Ons kantoor sal gesluit wees vanaf Vrydag 19 Desember en heropen op Maandag 12 Januarie
Ceres is die naweek tot in sy fondamente geskud na nuus bekend geword het van een van die grusaamste moorde die afgelope 30 jaar op die dorp.
Lees berig op bladsy 3
Ceres Toyota, Caltex en Puma wil graag al hulle kliënte bedank vir die ondersteuning gedurende die jaar en wens almal ‘n Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige 2026 toe.
OOP: 16 Desember
GESLUIT: 2 Januarie
Kleintjies op pad na graad R
SEWE kleuters van Kietiekat op P.A. Hamlet het graad gevang en gaan in 2026 na graad R. Mag jul toekoms blink voor julle voetjies lê!
Ons kantoor sal gesluit wees vanaf 19 Desember 2025 en heropen op 12 Januarie 2026
Cybertech IT is op soek na ’n gefokusde, selfgemotiveerde, dinamiese KANTOORDAME
Vereistes: • Graad 12 • Vorige verwysings • Uitstekende kommunikasievaardighede • Vriendelik en professioneel • Afrikaans en Engels vlot praat en skryf • Rekenaarvaardig wees met ± 1 jaar agtergrond in Sage Pastel. Pligte: • Algemene ontvangs (telefoon en instap kliënte) • Kwotasies en verkope • Uitteken van voorraad • Voorraadopname • Voorraadbestellings • Algemene bemarking
Sluitingsdatum vir aansoeke: 5 Januarie 2026
E-pos CV na: admin@cybertechit.org
KENNISGEWING
In die boedel van wyle: JIMMY JACOBUS ABRAHAMS
Id. no. 531205 5097 087
Van: EERSTELAAN 20, TULBAGH, 6820
Boedelnommer: 004018/2025
Wie oorlede is op: 11 OKTOBER 2024
Skuldeisers en Skuldenaars in bogemelde boedel word hiermee versoek om hulle eise in te dien by en hulle skulde te betaal aan die ondergetekende binne ‘n tydperk van 30 (Dertig) dae vanaf VRYDAG 12 DESEMBER 2025 BEZUIDENHOUT INGELYF
Prokureur vir Eksekuteur Kerkstraat 45, Tulbagh, 6820 (Verw: AB/JC0350)
World Aids Day
ON 1 December in commemoration of World AIDS Day, the Cape Winelands District municipality, the South African Tuberculosis Vaccine Initiative (SATVI), the Cape Winelands Youth Forum, NGO’s/ NPO’s gathered in Worcester. The discussions aimed to shed light on the growing epidemic and spread of the HIV/AIDS disease. Candles were lit to symbolise light to the living and honour those who have fallen. World AIDS Day is a reminder of our struggles, progress, and resilience. CWDM is committed to the fight against HIV and AIDS by working hand in hand with communities to transform the HIV/AIDS response. Seen here are members of the Cape Winelands Youth Forum with CWDM officials, Executive Deputy Mayor Ald. Margie Sampson and Dr. Allie from SATVI.
DRS. LAUBSCHER EN ROSSOUW
VOLTYDSE ONTVANGSPERSOON
’n Goed-ingestelde en besige mediese praktyk is op soek na ’n professionele, georganiseerde ontvangspersoon om die daaglikse ontvangs- en wagkamer take te hanteer.
Verantwoordelikhede: • Verwelkom en help pasiënte
• Hanteer die skakelbord en maak afsprake • Doen mediesefonds verifikasies en basiese administrasie (mediese lêers, liassering en algemene kantoorpligte) • Verskaf administratiewe ondersteuning aan dokters en personeel
Vereistes:
• Ervaring in ontvangs- of administratiewe werk (mediese ervaring word as ’n voordeel beskou)
• Goeie mondelinge en skriftelike kommunikasievaardighede • Moet kalm kan bly en goed kan funksioneer onder druk
• Betroubare rekenaarvaardighede en akkurate data-invoer • Netjiese, professionele voorkoms en sterk kliëntediens.
Werksure: 08:00 - 17:00
(Maandag tot Vrydag) Naweke en openbare vakansiedae word op ’n rotasiebasis verdeel. Salaris: Sal bespreek word tydens onderhoud. Diensaanvaarding: Begin Januarie 2026
Stuur u CV en 2 verwysings na: carinus@xpoint.co.za Meld asb. duidelik op die aansoek: “ONTVANGSPERSOON”
THE Western Cape Blood Service (WCBS) is appealing to all O-negative, O-positive and B-positive blood donors to donate as soon as possible, as blood stocks have reached critical levels. The service aims to maintain a 5-day supply of all blood groups and currently only has a 2-day supply in these groups. WCBS is urging existing donors with the mentioned blood types to donate immediately. To find your closest blood donation clinic, visit www. wcbs.org.za or contact WCBS via WhatsApp at 060-549-7244.
Tests show water in Tulbagh is safe to drink
OVER the past week, the Municipality has received numerous complaints regarding the water quality in Tulbagh, ranging from its brown colour to an unpleasant odour.
Unfortunately, some community members have taken to social media to spread misinformation, which has only added to the confusion. Rest assured, the Municipality has taken swift action to address these concerns.
“ We have instructed our independent service provider to collect and analyse water samples from various areas where complaints have been reported. The results, which we are sharing with you now (see below), confirm that the water in Tulbagh is safe and meets the standards set by SANS 241”.
“To provide some background, the Municipality constructed a new dam that was completed and put into operation two years ago. Our specialist advisors have informed us that it takes time for a dam to settle, which can affect the turbidity of the water. Last year, we faced a similar issue and decided to close the water pipeline that transports water to our old dam and purification plant. Approximately two weeks ago, after a period of ten months, we reopened this pipeline to meet the higher public demand for water in Tulbagh, which has been further exacerbated by the unusual heatwave in the Witzenberg area”.
The preliminary investigation suggests that sediment in the pipeline is the primary cause of the increased turbidity levels.
“Since Friday, December 5, we have been flushing our water system, and it appears to be effective. Only a few streets remain to be flushed, and we are hopeful that this will resolve the water quality issue in Tulbagh. We sincerely apologize for any inconvenience this may have caused and appreciate your patience and understanding as we work to ensure the highest quality of water for our community”.
* The results from Aquatico Cape Laboratories (5-9 December) is available at Witzenberg Municipality.
Aansoeke sal slegs oorweeg word indien dit ingedien word via die onderstaande skakel:
Verdagte in hof
BARBAARS!
Ceres is die naweek tot in sy fondamente geskud na nuus bekend geword het van een van die grusaamste moorde die afgelope 30 jaar op die dorp. Die polisie wou Dinsdag nog nie veel oor die ondersoek bekend maak nie en wou ook nie bevestig of dit ‘n moetie-moord was nie.
Volgens voorlopige inligting is twee wetstoepassers Sondag 7 Desember omstreeks 09:00 deur ‘n lid van die publiek genader dat ‘n onbekende man op die sypaadjie voor ‘n onderneming in Voortrekkerstraat sit met liggaamsdele.
Die beamptes is na die toneel oorkant hulle kantore en het ‘n man sien sit by die afgekapte arms van ‘n mens. Hulle het die polisie na die toneel ontbied. Die man (22) wat by die ledemate in die son gesit het, het laat blyk dat die res van die liggaam onder die treinspoorbrug in Voortrekkerstraat, net voor die afdraai na CFG, lê. Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle die erg geskende liggaam van ‘n man aangetref. Van sy organe het langs hom gelê. Die oorledene is later as Piet Joubert (43) van Vredebes en ‘n werknemer van Ina’s Car Wash Paradise, geïdentifiseer.
Medelye
Meer as 230 plasings van
simpatie en medelye met die familie van Joubert, is sedert die voorval op sosiale media geplaas. Inwoners het ook hier hul skok en woede uitgespreek met die voorval. Joubert is as ‘n saggeaarde en vriendelike persoon beskryf wat niemand enige leed sou aandoen nie.
Hofverskyning
Zwelinjani Mbola (22) van Nduli, wat sedert die naweek in aanhouding is, het vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord en lykskending. Die staat beweer dat die beskuldigde vir Joubert vermoor het deur sy liggaam met ‘n skerp voorwerp op te sny.
Die saak is Dinsdagoggend eerste aangehoor en kort daarna uitgestel vir borginligting en ‘n verwysing na ‘n distriksgeneesheer vir moontlike sielkundige waarneming. Die saak is uitgestel tot 17 Desember.
Motief
Die motief vir die moord is nie bekend nie en vorm deel van die polisie se ondersoek. Inwoners word egter gevra om nie te bespiegel wat die rede vir die moord is nie en om ook nie enige fotos/video van die liggaam te versprei nie en respek en deernis aan die slagoffer se familie te betoon. Regstappe teen die persoon/ e wat die fotos en video versprei het, word nie uitgesluit nie.
BRANDBESTRYDERS moes sedert Vrydag 5 Desember, dae lank teen vlamme en sterk wind veg. Talle brande het aan Matroosberg en De Doorns se kant begin asook in die Koue Bokkeveld, Bo-Swaarmoed en by Boontjiesrivier. Duisende hektaar fynbos is verwoes. Vier vakansiehuise (foto), waarvan een wat skaars klaar gebou en nog nie eers verseker was nie, is naby Boontjiesrivier in puin gelê. Die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit se branddienste, saam met verskeie vennote soos CapeNature, die Winelands Fire Protection Association (WFPA), asook branddienste vanaf die Breedevallei-, Stellenbosch en Witzenberg munisipaliteite, plaaswerkers en grondeienaars, het brandbestryding in moeilike omstandighede gedoen. Sterk winde het vlamme aangeblaas en brandbestryding bemoeilik. Weerlig het die brande by Matroosberg en Bo-Swaarmoed begin. Die Wolseley brand het langs die pad begin. Lugondersteuning is ontplooi om te help om die brande wat vinnig versprei het, te blus.
Drie kabeldiewe weer in die hof
TWEE kabeldiewe en ‘n sekuriteitswag sal Kersfees agter tralies spandeer.
Die drie se saak is Dinsdag 2 Desember in die Wolseley landdroshof uitgestel vir verdere ondersoek. Die drie mans bly in aanhouding en moet weer op 22 Januarie 2026 in die hof verskyn. Swak beplanning het Donderdag 2 Oktober daartoe gelei dat dié drie kabeldiewe vasgetrek is nadat hulle die betrokke oggend omstreeks 06:00 tussen Tulbagh
en Artois langs die pad sonder brandstof gaan staan het. Transnet sekuriteit het die Honda Fit motor langs die pad opgemerk waar hulle 72kg kabels in die motor gekry het. Twee mans, Seqobela Mohale (38) en Mafafa Mohloki (34), en ‘n sekuriteitsbeampte wat hulle kom help het, Mzwandile Mbangula (46), is op die toneel gearresteer. Met nadere ondersoek het die polisie gevind dat die Transnet-kabels vroeër langs die treinspoor by Voëlvleidam gesteel is.
VYFTIEN insittendes van ‘n minibus taxi het Saterdag 6 Desember die dood vrygespring toe die taxi waarmee hulle gery het, omstreeks 13:20 in die Agter-Witzenbergvallei omgeslaan het. Die ongeluk het by Slagboom-plaas plaasgevind toe die minibus se remme vermoedelik ingegee of nie gewerk het nie. Die taxi het daarna in ‘n sloot beland voordat dit omgeslaan het. Sewe vroue en vyf mans is met wisselende beserings na Ceres hospitaal vervoer. Die bestuurder van Nduli is ook beseer. Die polisie op P.A. Hamlet ondersoek ‘n klag van roekelose en/ of nalatige bestuur.
ZWELINJANI Mbola (22).
PIET Joubert (43).
WOLSELEY A-skof lede het die week ‘n groot deurbraak gemaak en beslag gelê op vuurwapens en ammunisie wat vermoedelik gebruik is in twee aanvalle op buitelandse spazawinkel-eienaars.
FIRE ALARM TECHNICIAN
We’re seeking a skilled and certified Fire Alarm Technician to install, inspect, test, and maintain fire alarm systems in commercial and industrial settings. The ideal candidate will have a strong understanding of fire alarm systems, electrical codes, and safety protocols.
KEY RESPONSIBILITIES:
• Install, inspect, test, and maintain fire alarm systems, including smoke detectors, heat detectors, pull stations, and notification devices
• Troubleshoot and repair fire alarm system malfunctions and faults
• Perform routine inspections and testing to ensure compliance with local and national codes and regulations
• Conduct site surveys to determine fire alarm system requirements
• Design and layout fire alarm systems for new installations and upgrades
• Collaborate with other trades and construction teams to ensure seamless project execution
• Maintain accurate records of inspections, testing, and maintenance activities
• Stay up-to-date with industry developments, codes, and regulations
REQUIREMENTS:
Polisie kry vuurwapens en ammunisie
DIE Wolseley polisie het die week ‘n groot deurbraak gemaak en beslag gelê op vuurwapens en ammunisie wat vermoedelik gebruik is in twee aanvalle op buitelandse spazawinkel-eienaars.
Die deurbraak kom nadat inligting Maandag 8 Desember opgevolg is en die polisie op drie informele huise in Pine Valley toegeslaan het.
Die huise is deursoek waarna Tankisang Tlaitlai (27) van Lesotho gearresteer is.
Die polisie het beslag gelê op ‘n R5 aanvalsgeweer waarvan die reeksnommer verwyder is en ‘n automatiese handwapen. Daar is ook beslag gelê op meer as 30 rondtes ammunisie, twee magasyne en ‘n selfoon.
Tlaitlai het Woensdag 12 Desember vlugtig in die Wolseley landdroshof verskyn weens die besit van ‘n verbode vuurwapen, die besit van ‘n ongelisensieërde vuurwapen en drie klagtes van die onwettige besit van ammunisie. Nog klagtes kan later bygevoeg word.
Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek en toetse op die vuurwapens.
Ander sake
Einde Oktober en middel November is twee klagtes van poging tot moord by die Wolseley polisie aangemeld nadat onbekende aanvallers op die buitelandse eienaars van twee spazawinkels losgebrand het.
In die eerste voorval is Windimu Hailey (32) van Etihopië, in die 777 Hambaricho winkel in Hopestraat geskiet.
Twee mans het einde Oktober by die winkel ingestap en sonder om ‘n woord te sê, hom in die mond geskiet.
In ‘n tweede voorval ‘n paar weke later, het twee broers van Ethiopië ‘n soortgelyke aanval in hul winkel, Diphomutshwe minimarket, oorleef.
Alemu Abose-Lamore (31) en sy broer, Bekele Abose-Lamore (37), was in die winkel toe ‘n aanvaller in ‘n blou oorpak en met ‘n klapmus op, die winkel ingestap het. Die aanvaller het vyf skote op die broers geskiet terwyl sy meeloper buite die winkel gewag het. Die verdagtes het daarna op die vlug geslaan.
Huisroof
Polisielede van Saron het saam met Ceres polisielede ‘n VW Polo in Bella Vista vasgetrek wat met ‘n huisroof op Saron verbind word. Een verdagte is aangekeer terwyl twee mans op die vlug geslaan het.
Volgens die polisie het Saron SAPD op Vrydag 28 November ‘n klagte van huisroof bygewoon. Die drie verdagtes het in die VW Polo gevlug waarna hulle agterna gesit is en eers in Bella Vista vasgetrek is. Beslag is op R67 000 gelê.
Indien inwoners enige inligting het oor die ander twee verdagtes, kan hulle Crime Stop skakel by 086-00-10-111.
• Certification in fire alarm technology (NICET, CFPS, or equivalent)
• 2 - 5 Years of experience in fire alarm installation, inspection, and maintenance
• Strong knowledge of fire alarm systems, electrical codes, and safety protocols
• Ability to read and interpret technical drawings and schematics • Excellent problemsolving and communication skills
• Physical ability to work in confined spaces and at heights
• Valid driver’s license and reliable transportation
PREFERRED QUALIFICATIONS: • Advanced certification in fire alarm technology (NICET Level III or higher) • Experience with specific fire alarm manufacturers and systems • Knowledge of building codes and regulations (NFPA, IBC, etc.)
WORK ENVIRONMENT: • Work is performed in office and field settings, including construction sites and industrial facilities • May be required to work at heights, in confined spaces, and in varying weather conditions • May be required to lift, carry, and maneuver equipment and tools
SHOULD YOU MEET ALL THE REQUIREMENTS, PLEASE E-MAIL YOUR FULL CV, ID AND CONTACTABLE REFERENCES TO: info@witzenbergherald.com FOR ATTENTION: Ricardo van Wyk
CLOSING DATE FOR APPLICATIONS: 18 December 2025
AVAILABILITY: Willing to join as soon as possible
Should you not receive any feedback by 19 December 2025 please consider your application unsuccessful.
LYNBESTUURDER
Arbeidsvreugd Vrugtepakkers is ‘n gevestigde onderneming in Villiersdorp, met diverse aktiwiteite in die vrugtebedryf. Ons verpakkingsaanleg beskik tans oor bogenoemde loopbaangeleentheid.
Die ideale kandidaat sal oor die volgende vaardighede beskik: • Pakstoorondervinding, maar is nie ‘n vereiste nie • Vermoë om met mense te werk • Betroubaar en eerlik • Die vermoë om onder druk en vir lang ure optimaal te kan funksioneer.
Posbeskrywing: • Algemene bestuur van pakstoor • Organisering en dag tot dag beplanning van pakstoor • Bestuur van ‘n werksmag van ±50 werkers • Totale bestuur en onderhoud van verpakkingstoerusting • Toesig tydens seisoenstyd en naweekdiens In ruil vir u kundigheid, bied die maatskappy aangename werksomstandighede en ‘n markverwante vergoedingspakket, wat aftree- en mediesefonds-bydraes insluit. Rig u aansoek en CV voor 24 Desember 2025 per e-pos aan die Algemene Bestuurder by: albie@unifruit.co.za.
Posaanvaarding: Soos ooreengekom met die spesifieke kandidaat.
Indien u teen 7 Januarie 2026 nog geen terugvoering vanaf die maatskappy ontvang het nie, moet u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. Persone wat vir die posisie oorweeg word, sal telefonies gekontak word om onderhoudstye vir Januarie 2026 te skeduleer.
Arbeidsvreugd Vrugtepakkers behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.
Man en twee vroue se verkragtingsaak na streekhof oorgeplaas
DRIE verdagtes wat vroeër vanjaar in hegtenis geneem is weens die verkragting van ‘n 12-jarige meisie en haar seksuele uitbuiting, se verhoor gaan in 2026 in die Ceres streekhof begin.
Speurders verbonde aan die Ceres polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), het Meimaand ‘n groot deurbraak gemaak en dié drie verdagtes, ‘n man en twee vrouens, vasgetrek vir die verkragting van dié meisie.
Die meisie van Nduli is in Maart vanjaar vir
die tweede keer in minder as drie jaar verkrag. Saak uitgestel ‘n Man van Nduli (58) word aangekla van statutêre verkragting en die twee vroue van 27 en 45 jaar oud, staan tereg op klagtes van seksuele uitbuiting van kinders nadat hulle die slagoffertjie verkoop het aan ander mans.
Die saak is na 15 Mei 2026 uitgestel.
Volgens die strafproseswet kan dié drie verdagtes eers geïdentifiseer word sodra hulle gepleit het.
Arbeidsvreugd Vrugtepakkers is ‘n gevestigde onderneming in Villiersdorp, met diverse aktiwiteite in die vrugtebedryf, en benodig tans die dienste van ‘n persoon vir algemene instandhouding.
Die posbekleër sal aan die Werkswinkel Bestuurder rapporteer en verantwoordelik wees vir: • Algemene instandhoudingswerke van geboue, voertuie en toerusting, maar is nie daartoe beperk nie • Daar sal ook van die suksesvolle kandidaat verwag word om in seisoentyd met toesig en naweekdiens te help.
Die ideale kandidaat vir hierdie pos beskik oor: • Ervaring in soortgelyke posisies, terwyl ‘n toepaslike tersiêre kwalifikasie nie ‘n vereiste is nie • Ons soek na ‘n handige persoon met die vermoë om druk te kan hanteer en, wanneer dit van die pos verwag word, spertye na te kom en vir lang ure optimaal te kan funksioneer.
In ruil vir u kundigheid, bied die maatskappy aangename werksomstandighede en ‘n markverwante vergoedingspakket aan, wat aftree- en mediesefonds-bydraes insluit, nadat ‘n standard proeftydperk voltooi is.
Rig u aansoek en CV voor 10 Desember 2025 per e-pos aan die Algemene Bestuurder by: albie@unifruit.co.za.
Posaanvaarding: Soos ooreengekom met die spesifieke kandidaat.
Indien u teen 12 Desember 2025 nog geen terugvoering vanaf die maatskappy ontvang het nie, moet u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie. Persone wat vir die posisie oorweeg word, sal telefonies gekontak word om onderhoudstye vir Januarie 2026 te skeduleer.
Arbeidsvreugd Vrugtepakkers behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.
Seënwense met jou verjaarsdag, dankie vir wat jy vir ons beteken. Van al die Snymans en Witzenberg Herald personeel
1945/11/24 - 2025/12/05
VERASSINGSDIENS: Saterdag 13 Desember
Huis: 09:00 Buffelspoortlaan 6, P.A. Hamlet
Kerk: 10:00 Nuwe Apostoliese Kerk, Bella Vista PRIVAAT VERASSING
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
Dolmarie Christelene du Preez
1969/01/11 - 2025/12/04
ROUDIENS: Do. 11 Des. Huis: 19:00 Waboomstr. 504, Bella Vista
BEGRAFNIS: Sat. 13 Des. Huis 09:00 Azaliastraat 1165, Bella Vista Kerk: 10:00 Heilige Evangelie Kerk, Japonikastr., Bella Vista Graf: Bella Vista
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
Marco Johnson
1988/09/05 - 2010/12/11
Dit is reeds 15 jaar wat jy skielik van ons weggeneem is en ons mis jou nog elke dag. In ons harte sal jy nog altyd bly voortleef. Altyd liefde Daddy, Mammie & MJ
R40 per koerant bondel te koop by Witzenberg Herald se kantore. Skakel (023) 316-2021. w.t.o.
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.
CHARLIES
• Locksmith • Handyman and • Mobile Carwash At the comfort of your own home R100 Small R150 SUV
For appointments contact Charles at 072-705-5233
Select LAUNDRY
AND ART FRAMING
CENTRAL CERES
Whatsapp of skakel 082-821-3610
SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS
SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
STEFAN STEYN
MOTORS Service Center & Panelbeating • Panelbeating
•Servicing •Auto Electrical
Joubertstr. 16, Ceres
Ma - Vry: 08:00 - 17:00
MUNISIPALE swembaddens is vanaf 1 November oop. Dennebos is oop vanaf 08:00 tot 19:00 en toegang beloop R99 vir dagbesoekers. Toegang by die Eiland, Bella Vista, P.A. Hamlet, Montana en Witzenville swembaddens beloop R10 vir volwassenes en R1 per kind.
•Wilderness Search and Rescue ...................................(021) 937-0300
KOMPETISIE
Wen 6 bottels Saronsberg Provenance Shiraz ter waarde van R750.
SARONSBERG wynlandgoed buite Tulbagh se wyne het vanjaar weer die 2025 Platter’s Diners Club wyngids gehaal. Een gelukkige leser kan 6 bottels Saronsberg Provenance Shiraz wen ter waarde van R750 deur die onderstaande vraag te beantwoord:
Watter Saronsberg wyn kan een gelukkige leser wen?
Whatsapp jou naam en antwoord na 066-316-3003 voor of op Sondag 21 Desember 2025 (GEEN FACEBOOK INSKRYWINGS SAL AANVAAR WORD NIE) Wenner sal Maandag 22 Desember 2025 in kennis gestel word.
Frans Masoes
SENSHI Dojo, ‘n karateklub op Ceres, het Saterdag 6 Desember aan die Six Gun somer sportfees op Wellington deelgeneem. Studente het uitgeblink in kata, kumite en kobudo. VOOR: Bellané Vermeulen (silwer - kumite), Ruan du Preez (twee silwer medaljes in kata en kumite) en Roman Hough (brons - kata). AGTER: Taylor Engelbracht (goud - kumite en silwer - kata), Le Roux Hough (vierde plek algeheel in kata en kumite), Lukas Krige (twee goue medaljes in kata en kobudo kort wapen en brons - kumite), Izak Krige (twee silwer medaljes in kata en kobudo lang wapen), Adriel Ndlovu (vierde - kumite en vyfde - kata) en Retief Spence (twee goue medaljes in kobudo lang en kort wapens) en brons - kata).
Verhoor gaan April 2026 voort in Bellville handelsmisdaadhof
DIE verhoor van drie Wolseley SAPD-lede en twee inwoners van die dorp, gaan April 2026 voortgesit word in die Bellville handelsmisdaadhof.
Die vyf het op 27 November op klagtes van korrupsie en regsverydeling in die hof verskyn. Die verhoor teen drie polisielede, sers. Mxolisi Sigila (46), kst. Johannes Fransman (43) en kst.(v) Melzandré Pieters (36), en oudpolisieman Daniël Davids (46) en ‘n buurtwaglid, Anita Fransman (44), is na 16 April 2026 uitgestel wanneer die deelsverhoor voortgesit sal word.
Agtergrond
Die vyf se hofverskyning spruit voort uit ‘n
jarelange ondersoek van die Wes-Kaap SAPD anti-korrupsie-eenheid na ‘n voorval meer as 4 jaar gelede op 21 April 2021 in die Wolseley-omgewing.
Die drie polisielede is op 7 Januarie 2022 by die polisiestasie in hegtenis geneem kort nadat hulle aan diens gekom het. Die twee inwoners is by hul onderskeie huise gearresteer. Volgens die ondersoekspan het die verdagtes na bewering dwelms (mandrax en tik) in Masiphelelostraat gekonfiskeer maar nooit ‘n kriminele klag by die polisiestasie geregistreer nie. Die dwelms is later verkoop en die opbrengs daarvan is tussen die verdagtes verdeel.
Moordverhoor tot Januarie 2026 uitgestel
DIE streekhofverhoor van ‘n jong vrou wat na bewering haar mansvriend in 2024 vermoor het, is tot 2026 uitgestel.
Ashleigh Fortuin (26) word daarvan aangekla dat sy haar vriend, Shane Scholtz (22), ‘n belowende rugbyspeler van Ceres, in Junie 2024 vermoor het.
Scholtz van die Rooikamp-woonbuurt op Ceres, is dood nadat hy na bewering deur Fortuin met ‘n mes in die nek gesteek is.
Die voorval het op Saterdag 1 Junie 2024 omstreeks 23:55 plaasgevind tydens ‘n stryery tussen Scholtz en Fortuin.
Na die voorval, is Scholtz na Ceres hospitaal gehaas waar hy ure later oorlede is.
Uitstel
Fortuin moet weer op 28 Januarie 2026 in die hof verskyn.
PUBLIC NOTICE
INTENT TO LEASE PORTIONS OF MUNICIPAL ERVEN
The Witzenberg Municipal Council has the intention to lease portion of erf 389 in Tulbagh, Erf 1640 in Wolseley and portion of Erf 5958 in Nduli for a Dunlopbusiness-in-a-box initiative in association with local entrepreneurs for a Local Economic Development project. If there is any objection or inputs to the proposed lease, such objection/inputs should be forwarded to the office of the Municipal Manager for the attention mr. R. Fick at 50 Voortrekker Street, Ceres or e-mail to admin@witzenberg.gov.za on or before 9 January 2026
PUBLIEKE KENNISGEWING
VOORNEME OM GEDEELTES VAN MUNISIPALE ERWE TE VERHUUR
GRAAFF Fruit het SRS Wellness Center op Ceres besoek vir hulle jaarlikse spanbou-sessie. SRS Wellness Center was bevoorreg om die groep te verwelkom. Ann Laing het die span met haar entoesiasme en energie gemotiveer terwyl sensei Wayne Vermeulen hul praktiese selfverdedigingstegnieke geleer het. Dit het deelnemers se selfvertroue en veiligheid versterk.
VASTRAP is trots op hul jong Cherries wat ‘n 3de plek by ‘n sewestoernooi behaal het. Dit is op 29 November op Nooitgedacht aangebied.
Witzenberg se Mentorskap-program bou plaaslike entrepreneurs se toekoms
Witzenberg Munisipaliteit het onlangs ’n mylpaal bereik met die suksesvolle voltooiing van ’n ses maande Mentorskap-program wat agt plaaslike entrepreneurs bemagtig het om hul besighede na die volgende vlak te neem.
Die program, wat gesamentlik befonds is deur Witzenberg Munisipaliteit en die Kaapse Wynlandse Distriksmunisipaliteit, het gefokus op kernaspekte van besigheidsontwikkeling soos finansiële bestuur, operasionele bestuur, bemarking, risikoanalise, nakoming en strategiese beplanning. ’n Ervare diensverskaffer is aangestel om die opleiding te fasiliteer en praktiese insigte te bied wat direk in die deelnemers se ondernemings toegepas kon word.
“Ons glo in die krag van plaaslike entrepreneurskap. Hierdie program is ’n belegging in mense wat werk skep en ekonomiese groei in Witzenberg dryf,” het Riaan Fick, Bestuurder van Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling, gesê. Die program is afgesluit met ’n sertifikaatseremonie waar elke deelnemer erkenning ontvang het vir hul harde werk en toewyding. Raadslid D. Swart van WItzenberg Munisipaliteit het die belangrikheid van sulke vennootskappe beklemtoon: “Wanneer ons saamwerk, bou ons ’n sterker, volhoubare ekonomie vir ons gemeenskappe.”
Die volgende besighede het die program suksesvol voltooi:
• JDEES: Skryfbehoeftes en huishoudelike produkte 082-414-5819
• Lestify: Printing en rekenaaropleiding 066-268-0155
• SCG Security: Sekuriteitsdienste 073-665-8860
• Senotlela Contractor: Bouwerk en padwerke........................ 072-403-1705
• The Nail Room : Naels versiering en skoonheid 078-676-1960
• REC Refrigerator: Installasie en instandhouding van lugversorgers 060-909-9729
• Jacobs Catering: Spyseniering en blomme........................... 076-163-8131
Die Witzenberg Munisipale Raad is van voorneme om porsie van Erf 389 in Tulbagh, Erf 1640 in Wolseley en ‘n porsie van Erf 5958 in Nduli te verhuur vir ‘n Dunlopbesigheid-in-‘n-boks inisiatief in assosiasie met plaaslike entrepreneurs vir ‘n Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling projek. Indien daar enige besware/insette teen sodanige verhuring is, moet u skriftelike besware voor of op 9 Januarie 2026 die kantore van die Munisipale Bestuurder indien vir aandag mnr. R. Fick by Voortrekkerstraat 50, Ceres of e-pos na admin@witzenberg.gov.za
Vir enige navrae oor die Mentorskap-program, e-pos gerus vir Rachel Sauls by rachel@witzenberg.gov.za of Riaan Fick by riaan@witzenberg.gov.za
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Herald
Sport Witzenberg
Devanirio moker 151 lopies
WOLSELEY krieketklub het die jaar op ‘n hoë noot afgesluit met ‘n oorwinning oor Drakenstein EDU. Wolseley het die Promosie-Wes 50 boulbeurt wedstryd met 51 lopies gewen. Wolseley het eerste gaan kolf en ‘n stewige 256/6 aangeteken. Die hoogtepunt van die wedstryd was die skitterende 151 lopies wat Devanirio ver Neel (links) aangeteken het. Hy is goed bygestaan deur Cyril January met 26 lopies en Ravel Prins (22). Ondanks goeie kolfbeurte deur Luthan Truter (75) en Branwill Bosman (55) kon Drakenstein nie Wolseley se telling verbysteek nie. Cyril January (regs) het 5 paaltjies laat kantel vir 37 lopies met Rashied September wat 1/38 en Shaheen Pietersen wat 1/31 geneem het. * Wedstryde word weer op 10 Januarie hervat met Wolseley wat tuis speel teen Bergrivier.
APPLICATION FOR AMENDMENT OF EXISTING MINING RIGHT IN TERMS OF SECTION 102 of the MINERAL AND PETROLEUM RESOURCES ACT (Act 28 0f 2002, as amended): Notice of Proposed amendment to Mining & Rehabilitation Method by Kolkiesrivier (Pty) Ltd and Call for Comments in respect of Draft Basic Assessment Report: Portion of the Remainder of farm Kolkies Rivier No. 234 (Ceres Magisterial District)
Please be advised that Kolkiesrivier (Pty) Ltd hold a Mining Right on Portion of the Remainder of the farm Kolkies Rivier No. 234 (Ceres RD). An application has been lodged to amend the existing approved Environmental Management Programme (EMP) and Environmental Authorisation (EA) has been lodged by Kolkiesrivier (Pty) Ltd to the Department of Mineral Resources and Energy: Western Cape to allow for the washing of gypsum and the backfilling of the dried fine tailings into mined out area. Such application is made in terms of Section 102 of the Mineral and Petroleum Resources Development Act (Act 28 of 2002, as amended) as well as prescriptions of the National Environmental Management Act.
Copies of the Draft Basic Assessment Report showing the proposed amendments are available for public scrutiny at the Rietvallei Public Library (Ceres), John Steyn Library (Ceres) and Touws River Public Library (Touws River). A digital copy can be made available by Email from the contact details below.
The proposed activities trigger a Listed Activity in terms of Government Notices 983, 984 and 985 published on 4 December 2014 (as amended in 2017 and 11 June 2021) under the National Environmental Management Act (Act 107 of 1998, as amended):
•Listing Notice 1: Activity # 21D which reads: “Any activity including the operation of that activity, which requires an amendment or variation to a right or permit in terms of Section 102 of the MPRDA, as well as any other applicable activity contained in this Listing Notice or in Listing Notice 3 of 2014, required for such amendment”.
In order to be identified and registered as an interested and / or affected party (I&AP) and/or to provide comment on the Draft Report, you are invited to submit your name, contact information and interest in the matter and /or comments, in writing, to reach the address below on or before 2 February 2026. Note that only registered Interested and Affected Parties will be kept abreast of the application status in future as well as receiving copies of all relevant documentation.
Site Plan Consulting 31 Harewood Ave Somerset West 7129 Tel: (021) 854-4260 l Cell: 084-511-1520 l E-mail: craig@siteplan.co.za
Contact person: Craig Donald
BJ en Henk wen klubkompetisies
BJ Claasen het Saterdag 6 Desember die maandelikse enkel houespel kompetisie met ‘n telling van 71 houe gewen.
Bennie van Rensburg was in die tweede plek, ook met 71 houe. Anton Nieuwoudt was derde met 72 houe gevolg deur D. Louw en Peter Versfeld, met tellings van 74 houe.
Ander kompetisies
Henk Rossouw het Saterdag 29 November die klubkompetisie op ‘n uittel met 38 punte gewen.
Charles Basson was in die tweede plek, ook met 38 punte. Herman van der Walt was in die derde plek gevolg deur Vaughan Köster. Beide het 37 punte aangeteken. Henry Brown was in die vyfde plek met 36 punte.
Johan du Toit het Saterdag 22 November se individuele stableford kompetisie met 41 punte gewen.
Michael Bergman was tweede met Jannie Conradie in die derde plek. Beide het 39 punte aangeteken. Peter Versfeld was vierde met 38 punte en David Cohen vyfde met 36 punte.
Klubkompetisies
Op 13 Desember word ‘n enkel stableford kompetisie aangebied en op 20 Desember ‘n enkel syfer plus kompetisie. Op Saterdag 10 Januarie word ‘n enkel stableford kompetisie aangebied, op 17 Januarie ‘n beterbal stableford kompetisie, 24 en 25 Januarie is die baan gesluit vir die Ceres Ope en Ceres Junior Ope en op 31 Januarie word ‘n samespel syfer plus kompetisie aangebied.
Spelers moet kennis neem dat daar geen Sundowner kompetisies sal wees tot en met Januariemaand nie.
DIE jaarlikse Ceres rolbalklub Classic, wat op 29 en 30 November aangebied is, was weer ‘n groot sukses. Vanjaar het 14 spanne van rolbalklubs in die Bolandstreek deelgeneem. * Ceres rolbalklub bedank die klub se borge en deelnemende klubs vir hul ondersteuning. VLNR: Die toernooi is deur Tiaan Mostert, Charmaine Mostert, Jaco Theunissen en Pieter Mostert gewen. * Personal Trust het vanjaar die Classic geborg.
Ceres Padel mansliga is Woensdag 26 November afgehandel. Daar het 9 spanne deelgeneem. VLNR: Gastoa Cardoso en Marco Pinheiro
die
* Die B-afdeling is deur Victor Hendricks en Tjaart de Lange gewen.
DIE
het die A-afdeling gewen met Keano Cardoso en Jarryd Thomas