WH Her ald Witzenberg
VOLUME 28 NO. 49
R 10
MERRY
CHRISTMAS AND HAPPY NEW YEAR
FRIDAY, 19 DECEMBER 2025
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 18 Desember
Vrydag 19 Desember
Saterdag 20 Desember
14° 36°
9° 31°
Sondag 21 Desember
14° 35°
16° 38°
CERES KOEKEDOUW DAM
88%
TULBAGH DAM
91%
WAVERENSKROON TULBAGH
77%
Lesings geneem: 2025/12/17
(023) 312-2144 l CERES
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Gru-moord
Mbola sal later hoor of hy vir waarneming gestuur word DIE man (22) wat verdink word van een van die grusaamste moorde die afgelope drie dekades op Ceres, het Woensdagoggend weer in die landdroshof verskyn. Berig op bladsy 3.
Stapper gered
Slegte water maak dorp se inwoners boos
WILDERNIS Soek en Redding (WSAR) het Sondag 14 Desember Air Mercy Services (AMS) helikopter en Ceres EMS ontbied om hulle by te staan om ‘n beseerde stapper (24) te help. Die stapper is tydens ‘n staptog op die Witels staproete beseer. Die stapper het gegly en sy enkel beseer. Die meerdaagse roete is bekend vir die moeilike en klipperige terrein. WSAR kon nie die stappers direk bereik nie en reddingwerkers is ‘n ent van die beseerde stapper afgelaai waarna hulle per voet verder gestap het. Die beseerde stapper is behandel en saam met sy stapmaat, in die AMS helikopter gelaai en tot by Witbrug gevlieg waar die helikopter omstreeks 17:00 geland het. *Stappers kan die noodnommer skakel (021) 937-0300 of die munisipale nooddienste by (023) 492-0181/2.
INWONERS van Tulbagh is die afgelope twee weke erg bekommerd oor hulle gesondheid en omgekrap oor die kwaliteit van die dorp se drinkwater terwyl die Witzenberg munisipaliteit volhou dat watertoetse wat van 5-16 Desember gedoen is, wys dat die watergehalte binne die toegelate standaard val.
FOTOS: Andrew Holmes - WSAR
Berig op bladsy 3.
ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 18 - 21 DECEMBER 2025 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS AND OMISSIONS EXCL. DC Sandwich ham
Boneless Gammon
8990
8999
p/kg
p/kg
Sourdough bread Rump steak
15 December 2025 - 4 January 2026
CERES SUPERSPAR
CERES TOPS
Monday - Sunday 07:00 - 20:00
Monday - Friday 09:00 - 20:00
25 December 2025 CLOSED 26 December 2025 07:00 - 20:00 1 January 2026 07:00 - 20:00
(023) 316-2226
each
Saturdays
19999 8499
09:00 - 17:00 25 December 2025 CLOSED 26 December 2025 09:00 - 20:00 1 January 2026 09:00 - 20:00
p/kg
each
174 BUY 2 FOR
2000
Mangoes
99 p/kg
Huletts Sugar 2.5kg
Sweetcorn 4’s
2999 each
21
00
5699
3199
Koo Peach halves OR slices 410g
4000 Clover 385g condensed milk OR caramel dessert
20999
Ultramel custard 1L BUY 2 FOR
Family trifle
Lamb bulk packs
4499
Tower jelly ass. 40g
BUY 3 FOR
2499
Knorr Salad dressing 340ml
Lancewood Cream Cheese 230g ass.
17999
BUY 2 FOR
44 3299
Clover fresh OR sour cream 250ml
2799
00
KWV 3 Year old 750ml + 5 Year old 50ml FREE 750g Cross & Blackwell tangy mayonnaise
3999
280
00
Red Heart Rum 750ml
Castle Lite Handies 24 x 330ml
NIE TE KOOP AAN PERSONE ONDER OUDERDOM VAN 18 JAAR. GENIET VERANTWOORDELIK.
2 l WITZENBERG HERALD l 19 DECEMBER 2025
DIE Gydosig-aftreeoord op Prince Alfred Hamlet het 28-30 November hul jaarlikse Liggiefees - ‘n skouspel van lig en feestelike atmosfeer - aangebied. Die Liggiefees was weer ‘n groot sukses. FOTO: Facebook
DIE St. Andrews Anglikaanse gemeente in Voortrekkerstraat, Ceres, se Sondagskool het onlangs hul jaarlikse kerssangdiens aangebied. Tydens die geleentheid word kersgeskenke ingesamel wat later aan behoeftige kinders in die gemeenskap gegee sal word. VLNR: Mikah Jacobs, Skylar Theunissen, Mia Manus, Kendall Swanson, Leah Frieslaar, Skyler Manuel, Anne-mae Williams en Lirah Denation. FOTO: Trevor Felix
(023) 312-1916
(023) 316-2463
GESLUIT: 25/26 Desember 2025
WITZENBERG APD het op Vrydag 5 Desember ’n spesiale Kersfees-ete vir kliënte van Witzenberg APD Skills and Work sentrum aangebied - ’n geleentheid om saam te vier en waardering te toon vir hul harde werk deur die jaar.
TE HUUR VANAF FEBRUARIE 2026 BESIGHEIDSPERSEEL / KANTORE EN OF HUIS EN WOONSTEL Ideaal geleë op die h/v Van Riebeeck- en Phillipstraat, Ceres BESIGHEIDSPERSEEL l HUIS
WOONSTEL
• Sluit in: 1) Ontvangs, raadsaal en 4 kantore met lugversorging of alternatief 2) 4 Slaapkamerhuis en 2 slaapkamerwoonstel met aparte ingang • Addisioneel: Inverterstelsel, eie boorgat, gratis munisipale dienste • Elektrisiteit vir eie rekening • Voldoende veilige parkering met toesluit motorhuis • Huur onderhandelbaar afhangende van die termyn Vir verdere navrae skakel Naas 083-228-8585 of Albrecht 083-256-8747
Martin Behm l 082-734-4549
martin.behm@sfpwealth.co.za
Ons wens al ons kliënte ‘n voorspoedige en Geseënde Kersseisoen toe. Baie dankie vir elkeen se lojale ondersteuning deur die jaar. Reis asb. veilig en Voorspoedige 2026.
Daniel Behm l 082-364-3317
daniel.behm@sfpwealth.co.za
19 DECEMBER 2025 l WITZENBERG HERALD l 3
Moordenaar hoor later of hy vir waarneming gestuur word DIE man (22) wat verdink word van een van die grusaamste moorde die afgelope drie dekades op Ceres, het Woensdagoggend weer in die landdroshof verskyn. Zwelinjani Mbola (22) van Nduli, wat sedert 7 Desember in aanhouding is, het verskyn op ‘n aanklag van moord en lykskending. Die staat beweer dat die beskuldigde vir Peter Joubert (43) vermoor het deur sy liggaam met ‘n skerp voorwerp op te sny. Die saak is vir ‘n tweede keer uitgestel vir borginligting en ‘n verwysing na ‘n distriksgeneesheer vir moontlike sielkundige waarneming. Die saak is uitgestel tot 29 Desember. Agtergrond Die polisie wou sedert die arrestasie nog nie veel oor hul ondersoek bekend maak nie. Twee wetstoepassers is Sondag 7 Desember omstreeks 09:00 deur ‘n lid van die publiek genader dat ‘n onbekende man op die sypaadjie voor ‘n onderneming in Voortrekkerstraat sit met liggaamsdele. Die beamptes is na die toneel oorkant hulle kantore en het ‘n man sien sit by die afgekapte arms van ‘n mens. Hulle het die polisie na die toneel ontbied. Mbola wat by die ledemate in die son gesit het, het laat blyk dat die res van die liggaam onder die treinspoorbrug in Voortrekkerstraat, net voor die afdraai na CFG, lê. Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle die erg geskende lig-
PETER Joubert (43).
gaam van ‘n man aangetref. Van sy organe het langs hom gelê. Die oorledene is as Peter Joubert (43) van Vredebes en ‘n werknemer van Ina’s Car Wash Paradise, geïdentifiseer. Motief Die motief vir die moord is nie bekend nie en vorm deel van die polisie se ondersoek. Inwoners word gevra om nie enige fotos/video van die liggaam te versprei nie en respek en deernis aan die slagoffer se familie te betoon. Regstappe teen die persoon/e wat die fotos en video kort na die moord versprei het, word nie uitgesluit nie. Begrafnis ‘n Begrafnisdiens is Saterdag 13 Desember vanuit die Bella Vista gemeenskapsaal gehou.
ZWELINJANI Mbola (22).
BRANDBESTRYDERS moes sedert 5 Desember, dae lank teen vlamme en sterk wind veg. Duisende hektaar fynbos is reeds in die Witzenbergstreek verwoes. Vier vakansiehuise is verlede week naby Boontjiesrivier in puin gelê. Die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit se branddienste, saam met verskeie vennote soos CapeNature, die Winelands Fire Protection Association (WFPA), asook branddienste vanaf die Breedevallei-, Stellenbosch en Witzenberg munisipaliteite, plaaswerkers en grondeienaars, het brandbestryding in moeilike omstandighede gedoen. Verlede Donderdag 11 Desember omstreeks 14:30 het die veld aan weerskante van R46 tussen Wolseley en Tulbagh gebrand. * Inwoners word gevra om versigtig te wees om vure aan te steek en dit net te doen, in aangewese plekke. FOTO: Heinrick Strumpher - KWDM brandbestryder
Inwoners omgekrap oor dorp se waterprobleme INWONERS van Tulbagh is die afgelope twee weke erg bekommerd oor hulle gesondheid en omgekrap oor die kwaliteit van die dorp se drinkwater terwyl die Witzenberg munisipaliteit volhou dat watertoetse wat van 5-16 Desember gedoen is, wys dat die watergehalte binne die toegelate standaard val. Maar wie is reg? Die Witzenberg munisipaliteit het die afgelope twee weke talle klagtes ontvang rakende die watergehalte op Tulbagh, wat wissel dat die water bruin is tot ‘n onaangename reuk het. In ‘n verklaring begin verlede week noem die munisipaliteit dat hulle ‘n onafhanklike diensverskaffer opdrag gegee het om watermonsters te versamel en te ontleed uit die verskillende areas waar klagtes aangemeld is. Die resultate van Aquatico Cape Laboratories (5-9 Desember) wat beskikbaar is aan inwoners, bevestig dat die water in Tulbagh veilig is en aan die standaarde voldoen wat deur SANS 241 aanbeveel word. Nuwe dam Die munisipaliteit het ook agtergrond verskaf en in die verklaring gesê dat ‘n nuwe dam (Waverenskroon) twee jaar gelede gebou is. Spesialisadviseurs het aan die munisipaliteit genoem dat dit tyd neem vir ‘n dam om te sak, wat die troebelheid van die water kan beïnvloed. Einde 2024 het die munisipaliteit ‘n soortgelyke probleem ondervind en daar is besluit om die waterpyplyn wat water na ou dorpsdam en suiweringsaanleg vervoer, te sluit. Begin Desember na ‘n tydperk van 10 maande, het die munisipaliteit weer die pyplyn heropen om aan die hoër vraag na water op Tulbagh, te voldoen. Die voorlopige ondersoek dui daarop dat sediment in die pyplyn die primêre oorsaak was van die verhoogde troebelheidsvlakke. Sedert 5 Desember spoel munisipale amptenare die waterstelsel. Die tegniese span monitor deurentyd die watergehalte op Tulbagh. As ‘n bykomende voorsorgmaatreël is verdere onafhanklike watergehaltetoetse vanaf 8 Desember gedoen. Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit het ook toetse laat doen. Probleem nog nie opgelos Inwoners het verlede Donderdag 11 Desember nog gekla dat die water sleg smaak en vuil is. Volgens die inwoners het die munispaliteit se oplossing om die water-
stelsel te spoel, niks of nie veel gehelp om waterkwaliteit te verbeter nie en die waterprobleem op te los nie. WaterCAN, ‘n burgerlike samelewingsinisiatief wat voorspraak maak vir veilige en billike water in Suid-Afrika, is deur ‘n paar inwoners genader kort nadat die waterprobleem vir die eerste keer op die dorp begin het. WaterCAN het verskeie toetse uitgevoer met behulp van hul iLab-toetsstel. Hulle resultate het getoon dat ‘n paar kraanwatermonsters positief getoets het vir bakterieë, wat dui op moontlike besmetting wat water onveilig maak vir verbruik sonder behandeling. WaterCAN het hierna die munisipaliteit versoek om ‘n kookwaterkennisgewing uit te reik, geakkrediteerde laboratoriumtoetse uit te voer om bakteriële besmetting te bevestig en die omvang daarvan te bepaal, toetsresultate aan die gemeenskap beskikbaar te stel en watertenkwaens of alternatiewe voorsiening as ‘n tydelike maatreël te verskaf om toegang tot veilige drinkwater te verseker. Optrede geëis Witzenberg Justice Coalition het Sondag 14 Desember pamflette versprei wat die Tulbagh gemeenskap tot aksie oproep. ‘n Vergadering is Maandag 15 Desember om 11:00 tussen lede van WJC en munisipale amptenare by die munisipale kantore gehou om die waterprobleem te bespreek. Klagtes geniet aandag Elke klagte wat aangemeld word se adresbesonderhede word deur die munisipaliteit geneem waarna die tegniese span die perseel besoek en watermonsters en fotos neem. Die waterprobleme is nie beperk tot ‘n seker woongebied op Tulbagh nie en kom plek-plek voor. Die waterstelsel word nog daagliks gespoel. As deel van die Witzenberg munisipaliteit se standaard operasionele prosedures, word daaglikse watermonsters geneem om sodoende te verseker dat die water aan SANS 241-1:2015 voldoen.
Geseënde Feestyd en mag ons paaie in 2026 weer so kruis.
Baie dankie vir u lojale ondersteuning gedurende 2025!
Francois Snyman
Erika Snyman
Lené Viljoen
Daniel de Bruyn
Kantoor sluit 19 Desember 2025 en heropen op 12 Januarie 2026
4 l WITZENBERG HERALD l 19 DECEMBER 2025
R70 000 al ingesamel DIE Munga geldinsamelingsprojek vir Cordré Smith en Mick de Jager, vorder goed en daar is reeds meer as R70 000 ingesamel. “Dankie aan almal wat sover bygedra het om die lewensgehalte te verbeter van ons vriende en familie in nood. Baie dankie aan Converge Solutions, Passion4Wholeness, Bellator Wines en Hubrecht van Dalsen vir julle ruim bydraes. Dankie ook aan elke individu en maatskappy wat sover gehelp het.” Inwoners en sakelui kan nog bydraes maak aan die insamelingsprojek vir Cordré en Mick. Donasies kan inbetaal word in: 61 Mech Battalions Group Veterans Association, Standard Bank takkode 006305, rekening no. 00329-3661 met verwysing MUNGA 25.
(023) 004-1338 l www.mastheadfp.co.za A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider
MASTHEAD Financial Planning
Neels Boshoff Anna-Marié Boshoff 082-335-8331 082-376-6498 Aan ons kliënte, mag julle ‘n Geseënde Christusfees beleef en ‘n Voorspoedige 2026. Baie dankie vir al die ondersteuning deur die jaar.
Stropers in hof
DIE personeel van Witzenberg APD word bedank vir hul diens en harde werk gedurende 2025 met APD-kliënte.
Diefstalsaak tot 2026 uitgestel ‘n OUDWERKNEMER van ‘n myn in die Noordwes provinsie, wat oor ‘n lang tydperk meer as R1 miljoen by die myn gesteel het, het verlede Maandag weer in die streekhof in Rustenburg verskyn. Die Valke en die SAPD handelsmisdaadeenheid, het sedert 2019 twee oudwerknemers van Sitona Mining ondersoek nadat hulle oor ‘n lang tydperk meer as R10 miljoen gesteel het. Een van die vrouens is in Februarie 2024 skuldig bevind en gevonnis. Die tweede persoon wat aangekla is van diefstal en bedrog van meer as R1 miljoen, is Alicia Gwynathon (Gwynnie) Cunningham (35), wat na dié voorval vir ‘n tyd op Ceres en De Doorns gewoon en gewerk het en nou iewers in die Worcesteromgewing woon. Cunningham, wat uit is op R15 000 borgtog, het Maandag 8 Desember weer in die streekhof op Rustenburg verskyn. Die saak is tot 28 Januarie 2026 uitgestel sodat Cunningham kan konsulteer met ‘n prokureur of regshulp.
VIER jaar nadat vyf renosters op Inverdoorn, tussen Ceres en Sutherland, doodgeskiet is, is daar nog min vordering gemaak in die vyf stropers se verhoor. Die verhoor is tot 10 April 2026 uitgestel. Die vyf vermeende stropers het verlede Woensdag 10 Desember in die Khayelitsha streekhof, ‘n prioriteitshof vir natuurbewaringsoortredings, verskyn. Hulle is presies vier jaar gelede op 10 Desember 2021 gearresteer. Verhoor Amade Filemone Chongo (50) van Mosambiek staan saam met Innocence Davey Chiwenya (60), Wishes Mugari (33), Justice Cossa (31) en Michael Mbaura (27) in die beskuldigbank. Twee van die stropers is van Zimbabwe, twee is van Mosambiek en een is van Malawië. Dié renosterstropers is op 10 Desember 2021, twee dae na die stropingsvoorval, met die hulp van die polisie, die veediefstal- en bedreigde spesie-eenheid in Worcester, CapeNature en ‘n forensiese ondersoeker, vasgetrek. Die mans word verdink van die stroping en skiet van vyf renosters op 8 Desember 2021 op Inverdoorn, ‘n private wildsplaas ongeveer 65 km van Ceres op die Sutherlandpad en staan tereg op aanklagtes van sameswering om ‘n misdaad te pleeg (vyf renosters te jag), dieremishandeling, die oortreding van art.57 (1) - ‘n optrede sonder ‘n permit teen ‘n bedreigde spesie, betreding, onwettig die land binnegekom en hier aangebly het en diefstal van vier renosterhorings. Die beraamde waarde van die renosters en die gestroopte horings het destyds nagenoeg R825 000 per renoster en nagenoeg R2.64 miljoen vir die 24kg renosterhorings, beloop.
ADMINISTRATIEWE KLERK: PRODUKSIE (CERES) Arie 082-495-9959 (023) 312-1707
Carel 082-823-6707 arie@cvc-ceres.co.za
PARTS CENTRE
CERES LANDBOU MIDAS ☎ (023) 312-1707
Ons wens al ons kliënte ‘n Geseënde en veilige Kerstyd toe en baie dankie vir u getroue ondersteuning gedurende 2025.
Dutoit Agri nooi geskikte kandidate om aansoek te doen vir die pos van Administratiewe Klerk by ons finansiële kantoor in Ceres, Wes-Kaap. Hierdie rol vorm deel van ‘n dinamiese finansiële span en rapporteer direk aan die Finansiële Bestuurder. Die sleutelverantwoordelikhede sluit onder andere die volgende in: • Volledige krediteure funksie • Skakeling met verskaffers en administratiewe kantore op landgoedere • Ander diverse administratiewe take soos benodig. Die ideale kandidaat beskik oor: • ‘n Toepaslike naskoolse diploma of graad in finansies of administrasie • Bogemiddelde Excel vaardighede met ervaring in Microsoft Business Central wat die aansoek sal versterk • Goeie rekenaarvaardighede in veral Microsoft programme • Bewese ondervinding as ‘n krediteure klerk • Uitstekende interpersoonlike vaardighede • Fyn oog vir detail en bogemiddelde akkuraatheid • Sterk tydbestuur en self organisasie Ons bied ‘n mededingende vergoedingspakket, wat lidmaatskap tot ‘n aftreeen mediese fonds insluit. Om vir hierdie posisie aansoek te doen, doen asseblief aansoek op die webtuiste by: www.dutoitagri.com Die posisie is onder die “About/Careers” afdeling op die webtuiste. Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Januarie 2026 Diensaanvaarding: So gou doenlik maar ideaal gesproke nie later as 1 Maart 2026.
Skakel asseblief ons beheerkamer by (023) 316-1117
Ceres Alarms and Guarding Toets asseblief u alarm vroegtydig sodat ons die nodige tegniese regstellings kan maak voor die feestyd begin.
Ons wens al ons kliënte ‘n Geseënde en veilige Kerstyd toe. Baie dankie vir u getroue ondersteuning gedurende 2025.
It's competition time Ho-Ho-Hold on to your Christmas hats! It’s competition time and a beautiful prize is up for grabs - a gorgeous beaded collar or voucher from Witzenberg Vets. To enter comment with a brag post picture of you and/or your McFurry/McFeathers/McFloofs jingling all the way to the 25 December. Like and follow our Witzeberg Vets Ceres Facebook Page. The lucky winner will be announced on 25 December. Seen here are Lente Cillie with CeresCelestis Arcturus Beer.
Ceres Fiesta
88 Voortrekker Street, CERES ☎ (023) 316-1328 Fax: (023) 316-1328
MERRY CHRISTMAS & HAPPY NEW YEAR May this Christmas be bright and cheerful and may the New Year begin on a prosperous note!
Thank you for all the support during 2025.
19 DECEMBER 2025 l WITZENBERG HERALD l 5
SKOLE het skaars vir die Desember skoolvakansie gesluit, toe is daar reeds talle ernstige ongelukke in die Witzenberg aangemeld. Die Toyota Corolla het op die R355 na Sutherland op sy dak beland. Met die polisie se aankoms Woensdag 3 Desember omstreeks 18:30 op die toneel, was geen insittendes naby die wrak nie. ‘n Vragmotor met ‘n vrag pallette op, het Donderdag 4 Desember by die Witbrugkruising in Michellspas omgeslaan. * ‘n Beroep word weer op plaaslike motoriste gedoen om verantwoordelik te bestuur en versigtig te wees vir voetgangers en fietsryers. Padgebruikers word ook gevra om gedurende die skoolvakansie en feestyd verkeerswette te gehoorsaam en te verseker dat hulle voertuie padwaardig is en om nie onder die invloed van alkohol of dwelms te bestuur nie. Wetstoepassers gaan geen genade aan dié oortreders betoon nie. Dra jou veiligheidsgordels! ** Volgens die nasionale departement van vervoer, het daar al 249 mense in die eerste twee weke van Desembermaand in 213 noodlottige ongelukke gesterf. DIE bestuurder van die Toyota Hilux bakkie en die eienaar van Lollas Pub op Gouda, Jakkie Jan Ruiters, het Maandagaand 15 Desember in die hospitaal gesterf nadat die bakkie ‘n minibus taxi getref en in ‘n sloot beland het. Die ongeluk het omstreeks 22:00 in Nuwekloofpas plaasgevind. Ruiters is met die slag uit die bakkie geslinger. Twee passasiers in die minibus is beseer.
CERES SAPD gaan ook gedurende Desember hul wetstoepassing verskerp. Maandag 15 Desember het die polisie inligting opgevolg en die voertuig in Van Riebeeckstraat gestop en deursoek.
LIZANDRE Geduld (6) van Bella Vista het verlede Maandag 8 Desember tragies gesterf toe hy in ‘n opblaas swembad verdrink het. Die voorval het omstreeks 15:30 by ‘n privaat woning plaasgevind terwyl hy saam met maats gespeel het. Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek na die voorval geopen. Die begrafnisdiens van Lizandre het Saterdag 13 Desember plaasgevind. * Met die feesgety om die draai, word inwoners gevra om versigtig te wees en altyd te sorg dat daar volwasse toesig is waar kinders swem. Kinders kan van munisipale swembaddens gebruik maak want daar is toesig en lewensredders werksaam tydens die vakansietyd. Die nasionale seereddingsinstituut (NSRI), bied gereeld oorlewingsswemlesse aan jong leerders.
Geseënde Feestyd
Namens die Raad en Administrasie wil ek almal ‘n Geseënde Kersfees en ‘n gelukkige, gesonde en voorspoedige Nuwejaar toewens! Geniet die feestyd saam met familie en vriende. Ons bid vir reisgenade en u veilige terugkeer. Mag 2026 ‘n wonderlike jaar vir almal wees. Neem asseblief kennis dat ons kantore oor die feestyd vanaf 19/12/2025 om 13:00 gesluit sal wees en op 05/01/2026 om 07:30 sal heropen. Witzenberg Verkeers- en Wetstoepassingsbeamptes en ALLE noodsaaklike dienste sal deurgaans operasioneel wees, asook die Witzenberg 24-uur Beheerkamer by (023) 492-0181/2. Vullisverwyderingdienste sal soos gewoonlik voortgaan, behalwe op 25/12/2025 en 01/01/2026.
Festive Season Greetings
On behalf of the Council and Administration, I would like to wish everyone a Merry Christmas and a happy, healthy and prosperous New Year! Enjoy the festive season with family and friends. We pray for traveling mercies and your safe return. May 2026 be a great year for all. Kindly note that our offices will be closed over the festive season from 19/12/2025 at 13:00 and will reopen on 05/01/2026 at 07:30. Witzenberg Traffic and Law Enforcement officers and ALL essential services will be operational throughout, as well as the Witzenberg 24-hour Control Room, on (023) 492-0181/2. Waste removal services will continue as usual, except on 25/12/2025 and 01/01/2026.
Umbuliso ngeXesha leziYunguma
Ngokomyalelo weBhunga neSebe loLawulo, ndinqwenelela wonke ubani iKrisimesi emyoli, engcono kunye nonyaka omtsha oyokozela amathamsanqa! Yonwabela ixesha lakho lezi-Yunguma nezihlobo nezalamane. Sithandazela uhambo oluhle nokuba nibuye nisakhuselekile. Yanga unyaka ka2026 ungangunyaka oyokozela amathamsanqa kuni nonke. Sibongoza wonke ubani asebenzise amanzi nombane ngobunono Qaphela ukuba ii-Ofisi zethu ziyakube zivaliwe kwelilixa leziyunguma ukusuka ngomhla wama 19/12/2025 ngentsimbi kwaye ziyakuphinda zivulwe ngomhla wesi 05/01/2026 ngo 07:30. Amagosa oGunyaziso Mthetho neZithuthi kunye nabo basebenza kwiiNkonzo ezingundoqo bayakube bengxashile kwaye\besebenza, kunye negumbi loLawulo lonxibelelwano kuMasipala liyakube livulwe iiYure ezingama 24, tsalela (023) 492-0181/2. Ukuthuthwa kwenkunkuma kuyakwenziwa njengesiqhelo ngaphandle kwangomhla wama 25 kweyoMnga kunye nomhla woku 1 kweyoMqungu 2026.
TREVOR ABRAHAMS Uitvoerende Burgemeester l Executive Mayor l USodolophu oLawulayo
6 l WITZENBERG HERALD l 19 DECEMBER 2025
NOOD
classifieds
(023) 346-6000
AND ART FRAMING
(023) 316-2328 (023) 316-8600 (023) 316-1997
of skakel 10111
Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
R40 per koerant bondel te koop by Witzenberg Herald se kantore. Skakel (023) 316-2021.
CENTRAL CERES MOTORS
SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS
Contact Lens Practitioner Optometrist (023) 312-3060 SKAKEL OF WHATSAPP: 072-951-2874 DE KEURSENTRUM 2, CERES 6835
SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
STEFAN STEYN 083-227-6476
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
Skakel
(023) 004-0595 Faks: 086-407-6707 Reg no: 2014/097150/07 BTW no: 4140265846
CONTACT DETAILS:
Conrad Jurg (TECHNICIAN)
082-341-1240 info@bdktech.co.za
Maryna de Villiers (SALES)
(023) 004-0595 ctsales@bdktech.co.za
SECURE YOUR PROPERTY WITH
CCTV CAMERAS and ALARM SYSTEMS
PLANT AND TOOL HIRE
Service Center & Panelbeating
082-859-2300 Voortrekkerstraat 37 467, Ceres 6835
SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
STEFAN STEYN 083-227-6476
AND ART FRAMING
Oogkundige Kontaklenspraktisyn
SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS
• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing
Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.
Christiaan 079-177-2490
DIE jaarlikse Ceres Junior tennistoernooi, is verlede week deur Ceres tennisklub op Ceres aangebied. Die toernooi waaraan 120 spelers deelgeneem het, is vanjaar deur Ceres Fruit Growers en Tru-Cape geborg. Hier is die seuns o/12 groep wat deelgeneem het. FOTO REGS: Adriaan Walters (Ceres) en Cassie du Toit (Koue Bokkeveld) was die wenners van die seuns o/12 dubbels.
☎ (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060619-2758 of 082-704-3276.
www.jptek.co.za ☎ 023 1000 515 info@jptek.co.za
Select CENTRAL CERES MOTORS Service Center & Panelbeating
• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing
Voortrekkerstr., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274
Ceres Alarms and Guarding
Ons installeer en versien alle elektroniese alarm- en kamerastelsels Skakel Ernest (023) 316-1117
LAUNDRY Whatsapp of skakel
082-821-3610 Joubertstr. 16, Ceres Ma - Vry: 08:00 - 17:00
Ons tel op en le wer af op lew spesiale ver soek* ersoek* *Terme en voorwaardes geld
Bespreek hierdie spasie in rooi vir 2026
@ R194 of VOLKLEUR @ R235 Skakel
(023) 316-2021
CHARLIES • Locksmith • Handyman • Mobile Carwash R100 Small R150 SUV
TWEE leerders van Laerskool Koue Bokkeveld, Helené du Toit en Daniël du Toit, is opgeneem in die Wes-Kaap Kavalier tennisspan vir 2026. Hulle speel einde Feb. 2026 teen WP in die Synergy Cup.
Vakansiedae: Gesluit
At the comfort of your own home
For appointments contact Charles at 072-705-5233
KOMPETISIE Wen 6 bottels Saronsberg Provenance Shiraz ter waarde van R750. SARONSBERG wynlandgoed buite Tulbagh se wyne het vanjaar weer die 2025 Platter’s Diners Club wyngids gehaal. Een gelukkige leser kan 6 bottels Saronsberg Provenance Shiraz wen ter waarde van R750 deur die onderstaande vraag te beantwoord: Watter Saronsberg wyn kan een gelukkige leser wen? Whatsapp jou naam en antwoord na 066-316-3003 voor of op Sondag 21 Desember 2025 (GEEN FACEBOOK INSKRYWINGS SAL AANVAAR WORD NIE) Wenner sal Maandag 22 Desember 2025 in kennis gestel word.
19 DECEMBER 2025 l WITZENBERG HERALD l 7
DRIE leerders van Laerskool Gericke het Saterdag 6 Desember aan die Boland tweekampkompetisie op Bonnievale deelgeneem. Hosea Maralack het ‘n persoonlike beste opgestel en 8ste in die o/9 afdeling klaargemaak, Adanje du Plessis (meisies o/11) het ‘n sesde plek verower en Judah Maralack (seuns o/11) het 35ste geëindig.
Zoey gaan Januariemaand aan tennistoernooi in Bloemfontein deelneem
LAERSKOOL Koue Bokkeveld gee elke jaar ‘n tennisbeker aan leerders wat deur die loop van die jaar goed presteer in tennis. VLNR: Helené du Toit (beste vordering in tennis), Anmari Steenkamp (no.1 tennisspeler vir 2025), Hanle Lourens (tennisafrigter), Markus Tomlinson (no.1 tennisspeler vir 2025) en Wikus Bothma (beste vordering in tennis).
ZOEY Carolus van Laerskool Koue Bokkeveld is opgeneem in die Wes-Kaap Kavalier Interpro-tennisspan vir 2026. Sy neem vanaf 7-11 Januarie 2026 in Bloemfontein deel aan die Interprovinsiale tennistoernooi.
Ceres Besigheidsinisiatief bedank hiermee alle sakelui en lede vir nog ‘n jaar se ondersteuning.
Die pre-graad R klas van die Laerskool Koue Bokkeveld het onlangs hul jaarlikse uitstappie na Howbill Pakstoor op Parys onderneem. Hulle het baie geleer en het ook elkeen ‘n kans gekry om hul eie sakkie appels te pak.
“Dankie vir die samewerking om CBI in staat te stel om ‘n verskil in ons dorp en omgewing te maak. Dankie dat elkeen, ten spyte van die ekonomiese druk, steeds jul ondersteuning gee. Dit word opreg waardeer. Geseënde Feestyd word elkeen toegewens”.
KENNISGEWING l NOTICE l ISAZISO 2024/2025 JAARVERSLAG VIR KOMMENTAAR Kennis geskied hiermee volgens artikel 21A van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels 2000 en Artikel 127(5)(a)(i) van die MFMA, dat die Witzenberg Munisipaliteit se Jaarverslag vir 2024/2025, nou beskikbaar is en ter insae lê vir kommentaar. Die Jaarverslag kan verkry word by alle munisipale kantore en openbare biblioteke en is beskikbaar op ons webtuiste: www.witzenberg.gov.za Persone wat nie kan skryf nie, mag na die munisipale kantore kom gedurende kantoorure, waar ‘n personeellid hulle sal bystaan met die neerskryf van hulle kommentaar of vertoë. Kommentaar of vertoë moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word, voor of op 12 Januarie 2026 by Witzenberg Munisipaliteit, Posbus 44, Voortrekkerstraat 50, Ceres of elektronies aan admin@witzenberg.gov.za
2024/2025 ANNUAL REPORT FOR COMMENTS Notice is hereby given, in terms of Section 21A of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 and Section 127(5)(a)(i) of the MFMA, that the 2024/2025 Annual Report, is now made public for inspection and comments. The Annual Report may be accessed at all municipal offices and public libraries and on our website: www.witzenberg.gov.za Any person who cannot write may come to the Municipal offices during office hours, where a staff member of the municipality will assist to transcribe their comments or representation. All comments or representation must be lodged in writing to the Municipal Manager not later than 12 January 2026 at Witzenberg Municipality, P.O. Box 44, 50 Voortrekker Road, Ceres or via e-mail admin@witzenberg.gov.za
INGXELO EHLAZIYIWEYO YONYAKA ENGAGQITYWANGA KA 2024/2025 Esisaziso sikhutshwe, ngokuyinxalenye nomgaqo siseko ka (21A) wooMasipala baMakhaya: uMthetho ka 2000 owaziwa njengo(Mthetho wendlela yokusebenza kooMasipala) kunye necandelo lama 127(5)(a)(i) lwe(MFMA) Umthetho ojongene noLawulo lwezimali kooMasipala ukuba uqulunqo oluhlaziyiweyo lweNgxelo yonyaka ka 2024/2025, ngoku lwenziwa esidlangalaleni ukuze luhlolwe kwaye kuhlomlwe. Ingxelo yonyaka ehlaziyiweyo engaqukunjelwanga inokufumaneka kuzo zonke ii-ofisi zikaMasipala, naMathala eeNcwadi oluntu, nakwi Ndawo ye intanethi yethu: www.witzenberg.gov.za Wonke ubani ongakwaziyo ukubhala unelungelo lokuba atyelele kwii-ofisi zikaMasipala ngexesha lomsebenzi ukuze afumane uncedo oluthe vetshe/ oluphangaleleyo malunga nezikhalazo /ngoluvo olo. Lonke uluvo kunye nezikhalazo kufuneka lubhalwe phantsi kwaye zifikelele kuMlawuli-Masipala phambi komhla wesi-12 kweyoMqungu 2026. Witzenberg Municipality, P.O. Box 44, 50 Voortrekker Road, Ceres okanye iimeyile ku admin@witzenberg.gov.za ku admin@witzenberg.gov.za
D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER UMLAWULI-MASIPALA
OPENBARE KENNISGEWING VAN VERGADERINGS VAN DIE WITZENBERG PLAASLIKE MUNISIPALE RAAD: JANUARIE TOT DESEMBER 2026 Kennis word hiermee gegee ingevolge Artikel 19 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) van die volgende geskeduleerde Raadsvergaderings van die Witzenberg Plaaslike Munisipale Raad: Datum Woensdag, 28 Januarie 2026 Woensdag, 25 Februarie 2026 Woensdag, 25 Maart 2026 Woensdag, 27 Mei 2026 Woensdag, 29 Julie 2026 Woensdag, 26 Augustus 2026 Woensdag, 28 Oktober 2026 Woensdag, 9 Desember 2026
Tyd 10:00 10:00 10:00 10:00 10:00 10:00 10:00 10:00
Plek
Besonderhede
Stadsaal, Voortrekkerstr., Ceres
Raadsvergadering
PUBLIC NOTICE OF MEETINGS OF THE WITZENBERG LOCAL MUNICIPAL COUNCIL: JANUARY UNTIL DECEMBER 2026 Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) of the following scheduled Council meetings of the Witzenberg Local Municipal Council: Date Wednesday, 28 January 2026 Wednesday, 25 February 2026 Wednesday, 25 March 2026 Wednesday, 27 May 2026 Wednesday, 29 July 2026 Wednesday, 26 August 2026 Wednesday, 28 October 2026 Wednesday, 9 December 2026 D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER Verw/Ref.: 03/1/2/3
Time 10:00 10:00 10:00 10:00 10:00 10:00 10:00 10:00
Venue
Particulars
Town Hall, Voortrekker St., Ceres
Council meeting
8 l WITZENBERG HERALD l 19 DECEMBER 2025
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen adver tensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Sport Witzenberg Herald
Connie wen klubkompetisie CONNIE Malherbe het Saterdag 13 Desember die enkel stableford kompetisie met 40 punte gewen. Wynand Crous, ook met 40 punte, was in die tweede plek na ‘n uittel. Peter Versfeld was derde met 39 punte gevolg deur BJ Claasen met 37 punte en Charles Basson met 35 punte. Klubkompetisies Op 20 Desember word ‘n enkel syfer plus
kompetisie aangebied, op Saterdag 10 Januarie word ‘n enkel stableford kompetisie aangebied, op 17 Januarie ‘n beterbal stableford kompetisie, 24 en 25 Januarie is die baan gesluit vir die Ceres Ope en Ceres Junior Ope en op 31 Januarie word ‘n samespel syfer plus kompetisie aangebied. Spelers moet kennis neem dat daar geen Sundowner kompetisies sal wees tot en met Januariemaand nie.
Blitsbokke
Luan nou deel van nasionale sewesgroep DIE belowende losskakel in die Sharks o/21 groep en oudleerder van Charlie Hofmeyr, Luan Gilliomee, is opgeroep om hom by die Blitsbokke sewesgroep aan te sluit. Luan het vroeër die week saam met die sewesgroep geoefen. * Luan was vanjaar deel van die Sharks se o/21 span wat as kampioene gekroon is asook die SA o/19 span wat teen Ierland en Frankryk gespeel het.
JACOBUS Botha van Laerskool FD Conradie het op 5 en 6 Desember, aan die Ceres Junior tennistoernooi op Ceres deelgeneem en skitterend gevaar. Hy het ‘n algehele tweede plek vir seuns o/9 behaal. Hette-Mari Botha (regs) van Laerskool FD Conradie is onlangs gekies om die o/9A Boland tweekampspan op 7 Februarie 2026 by die interprovinsiale byeenkoms op Oudtshoorn te verteenwoordig.
Ons wens al ons kliënte ‘n geseënde Kerstyd toe. Baie dankie vir u getroue ondersteuning gedurende 2025. Vosstraat 72, CERES 6835 (023) 312-1126
DRIE junior atlete van Ceres atletiekklub het op 10 Desember uitstekend gevaar in die Taalmonument 10 kilometer aandwedloop. Shantru Lee van Rooi was derde in die juniorafdeling. FOTO REGS: JadeLee de Wee (links) was die eerste junior oor die eindstreep. Hy het ook algeheel tweede geëindig. Ghairon Willemse (regs) was tweede in die juniorafdeling en algeheel vierde.
Baie dankie aan al ons JPTek-klante vir julle waardevolle ondersteuning en samewerking deur die jaar. Ons waardeer dit opreg en sien uit daarna om ons samewerking in die nuwe jaar voort te sit. Mag julle ‘n geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige nuwe jaar, vol liefde, vrede en seën beleef. Beste wense, die JPTek-span