DIE Wolseley vragmotor het Donderdag ‘n deel van sy vrag hooibale verloor. Die voorval het omstreeks 11:43 by die kruising naaste aan Tulbagh plaasgevind. Lede van Witzenberg munisipale verkeer en wetstoepassers was gou op die toneel.
Kinders sterf tragies
TWEE kinders van 4 en 5 jaar oud, is die afgelope twee weke tragies dood.
In die eerste voorval het Bevin Je-Nico van Wyk (4) op Tulbagh gesterf nadat hy teen ‘n bewegende vragmotor vasgehardloop het. Die voorval het Maandag 27 Januarie omstreeks 18:46 op die plaas, Theuniskraal, plaasgevind. Die bestuurder (20) van die vragmotor het aan die polisie gesê hy het twee kinders langs die pad gesien waar hy besig was om by die plaasingang in te draai.
Een kind het vermoedelik veilig verby gehardloop terwyl die oorledene, teen die kant van die Mercedes vragmotor vasgehardloop het. Bevin het ‘n kopwond opgedoen en op die toneel gesterf.
*Die bestuurder was teen druktyd nog nie aangekla nie. Die polisie moet nog ‘n waarskuwingsverklaring by hom afneem en hul ondersoek voltooi.
Die begrafnisdiens vind Sondag 9 Februarie plaas. Tweede sterfte
In die tweede voorval is ‘n 5-jarige seuntjie, Ajay Hess, opslag dood kort nadat hy uit ‘n skoolbus geklim het.
Die tragiese voorval het verlede Donderdag 30 Januarie omstreeks 14:10 op die Eselfonteinpad oorkant Kleinfonteinplaas, plaasgevind.
Volgens ‘n ooggetuie het die bus gestop om kinders van Eselfontein primêr af te laai. Ajay het uitgeklim en oor die pad gehardloop.
‘n Aankomende bakkie het hom getref kort nadat hy oor pad begin hardloop het. Hy is op die toneel dood
Waarskuwingsverklarings is reeds van die bus- asook bakkiebestuurder bekom. Die polisie se ondersoek moet voltooi word en niemand is nog aangekla nie. Onderwysers het die kinders na die voorval kom ondersteun en traumaberading is vir hulle gereël.
LT.KOL. Albert Ballack (60) het na 41 jaar diens in die polisie, waarvan 28 jaar as bevelvoerder van P.A. Hamlet, afgetree. Verlede Vrydag 31 Januarie was sy laaste dag op kantoor waar hy sedert 1997 die bevelvoerder was. Hy het sy loopbaan by Ceres SAPD begin. Van 1993 tot 1997 was hy bevelvoerder van die polisie se satellietkantoor op Op-die-Berg. ‘n Polisie-orkes het deelgeneem aan die afskeidsgeleentheid wat deur inwoners, GPF-lede sowel as kollegas van ander polisiestasies, brandweer en EMS, bygewoon is.
GOB-kamp
weer 'n sukses
KOUE Bokkeveld opleidingsentrum se jaarlikse GOB-kamp het van 24-26 Januarie by Boontjiesrivier plaasgevind. ‘n Groep van 54 GOB’s (Afrikaans en Xhosa) het die kamp bygewoon. Daar is op verskeie aspekte van leierskap gefokus met onderwerpe wat insluit: Wees kreatief en positief en behaal die mylpaal deur positiewe energie in ander los te maak. “Baie dankie aan elke spreker wat tyd gemaak het om ons leiers se vaardighede verder uit te bou”.
KENNISGEWING
In die boedel van wyle: ERASMUS JOHANNES VAN ZYL Id. no. 410424 5052 085
Van: Meiring Flats, Tulbagh, 6820
Boedelnommer: 021909/2024
Wie oorlede is op: 2024/09/01
Skuldeisers en Skuldenaars in bogemelde boedel word hiermee versoek om hulle eise in te dien by en hulle skulde te betaal aan die ondergetekende binne ‘n tydperk van 30 (Dertig) dae vanaf VRYDAG 7 FEBRUARIE 2025
JOHAN BEZUIDENHOUT
Prokureur vir Eksekuteur Voortrekkerstraat 37, Ceres, 6835 (Verw: J7970)
NOTICE OF SALE IN EXECUTION
IN THE MAGISTRATE’S COURT FOR THE WEST COAST SUB DISTRICT BERGRIVER HELD AT PIKETBERGCASE NO: 222/23
DR. B.F. SMIT
EXECUTION CREDITOR and HEINO WAYNE ABRAHAMS
EXECUTION DEBTOR
In terms of a judgment dated 2024/ 01/30, in the Magistrates Court of PIKETBERG and a Warrant of Execution issued thereafter. The following goods will be sold in a sale of execution on 20 February 2025 at 10:00 at 4 MEUL STREET, MOORREESBURG to the highest bidder:
GOODS: 1 x BLUE VW POLO - CEX 7565
DATED AT WORCESTER ON THIS 16th DAY OF JANUARIE 2025
DIE jaarlikse Preemie-projek van die Togryers museum, skop die week af. Die museum samel in Februariemaand noodsaaklike items in om aan die Ceres hospitaal se Preemie-afdeling te oorhandig. Die items is: sagte kombersies, klein beanies, doeke, baby grows, sokkies of baba produkte. Dit moet voor of op 26 Februarie by die museum in Oranjestraat afgegee word. Vir meer besonderhede, skakel die museum by (023) 312-2045.
LT.KOL. Albert Ballack het na 41 jaar diens in die polisie, waarvan 28 jaar as bevelvoerder van P.A.
(nuwe P.A. Hamlet GPF voorsitter), lt. kol. Ballack en kapt. Dawede (waarnemende stasiebevelvoerder).
SONDAG 2 Maart word die jaarlikse bergpredikasie op Matroosberg vir die 25ste keer aangebied. “Die Here het ‘n pragtige stuk natuur aan ons toevertrou. Ons is afhanklik daarvan om ‘n bestaan te maak, maar ons wil dit ook gebruik om Sy naam groot te maak en om fondse vir Sy werk in te samel”. Tydens die 2 Maart diens sal daar ook kooroptredes wees. Daar word ook kollekte opneem vir die sendingwerk van Wessel en Joan van der Merwe in Angola. Die diens begin 09:00 vir 09:30 by Matroosberg Reservaat kampterrein. Belangstellendes moet hul eie stoel of kombers saambring. Bring gerus ook piekniek/ skottelbraai/braaidrom saam vir middagete. Die bergpredikasie word moontlik gemaak deur bydraes van Matroosberg reservaat, Aircon Doctor - Johan Viljoen, Patmos arbeidsbediening en Ceres Omgeemense. ARGIEF foto.
Hamlet, afgetree. VLNR: Mario Scholtz
VERKEER in Bainskloof het Saterdag 1 Februarie vir ure tot stilstand gekom nadat dié vragmotorbestuurder padtekens aan die Wellington-kant geignoreer het. Die pad by Tweede Tol is versper en geen voertuig kon verder ry totdat die vragmotor verwyder was nie.
Saak teen vyf verdagtes uitgestel
DIE Wes-Kaap georganiseerdemisdaad eenheid ondersoek ‘n moontlike verbintenis tussen onlangse huisroof-voorvalle waartydens bejaarde inwoners in hul plaaswonings op Wolseley oorval en beroof is.
Vyf mans van Namibië en Malawië, Samuel Ndipululye (37), Petrus Nande (48), Titus Shalongo (35), Courage Makabeli (28) en Gabriel Abraham (43), is Saterdag 11 Januarie tussen Gouda en Tulbagh gearresteer.
Die mans het Dinsdag 14 Januarie vir die eerste keer in die Wolseley landdroshof verskyn. Die polisie het gesteelde juweliersware wat op 9 Desember gesteel is op ‘n plaas, in een van die mans se besit gekry.
Die mans moet weer op 27 Februarie in die landdroshof verskyn. Nande, Shalongo, Makabeli en Abraham is op 21 Januarie op borg van R1000 elk vrygelaat. Ndipululye het sy borgaansoek laat vaar en bly in aanhouding.
Agtergrond
Twee vroue van 77 en 81 jaar oud, is ongedeerd en nie beseer nie nadat 3-4 onbekende mans met klapmusse op, toegang tot die plaashuise gekry en ondermeer juwele, ‘n skootrekenaar en ‘n telefoon gesteel het.
Die eerste voorval het verlede jaar op 29 Oktober omstreeks 21:00 op ‘n plaas buite Wolseley plaasgevind toe drie mans die 77-jarige inwoner oorval het kort nadat sy die deur vir haar hond oopgemaak het. Hulle het haar teruggedruk in die huis en in die badkamer vasgebind en die deur toegemaak.
Die verdagtes het gevlug met die gesteelde goedere.
In die tweede voorval op 9 Desember omstreeks
INWONERS in die Wolseley-omgewing word gevra om die polisie te skakel om die gesteelde ringe uit te ken. Die gesteelde ringe is in ‘n beskuldigde se besit gevind wat moontlik met vier huisroofsake verbind word. Daar is sedert Oktober 2024, vier huisroofsake aangemeld. Skakel a.o. Mossie Mostert by (023) 2318017 of 082-4696-163.
22:30, is ‘n 81-jarige vrou oorval. Sy het TV gekyk en aan die slaap geraak. Sy het wakker geskrik toe een van vier verdagtes ‘n lig in haar gesig geskyn het. Twee mans was met messe gewapen.
Die verdagtes het die vrou in die motorhuis toegesluit voordat hulle in die huis rondgekrap het na iets waardevol om te steel.
Hofsake Matroosberg-brandstigter se saak na Junie uitgestel
DIE vermeende Matroosberg-brandstigter se verhoor sal in Juniemaand in die Ceres streekhof begin.
Ashlin Brandon Paulse (25) sal dan tereg staan op klagtes wat verband hou met ‘n brand in Mei 2023 waarin die bekende Matroosberg skihut in puin gelê en drie voertuie vernietig is. Die saak is na 25 Junie uitgestel.
Vasgetrek Paulse is op Maandag 3 Julie 2023, deur Wes-Kaap speurders gearresteer. Hy word aangekla van vier klagtes van brandstigting, huisbraak met die opset om te steel en diefstal.
Sewe Kaapse vriende het die naweek van 26-28 Mei 2023 by Matroosberg se skihut oornag en die volgende oggend gaan stap. Met hulle terugkeer omstreeks 18:00 het hulle die uitgebrande hut en drie voertuie aangetref. Die brand het ‘n Renault Clio, Nissan Navara bakkie en ‘n Jeep Commander heeltemal verwoes asook persoonlike besittings in die skihut.
Moordsaak van vrou (64) uitgestel
‘n VROU (64) van Bella Vista wat verdink word van moord, se verhoor is na Juniemaand uitgestel.
Elizabeth Sagarias moet weer op 25 Junie in die Ceres streekhof verskyn weens die moord op Denrico Jensel (25) in 2023. Die saak is uitgestel vir pleit en verhoor.
Agtergrond
Volgens die polisie het die voorval op Saterdag 18 Maart 2023 in Vygiesingel plaasgevind. Die polisie het die liggaam van Jensel in die straat gevind met ‘n oop wond in sy bors. Hy is op die toneel dood verklaar. Sagarias is kort na die voorval gearresteer en later op R500 borg vrygelaat.
Mullins-verhoor weer op 27 Februarie
DIE man wat meer as drie jaar gelede ‘n Bella Vista inwoner koelbloedig in sy bakkie doodgeskiet het, se verhoor gaan later die maand in die Worcester streekhof voortgesit word.
Justin Mullins (42) van Ceres, wat tereg staan in die Worcester streekhof op aanklagte van moord (2021), poging tot moord en die oortreding van ‘n beskermingsbevel, se verhoor sal weer op 27 Februarie voortgesit word. Mullins bly in aanhouding.
Hofsaak
Mullins word van die moord op Manschoer Constance (34) van Bella Vista aangekla. Constance is op 24 September 2020 meer as twee keer in sy Toyota enkelkajuit bakkie geskiet. Die voorval het omstreeks 21:50 in Impalaweg plaasgevind. Mullins het na die skietvoorval gevlug en ‘n week later homself in Elsiesrivier aan die polisie oorgegee.
Volgens inligting was daar op die dag van die moord na bewering klagtes van huishoudelike geweld by Mullins se skoonma se huis. Mullins se gewese vrou het vir haar lewe gevrees en haar in ‘n kamer toegesluit. Iemand het toe haar broer gebel wat hom na die huis gehaas het. Constance was skaars voor die huis toe hy verskeie kere geskiet is.
Hy het op die toneel gesterf.
Ma wat kind met kookwater gooi, se saak met vier maande uitgestel
DIE ma wat aangekla is nadat sy haar volwasse kind met kookwater gegooi het, se saak is weer uitgestel.
Die Ceres polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (GKS) se ondersoek na dié poging tot moord is ‘n tyd gelede al afgehandel.
Die ondersoek het gevolg na ‘n argument tussen Sharon Matthysse (40) van die plaas Elrio en haar dogter, Amelia Matthysse (24). Die voorval het Saterdag 4 Mei omstreeks 12:30 tydens ‘n argument plaasgevind. Die saak is na 24 Junie uitgestel vir pleit en verhoor. Matthysse se borgtog van R500 is weer verleng.
Hofmeyr se Dux-leerder van 2024, Jo-Marie du Toit, het verlede week twee toekennings ontvang tydens die Wes-Kaap nasionale senior sertifikaat toekenningsgeleentheid wat in Kaapstad gehou is. Jo-Marie het die hoogste punte in rekeningkunde in die Wes-Kaap behaal en het ook die vierde beste algehele gemiddeld van alle kandidate in die Wes-Kaap behaal. VLNR: Minister van Onderwys David Maynier, Jo-Marie du Toit, premier Alan Winde en Brent Walters (hoof van WKOD).
Matriekafskeid gaan voort
DIE beheerliggaam (SBL) en waarnemende skoolhoof van Ceres Sekondêr het einde Januarie besluit dat die 2025 matriekafskeid wat vir einde Maart beplan word, sal voortgaan desondanks besware van ouers.
Die vervroegde matriekafskeid het sedert begin Desembermaand wye reaksie in die gemeenskap uitgelok nadat ouers, meestal seisoenwerkers, omgekrap was oor die vervroegde datum en die R700 betaling van matriekafskeidgelde toe skole heropen het.
Talle gesprekke het die afgelope maande tussen rolspelers wat gemeenskapsleiers, politici en WKOD amptenare insluit, plaasgevind.
Einde ten laaste het ‘n paar ouers op Maandag 27 Januarie met die SBL en die skoolhoof, me. Felix vergader.
Die SBL het daarna weer vergader waar daar besluit is om voort te gaan met die matriekafskeid. ‘n Skrywe is ook aan ouers gestuur om hulle te verwittig van dié besluit.
In die skrywe vra die skool om verskoning oor die geskil ten opsigte van die matriekafskeid en as hulle nie op gepaste wyse met ouers gekommunikeer het nie. Die skool verstaan die frustrasies van die besorgde ouers.
“As opvoeders en bestuur verstaan ons ten volle die sosio-ekonomiese omstandighede van ons leerders. Die besluit om die matriekafskeid te vervroeg was geensins geneem om enige ouer in ‘n posisie te stel dat hul kind nie die matriekafskeid sal kan bywoon nie".
"Die besluit om die matriekafskeid te vervroeg is bloot geneem om op ons primêre doel om akademiese uitnemendheid te bereik, te fokus en om leerders meer tyd te gee om hulle voor te berei vir die Junie en September eksamens. Die eksamens lewer ‘n groot bydrae tot die finale jaarpunte”.
CERESCERES CERES (023) 316-2226
Exciting new opportunities at Ceres Superspar
CASHIERS (FULL TIME)
The following requirements are needed:
•Confident and honest
•Ability to remain calm under pressure
•A sense of responsibility
•Be able to work under pressure
•Must have people skills (must have previously worked with clients and must understand customer service)
•Willing to work shifts and weekends
•Fully bilingual (English & Afrikaans)
•Must have matric
•Willing to join as soon as possible.
•Preferably reside in Ceres/Wolseley
Should you meet all the requirements, please e-mail your full CV (ID and matric certificate included) to: ceres2@retail.spar.co.za or ceres.superspar2@gmail.com
For attention: Human Resources
Closing date for applications: 14 February 2025
Employment acceptance: Willing to join as soon as possible
Should you not receive any feedback by 19 February 2025, please consider your application unsuccessful.
Please do not apply via Facebook, please e-mail all cv’s
Tennisspelers blink op baan
VIER tennisspelers van Laerskool F.D. Conradie het verlede naweek aan die ProKennex tennistoernooi op Stellenbosch deelgeneem en skitterend gevaar. BO: Daniël Wolfaardt (o/11 A- wen 5 uit 7 wedstryde en eindig sesde in sy groep) en Adriaan Wolfaardt (o/13A - wen al 7 sy wedstryde en eindig eerste in sy groep, hy ontvang ook die beker vir die beste o/13 seuns tennisspeler). ONDER: Herchell Shiba (o/ 13B - wen al 7 sy wedstryde en eindig eerste in sy groep) en Ava Hendrikse (o/10Bwen al 7 haar wedstryde en eindig eerste in haar groep).
CHARLIE
MOOI Uitsig primêr het Saterdag 1 Februarie ‘n mini-krieket sportdag aangebied. Hier is die graad 3 klasse saam met hul afrigters.
OOM Langie Mars, bekende inwoner van die Koue Bokkeveld, het die simboliese sooispit behartig, waar die 1825 Koue Bokkeveld Opstand gedenkarea beplan word by die Kleinvlei kampeerarea.
1825 Koue Bokkeveld
Opstand herdenk
OP Sondag 2 Februarie het ‘n groep van vyftig belangstellendes by die Kleinvlei kampterrein in die Koue Bokkeveld byeengekom om ‘n gebeurtenis van 200 jaar gelede te herdenk.
Onder leiding van die 1825 Koue Bokkeveld Opstandkomitee, is ‘n sooispitplegtigheid gehou op die terrein wat in die volksmond bekend gestaan het as Koppieshoogte. Hierdie geleentheid is gehou met die oog op die onthulling van ‘n gedenkarea op 24 September 2025, wat die historiese 1825 Koue Bokkeveld Opstand sal herdenk.
Die Amerikaanse historikus, prof. Laura Mitchell, het ‘n oorsig gegee oor die gebeure van 1 en 2 Februarie 1825 wat hom afgespeel het, toe ‘n groep slaafgemaaktes en Khoi werkers op die plase Hou den Bek en Rietrivier in opstand gekom teen die onreg wat hulle ervaar het asook hul versugting na vryheid.
Hierna het Arno Gelant, agtste geslag afstammeling van die leier van die opstand, Galant van de Kaap, op treffende wyse besin oor wat die opstand vir hom beteken.
Die huidige grondeienaar, Theodore van Rooyen, het dit as meer as net toeval beskryf dat die grond wat hy 14 jaar gelede bekom het, nou blyk die plek te wees waar die koppe van die leiers van die opstand, Galant van de Kaap en Abel van de Kaap, as ‘n afskrikmiddel op pale geplant is. Die feit dat sy vrou Suze ook ‘n Galant-afstammeling is, bevestig vir hom dat dit meer ‘n bestiering as toeval is.
Die verrigtinge het hierna verskuif na die terrein waar die gedenkteken opgerig gaan word, waar een van die bekende inwoners van die Koue Bokkeveld, oom Langie Mars, op simboliese wyse die eerste sooi gespit het. Sydney Davis, digter en voorsitter van die komitee het die verrigtinge afgesluit met ‘n treffende gedig.
week ‘n oorsig oor die gebeure van 1 en 2 Februarie 1825.
Klipgooier bly in aanhouding na hy teisteringsbevel ignoreer
‘n KLIPGOOIER wat inwoners se huise agter Ceres hospitaal en naby die Koekedouwdam se ingang met klippe gegooi het en hulle gereeld teister en vloek, bly in aanhouding. Christopher van Schalkwyk (36) van Klein Pruise het verlede week in die hof verskyn op talle klagtes wat teen hom ondersoek word asook ‘n teisteringsbevel wat hy vir ‘n tweede keer oortree. Die saak is uitgestel na 11 Maart en hy bly in aanhouding.
Arresteer
Van Schalkwyk is ook al in die verlede deur Ceres
speurders gearresteer vir die aanranding van ‘n sekuriteitswag op Klein Pruise en die oortreding van ‘n teisteringsbevel van een van die huisbewoners waar hy al meer as R20 000 se skade aangerig het.
Van Schalkwyk staan ook op talle ander klagtes tereg in die Ceres landdroshof. Hy is in Junie 2022 aangekla van kabeldiefstal, in Augustus 2023 vir die besit van dwelms en diefstal (ander klag), in Oktober 2023 vir teistering, in Januarie 2024 vir die aanranding van ‘n sekuriteitswag en die oortreding van ‘n teisteringsbevel in 2024 en 2025.
BOLAND rugbyunie en Tekkie Town het verlede Vrydag 31 Januarie twee
Die
PROF. Laura Mitchell van die Universiteit van Kalifornië, gee die na-
skole, Wanganella primêr en Eselfontein primêr, besoek.
besoek vorm deel van die Tekkie Town Development Drive waartydens landelike skole ondersteun en besoek word.
Bespreek vroegtydig jou spesiale boodskap in die Witzenberg Herald en op ons Facebook bladsy
Terme en voorwaardes geld
Bondels koerante te koop vir die maak van papier mâché, geskenkpapier, trek, vensters was of jou babahondjies
Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke!
ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: • Hangers • Mansskoene • Mansklere • Skoolklere Kry ‘n persentasie afslag op enige aankope maar slegs vir die week wanneer staatstoelaes betaal word.
Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com
ELKE jaar kry ons ‘n nuwe Bybeldagstukkieboek. En ons hou die oue, maar gaan ons dit ooit weer lees? Inwoners word gevra om die boeke vir Bybelverspreiding te skenk sodat iemand anders ’n geleentheid kan kry om dit te lees. Op Ceres kan die boeke by die Omgeewinkel in Leyllstraat afgegee word en op Wolseley by Huis Mostertshoek. Omgeemense sal die boeke in samewerking met ouetehuise en Patmos Bediening uitdeel.
Gunstige toestande lei tot optimisme oor 2025 appel- en peerseisoen
PRODUSENTE in die Tru-Cape-stal is opgewonde oor wat na ‘n goeie, gemiddelde appel- en peerseisoen lyk danksy die positiewe produksietoestande wat wyd ervaar is. Tru-Cape is ook baie opgewonde oor die blospeerkategorie. Nie net bied dit die uitvoerder die geleentheid om markte wat verder geleë is te bedien nie, maar Tru-Cape kan ook regdeur die jaar blospere verskaf. Cape Blush en Celina (onder die QTee-handelsmerk) is twee van die meer onlangse blospeerkultivars met groot potensiaal.
DIE tennisspan van die Laerskool Koue Bokkeveld het onlangs na Hartenbos getoer. Hulle klop Laerskool Swellendam en Laerskool Hartenbos se tennisspanne! Die span het oorgeslaap by die Hartenbos ATKV oord. Hier is die spelers saam met juffrou Hanle en juffrou Lizzy afgeneem.
nuusbrokkies
CERES atletiekklub hou hul algemene jaarvergadering en prysuitdeling op Donderdag 20 Februarie om 19:00 in die Ceres Togryers museumsaal. Skakel Nico Jansen by 0788825-299 vir navrae en of bywoning bevestiging of stuur ‘n e-pos na njansen2003@ hotmail.com
CERES netblaklub hou hul algemene jaarvergadering op 7 Februarie om 18:30 in die Ceres Togryers museumsaal. Skakel Marilize Theron by 073-318-7638 vir navrae en/of bywoning bevestiging of stuur ‘n e-pos na ceres netball@gmail.com.
WICKO REUNION - 35 YEARS LATER! Calling all former WICKO Youth Group members. It’s time to reunite - 35 years have passed since our youth group days in the 1990s. We’re gathering again to plan an unforgettable reunion on 1 March at Winterberg Inn Bistro Harvest Table restaurant. To RSVP or for more information, contact Sef Noble on WA 060-7636-083 or sefnoble257@ gmail.com
LIGSTRAALTJIES bied op 15 Maart 2025 hul 6de ses-aan-’n-kant kriekettoernooi en familiedag aan. Vir inskrywings stuur ‘n epos na Marlene Slabbert skool@ligstraaltjies. com
DIE jaarlikse Preemie-projek van die Togryers museum, skop die week af. Die museum samel in Februariemaand noodsaaklike items in om aan die Ceres hospitaal se Preemie-afdeling te oorhandig. Die items is: sagte kombersies, klein beanies, doeke, baby grows, sokkies of baba produkte. Dit moet voor of op 26 Februarie by die museum in Oranjestraat afgegee word. Vir meer besonderhede, skakel die museum by (023) 3122045
IN case of emergencies, please keep the following numbers handy:
•Poisons Information Helpline of the Western Cape: 0861-555-777
•Childline: 116
•Lifeline: 021 461 1113
•Wilderness Search and Rescue: (021) 937-0300
EVENT COMPLETED
LAERSKOOL F.D. Conradie se tennisspan het onlangs hul eerste wedstryd van die seisoen teen Worcester-Oos gespeel en skitterend gevaar. Die seuns wen 5-4 en die meisies 6-3. Die skool is opgewonde vir die jaar se wedstryde wat voorlê.
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Witzenberg Herald
Sport
DEMETRI van Rooyen, ywerige trailrunner van Ceres, het Vrydag 31 Januarie vir die 400ste keer die Oukop-kruin bokant Ceres bereik.
TANKWA Omgee Kettingkrakers se jaarlikse oorslaap fietstoer van Matroosberg tot Bike X Cape en terug, vind vanjaar plaas op 29 en 30 Maart. Dag 1 sal fietsryers 132 kilometer ry met 1055m se klimme oor Bloubank, Theronsberg, Droëhoek, Sandrivier, Katbakkiespas, Tankwa padstal tot by Bike X Cape. Dag 2 se roete vind oor 80 kilometer plaas met 1018m se klimme van Bike X Cape, Sutherlandpad, Karoopoort, Bloubank tot by Matroosberg. Kostes word tussen die aantal deelnemers verdeel en word op nagenoeg R1200 per persoon beraam. Vir besprekings of meer inligting skakel vir Boetie Hugo by 082-3975-005 of Cordré Smith by 082-8092935.
Altus en Bennie wen kompetisie
CERES gholfklub het Saterdag 1 Februarie ‘n beterbal stableford kompetisie aangebied.
Altus Joubert en Bennie van Rensburg het die kompetisie met 45 punte gewen. Hendry Titus en Charles Basson was tweede met 43 punte. Christo Strydom en De Villiers Herholdt was derde, ook met 43 punte.
Klubkampioenskappe
Die jaarlikse klubkampioenskappe vind Saterdag 8 Maart plaas.
Daar word in vier afdelings meegeding. Die A tot C
afdelings (houespel) word oor 36 putjies beslis en die D-afdeling (stableford kompetisie) oor 18 putjies. Inskrywings kan by die klub gedoen word en die koste beloop R450 per speler. D-afdeling spelers betaal R225.
Saterdag-kompetisies
Op Saterdag 8 Februarie vind ‘n houespel kompetisie plaas. Die kompetisie word deur Cillié & Assosiates geborg. Op 15 Februarie ‘n enkel stableford kompetisie en op 22 Februarie ‘n beterbal stableford kompetisie.
CERES rugbyklub het Saterdag 1 Februarie hul seisoen afgeskop met ‘n vriendskaplike wedstryd teen Montagu Villagers. Ceres se eerstespan het 40-12 gewen. * In ‘n ander wedstryd het Bella Vista ook hul voorseisoen begin met wedstryde teen Worcester Villagers. Bella Vista het al drie wedstryde gewen. Bella Vista gaan die naweek teen Botrivier RVK speel in hul volgende vrienskaplike wedstryd (weg).
BELLA Vista rugbyklub het Sondag 2 Februarie ‘n spesiale algemene vergadering gehou. Tydens die geleentheid is nuwe bestuurslede verkies wat vakante poste gevul het. VLNR: Cornelius Ludick (sekretaris), Anthony Vergotine (addisionele lid), Quenten Segels (skakelbeampte) en Randall Julius (ondervoorsitter). ONDER: Jan Julian Abrahamse (addisionele lid).