Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.28 no.47 (Online Weergawe)

Page 1


Ons kantoor sal gesluit wees vanaf Vrydag 19 Desember en heropen op Maandag 12 Januarie

‘n TAXI (foto regs onder) was Saterdagmiddag in Michellspas in ‘n ongeluk betrokke toe dit teen die berghang gebots het. Twee persone is beseer en na die Ceres hospitaal geneem vir behandeling. * Dit is Desembermaand en verkeer is besig om toe te neem op Wes-Kaap se paaie. ‘n Beroep word op motoriste gedoen om verantwoordelik te bestuur en versigtig te wees vir voetgangers en fietsryers. Padgebruikers word gevra om gedurende die vakansie en feestyd verkeerswette te gehoorsaam en te verseker dat hulle voertuie padwaardig is en om nie onder die invloed van alkohol of dwelms te bestuur nie. Wetstoepassers gaan geen genade vir dié oortreders betoon nie. Dra jou veiligheidsgordels!

Twee in taxi beseer

28 November naby

en

en van die pad gery. Die ongeluk het tussen 08:00 en 09:00 op die R46 buite Tulbagh plaasgevind.

Ceres weer deel van misdaad se top 30

DIE misdaadsyfers vir Julie tot September 2025 is verlede week vrygestel. In die vorige vrystelling van misdaadsyfers, was Ceres en ander dorpe in die Witzenbergstreek, nie deel van die top 30 dorpe of stede op die land se misdaadlys.

Die nuutste misdaadstatistieke vir Julie tot September, wys dat Ceres, Wolseley en Tulbagh, egter weer die top 30 lys gehaal het. Ceres is 26ste in die Wes-Kaap en 72ste in die land met crimen injuria klagtes, roof by besighede is Ceres 6de en Tulbagh 13de in die Wes-Kaap. Op nasionale vlak is die twee dorpe onderskeidelik 187ste en 257ste uit meer as 360 dorpe of stede.

Die slegste deel van dié syfers toon dat Ceres 4de (met drie gevalle) op die provinsiale lys is van plekke waar kinders verwaarloos of sleg behandel is in die tydperk. Wolseley het die lys vir publieke geweld gehaal en beklee die 28ste plek in die Wes-Kaap en 138ste in Suid-Afrika.

Statistieke

Die dokument skets soos altyd, ‘n somber prentjie van misdaad in Suid-Afrika. Misdaad bly steeds ‘n groot bron van kommer vir landsburgers met Kaapstad, Mfuleni, Mitchellsplain wat hulle in die top vier vir ernstige geweld, bevind. Die polisie en justisie begrotings moet aangepas word by die nuutste tendense en statistieke.

Die agterstand by die polisie se forensiese laboratoriums is astronomies en moet opgeknap word en daar sal meer aanstellings gemaak moet word om sake vinniger af te handel.

Nuwe konstabels

‘n Totaal van 3558 nuwe polisiekonstabels het onlangs by die polisie se opleidingskolleges, deel van die land se polisiediens geword. Meer as 730 is in die Wes-Kaap verwelkom.

Vol hofrolle

‘n Ander groot bekommernis wat nie deel vorm van dié kwartaalikse misdaadstatistieke, is landdros- en streekhowe se oorvol hofrolle.

DIE bestuurder van dié bakkie het Vrydag
Skilpadrug
Eikelaan beheer verloor

Winelands District Municipality (CWDM) together with the National Prosecuting Authority (NPA), South African Police Services (SAPS), Department of Justice (DoJ), Department of Social Development (DSD) and other community-based and nonprofit organisations came together on the 25 November 2025 in Paarl to shed light on Gender-Based Violence (GBV) - which has now also been declared a national disaster. Every year, South Africa continues to see increased numbers of victims of this devastating pandemic. Statistics indicate that we can no longer be silent about this issue and that bringing awareness is just not enough. The annual 16 days of Activism against Gender-based Violence (GBV) campaign runs from 25 November until 10 December.

CAPE
DIE Gydosig-aftreeoord op Prince Alfred Hamlet het 28-30 November hul jaarlikse Liggiefees - ‘n skouspel van lig en feestelike atmosfeer - aangebied. Die Liggiefees was weer ‘n groot sukses.
DIE Togryers museum het Maandag 1 Desember die oggend saam met Witzenberg APD in Bella Vista spandeer. Dit het deel gevorm van Internasionale Dag vir mense met gestremdhede wat op 3 Desember gevier word.

DIE groep vriende en familielede van Shane Scholtz (22), het verlede Donderdag hul afkeur teen geslagsgsgeweld getoon tydens die verskyning van Ashleigh Fortuin in Ceres streekhof * Geslagsgeweld gaan nie net oor geweld teen vroue en kinders nie - mans lei ook onder hierdie euwel.

Moordverhoor uitgestel

DIE streekhofverhoor van ‘n jong vrou wat na bewering haar mansvriend in 2024 vermoor het, is tot Desembermaand uitgestel. Ashleigh Fortuin (26) word daarvan aangekla dat sy haar vriend, Shane Scholtz (22), ‘n belowende rugbyspeler van Ceres, in Junie 2024 vermoor het.

Scholtz van die Rooikamp-woonbuurt op

Saak word teruggetrek

DIE verkragting-saak

teen ‘n Ceres inwoner (30), wat in die Ceres streekhof verhoor sou word, is tydelik teruggetrek.

Die verwikkeling kom nadat die saak die afgelope jaar meer as 15 keer uitgestel is.

In Oktober 2024 was ‘n 15-jarige meisie van Ceres, die slagoffer van ‘n verkragting.

Die voorval het in die parkie langs Naudéstraat, plaasgevind. Volgens hofdokumente het die meisie die betrokke dag saam met ‘n vrou (33) in die parkie gedrink. Die verdagte, wat sy nie geken het nie, het saam met ‘n vriend daar aangekom en saam met hulle begin drink. Later is die vrou en die vriend daar weg waarna die verkragting en seksuele aanranding plaasgevind het.

Die verdagte is vrygelaat. Sodra die DNSuitslae ontvang word, kan die saak weer op die hofrol teruggeplaas word.

Ceres, is dood nadat hy na bewering deur Fortuin met ‘n mes in die nek gesteek is.

Die voorval het op Saterdag 1 Junie 2024 omstreeks 23:55 plaasgevind tydens ‘n stryery tussen Scholtz en Fortuin.

Na die voorval, is Scholtz na Ceres hospitaal gehaas waar hy ure later oorlede is.

Fortuin moet weer op 8 Desember in die hof verskyn.

‘n MAAND voor Kersfees 2025, het die Witzenberg munisipaliteit begin om kersliggies in Ceres se strate op te sit. Hier is die elektrisiteitsafdeling se wekers besig om die liggies en versierings in Voortrekkerstraat aan te bring.

Saak sloer - slagoffer amper klaar met skool

‘n VEROORDEELDE verkragter (37) van Ceres, gaan sy agtste Kersfees agter tralies deurbring nadat sy verhoor verlede week tot 2026 uitgestel is.

Warren van Wyk word van die verkragting en ontvoering van ‘n jong meisie in 2018 aangekla. Die verhoor verlede Donderdag is vir die soveelste keer uitgestel in die Ceres streekhof.

Gedrag in hof

Die ontwrigtende gedrag van Van Wyk, duur reeds al ‘n paar jaar.

Sedert sy arrestasie in 2018, het hy al 'n paar keer van regslui (regshulp) verander, geweier om met sy regsverteenwoordiger te praat, gekla en gevra dat die hoftolk verwyder word, sy verdediging self behartig en ondermeer daarop aangedring dat verklarings in getikte vorm aan hom verskaf word. In 2022 weier die hof sy versoek om die tolk te vervang en in 2023 kla hy weer oor ‘n staatsaanklaer.

In April 2023 weier hy om ‘n psigiater se vrae te beantwoord.

In Julie 2023 reik die hof ‘n bevel uit dat Van Wyk vir geestelike waarneming na Valkenberg gestuur moet word. Hy het daarna ‘n tyd lank vir ‘n bed gewag voordat hy van Augustus tot September 2024 vir waarneming opgeneem is.

In dié verslag word gemeld dat Van Wyk ‘n lang geskiedenis het van dagga-, tik- en mandraxmisbruik asook alkoholmisbruik wat al op skool begin het.

Hy het egter die skool in graad 7 verlaat. Op 19 September bevind die paneel van drie lede dat Van Wyk nie enige geestesafwyking het nie en dat hy verhoor kan word.

Die verhoor het eers in 2025 begin.

Die saak is tot 20 Maart 2026 uitgestel. Agtergrond

Die verkragting het op Vrydag 7 September 2018 omstreeks 18:30 plaasgevind. Van Wyk, gewapen met ‘n mes, het die 10jarige meisie na bosse op die plaas Achtertuin geneem waar hy haar verkrag het. Hy is egter gou vasgetrek en het op Maandag 10 September 2018 vir die eerste keer in die Ceres landdroshof verskyn.

Tronkstraf uitgedien

Van Wyk is ‘n paar jaar gelede skuldig bevind aan verkragting waarvoor hy ‘n 8 jaar vonnis opgelê is. Twee jaar daarvan is opgeskort vir 5 jaar op voorwaarde dat hy nie weer ‘n soortgelyke misdryf sal pleeg nie. Hy is in 2017 vrygelaat nadat hy ses jaar van die vonnis uitgedien het. Hy het tot en met die tweede verkragting by sy ma op die plaas gewoon.

Polisie kon nie bewys dat man (37) by bejaarde ingebreek het nie

‘n MAN wat daarvan aangekla is dat hy in 2023 ‘n bejaarde vrou op P.A. Hamlet aangeval en beroof het, is in die Ceres streekhof onskuldig bevind.

Niklaas (Mantoy) Louw (37), is op 18 November op klagtes van roof met verswarende omstandighede en dieremishandeling onskuldig bevind en vrygelaat.

Volgens hofstukke is sy regte nooit aan hom verduidelik en alhoewel die gesteelde

HERSKEDULERING VAN GEWONE RAADSVERGADERING NA 11 DESEMBER 2025

Kennis word hiermee gegee ingevolge Artikel 19 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) dat die Gewone Raadsvergadering van 10 Desember 2025 herskeduleer is na Donderdag, 11 Desember 2025 om 10:00 in die Stadsaal, Voortrekkerstraat, Ceres

D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER Verw/Ref.: 3/1/2/3

R50 en twee fone by hom gekry is, is daar nooit bewys dat hy wel by die 70-jarige klaer se huis op 29 Oktober 2023 omstreeks 14:10 ingebreek het nie.

Een van die tannie se vier honde het ook meswonde opgedoen en moes later 11 steke kry.

Louw wat skaars drie maande voor die voorval uit die gevangenis vrygelaat is, was sedert sy arrestasie in aanhouding.

RESCHEDULING OF ORDINARY COUNCIL MEETING TO 11 DECEMBER 2025

Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) that the Ordinary Council meeting of 10 December 2025 has been rescheduled to Thursday, 11 December 2025 at 10:00 in the Town Hall, Voortrekker Street, Ceres

Heuningkwas of .....HARDEKWAS

Dié internet-beroepe

nou die gewildste

SO breek Desembermaand aan. Die jaar is byna op ‘n einde. Elke jaar gaan vinniger verby as die vorige een. Almal is besiger en die hoeveelheid inligting waarmee ons gebombardeer word, raak elke minuut net meer en meer. Ons moet daagliks ook meer en meer sif tussen ware nuus en vals nuus en ekstra versigtig wees wat is waar of onwaar. Die misbruik van AI maak dit ook nie makliker nie.

Dit bring my by my lys van top internet-beroepe in 2025 - naamlik content creator en influencer

Deesdae is elke tweede persoon ‘n content creator of influencer. Geen opleiding vir dié beroepe is nodig nie. Net ‘n slimselfoon, baie data en jy moet videos kan maak.

Jy kan enige snert oplaai - jou volgelinge love dit. Die contentkykers hoef nie te dink nie - hulle wil net kyk - geen breinkrag hoef hiervoor ingespan te word nie. Dit is ook nie nodig om te bepaal of dit waarna jy kyk, enigsins waar is nie.

‘n Influencer is weer iemand wat ‘n trappie hoër is as die gewone content creator. Hulle maak ook videos maar beïnvloed mense om ‘n produk te koop of om dit op die proef te stel. Hulle het gewoonlik meer volgelinge as die gewone ou wat inhoud genereer. Hulle baat finansieël by diegene wat alles vir soetkoek opeet.

Omrede hierdie twee groepe so baie mense in het, word ons daagliks toegegooi onder inligting. Daar word so baie tyd gespandeer om deur al die gemors te lees en te sif dat baie tyd per dag hierop vermors word.

Die derde gewilde beroep is die van Facebook-keyboard warriors. Hulle lewer kommentaar op almal se plasings maar kan niks konstruktiefs doen nie. Hulle is die gesigloses wat alles weet van alles - of so dink hulle. Hulle sal ook enige plasing op sosiale media deel sonder om ‘n sekonde te dink of dit waar is.

Die groepie kan hulle volgelinge op twee hande tel maar in hulle gedagtes lewe hulle of hulle duisende volgelinge het.

My raad - kry vir jou ‘n regte werk. Probeer eerder om ‘n positiewe en konstruktiewe verskil in iemand se lewe te maak.

Mooi Uitsig graad sewes gaan op uitstappie

GRAAD 7 leerders van Mooi Uitsig primêr het hul jaareindafskeid op 14 November by High Africa gehou. Hier is die leerders saam met hul onderwysers afgeneem.

Onderwysers neem deel aan VIA-program

‘n GROEP onderwysers van Laerskool F.D. Conradie het vanjaar aan die eerste seisoen van Slim vang sy Baas - Musiek deelgeneem. Die program is November op VIA kanaal 147 uitgesaai. ABC het sake teen Vetkryte uitgespook en FD Krag het kragte gemeet teen Conradie Blitse. Die personeel het dit vreeslik geniet, veral omdat hulle lekker vir hulself kon lag. * Die program is ook op DSTV Catchup beskikbaar.

KARSTEN BOERDERY (PTY) LTD

Karsten Pome Fruit a Division of Karsten Boerdery (Pty) Ltd Hoogland

Die Karsten Groep, ‘n prominente en vooruitstrewende vrugte produsent met ‘n plaas ongeveer 30km buite Ceres in die Boswaarmoed-area geleë, benodig die dienste van ’n betroubare en pligsgetroue persoon in die volgende posisie:

SNR WATERLEIER

Hoofdoel van die pos: Effektiewe beplanning, monitering en beheer van besproeiing en optimalisering van besproeiingspraktyke om produksiedoelwitte te ondersteun.

Vereistes : • Minimum Graad 12 • Vorige ondervinding as Waterleier met goeie kennis en effektiewe toepassing van besproeiingstegnieke sal voordelig wees • Moet oor goeie leierseienskappe beskik • Betroubaar, verantwoordelik en akkuraatheid • Moet bereid wees om ongereelde tye te werk. Sleutelprestasie-areas sluit in, maar nie beperk tot: • Hantering van basiese toesighouding en administrasie van span aan hom/haar toegedeel • Toesien dat blokke besproei word volgens Motech Sisteemskedule • Daaglikse monitering van grondvog • Toesien dat alle besproeiing in area van verantwoordelikheid op verwagte druk loop • Verantwoordelik vir deeglike nagaan van besproeiing om te verseker dat dit korrek en effektief funksioneer • Toesien dat alle blok hidrolika in werking is en volgens plan verloop • Herstel en instandhouding van besproeiingshooflyne • Die herstel van “piccolos” by kommunikasie-/seinprobleme

• Ondersteuning in damvlakbestuur • Hulp by installering en instandhouding van bestaande besproeiingstelsels asook nuwe projekte

Voornemende kandidate word hiermee uitgenooi om hul volledige aansoeke te stuur na: gregorye@karsten.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 12 Desember 2025

Vir verdere navrae kan u gerus Willbor Hermon skakel by : (023) 312-2111 of alternatiewelik by 083-442-6381.

Kandidate wat geen terugvoer binne 5 dae na die sluitingsdatum ontvang nie, kan hul aansoek as onsuksesvol beskou.

Die Maatskappy behou die reg voor om nie hierdie pos te vul nie

Growing fresh fruit solutions that contribute to a sustainable future

VGK CERES

ADMINISTRATIEWE BEAMPTE

Aansoeke word ingewag vir die pos van ‘n Administratiewe beampte

Vereistes: • Graad 12 • Rekenaarvaardig (Word; Excel; Access; Powerpoint; Publisher) • Ondervinding ten opsigte van Gemeente-administrasie (Skriba) veral die neem van notules en die skryf van verslae sal in u guns tel.

Stuur ‘n volledige CV (werksgeskiedenis en referente ingesluit) saam met u aansoekbrief na:

•VGK Ceres, Posbus 200, Ceres, 6835

•Handig in by die huidige kassier te VG Ceres Kerkkantoor, Lyellstraat 29

•Geen e-pos aansoeke sal aanvaar word nie.

•Geskikte kandidate vanuit die gemeente sal voorkeur geniet.

GEEN LAAT AANSOEKE SAL OORWEEG WORD NIE.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 9 Januarie 2026

Diensaanvaarding: 1 Maart 2026

Aansoekers moet bereid wees om ‘n onderhoud op eie koste by te woon.

Indien u geen terugvoering ontvang na 31 Januarie 2026 nie, beskou asb. u aansoek as onsuksesvol.

DIE KERKRAAD BEHOU DIE REG VOOR OM

GEEN AANSTELLING TE MAAK VANUIT DIE

AANSOEKE WAT ONTVANG IS NIE.

CERES spog met hul tweede sewesspeler wat in die Blitsbokke A-span opgeneem is. Shenidine Bezuidenhout van P.A. Hamlet en Maties student, het die afgelope naweek aan ‘n sewes uitnodigingstoernooi in Dubai deelgeneem. Die internasionale uitnodingstoernooi het gedeeltelik met die Blitsbokke se toernooi wat ook in Dubai plaasgevind het, oorvleuel. * Bentley Geldenhuys, ‘n skrumskakel van Delicious rugbyklub en Boland, was lid van die Shogun-mansspan.

AJ Louw, ‘n leerder van Charlie Hofmeyr en kranige motorfietsjaer, het tydens Motorsport SA se Wes-Kaap streekstoekennings wat op 25 November gehou is, sy senior Wes-Kaap kleure in motocross ontvang. AJ het eerste geëindig in die Wes-Kaap hoërskoolafdeling en tweede nasionaal. Hy het ook vanjaar aan die nasionale kompetisie deelgeneem wat oor vyf rondtes regoor die land asook in Lesotho beslis is.

Vyf swemmers blink uit

SWEMMERS van die Brave-swemskool het onlangs aan die Swartland prestige gala en 2025 skoolproewe op Malmesbury deelgeneem. Te midde van strawwe kompetisie het Charlie-swemmers uitstekend gevaar en goeie prestasies gelewer. Vyf swemmers, Eben de Jager (silwer en brons medalje in 100 meter rugslag en 200 meter borsslag), Zak Burmeister, Helena Rooken-Smith, Wilan van der Berg (goud in 200 meter borsslag) en Marius Burmeister (drie brons medaljes in 50 meter vlinderslag, 50 meter vryslag en 100 meter rugslag), het Charlie Hofmeyr verteenwoordig.

MOOI Uitsig primêr het op 15 November aan ‘n mini-krieketdag by Laerskool Gericke deelgeneem. Hier is die o/9 spannetjie saam met hul afrigter, Natalie Jacobs.

Van die plaas na die tafel

From the farm to the table

v.l.n.r. Jayden Fredericks, Miriam Fredericks, Esmé Wolvaardt (eienaar), Keisha Lee van Wyk en Edwill Abrahams

Kekkel en Kraai het Novembermaand hul 25ste bestaansjaar op Ceres gevier en wil ons hiermee vir elkeen baie dankie sê vir jul lojale ondersteuning - sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie asook al die personeel vir al jul harde werk! Esmé Wolvaardt het die besigheid op 1 November 2000 saam met haar oorlede man, Koos, in die Vinasentrum op Ceres begin en is tans in Voortrekkerstraat tussen Spilhaus en Boland Isuzu. Kekkel en Kraai het oor die jare goeie diens gelewer en verkoop hoofsaaklik vars en gevriesde hoenderprodukte, eiers, speserye, maak hul eie maalvleis patties, wors en fillets in netvet.

Ontbeende hoender en -dye kan vooraf by Esmé bestel word by 063-464-8311 of 084-903-3347

BESIGHEIDSURE: Maandag - Vrydag 08:30 tot 17:30 en SaterdagSaterdag Saterdag 08:00 tot 13:00

LAASTEDRIF primêr het tydens die jaarlikse diplomaplegtigheid hul top presteerders vir 2025 vereer. VLNR: Miceala Geduld (graad 7), Donay van Rooi (graad 3), Chantay Sagarias (graad 6) en Dewald September (skoolhoof).

Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

CERES

Panelbeating

&

ABBA, ‘n aannemings- en maatskaplike diensorganisasie, is dringend opsoek na Funeka Lugongqo of enige familie. Laaste adres wat hulle op rekord het was Kromfontein, Koue Bokkeveld. Indien iemand weet waar Funeka haar bevind, kan hulle Elma Filmalter skakel by (021) 9499321 of 074-739-2148 rakende ‘n familieaangeleentheid.

1960/01/28 - 2025/11/25

BEGRAFNISDIENS

Sondag 7 Desember

Pieter Jacobus Swartz Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300

Huis: 09:00 Medanistraat

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

R40 per koerant bondel te koop by Witzenberg Herald se kantore. Slegs kontant. Skakel (023) 316-2021. w.t.o.

Suspension

Brakes • and more André du PreezAndréPreez du Preez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.

MUNISIPALE swembaddens is vanaf 1 November oop. Dennebos is oop vanaf 08:00 tot 19:00 en toegang beloop R99 vir dagbesoekers. Toegang by die Eiland, Bella Vista, P.A. Hamlet, Montana en Witzenville swembaddens beloop R10 vir volwassenes en R1 per kind.

CERES Krisante Vereniging nooi alle belangstellendes uit om aan te sluit by die vereniging. Plantjies word gemaak en sal aan nuwe lede voorsien word. Vir meer inligting skakel Rico by 072-522-8459 of André by 083-5484-851

INDIEN inwoners herwinbare sakke benodig, kan hulle dit gratis in die week by die Togryers museum kom afhaal tussen 08:30 en 16:00.

IN case of emergencies, please keep the following numbers handy:

•Police Flying Squad.................. 10111

•Ambulance Services 10177

•Cell Phone Emergency................112

•Disaster Risk Management Centre 080-911-4357 (HELP)

•Poisons Information Helpline of the Western Cape 0861-555-777

•Childline .......................................116

•Lifeline (021) 461-1113

•Wilderness Search and Rescue ...................................(021) 937-0300

DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring van klein funksies en werkswinkels/opleiding. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 312-2045 of stuur ‘n e-pos na togryersmuseum@gmail.com

19/12/202512/01/2026

AMY Ludick van Bella Vista, is ‘n onlangse gegradueerde wie se akademiese reis nie net persoonlike prestasie weerspieël nie, maar ook die krag van geleenthede. Sy was in 2021 een van die eerste ontvangers van die Perdekraal-Oos windplaas beursprogram. Sy het haar hoër sertifikaat in bedryfsadministrasie voltooi en is tans besig met ‘n BTech in bedryfs- en inligtingsadministrasie by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie.

LEERDERS van Charlie Hofmeyr se fotos is saam met ander jeug fotograwe in die land, gekeur om Suid-Afrika by die FIAP Youth Biennial in Bahrain te verteenwoordig. 18 lande het deelgeneem met Suid-Afrika se jong fotograwe wat die tweede (FIAP silwer en FIAP goue medaljes) en ‘n derde plek posisie verower het in die twee ouderdomsgroepe. Die Charlie Hofmeyr fotograwe wat deelgeneem het sluit in: Anjani Kara (wenner met Bahrain Art silwer medalje) vir haar foto: Up for Air, Angelique du Toit, Rian Engelbrecht (lid van klubLaerskool Koue Bokkeveld), Stella Hanekom, Ané Sauer, Charl Conradie en Sofia van der Merwe. * Die PSSA (Photographic Society of South Africa) bedank elkeen vir hul deelname aan die internasionale kompetisie.

Laastedrif primêr kies nuwe leiers

LAASTEDRIF primêr het tydens die jaarlikse diplomaplegtigheid, hul hoofleiers vir 2026 aangewys.

VLNR:Chantay Sagarias (hoofmeisie), Eljohn Pedro (hoofseun) en Dewald September (skoolhoof).

UNDER the global theme “Overcoming Disruption, Transforming the AIDS Response,” the Western Cape Department of Health and Wellness marked World AIDS Day with a provincial event in Malmesbury. Health teams, civil society and community members came together to honour the lives lost and call on everyone to come back to care. The event aligned with the national Close the Gap campaign, which aims to re-engage thousands of people who have stopped HIV or TB treatment. In the Western Cape, over 111,000 people living with HIV have not accessed care in the past two years, according to the Provincial Health Data Centre. This gap threatens progress toward the global 95-95-95 targets, which aim for 95% of people who know their HIV status to be on treatment and virally suppressed.

Tulbagh Witzenville Faire on Friday, 5 December

TULBAGH Tourism is proud to announce the upcoming 11th annual Tulbagh Witzenville Faire, taking place on Friday, 5 December from18:00 - till late.

“We invite everyone to come and join us for a fun relaxing evening. The Tulbagh Witzenville Faire has become a treasured tradition in the Tulbagh Valley, marking both the start of the festive season and the beginning of the bustling fruit-harvest period”. Each year, this special evening brings together local residents to relax, connect, and enjoy a vibrant pro-

gramme of live music, performances, and a selection of stalls. The event also offers a valuable platform for local talent to shine and for community groups and organizations to raise funds through their participation. The highlight of the year’s event will be a performance by Early B.

Tulbagh Tourism extends its sincere thanks to the following sponsors: Witzenberg Municipality, Wesgro, Stanislaus Agri, Manley Wine Estate, Tarzan Shoe Factory, Tulbagh Garage and Seeff Tulbagh as well as to all those that help make this event possible.

Ceres verloor teen Bella Vista

CERES krieketklub het die naweek hul tweede wedstryd van die seisoen gespeel.

Ceres het die wedstryd teen Bella Vista 2 met 90 lopies verloor. Die wedstryd is op Wolseley sportgronde gespeel terwyl die Ceres veld herstel word.

Bella Vista wen die loot en teken ‘n skaflike 220 lopies aan. Bella Vista verloor vinnig drie paaltjies vir 17 lopies maar goeie kolfwerk deur Don Lewis (49) en Shane Titus (54) help dat Bella Vista ‘n goeie teiken kon aanteken. Vir Ceres neem Rudy Maggot 2/37, Jo-Earn Zimri 2/32 en Marcus Nasson 2/25. Ceres 2 kon in hul kolfbeurt nie op al hul silinders vuur nie en word almal uitgehaal vir slegs 131 lopies.

Vir Ceres teken Sheraldo Poole 46 lopies aan met Alan Johnson (19) en Marcus Nasson (20) wat ook bydraes met die kolf maak. Vir Bella Vista neem Tino Norman 3/18 en Shaun Blaauw 3/28. Ceres se volgende wedstryd is op 6 Desember teen Paarl 3.

Borgaansoek van rower nog

nie klaar nie

‘n ROWER wat laaste vasgetrek is weens die Wolseley USave drankwinkel roof, se borgaansoek is nog nie afgehandel nie.

Sandico Sokhetye (31) wat later as sy mede-verdagtes gearresteer is, se borgaansoek is na 8 Desember uitgestel.

Die ander verdagtes van Ceres, Nduli en P.A. Hamlet, Ibrahim Dwaba (25), Xolisile Richard Makumsha (42), Sabata Kutana (39) en Sinethemba Funani (38) sal later in die Wolseley landdroshof verskyn.

Roof

Die roof het Maandag 29 September omstreeks 17:55 plaasgevind toe dié mans op die USave drankwinkel toegeslaan het.

Die mans het by die drankwinkel ingestap waarna een van die verdagtes, die personeel met ‘n vuurwapen gedreig het.

Die mans het twee selfone gevat asook kontant en drank voordat hulle in ‘n voertuig met ‘n vervalste CT nommerplaat van die toneel weggejaag het.

Wolseley speurders het gou leidrade begin opgevolg en vier mans vasgetrek en op twee vuurwapens in Nduli en op P.A. Hamlet beslag gelê. ‘n Vyfde verdagte is later vasgetrek.

Sindikaat

Daar word vermoed dat ‘n sindikaat vir die vlaag gewapende rooftogte by besighede verantwoordelik is. Die polisie probeer nog vasstel of die rooftogte by Jumbo Liquors, Central Liquors, CT Cash loans, Club Haze en USave Liquors met mekaar verbind kan word.

Gryp geldsak

Dwaba, voorheen ‘n vrugtesmous op Ceres, was voor sy inhegtenisname uit op borgtog van R2 000. Hy staan tans tereg op klagtes van gewapende roof waar hy en ‘n medepligtige, Kamva Gqalaqha (24), ‘n werknemer van Pep van meer as R65 000 beroof het. Die werknemer was op pad na Standard Bank om die geld te gaan deponeer. Dié verhoor is na 11 Maart 2026 uitgestel.

DIE hofsaak teen drie mans wat agt maande gelede by Ceres Caltex gearresteer is met ‘n onwettige vuurwapen, se saak is in die Ceres landdroshof uitgestel.

Agtergrond

Die mans was Sondag 23 Maart omstreeks 00:24 besig om brandstof in te gooi, toe die polisie hulle genader het. Een van die mans het uit die VW Citi Golf gespring en probeer weghardloop terwyl die polisielede, wat toevallig by die vulstasie was, besig was om met die Citi Golf se bestuurder te praat.

Die polisielede het Zigwebule Sifile (27) van Gouda, agterna gesit en naby die hoërskool vasgetrek met ‘n onwettige 9mm vuurwapen in sy besit.

Die ander twee mans, Nkosikhona Busman (35) en Thabiso Qwane (23), is ook gearresteer.

Die saak is na 10 Desember uitgestel.

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Witzenberg Herald

Sport

WOLSELEY krieketklub het ‘n plek in die Promosie-Wes T20 eindstryd bespreek deur Bergrivier op ‘n spannende wyse met 4 lopies te klop in hul wedstryd in die Paarl.

DRIE leerders van Ceres het Sondag 30 November hul Boland krieket-kleure ontvang. VLNR: Francois Prins (Boland Landbou skool), Lizé de Waal (HTS Drostdy) en Rossouw Matthee (Charlie Hofmeyr). Francois Prins is opgeneem in die Boland o/19 span wat van 16-21 Desember aan die Khaya Majola week in Bloemfontein gaan deelneem. Lizé is in die Boland o/16 span opgeneem wat van 8-13 Desember in Gqeberha gaan deelneem. Sy is ook aangewys as die kaptein van die span. Rossouw is in die Boland o/17 plattelandspan opgeneem wat van 5-9 Desember in Mbombela (Nelspruit) gaan deelneem.

Wolseley haal eindstryd

WOLSELEY krieketklub het ‘n plek in die Promosie-Wes T20 eindstryd bespreek deur Bergrivier op ‘n spannende wyse met 4 lopies te klop in hul wedstryd in die Paarl. Die eindstryd word op 7 Maart 2026 gespeel. Die naam van Wolseley se teenstander en die plek waar wedstryd beslis sal word, sal later bekendgemaak word.

Wolseley het eerste gekolf en 144/8 in sy toegelate 20 boulbeurte aangeteken. Ryan Ockhuis met 48 lopies is goed bygestaan deur Enrick Tromp (17) en Rashied September (15).

Bergrivier gaan kolf en was goed op pad om teiken te haal maar later in kolfbeurt kon hulle nie by die verlangde lopietempo bly nie. Bergrivier kon net 140/6 behaal met Rowan Robertson (53) en Conroy Baron (31) wat goed gekolf het.

Vir Wolseley het Cyril January goed geboul en 3/30 geneem, Ravel Prins (1/17) en Wilbur Pietersen (1/21).

Naweek

Saterdag 6 Desember reis Wolseley na die Paarl waar hulle Drakenstein EDU in ‘n Promosie-Wes 50 boulbeurt wedstryd pak.

Boetie voltooi Munga

TWEE fietsryers van Ceres het vanjaar die uitdagende Munga van Bloemfontein na Wellington (1148 kilometer) aangepak.

Boetie Hugo het sy 8ste Munga in 4 dae 23 uur en 37 minute voltooi. Ryers het 5 dae tyd om die wedren te voltooi. Hy het Sondag sy staal en uithouverhoë gewys toe hy die laaste gedeelte voltooi het om binne die afsnytyd klaar te maak.

Pierre de Jager (63) het vanjaar sy sesde en laaste solo Munga aangepak saam met Pieter du Preez en Hannele Steyn om fondse in te samel vir twee oudlede van 61 Meg Veterane Vereniging, Cordré Smith van Ceres en Mick de Jager.

Die erge hitte het sy tol geëis toe Pierre nie kos kon inneem nie. Sy gesondheid moes voorkeur geniet en hy het ‘n moeilike besluit geneem om na 365km te onttrek.

“Ek is teleurgesteld, maar bly dat ek die regte besluit geneem het. Jou liggaam praat met jou, hy waarsku jou en jy moet luister. Na jare se deelname aan ultra-wedlope en ultra-wedrenne, is dit tyd om dit rustiger te vat. Dankie vir elkeen se ondersteuning en bydraes oor die jare sodat ons ‘n verskil kon maak aan 61MVV se veterane in nood. Ons kon meer as R500 000 insamel”.

Pieter du Preez het sy 7de en Hannele haar 5de Munga voltooi.

"Baie dankie dat julle gehelp het om vir Cordre én Mick geld in te samel".

Laat donasies

Indien inwoners en sakelui kan nog bydraes maak aan die insamelingsprojek vir Cordré en Mick. Donasies kan inbetaal word in: 61 Mech Battalions Group Veterans Association, Standard Bank takkode 006305, rekening no. 00329-3661 met verwysing MUNGA 25.

BOETIE Hugo het sy 8ste Munga voltooi in 4 dae 23 uur en 37 minute.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook