MARIE Viljoen (103), Ceres Tuiste se oudste inwoner, is verlede Donderdag 13 November oorlede. Marie het vir 41 jaar in die Ceres-omgewing gewoon waarvan die laaste 29 jaar in Ceres Tuiste was. Sy was ‘n geliefde mens in haar gemeenskap, buitengewoon aktief in die gemeentes waar sy gedien het en was ook intens betrokke by die hospitaalraad en kankervereniging se bestuur. Sy het ‘n wye vriendekring gehad en met verskeie mense reg oor die wêreld per brief gekommunikeer. Sy het die vermoë gehad om ‘n positiewe impak te maak op elkeen wat met haar in aanraking gekom het. Sy laat vier kinders, 10 kleinkinders en 8 agterkleinkinders na.
Man sterf na taxi in pas rol
DRIE mense is Dinsdag 18 November in die vroeë oggendure beseer toe die taxi waarin hulle insittendes was, die pad verlaat en gerol het. Die ongeluk het omstreeks 02:50 in Theronsbergpas op die R46 plaasgevind. Waarheen en in watter rigting die taxi onderweg was, is nie duidelik nie. Die bestuurder het later in die hospitaal gesterf.
FOTOS: Ismails
Nuwe
landdros
gaan saak in 2026 aanhoor
DRIE mans wat sedert 2023 tereg staan op aanklagte van verkragting van ‘n 9-jarige meisie, gaan nou in die Worcester streekhof verhoor word.
‘n Nuwe streeklanddros gaan die verhoor behartig nadat die vorige landdros, een van die mans se pleitooreenkoms en ligte straf verwerp het. Reginald van Wyk (31), het vroeër tot ‘n 5 jaar gevangenisstraf vir die ontvoering ingestem.
Jemeal Goeieman (21) word saam met sy oom, Saul Goeieman (45) en Van Wyk aangekla van die 9-jarige meisie se verkragting in Desember 2022.
Die saak is na 26 Januarie 2026 uitgestel vir verhoor.
Agtergrond
Die drie mans is kort na dié voorval op 15 Desember 2022 deur lede van die Ceres polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), gearresteer.
Die voorval het omstreeks 23:45 in die BoSwaarmoed omgewing plaasgevind.
Hulle is sedert hul arrestasie in aanhouding terwyl die saak voortduur. Hulle borgaansoek was tussen Februarie 2023 en Oktober 2023 aangehoor maar was onsuksesvol.
Ander saak
Dieselfde meisie, nou 12 jaar oud, was in April 2025 vir die tweede keer die slagoffer van verkragting of seksuele geweld.
Drie verdagtes, ‘n 59-jarige man van Nduli en twee vroue van 28 en 44 jaar oud, bly in aanhouding.
Die saak is na 3 Desember uitgestel.
* Volgens die strafproseswet kan die drie verdagtes eers geïdentifiseer word sodra hulle gepleit het.
DIE VLV-projek vir 2025 was - bejaardes maak saak. Juliemaand het die tak ‘n spesiale fondsinsamelingsaand aangebied om fondse in te samel. Die goeie samewerking en ondersteuning wat die VLV van die breë gemeenskap van Ceres/P.A. Hamlet ontvang het, het gehelp dat hulle drie aftreeoorde finansieël kon help. “Dankie aan elkeen wat ‘n bydrae gelewer het tot die projek. Daar is 14 treklakens aan Huis Pieter Strauss geskenk terwyl Huis Maudie Kriel en Hamlet Selfsorgoord, elk R3 000 kontant ontvang het. Belangstellende vroue bo 16 jaar, kan in 2026 kom inloer by die VLV. Skakel die voorsitter by 083-236-7076 vir enige navrae. *Inwoners van Huis Pieter Strauss saam met VLV-lede.
St. Mark’s Primêr
Prince Alfred’s Hamlet
Die Skoolbeheerliggaam van St. Mark’s Primêr nooi hiermee alle gekwalifiseerde en geregistreerde diensverskaffers uit om aansoek te doen vir twee (2) afgewentelde leerder-vervoerkontrakte vir 2026.
BESKIKBARE ROETES:
RR Roete302oete302 oete302oete302 oete 302
115 Leerders l 22,8km Retoerafstand
(La Rochelle, Coshla, Mendoza, Eendvoëlvlei, Rhodene, Jagerskraal 1, Jagerskraal 2, Welgemeen, Droëbaan en Waboomskraal na St. Mark’s Primêr)
RR RR Roete471oete471 oete471oete471 oete 471
76 Leerders l 41,6km Retoerafstand (Elandsrivier, Rooikraal, De Monte Pellier, Bellvue, Montana, Lushof, Middelpos en Waboomsberg na St. Mark’s Primêr)
Sluitingsdatum vir aansoeke: Dinsdag 25 November 2025 om 18:00
Rig volledige aansoek per e-pos aan: stmarks.prim@wcgschools.gov.za
Of handig persoonlik in by skoolkantoor: Reidstraat 29, P.A Hamlet
Aansoeke moet voldoen aan die voorskrifte van die WKOD se SOP vir die Leerlingvervoerskema
AANSOEKE MOET INSLUIT: • Geldige padvaardigheidspermit en bestuurderslisensie
Geregistreerde voertuig met padwaardigheidsertifikaat
• Bewys van versekering en voertuig-onderhoudsplan Bewys van registrasie as vervoer-diensverskaffer Geskiktheidsdokumentasie vir voertuie en bestuurders (insluitend PDP)
Belastingklaring “tax clearence” is ‘n vereiste
Neem asb. kennis: Vir die vervoer van Gr. R leerders word jaarliks aansoek gedoen en mag genoemde getalle verskil, soos nuwe leerders bygevoer of verwyder word. Die besluit van die SBL is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
‘n DANKDIENS is Sondag 16 November in die VGK Ceres gemeente gehou wat deur ds. Booysen gelei is. Tydens die diens is die gemeenskap se dankbaarheid aan lede van die polisie, korrektiewe dienste, verkeerslui, hospitaalpersoneel en EMS werkers oorgedra asook hulle veiligheid in die komende fees-seisoen.
Kandidate wat aan die onderstaande minimum vereistes voldoen, is welkom om aansoek te doen vir die permanente kosterpos.
Minimum vereistes: • Graad 12 • Basiese tegniese en tegnologiese vaardighede (klanksisteem) • Vermoë om te organiseer • Ervaring in toesighouding oor personeel • Vermoë om goeie menseverhoudinge te handhaaf • Vermoë om onder druk te kan werk en inisiatief aan die dag te lê • Selfgedissiplineerd wees en ‘n positiewe selfbeeld hê • Eie vervoer • Sterk voorkeur sal aan ‘n lidmaat van die Ned Geref. Kerk gegee word. Verantwoordelikhede: • Verantwoordelik vir die instandhouding van die terrein en geboue • Toesighouding oor die skoonmaak van geboue en terrein • Toesighouding oor instandhoudingspersoneel • Voorbereiding met die oog op gemeente- en ander aktiwiteite wat insluit: eredienste, nagmaal, doopplegtighede, begrafnisse, huwelike, funksies en vergaderings • Oop- en toesluit van geboue • Administratiewe werk • Algemene aankope. Sluitingsdatum vir aansoeke: 28 November 2025
Stuur asseblief u aansoek na: ngceres@lando.co.za OF handig dit direk in by die kerkkantoor INDIEN U NIE BINNE TWEE (2) WEKE NA DIE SLUITINGSDATUM ENIGE TERUGVOERING ONTVANG HET NIE, KAN U AANVAAR DAT U AANSOEK ONSUKSESVOL WAS.
TWEE inwoners van Gydosig aftreeoord het Saterdag 15 November in die huwelik getree. Dit was Gydosig se eerste huwelik. Hier is oom Dries de Wet (87) afgeneem saam met sy nuwe bruid, tannie Corinne Victor (91). Die huwelik het in P.A. Hamlet gemeente plaasgevind.
DIE 16 dae van aktivisme teen geweld teen vrouens en kinders se bewusmakingsveldtog vind weer in Novembermaand plaas. Die Togryers museum samel weer toiletware in vir verkragtingslagoffers. Indien inwoners wil betrokke raak, kan hulle die volgende items aankoop en aan die veldtog skenk: waslappe, gesigseep, tandeborsels, tandepasta, sneesdoekies en sjokolade. ‘n Omgeepakkie word opgemaak wat einde November deur Ceres GKS aan slagoffers oorhandig word.
ONTVANGS- EN ADMINISTRATIEWE KLERK
PRINCE ALFRED HAMLET
Stuur CV aan: gydosigbestuur@gmail.com
Sluitingsdatum vir aansoeke: 2 Desember 2025
Aanvangsdatum: 1 Januarie 2026 (of so gou moontlik)
Gydosig Aftreeoord is opsoek na ‘n ontvangs- en administratiewe klerk wat kan waarde toevoeg tot ons kantoor administrasie en ontvangsarea wat geleë is in Prince Alfred Hamlet.
Die suksesvolle kandidaat sal onder meer verantwoordelikheid aanvaar vir: • Vriendelike en professionele bemanning van die ontvangsarea • Doeltreffende en professionele hantering van die skakelbord • Algemene kantoor administrasie. Die ideale kandidaat word onder meer gekenmerk aan: • ‘n Senior sertifikaat • Ervaring in ‘n ontvangs- en/of administratiewe posisie sal tot voordeel wees • Professionele kommunikasievaardighede in besigheids Afrikaans en Engels • Georganiseerde, deeglike en akkurate benadering tot die uitvoer van pligte • Bogemiddelde rekenaar- en syfervaardighede • Inherente vriendelike en warm geaardheid • Goed versorgde en professionele voorkoms • Geldige bestuurslisensie • Liefde vir bejaardes.
Werksure: Maandag tot Vrydag, 08:00 - 17:00
SLEGS GEKORTLYSDE KANDIDATE SAL GEKONTAK WORD.
ELIZMA ontvang namens Hamlet Selfsorgoord die donasie van Cobie Coetzee en Annalie Fourie van VLV Ceres.
RIA Prins ontvang namens Huis Maudie Kriel die donasie van Cobie Coetzee en Annalie Fourie van VLV Ceres.
Hof moet nog verhoordatum vasstel
‘n OUDWERKNEMER van ‘n myn in Noordwes, wat oor ‘n lang tydperk meer as R1 miljoen by die myn gesteel het, het verlede week weer in die streekhof in Rustenburg verskyn.
Die Valke in die Noordwes provinsie en die SAPD handelsmisdaadeenheid, het sedert 2019 twee oudwerknemers van Sitona Mining ondersoek nadat hulle oor ‘n lang tydperk meer as R10 miljoen gesteel het. Een van die vrouens is al in Februarie 2024 skuldig bevind en gevonnis op 126 aanklagte van nagenoeg R9.3 miljoen. Sy is tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis. Die tweede persoon wat aangekla is van diefstal en bedrog van meer as R1 miljoen, is Alicia Gwynathon (Gwynnie) Cunningham (35), wat na dié voorval vir ‘n tyd op Ceres en De Doorns gewoon en gewerk het.
Uitstel Cunningham, wat uit is op R15 000 borgtog, het Woensdag 12 November in die streekhof op Rustenburg verskyn. Die streekhoflanddros wou egter eers uitsluitsel kry oor sekere aspekte waarna sy die saak tot 8 Desember uitgestel het vir ‘n voorverhoordatum. Daarna sal die landdros ‘n verhoordatum vasstel. Die saak was vir twee dae op die hofrol geplaas maar niks het gebeur nie.
Agtergrond Cunningham is in Junie 2022 saam met Dinah Dorothea Botes (42) deur die Noordwes Valke en die SAPD se gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid gearresteer weens die diefstal van meer as R10 miljoen. Die misdade is tussen 2014 en 2019 by die Sitona mynmaatskappy naby Rustenburg gepleeg waar die vroue in die rekeninge-afdeling werksaam was. Cunningham het na bewering dieselfde metodes as Botes gebruik om meer as R1 miljoen na haar persoonlike rekening oor te plaas. Sy is aangekla van diefstal en bedrog asook oortredings van die Paia-wet op die opbrengs van misdaad en die konfiskering van bates wat deur kriminele aktiwiteite verkry is.
NS: Die afgelope maande het Cunningham ook die Ceres landdroshof genader om ‘n teisteringsbevel teen die skrywer te probeer bekom om verdere beriggewing oor haar hofsaak te keer. Die aansoek moet nog deur die hooflanddros aangehoor word. Die voorlopige aansoek met bewerings moet egter eers bewys word alvorens die hof so ‘n aansoek kan goedkeur of toestaan.
Riaan Barnard se verhoor uitgestel
‘n OUD Ceres-inwoner wat die afgelope paar jaar gereeld met die gereg gebots het, se verhoor gaan later in Desember in die George streekhof voortgesit word. Riaan Barnard (44) verskyn in die George streekhof op ‘n klag van aanranding van sy pa, Phillipus Barnard (82). Die voorval het tussen 4 en 5 Maart 2024 plaasgevind tydens ‘n onderonsie. Barnard het na bewering ‘n stoel onder sy pa uitgeskop,
hom met sy skouer gestamp en hom gedreig.
Hy is kort daarna inhegtenis geneem en later in Mei 2024 op borgtog van R1 000 vrygelaat.
Hy moet weer op 9 Desember in die hof verskyn.
Die polisie ondersoek nog ‘n voorval wat in Januarie 2024 plaasgevind het.
Dié klagte is reeds by die aanrandingsklag gevoeg.
Rowers in hof, borgaansoek
word uitgestel
VYF rowers het Dinsdag weer in die landdroshof op Wolseley verskyn na ‘n roof by USave drankwinkel.
Die vyf verdagtes van Ceres, Nduli en P.A. Hamlet, Ibrahim Dwaba (25), Xolisile Richard Makumsha (42), Sabata Kutana (39), Sinethemba Funani (38) en Sandico Sokhetye (31), het op 18 November in die Wolseley landdroshof verskyn.
Sokhetye wat later as die ander vier verdagtes gearresteer is, het aangedui dat hy wil aansoek doen vir borg. Die borgaansoek is na 1 Desember uitgestel.
Roof
Die roof het Maandag 29 September om-
streeks 17:55 plaasgevind toe dié mans op die USave drankwinkel toegeslaan het.
Die mans het by die drankwinkel ingestap waarna een van die verdagtes, die personeel met ‘n vuurwapen gedreig het. Die mans het twee selfone gevat asook kontant en drank voordat hulle in ‘n voertuig met ‘n vervalste CT nommerplaat van die toneel weggejaag het.
Wolseley speurders het gou leidrade begin opgevolg en vier mans vasgetrek en op twee vuurwapens in Nduli en op P.A. Hamlet beslag gelê. ‘n Vyfde verdagte is later vasgetrek.
Sindikaat
Speurders ondersoek die moontlikheid dat
‘n sindikaat vir ‘n vlaag rooftogte by besighede verantwoordelik is en of die rooftogte by Jumbo Liquors, Central Liquors, CT Cash loans, Club Haze en USave drankwinkel met mekaar verbind kan word.
Gryp geldsak Dwaba, voorheen ‘n vrugtesmous op Ceres, was voor sy inhegtenisname uit op borgtog van R2 000. Hy staan tans tereg op klagtes van gewapende roof waar hy en ‘n medepligtige, Kamva Gqalaqha (24), ‘n werknemer van Pep van meer as R65 000 beroof het. Die werknemer was op pad na 'n bank om die geld te gaan deponeer. Dié verhoor is na 11 Maart 2026 uitgestel.
‘n INWONER van Bella Vista, Virgel Samson (42), is Augustusmaand voor ‘n kafee in Duikerweg, doodgeskiet.
Wapenondersoek nog nie voltooi nie
KORT na die moord op ‘n Bella Vista inwoner in Augustusmaand, het speurders beslag gelê op ‘n aantal vuurwapens en ammunisie.
Speurders het na die dood van Virgel Samson (42) inligting opgevolg en op ‘n huis in Bella Vista toegeslaan wat as stoorplek gebruik is om vuurwapens te versteek.
Daar is op 5 handwapens beslag gelê wat begrawe was. ‘n Dag later is nog twee handwapens en meer as 600 rondtes ammunisie in ‘n badkamer in dieselfde huis gekry.
Antonio Lintnaar (45) is weens die besit van dié wapens en ammunisie inhegtenis geneem. Die saak is tot 23 April 2026 uitgestel. Lintnaar is tans uit op R2 000 borg.
Misdaadintelligensie sowel as ballisties moet vasstel of van die wapens gesteel is en of dit met ander misdrywe verbind kan word. Die twee handwapens wat gekry is, behoort blykbaar aan ‘n plaaslike inwoner en is nie as gesteel aangemeld nie. Dié verwikkeling vorm deel van die polisie-ondersoek.
Moord
Virgel Samson (42) is drie maande gelede op 14 Augustus omstreeks 19:20 voor ‘n kafee in Duikerweg, doodgeskiet kort nadat hy uit dié winkel na sy bakkie gestap het.
Keenan Hantam (24) staan tereg in die Ceres landdroshof nadat hy na bewering vir Samson geskiet het. Die saak is uitgestel na 29 Januarie 2026
Ander sake
Hantam, wat ten tye van die Samson-moord uit op borgtog was, staan saam met twee ander mans, Edwill Johannes (30) en JeanPierre Appollis (21), tereg in die Ceres streekhof op klagtes van aanranding om ernstig te beseer en moord.
Hulle het ‘n man op 29 Maart 2024 met ‘n klip gegooi, hom geslaan en geskop en toe met ‘n mes gesteek. Die polisie het hulle kort na die moord gearresteer.
Beide Johannes en Hantam is op 22 Mei 2024 op borgtog van R2 000 vrygelaat terwyl Appollis in aanhouding bly by Worcester gevangenis. Die saak is na 23 April 2026 vir verhoor uitgestel.
Patmos-sportdag die naweek
PATMOS bied Saterdag 22 November weer hul jaarlikse sportdag aan op Ribbokpark.
Patmos Arbeidsbediening bied die sportsdag aan om fondse in te samel vir Kersfees-lekkerpakkies vir minderbevoorregte kinders. Die dag begin om 09:00 met pret en vermaak vir oud en jonk.
Die Witzenberg gemeenskap word uitgenooi om deel te wees van die spesiale geleentheid wat sportmangees en samesyn wil bevorder. Daar sal verskeie aktiwiteite wees soos boeresport, sokker en rugby vir volwassenes en skoolgaande kinders. Vir die kleintjies sal daar springkastele wees asook verskeidenheid stalletjies by die ingang. Volgens die organiseerders is die doel om soveel moontlik fondse in te samel sodat kinders in die gemeenskap vanjaar 'n feestelike Kersfees kan geniet.
Inwoners word aangemoedig om saam te kom kuier, deel te neem en 'n verskil te maak.
Hekgelde
Kostes beloop R20 per volwassene, R10 vir kinders en R10 per motor. Die opening sal behartig word deur pastoor Cecil de Kock en die dansgroep R.O.A sal daarna optree. Daar sal ook sewes rugby wees asook sokker om 12:00 wanneer De Eiken teen Lakenvlei speel en Laastedrif wat Alhambra pak. Daar sal ook toutrek en netbal wees asook boeresport.
Daar is geen kaartfasiliteite op die dag - slegs kontant.
THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (WESTERN CAPE DIVISION, CAPE TOWN)
In the matter between: CASE NO. 4821/2024 FIRSTRAND MORTGAGE COMPANY (RF) (PTY) LTD (Registration number: 2015/042866/07) Plaintiff and BARRY CHARLTON VAN NEEL1st Defendant/Respondent IDENTITY NUMBER 890521 5143 08 4
LYNNE ALTHEA SMITH2nd Defendant/Respondent IDENTITY NUMBER 900204 0121 08 6
NOTICE OF SALE IN EXECUTION
In execution of a Judgment of the High Court of South Africa, (Western Cape Division, Cape Town) in the abovementioned suit, a sale a reserve in the sum of R1 132 000.00 will be held at the premises at, 27 DU TOIT STREET, CERES ON 2 DECEMBER 2025 AT 10:00 of the undermentioned property of the defendant on the conditions which will lie for inspection at the Sheriff’s Office
ERF:ERF 1731 CERES IN THE WITZENBERG MUNICIPALITY, DIVISION CERES, PROVINCE OF THE WESTERN CAPE; IN EXTENT 921 SQUARE METRES AND HELD BY DEED OF TRANSFER NO. T1403/2020 subject to the title conditions and commonly known as 27 Du Toit Street, Ceres which property was purchased without the assistance of a state subsidy.
IN EXTENT: 921 square metres
HELD BY:Deed of Transfer No. T1403/2020 (“the property”)
Also known as: 27 Du Toit Street, Ceres
The following information is furnished, but not guaranteed: 3 x bedrooms, 1 x bathroom, 1 x kitchen, 1 x braairoom, 1 x lounge.
CONDITIONS OF SALE:
1.10% (ten percentum) of the purchase price by, EFT payment or bank guaranteed cheque on the day of the sale, the balance payable against registration of transfer, to be furnished within (14) fourteen days from the date of the sale.
2.The purchaser shall immediately on demand pay the sheriff’s commission calculated as follows 6% on the first R100 000, and 3.5% on R100 001 to R400 000 and 1.5% on the balance of the proceeds of the sale, subject to a maximum commission of R40 000 plus VAT, in total and a minimum of R3 000 plus VAT, (inclusive in all instances of the sheriff’s bank charges and other expenses incurred in paying the proceeds into his or her trust account).
The rules of this auction is available 24 hours before the auction and can be inspected at the office of the Sheriff of the Court for Moorreesburg, 4 Meul Street, Moorreesburg. Tel. (022) 433-1132.
3.aRegistration as a buyer is a pre-requisite subject to specific conditions inter alia:
3.bIn accordance with the Consumer Protection Act 68 of 2008 (URL http://www.info.gov.za/view/downloadfileAction?id=9961
3.cFICA-legislation requirement: proof of ID and residential address
3.dRegistration conditions
DATED AT FISH HOEK ON THE 19th DAY OF SEPT. 2025
LINDSAY & WATERS
Per: PM WATERS OOSTHUIZEN
In terms of Section 25 (3) of the LPA Act 28/2014
Plaintiff’s Attorneys No. 7, 16th Avenue, Fish Hoek
Ref: Mrs Waters Oosthuizen
Phone: (021) 782-0136
AUCTIONEER: THE SHERIFF OF THE HIGH COURT, MOORREESBURG
BELLA Vista Hoërskool bedank die Witzenberg munisipaliteit vir hul hulp met die instandhouding van hulle sportgronde. AGTER: Jesreel Manauel (adjunkhoof), Emile Hector, Neaban Ambraal, Mark Lotz, Melvin Johannes, Jaythan Sampson en Anchen Nasson(skoolhoof). VOOR: Ronel Boer, Jaymee Vergotine, Willem Cedras, Jolene Vergotine en Angeline Wildschut.
LEERDERS van die Koue Bokkeveld is onlangs vir hul akademiese prestasies vereer. Rdl. Gwen Franse verskyn hier saam met onderwysers en leerders van die Koue Bokkeveld. VLNR: Jessica Kritzinger en Jame-Lee Alexander van Kromlin primêr, Oxford Jack en Waydie Terblanché van Skurweberg sekondêr, Brendan de Klerk en Geraldo Gertse van De Meul primêr, Nash-Lene Jantjies en Wilfred Kamfer van Voorsorg primêr, Derick Jacobs en Keesha Springbok van Rietfontein primêr en Elthea Theron en Abrienne Persent van Boplaas primêr.
Uitsig
vir 2026
is
en
Mia Volmoer is verkies as hoofmeisie met Alnay Hendricks (onderhoofmeisie). * Hier is die prefekte saam met mnr. Absalom (waarnemende skoolhoof) en Tiffany Pharo, afgeneem.
LOST OR DESTROYED DEED
Notice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer No. T76252/2017.
Passed by:
WITZENBERG MUNICIPALITY
Registered in favour of:
DELIA REBECCA AFRIKA
Identity number: 690828 0225 085
Unmarried in respect of certain: Erf 2626, Wolseley, in the Witzenberg Municipality, Division Tulbagh, Province of the Western Cape which has been lost or destroyed.
All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds Cape Town, Floor 4, Information Desk, 2 Riebeeck Street, Foreshore, Cape Town within two weeks after the date of the publication of this notice.
DATED at TULBAGH on 13 NOVEMBER 2025
APPLICANT: DELIA REBECCA AFRIKA
c/o Bezuidenhout Incorporated
45 Church Street, Tulbagh, 6820
E-mail address: johan@johanb.co.za
Contact number: (023) 022-0001
MOOI Uitsig primêr se kleure atletiekbyeenkoms het op 8 November plaasgevind. Caylim Manuel is aangewys as die victor ludorum en Faith Pedro is aangewys as die victrix ludorum. * Geel-huis het die atletiekbyeenkoms gewen.
MOOI
primêr het hul prefekte
aangewys. Kieran Abrahams
die nuwe hoofseun
Caylim Manuel (onderhoofseun).
Verdagte wil borg vra
SPEURDERS het inligting opgevolg en verlede week ‘n deurbraak gemaak om ‘n moordverdagte by ‘n motorhawe vas te trek.
Die 28-jarige verdagte is verlede Maandag vasgetrek terwyl hy saam met ‘n motoris by Engen vulstasie gestop het.
Die arrestasie volg nadat ‘n man op 9 November gesterf het. Een persoon is gewond in ‘n bakleiery wat by ‘n taxi staanplek in Nduli uitgebreek het.
Die voorval het omstreeks 14:00 plaasgevind.
Volgens voorlopige inligting wou Luvuyo Sifile (34) ‘n bakleiery stopsit toe hy vier keer met ‘n mes gesteek is. Hy is na die voorval met privaat vervoer na Ceres hospitaal geneem maar is op pad na die hospitaal toe dood.
‘n Tweede slagoffer, wat deel was van die oorspronlike bakleiery, is ook verskeie kere met ‘n mes gesteek. Hy is later na Tygerberg hospitaal oorgeplaas waar hy in ‘n ernstige toestand verkeer.
Betroubare inligting is Maandag 10 November deur speurders opgevolg waarna ‘n verdagte (28) vasgetrek is. Hy het Donderdag 13 November vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn. Die saak is na 20 November uitgestel vir ‘n borgaansoek.
MUNICIPAL
Aarto word tot 2026 uitgestel
PLANNE om die strafpuntstelsel vir padverkeersmisdrywe landwyd in te stel, moes weer uitgestel word.
Die keer met 7 maande.
Die minister van vervoer, Barbara Creecy, het Maandag 10 November die besluit aangekondig om die inwerkingstelling van die Wet op Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe (Aarto) tot 1 Julie 2026 uit te stel.
Die besluit is geneem weens die probleme wat in hul assessering van munisipaliteite se gereedheid opgeduik het. In ‘n verklaring meld die departement dat dit verband hou met die opleiding van wetstoepassings- en kantoorpersoneel, die huidige wetstoepassingstelsel wat deur munisipaliteite gebruik word en die finansiering daarvan.
Kleintjies leer meer van elektrisiteit
TWEE werknemers van Eskom het Vrydag 14 November Kietiekat kleuterskool op P.A. Hamlet besoek en die kleintjies meer oor elektrisiteit geleer. Hulle het ook die kleintjies in ‘n kring laat staan om ‘n menslike stroombaan te maak.
Van Schalkwyk word vrygelaat
‘n MAN wat ‘n inwoner se huis en voertuig met klippe gegooi en skade van meer as R20 000 aangerig het en hulle gereeld geteister en vloek het, is vrygelaat.
Christopher van Schalkwyk (37) van Klein Pruise het verlede week in die hof verskyn op klagtes wat wissel van diefstal van kabels (2022), ‘n teisteringsbevel wat hy vir ‘n tweede keer in 2025 oortree het asook die besit van dwelms. Hy is net skuldig bevind op een klagte van kabeldiefstal by die Witzenberg munisipaliteit. Hy was sedert die begin van die jaar in aanhouding. Van Schalkwyk, wat al ‘n paar keer deur Ceres speurders gearresteer is vir ‘n verskeidenheid van oortredings, bots sedert 2022 gereeld met die gereg.
NOTICE SUMMARY l MUNISIPALE KENNISGEWING OPSOMMING
MUNISIPALITEIT
WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE
WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS
Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres, 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie.
Notice is hereby given that the application below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres, 6835 or at 50 Voortrekker Street, to reach him before the indicated closure date of the case.
Oosthuizen: BolandPlan Town and Regional Planning 082 5655 835 bolandplan @breede.co.za
Consent use on Business zone I for a liquor store
Vergunningsgebruik op Sakesone I vir ‘n drankwinkel
Verw. / Ref.
15/4/1/ 1/243
Sluitingsdatum / Closure date 22/12/2025
Die stelsel sal steeds in fases ingestel word.
Fase 2 van Aarto sou op 1 Desember vanjaar in 69 munisipaliteite oor die land heen begin het waarna fase 3 sal afskop in 144 munisipaliteite. Witzenberg munisipaliteit vorm deel van die 144 groep.
Die strafpuntstelsel sal maande daarna in werking tree.
Somaliër uit op borg van R2500
‘n SOMALIER wat skote op ‘n klant geskiet en ‘n kind skrams getref het, se saak is tot 2026 uitgestel.
Na die voorval het ontstoke inwoners die perseel en ‘n bakkie aan die brand gesteek.
Die voorval het Sondag 17 Augustus in Lokasiestraat, in die Pine Valley woonbuurt buite Wolseley plaasgevind.
Twee Somaliërs, Omar Abdullai (25) en die winkeleienaar, Abdullah Salaat (29), is deur gemeenskapslede gevang kort nadat Abdullai na bewering sonder rede skote op ‘n klant geskiet en hom en ‘n kind getref het.
Die mans is gearresteer en na die polisiestasie geneem. Die voorval het vinnig vererger toe gemeenskapslede die winkel en ‘n bakkie aan die brand gesteek het. Polisielede is ook later met klippe bestook. Die polisie se eenheid vir openbare orde (POP) is ontbied om te help om wet en orde te herstel.
Die polisie het beslag gelê op ‘n onwettige 9mm Pietro Beretta pistool en ammunisie.
Hof verskyning Omar Abdullai het verlede Donderdag weer in die hof verskyn. Die saak is vir verdere ondersoek na 5 Februarie 2026 uitgestel. Sy borgtog van R2500 is verleng. Salaat is kort na die voorval vrygelaat.
Bejaarde se verhoor uitgestel
‘n BEJAARDE vrou van Bella Vista se moordverhoor is na 2026 uitgestel.
Elizabeth Sagarias moet weer op 28 Januarie 2026 in die Ceres streekhof verskyn weens die moord op Denrico Jensel (25) in 2023. Die saak is weer uitgestel vir verhoor.
Agtergrond
Volgens die polisie het die voorval op Saterdag 18 Maart 2023 in Vygiesingel plaasgevind. Die polisie het die liggaam van Jensel in die straat gevind met ‘n oop wond in sy bors. Hy is op die toneel dood. Sagarias is kort na die voorval gearresteer en later op R500 borg vrygelaat.
bondel te koop by Witzenberg Herald se kantore. Skakel (023) 316-2021. w.t.o.
regassing
du PreezAndréPreez du Preez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com
SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.
PLANT AND PLANT AND TOOL HIRE TOOL HIRE
SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS
Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300 AND ART FRAMING 083-227-6476 STEFAN STEYN
VYF tennisspelers van Laerskool Gericke is in die Kavaliers platteland tennisspan opgeneem. Hulle het op 7 November in verskillende ouderdomsgroepe aan die Interdistrik spantoernooi deelgeneem. Die spelers is John du Toit, Elise du Toit, Leopoldt Verhoef en Mienka du Toit. AFWESIG: Karlien du Toit.
www.acvv.org.za November
13 Desember by Omgeewinkel Lekker musiek
Belangstellendes kan vir Louw-Marie kontak oor gratis stalletjies.
Winkel sluit op 12 Desember 2025 en heropen op 5 Januarie 2026
ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: Mansklere en -skoene
Dankie vir al die donasies geskenk in 2025. Ons waardeer dit opreg.
ABBA, ‘n aannemings- en maatskaplike diensorganisasie, is dringend opsoek na Funeka Lugongqo of enige familie. Laaste adres wat hulle op rekord het was Kromfontein, Koue Bokkeveld. Indien iemand weet waar Funeka haar bevind, kan hulle Elma Filmalter skakel by (021) 949-9321 of 074-739-2148 rakende ‘n familieaangeleentheid.
MUNISIPALE swembaddens is vanaf 1 November oop. Dennebos is oop vanaf 08:00 tot 19:00 en toegang beloop R99 vir dagbesoekers. Toegang by die Eiland, Bella Vista, P.A. Hamlet, Montana en Witzenville swembaddens beloop R10 vir volwassenes en R1 per kind.
CERES Krisante Vereniging nooi alle belangstellendes uit om aan te sluit by die vereniging. Plantjies word gemaak en sal aan nuwe lede voorsien word. Vir meer inligting skakel Rico by 072-522-8459 of André by 083-5484-851
INDIEN inwoners herwinbare sakke benodig, kan hulle dit gratis in die week by die Togryers museum kom afhaal tussen 08:30 en 16:00.
IN case of emergencies, please keep the following numbers handy:
• Wilderness Search and Rescue.................................................... (021) 937-0300
WATER TREATMENT WORKS
Weekly microbiological compliance: e.Coli (CFU/100ml) - Sans 241: 2015 limit = 0 November 2025 3 November 10 November 17 November
Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring van klein funksies en werkswinkels. Skakel (023) 312-2045 of stuur ‘n e-pos na togryersmu seum@gmail.com
Patmos-sportdag die naweek
PATMOS bied Saterdag 22 November weer hul jaarlikse sportdag aan op Ribbokpark.
Patmos Arbeidsbediening bied die sportsdag aan om fondse in te samel vir Kersfees-lekkerpakkies vir minderbevoorregte kinders. Die dag begin om 09:00 met pret en vermaak vir oud en jonk. Die Witzenberg gemeenskap word uitgenooi om deel te wees van die spesiale geleentheid wat sportmangees en samesyn wil bevorder. Daar sal verskeie aktiwiteite wees soos boeresport, sokker en rugby vir volwassenes en skoolgaande kinders. Vir die kleintjies sal daar springkastele wees asook verskeidenheid stalletjies by die ingang. Volgens die organiseerders is die doel om soveel moontlik fondse in te samel sodat kinders in die gemeenskap vanjaar 'n feestelike Kersfees kan geniet.
Inwoners word aangemoedig om saam te kom kuier, deel te neem en 'n verskil te maak.
Hekgelde
Kostes beloop R20 per volwassene, R10 vir kinders en R10 per motor. Die opening sal behartig word deur pastoor Cecil de Kock en die dansgroep R.O.A sal daarna optree. Daar sal ook sewes rugby wees asook sokker om 12:00 wanneer De Eiken teen Lakenvlei speel en Laastedrif wat Alhambra pak. Daar sal ook toutrek en netbal wees asook boeresport.
Daar is geen kaartfasiliteite op die dag - slegs kontant.
BELLA Vista Hoërskool bedank Perdekraal-Oos windplaas vir die skenking van skootrekenaars, data-projektors asook witborde. Die skool sal die hulpmiddels goed gebruik om onderrig by die skool te verbeter. VLNR: Lukho Mvumvu (Perdekraal-Oos windplaas), Johan Boer (departementshoof), Anchen Nasson (skoolhoof) en Gerane Damon (Perdekraal-Oos windplaas).
Saak tot 2026 uitgestel
n VROU (31) wat haar kêrel in Maartmaand met ‘n kombuismes doodgesteek het, se verhoor is na 2026 uitgestel.
Andrew (Nickel) Africa (37) van Vredebes en ‘n werknemer by die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit, is dood nadat hy in sy regter bo-been en linker bors, met ‘n mes gesteek is.
Die polisie is na die moord na ‘n woning in die Vredebes ontwikkeling ontbied waar hulle Samanthea Baadjies (31) gearresteer het. Baadjies het Maandag weer in die Ceres streekhof verskyn op ‘n klag van moord. Die saak is na 21 Januarie 2026 uitgestel.
DIE nuwe bestuur van die Hamlet gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het kragte saam met die SAPD gesnoer om kinders van laerskole in die Witzenbergstreek vir hul akademiese prestasies te vereer. Die funksies is oor twee aande op P.A. Hamlet en op Op-die-Berg aangebied. Hier is lede van die SAPD, Hamlet GPF en onderwysers saam met leerders afgeneem. Ook op die foto is Lt.kol. Mandla Dawede (nuwe P.A. Hamlet stasiebevelvoerder), Mario Scholtz (voorsitter van die GPF) en rdl. Jacob Rooi.
Pretdag vir kleuters 'n groot sukses
LAERSKOOL Koue Bokkeveld het ‘n pretdag vir 3-6 jariges aangebied. Dit is een van die skool se hoogtepunte op hul kalender. Vanjaar se tema was Oerwoud en ‘n klomp diertjies het in die pret gedeel. Meer as 100 kleuters het die dag bygewoon. * Hier is die graad R-klas in hul oerwoud-kostuums.
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Herald
Sport Witzenberg
DIE Witz Barbarians sewespan is Saterdag 25 Oktober as kampioene van die Ongos Valley Sevens Championship in die Hage Geingob stadion gekroon. Die span het die titel verower met ’n 14-12 oorwinning in die eindstryd oor ‘n vasberade FNB Wanderers-span. Wat die oorwinning nog meer indrukwekkend maak, is dat Witz Barbarians die hele toernooi onoorwonne was met konsekwente, hoëvlak sewesrugby. Twee spelers, Nathan van Wyk (MVP van die toernooi) en Juan Johnson (Speler van die toernooi), het uitgeblink. * Met die oorwinning bou die Witz Barbarians 7’s momentum op vir die seisoen wat voorlê. Die span gaan aan ’n reeks sewestoernooie in Worcester, Paarl, Wellington en Strand, deelneem. Hulle berei ook voor vir hul eie toernooi wat op 17 Januarie 2026 aangebied word. Plaaslike besighede en individue word gevra om betrokke te raak by die sewespan.
SENSHI Dojo, ‘n karateklub op Ceres, is trots op hul afrigter, Wayne Vermeulen, wat ’n taai 4de dan-gradering geslaag het voor ’n paneel van 7 beoordeelaars. Die gradering het op 15 November in Pretoria plaasgevind. VLNR: Yondan Anome Coetzee, Kyoshi Riaan Coetzee, Sensei Wayne Vermeulen en Shihan Ruan Coetzee.
LIQUIDATION AUCTION
Duly instructed by Liquidators in the matter of Motala Farming (Pty) Ltd (In Liquidation) Master’s Ref G288/2025 Michael James Organisation will offer for public auction
AUCTION DATEWEDNESDAY, 3 DECEMBER 2025 @ 11:00
VENUEMJO OFFICES, 63 VICTORIA STREET, SOMERSET WEST VIEWINGPLEASE CONTACT OUR OFFICES
ESTABLISHED PEAR EXPORT FARM WITH MULTIPLE
Ptn 39 of Farm 268, Duivels Berg
Exceptional agricultural potential and breathtaking views of the Witteberg Mountains. Forel and P. Triumph pear orchards. Existing infrastructure, irrigation system and ample
water sources offer an excellent foundation. Farmhouse with solar panels, manager’s house, multiple labourer’s cottages, office, farm stall, honey processing facilities, and 2 large sheds/workshops with fenced yards. This farm is perfectly positioned for revitalisation into a profitable horticultural or mixed-use operation Size: 57,1497 HA / Web Ref: 3640
Terms: 10%
commission payable on the fall of the
further terms and conditions apply. Copy of ID and proof of residence is required for auction registration. Contact: Samantha James 021 851 7007 / samantha@michaeljames.co.za AUCTIONEER: Andrew James
Theuniskraal Beker rolbaltoernooi is jaarliks ‘n hoogtepunt op Tulbagh rolbalklub se kalender. Hier hou die wenners die beker vas na afloop van die prysuitdeling. VLNR: Johan Bezuidenhout, Harry Speirs, Angelique Booysen en Louise Bezuidenhout.
LAERSKOOL F.D. Conradie se o/11 krieketspan het Saterdag 8 November teen Worcester primêr se B-span gespeel. FDC het die loot gewen, gekies om eerste te kolf en 151/8 in 20 boulbeurte aangeteken. WPS word almal uitgehaal vir 95 lopies. * Jaydee Kruger en Liam Daniëls het met die kolf uitgeblink en onderskeidelik 39 en 25 lopies aangeteken. Beauden Domberg het 3/16 en Daniël Wolfaardt 3/24 geneem.
DIE oudleerder van Charlie Hofmeyr, Luan Gilliomee, het verlede Vrydag as skrumskakel vir die SA o/19 span teen Ierland uitgedraf. Die span het twee wedstryde op toer gespeel. Die eerste wedstryd het SuidAfrika met 12-20 verloor. Luan was een van die veranderings wat afrigter, Kevin Foote, vir die wedstryd teen Ierland aangebring het. Suid-Afrika het Ierland in moeilike weersomstandighede met 32-22 geklop.