. die oorspronklike 120), dat ‘n 3 meter boulyn aan Voortrekkerstraat se kant gehandhaaf word, dat toegang slegs vanaf Phillipstraat toegelaat word met geen direkte toegang van Voortrekkerstraat, dat die ontwikkelaar verantwoordelik is vir al die opgradering aan die munisipale infrastruktuur en siviele ingenieursdienste, dat die bome aangrensend aan Voortrekker- en Phillipstraat, nie verwyder mag word nie en dat die erf nie gebruik mag word vir ‘n vulstasie nie.

Die Wes-Kaap departement van infrastruktuur meld in hul skrywe dat hul geen beswaar het teen die aansoek op voorwaarde dat die brug oor die waterstroom in Phillipstraat, wyer gemaak moet word om tweerigting verkeer te akkomodeer asook ‘n sypaadjie vir voetgangers. Nunes het Dinsdag gesê hulle is bly om die groenlig vir die projek te kon kry en dat hulle nou kan voortgaan met hul beplanning. Hulle sal ook die voorwaardes nakom. Hy is dankbaar vir die geleentheid en wil net die beste vir die dorp hê.

WERKSAAMHEDE het einde Januarie 2025 by Ceres Junction afgeskop en byna alles is reeds gesloop. Blykbaar gaan die sentrum teen November 2025 weer oopmaak. Dit is nie bekend watter nuwe winkels daar gaan open nie en watter van die bestaande winkels gaan terugkeer nie. Onder links is 'n voorstelling van Ceres Mall en regs onder is die Jukskei-erf agter die rolbalbaan.

DIE Togryers museum wil hul dank teenoor die Witzenberg gemeenskap uitspreek vir al die skenkings wat hulle ontvang het vir hul Preemie-projek. Die museum het besluit om ‘n insamelingsgeleentheid in Februariemaand te hou en die gemeenskap se liefde vir dié klein mensies te toon. Vrydag 28 Februarie is al die donasies oorhandig aan die Ceres hos-pitaal se kraamafdeling. Bertdene Laubscher noem dat projekte soos dié slegs suksesvol kan wees as die gemeenskap hul hand vat. VLNR: Nazlin Booysen, Lugaille Peterse, Anneline Dunn, Bertdene Laubscher (bestuurder Togryers museum), Petrolene Pietersen en Rudowaan du Toit (Togryers museum).

DIE jaarlikse Relay for Life insamelingsveldtog het die naweek op Ceres plaasgevind. Die gebeurtenis - wat aan elkeen in die gemeenskap die geleentheid bied om deel te neem aan die stryd teen kanker - is weer goed ondersteun deur die gemeenskap. Fuel the Fight, was vanjaar se tema. Die Relay for Life het afgeskop met ‘n oor-winnaars ere-rondte voordat elke span die geleentheid gekry het om rondom die baan te stap. Later die aand, is die luminariasakkies aangesteek en almal het stil geword vir die persone wat hul kanker-stryd verloor het.

FOTOS: Facebook

Donate blood

FARM MANAGER (TOUWSRIVIER)

Laastedrif Agri (Pty) Ltd., is an established, commercial agricultural enterprise, specialising in the cultivation of fresh fruit and vegetables. Laastedrif Agri serves a range of local supermarkets as well as international markets.

Laastedrif Agri has the abovementioned position available at the production unit situated near Touwsrivier. The ideal candidate is a strong leader with exceptional planning, time management, and problem-solving skills, paired with the ability to maintain good relations.

The suitable candidate will be responsible for the following pertaining to vegetable production, as well as future fruit orchard development: • Independent business unit and productivity management • Recordkeeping and reporting • Management of best farming practices • All other tasks related to the position.

Essential qualifications, skills, and experience :

•Relevant qualification in Agriculture;

•At least 5 years’ practical experience in the cultivation of vegetables;

•Proven knowledge & experience with cost management;

•Strong computer skills (MS Office, specifically Excel);

•Good labour relations knowledge;

•Willingness to work after hours as per industry requirements.

Applications will be considered in terms of the Employer’s Employment Policy and Employment Equity objectives.

Please apply online at www.m3online.co.za before 09:00 on 18 March 2025.

Please note that only shortlisted candidates are contacted. If you don’t hear from us within two weeks of the closing date, please assume that your application was unsuccessful.

For general enquiries, contact our team at M3 Human Capital Management on (021) 863-1444

PRODUCTION MANAGER: FRUIT (CERES)

Laastedrif Agri (Pty) Ltd., is an established, commercial agricultural enterprise, specialising in the cultivation of fresh fruit and vegetables. Laastedrif is based in Ceres and serves a range of local supermarkets as well as international markets.

Laastedrif has the abovementioned position available for a Production Manager with strong planning, time management, and problem-solving skills, paired with the ability to maintain good relations.

The suitable candidate will report to the Farm Manager and will be responsible for:

• Business unit and productivity management • Recordkeeping and reporting

• Management of best farming practices • All other tasks related to the position.

Essential qualifications, skills, and experience :

•Relevant qualification in Agriculture;

•Approximately 2 - 5 years’ practical experience in the cultivation of apples and pears;

•Proven knowledge & experience with cost management;

•Strong computer skills (MS Office, specifically Excel);

•Good labour relations knowledge;

•Willingness to work after hours as per industry requirements.

Applications will be considered in terms of the Employer’s Employment Policy and Employment Equity objectives.

Please apply online at www.m3online.co.za before 09:00 on 18 March 2025.

Please note that only shortlisted candidates are contacted.

If you don’t hear from us within two weeks of the closing date, please assume that your application was unsuccessful.

For general enquiries, contact our team at M3 Human Capital Management on (021) 863-1444

WOLSELEY Omgeemense het Saterdag 1 Maart, 120 kwart-hoenders vir Badisa se fondsinsamelingsprojek gebraai. Daar is ook vir elke inwoner van Huis Mostertshoek, ’n stukkie wors gebraai.

DIE munisipale kragverspreiding-minisubstasie op die hoek van Da Gama- en Frieslandstraat in Bella Vista word gereeld gevandaliseer. Rdl. Jacob Rooi het reeds ‘n paar weke gelede dit onder die munisipaliteit se aandag gebring sodat ‘n heining opgerig kan word sodat onskuldige inwoners nie beseer word en vandale uitgehou kan word. * Inwoners word ook versoek om gevalle waar raadseiendom gevandaliseer word, dit spoedig aan te meld sodat vandale op heterdaad betrap kan word.

Verhoor begin nou eers Augustusmaand

DIE verhoor van die drie mans wat verdink word van die moord twee jaar gelede op ‘n bejaarde vrou in die Ceres-Karoo, gaan eers in Augustusmaand begin.

Die drie mans, Willem Olivier (50), Kelvin Vlok (23) en Curswin Jiemies (19) moes Dinsdag 25 Februarie in die Ceres streekhof verskyn het. Die verhoor is tot 21 en 22 Augustus uitgestel.

Agtergrond

Die drie mans, een ‘n oudplaaswerker op die plaas Papekuil, is in 2023 na ‘n uitgebreide

Help polisie om jong vrou wat gesterf het, uit te ken

DIE polisie vra die gemeenskap se hulp om ‘n vrou wat gesterf het, uit te ken en haar familie op te spoor. ‘n Vrou tussen die ouderdom van 27 en 28 jaar, is Saterdag 1 Maart omstreeks 24:00 dood langs die R533 naby Remhoogteplaas in die Koue Bokkeveld gekry. Die vermoede is dat ‘n voertuig haar moontlik getref en weggery het.

Sy was geklee in ‘n wit T-hemp met ‘n driekwart blou deninbroek met geen skoene aan nie. Niemand is as vermis aangemeld nie en niemand het nog by die polisiestasie oor haar kom navraag doen nie.

Indien iemand oor meer inligting beskik, kan hulle a.o. Brian Uys by die P.A. Hamlet speurders skakel by (023) 313-3133

Oorvol hofrolle

Kapers se saak

weer

uitgestel

TWEE motorkapers wat meer as twee jaar gelede vasgetrek is nadat hulle toeriste buite Ceres aangeval, beroof en daarna met hul voertuig gevlug het, se saak is weer uitgestel.

Die Ceres landdroshof sowel as die streekhof het hopeloos te veel sake en hofrolle is te vol. Sake word noual tot Augustusmaand uitgestel. Dié saak asook die Walters-moordsaak is vir dieselfde dag in die streekhof uitgestel.

Agtergrond

Drie vroue van Lephalale (voorheen Ellisras) was Maandag 2 Januarie 2023 onderweg na Velddrif vir vakansie.

Marie Seegers het saam met Elmien le Roux en Hannie Fourie, die vorige aand op Beaufort-Wes oornag en het dié Maandagoggend omstreeks 09:15 deur Ceres gery. Marie het ‘n silwerkleurige Mercedes Benz bestuur en besluit om by ‘n uitkykpunt in Michellspas te stop om fotos te neem.

Nadat Marie Seegers nie die sleutels wou gee nie, het daar ‘n worsteling ontstaan.

Sy het die sleutels ‘n ent gegooi voordat die een verdagte haar gelos en in die motor geklim het. Sy is drie keer in die been en een keer in haar hand gesteek.

Een van die vroue het toe die polisie probeer bel waarna die tweede verdagte haar selfoon gegryp en dit in die motor gegooi het voordat hy ingespring en die mans weggejaag het. Vasgetrek

Die polisie is van die voorval in kennis gestel en hulle het die voertuig se besonderhede met ander polisiestasies en provinsiale verkeersdienste gedeel.

Die een kaper, Mihle Mboma (38), is deur die polisie en verkeersdienste voorgekeer waar die R46 vanaf Ceres aansluit by die N1 buite Worcester.

soektog deur speurders van Ceres vasgetrek na die moord op Christina Johanna Walters (74).

Walters is op Vrydag 3 Maart 2023 tussen 18:00 en 24:00 vermoor. Haar liggaam is ongeveer 30 meter van die plaashuis, met ‘n skietwond in die kop aangetref. Haar arms en hande was met ‘n belt en draad voor om haar lyf vasgemaak. ‘n Bebloede baksteen, waarmee sy vermoedelik geslaan en aangerand is, is ook op die toneel gekry. ‘n Ou haelgeweer het langs haar liggaam gelê.

Olivier is Saterdag 4 Maart ongeveer 3 kilometer verder op die buurplaas Klein Papekuil, waar hy saam met sy vrou woon, gearresteer.

Twee familielede, Vlok en Jiemies, wat by Olivier op die plaas gekuier het ten tye van die moord, is Sondag 5 Maart by hul ouma op die plaas Nwardouw naby die Tankwa padstal gearresteer. Hulle het hulself aan die polisie oorgegee. Die plaas is meer as 40 km van die moordtoneel.

Die mans het na die moord met onder andere ‘n .38 rewolwer en 9mm pistool en ‘n .303-jaggeweer gevlug. Hulle het ook kruideniersware en drank gesteel.

Die wapens is later deur speurders op twee plekke in die Karoo gevind.

Kort nadat hulle gestop en uitgeklim het, het twee mans (die verdagtes) - waarvan een gewapen was met ‘n Okapi mes - die vroue genader en hulle gevra om die voertuigsleutels vir hulle te gee.

Inligting oor die tweede verdagte is opgevolg en Siyathanda Matyeni (31) is in ‘n taxi opgespoor buite Tulbagh wat op pad was na Bellville. Hy is blykbaar vroeër iewers afgelaai en het na Nduli teruggekeer voordat hy in die taxi na Bellville geklim het.

Die saak is na 21 Augustus uitgestel. Beide verdagtes bly in aanhouding.

SONDAG 2 Maart is ‘n groot mylpaal bereik met die 25ste bergpredikasie wat op Matroosberg aangebied is. Die spesiale geleentheid is deur ongeveer 90 mense bygewoon. Joubert van der Merwe het die diens gelei, Ceres Omgeemense het die reëlings getref, Patmos Bediening het die koordansers saamgebring en Johan (Aircon Doctor) Viljoen, het die klank geborg.

STEINTHAL Vaardigheidskool het verlede Donderdag 27 Februarie uitstekend gevaar tydens die afgelope Boland atletiekkampioenskappe. Agtien atlete het die Boland LSEN atletiekspan gehaal wat oor twee weke in die Groenpunt stadion in Kaapstad gaan deelneem. Hier is die medalje-wenners afgeneem. VOOR: Surisnie Wilschut (o/19 - hoogspring, verspring, 100m, 200m en 400m), Rene Tius (o/17 - 400m), Juneacka Hanse (o/17-1500m en 800m), Tanaka Chaitwa (o/19 - 800m), Marchay v.d. Merwe (o/15 - 100m). MIDDEL: Geraldo Ontong (o/15- 100m en 200m), RouLee Khayi (o/15 - gewigstoot), Kaylin Mankapan (o/15 - verspring, 200m en 400m), Samatha Willemse (o/15 - spiesgooi), Cidwill Thomas (o/15 - verspring) en Bradley Josef (o/15 - spiesgooi). AGTER: Christon Klein (o/19 - 800m en 1500m), Giwaan Isaacs (o/17 - verspring, 100m, 200m en 400m), Tyron Jaarts (o/17spiesgooi) en Elliah Floris (o/17 - 3000m). AFWESIG: Frantino September (o/17 - skyfwerp), Brandon-Lee Jonas (o/17 - 3000m) en Wilmien Kouter (o/17 - 400m, 800m, 1500m).

ERRATUM

PUBLIC NOTICE - PRELIMINARY PLANNING FOR THE TULBAGH PUBLIC TRANSPORT FACILITY

The Witzenberg Local Municipality is in the preliminary planning phase for a public transport facility for Tulbagh which will serve as a formalised minibus taxi rank. Interested parties are herewith invited to a public participation meeting to provide any input regarding the proposed location of the public transport facility.

The meeting will be held on Thursday, 13 March 2025, 10:00, at the Tulbagh Community Hall, Van der Stel Street, Tulbagh, GPS coordinates - 33.279097, 19.140326.

Town Hall

Any enquiries can be directed to the Senior Manager: Streets and Storm water at the Municipal Offices, 53 Lyell Street, Ceres, or at telephone (023) 316-8540, or via e-mail at elton@witzenberg.gov.za

OPENBARE KENNISGEWING - VOORLOPIGE BEPLANNING VIR DIE TULBAGH PUBLIEKE VERVOERFASILITEIT

Die Witzenberg Plaaslike Munisipaliteit is besig met die voorlopige beplanning vir ‘n publieke vervoerfasiliteit vir Tulbagh, wat sal dien as ‘n geformaliseerde minibus taxi staanplek. Belangstellendes word hiermee uitgenooi na ‘n publieke vergadering om enige insette te lewer met betrekking tot die voorgestelde posisie vir die publieke vervoer fasiliteit.

Die vergadering sal plaasvind op Donderdag, 13 Maart 2025, 10:00, by die Tulbagh Gemeenskapsaal, Van der Stel straat, Tulbagh, GPS coordinates -33.279097, 19.140326.

CHARLIE Hofmeyr atlete het op 24 en 25 Februarie in Stellenbosch aan die jaarlikse interskole-atletiek deelgeneem. Charlies stuur 152 atlete en eindig algeheel derde met twee atlete, Orli du Toit en Keenan Nathan, wat onderskeidelik as junior victrix ludorum en senior victor ludorum, aangewys is. * Charlie Hofmeyr atlete het ook op 28 Februarie en 1 Maart aan die Boland atletiekkampioenskappe in die Paarl deelgeneem. Keenan Nathan het ‘n brons medalje in die 400 meter hekkies vir seuns o/17 verower. Die Wes-Kaap atletiekkampioenskappe vind van 14-15 Maart in Kaapstad plaas.

CHARLIE Hofmeyr se tennisspanne het op 28 Februarie hul interskole wedstryde teen Robertson gespeel. Die eerste meisiespan (foto) wen 4-2 met die seuns eerstespan wat 3-3 gelykop speel.

HAMLET ROAD • P.O. BOX 539, CERES, 6835

Frupak is ‘n gelyke geleentheid onderneming, wat in Ceres geleë is. Die maatskappy verpak en bemark sagte- en steenvrugte van ‘n aantal produsente uit die Wes-Kaap.

VERKOELINGSTEGNIKUS

Enige navrae kan gerig word aan die Senior Bestuurder: Strate en Stormwater by die Munisipale Kantore, Lyellstraat 53, Ceres, of per telefoon by (023) 316-8540, of per e-pos aan elton@witzenberg.gov.za

ISAZISO SOLUNTU - UCWANGCISO LOKUQALA LWEZITHUTHA ZIKAWONKE-WONKE E-TULBAGH

UMasipala weNgingqi wase-Witzenberg usesigabeni sokuqala socwangciso lwesibonelelo sezothutho loluntu eTulbagh, esiya kusebenza njengendawo esemthethweni yeteksi ezincinci. Amaqela anomdla ayamenywa kwintlanganiso yoluntu ukuze anike izimvo malunga nendawo ecetywayo yesibonelelo sezothutho loluntu. Intlanganiso iza kubanjwa ngoLwesine, 13 KweyoKwindla 2025, 10:00, eTulbagh Community Hall, Van de Stel Street, Tulbagh, iiGPS coordinates -33.279097, 19.140326.

Stadsaal Town Hall

Yonke imibuzo ingabhekiswa kuMphathi oMkhulu: Streets and Stormwater kwiiOfisi way zikaMasipala, 53 Lyell Sitalato, Ceres, Umnxeba (023) 316-8540 okanye nge-imeyile elandelayo elton@witzenberg.gov.za

D. NASSON

MUNICIPAL MANAGER

MUNISIPALE BESTUURDER

UMLAWULI-MASIPALA

Die suksesvolle kandidaat sal aan die Operasionele Bestuurder rappor teer en verantwoordelik wees vir: · Instandhouding (meganies en elektries) van verkoelingstoerusting, in lyn met protokolle en wetlike vereistes · Daaglikse monitering van temperature op gewone-, DCA en beheerde-atmosfeer koelkamers · Deurlopende inspeksies (foutopsporing) en instandhouding van veiligheidstelsels · Volledige diensrekordhouding op alle verkoelingstoerusting.

Die ideale kandidaat beskik oor: · Minstens 3 jaar ondervinding as Verkoelingstegnikus, wat ervaring in ammoniak insluit · Bogemiddelde kommunikasie- en organiseringsvaardighede · Die vermoë om op eie inisiatief te funksioneer · Hierbenewens sal ‘n kwalifikasie en/of goeie ervaring in elektrisiteit en kennis van die vrugtebedryf die aansoek versterk.

Die Verkoelingstegnikus sal die eerste twee jaar daagliks saam met die persoon wat in beheer is van die koelkamers werk en so die nodige kennis en ervaring opdoen.

Frupak bied ‘n mededingende vergoedingspakket aan, met verpligte deelname aan die maatskappy se mediese en aftreefondse.

Stuur asseblief u skriftelike aansoek, tesame met ‘n volledige CV en ten minste 3 ver wysings, per e-pos aan: info@frupak.co.za.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 20 Maart 2025

GEEN TELEFONIESE NAVRAE SAL HANTEER WORD NIE.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.

Indien u nie binne vier weke na die sluitingsdatum gekontak word nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

Februarie is die immer gewilde Lions fondsinsamelings gholfdag op Ceres gholfbaan aangebied. Daar het vanjaar 22 spanne deelgeneem.

Landbou Onderdele (Edms) Bpk t/a Ceres Landbou Midas

Rossouw van Zyl en Johan du Toit was die wenners met 50 punte.

Willa Verster en Pieter du Plessis (afwesig), was in die 3de plek met 49 punte. Hier ontvang Willa Verster sy prys van Herman Laubscher. * Nick Demsey was die naaste aan die pen op no. 3 en Dewald Brand was naaste aan die vlaggie op no.16. R. Visser was naaste aan die pen op no. 5.

Die span van W. Boshoff en WJ van Wyk was tweede, ook met 50 punte. By hulle staan Herman Laubscher.

Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

GROOT SPASIE MET BAIE PARKERING TE HUUR VIR: KANTOOR-, WINKEL- OF RESTAURANT

Geleë te Voortrekkerstraat, Ceres (langs Ceres Brouery, oorkant De Jagers) Vir navrae skakel Johanni by 082-738-5671

Bondels koerante @ R40 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.

Boland Roll on Lawn

aflewering en pak

“ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300

Kantoorspasie TE HUUR te Van Eedengebou, Voortrekkerstraat, Ceres (Ou Witzenberg Herald perseel) Onmiddellik beskikbaar Vir navrae skakel Johanni by 082-738-5671

Die Here sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou uit vlug.Deut. 28:7

16:00

Ons

ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: • Hangers • Mansskoene • Mansklere • Skoolklere en skoolskoene

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

Koerant-bondels te koop

vir die maak van papier mâché, geskenkpapier, trek, vensters was of jou babahondjies

R30 PER BONDEL

R40 per bondel vanaf 1 Maart 2025

(023) 316-2021

Voortrekkerstraat 17D, Ceres

Western Cape Blood Service launches new charity initiative to support local communities

THE Western Cape Blood Service (WCBS) is excited to announce the launch of its first-ever charity initiative, The Extra Drop. This initiative not only encourages blood donation but also empowers donors to make a difference by helping charities from our communities in the Western Cape. The Extra Drop initiative is a unique opportunity for blood donors to contribute beyond the act of saving lives by supporting local, deserving charities in the Western Cape.

Every time you donate blood you receive a small token of appreciation from WCBS. You can now either choose to keep your token of appreciation or pay it forward, whereby WCBS will donate R15 to a selected cause.

How It Works

Donate Blood: Visit any of our WCBS centres to donate blood and receive a token of appreciation as a thank you for your life-saving blood donation.

BEVAN Jooste, ‘n leerder van Mooi Uitsig primêr, is ingesluit in die Witzenberg o/13 krieketspan. Witzenberg speel op Saterdag 8 Maart teen die Langebergstreek en op 15 Maart teen die Breedevalleistreek.

Choice: After donating, you can either keep your token of appreciation or donate the R15 to charity (this is in the form of a paper card that can be dropped into the box).

Making a Difference: If you choose to donate your token of appreciation, WCBS will contribute R15 on your behalf to the charity of the month.

Charity Focus: Every two months, WCBS will support a different charity, carefully selected by the WCBS committee. These charities will focus on areas such as healthcare, education, poverty alleviation, youth development, early childhood development, humanitarian work, people with disability, environment and animal welfare throughout the Western Cape.

Our First Charity Partner: The League of Friends of the Blind (LOFOB)

The first charity to benefit from the Extra Drop initiative is The League of Friends of the Blind (LOFOB), starting 1 March 2025.

LOFOB is dedicated to empowering blind and visually impaired individuals through rehabilitation, skills training, employment readiness, and mobility support. By choosing to donate your token of appreciation to LOFOB, your generosity will directly support their lifechanging work, providing hope and opportunities for those with visual disabilities.

With the launch of The Extra Drop, WCBS is inviting donors to be part of something bigger - a community-driven initiative that extends beyond blood donation. We encourage all to join us in this new way of giving and to make a difference in the lives of those in need.

WIE kan nou die ou watertand gunsteling - Pannekoek, weerstaan? Die Togryers museum bied ‘n fondsinsameling aan op 28 Maart en verkoop lekker pannekoek. Bestellings kan nou reeds geplaas word by 0766892-885

Stevie Booysen
Ev. Jacobs

KARATEKAS van Senshi Dojo, ‘n karateklub op Ceres, het goed gevaar tydens die WUKF-MASA S.A. Wes-Kaap provinsiale karatekampioenskap. Die byeenkoms is by die Wes-Kaap sportskool in Kuilsrivier aangebied. Senshi Dojo het ses karatekas ingeskryf wat saam 14 medaljes verwerf het. VLNR: Wayne Vermeulen (afrigter - 3 goud en 1 brons), Izak Krige (1 goud en 1 silwer), Retief Spence (goud), Lukas Krige (2 brons en 1 silwer) en Mia Laubscher (2 goud, 1 silwer en 1 brons en goud in kata).

Hofmeyr se visvanggroep het die week op Middelposplaas buite P.A. Hamlet gaan hengel.

DIE tweekamp atlete van Laerskool Gericke het Saterdag 22 Februarie aan die Boland tweekampkampioenskappe in Wellington deelgeneem. VLNR: Mikayla Nieuwenhuis (o/8 meisies) het ‘n tweede plek behaal met ’n persoonlike beste van 2074.37 punte, Irma-Ann Orffer (o/11 meisies) behaal ‘n derde plek met ‘n persoonlike beste van 2056.14 punte en Jan Orffer (o/13 seuns) kom 14de met 1889.22 punte. * Irma-Ann Orffer is ook gekies vir die Bolandspan wat op 22 Maart aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe op Oudtshoorn gaan deelneem.

CERES rugbyklub, het hul 125ste bestaansjaar op hoë noot begin met oorwinnings in drie vriendskaplike wedstryde. Die eerste rondte van die Witsentraal rugbyliga skop Saterdag 8 Maart af met Ceres wat teen Temperance van Gouda kragte meet en Bella Vista wat teen Wolseley speel. Bella Vista speel op 15 en 22 Maart onderskeidelik teen Delicious en Hamlet. Ceres speel hul derbywedstryde in April. Ceres speel op 15 en 22 Maart onderskeidelik teen Hillcrest en Evergreens.

nuusbrokkies

LIGSTRAALTJIES bied op 15 Maart 2025 hul 6de ses-aan-’nkant kriekettoernooi en familiedag aan. Vir inskrywings stuur ‘n epos na Marlene Slabbert skool@ligstraaltjies.com

WIE kan nou die ou watertand gunsteling - Pannekoek, weerstaan? Die Togryers museum bied ‘n fondsinsameling aan op 28 Maart en verkoop lekker pannekoek. Bestellings kan nou reeds geplaas word by 076-6892-885

IN case of emergencies, please keep the following numbers handy:

• Police Flying Squad: 10111

• Ambulance Services: 10177

• Cell Phone Emergency:112

• Disaster Risk Management Centre: 080 911 4357 (HELP)

• Poisons Information Helpline of the Western Cape: 0861-555-777

• Childline:116

• Lifeline:021 461 1113

• Wilderness Search and Rescue: (021) 937-0300

DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring vir funksies en werkswinkels/opleiding.

Verdun Estates bied ’n werksgeleentheid vir ’n gemotiveerde werkswinkel assistent om aan te sluit by die maatskappy.

WERKSWINKEL ASSISTENT: P.A. HAMLET

Verantwoordelikhede : • Algemene instandhouding van voertuie en plaastoerusting • Beman mobiele diens-voertuig • Netheid van werkswinkel • Gereedskap kontrole • Allokering van gebruiks artikels.

Vereistes: • 3 Jaar toepaslike ondervinding • Moet met basiese instandhouding kan aangaan sonder toesig • Ondervinding met die gebruik van krag gereedskap (sweis, grind, gasstel) • Ondervinding in die herstel van bande • Vorige ondervinding in gas- en boogsweiswerk sal in u guns tel • Sober gewoontes • Hardwerkend

• Kennis van herstel/diens van boordtrekkers, spuitpompe, algemene plaastoerusting • Moet goed in ‘n span kan werk

• Bereidwilligheid om oortyd te werk wat naweek-dienste insluit • ‘n Geldige Kode 08 bestuurderslisensie

• ‘n Graad 12 kwalifikasie sal in jou guns tel Die maatskappy bied ‘n permanente pos met mark-verwante vergoeding. Geen behuising beskikbaar.

Stuur CV met 3 kontakbare verwysings wat ondervinding kan staaf na: hr@verdun.co.za

Of handig aansoeke in by: Verdun kantoor, Van Riebeeckstraat 1, P.A. Hamlet

Navrae: Mareé Lambrechts (023) 313-3051

Sluitingsdatum vir aansoeke: Vrydag, 14 Maart 2025

Indien u aan die keuringsvereistes voldoen, sal ons jou binne twee weke na die plasing van hierdie advertensie kontak.

CHARLIE

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport Witzenberg Herald

DIE jaarlikse Fred Demone rolbaltoernooi is Saterdag 1 Maart by Ceres rolbalklub aangebied. Daar het 48 spelers (12 spanne) vanuit die Kaap Wynlandstreek deelgeneem aan die gewilde toernooi. Drie spanne van Ceres het eerste, tweede en derde geëindig. Hier is die wenspan afgeneem. VLNR: Harley van Rhyn (vise-president), Gerhard Lourens, Engela Lambrechts, Kobus Myburgh en Clayton Kleynhans.

DIE Ceres-span was in die tweede plek. VLNR: Harley van Rhyn (vise-president), Mossie Botha, Johan Botha, Elsabè de Bruin en Pierre Bothma.

DIE Ceres-span was in die derde plek. Harley van Rhyn (visepresident), Cobie Coetzee, Ockert Erasmus, Piet Smit en André Lombaard.

Adriaan skryf nog 'n rekord agter sy naam

ADRIAAN Wildschutt (26) gaan Sondag 13 April aan die Gqeberha ABSA Run your City-reeks deelneem. Adriaan gaan poog om die wedlooprekord van Precious Mashele (27:35) te verbeter. As een van die wêreld se top-atlete is Adriaan se deelname ‘n groot hupstoot vir Suid-Afrikaanse sport en padwedlope. * Adriaan het Sondag 2 Maart in Boston, Amerika nog ‘n nasionale rekord agter sy naam geskryf. Hy het op die Last chance-atletiekbyeenkoms sy eie SA kortbaanrekord in die binneshuise 5000 meter met byna 2 sekondes verbeter. Hy het die 25 rondtes in 12:55 sekondes voltooi. ** Adriaan was na die Olimpiese Spele in 2024, die tiende beste mansatleet oor 10 000 meter in die wêreld en die S.A.rekordhouer in die item. Hy het ook in 2024, twee van sy SA-rekords in Oslo en Stockholm tydens die Diamantliga kampioenskappe, verbeter. Eers het hy ‘n nuwe SA-rekord in die 5 000 meter opgestel en toe ‘n paar dae later het hy sy eie 3 000 meter rekord met 2.48 sekondes verbeter na 7:36:77.

Herman wen kompetisie

CERES gholfklub bied Saterdag 8 Maart hul jaarlikse klubkampioenskappe aan. Daar word in vier afdelings meegeding. Die A tot C afdelings (houespel) word oor 36 putjies beslis en die D-afdeling (stableford kompetisie) oor 18 putjies. Daar het reeds 26 spelers ingeskryf vir die kampioenskappe.

Saterdag-kompetisies

Op Saterdag 15 Maart word ‘n enkel stableford kompetisie aangebied, 22 Maart - ‘n beterbal stableford en op 29 Maart, ‘n enkel syfer plus.

Saterdag 1 Maart het Herman v/d Walt die enkel stableford kompetisie met 40 punte gewen. BJ Claassen was tweede gevolg deur Hendry Titus, Michael Bergman en Wynand Crous, almal met 37 punte.

Sosiale gholf

Spelers kan Vrydae vanaf 15:00 deelneem aan ‘n Sundowner kompetisie teen R120 vir 9 putjies. Die kompetisieformaat is individuele stableford. Klublede en besoekers kan ook van Maandag tot Donderdag R60 betaal vir 9 putjies en op Sondae R150 vir 18 putjies. Spelers moet die klub skakel by (023) 3123068 vir besprekings.

leerders van Laerskool Koue Bokkeveld het die naweek vir die Wes Kaap Kavaliers in die Synergy Cup gespeel. Helené du Toit (links) speel vir die o/11 B-span. Hul span het die goue medalje verwerf. An-mari Steenkamp (regs) speel vir die o/13 A-span. Haar span het ook ‘n goue medalje verwerf.

SENSHI Dojo, ‘n karateklub op Ceres, spog met twee nuwe karatekas wat Saterdag 22 Februarie aan hul eerste karate kompetisie - Boland Dragons League - deelgeneem het in Wellington. Kieran Krotz het ‘n goue medalje in kumite verwerf en Ruan Du Preez het ‘n brons medalje in kumite verwerf.

Tulbagh Lions
TWEE

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.