DIE polisielede het die afgelope paar dae suksesse behaal en drie arrestasies gemaak en twee vuurwapens in Nduli en P.A. Hamlet gevind. Die lede is van Wolseley, Ceres en P.A. Hamlet polisie.
ROWERS het Sondag en Maandag op twee besighede toegeslaan en duisende rande, selfone en drank geroof.
Die eerste roof het Sondag 28 September net na 09:00 plaasgevind toe drie verdagtes, gewapen met pistole en messe, by Club Haze op Ceres toegeslaan het terwyl drie personeellede besig was om die nagklub skoon te maak. Hulle het die personeel met kabelbinders vasgebind voordat hulle met ‘n bedrag kontant, ‘n personeel se Samsung selfoon en drank gevlug het. Een van die personeel kon later daarin slaag om los te kom voordat sy gehelp het om die ander twee se kabelbinders los te sny. Die personeel is nie beseer nie maar was erg getraumatiseerd na dié voorval. Die polisie wag vir CCTV materiaal en volg leidrade op. Hulle het ook ‘n mes wat die rowers op die toneel vergeet het, gekry en weggestuur vir forensiese toetse en vingerafdrukke. Omstreeks 12:20 het die polisie ‘n sein van die gesteelde selfoon in Michellspas opgevolg. Die rowers het die selfoon in die pas uitgegooi.
USave drankwinkel beroof Vier rowers het Maandag omstreeks 17:55 op die USave drankwinkel op Wolseley toegeslaan.
Die vier mans het by die drankwinkel ingestap waarna een van die verdagtes van die personeel met ‘n vuurwapen gedreig het. Die mans het twee selfone gevat asook kontant en drank.
Die mans het daarna gevlug en in ‘n voertuig met ‘n vervalste CT nommerplaat van die toneel weggejaag.
Wolseley polisie het leidrade opgevolg en drie arrestasies gemaak en twee vuurwapens in Nduli en op P.A. Hamlet gevind. Sindikaat betrokke
Speurders ondersoek die moontlikheid dat ‘n sindikaat vir die vlaag besigheid rooftogte verantwoordelik is en of die rooftogte by Jumbo Liqours, CT Cash loans, Club Haze en USave Liqours met mekaar verbind kan word.
CARS and Copters het die naweek van 19-21 September, ‘n Lente-byeenkoms aangebied waaraan 30 supermotors en 7 helikopters deelgeneem het. Die groep het Saterdag 20 September via Bainskloof gery na Tulbagh waar die motors en helikopters by Twee Jongengezellen buite Tulbagh bymekaar gekom en die middag geniet het.
Date of birth 1975/10/05
Happy 50 th birthday in heaven my son, brother, nephew and uncle. Though you are not here to celebrate this special day with us, your love, laughter and spirit remain alive in our hearts. We wish we could hear your voice, share a smile and make new memories with you today. Instead we celebrate the beautiful years and the bond that even time or distance cannot break. You may be gone but will never be forgotten.
Love u always...... until we meet again.
From your mother Elmien, 3 sisters, Steenkamp & Adams family.
CHARLIES
mobile carwash
At the comfort of your own home
R100 Small R150 SUV For appointments contact Charles at 072-705-5233
Let me take care of your pet-, household and cooking needs! Include: Dogs, Cats, Birds, Bunnies etc. I do feeding of animals, play time, walks, medication & lots of love!
R120 (Day sitting from 06:00 - 18:00)
R180 (Overnight stay from 17:00 - 08:00)
Please contact me on: 064-647-0037
Enquiries welcome / References available
Paws, Plants and Flower CrownsCelebrate 10 Years of Garden Day with your pets
THIS year marks the 10th annual Garden Day, taking place on Sunday 12 Octoberthe perfect excuse to pause, pop on a flower crown and celebrate the joy of green spaces with your friends, family and even your pets.
From dogs and cats to sheep, rabbits and even horses, pets have become a beloved part of Garden Day traditions. Since the very first celebration a decade ago, South Africans have shared thousands of photos of their four-legged companions decked out in flower crowns - proving that Garden Day is a celebration for every member of the family.
“Pets and plants both have a remarkable ability to elevate our mood and give us purpose,” says master gardener Gundula Deutschländer of Babylonstoren, one of the founding gardeners of the Garden Day movement and proud mom to her dog, Doring.
“Just as gardens provide calm, creativity and connection, pets bring companionship, joy and routine into our lives. Including them in Garden Day feels completely natural.”
Research supports what gardeners and pet lovers have long known: caring for plants
NOTICE OF SALE IN EXECUTION IN THE MAGISTRATES’ COURT FOR THE DISTRICT OF CERES (CIVIL COURT) HELD AT CERES Case No: 446/23
In the matter between: ANN NEL
EXECUTION CREDITOR and NICO CYRIL JOHN PIETERSE EXECUTION DEBTOR
KINDLY TAKE NOTICE THAT in terms of the judgment granted on the 5th of JUNE 2024 in the Ceres Magistrate’s Court held at Ceres and a Writ of Execution issued thereafter, a sale in execution of the under mentioned goods will be held on the 16 th of October 2025 at 4 Meul Street, MOORREESBURG at 10:00, consisting of:
GOODS: WHITE NISSAN ALMERA
REG NR: CT 9104
TAKE FURTHER NOTICE THAT: 1.The goods will be sold to the highest bidder; 2.The goods are sold “voetstoots”. DATED at WORCESTER on this the 10th day of SEPTEMBER 2025
MEYER & BOTHA ATTORNEYS
Attorney for Judgment Creditor 102 Russell Street, Worcester, 6850 Jo-ann@meyerbotha.co.za
and animals decreases stress levels, boosts productivity, and provides comfort and a sense of meaning. Whether you’re watering pot plants, pruning roses, or feeding your dog, these daily rituals remind us of our essential role as caregivers.
A decade in bloom
Garden Day began ten years ago as a simple idea: to encourage South Africans to put down their gardening tools for one day, make a flower crown and gather with loved ones to enjoy their green spaces.
Since then, it has blossomed into a national movement, inspiring people of all agesfrom seasoned gardeners to plant parentsto connect, create, and celebrate. Over the past decade, shifting lifestyles, the rise of plant parenting, and a growing appreciation for wellness and sustainability have only deepened our connection to gardens.
As Deutschländer puts it: “Whether they’re playing, preening or resting, most of our pets spend more time in our gardens than we do. It’s only fair they get to join in the celebrations too.”
DIE Ceres Piek Roete (CPR), ook bekend as Oukop, is uiteindelik gereed vir die gemeenskap en besoekers om gestap te word. Hierdie roete kronkel deur die munisipale Ceres Bergfynbos reservaat, bekend vir sy unieke fynbos, indrukwekkende rotsformasies en asemrowende uitsigte oor die Ceresvallei, Koekedouwdam en die Witzenbergreeks. Daar is drie verskillende afstande wat gestap kan word: 5, 8 en 14km. Stappers kan ook hul oë oop hou vir ’n groot verskeidenheid voëls soos die Kaapse rotspringer, Protea-kanarie, Victorin’s Warbler, Oranjeborssuikerbekkie, Swart vaalvalk (bedreig) en die Kaapse Ooruil. Met ‘n bietjie geluk kan jy ook dassies, klipspringers, ribbokke - en selfs die spore van die skugter Kaapse Luiperd sien. * Dankie aan al die borge en vrywilligers wat die roete moontlik gemaak het en spesiale dank aan Lea Troske wat die hele projek en bou van die roete, bestuur het. Dit is ’n ongelooflike bate vir ons dorp en streek! Die Witzenberg burgemeester, rdl. Trevor Abrahams, het die roete amptelik op Erfenisdag geopen.
Marcellino (Massie) Steenkamp
‘n TOYOTA Run X het Maandagaand naby die Pinevalley woonbuurt by Wolseley uitgebrand. Die voorval het omstreeks 20:40 plaasgevind. Niemand is beseer nie en nooddienste en brandweer was vinnig op die toneel om te help om die brand te blus.
Saak teen drie mans uitgestel
DIE saak teen drie verdagtes wat van moord aangekla word, is verlede Maandag in Wolseley landdroshof uitgestel. ‘n 40-Jarige man is dood nadat hy op Sondag 7 September in ‘n argument met die drie verdagtes betrokke was. Elvis Zwelinzani is omstreeks 17:00 in Pine Valley, Wolseley vermoor. Hy was ten tye van die voorval by ‘n perseel in Masibulelestraat waar daar na bewering dwelms verkoop word. Zwelinzani het in ‘n argument met die drie mans betrokke geraak waarna hulle hom met ‘n skerp voorwerp in die nek gesteek het. Hy het op die toneel gesterf.
Drie verdagtes, Shane Majiedt (38), Willem Booysen (43) en Andrew Hendricks (29), is na die moord gearresteer. Hulle het na die voorval vlugtig in die landdroshof verskyn.
Die saak is na 23 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek.
Onwettige immigrant in hof na baba se dood
‘n ONWETTIGE immigrant wat op Gouda gewoon het, het weer in die Tulbagh landdroshof verskyn weens die dood van ‘n babameisie.
Die baba van 15 maande is op 17 Mei op Gouda dood nadat sy vroeër die dag in die sorg van ‘n Malawiër, Paul Chembuye (41), gelaat is.
Na die baba se dood is ‘n geregtelike doodsondersoek geloods waarna die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) besluit het om hom van ondermeer moord aan te kla.
Chembuye is op 11 Junie gearresteer terwyl hy in aanhouding was vir immigrasie-oortredings.
Die saak is na 3 November uitgestel vir ‘n streekhofdatum.
Ondersoek
Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) op Ceres ondersoek die babameisie se dood. Nog klagtes sal later bygevoeg word.
A Junior Town Council (JTC) programme, a community initiative to educate learners and the broader community about the operations and role of the Municipality (Local Government), was recently launched in the Witzenberg area. The very first JTC members were inducted during a special inauguration ceremony held in the Ceres Town Hall on 17 September. The current JTC consists of 12 learners from four different schools: Bella Vista High School, Charlie Hofmeyr High School, De Eike Primary School and Iingcinga Zethu Secondary School. The theme: “Where Young Ideas Shape a Better Town”. The JTC is an initiative that was started by a group of former educators who are connected to various schools in the municipal area. * However, it is important to note that this is not a municipal structure nor a formal programme of the municipality. The Municipality only provides logistical support where needed and possible.
DIE Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit (KWDM) se Burgemeester Maandae - wat deel van die organisasie se openbaredeelnameproses uitmaak - het Maandag 22 September, Ceres besoek. Hierdie sessies word in elk van die streekmunisipaliteite gehou en skep ’n platvorm vir openlike en robuuste gesprekke met geregistreerde besighede, NRO’s/OSW’s en gemeenskapsorganisasies. Hier is rdl. Trevor Abrahams (Witzenberg) saam met die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit se burgemeester, dr. Elna von Schlicht (middel) en raadslede en amptenare afgeneem. * Ceres toerisme se gelukbringer het tydens die geleentheid appels uitgedeel wat deur De Keur geskenk is.
landelike skole het met trots deelgeneem aan rugby- en netbalwedstryde, terwyl ouers en ondersteuners die dag saam met hulle meegemaak het. * Die sportkomitee
•Minstens 5 jaar ondervinding as ‘n gekwalifiseerde werktuigkundige
•Landbou-toerusting kennis
•Case IH produkkennis sal in u guns tel Stuur verkorte CV en kwalifikasies na: tarina.louw@cnh.com
Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Oktober 2025
As u nie teen 21 November 2025 terugvoering ontvang nie, is u aansoek onsuksesvol.
Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd , South Africa’s preferred producer and marketer of apple and pear juices concentrate, as well as a range of other concentrates and purees, have the following employment opportunity at their factory in the beautiful town of Ceres, Western Cape.
FIELD OFFICER: FRUIT LOGISTICS
The successful incumbent will report to the Manager: Fruit Logistics and will have the following responsibilities and critical performance areas:
•Recruitment of raw materials
•Conclude contracts
•Projections in terms of volumes, varieties and quality
•Ensure that the bulk bin policy is carried out
•Make arrangements for bin census/surveys
•Make arrangements for transport of bins and fruit
•Update of Producer information
•Acquisition and capturing of spraying records (as required)
•Collection of all relevant producer documentation as required
•Provide input for budget preparation
•Manage all costs relative to budget
The ideal candidate should have the following qualifications and abilities:
•A post-school qualification in agriculture and/or logistics management
•Proven experience in a similar field of responsibility
•Excellent management skills and experience within an organized workforce
•Good communication and negotiation skills
•A self-motivated team player with excellent communication, problem-solving and computer skills
We also require that the ideal candidate will show a high energy level, responsibility and independent action.
Applications can be addressed per e-mail to:
The Manager: People and Performance Systems
E-mail: dlintnaar@cfp.co.za
Closing date for applications: 17 October 2025
In line with our Employment Equity policy and requirements, preference will be given to suitably qualified persons from the designated groups.
Gericke se o/11 rugbyspan het onlangs aan die Phillip Snyman sewestoernooi op Stellenbosch deelgeneem. Die span het hul groepwedstryde en kwarteindwedstryd gewen maar in die semi-finaal met 12-19 teen WPS verloor.
Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd, South Africa’s preferred producer and marketer of apple and pear juices concentrate, as well as a range of other concentrates and purees, have the following employment opportunity at their factory in the beautiful town of Ceres, Western Cape.
DISTRIBUTION MANAGER
The successful candidate will report directly to the Manager: Operations and the responsibilities of the position include the following key performance areas:
•Receiving and storage of concentrate and aroma
•Inventory management and control (reconciliations) and cycle-counting
•Planning & scheduling of product shipment according to marketing instructions
•Planning and controlling packaging activities
•Responsible for blending, preparing and packaging concentrate according to client specifications
•Complying with financial and production system requirements
•Managing product transportation logistics
•Liaise with engineering department regarding equipment that requires maintenance / upkeep
•Ensure that equipment is operated optimally
•Performance management of subordinates
•Operate a system of visual management to improve team and individual performance
•The optimal utilization of human resources
•Coach / train staff.
The ideal candidate should have the following attributes/skills/qualifications:
•Attention to detail
•Strong planning and forecasting abilities
•Computer skills (MS Office)
•Excellent communication skills
•Ability to work independently
•Proven experience in Logistics Management / Inventory Control / Production in a factory environment
•Knowledge of Food Safety and a relevant post-school qualification will count in candidates favor
Applications can be addressed per e-mail to: dlintnaar@cfp.co.za
Closing date for applications: 16 October 2025 In
DIE jaarlikse Warmbokkeveld primêre skole sportdag is Saterdag 13 September met groot geesdrif gevier. Leerders van omliggende
bedank al die borge: Superspar Ceres, Pick n Pay Ceres, Perdekraal-Oos windplaas (wat ook nuwe rugby-uitrustings geborg het), Raymond Koopstad en De Wet Vrugte. Die sportdag het weer gewys hoe belangrik sport is
LAERSKOOL
WAT begin het as ‘n klein inisiatief om voedselonsekerheid tydens die Covid-19-pandemie aan te spreek, het vandag gegroei tot ‘n suksesvolle gemeenskapsgedrewe program wat skole en gesinne bemagtig met die vaardighede om hul eie vars, voedsame produkte te kweek. Die Perdekraal-Oos windkragaanleg se voedseltuinprojek het uitgebrei van slegs 20 tuine tot meer as 90 groeiende voedseltuine in die Witzenbergstreek wat honderde gesinne voed. Ceres Sekondêre skool, een van die begunstigdes van die program, het sy voedseltuin in die skool se landboukurrikulum geïntegreer, wat leerders waardevolle praktiese ervaring bied. Die groente wat geoes word, word gebruik in daaglikse maaltye wat vir die skool se voedingsskema sowel as die koshuis voorberei word. Enige surplusprodukte word by plaaslike supermarkte verkoop, wat ‘n klein maar betekenisvolle inkomstestroom vir die skool skep. Hierdie jaarlikse program hou aan om ‘n positiewe impak te maak deur te help om huishoudelike kruideniersware-uitgawes te verminder en vaardighede te verskaf om hul eie vars, voedsame produkte te kweek. Met stygende voedselpryse en beperkte toegang tot gesonde voedselopsies, het hierdie tuine ‘n lewenslyn geword vir baie huishoudings, sentrums vir vroeë kinderontwikkeling (VKO) en gemeenskapsfasiliteite.
MEV. Natalie Coetzee het 1 Oktober as skoolhoof by Ceres Sekondêre skool begin. Sy is ‘n boorling van Ceres en het in 1989 by Ceres Sekondêr gematrikuleer. Sy was voorheen betrokke as opvoeder en departementshoof by verskillende skole en was sedert Januarie 2024, adjunkhoof by Wesbank Sekondêr. Ceres Sekondêre skool verwelkom haar en glo dat haar leierskap die skool tot hoër hoogtes sal neem.
Verhoor gaan einde November voort in handelsmisdaadhof
DIE verhoor van drie Wolseley SAPD-lede en twee inwoners van die dorp, is weer uitgestel en gaan nou einde Novembermaand voortgesit word in die Bellville handelsmisdaadhof.
Die vyf het op 26 September op klagtes van korrupsie en regsverydeling in die hof verskyn.
Die verhoor teen drie polisielede, sers. Mxolisi Sigila (46), kst. Johannes Fransman (43) en kst.(v) Melzandré Pieters (36), en oudpolisieman Daniël Davids (46) en ‘n buurtwaglid, Anita Fransman (44), is na 27 November uitgestel wanneer die verhoor voortgesit sal word.
Agtergrond
Die vyf se hofverskyning spruit voort uit ‘n lang ondersoek
van die Wes-Kaap SAPD anti-korrupsie-eenheid na ‘n voorval meer as 4 jaar gelede op 21 April 2021 in die Wolseley-omgewing.
Die drie polisielede is op 7 Januarie 2022 by die polisiestasie in hegtenis geneem kort nadat hulle aan diens gekom het. Die twee inwoners is by hul onderskeie huise gearresteer.
Volgens die ondersoekspan het die verdagtes na bewering dwelms (mandrax en tik) in Masiphelelostraat gekonfiskeer maar nooit ‘n kriminele klag by die polisiestasie geregistreer nie. Die dwelms is later verkoop en die opbrengs daarvan is tussen die verdagtes verdeel.
Die vyf se borgtog van R2 000 is verleng.
TYDENS die seremoniële sooispitplegtigheid op 2 Februarie op Koppieshoogte in die Koue Bokkeveld, is die voorneme uitgespreek om ‘n gedenkteken op 24 September (Erfenisdag) op dié terrein te onthul. Dié gedenkteken het ten doel om die opstand van slawe en Khoe werkers in die Koue Bokkeveld op 1 en 2 Februarie 1825 te herdenk met die fokus op ‘n gesamentlike erfenis - genesing en groei. Terwyl die doelwit steeds ‘n werklikheid bly, is daar praktiese omstandighede wat dit onmoontlik gemaak het om dit op die beplande datum te verwesenlik. Van groter belang vir die reëlingskomitee is om van die projek ‘n inklusiewe een te maak, waarby alle belanghebbendes in die Koue Bokkeveld betrek kan word. Befondsing vir die projek is ‘n addisionele uitdaging. Gevolglik was die komitee genoodsaak om die verwesenliking van die doelwit na ‘n later datum in 2026 te verskuif. Die publiek sal op hoogte gehou word met die vordering.
VOOR-AANSOEK OPENBARE
DEELNAME PROSES
VOORGESTELDE VERGROTING
VAN ’N BESTAANDE INSTROOMDAM
OP GEDEELTE 1 VAN PLAAS
ROODE ZANDS KLOOF NO. 66, TULBAGH.
Kennis word hiermee gegee van ’n publieke deelname proses kragtens die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur, 1998 (Wet Nr. 107 van 1998), soos gewysig, die Omgewingsinvloedbepalingsregulasies, 2014 (soos gewysig) en die Nasionale Waterwet (Wet Nr. 36 van 1998).
Aansoeker: Modderasrivier Boerdery (Edms) Bpk. Voorstel en ligging : Gedeelte 1 van die Roode Zands Kloof Plaas No. 66 is ’n vrugteplaas in die Tulbagh-omgewing. Daar is twee damme naby mekaar op die plaas wat vir besproeiing gebruik word. Die Aansoeker wil die bestaande instroom-Modderasdam vergroot van ’n stoorvermoë van 200 000m³ na ’n stoorvermoë van 310 000m³. Die walhoogte sal van 13,8m tot 15,1m verhoog word en die totale voetspooroppervlakte sal ongeveer 2,2ha groter in omvang wees. Die tweede dam sal nie meer gebruik word om water te stoor nie. Die Modderasdam sal met bestaande regmatige water volgemaak word.
Aansoek om omgewingsmagtiging in terme van NEMA : Die volgende aktiwitete word geaktiveer: Lyskennisgewing 1 - 19 en 48. Lyskennisgewing 323. Die prosedures vir ‘n Basiese Assesseringsproses word gevolg vir hierdie aansoek.
Aansoek vir ‘n watergebruiklisensie (WULA) in terme van NWA : Die volgende watergebruiksaktiwiteit word geaktiveer: 21 b, c and i. Beskikbaarheid van die verslag: Die Voor-Aansoek Basiese Assesseringsverslag is vanaf 3 Oktober 2025 beskikbaar op die Earth Grace Environmental Consultancy webwerf (www.earthgrace.co.za) vir openbare kommentaar. As u nie toegang tot die verslag het nie, kontak die omgewingskonsultant by die onderstaande besonderhede..
Saak sal eers in 2026 aangehoor word
‘n MINDERJARIGE seun (17) van Ceres wat sedert Meimaand teregstaan op ‘n klag van moord in die landdroshof, se saak is nou na 2026 uitgestel.
Agtergrond
Die verdagte het Sondag 18 Mei omstreeks 02:40 saam met ‘n paar vriende in Proteastraat by ‘n woning in die Vredebes woonbuurt, gerook en gekuier.
Die oorledene, David Januarie (40), het die Sondagoggend binne die huis musiek gespeel wat die groep jongmense wat buite gekuier en dwelms gerook het, blykbaar nie aangestaan het nie. Daar het na bewering ‘n rusie tussen Januarie en die minderjarige ontstaan toe Januarie hom blykbaar met ‘n besemstok wou slaan.
Die verdagte het Januarie toe twee keer met ‘n mes gesteek voordat Januarie in die huis gehardloop en die deur gesluit het. Die jongmense het oproerig geraak en die ruite stukkend gegooi. Januarie is later in die huis dood en die verdagte is deur die Ceres polisie op die toneel gearresteer.
Die saak is na 26 Januarie 2026 uitgestel.
Geleentheid om deel te neem: Belanghebbende en Geaffekteerde Partye (B&GP’e) word uitgenooi om as B&GP’e te registreer en geskrewe kommentaar rakende die voorgestelde projek te verskaf. B&GP’e moet hul kommentaar verskaf tesame met hul naam, kontakbesonderhede (insluitend hul voorkeuropsie vir kennisgewing, bv. e-pos, posadres of faksnommer) asook ‘n aanduiding van enige direkte sake, finansiële, persoonlike en/of ander belange wat hulle in die aansoek het. Verdere korrespondensie oor hierdie aansoek sal slegs met geregistreerde belanghebbende en geaffekteerde partye (B&GP’s) wees. Die DOS&OB verwysingsnommer hierbo genoem moet gebruik word in alle korrespondensie wat deur B&GPe ingedien word.
B&GP’e wat nie kan lees of skryf nie, of wat om enige ander rede spesiale bystand benodig om hul standpunte oor die voorstel te stel, kan versoek dat hulp verleen word om hul kommentaar of besware op te teken by die onderstaande besonderhede. Alternatiewelik kan ’n stemboodskap via WhatsApp na die onderstaande selfoonnommer gestuur word.
Neem asseblief kennis dat deur as ’n B&GP te registreer of kommentaar te lewer, u toestemming gee dat u persoonlike data (insluitend kontakbesonderhede) verwerk en selektief bekend gemaak mag word (bv. in die geval van ’n appèl), ten einde te voldoen aan die vereistes van die EIA Regulasies, 2014, soos gewysig, en die Nasionale Appèlregulasies, 2025. Kommentaar wat deur B&GP ingedien word, sowel as hul name, sal openbare inligting word. Indien u verkies dat u naam nie saam met u kommentaar bekend gemaak word nie, of indien u van enige databasis verwyder wil word, stel asseblief die omgewingskonsultant daarvan in kennis. Neem kennis dat u persoonlike inligting vertroulik en professioneel hanteer sal word.
Kommentaar en B&GP-registrasie kan aan Lindsay Speirs du Toit gestuur word by die onderstaande besonderhede, VOOR OF OP 5 NOVEMBER 2025
Earth Grace Environmental Consultancy
Aandag: Lindsay Speirs du Toit 083-289-8727 lindsay@earthgrace.co.za
R40 per koerant bondel te koop by Witzenberg Herald se kantore. Skakel (023)316-2021. w.t.o.
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300
CENTRAL CERES
MOTORS Service Center & Panelbeating
•Panelbeating •Servicing •Auto Electrical
•Aircon regassing Voortrekker St., Ceres ☎ (023)
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.
Prostate Cancer Awareness MonthSpeak up, support and take action!
SEPTEMBER is Prostate Cancer Awareness Month, recognised globally as a time to bring together healthcare providers, survivors, researchers and families to focus on this disease that affects millions of men. This month aims to raise awareness, encourage early detection, support those affected and fund research for improved outcomes.
September also sees initiatives gaining momentum locally to increase awareness about Prostate Cancer.
The Hollard Daredevil Run, taking place this year on 31 October, encourages men to talk more openly about their health, specifically when it comes to prostate and testicular cancers.
This annual event uses a playful idea to drive a powerful message and sees men and boys running 5km dressed only in a purple Speedo. All funds raised go to the Cancer Association of South Africa (CANSA) and the Prostate Cancer Foundation of South Africa (PCF), to fund testing in under-resourced areas and increase awareness, support and research. The campaign encourages participants to “make their ballsiest move yet” and push boundaries in the fight against prostate and testicular cancers. Entries for this year’s Hollard Daredevil Run are now open at www.ticketpro.co.za.
The Prostate Cancer Foundation, along with partnering with Hollard each year on the Daredevil Run, also spearheads Suit Up September. This campaign encourages men and women across South Africa to wear a suit on a chosen day and display a “Suit Up” badge to show their support for prostate cancer awareness.
The initiative aims to spark conversations, educate the public and promote early detection of prostate cancer.
BAR STAFF
“I think one of the special things about the Hollard Daredevil Run is that men are very difficult to talk to about health. When you start talking about health, they often tend to shut down.
But when you combine a little bit of entertainment, a little bit of fun, give them a bit of a dare - suddenly they start to engage. Once they actually do a Hollard Daredevil Run, they’ll be back again, because it’s just so much fun,” says Andrew Oberholzer, CEO of the Prostate Cancer Foundation.
Each year, thousands of men in South Africa lose their lives to prostate cancer, even though it is highly treatable when detected early. Globally, an estimated 6.6% of all male deaths are due to prostate cancer, while in South Africa, this percentage is estimated to be as high as 13%.
“Men are often diagnosed too late. In South Africa, most men present with late-stage prostate cancer when the disease is no longer curable.
Treatment for advanced prostate cancer involves removing testosterone (androgen deprivation therapy) which has life changing side effects. As the cancer progresses it becomes resistant to treatment and a multidisciplinary team is required to manage the patient, which is expensive and not always available in South Africa’s resource constrained public sector. As you know, 80% of South Africans depend on the public sector, so late diagnosis is particularly difficult and costly to treat,” says Lorraine Govender, CANSA National Manager: Health Programmes.
”Early detection through screening can make all the difference between full recovery and a terminal diagnosis. Yet in many communities, there is no access to free or low-cost screening and public awareness is minimal. Silence and stigma keep men away from the clinic. Many avoid health checks due to cultural taboos, fear of diagnosis and misconceptions about prostate cancer”.
Early detection of prostate cancer greatly improves a
•Wilderness Search and Rescue:................. (021) 937-0300
man’s chances of survival. When caught before it spreads beyond the prostate, more than 99% of men are still alive five years after diagnosis.
This 5-year survival rate is a standard measure of cancer outcomes and shows that early detection is a strong indicator of long-term survival. However, if the cancer has spread to other parts of the body, the 5-year survival rate drops to approximately 30%, a stark reminder about the importance of early screening and treatment.
Prostate-specific antigen (PSA) is a protein made by the prostate. A simple blood test can measure PSA levels, which can help detect prostate cancer early. A high PSA level will possibly require further investigation and referral to a urologist.
It is recommended that men at higher risk for prostate cancer, including Black African men and those with a family history of breast or prostate cancer, should go for an annual PSA screening from the age of 40. For men with an average risk, screening should start at the age of 45.
“Education empowers families, not just patients. Awareness campaigns don’t only target men, they educate wives, partners, sons and daughters, who often influence whether men go for testing,” says Govender.
Whether it’s registering to proudly put on a purple Speedo to run 5km on 31 October, suiting up in September to raise awareness, or just booking you or your partner’s annual PSA screening, make this Prostate Cancer Awareness Month one that gets more men and families talking, sharing and taking action.
DIE Witzenberg munisipaliteit verwelkom die nuwe direkteur van tegniese dienste, Jaco Steyn, watamptelikvanaf1Oktoberbydiemunisipaliteit aangestel is. Steyn, voorheen verbonde aan die Breedevallei munisipaliteit,is ‘n siviele ingenieur met meer as 30 jaar ondervinding in plaaslike owerheid.
DIE Suid-Afrikaanse regering het 1 tot 31 Oktober as Geestesgesondheidbewusmakingsmaand verklaar. Sluit op Saterdag 18 Oktober aan by die Togryers museum vir hul geestesgesondheid-stap na Koekedouwdam. Hierdeur ondersteun jy geesteswelstand en help om gemeenskapsbande te versterk.
INDIEN inwoners herwinbare sakke benodig, kan hulle dit gratis in die week by die Togryers museum kom afhaal tussen 08:30 en 16:00.
CERES Krisante Vereniging nooi alle belangstellendes uit om aan te sluit by die vereniging. Plantjies word gemaak en sal aan nuwe lede voorsien word. Vir meer inligting skakel Rico by 072-522-8459 of André by 083-5484-851
DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring van klein funksies en werkswinkels/opleiding. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 312-2045 of stuur ‘n e-pos na togryersmuseum@gmail.com
INDIEN inwoners en sakelui die insamelingsprojek vir Cordré en Mick wil ondersteun, kan donasies inbetaal word in: 61 Mech Battalions Group Veterans Association, Standard Bank takkode 006305, rekening no. 00329-3661, verwysing MUNGA 25.
Fietsryers pak die Munga om
twee makkers te help
FIETSRYERS gaan einde November aan die uitdagende Munga van Bloemfontein na Wellington deelneem om fondse in te samel vir twee makkers.
Een van die oudlede, Cordré Smith van Ceres, benodig ‘n hartoorplanting en is tans op ‘n lang waglys.
Pierre de Jager pak vanjaar sy sesde Munga. Die keer ten bate van twee oudlede van 61 Meg Veterane Vereniging, Cordré Smith van Ceres en Mick de Jager. Pierre gaan van 26 November die 1130 kilometer van Bloemfontein na Wellington aflê - deelnemers het net 5 dae om die eindstreep te haal.
Die Witzenbergstreek se mense word gevra om die insamelingspoging te ondersteun om te help met Cordré se mediese uitgawes vir ‘n dringende hartoorplanting en vir Mick se stygende mediese uitgawes.
Borgskap
Converge-Solutions, ’n klein sagtewaremaatskappy droom om ’n verskil te maak in Afrika en ander lande met platforms wat hulle ontwikkel vir die gesondheids- en finansiële tegnologiebedrywe.
Converge-Solutions maak dit vir Pierre en ander fietsryers moontlik om aan die Munga deel te neem. Hulle gaan ook waterpunt 7 op die roete beman.
“Julle bydrae sal help om individue soos Cordré en Mick, se lewensstandaarde te verbeter en ander rolspelers aan te spoor om ook te help om die nood te help verlig. Die 61 Meg Veterane Vereniging is vanaf 2020 betrokke om met hul deelname aan die Munga, fondse in te samel vir oudlede”.
Indien inwoners en sakelui die insamelingsprojek vir Cordré en Mick wil ondersteun, kan donasies inbetaal word in: 61 Mech Battalions Group Veterans Association, Standard Bank takkode 006305, rekening no. 00329-3661 met verwysing MUNGA 25.
‘n Back-a-Buddy veldtog is ook geregistreer.
Donasies kan alternatiewelik ook daar inbetaal word. Besoek gerus: https://www.backabuddy.co.za/.../ride-for-paratrooper...
Glo en wees geduldig
Cordré, altyd positief, glo in sy God en besef dat hy geduldig moet wees. Dít is nie altyd maklik nie en die wat na aan hom leef, weet van sy vrees, sy bekommernisse en hoop.
“Met 12% hartfunksie bly jy in ons gebede - Ons is hier vir jou Cordré. “Ek is stukkend sodat ander stukkende mense my getuienis kan verstaan. Ek ervaar dat my getuienis nou ‘n baie groter impak sal hê en ek is dankbaar dat ek steeds vir my Skepper kan werk.” Boodskap van Cordré.
Program help mense wat werk soek
WORK4ALIVING, ‘n program om werksoekende mense te help om werksgeleenthede te kry en nuwe vaardighede aan te leer, het Maandag 1 September hul deure op Ceres geopen. WORK4ALIVING bied die kursus aan in die ou Mazoe-gebou naby die veearts. Die kursus duur vir 14 dae in klas, plus 9 dae deeltyds en word tussen 08:0017:00 aangebied. Kostes beloop R650 per persoon. Die program word al vir 15 jaar aangebied en is tans in 18 lande internasionaal aktief. Daar is tans 45 Hubs in Suid-Afrika. Die program bestaan uit praktiese interaktiewe les aanbiedings waar kursusgangers ondermeer leer van uitnemendheid in die werkplek, hoe werknemers en werksoekers se denkwyse en houding kan verbeter om sodoende beter werksgeleenthede te kry, hoe om waardevol te wees vir ‘n onderneming, om hul geldsake beter te bestuur, meer leer oor waardes, etiek en professionaliteit binne die werksomgewing. Die program word reeds deur talle sakeondernemings, CBI en die Witzenberg munisipaliteit ondersteun.
SARAH-JANE du Plessis het Vrydag 26 September se Sundowner-kompetisie met ‘n uittel gewen met 18 punte. Vyftien spelers het aan die sosiale kompetisie deelgeneem. * Wincen Abrahams was tweede en Johan Smit derde, beide met 18 punte.
SOMERSKLERE
Vrouehemde R20 elk
ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: Skoolklere, mans-, vroueen kinder-somersklere
Luan en Jandré Rossouw wen klubkompetisie
LUAN du Plessis en Jandré Rossouw het Saterdag die tweebal sametelling kompetisie van Ceres gholfklub, met 71 punte gewen. Pieter Immelman en Johan Smit was in die tweede plek, ook met 71 punte. Peter Versfeld en David Cohen was in die derde plek met 68 punte gevolg deur Louis de Klerk en Jandré Rossouw met 67 en Ernie Scholtz en Fanna du Toit met 65 punte.
Saterdag-kompetisies
Op Saterdag 4 Oktober word ‘n enkel houespel kompetisie aangebied, op 11 Oktober ‘n 4 BBB stableford kompetisie, op 18 Oktober ‘n enkel progressiewe stableford kompetisie en op 25 Oktober ‘n enkel syfer plus kompetisie.
Ceres Superspar Sundowner kompetisie
Sarah-Jane du Plessis het Vrydag 26 September se Sundownerkompetisie met ‘n uittel gewen met 18 punte. Vyftien spelers het aan die sosiale kompetisie deelgeneem. Wincen Abrahams was tweede en Johan Smit derde, beide met 18 punte.
Spelers kan weer Vrydae vanaf 15:00 deelneem aan die Ceres Superspar Sundowner kompetisie. Koste beloop R120 vir 9 putjies. Die kompetisieformaat is individuele stableford.
Pizzas sal ook beskikbaar wees. Klublede moet vroegtydig vir die Sundowner-kompetisie bespreek en ook aandui of hul pizzas wil bestel.
Spelers moet die klub skakel by (023) 312-3068 vir besprekings.
Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke!
Louw-Marie 083-634-8068
louwmarieshepherd8@gmail.com
Ma - Vry: 09:00 - 16:00 Sat: 09:00 - 12:00
Murchisonstraat 4, Ceres (Ingang in Lyellstraat oorkant
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Herald
Sport Witzenberg
Williams se duif vinnigste
WEDVLUGDUIWE is Saterdag 27 September op Leeu Gamka losgelaat.
Duiwe het teen ‘n vinnige spoed hul onderskeie hokke bereik. Steven Williams was weer aan die brand en wen sy duif die Ceresvallei Federasie wedvlug.
Saterdag 4 Oktober vlieg duiwe weer vanaf Hopetown. Warm weer met ‘n sterk noordwestewind word voorspel en sal duiwe hard moet werk om hul hokke te bereik. Ceresvallei Federasie
Enter online: https://www.entryninja.com Closing date for pre-entries: 11 October 2025
RACE NUMBER COLLECTION: Friday 24 October 2025: 10:00 - 16:00 Saturday 25 October 2025: 05:30 - 06:45
YOU IN CERES!
Enquiries: Nico Jansen 078-882-5299 or njansen2003@hotmail.com
DIE Ceres Buildit sokker- en netbalkompetisie vir laerskole het Saterdag 27 September op die Lylestraat sportgronde plaasgevind. Tien netbalspanne en twaalf sokkerspanne vanuit die Witzenbergstreek het deelgeneem. Na afloop van die toernooi het al die spelers, onderwysers en beamptes, lekker versnapperinge gekry en ‘n gelukkige trekking is gehou. Bella Vista primêr het die netbaltoernooi gewen met Ceres primêr in die tweede plek. * Ander toekennings: Speler van die dag - Miche Galant (Morrisdale primêr) en spangees - Nduli primary.
Buildit toernooi 'n groot sukses
DIE Ceres Buildit sokker- en netbalkompetisie vir laerskole het Saterdag 27 September op die Lylestraat sportgronde plaasgevind. Die sokker eindstryd is tussen Nduli primary en Lingomso primary beslis. Die wedstryd het gelykop geëndig en moes met 12 strafskoppe beslis word. Lingomso primary het gewen met Nduli primary in die tweede plek. Hier oorhandig Michael Krone (Ceres Buildit) die trofee aan die wenspan. * Ander toekennings: Speler van die dag - Johan Morkel (Laerskool Gericke), spangees - Fairfield primêr en die plaatwenners - Fairfield primêr.
‘n LEERDER van Laerskool Gericke, Leopoldt Verhoef, het twee weke gelede