Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.28 no.42 (Online Weergawe)

Page 1


DIE jaarlikse Michellspas halfmarathon en 10 en 5km pad-wedlope het die naweek plaasgevind. Dit is die 32ste jaar wat die halfmarathon aangebied is. Hier is atlete by die wegspring afgeneem. * Berig en fotos op p.8.

Leerders

geskok na meisie (16) sterf

INWONERS en hoërskoolleerders van Tulbagh was die naweek geskok om te hoor van ‘n jong meisie se selfdood. Die polisie is Sondagmiddag omstreeks 14:45 na ‘n huis in Klapperstraat ontbied waar ‘n 16-jarige Tulbagh hoërskoolleerder haar eie lewe geneem het deur haarself met ‘n belt op te hang na ‘n rusie met haar ma.

Begrafnis Huldeblyke het op sosiale media ingestroom vir die meisie wat so tragies dood is. Hoëskool Tulbagh het ook hul medelye aan haar familie oorgedra. ‘n Gedenkdiens is Dinsdag 28 Oktober in die NG Tulbagh gemeente gehou.

* Enigiemand wat met geestesgesondheidskwessies sukkel, kan die Suid-Afrikaanse depressie-en-angsgroep (Sadag) se 24-uur geestesgesondheidshulplyn by 0800-456-789 skakel. Sadag het ook ‘n Whatsapp beradingslyn 076-882-2775 wat tussen 09:00 en 16:00 gebel kan word. Skakel ook die Federasie vir Geestesgesondheid by (011) 781-1852 of Lifeline South Africa by 0861-322-322.

Geen datum vir noodvergadering

DIE ondersoek na die oorsaak van ‘n gruongeluk waarin ses subkontrakteur-werknemers, wat betrokke was by die bou van Oya Energy Hybrid projek (sonkrag en wind met battery stoorplek) buite Ceres, gesterf het, is nog nie afgehandel nie.

Die ses mans het Saterdag 11 Oktober gesterf na ‘n kop-aan-kop botsing op die Karoopoort-grondpad.

Twee werkers is opslag dood nadat die minibus waarin hulle passasiers was, in ‘n digte stofwolk teen ‘n Ford Ranger bakkie gebots het. Die minibus van Zake’s Tours en Thsathsu was in die rigting van Ceres onderweg en die bestuurder van die Ford Ranger, Craig Liebenberg (23), was onderweg in

die rigting van Inverdoorn.

Die beseerdes is in ‘n kritieke toestand na Ceres hospitaal gehaas waar vier later in die hospitaal gesterf het. Die minibusbestuurder, Mohlomi Motlakase (29) is na die Tygerberg hospitaal gehaas maar het later aan sy beserings beswyk. Hy is die enigste oorledene wie se naam al bevestig is.

Die pad was van 14:00 tot omstreeks 18:00 gesluit terwyl verskillende rolspelers op die botsingstoneel werksaam was.

Kommer

Die Oya-projek het met kommer kennis geneem van die tragiese ongeluk waarin ses subkontrakteur-werknemers gesterf het.

Klagtes van grondeienaars rakende die toestand van die pad, die hoë spoed waarmee

van die subkontrateurs na die sonkragprojek ry, is van die besprekingspunte wat hulle by ‘n noodvergadering wil opper. ‘n Datum vir dié vergadering kon nog nie vasgemaak word nie aangesien datums wat voorgestel word, nie al die rolspelers wat dit moet bywoon, pas nie.

Oya Energy Hybrid projek het na die ongeluk gesê hulle erken die gemeenskap se frustrasies rakende padveiligheid, spoedoortredings en padonderhoud.

“Alhoewel die betrokke pad ‘n openbare pad is en nie deur Oya Energy Hybrid projek besit word nie, besef Oya dat hul aktiwiteite bydra tot verkeersvolumes. Die Oya-span werk nou saam met Sinohydro (‘n EPC-kontrakteur en verantwoordelik vir konstruksie op die terrein), om gepaste versagtingsmaatreëls te identifiseer wat kan help dat ‘n soortgelyke tragedie en ongeluk nooit weer herhaal word nie”.

FOTO: Duke Photography

ELIZNA Overgoor, oudleeder van Charlie Hofmeyr wat in 2020 gematrikuleer het, het na jare se droom haar eerste boek: Onder die Oppervlak (NS Skrywershuis) gepubliseer. “Almal begin klein. Vir ander lyk dit bra vaal en onbenullig, maar gelukkig is dit nie die punt om ander te beïndruk nie. My beker loop oor. Vir dit wat ek vashou en die wat nog al die pad in my geglo het, is ek dankbaar”. Die boek is in sagteband en elektronies beskikbaar teen R170.

KENNISGEWING

2025/2026 AANSUIWERINGSBEGROTING

Tydens ‘n raadsvergadering gehou op 29 September 2025 is ‘n Aansuiweringsbegroting aan die Raad voorgelê en goedgekeur.

Die Aansuiweringsbegroting is ter insae beskikbaar by die Munisipale kantoor en openbare biblioteke asook op ons webtuiste www.witzenberg.gov.za

D. NASSON: MUNISIPALE BESTUURDER Witzenberg Munisipaliteit Voortrekkerstraat 50, Ceres, 6835

NOTICE

2025/2026 ADJUSTMENT BUDGET

During a council meeting held on 29 September 2025 an Adjustment Budget for 2025/2026 was tabled and approved by Council.

The Adjustment Budget can be viewed at the Municipal office and public libraries and is available on our website www.witzenberg.gov.za

D. NASSON: MUNICIPAL MANAGER Witzenberg Municipality

50 Voortrekker Street, Ceres, 6835 ISAZISO

UHLAHLO LWABIWO-MALI LOKULUNGISWA

LUKA-2025/2026

Kwintlanganiso yeBhunga ibibanjwe ngomhla wama 29 September 2025. Olu hlengahlengiso luye lwathiwa thaca phambi kweBhunga kwaye luye lwavunywa liBhunga, ukuhlomla kuhlahlolwabiwomali oluhlengahlengisiweyo, kwaye luyafumaneka kuzo zonke i-Ofisi zikaMasipala nakuMathala eencwadi, nakumnathazwe kaMasipala www.witzenberg.gov.za

D. NASSON: UMLAWULI-MASIPALA

uMasipala waseWitzenberg

50 Voortrekker Street, Ceres,6835

HERWINNINGS-MODE het onlangs die kollig gesteel by die Jack & Jill bewaarskool en nasorgsentrum. Jack & Jill, deel van Crispy Farming, het ‘n geslaagde herwinnings-modelaand aangebied waar kreatiwiteit, styl en omgewingsbewustheid hand aan hand gestap het. Die aand se hoofdoel was om herwinning op ‘n prettige en leersame manier aan kinders en hul ouers oor te dra. Altesaam 38 kinders het hul eie herwinnings-uitrustings vertoon wat van herwinbare materiale soos plastieksakke, karton, koerantpapier en selfs ou blomme en linte, gemaak is.

VLNR: Maro James (tweede plek), Mary-Joan Molosana (wenner) en Addyson Saunders (eerste plek).

NOTICE OF SALE IN EXECUTION

In the Magistrate’s Court for the district of Cape Winelands, held at Tulbagh Case no. 30/2024

In the matter between:

DCV SECURITY SERVICES CC (Registration no. 2010/163600/23)

Execution Creditor and GARRIN JANSEN

Execution Debtor

KINDLY TAKE NOTE THAT a sale in Execution of the undermentioned goods will be held at the office of the Sheriff Moorreesburg , 4 Meul Street, Moorreesburg on Thursday, 20 November 2025 at 10:00 consisting of:

1 xRed VW Polo TSi with reg. no. CCM 5591

DATED at KUILS RIVER on this the 22nd day of OCTOBER 2025.

SMIT & HUGO

Plaintiff’s Attorneys

Per: D. Phillips

58 Lang Street, Kuils River Docex 4, Kuils River

Tel: (021) 903-1134

E-mail: office@smithhugo.co.za Ref: L1316/DP0175

BEZUIDENHOUT INGELYF

45 Church Street, Tulbagh, 6820

Tel: (023) 230-1050

E-mail: johan@johanb.co.za (Ref: J7896)

Aand

'n

groot sukses

DIT was nie net die kinders wat hul skeppingsvaardighede gewys het tydens die Jack & Jill herwinningsmodelaand nie. Twintig ma’s het ook hul vernuf ten toon gestel met indrukwekkende en oorspronklike ontwerpe - van elegante rokke tot futuristiese bykomstighede - elke uitrusting het ‘n unieke storie vertel. VLNR: Marizaan de Villiers (tweede plek), Aphiwe Zekani (wenner) en Juanita Petersen (eerste plek).

WETSTOEPASSERS het op 15 Oktober

gearresteer.

Vier verdagtes bly in aanhouding

VIER mans wat twee Ceres inwoners twee weke gelede aangeval en beroof het waar hulle fiets gery en gestap het, se sake is in die Ceres landdroshof uitgestel.

Die sake is tot 25 November uitgestel vir borginligting.

Stappers gedreig

In die eerste voorval het Carlo Kalmeyer(32) , ‘n bergbewoner gewapen met ‘n mes, Dinsdag 14 Oktober omstreeks 18:00 probeer om ‘n inwoner en sy 11-jarige seun wat gaan stap het, te beroof.

Witzenberg wetstoepassers het die volgende dag die gedeelte bokant die natuurtuin gefynkam en vir Kalmeyer by sy blyplek onder

72kg kabels

Kabeldiewe

bly vir eers

agter tralies

TWEE kabeldiewe en ‘n sekuriteitswag het verlede Dinsdag weer vlugtig in die Wolseley landdroshof verskyn.

Die saak is vir verdere ondersoek uitgestel na 25 November. Die drie mans bly in aanhouding.

Swak beplanning het Donderdag 2 Oktober daartoe gelei dat die drie kabeldiewe vasgetrek is nadat hulle die betrokke oggend omstreeks 06:00 tussen Tulbagh en Artois langs die pad sonder brandstof gaan staan het.

Maar soos die geluk of ongeluk dit wou hê, het Transnet sekuriteit die Honda Fit motor langs die pad opgemerk waar hulle 72kg kabels in die motor gekry het.

Twee mans, Seqobela Mohale (38) en Mafafa Mohloki (34), en ‘n sekuriteitsbeampte wat hulle kom help het, Mzwandile Mbangula (46), is op die toneel gearresteer waarna die polisie na die toneel ontbied is.

Met nadere ondersoek het die polisie gevind dat die Transnet-kabels vroeër langs die treinspoor by Voëlvleidam gesteel is.

Botes-verhoor tot 2026 uitgestel

DIE verhoor van ‘n Wolseley-inwoner wat van verkragting aangekla word, is tot volgende jaar uitgestel.

Charl Botes (42) word aangekla van die statutêre verkragting van ‘n 13-jarige meisie. Die voorval het in Oktober 2023 plaasgevind. Botes, wat onskuldig pleit op die aanklagte

‘n rots, gearresteer.

Kalmeyer het op 23 Oktober in die Ceres landdroshof verskyn op klagtes van aanranding en die besit van ‘n gevaarlike wapen.

Hy bly in aanhouding.

Fietsryer beroof

Drie mans van Nduli het Saterdag 18 Oktober ‘n fietsryer helder oordag aangeval en beroof.

Die fietsryer het omstreeks 08:50 naby Nduli gery toe een van die verdagtes wat gewapen was met ‘n mes, sy handvatsels gryp. Hy het sy fiets gebruik om te keer dat die mans hom met die messe steek. Hulle het toe die fietsryer se selfoon en fietryrekenaar gegryp en gevlug.

Ceres polisielede is van die voorval in kennis gestel waarna ‘n soektog na die drie rowers geloods is. Drie mans is omstreeks 09:30 in Nduli gearresteer. Die gesteelde selfoon is in hulle besit gekry.

Vusumzi Mohammed (24), Vuyolwethu Mgoqi (20) en Joseph Sidiyana (26), het Maandag 27 Oktober in die Ceres landdroshof verskyn. Hulle bly in aanhouding.

Waarskuwing

Die polisie het verlede week na dié twee voorvalle, die gemeenskap gevra om versigtig te wees en bewus te wees van die misdrywe wat nou kop uitgesteek het.

Drie in hof

DIE saak teen drie verdagtes wat van moord aangekla word, is verlede week in die Wolseley landdroshof uitgestel.

Die saak is na 27 November uitgestel vir verdere ondersoek.

‘n 40-Jarige man is dood nadat hy op Sondag 7 September in ‘n argument met drie verdagtes betrokke was.

Elvis Zwelinzani is omstreeks 17:00 in Pine Valley, Wolseley vermoor. Hy was ten tye van die voorval by ‘n perseel in Masibulelestraat waar daar na bewering dwelms verkoop word. Zwelinzani het in ‘n argument met die mans betrokke geraak waarna hulle hom met ‘n skerp voorwerp in die nek gesteek het. Hy het op die toneel gesterf.

Shane Majiedt (38), Willem Booysen (43) en Andrew Hendricks (29), is vir die moord gearresteer.

teen hom, is kort na die voorval gearresteer en aangehou voordat borgtog van R2 000 in November 2023 aan hom toegestaan is.

Die saak is tot 28 Januarie 2026 uitgestel wanneer die verhoor voortgesit sal word. Die saak is meer as twee jaar gelede by die polisie aangemeld.

ANDRE van Rensburg is ‘n plaaslike boer, sanger en ‘n internasionale liedjieskrywer wat trots is om Ceres sy tuiste te noem. Wanneer hy nie in die boord of op die plaas werk nie, skryf hy liedjies wat ore vêr buite die Witzenberge bereik. Kom geniet ‘n aand van lekker musiek saam met River Wolfman. Hy tree Woensdag 5 November op tydens die jaarlikse Ceres Classic. Na André kom die bekende musiekgroep, Sunset Sweatshop, aan die beurt. Kaartjies is by Quicket beskikbaar teen R295 p.p.

https://www.quicket.co.za/events/331202-sunset-sweatshop-ceres-classic/ Daar is beperkte kaartjies beskikbaar by Golfklub kroeg

vir Carlo Kalmeyer (32) by sy blyplek onder ‘n rots,

Pleitooreenkoms

vir moordenaars

nog nie gefinaliseer nie

TWEE mans wat van die moord op ‘n sendeling en Ceres-inwoner aangekla word, se pleitooreenkoms is na maande nog nie gefinaliseer nie.

Die saak is tot 10 November uitgestel wanneer die twee verdagtes Banele Moyo (22) en Bongani Banda (22), weer in die streekhof moet verskyn.

Die mans word aangekla van die moord op die 59-jarige Herman Nieuwoudt van Ceres. Hulle verskyn op klagtes van moord, diefstal van ‘n voertuig en die besit van ‘n gesteelde voertuig.

Agtergrond

Dié moord het twee en ‘n half jaar gelede skokgolwe deur die Witzenbergstreek gestuur.

Herman Nieuwoudt het op Vrydag 5 Mei 2023 net na 17:00, sy huis op Ceres verlaat om kruideniersware in die dorp te gaan koop. Die Toyota dubbelkajuit bakkie waarmee hy gery het, is die laaste keer omstreeks 18:00 op veiligheidskameras opgemerk waar dit uit Ceres in die rigting van Michellspas gery het. Saterdag 6 Mei 2023 omstreeks 08:30 het ‘n voetganger, lede van die Worcester SAPD gestop en meegedeel dat hy ‘n man se liggaam langs die pad opgemerk het. Met nadere ondersoek het die polisie ‘n liggaam ongeveer 1 kilometer van die Wolseley/ Worcester kruising by die N1 aangetref waar dit in die bosse langs ‘n rivier gelos is. Dit is later as dié van Nieuwoudt geïdentifiseer. Nieuwoudt het gesterf weens beserings aan sy gesig asook steekwonde in sy nek en rug. Sy bakkie is later op die Eureka-plaas buite Worcester gevind.

THE Western Cape Department of Health and Wellness is calling on all parents and caregivers to ensure their children are fully immunised as the province prepares to launch its National Immunisation Catch-up Drive from 1 to 30 November. During this period, the Department aims to close the immunity gap caused by missed vaccinations, following a concerning decline in infant immunisation coverage below the provincial 95% target, leaving many children vulnerable to measles, polio, tuberculosis, diphtheria, whooping cough and tetanus.

☎ ☎ (023) 315-5003 ✉ ✉ ✉ 35 CERES 6835

SEISOENSPOS:

VURKHYSERBESTUURDER

Ons benodig die dienste van vurkhyserbestuurders vir ons aanleg te Skoonvlei.

HOOFFUNKSIES:

•Hantering van palette/gmh’s binne en buite koelkamers

•Laai van palette in tonnelkamers en rakke

•Kratte tot 10 hoog stapel in BA kamers

•Op en aflaai van palette/gmh’s vrugte vanaf vragmotors

•Algemene instandhoudingswerk en skoonmaak werk en ad hoc take

•Algemene werk in koelkamer

DIE IDEALE KANDIDA AT MOET:

•Geldige rybewys van vurkhyserlisensie toon

•Ondervinding hê van ry in koelkamers

•Verwysings van vorige werke is ‘n vereiste

•Kandidaat moet sober gewoontes hê, netjies en stiptelik wees

•Moet bereid wees om oortyd, nagskof en naweke te werk

ONS BIED DIE SUKSESVOLLE

KANDIDAAT:

•Markverwante loon

•Gunstige werksomstandighede

Alle werwingsprosedures word inlyn met die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting, nr. 4 van 2013, gedoen.

SLUITINGSDATUM VIR A ANSOEKE:

7 November 2025

A ANSOEKE KAN GESTUUR WORD

A AN: elana@cereskoelkamers.co.za

Nodige vorms kan ook by Ceres Koelkamers kantoor te Boerneefstraat, Skoonvlei Nywerheidsgebied ingevul word.

NEEM KENNIS: SLEGS KORTLYS

KANDIDATE SAL GEKONTAK WORD.

VIR ENIGE NAVRAE SKAKEL: Adele Prins by (023) 315-5003

DIE twee verdagtes, Bongani Banda (links bo) en Banele Moyo, tydens ‘n verskyning in 2023 in die Worcester landdroshof. Herman Nieuwoudt (regs) is vermoor.

What to expect from the National Immunisation Catch-up Drive: From 1 to 30 November 2025, all public health facilities across the Western Cape will offer free catch-up immunisation services for children who may have missed routine doses. No appointment is needed to access the service during the catch-up drive. Local outreaches are planned in local communities. Contact your clinic for the schedule of these outreach visits. Immunisations are also available at private providers at a cost. The healthcare teams will also visit schools and preschools for immunisations and health checks. Parent or caregiver consent is required to immunise your child, so we encourage you to sign and return the consent form provided by your child’s teacher.

KRONINGSDAG CORONATION DAY

2 November 2025 2 November 2025 2 November 2025 2 November 2025 2025

Raadslid

Trevor Abrahams

In die gees van sosiale insluiting en demokrasie, wil ek as Uitvoerende Burgemeester, graag erkenning gee aan die Rastafariese gemeenskap en hulle viering van die heilige dag van Kroningsdag op 2 November 2025.

Haile Selassie is in 1930 tot Keiser van Ethiopië gekroon en Kroningsdag is die herdenking van hierdie groot gebeurtenis. Ek wil ons gemeenskap aanmoedig om dié boodskap van vrede, liefde en vryheid vir almal te aanvaar en om hierdie gemeenskap met verdraagsaamheid en openheid te ondersteun.

My opregte wense word gedurende hierdie tydperk aan al ons Rastafariese inwoners oorgedra.

In the spirit of social inclusion and democracy, I as Executive Mayor, wish to acknowledge the Rastafarian community and their observance of the holy day of Coronation Day on 2 November 2025.

Haile Selassie was crowned as Emperor of Ethiopia in 1930 and Coronation Day is the celebration of this auspicious occasion.

I want to encourage our community to accept this message of peace, love and liberty for all and support this community with tolerance and openness.

I extend my warmest regards to all our Rastafarian residents during this hallowed time.

MUNISIPALE swembaddens open op 1 November. Dennebos is oop vanaf 08:00 tot 19:00 en toegang beloop R99 vir dagbesoekers. Toegang by die Eiland, Bella Vista, P.A. Hamlet, Montana en Witzenville swembaddens beloop R10 vir volwassenes en R1 per kind.

CERES Krisante Vereniging nooi alle belangstellendes uit om aan te sluit by die vereniging. Plantjies word gemaak en sal aan nuwe lede voorsien word. Vir meer inligting skakel Rico by 072-522-8459 of André by 083-5484-851

INDIEN inwoners herwinbare sakke benodig, kan hulle dit gratis in die week by die Togryers museum kom afhaal tussen 08:30 en 16:00.

DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring van klein funksies en werkswinkels/ opleiding. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 312-2045 of stuur ‘n e-pos na togryersmuseum@gmail.com

• Police Flying Squad:......................10111

• Ambulance Services:.................... 10177

• Cell Phone Emergency:.....................112

• Disaster Risk Management Centre: ........................................080-911-4357 (HELP)

• Poisons Information Helpline of the Western Cape: .........................0861-555-777

• Childline: ...................................................116

• Lifeline: ..................................(021) 461-1113

• Wilderness Search and Rescue: ..................................................(021) 937-0300

35ste Bestaansjaar 35ste Bestaansjaar

Groot mylpaal - Sterkwater vier 35 jaar

STERKWATER Boerdery het sedert 1990 gegroei van ‘n klein eenmansaak, wat aanvanklik nie meer as 60 000 kartonne per jaar uitgevoer het nie, tot ‘n vooruitstrewende maatskappy wat vanjaar bykans 700 000 kartonne produseer vir die uitvoermark asook 500 000 kartonne vir die plaaslike varsmarkte en bekende kettingwinkelgroepe.

Vrugte vir die internasionale markte word al die afgelope paar jaar met groot sukses uitgevoer na onder meer Afrika,Verenigde Koninkryk, Europa, Rusland en Verre- en MiddeOoste. Sterkwater maak tans gebruik van die dienste van The Fruit Route, Green Marketing, Delecta, Horizon en Vitanova International om hierdie taak te behartig.

Die boerdery bestaan uit sewe produksieeenhede en produseer ‘n wye spektrum van bekende appel-, peer-, perske-, koejawel- en wyndruiwe-variteite. Appels maak tans 68% en pere 32% van die uitvoervolumes uit.

“By Sterkwater glo ons aan goeie diversiteit en fokus bo en behalwe op die produksie van vrugte en groente, ook op die verbouing van grane. Daar word op 6 plase intensief met uie geboer en vanjaar is 101 hektaar uie aangepant”.

Die Gibsons het ‘n voorliefde vir die natuur en veral ook vir diere. Daar word intensief met skape en Angus vleisbeeste geboer.

Die skape word gedurende die wintermaande op die besigheid se vier Karoo-plase gehuisves. Sterkwater bied elke jaar gedurende Aprilmaand ‘n produksieveiling aan op die plaas Helpmekaar met behulp van

BKB waar ± 2000 skape en 200 beeste verkoop word.

Produksie

Jonathan Gibson staan aan die stuur van die produksie-afdeling van die maatskappy.

Sy span bestaan uit ‘n groep toegewyde plaas- en produksiebestuurders wat 650 hektaar onder besproeiing in die Witzenbergvallei en Koue Bokkeveld bestuur.

By Sterkwater is kwaliteit ‘n leefstyl en die besigheid maak gebruik van baie kundiges op veral tegniese gebiede om die produksiespan met raad en ondersteuning te bedien.

Sterkwater heg baie waarde aan sy werknemers. Die bestuurspan is doelgerig en doen alles in hulle vermoë om te verseker dat daar jaarliks ‘n oes van goeie gehalte voorberei word. Sterkwater glo ook om elkeen aan te wend in sy gebied van aanleg en wil verseker dat elke werker sy volle potensiaal sal bereik.

Verpakking

Howie Gibson is verantwoordelik vir die verpakkingsaanleg van die maatskappy.

Sterkwater Boerdery beskik oor ‘n moderne pakhuis met vier vrugtepaklyne en een groentepaklyn. Die besigheid het oor die afgelope 3 jaar baie belê in die uitbreiding van verkoelings- en storings-fasiliteite.

Huidiglik bestaan die fasiliteite uit 8 verkoelingstonnels met koelkamers wat tot 32 000 grootmaathouers kan hanteer.

Die maatskappy is tans besig om sy fasiliteite verder uit te brei om vroegtydig voorsiening te maak vir voldoende verpakking- en verkoelingsbehoeftes na gelang van die verwagte toename in produksie vanaf die sewe

produksie-eenhede.

Administrasie

Sterkwater Boerdery het sedert 2022 ‘n moderne kantoorgebou in Ceres vanwaar alle administrasie hanteer word.

Willa Gibson behartig die bemarking van Sterkwater se produkte. Sy ondervinding van meer as 40 jaar in die vrugte- en groentebedryf sorg dat die maatskappy se produkte reg geposisioneer word in alle markte.

Sterkwater is ‘n familiebesigheid in murg en been. Die Gibsons is almal passievol oor landbou en is daartoe verbind om produkte van die hoogste kwailiteit te produseer.

Die Sterkwater handelsmerk is wêreld bekend en hierdie passie word verwoord in die maatskappy se slagspreuk: Produce powered by passion

Ten spyte van baie uitdagings in SuidAfrika, die landbousektor en die breë internasionale omgewing, is die Gibson-familie baie optimisties en positief oor landbou in SuidAfrika. Sterkwater Boerdery is elke dag besig om ondersoek te doen na nuwe innoverende geleenthede in landbou, want saam met uitdagings kom daar soveel geleenthede.

Sterkwater verskaf werksgeleenthede aan ongeveer 900 mense en is daartoe verbind om aan elkeen wat graag ‘n toekoms wil bou in landbou, ‘n geleentheid te bied.

“Die besigheid is trots op die prestasies behaal oor die laaste 35 jaar en sien met groot opgewondenheid uit na die toekoms van landbou in Suid-Afrka in die jare wat sal volg. Dankie ook aan elke persoon en personeellid wat ons onderneming die 35 jaar ondersteun het.”

Baie geluk Sterkwater Boerdery met die viering van jul 35ste bestaansjaar!

Porterstraat, Ceres ☎ ☎ (023) 312-3413

BESIGHEIDSURE: Ma.-Vr.:08:00-17:00 Sat.:08:00-11:30

STERKWATER BOERDERY

Baie geluk met jul 35ste bestaansjaar. Dit is vir ons ‘n voorreg om met julle besigheid te doen.

Arie082-495-9959Carel082-823-6707 (023)312-1707arie@cvc-ceres.co.za

(023) 312-1707

Ons is trots op ons verbintenis met STERKWATER BOERDERY!

Baie geluk met jul 35ste bestaansjaar.

Ons beste wense vergesel Sterkwater Boerdery met jul 35ste bestaansjaar!

Dit is vir ons’n voorreg om met julle geassosieër te word.

(021) 874-1055 l www.gmint.co.za

Meer as 25 jaar se betroubare uitvoere na Afrika, die Midde-Ooste, Eilande en verder. Ons verskaf hoë gehalte produkte per see en lug met eerlikheid, doeltreffendheid en sorg vir ons kliënte wêreldwyd.

PRODUKTE WAT ONS HANTEER:

•Vars vrugte en groente

•Gevriesde en verkoelde vleis

•Houtskool, vuurmaakhout en aanstekers

WAAROM SAAM MET ONS WERK:

•25 Jaar in die industrie

•Langtermyn verhoudings met produsente

•Langtermyn verhoudings met internationale kliente

•FPEF lid

Vita Group - Kwaliteit. Integriteit. Doeltreffendheid.

Ons

hello@vitagroup.global l (021) 419-3051

DIE Gibson-familie is aan die stuur van sake by Sterkwater Boerdery. VLNR: Die drie direkteure Howie Gibson, Willa Gibson en Jonathan Gibson.
STERKWATER se produksiespan onder leiding van Jonathan Gibson.

se

en die

Hartlike gelukwense aan STERKWATER BOERDERY met die viering van 35 jaar van vrugbare sukses!

ASL is trots daarop om vir 24 jaar jul ouditeure te wees en dit is ’n voorreg om julle reis van bestendige groei, integriteit en uitnemendheid van naby te aanskoueienskappe wat ook vir ons belangrik is.

Mag die jare wat voorlê, nog groter oeste en ongekende voorspoed bring.

STERKWATER se peer-verpakkingslyn.

Baie geluk met 35 suksesvolle jare in besigheid STERKWATER BOERDERY

Baie dankie vir julle lojale ondersteuning. Wees verseker van ons volgehoue goeie diens! Dit is vir ons ‘n voorreg om met julle geassosiëer te word.

WBG is al meer as 20 jaar in die brandstofbedryf, met verspreidingsdepots regoor die land, asook 60 vul-punte op al die hoof roetes. As ‘n betroubare brandstofverspreidingsmaatskappy is ons trots om slegs hoë gehalte brandstof aan ons kliënte te verskaf teen mededingende pryse. www.wbg.co.za l info@wbg.co.za

STERKWATER se verpakkingspan onder leiding van Howie Gibson.
STERKWATER
handelsmerk
maatskappy se slagspreuk: Produce powered by passion.

STERKWATER Boerdery se kantore is in die Witzenbergvallei geleë (links) en Sterkwater se administratiewe kantoor (regs) is in Voortrekkerstraat op Ceres geleë.

35ste Bestaansjaar 35ste Bestaansjaar

STERKWATER se moderne appel-paklyn.

Baie geluk Sterkwater span met dié merkwaardige mylpaal! Dis vir ons by FarSoft ’n voorreg om vir 20 jaar saam met julle te werk.

Dankie vir julle volgehoue ondersteuning en vertroue.

Ons sien uit na nog baie jare van samewerking!

Die FarSoft-span

Kantoorsuite 2, 1ste Vloer Palm Trustgebou, h/v Malherbe & Jan van Riebeeckstr., Wellington ☎ (021) 873-6000 l business@farsoft.co.za l www.farsoft.co.za

Ons beste wense vergesel STERKWATER BOERDERY met jul 35ste bestaansjaar!

Mag ons jarelange besigheidsvennootskap, bydra tot jul toekomstige suksesse.

Vosstraat 72, CERES 6835

(023) 312-1124 083-268-7417 Jannie

35ste Bestaansjaar 35ste Bestaansjaar

Baie geluk STERKWATER BOERDERY met jul 35ste bestaansjaar. Alle voorspoed word julle toegewens vir die toekoms.

Baie geluk aan STERKWATER BOERDERY

met die viering van jul 35ste bestaansjaar.

Ons is saam met julle trots op al die mylpale wat julle oor 35 jaar bereik het deur volgehoue landboupassie.

Ons beste wense vergesel julle.

Johann Slabbert l 076-835-6391

Wishing you a very Happy 35th Anniversary STERKWATER BOERDERY!

May the next chapters of your farm’s story be as rich and bountiful as the seasons you’ve cultivated. Congratulations to the whole team!

DAAR word intensief met ± 2000 aanteel skape en 300 Angus vleisbeeste geboer.
‘n WERKER besig om pere te pluk.
WERKERS besig om appels te pluk.

NOODNOOD NOODNOOD NOOD

(023) 346-6000 (023) 316-2328 (023) 316-8600 (023) 316-1997

of skakel 10111

Oogkundige Kontaklenspraktisyn

Contact Lens

Practitioner

Optometrist

 (023) 312-3060

SKAKEL OF WHATSAPP: 072-951-2874 DE KEURSENTRUM 2, CERES 6835

Voortrekkerstraat 37

467, Ceres 6835

(023) 004-0595

Faks: 086-407-6707

Reg no: 2014/097150/07

BTW no: 4140265846

CONTACT DETAILS : Conrad Jurg (TECHNICIAN) 082-341-1240 info@bdktech.co.za

Maryna de Villiers (SALES)

 (023) 004-0595 ctsales@bdktech.co.za

CENTRAL CERES MOTORS

Service Center & Panelbeating

• Panelbeating

•Servicing

•Auto Electrical

•Aircon regassing

Voortrekkerstr., Ceres

☎ (023) 312-1254

☎ (023) 312-1274

Ons installeer en versien alle elektroniese alarm- en kamerastelsels

classifieds

Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Ponita Christel Wildskut

CERES rugbyklub het op 17 Oktober hul prysuitdelingsfunksie in hul klubhuis aangebied. Die klub het hul spelers vereer en toeskouers bedank vir hul ondersteuning. Shelton Cobern is aangewys as die Speler van die Jaar. Hy het ook die Spelers se Speler van die Jaar toekenning verower. Hier ontvang hy sy toekenning van Gaby Kaalmeyer (voorsitter van Ceres rugbyklub).

AND ART FRAMING

1975/10/04 - 2025/10/23

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS

SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN

ROUDIENS: Do. 30 Okt. Kerk: 19:00 Baptiste Kerk, BV

BEGRAFNIS: Sat. 1 Nov. Huis: 09:00 Vygiesingel 1055, Bella Vista Kerk: 10:00 Berea Christen Gemeente, Bella Vista Graf: Bella Vista

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300

083-227-6476

SECURE YOUR PROPERTY WITH CCTV CAMERAS and ALARM SYSTEMS

www.jptek.co.zawww.jptek.co.za www.jptek.co.za ☎☎ ☎ 0231000515 0231000515 info@jptek.co.za info@jptek.co.za

Select LAUNDRY

Whatsapp of skakel 082-821-3610

Joubertstr. 16, Ceres

Ma - Vry: 08:00 - 17:00 Vakansiedae: Gesluit

Ons tel op en Ons op Ons tel op en Ons op lele leww ww weraferaf eraferaf er af op op op op op spesialespesiale vv verer erer ersoek*soek* soek* *Terme en voorwaardes geld

Ceres Alarms and Guarding Bespreek hierdie spasie in ROOI @ R190 of VOLKLEUR @ R230

SkakelErnest (023)316-1117

Skakel (023) 316-2021

the comfort of your own home

For appointments contact Charles at 072-705-5233

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

R40 per koerant bondel te koop by Witzenberg Herald se kantore. Skakel (023) 316-2021.

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276.

PLANT AND TOOL HIRE

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎☎ ☎☎ (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

Winkel sluit op 12 Desember 2025 en heropen op 5 Januarie 2026 ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: Mansklere en -skoene Dankie vir al die donasies geskenk in 2025. Ons waardeer dit opreg.

TWEE spelers van Ceres rugbyklub het sertifikate ontvang vir provinsiale prestasies. Beide Stefan Groenewald en Christiaan Potgieter was deel van die Boland o/21 groep. Christiaan Potgieter (regs) het ook die toekenning ontvang as beste agterspeler.

CERES rugbyklub het op 17 Oktober hul prysuitdelingsfunksie in hul klubhuis aangebied. Tydens die geleentheid is Jan Ras van der Linde (links) aangewys as die Sportman van die Jaar. Hier ontvang hy sy toekenning van Gaby Kaalmeyer (voorsitter van Ceres rugbyklub). *Ander toekennings: Tyrone Davids (Vonds van die Jaar) en Enzio Lintnaar (beste voorspeler). Uitmuntende toekennings aan spelers bo 30 jaar is toegeken aan Aldo Sauls, William van Wyk, Elvin Balan, Waylon Johnson, Jason Lombard en Jacobus Philander.

Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke!

Louw-Marie 083-634-8068 louwmarieshepherd8@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres

(Ingang in Lyellstraat oorkant Ceres Cycles)

Ma - Vry:09:00 - 16:00 Sat:09:00 - 12:00

P.A. Hamlet het die naweek van 11-12 Oktober die jaarlikse Valley Cup kompetisie teen Ceres gewen. Dit is die sewende jaar wat die Valley Cup op Ceres gholfbaan aangebied word en tussen Ceres en P.A. Hamlet se plase beslis word. Hamlet het die naweek hul titel suksesvol verdedig en vir die derde agtereenvolgende jaar die kompetisie gewen met ‘n telling van 14-10.

DRIE leerders en karatekas van Laerskool F.D. Conradie het die afgelope naweek aan die Cape Tigers League 4 in die Coetzenburgsentrum op Stellenbosch deelgeneem. Die drie karatekas het tussen hulle een goue, twee silwer en drie brons medaljes verwerf. VLNR: Izak Krige, Lukas Krige en Bellané Vermeulen.

Connie wen klubkompetisie

CONNIE Malherbe het Saterdag 25 Oktober die enkel syfer plus stableford kompetisie met ‘n telling van +5 gewen.

Carl Brown was in die tweede plek met ‘n telling van +3 gevolg deur Willie van Heerden en Roy Engelbrecht, beide met tellings van +1.

Saterdag-kompetisies

Saterdag 1 November word ‘n enkel houespel kompetisie aangebied. Vanaf 6-8 November is die baan gesluit vir die jaarlikse Ceres Classic toernooi.

Op Saterdag 15 November word ‘n 4BBB stableford kompetisie aangebied, op 22 November ‘n enkel stableford kompetisie en op 29 November ‘n enkel progressiewe stableford kompetisie.

Ceres Superspar Sundowner kompetisie

Spelers kan Vrydae vanaf 15:00 deelneem aan die Ceres Superspar Sundowner kompetisie. Koste beloop R120 vir 9 putjies. Die kompetisieformaat is individuele stableford.

Pizzas is beskikbaar maar klublede moet vroegtydig vir die Sundowner-kompetisie bespreek en ook aandui of hul pizzas wil bestel. Spelers kan die klub skakel by (023) 312-3068 vir besprekings.

* Ysters op die Platteland wat op Ceres gholfklub fokus, word Saterdag 1 November om 19:30 op DSTV kanaal 144 uitgesaai.

SENSHI Dojo blink, ‘n karateklub op Ceres, het die afgelope naweek aan die Cape Tigers League 4 in die Coetzenburgsentrum op Stellenbosch deelgeneem. Ceres het 10 karatekas gestuur wat deelgeneem het wat altesaam 5 goue, 5 silwer en 4 brons medaljes verower het. AGTER: Sensei Wayne, Mia Laubcher (drie goue medaljes), Lukas Krige (1 silwer en 1 brons) en Taylor Engelbrecht (1 goud en 1 silwer). MIDDEL: Adriel Ndlovu en Alicea Hough (brons). VOOR: Roman Hough, Bellané Vermeulen (1 brons), Ireasha Green (1 silwer), Maisha Mars, Izak Krige (1 goud, 1 silwer en 1 brons) en Ruan du Preez (1 silwer).

Ceres Zipline Adventures celebrates 15 thrilling years

ON 1 November, Ceres Zipline Adventures, a flagship tourism attraction in the Witzenberg region, proudly celebrates its 15th anniversary - marking a decade and a half of adrenaline, innovation and community impact.

What began as a bold vision to introduce eco-adventure tourism to the Ceres Valley has flourished into one of the Western Cape’s most beloved and enduring attractions.

Nestled in the rugged Skurweberg Mountains just outside of Ceres, the zipline offers breathtaking views, thrilling rides, and an unforgettable way to experience the natural beauty of the region.

Founded in 2010, Ceres Zipline Adventures has since hosted thousands of visitors from across South Africa and beyond, establishing itself as a must-do activity for adventure seekers, school groups, corporate teams, and families.

The zipline boasts eight slides ranging from 100 to 290 meters in length, with professional guides ensuring every guest enjoys a safe and exhilarating experience.

Chairperson of Witzenberg and Ceres Tourism and owner Ceres Zipline Adventures, Angélique le Roux, reflects on the journey:

“Fifteen years ago, we set out to create something special that would bring people closer to nature, boost local tourism, and contribute to job creation in the area. Today, we are proud of how far we’ve come. The support from our community and visitors has been overwhelming, and we remain committed to offering world-class adventure experiences right here in the heart of Ceres.”

Over the years, the business has strengthened ties with local tourism partners, and upheld a strong commitment to safety, environmental sustainability, and community involvement. From supporting local events and schools to training young adventure guides, Ceres Zipline Adventures continues to play a vital role in the region’s economic and social development.

From humble beginnings to 15 years of soaring success, Ceres Zipline Adventures thanks all its visitors, staff, partners, and the Witzenberg community for being part of the journey. Here’s to the next 15 years of adventure!”

RACHEL George has been working for Ceres Zipline Adventures for 15 years and is also the only female guide.

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Witzenberg Herald

Sport

Tuna en Burger wen Michellspas halfmarathon

DIE jaarlikse Michellspas halfmarathon en 10 en 5km pad-wedlope het die naweek plaasgevind. Dit is die 32ste jaar wat die halfmarathon aangebied is.

Mandlenkosi Tuna (Nedbank) het die mans halfmarathon in 1:08:41 gewen. Bernardo Fredericks van Outeniqua Harriers was tweede in 1:11:33 met Songezo Mdedelwa in die derde plek in 1:15:24.

Elretha Burger, oudinwoner van Ceres en lid van Bellville atletiekklub, was eerste in die 21km wedloop vir vroue in ‘n tyd van 1:37:22 met Ticha Mukadzambo in die tweede plek in 1:39:42.

Ander afdelings

Bronaar het die mans plaas-afdeling gewen. Die Kunje-span was tweede en Fonteintjie in die derde plek. In die vroue plaas-afdeling het Paardekloof se vroue die wedloop gewen. Kunje se span was tweede met De Keur in die derde plek.

Nashville Hofmeester (UWK) het die mans 10km wedloop in 33:17 gewen. Khairon Willemse van Ceres atletiekklub was tweede in 34:21 met Grandall Fredericks in die derde plek in 34:50.

Obertina Kanyongo van Edgemead Runners het die vroue 10km wedloop in ‘n tyd van 41:01 gewen. Vanashree du Plessis was tweede in 42:29 met Petronella Grundling van Swartland atletiekklub in die derde plek in 47:49.

Bedankings

Nico Jansen het namens Ceres atletiekklub hul opregte waardering en dank uitgespreek teenoor elke persoon wat ’n bydrae gelewer het om die Michellspas wedloop ‘n sukses te maak.

”Eerstens word dank gebring aan die Here vir beskerming, genade en geseënde omstandighede op die dag van die wedloop. Aan al die borge, baie dankie vir julle ruimhartige ondersteuning. Julle bydraes het ’n groot verskil gemaak. Aan elke vrywilliger, dankie vir julle harde werk, toewyding en bereidwilligheid om te help. Sonder julle sou die dag nie so vlot verloop het nie.

Aan al die deelnemers, julle entoesiasme en sportmanskap het die wedloop lewendig en inspirerend gemaak. Aan die toeskouers en ondersteuners, julle aanmoediging het die atmosfeer besonders gemaak en die deelnemers aangemoedig.

Ceres atletiekklub is dankbaar vir elke persoon wat die dag onvergeetlik gemaak het. Mag dit die begin wees van nog vele suksesvolle wedlope saam.”

Ezelfontein bergfietswedren en bergwedloop

Die naweek was daar baie aksie op die dorp met twee groot sportbyeenkomste wat aangebied is. Die jaarlikse Eselfontein bergfietswedren en bergwedloop het ook plaasgevind.

ELRETHA Burger (middel), oudinwoner van Ceres en lid van Bellville atletiekklub, was eerste in die 21km wedloop vir vroue in ‘n tyd van 1:37:22. By haar is haar ouers, Pietie en Suretha Deetlefs.

DIE naweek was daar baie aksie op die dorp met twee groot sportbyeenkomste wat aangebied is. Die jaarlikse Eselfontein bergfietswedren en bergwedloop het ook plaasgevind.

Wildschutt verbeter 2010 SA halfmarathon-rekord

ADRIAAN Wildschutt (27), internasionale langasem en oud-Ceresiet, het Sondag 26 Oktober sy buiging in ‘n 21km wedloop in Valencia, Spanje gemaak. Hy het in ‘n skitterende 5de plek klaargemaak en in die proses die plaaslike rekordboeke herskryf met ‘n tyd van 59:13. Hy verbeter Stephen Mokoka se rekord wat in 2010 opgestel is van 59:36, met 23 sekondes. Die wedloop is deur Ethiopië se Yomif Kejelcha gewen in ‘n blitsige 58:02. * Adriaan was ook die eerste Suid-Afrikaanse atleet wat deur die grens van 27 minute in die 10 000 meter gebars het met ‘n tyd van 26:55:54.

Adriaan

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook