






'n
![]()







'n
‘n JONG luiperd mannetjie is Donderdag 20 November dood nadat hy vermoedelik deur ‘n vragmotor wat in Ceres se rigting onderweg was, in Michellspas raakgery is. Volgens die munisipaliteit skat ‘n veearts die luiperd tussen 4 en 5 jaar oud. Nadat die munisipaliteit die luiperd verwyder het, is dit by CapeNature aangemeld. Inwoners word gevra om versigtig te bestuur in Michellspas. In April en Julie 2018 is twee luiperds kort na mekaar doodgery in Michellspas en een in Bainskloof. *CapeNature kan by (021) 483-0000 geskakel word indien luiperds in die Witzenbergstreek opmerk word.











Die Krag van Liefde

Wanneer jy ’n kind aanneem, gee jy nie net vir daardie kind ’n permanente tuiste en gesin, ’n gevoel van behoort, sekuriteit en identiteit nie; jy ervaar self ook vreugde en seëninge van ouerskap. Uiteindelik is aanneming ’n bewys van deernis, weerbaarheid en blywende krag van liefde


TWEE broers van Ethiopië het die naweek ‘n aanval in hul winkel op Wolseley oorleef.
‘n Onbekende aanvaller in ‘n blou oorpak met ‘n klapmus op, het Maandagaand omstreeks 21:00 by die Diphumutswe winkel in Pine Valley ingestap.
Alemu Abose-Lamore (31) en sy broer, Bekele Abose-Lamore (37), was ten tye van die skietvoorval in die winkel. Een verdagte het buite gestaan en wag terwyl sy meeloper die winkel in is en vyf skote op die broers geskiet het.
Die verdagtes het daarna op die vlug geslaan. Die mans is nie raakgeskiet in die aanval nie.
Wolseley speurders ondersoek die voorval.
EEN van die mans, Banele Moya (22), wat aangekla is van moord op ‘n sendeling en Ceres-inwoner, is verlede week na ‘n pleitooreenkoms met die staat, gevonnis.
Die ander vermeende moordenaar, Bongani Banda (22), se verhoor sal op 4 Desember in die Worcester streekhof begin. Banele Moya (22) het skuld beken op klagtes van roof met verswarende omstandighede, diefstal van ‘n motorvoertuig en die moord op Herman Nieuwoudt (59).
Lees volledige berig op bladsy 3

































DIE Witzenberg munisipaliteit se eenheid vir paaie en stormwater het ‘n tyd gelede begin met die belangrike taak om paaie op Tulbagh te herseël as deel van die periodieke instandhoudingsprogram om die veiligheid van padgebruikers te prioritiseer.
Die geesdriftige span op die grond, onder leiding van Charl du Plessis (superintendent vir strate en stormwater), werk onverpoos om die projek voor die 2026 sperdatum te voltooi.
“Hierdie inisiatief is reeds vier jaar aan die gang en Charl verrig ’n merkwaardige taak om die projek te bestuur binne streng begrotingsbeperkings. Die projek se doel is om die vorige gevaarlike toestand van die paaie te verbeter”.
Die omvang van die projek sluit in die voorafbehandeling en lapwerk van die padoppervlak en die verwydering van die bitumineuse oppervlak en onderliggende basis, die aanwending van ’n verbandlaag en die bladvernuwing met nuwe deurlopende-graad-padteer.
Die paaiespan word bedank vir hul toewyding, dat hulle die veiligheid van inwoners in ag neem en uitstekende dienslewering verseker.
TULBAGH Tourism is proud to announce the upcoming 11th annual Tulbagh Witzenville Faire, taking place on Friday, 5 December from 18:00 - till late.
“We invite everyone to come and join us for a fun relaxing evening. The Tulbagh Witzenville Faire has become a treasured tradition in the Tulbagh Valley, marking both the start of the festive season and the beginning of the bustling fruit-harvest period”.
Each year, this special evening brings together local residents to relax, connect, and enjoy a vibrant programme of live music, performances, and a selection of stalls. The event also offers a valuable platform for local talent to shine and for community groups and organizations to raise funds through their participation. The highlight of the year’s event will be a performance by Early B. Tulbagh Tourism extends its sincere thanks to the following sponsors: Witzenberg Municipality, Wesgro, Stanislaus Agri, Manley Wine Estate, Tarzan Shoe Factory, Tulbagh Garage and Seeff Tulbagh as well as to all those that help make this event possible.


DIE Togryers museum loods elke jaar ‘n 16 Dae van Aktivisme teen geweld teen vroue en kinders projek. Die Care Bag-projek vir verkragtingslagoffers bestaan uit pakkies met toiletware, sjokolade en ‘n motiveringsboodskap wat oorhandig word aan Ceres SAPD se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS). “Die museum spreek hul dank uit teenoor elkeen wat ‘n bydrae gelewer en die museum ondersteun het”. VLNR: Angelo Pieterse, Rudowaan du Toit, Euan Fortuin, Tanya Brink, Felicity Stuurman (admin klerk by Ceres GKS), Anneline Dunn en Essie Swanepoel (admin klerk by Ceres GKS).

GESLAGSGEWELD bly een van die grootste maatskaplike uitdagings in Suid-Afrika. Duisende vroue en kinders is jaarliks slagoffers van fisiese-, emosionele- en seksuelemishandeling. Volgens die nuutste statistieke, neem gevalle steeds toe desondanks veldtogte en wetgewing om slagoffers te beskerm. ACVV Ceres het die week hul steun aan slagoffers van geslagsgeweld toegesê. Personeel en gemeenskapslede het saamgestaan om bewustheid te skep en hoop te bring aan diegene wat onder die geweld ly. Met plakkate en boodskappe van steun het die groep gewys dat geweld geen plek in die Witzenberg gemeenskap het nie. Die organisasie moedig almal aan om geweld aan te meld en saam te werk vir ’n veiliger toekoms. Gemeenskappe, skole en organisasies regoor die land werk saam om bewustheid te skep en hulp te bied aan oorlewendes. Kenners sê opvoeding en vroeë ingryping is noodsaaklik om die siklus van geweld te breek. Inwoners kan die geweld aanmeld of hulp soek by hul naaste polisiekantoor of die GBV-hulplyn skakel by 0800-428-428.

Bronaar Plase (Edms) Bpk, geleë in die Koue Bokkeveld, wat bestaan uit vrugte- en groente produksie eenhede, verlang die dienste van ‘n persoon vir onderstaande vakature.
CHEMIESE STOORKLERK
Verantwoordelikhede: • Voorraadbeheer • Opstel en uitdruk van spuit instruksies op MB4000 • Aankope van chemiese produkte • Afmeet van chemiese produkte • Rekonsiliasies van voorraad en allokasies.
Vereistes: • Betroubaar wees • Rekenaarvaardig • Noukeurig kan werk • En ‘n hoë vlak van akkuraatheid • Goeie interpersoonlike menseverhoudings • Vermoë om teikendatums te behaal • Goeie organisasie vermoë • Vermoë om onafhanklik te werk.
Bogenoemde vakature sal direk aan die Vrugte Landgoed Bestuurder raporteer en ‘n mededingende vergoedingspakket word aangebied.
Stuur CV aan Madelein Gagiano by: madelein@bronaar.co.za
Navrae: (023) 317-0729
Sluitingsdatum vir aansoeke:5 Desember 2025 Diensaanvaarding:So spoedig moontlik Indien u teen 12 Desember 2025 nog geen terugvoer gekry het nie, neem asb. aan dat u aansoek onsuksesvol was.

DIE Wes-Kaapse Prestige Agriwerkertoekennings is op 1 November aangebied. Tydens die geleentheid is die Witzenbergstreek aangewys as die beste presterende streek in die provinsie. Anastacia Visagie (Langrivier) het ‘n tweede plek behaal vir beste potensiaal.
EEN van die mans wat aangekla is van moord op ‘n sendeling en Ceres-inwoner, is verlede week na ‘n pleitooreenkoms met die staat, gevonnis.
Die ander vermeende moordenaar, Bongani Banda (22), se verhoor sal op 4 Desember in die Worcester streekhof begin.
Banele Moya (22) het skuld beken op klagtes van roof met verswarende omstandighede, diefstal van ‘n motorvoertuig en die moord op Herman Nieuwoudt (59).
Agtergrond
Dié moord het twee en ‘n half jaar gelede skokgolwe deur die Witzenbergstreek gestuur.
Herman Nieuwoudt het op Vrydag 5 Mei 2023 net na 17:00, sy huis op Ceres verlaat om kruideniersware in die dorp te gaan koop. Die Toyota dubbelkajuit bakkie waarmee hy gery het, is die laaste keer omstreeks 18:00 op veiligheidskameras opgemerk waar dit uit Ceres in die rigting van Michellspas gery het.
Saterdag 6 Mei 2023 omstreeks 08:30 het ‘n voetganger, lede van die Worcester SAPD gestop en meegedeel dat hy ‘n man se liggaam, wat later as dié van Herman Nieuwoudt uitgeken is, langs die pad opgemerk het.
Pleitooreenkoms
Moya erken dat hy die betrokke aand van die moord vergesel van Banda, saam met Herman Nieuwoudt, ‘n gemeenskapswerker, is om gemeenskapswerk in Zwelethemba, ‘n woonbuurt buite Worcester waar hulle woon, te bespreek.
Hulle het in die Toyota Hilux op die R46 gery toe Herman Nieuwoudt voorstel dat hulle langs die pad stop, die verversings wat hy saamgebring het eet en sommer hul vrywillige gemeenskapswerk bespreek.
Moya (foto regs) erken dat hy en sy medebeskuldigde Banda, terwyl hulle gery het, bespreek het of hulle iets waardevol by Nieuwoudt kan roof.
Nadat hulle gestop het, het beide mans messe uitgehaal, vir Nieuwoudt gedreig en R3 000 en ‘n selfoon met geweld by hom afgevat. Nieuwoudt het hierna probeer vlug maar beide mans het hom agternagesit en verskeie kere met die messe gesteek.

Hulle het sy liggaam in bosse langs die Ceres/Worcesterpad versteek voordat hulle met die bakkie op die vlug geslaan het. Die twee mans het Worcester toe gery waar hulle probeer het om die gesteelde bakkie te verkoop. Niemand wou egter die bakkie koop nie. Hulle het besluit om die bakkie op die Eureka-plaas in die De Wetomgewing buite Worcester te los en in verskillende rigtings te gaan. Moya het die volgende oggend besluit om terug te keer na waar hulle die bakkie gelos het. Hier is hy deur sekuriteitsbeamptes aangekeer wat besig was om die voertuig te deursoek.
Vonnis
In die pleitooreenkoms meld die streekhof dat dit ernstige oortredings is en dat die aanval met erge geweld gepleeg is. Die gesteelde goedere is egter nooit teruggevind nie en dat die aanval en roof vooraf beplan is. Moya het na sy arrestasie ‘n bekentenis aan die polisie gegee en het later skuldig gepleit op die aanklagte teen hom.
Op die eerste klag van roof met verswarende omstandighede is Moya 15 jaar gevangenisstraf opgelê. Vyf jaar hiervan is vir 5 jaar opgeskort.
Op die tweede klag van moord is hy 25 jaar gevangenisstraf opgelê. Vyf jaar hiervan is vir 5 jaar opgeskort.
Op die derde klag van diefstal van 'n motorvoertuig is Moya tot 5 jaar gevangenisstraf gevonnis.
Die hof het beveel dat die vonnisse van klagte 1 en 3 (15 jaar effektief) samelopend met die vonnis vir die moord (20 jaar effektief) uitgedien sal word. Moya sal dus 20 jaar agter tralies spandeer.
(Die pleitooreenkoms is deur die SAPD en die familie van die oorledene, aanvaar.)

THE 2025 launch of the 16 Days of Activism for No Violence Against Women and Children marks a renewed nationwide commitment to ending Gender-Based Violence and Femicide (GBVF). This year’s theme: Letsema - Men, Women, Boys and Girls Working Together to End GBVF, underscores the power of unity and shared responsibility in addressing the country’s GBVF crisis. At the launch event on 25 November, various stakeholders joined forces, demonstrating a collective stand against violence. The programme featured presentations from key sectors, including Witzenberg councillors and officials, the Department of Health, Emergency Medical Services, the National Prosecuting Authority, APD, ECDs, the Department of Social Development and the Cape Winelands District. Each brought critical insights on prevention, response mechanisms, psychosocial support, justice processes, disability inclusion, and community safety. Their collective contributions reflected the true spirit of Letsema - working together, sharing expertise, and strengthening coordinated efforts to combat GBVF across all spheres of society. The campaign reinforces the need for stronger prevention programmes, improved survivorcentred services, enhanced accountability and a sustained cultural shift toward respect, equality and nonviolence. As the nation observes the 16 Days and carries this work forward throughout the year, the message remains clear: Only through collaboration can we break the cycle of violence and build safer communities for all. * The annual 16 days of Activism against Gender-based Violence (GBV) campaign that runs from 25 November until 10 December 2025,

DIE Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit se branddienste, saam met vennote CapeNature, die Wynland FPA en Volunteer Wildfire Services (VWS), het die afgelope week gesukkel om talle brande onder beheer te bring. Vlamme is aangehelp deur stormsterk wind. Brande het by Bike Forge tussen Tulbagh en Wolseley gewoed (foto), in die Witzenbergvallei by Visgat en Rocklands en op Matroosberg. Die Matroosberg-brand is deur weerlig veroorsaak. KWDMspan is tans besig met moniterings- en opruimingswerk. * Kommer bestaan dat warm weer wat vir die week voorspel word, brandsituasies kan veroorsaak. Inwoners word gevra om versigtig te wees as hulle vuurmaak en dit net doen in ‘n beskutte plek. Maandagaand het ‘n groepie onverantwoordelike mense ‘n vuur by die hek op pad na die dam gemaak.
FOTO: Bike Force FB-blad

DIE Wes-Kaapse Prestige Agriwerker-toekennings is op 1 November aangebied. Tydens die geleentheid is die Witzenbergstreek aangewys as die beste presterende streek in die provinsie. Kerneels Oncker van Rietfontein is as die besproeiing-spesialis-wenner aangewys. * Ander toekennings: Anwill Moletsane (De Hoop) het ‘n tweede plek in die afdeling: junior bestuur en Carmanita Snyders (Verdun Estates) het ‘n tweede plek in die afdeling: middelbestuur.

TWEE polisiemanne van Wolseley se verhoor gaan middel 2026 begin. Die moordverhoor van ‘n derde polisieman is uitgestel weens mediese redes.
Twee polisiemanne verbonde aan Wolseley SAPD, wat in Junie 2024 weens dwelmverwante misdrywe gearresteer is, se verhoor sal op 29 Julie 2026 in die Wolseley streekhof aangehoor word. Beide polisiemanne is uit op R2 000 borgtog.
Agtergrond
Die twee lede, sers. Petshwa en konstabel Lintnaar, is Saterdag 15 Junie 2024 deur die Wes-Kaap SAPD se anti-korrupsie-eenheid gearresteer kort nadat hulle aan diens gekom het.
Petshwa en Lintnaar word aangekla van diefstal, korrupsie en regsverydeling. Die twee lede het na bewering mandrax tablette by ‘n man afgevat en dit later weer aan ‘n dwelmsmous verkoop.
Tulbagh verhoor ‘n Polisieman van Tulbagh wat in Mei 2024 ‘n man op Gouda doodgeskiet het, se verhoor is op 18 November in sy afwesigheid uitgestel nadat hy vermoedelik ‘n hartaanval gehad het. Sers. Jonathan Waterboer (47) van die Tulbagh misdaadvoorkomingseenheid moes in die Tulbagh landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord.
Op versoek van sy prokureur is die saak tot 3 Desember uitgestel sodat die nodige mediese-inligting en mediese-dokumente bekom kan word.
Agtergrond
‘n 40-Jarige man van Gouda is Donderdag 23 Mei 2024 omstreeks 10:30 dood kort nadat inwoners en die polisie in ‘n onderonsie be-
trokke geraak het. Dit is nie bekend wat het tot dié konfrontasie tussen die twee groepe gelei nie.
Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (OPOD) ondersoek steeds die voorval. Die afgelope twee jaar is talle versoeke om kommentaar en terugvoering oor die vordering van die saak aan mediawoordvoerders gerig, sonder enige sukses.
SES maande nadat ‘n vermeende moordenaar nie vir sy verhoor in die Ceres streekhof opgedaag het nie, is hy steeds voortvlugtig.
‘n Lasbrief is ‘n tyd gelede vir die vermeende moordenaar Mihle Dudumayo (29) deur die P.A. Hamlet polisie gesirkuleer nadat hy in Meimaand nie by die hof vir sy moordsaak opgedaag het nie.
Dudumayo het tereg gestaan weens die moord op Piet Boer (63) van P.A. Hamlet en was hy voor sy verdwyning uit op borg van R2 000.
Stryery lei tot moord Volgens hofstukke het die voorval byna twee jaar gelede op Sondag 14 Januarie 2024 omstreeks 07:45 plaasgevind toe Piet Boer vir Dudumayo gekonfronteer het oor hy teen sy woning se heining urineer. Nadat hy aangespreek is, het daar ‘n stryery tussen Ddumayo en die oorledene ontstaan. Dudumayo het ‘n Okapi mes uitgepluk en Boer verskeie kere met die mes gesteek.
We are seeking a dynamic and detail-oriented Financial & Cost Accountant to join our Finance team. This role combines traditional financial accounting responsibilities with a strong focus on cost analysis and cost management to drive profitability and efficiency.
KEY RESPONSIBILITIES:
Financial Accounting
•Oversee core financial accounting functions and ensure compliance with statutory requirements.
•Maintain accurate financial records and assist with monthly and annual financial reporting.
•Support the annual audit and budget processes.
•Monitor and review financial controls and ensure adherence to company policies.
•Provide financial insights to the Financial Manager for decision-making.
Cost Accounting
•Develop and maintain costing models for fruit packing operations.
•Perform detailed cost analysis and reporting for packing activities.
•Ensuring with the relevant role players a robust control environment for all packing materials.
•Maintain accurate packing material costings and monitor cost variances related to packaging usage and procurement.
•Collaborate with operational teams to implement cost-saving measures.
•Prepare productivity and efficiency reports (daily/weekly/monthly).
•Support the implementation and optimization of systems and costing tools.
MINIMUM REQUIREMENTS:
•Bachelor’s degree in Accounting or Finance with a professional qualification (SAICA, SAIPA, or equivalent).
•Minimum of 3 - 5 years’ experience in financial accounting and cost accounting (preferably in agriculture, manufacturing, or FMCG).
•Previous costing experience is essential
•Strong proficiency in Microsoft Excel; experience with ERP systems and costing modules will be advantageous.
•Solid understanding of financial regulations and standards and statutory regulations (e.g., VAT).
•Excellent analytical and problem-solving skills with attention to detail.
•Ability to communicate effectively in English and Afrikaans.
•Strong organizational skills and ability to manage multiple priorities.
•Own reliable transport.
In addition to pleasant working conditions, we offer a competitive remuneration package that includes membership to a retirement and medical fund. To apply for this position, please submit your application on the website: www.dutoitagri.co.za
The position can be found under the “About/Careers” section on the website. Commencement of employment will be as soon as possible, but preferably not later than 1 February 2026


GCIS, die nasionale regering se kommunikasie-afdeling het verlede Vrydag 21 November ‘n gespreksessie by die Damas restaurant in Worcester aangebied saam met verskillende media-rolspelers wat radio en gedrukte media insluit, asook Sentech, ICASA en die MDDA. Munisipaliteite in die Kaapse Wynlandstreek het ook die gespreksessie bygewoon.
VLNR: Yvette Minnaar (WRFM), Gerzell Baatjies (Witzenberg munisipaliteit), Andrew Minnaar (WRFM), Rowena Hendricks (Witzenberg munisipaliteit) en Francois Snyman (Witzenberg Herald).
VYF jaar nadat drie mans van Tulbagh ‘n 12jarige meisie op ‘n plaas verkrag het, sloer hul verhoor voort in die Tulbagh streekhof.
Die drie mans, Angelo Jordaan (37), Jan Booysen (34) en Abraham Claasen (37), wat sedert die verkragting in 2020 in aanhouding is, pleit onskuldig op die aanklagte teen hulle. Die staat het hul saak gesluit en al die getuies het getuig.
Een van die mans, Abraham Claasen, beweer dat hy ‘n hoofbesering opgedoen het tydens ‘n ongeluk en dat dit sy brein aangetas het. Weens die rede is hy nie instaat om verhoor te word nie.
Hy kan eers in Valkenberg opgeneem word vir waarneming sodra ‘n bed vir hom beskikbaar is.
Agtergrond
Die voorval het Vrydag 25 September 2020 na 20:00 op die plaas Remhoogte plaasgevind. Die 12-jarige slagoffer en ‘n 14-jarige maatjie het na die buurplaas gestap om aartappelskyfies te gaan koop toe hulle deur die drie mans agtervolg en in die bosse ingesleep is. Die 14-jarige meisie kon daarin slaag om weg te hardloop en hulp te ontbied. Die verdagtes is Saterdag 26 September 2020 op Bergplaas in hegtenis geneem.
BELANGRIKE KENNISGEWING
PERMANENTE BEPERKING VAN TOEGANG VIR DOELEINDES VAN EENRIGTINGSTRAAT: PRINCE ALFRED’S HAMLET: REIDSTRAAT (VANAF ASTRIDLAAN TOT HERTALAAN) IN ‘N WESTELIKE RIGTING EN HERTALAAN (VANAF REIDSTRAAT TOT ABRAHAMSTRAAT), IN ‘N NOORDELIKE RIGTING
Kennis geskied hiermee dat hierdie Raad ingevolge die bepalings van die Provinsiale Koerant vir Weskaap Nr. 6307, 14 Oktober 2005, Witzenberg Munisipaliteit: Verordening insake Strate, Artikel 35 (2) gedeelte van Reidstraat en Hertalaan, Prince Alfred’s Hamlet as ‘n eenrigting straat verklaar. Verkeer sal voortaan slegs in die gedeelte van Reidstraat in ‘n westelike rigting mag beweeg en in die gedeelte van Hertalaan in ‘n noordelike rigting beweeg.
Enige besware teen die voorgenome handeling moet binne 30 dae, vanaf die plasingsdatum van die kennisgewing, skriftelik by die Munisipale Bestuurder ingedien word, per e-pos aan admin@witzenberg.gov.za
Vir enige navrae kontak gerus vir Elton Lintnaar by e-pos elton@witzenberg.gov.za
URGENT NOTICE
PERMANENTLY RESTRICTING ACCESS FOR PURPOSES OF ONE-WAY STREET: PRINCE ALFRED’S HAMLET: REID STREET (FROM ASTRID AVENUE TO HERTA AVENUE) IN A WESTERLY DIRECTION AND HERTA AVENUE (FROM REID STREET TO ABRAHAM STREET), IN A NORTHERLY DIRECTION
Notice is hereby given, in terms of the Provincial Gazette for Western Cape No. 6307, 14 October 2005, Witzenberg Municipality: Bylaw Relating to Streets, Section 35 (2), that Council resolved to establish portions of Reid Street and Herta Avenue, Prince Alfred’s Hamlet as a one-way street. Traffic will only be allowed to travel in the section of Reid Street in a westerly direction and in the section of Herta Avenue in a northerly direction.
Any objections to the aforementioned action must be submitted in writing within 30 days, from the date of publication, to the Municipal Manager, per e-mail to admin@witzenberg.gov.za
For any enquiries please contact Elton Lintnaar at e-mail elton@witzenberg.gov.za
D. NASSON
MUNISIPALE BESTUURDER
MUNICIPAL MANAGER
Verw. / Ref.: 16/4/2




Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)




NOODNOOD NOODNOOD NOOD
(023) 346-6000 (023) 316-2328 (023) 316-8600 (023) 316-1997
of skakel 10111


Oogkundige Kontaklenspraktisyn
Contact Lens Practitioner Optometrist
(023) 312-3060 SKAKEL OF WHATSAPP: 072-951-2874 DE KEURSENTRUM 2, CERES 6835
Voortrekkerstraat 37 467, Ceres 6835
(023) 004-0595
Faks: 086-407-6707
Reg no: 2014/097150/07
BTW no: 4140265846
CONTACT DETAILS : Cornell Pieterse (TECHNICIAN) 060-560-1150 info@bdktech.co.za
Maryna de Villiers (SALES)
(023) 004-0595 ctsales@bdktech.co.za

CENTRAL CERES MOTORS
Service Center & Panelbeating
• Panelbeating
•Servicing
•Auto Electrical
•Aircon regassing
Voortrekkerstr., Ceres
☎ (023) 312-1254
☎ (023) 312-1274

Ons installeer en versien alle elektroniese alarm- en kamerastelsels

Johannes Daniels

1968/03/26 - 2025/11/19
BEGRAFNISDIENS:
Saterdag 29 November Huis: 09:00 Masibulelostraat 7, Wolseley Graf: Wolseley
081-742-6706 n/u: 082-5753-181

R40 per koerant bondel te koop by Witzenberg Herald se kantore. Skakel (023) 316-2021. w.t.o.

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300


Mobile Carwash, Locksmith and Handyman At the comfort of your own home R100Small R150SUV For appointments contact Charles at 072-705-5233



THE Fruit Route is verlede week tydens Big Bucks/Flash Gala se algemene jaarvergadering as Flash Gala se Bemarker van die Jaar aangewys. The Fruit Route is een van 34 bemarkers van Flash Gala appels in Suid-Afrika. Hier oorhandig Buks Nel die toekenning aan Michiel Herholdt. * Andries Deetlefs van Schoonvlei boerdery (Hillcrest) is tydens dieselfde geleentheid as die naaswenner - produsent van die jaar, aangewys.

SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
SkakelErnest (023)316-1117
SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS
STEFAN STEYN


AND ART FRAMING 083-227-6476

SECURE YOUR PROPERTY WITH CCTV CAMERAS and ALARM SYSTEMS
www.jptek.co.zawww.jptek.co.za www.jptek.co.za ☎☎ ☎ 0231000515 0231000515 info@jptek.co.za info@jptek.co.za

Whatsapp of skakel 082-821-3610
Joubertstr.
erer ersoek*soek* soek* *Terme en voorwaardes geld
Ceres Alarms and Guarding Bespreek hierdie spasie in ROOI @ R190 of VOLKLEUR @ R230
Skakel (023) 316-2021

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd.
Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.


AND PLANT AND TOOL HIRE HIRE










DIE Ceres Padel vroueliga is verlede Woensdag 19 November afgehandel. Daar het 10 spanne aan die toernooi deelgeneem. Dalene Krone en Elnoria Swart het die finaal gewen. Marie Roux en Lizanne Groenewald was die naaswenners. VLNR: Marie Roux, Lizanne Groenewald, Dalene Krone en Elnoria Swart. * Die mansliga word Woensdag 26 November afgehandel wanneer Gastoa Cardoso en Marco Pinheiro teen Keano Cardoso en Jarryd Thomas in aksie is.


BJ Claasen is Dinsdag as die 2025 Silverhaan kampioen aangewys. Hy het die kompetisie met ‘n nettotelling van 67 houe gewen.

Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd, South Africa’s preferred producer and marketer of apple and pear juices concentrate, as well as a range of other concentrates and purees, have the following employment opportunity at their factory in the beautiful town of Ceres, Western Cape.
The successful candidate will report directly to the Manager: Engineering Services and the responsibilities of the position include the following key performance areas:
•Manage municipal water
•Oversee and maintain the filtration system
•Manage all effluent and affluent water
•Manage and maintain dams and pumps to Water Treatment Plant
•Manage the drains
•Manage and maintain the Bellmer Turbo Screens
•Ensure that parts and equipment are available and ordered
•COD, PH and Ripley testing
•Daily inspections as per CFP standards
•General repairs on plant where required
•Craft and implement a preventative maintenance plan for water management
•Do fault finding on systems and processes
•Ensure that all equipment needed for the treatment of water are available and/or pro-actively procured
•Manage all aspects related to the Water Plant according to company standards
•Ensure that job cards are completed
•Ensure that all equipment, parts, tools that are purchased are signed off and approved
•Report all problems and observations with regards to water management to the Manager: Engineering
•Conduct planning in accordance with the Departmental Budget
The ideal candidate should have the following attributes / skills / qualifications:
•A relevant tertiary qualification (N4-N6, Artisan)
•At least 5 years of experience in Engineering Services
•Excellent communication and problem-solving skills
•Superior Computer literacy
The ideal candidate is expected to display a high level of energy and responsibility.
In return the Company offers a market related compensation package.
Applications can be addressed per e-mail to:
The Manager: People and Performance Systems
Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd
P.O. Box 366, Ceres or E-mail: dlintnaar@cfp.co.za
In
Closing date for applications: Friday 12 December 2025

DIE drie gesoute fietsryers, Pieter du Preez, Hannele Steyn en Pierre de Jager (Ceres), het Woensdag 26 November vanaf Bloemfontein die langpad na Wellington aangepak. Dié keer ten bate van twee oudlede van 61 Meg Veterane Vereniging, Cordré Smith van Ceres en Mick de Jager. Vanjaar gaan 207 fietsryers (individueel en in spanverband), die 1130 kilometer van Bloemfontein na Wellington aflê - deelnemers het net 5 dae om die eindstreep te haal. Indien inwoners en sakelui die insamelingsprojek vir Cordré en Mick wil ondersteun, kan donasies inbetaal word in: 61 Mech Battalions Group Veterans Association, Standard Bank takkode 006305, rekening no. 00329-3661 met verwysing MUNGA 25. ‘n Back-a-Buddy veldtog is ook geregistreer. Donasies kan alternatiewelik ook daar inbetaal word. Elkeen se ondersteuning sal baie help om Cordré se mediese uitgawes vir ‘n dringende hartoorplanting en vir Mick se stygende mediese uitgawes, te help finansier. * FOTO LINKS: Boetie Hugo van Ceres neem ook vanjaar weer deel aan die Munga.

Ceres Fruit Processors (Edms.) Bpk. , Suid Afrika se voorkeur prosesseerder en bemarker van appel- en peer konsentraat, asook ‘n reeks ander konsentrate en purees, bied die volgende geleentheid by sy fabrieksaanleg in die skilderagtige Bolandse dorp, Ceres, in die Wes Kaap. MENSLIKE HULPBRONNE KLERK
Met rapportering aan die Menslike Hulpbronne Bestuurder sluit die posbekleër se verantwoordelikhede die volgende sleutelprestasie-areas in:
•Die bedryf van ‘n proses waar die lone en bonusse van werknemers bereken en korrek sowel as tydig betaal word in ooreenstemming met ouditvereistes
•Die bedryf van die “time and attendance” stelsel en invoer van goedgekeurde data op die stelsel
•Die druk van betaalstrokies, VIP verslae en die liassering van tydstate, kloktye en verslae volgens ouditvereistes
•Verskaf inligting i.v.m. aftrekkings soos UIF, belasting ens.
•Doen maandelikse oorbetalings bv. banke, prokureurs
•Rekonsilieer grootboekrekeninge
•Doen weekliks, maandeliks en jaarliks afsluitings
•Doen jaarlikse afsluiting van belasting en druk van IRP5’s
•Voltooi dokumentasie vir voorsorgfonds, sterfte-eise, ongeskiktheid, mediese kaarte en werkloosheidsversekering
•Onderhoud van persoonlike lêers; opdatering van oogsifting, gehoortoetse en medies; die vaslegging van alle resultate op sigblaaie, asook die opdatering van maandelikse beplanningstatistieke
•Vaslegging van alle beserings aan diens op die Compsol-stelsel
•Kontroleer die aankoop van kliniekmedisyne, tydstate van verpleegster en mediese skedules
•Byhou van menslike hulpbronne statistieke
•Hantering van Induksies
Die ideale kandidaat sal oor die volgende beskik:
•Ondervinding in Payroll Administration/HRIS Systems (VIP) is ‘n streng voorvereiste
•Minimum Graad 12 met verkieslik ‘n MH diploma
•Ondervinding van WVF, SAID en IRP5 rekonsiliasies
•Ondervinding van “Audit trails” op stelsel
•Goeie kommunikasie en probleem oplossing vaardighede
•Uitstekende rekenaarvaardighede
Ons vereis voorts dat die ideale kandidaat ‘n hoë energievlak, verantwoordelikheid en selfstandige optrede sal openbaar. Verkieslik moet die kandidaat so gou moontlik kan begin.
Rig asb. u aansoek aan:
Die Bestuurder: Mense- en Prestasiestelsels
Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd
Posbus 366, Ceres of E-pos: dlintnaar@cfp.co.za
Sluitingsdatum vir aansoeke: Vrydag 5 Desember 2025
In


Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.


BELLA Vista rugbyklub het Saterdag 15 November hul jaarlikse prysuitdelingsfunksie aangebied. Westley Jonkers (middel) is aangewys as Sportman van die Jaar. Hier is Westley saam met Meagan Lukas (bemarkingsbestuurder) en Pieter Klazen (voorsitter), afgeneem.

BELLA Vista rugbyklub het Saterdag 15 November hul jaarlikse prysuitdelingsfunksie aangebied. Nash-Winn Lintnaar (middel) is aangewys as Speler van die Jaar. Hy het ook toekennings ontvang vir beste eerstespan agterspeler en die rugbyspeler wat die meeste drieë aangeteken het. Hier is Nash-Winn saam met Meagan Lukas (bemarkingsbestuurder) en Pieter Klazen (voorsitter), afgeneem. *‘ n Volledige lys van die pryswenners verskyn op Bella Vista rugbyklub se Facebook-blad.













CERES krieketklub het na ‘n afwesigheid van meer as ‘n jaar, na die speelveld teruggekeer.
Ceres krieketklub het teen Wellington 3 op die Pen Basson sportveld gespeel en die wedstryd met 3 paaltjies gewen.
Ceres wen die loot en besluit om Wellington in te stuur om te gaan kolf. Wellington teken 172 lopies aan met Andy Corolars (60) en Natie van Zyl (27) wat die beste met die wilgerlat vaar.
Vir Ceres neem Granville Lukas 3/30, Rudy Maggot 3/33 en Marcus Nasson 2/38.
Ceres teken 173/7 aan met Frans Lottering (77) en Alan Johnson (24) wat help om hul

CHLOË Bishop het Saterdag 22 November aan die Double Century deelgeneem. Chloë het vir die Nana Cycling club se vrouespan gery. Die span het in die 500ste algehele plek klaargemaak uit meer as 3 000 deelnemers.




eerste oorwinning van die 2025 seisoen te behaal. Vir Wellington neem Anwill van der Merwe 3/33 en Ciepie Petersen 2/16.
Nuwe toerusting Ceres krieketklub het onlangs nuwe toerusting en wedstrydklere van Boland Krieket ontvang.
Ceres speel tans hul tuiswedstryde op Wolseley sportgronde terwyl Victoria Park krieketveld (herstelwerk) nie beskikbaar is nie. Oefeninge vind plaas op die Ceres sportgronde in Lyellstraat.
Ceres se volgende tuiswedstryd is teen Bella Vista 2. Ondersteuners word gevra om Ceres se wedstryde by te woon.

BENTLEY Geldenhuys, 'n skrumskakel van Delicious rugbyklub en Boland, is op pad na ‘n sewes uitnodigingstoernooi in Dubai. Twaalf spelers is in die Shogun-span opgeneem en is die Blitsbokke se naasbeste spelers. Die internasionale uitnodingstoernooi oorvleuel gedeeltelik met die Blitsbokke se toernooi wat die naweek ook in Dubai plaasvind.














